Download PDF

South Africa Judgment

Northern Cape High Court, Kimberley

S v Herbert (420/04) [2004] ZANCHC 28 (3 September 2004)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The compensatory order granted by the magistrate was ultra vires and incompetent, as section 300 of the Criminal Procedure Act only allows compensation for damage to property, not for injury to dignity or reputation. There was no evidentiary basis for a compensatory order, and the accused was not properly sentenced for the offence. The magistrate failed to follow the correct procedure, including giving the parties an opportunity to address the court. Accordingly, the conviction on charge 2 is confirmed, but the sentence and compensatory order are set aside. The matter is remitted to the district court for proper sentencing.

Court disposition

Conviction on charge 2 confirmed; sentence and compensatory order set aside; matter remitted for proper sentencing.

Orders

  • The conviction on charge 2 is confirmed.
  • The sentence and compensatory order imposed on the accused on charge 2 are set aside.
  • The matter is referred back to the district court for the proper imposition of an appropriate sentence on charge 2.

02

Material facts

Parties

The State

Applicant

Sadia Sheryl Herbert

Respondent

Amounts and remedies

  • Fine Imposed by Magistrate (set Aside): ZAR 300

03

Procedural history

  1. Posture

    Special Review / Review of District Court Conviction and Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The acting chief magistrate submitted that the compensatory order was improperly granted, as there was no evidence of loss or damage to property, and neither the accused nor the prosecutor was given an opportunity to address the court regarding the compensatory order. The accused was not properly sentenced for the offence, and the compensatory order was made without following the required procedures.
Respondent
The respondent did not present argument, as the review was initiated by the magistrate's office. The record shows the accused was convicted of crimen injuria for verbally insulting a police officer while intoxicated, but there was no evidence of property loss or damage. The compensatory order was made without the accused being represented or given an opportunity to address the court.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    S v Liberty Shipping and Forwarding & Others 1982 (4) SA 281 (D) at 284H-285B, 286G

    Compensation under section 300 of the Criminal Procedure Act is limited to damage to property and does not extend to general damages for injury to dignity or reputation.

  2. 02

    Criminal Procedure Act 51 of 1977, section 297(1)(a)(i)(aa)

    A magistrate may only grant compensation under section 297(1)(a)(i)(aa) if sentence is postponed or suspended and compensation is made a condition of release or suspension.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The compensatory order granted by the magistrate was ultra vires and incompetent, as section 300 of the Criminal Procedure Act only allows compensation for damage to property, not for injury to dignity or reputation. There was no evidentiary basis for a compensatory order, and the accused was not properly sentenced for the offence. The magistrate failed to follow the correct procedure, including giving the parties an opportunity to address the court. Accordingly, the conviction on charge 2 is confirmed, but the sentence and compensatory order are set aside. The matter is remitted to the district court for proper sentencing.

Obiter and limits

  • It was unnecessary to address further arguments regarding the lack of factual basis for the compensatory order and the failure to comply with the audi rule, given the clear lack of jurisdiction and procedural irregularity.

Court disposition

Conviction on charge 2 confirmed; sentence and compensatory order set aside; matter remitted for proper sentencing.

  • The conviction on charge 2 is confirmed.
  • The sentence and compensatory order imposed on the accused on charge 2 are set aside.
  • The matter is referred back to the district court for the proper imposition of an appropriate sentence on charge 2.

Source and reliance status

Northern Cape High Court, Kimberley

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Northern Cape High Court, Kimberley

Judgment

[2004] ZANCHC 28

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

IN

THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

(Noord-Kaapse Afdeling / Northern Cape Division)

Saakno: / Case number: 420/04

Datum gelewer: / Date delivered: 03/09/2004

In die saak van:

DIE STAAT

teen

HERBERT, SADIA

SHERYL

Coram: Majiedt R et Lacock R

UITSPRAAK

OP SPESIALE HERSIENING

LACOCK R:

Die beskuldigde is in die Distrikshof van Kimberley skuldig bevind aan crimen injuria en, luidens die oorkonde, as volg gevonnis:

“You are fined R300.00 (Three hundred Rand) payable to inspector Johannes Makame. That amount of money you pay in by the Court and the Court will …(inaudible) the person.”

Op die J15 dekblad tot die oorkonde is die vonnis die beskuldigde opgelê op hierdie aanklag as volg verwoord:

“Charge 2: fine R300.00 payable to insp. Johannes Makame. Compensatory order granted.”

Nadat hierdie saak onder die aandag van die waarnemende hooflanddros van Kimberley gebring is, het hy dit na die Griffier verwys met die volgende versoek:

“Dit sal waardeer word indien die bogemelde strafsaak, hierby aangeheg, aan Sy Edele die Hersieningsregter voorgelê sal word vir spesiale hersiening. Die rede daarvoor is as volg:

Die beskuldigde is in die plaaslike distrikshof onder andere, skuldig bevind aan Crimen Injuria deur waarnemende addisionele landdros S. Jacobs. Vir die oortreding is die beskuldigde op 14 Maart 2003 soos volg gevonnis: ‘charge 2: you are fined R300-00 (three hundred rand) payable to inspector Johannes Mochane’ – vide pagina 55 van die getranskribeerde oorkonde. Hierdie vonnis verskyn ook op die oorspronklike klagstaat (J15) wat per hand deur die waarnemende landdros voltooi is. By hierdie handgeskrewe vonnis het die landdros ook die woorde ‘compensatory order granted’ bygevoeg. Dit blyk derhalwe dat die waarnemende landdros slegs ‘n vergoedende boete bevel vir die besondere oortreding gemaak het. Sy het nie die beskuldigde vir die betrokke oortreding gevonnis nie. Die betrokke waarnemende landdros se dienste te Kimberley is sedertdien beëindig.

Die probleem wat nou, met nagaan van die saak, ondervind word is tweeledig nl.:

Die beskuldigde is nog nie gevonnis vir die oortreding nie. Die oplegging van die vergoedende boete is kennelik foutief aangesien dit duidelik is volgens die notule van die verrigtinge dat daar geen basis daarvoor gelê is nie. Die warnemende landdros het nooit aan die beskuldigde (wat nie verteenwoordig was nie) of die aanklaer te kenne gegee dat sy so ‘n vergoedende boete oorweeg nie en nóg die beskuldigde nóg die aanklaer het die geleentheid gehad om getuienis aan te bied of die hof toe te spreek met betrekking tot die moontlike oplê van ‘n vergoedende boete nie.

Onder die omstandighede word derhalwe gevra dat Sy Edele die Hersieningsregter die vergoedingsbevel ter syde stel en te gelas dat die saak na die distrikshof terugverwys word vir die oplegging van ‘n gepaste vonnis.”

Die versoek van die hersiening en ter sydestelling van die vonnis is nie alleen geregverdig nie, maar is noodsaaklik. Die “vonnis” die beskuldigde opgelê is duidelik nie ooreenkomstig die reg nie.

Die beskuldigde is skuldig bevind aan crimen injuria deurdat sy die klaer, ‘n polisiebeampte, in die aanklagkantoor van die Roodepan polisiestasie en terwyl sy onder die invloed van drank was, erg beledig en in uiters onwelvoeglike taal aangespreek het in die teenwoordigheid van minstens een ander persoon. Daar is geen getuienis wat daarop dui dat sy skade aan of verlies van goed behorende aan die klaer (inspekteur Johannes Makame) veroorsaak het nie.

Indien die Landdros dus beoog het om ‘n vergoedingsbevel kragtens art 300 van die Strafproseswet, nr 51 van 1977 (die Wet), te maak, was sy – by gebreke aan getuienis dat die beskuldigde die klaer enige verlies of skade aan goed berokken het – nie bevoeg om so ‘n bevel te verleen nie. Die artikel leen hom eenvoudig nie tot die toekenning van genoegdoening of algemene skade gely weens die aantasting van die fama of dignitas van ‘n ander nie. Sien S v Liberty Shipping and Forwarding & Others 1982 (4) SA 281 (D) te 284 H tot 285 B:

“The proposition that the 'damage' in question is not limited to damage to property but encompasses all kinds of damage means, if it is sound, that a Court convicting someone of assault, rape, crimen injuria or criminal defamation may itself proceed to award the victim general damages as compensation for the injury to person, dignity or reputation he or she has suffered. Never, as far as I am aware, has such an award been made or even sought under s 300 (1) or either of its predecessors. The likelihood that Parliament had this in mind does not seem strong. It postulates an enquiry of the sort and scope making it an unsuitable epilogue to criminal proceedings.” en verder,

“I hold, it follows, that the only damage for which compensation is claimable under s 300 (1) is damage to property, and that the section does not cover any other damage which is suffered.”

(te 286G)

Sou die Landdros beoog het om die klaer skadeloos te stel kragtens die voorskrifte van art 297 (1)(a)(i)(aa) van die Wet, het sy eweneens ‘n mistasting begaan. Skadeloosstelling kragtens hierdie artikel kan alleen geskied indien (a) die oplê van vonnis vir ‘n bepaalde periode uitgestel word en skadeloosstelling as ‘n voorwaarde tot vrylating gelas word; of (b) die opgelegde vonnis in geheel of gedeeltelik opgeskort word en skadeloosstelling as ‘n voorwaarde opgelê word.

In casu het die Landdros nóg die oplegging van vonnis uitgestel, nóg ‘n vonnis opgelê wat hetsy in geheel of gedeeltelik opgeskort is.

Trouens, die Landdros het die beskuldigde geen vonnis opgelê nie.

Uit hoofde van die voorgaande alleen was die sogenaamde “compensatory order” soos deur die Landdros gelas, ultra vires haar bevoegdhede, en moet dit ter syde gestel word.

Vervolgens vind ek dit nie nodig om te handel met die verdere argumente van die hoof landdros naamlik die afwesigheid van enige feite grondslag vir die maak van ‘n sogenaamde vergoedings bevel en die nie-nakoming van die audi-reël nie.

Bygevolg word die volgende bevel hierin verleen:

DIE SKULDIGBEVINDING OP AANKLAG 2 WORD BEKRAGTIG.

DIE “VONNIS” EN SOGENAAMDE VERGOEDINGSBEVEL DIE BESKULDIGDE OPGELÊ OP AANKLAG 2, WORD TER SYDE GESTEL.

DIE SAAK WORD NA DIE DISTRIKSHOF TERUG VERWYS VIR DIE BEHOORLIKE OPLEGGING VAN ‘N GEPASTE VONNIS OP AANKLAG 2.

_____

HJ Lacock

REGTER

Ek stem saam.

SA Majiedt

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Liberty Shipping and Forwarding & Others 1982 (4) SA 281 (D)

Case cited

Criminal Procedure Act 51 of 1977, section 300

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Criminal Procedure Act 51 of 1977, section 297(1)(a)(i)(aa)

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.