S v Hendricks en Andere (264/90) [1992] ZASCA 14 (6 March 1992)
- Citation
- [1992] ZASCA 14
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- J J F Hefer, Nestadt, Milne
- Case number
- 264/90
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- J J F Hefer, Nestadt, Milne
- Case number
- 264/90
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The Supreme Court of Appeal found that the trial court erred in admitting the confession of the third appellant. The State failed to discharge the onus of proving that the confession was made voluntarily, especially in light of the third appellant's credible evidence of assault and the unexplained refusal by the prosecution to disclose the district surgeon's report. The conduct of the prosecutor in withholding the report and failing to cross-examine the third appellant on its contents indicated that the report may have supported the appellant's version of assault. Furthermore, the identification evidence against the third appellant was unreliable, as no identification parade was held and the complainants' identification was tainted by prior exposure to the accused. The conviction and sentence of the third appellant were set aside. The appeals of the first and second appellants were dismissed due to non-appearance and lack of merit.
Court disposition
The appeal of the third appellant succeeds; his conviction and sentence are set aside. The appeals of the first and second appellants are dismissed.
Orders
- The appeal of Ivan George (third appellant) is upheld.
- The convictions and sentences of Ivan George are set aside.
- The appeals of Yusuf Hendricks and Sam Jacobs are dismissed.
02
Material facts
Parties
Yusuf Hendricks
AppellantSam Jacobs
AppellantIvan George
AppellantThe State
Respondent03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal From Conviction and Sentence in the Regional Court, Following Unsuccessful Appeal to the Witwatersrand Local Division.
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the confession by the third appellant was admissible as evidence.
- 02
Whether the State proved beyond reasonable doubt that the third appellant was a member of the robbery gang.
- 03
Whether the failure to call the district surgeon and to disclose his report affected the fairness of the trial.
- 04
Whether the identification evidence against the third appellant was reliable.
Party arguments
- Applicant
- The third appellant argued that his confession was obtained through assault and torture by police officers, specifically through electric shocks, and was therefore not voluntary. He contended that the contents of the confession were largely dictated to him. He further argued that the identification evidence was unreliable, as no identification parade was held and the complainants' attention was drawn to the accused before trial.
- Respondent
- The State argued that the confession was made voluntarily and that the police did not assault the third appellant. The State relied on the testimony of police officers and the complainants to establish the third appellant's involvement in the robbery. The State maintained its discretion not to call the district surgeon and refused to disclose the medical report, asserting that it was not obliged to do so.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Kelly 1980 (3) SA 301 (A) at 310.
A party is free to call and present witnesses as it sees fit, and its discretion in this regard is unfettered. The court will only draw an adverse inference from a failure to call a witness if convinced that the witness would contradict other evidence presented.
- 02
S v Isaacs 1968 (2) SA 184 (A) at 186 D-E.
Where particular circumstances warranting the exercise of the court's discretion are absent, the appropriate order is to dismiss the appeal for non-prosecution when there is no appearance for the appellant.
- 03
Criminal Procedure Act 51 of 1977, section 217.
The State bears the onus to prove that a confession was made voluntarily, without undue influence, and while the accused was in his full senses.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The Supreme Court of Appeal found that the trial court erred in admitting the confession of the third appellant. The State failed to discharge the onus of proving that the confession was made voluntarily, especially in light of the third appellant's credible evidence of assault and the unexplained refusal by the prosecution to disclose the district surgeon's report. The conduct of the prosecutor in withholding the report and failing to cross-examine the third appellant on its contents indicated that the report may have supported the appellant's version of assault. Furthermore, the identification evidence against the third appellant was unreliable, as no identification parade was held and the complainants' identification was tainted by prior exposure to the accused. The conviction and sentence of the third appellant were set aside. The appeals of the first and second appellants were dismissed due to non-appearance and lack of merit.
Obiter and limits
- The prosecutor's refusal to disclose the district surgeon's report was inexplicable and inexcusable, undermining the fairness of the proceedings.
- In cases where the accused is referred to a district surgeon for examination, the presiding officer should seriously consider exercising powers under section 186 of the Criminal Procedure Act to ensure all relevant evidence is placed before the court.
- Identification evidence requires caution, especially where the accused was exposed to witnesses prior to trial and no identification parade was held.
Court disposition
The appeal of the third appellant succeeds; his conviction and sentence are set aside. The appeals of the first and second appellants are dismissed.
- The appeal of Ivan George (third appellant) is upheld.
- The convictions and sentences of Ivan George are set aside.
- The appeals of Yusuf Hendricks and Sam Jacobs are dismissed.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
Saak No 264/90 WLD IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPeLAFDELING
In die saak tussenYUSUF HENDRICKS Iste APPELLANTSAM JACOBS 2de APPELLANTIVAN GEORGE 3de APPELLANTenDie Staat RESPONDENT
CORAM :HEFER, NESTADT et MILNE ARR. AANGEHOOR :11 NOVEMBER 1991 en 2 MAART 1992. GELEWER : 6 MAART 1992.
UITSPRAAK
HEFER AR/
2.
HEFER AR :Die appellante en ene Thinnies is, as beskul-digdes 1, 3, 4 en 5 onderskeidelik,in 'n streekhof in Jo-hannesburg skuldig bevind aan roof met verswarende omstan-dighede en derde appellant ook aan die onwettige besit van 'n vuurwapen. Na 'n onsuksesvolle appèl na die Wit-watersrandse Plaaslike Afdeling is verlof aan appellante verleen om na hierdie hof te appelleer teen hulle skuldig-bevindings.
Die aanklagte het voortgespruit uit die gebeure op Saterdag 2 November 1985 toe ene Twiggs, Heslop en Coet-zee, werknemers van 'n supermark in Kenilworth, Johannesburg, beroof is van 'n aansienlike bedrag geld en Coetzee ook van sy motor. Die enigste vraag is of die Staat bo redelike twyfel bewys het dat die appellante lede van die roofbende van vyf was. Vir hierdie doel het die Staat, benewens die getuienis van Twiggs, Heslop en Coetzee, staatgemaak op be-kentenisse wat appellante na hulle arrestasie gemaak het.3. By die verhoor is beswaar gemaak teen die toelating van die bekentenisse op grond daarvan dat dit volgens bewe-ring afgelê is nadat die deponente aangerand is deur die ondersoekbeampte en ander lede van die Brixton Moord-en Roofafdeling. 'n Binneverhoor is ten opsigte van elke bekentenis gehou en die resultaat was dat die streek-landdros die getuienis van al drie appellante oor die beweerde aanrandings verwerp en hulle bekentenisse toegelaat het.Weens redes wat later sal blyk, word derde appellant se appél afsonderlik behandel. Namens hom is in hierdie hof betoog dat sy bekentenis (bewysstuk F) nie toegelaat moes gewees het nie en die oorblywende getuie-nis nie sterk genoeg is om sy aandadigheid aan die roof te bewys nie. Ek behandel eers die toelaatbaarheid van bewysstuk F.
Derde appellant het bewysstuk F na ondervraging
op 9 November 1985 voor 'n polisieoffisier, luit Clifford,
4. afgelê. Aangesien dit nie aan 'n landdros gemaak is nie en art 217(1)(b) van die Strafproseswet 51 van 1977 derhalwe nie van toepassing was nie, het die bewyslas op die Staat ge-rus om aan te toon dat hy dit vrywillig en ongedwonge af-gelê het terwyl hy by sy volle positiewe was en sonder dat hy onbehoorlik daartoe. beïnvloed is. Die ondersoek-beampte, adj-off Hertz, het getuig dat derde appellant die. bekentenis volkome vrywillig gemaak het en op geen stadium óf deur hom óf deur enige ander polisieman aange-rand is nie. Dergelike getuienis is deur ander polisie-manne afgelê. Derde appellant daarenteen het getuig dat hy herhaaidelik onderwerp is aan marteling in die vorm van elektriese skokke en op daardie manier oorreed is om sy aandadigheid te beken. Volgens hom is die inhoud van bewysstuk F grotendeels aan hom voorgese.
Soos reeds aangedui, het die streeklanddros appellant se getuienis in die binneverhoor verwerp en dié van die Staatsgetuies aanvaar. Myns insiens het hy fouteer.5. Ek is geneig om met hom saam te stem dat die inhoud van bewysstuk F nie aan derde appellant voorgesê kon gewees het nie. Maar, hoewel lg se getuienis in hierdie ver-band verwerplik is, volg dit in al die omstandighede van die saak nie dat sy weergawe van die beweerde aanrandings soortgelyke behandeling verdien nie. Die geloofwaardig-heid van die getuies was deurslaggewend vir 'n bevinding oor die toelaatbaarheid van die bekentenis en die streek-landdros was natuurlik in 'n beter posisie as hierdie hof om hulle geloofwaardigheid te beoordeel; maar, soos aangetoon sal word, is daar aspekte van die getuienis wat nie voldoende aandag gekry het nie.Derde appellant se ondervraging het op Vrydag 8 November plaasgevind. Maandag 11 November het hy en die ander verdagtes die eerste maal in die landdroshof verskyn. By hierdie geleentheid het sommige van hulle gekla dat hulle deur die polisie aangerand is en het derde appellant versoek om voortaan liewer in die tronk aangehou te word. (Volgens
6.
hom het hy gevrees vir verdere aanranding aangesien die polisie nog op soek was na die vermiste geld.) Die voor-sittende landdros het daarop beveel dat hulle deur 'n dis-triksgeneesheer ondersoek moes word. Dit is gedoen. Vol-gens derde appellant was daar merke aan sy bene en arms wat hy aan die distriksgeneesheer uitgewys het.Die vraag of derde appellant wel die merke aan sy bene en arms gehad het waarvan hy getuig het, was bepa-lend vir die uitslag van die binneverhoor. Mnr Van der Walt wat die Staat in hierdie hof verteenwoordig het, het tereg toegegee dat die aanwesigheid van sulke merke nie al-leen vereenselwigbaar was met derde appellant se weergawe nie, maar inderdaad op geen ander wyse verduidelik kon word nie. Hoewel die distriksgeneesheer se bevindings derhalwe klaarblyklik van groot belang was, is hy nie as getuie geroep nie en is sy verslag ook nie aan die ver-dediging beskikbaar gestel nie. Wat gebeur het by af-sluiting van die staatsaak in die binneverhoor blyk uit7. uit die volgende uittreksel uit die oorkonde:
"Mnr Claassens (die beskuldigdes se advokaat). Edelagbare ek is ietwat onverhoeds betrap. Dit was my indruk gewees en dit was ook so meegedeel gewees deur my geleerde vriend dat die dokter sou geroep gewees het in die vorige dae was dit die heeltyd ter sprake gewees ons moet nog vir die dokter wag, en dat ook die dok-ter vandag beskikbaar sou wees, en ek het vir my geleerde vriend gevra of hy die dokter gaan roep of nie, en as hy hom nie sou roep nie of hy hom aan my beskikbaar sou stel as getuie en die houding van die Staat was deurentyd gewees dat hy die dokter gaan roep en dat hy hom nie aan my beskikbaar gaan stel nie, en dit is -ek is heeltemal onverhoeds gevang en verras dat die dokter nie geroep gaan word en ek sou nou graag wil verneem of die dokter nou aan my beskikbaar gestel gaan word sodat ek hom kan gebruik. Dit is ter sprake dat daar was ondersoeke gehou deur die dokter, dit is ge-stel aan die getuies dat daar was beserings ge-wees so ek sou graag wou verneem wat is die houding van die Staat op hierdie stadium.
AANKLAER: Edelagbare, die Staat het 'n diskresie om te roep wie hy wil. As ek besluit om nie die dokter te roep nie dan roep ek hom nie Edelag-bare. (SPREEK VERDER DIE HOF HIEROMTRENT TOE) HOF: Ek neem aan het jy 'n verslag beskikbaar van die dokter?
AANKLAER: Edelagbare ek het verslae beskikbaar in aanrandings-sake van die dpkter. HOF : Is u bereid om dit dan tot die beskikking van die Verdediging te stel in hierdie sake?
8.
AANKLAER : Edelagbare dit sal geen doel dien hoegenaamd nie, want dit sal hoorsê getuienis wees sonder dat die dokter se teenwoordigheid. HOF : Nee, nee, nie aan die Hof nie maar vir mnr Claassens om vir hom in staat te stel om te besluit of hy dan die dokter wil roep as ge-tuie al dan nie.
AANKLAER : Nee, Edelagbare, ek is nie bereid om dit te doen nie. Ek is bereid om die dokter af te staan as 'n getuie aan die Verdediging indien hy hom wil roep.
HOF : Ja wel u het natuurlik nou nie meer sê oor die dokter nie omdat u u saak gesluit het, nou is hy nie meer u getuie nie, die Verdediging kan hom dan enige tyd roep as hulle hom wil roep.
AANKLAER: Soos die Verdediging dit wil ver-kies kan hy dit maar doen.
HOF: Mnr Claassens soos ek die posisie dan verstaan staan dit u vry dan om die dokter te roep te enige tyd."
Aangesien die verdedigingsadvokaat nie insae in die ver-slag kon kry nie, verbaas dit nie dat hy die hof later meegedeel het dat hy die distriksgeneesheer nie as getuie sou roep nie.In sy uitspraak het die streeklanddros hom soos volg uitgelaat:
9.
"Mnr Claassens het heelwat gewag gemaak van die feit dat die Staat nie die dokter wat beskuldigdes ondersoek het as getuie geroep het nie..
Dit staan n party natuurlik vry om die getuies te roep en aan te bied wat hy goed-dink om sy saak te bewys en sy diskresie in die verband is onbelemmerd. (S v Kelly 1980(3) SA 301 A op 310.) Die Hof sal slegs 'n nade-lige afleiding van so 'n versuim maak as dit oortuig is dat die getuie die ander getuies wat aangebied is sal weerspreek."
Na hierdie uitlating word in die uitspraak daarop gewys dat
een van die staatsgetuies (volgens die uitspraak was dit
adj-off Herz maar volgens die oorkonde luit Dempsey wat die
bekentenis van een van die ander beskuldigdes afgeneem het)
onder kruisverhoor getuig het dat hy 'n mediese verslag in
besit van die aanklaer gesien het waarin daar wel beserings
gemeld is. Die uitspraak gaan dan soos volg voort:
"Die hof kan egter nie veel peil trek op die getuienis nie. Adj off Hertz se getuienis oor die beserings en die aard daarvan en aan wie dit is, is te vaag om enigsins die hof te oortuig dat die beskuldigdes, of sommige van hulle, wel sulke beserings gehad het, veral in die lig van luitenante Dempsey en Clifford se getuienis tot die teendeel."10. Ek is geneig om saam te stem dat luit Dempsey se getuie-nis oor die verslag wat hy gesien het op sigself nie vol-doende was vir 'n nadelige afleiding van die versuim om diedistriksgeneesheer te roep nie. Wat die streeklanddros egter uit die oog verloor het, is dat die aanklaer nie in kruisondervraging aan derde appellant gestel het dat die distriksgeneesheer nie die beweerde merke gevind het nie. Dit is presies wat hy gedoen het toe hy een van die ander beskuldigdes {die huidige tweede appellant) gekruisvra het en mens sou verwag dat hy dieselfde sou doen indien die ver-slag strydig was met derde appellant se getuienis. Sy ver-suim om derde appellant te kruisvra aan die hand van die verslag is op sigself reeds 'n aanduiding dat dit die staat-saak wat derde appellant betref, nie bevorder het nie. Dit, tesame met die kat- en- muis- spel wat die aanklaer gespeel het en sy volstrekte weiering sonder opgaaf van redes om die verdediging insae in die verslag toe te laat, is voldoende rede om aan te neem dat hy die distriksgeneesheer nie geroep
11.
het nie, minstens ten dele, omdat lg tot sy wete die staatsaak teen derde appellant kon benadeel.Ek moet sê datek die aanklaer se optrede totaal on-verstaanbaar en onverskoonbaarvind. Enigeen met ondervin-ding van die behartiging van strafsake is bewus dat aanklaers gewoonlik nie huiwer om die verdediging insae toe te laat in die verslae van distriksgeneeshere nie. Dit geskied waarskyn-lik met die oog op billikheid en die behoorlike administrasie van die reg omdat verslae van hierdie aard in sommige gevalle ongetwyfeld gepriviligeerd is. In die onderhawige geval kon die aanklaer nie aanspraakmaak op privilegie nie en selfs al sou hy dit kon doen, het hy afstand gedoen van die privilegie deur tweede appellant aan die hand van dieverslag te kruis-vra; al wat hy bewerkstellig het, wasomdiehele doel waarmee derde appellant na die distriksgeneesheer verwys is, te fnuik. In dergelikegevallebehoort die voorsittende beampte ernstig te oorweegamgebruikte maak van sy bevoegdhede onder art 186 van die Strafproseswet.
Hoe dit ookal sy, die streeklanddros het die
12.
aanklaer se versuim om die distriksgeneesheer te roepen om derde appellant aan die hand van die verslag tekruisvra onderskat in sy beoordeling van die geloofwaar-digheid. In die uitspraak word gesê dat
"....na die Hof se oordeel was die klagtes van beskuldigdes by die Hof met hulle eerste verskyning nie soseer weens vrees vir verdere aanrandings nie maar toe al 'n voorbereiding vir die latere aanvegting van hulle verdoem-ende verklarings."
Die enigste rede wat vir hierdie gevolgtrekking verstrek
word, is die volgende:
" Beskuldigde 4 se vrees toe hy in die Hof verskyn het om terug te keer na Brixton was ook'heeltemal ongegrond en onwaarskynlik.Hy het reeds die verklaring gemaak wat die po-lisie wil hê hy moet maak, hy het ook nie rede gehad om te glo die polisie sou hom aan-rand om die geld te kry nie, hulle het oorge-noeg tyd gehad om dit te doen voor beskuldig-des in die Hof verskyn het."
Die geldigheid van hierdie redenasie is, om die minste tesê, twyfelagtlg. Maar, afgesien daarvan, is die redelikemoontlikheid - watuit wat reeds gesê is blyk-dat derde ap-pellant by sy eerste verskyning in die hof die merke van
13.
'n aanranding kon gedra het, uit die oog verloor. Sonder inagneming van hierdie moontlikheid kon die geloofwaar-digheid van die getuies nie behoorlik beoordeel word nie. Origens het die streeklanddros kritiek uitge-spreek teen die wyse waarop derde appellant getuig het in teenstelling met die indrukwekkende vertoning van diestaats-getuies. Ek is nie van voorneme om die kritiek teen der-de appellant se getuienis te behandel nie. Dit moet in gedagte gehou word dat hy bêsigwas om leuens te vertel toe hy getuig het dat die inhoud van bewysstuk F aan hom voor-gesê is. Daarom verbaas dit nie dat hy die verhoorhof nie beïndruk het nie. Maar in die binneverhoor het dit nie gegaan oor die waarheid van die bekentenis nie; wat ter sprake was,was sy bewering dat die polisie hom aangerand het. En,word die getuienis as geheel oorweeg, kan dit nie gesê word dat die Staat hom van die las gekwyt het om die teendeel te bewys nie. Bewysstuk F moes gevolglik nie toegelaat gewees het nie.
14.
Soos vantevore aangedui, het die Staat ook staatgemaak op die getuienis van die drie klaers wat al-mal getuig het dat derde appellant een van die rowers was. Om gegronde redes het die landdros getwyfel oor die be-troubaarheid van Twiggs en Heslop se identifikasie. Coet-zee se getuienis dat derde appellant een van die rowers was, is egter aanvaar. Basies kom dit dus daarop neer dat, afgesien van bewysstuk F, derde appellant betrek is by die misdaad deur die getuienis van 'n enkele staatsge-tuie en, soos aangetoon sal word, is die betroubaarheid van sy identifikasie nie bo verdenking nie.Dit blyk naamlik dat daar nie 'n identifikasie-parade voor die verhoor gehou is nie. Boonop het Twiggs en Heslop erken dat eersgenoemde,voor die aanvang van die verhoor,Heslop en Coetzee se aandag gevestig het op die groepie beskuldigdes wat buite die hof gewag het. Daarom kan Coetzee se identifikasie in die hof nie die gewig dra wat dit andersins sou gedra het nie. Ek is in elk geval15. nie oortuig dat Coetzee in alle opsigte 'n eerlike getuie was nie. Hy het oa die insident toe Twiggs sy aandag op die beskuldigdes gevestig het, ontken; en, wat meer agter-dogwekkend is, hy het in kruisondervraging, sonder dat hy daarom gevra is, te kenne gegee dat derde appellant die dag van die roof 'n klein snorretjie kon gehad het. Dit is dui-delik dat hy sy getuienis probeer aanpas het by dié van Twiggs en
Heslop. In elk geval kan 'n getuie nie veel ver-troue inboesem nie indien hy, soos Coetzee, drie maande na die voorval (die verhoor het gedurende Februarie 1986 begin) nie kon sê of een van die rowers na wie se gesig hy na bewe-ring van naby gekyk het, 'n snor gehad het nie.Wat egter die meeste agterdog wek is die feit dat adj-off Hertz wat die toneel kort na die roof besoek het en al drie klaers daar kortliks ondervra het, onder die indruk was dat geeneen van hulle enigeen van die rowers sou kon identifiseer nie omdat lg almal klapmusse gedra het. Coetzee het by die verhoor getuig dat derde appellant op16. geen stadium so 'n mus gedra het nie. Indien sy getuie-nis waar is, is Hertz se indruk onverklaarbaar.Onder al die omstandighede en gedagtig aan die versigtigheid wat identifikasie-getuienis verg, kan dit nie op Coetzee se weergawe bo redelike twyfel bevind word dat derde appellant een van die rowers was nie. Aange-sien bewysstuk F ook nie toegelaat moes gewees het nie, kan sy skuldigbevinding derhalwe nie gestand gehou word nie.Eerste en tweede appellante het nie by die ver-hoor van die appèl verskyn nie en was ook nie verteenwoor-dig nie hoewel kennisgewing ooreenkomstig reël 7(2) van die reëls van hierdie hof aan hul laas bekende prokureur gegee is. Die Staat het aansoek gedoen dat hulle appèlle ooreenkomstig reël 7(3) afgewys word.Die hof het natuurlik 'n diskresie om die appèl af te wys of om dit van die rol te verwyder maar, soos aangedui in S v Isaacs 1968(2) SA 184 (A) op 186 D-E :
17.
" where particular circumstances warrant-
ing the exercise of the above-mentioned item discretion are absent, the appropriate order is for the Court to dismiss the appeal fornon-prosecution when there is no appearance for the appellant."
In die onderhawige geval is daar geen besondere omstan-
dighede waarom die appèlle nie afgewys behoort te word
nie. Prima facie geld wat hierbo gesê is ten aansien
van derde appellant se bekentenis nie teen aansien van
die bekentenisse wat eerste en tweede appellante gemaak
het nie , en is die meriete van hulle appèlle veel swak-
ker as dié van derde appellant.
Eerste en tweede appellante se appèlle word
afgewys terwyl die appèl van derde appellant slaag en
sy skuldigbevindings en vonnisse ter syde gestel word.
J J F HEFER AR.
NESTADT AR )
MILNE AR ) STEM SAAM.
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.