Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

S v Heydenreich (119/84) [1984] ZASCA 112 (25 September 1984)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The Supreme Court of Appeal found that the appellant's failure to file heads of argument timeously was neither serious nor wilful. The appellant had overcome his inability to secure legal representation within a reasonable period and promptly instructed a new attorney to proceed with the appeal. The failure to notify the Attorney-General of his new address was not a grave error, as the appellant, a layperson, was unaware of the technical requirements of court rules and reasonably believed that the police would communicate his address. The court held that the appellant's conduct did not warrant the denial of condonation, especially given the poor state of the trial record, which could affect the fair adjudication of the appeal. Accordingly, condonation for the late filing of heads of argument was granted.

Court disposition

Appeal upheld; condonation for late filing of heads of argument granted.

Orders

  • Condonation for the late filing of the appellant's heads of argument is granted.
  • The matter is remitted for further proceedings on the merits of the appeal.

02

Material facts

Parties

Johan Wilhelm Heydenreich

Appellant

Die Staat

Respondent

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Refusal of Condonation for Late Filing of Heads of Argument

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that his failure to file heads of argument on time was not intentional or serious. He explained that his previous attorney withdrew due to non-payment, and he was unaware that he needed to notify the Attorney-General of his new address. He believed the police, who were aware of his new address due to bail conditions, would inform the relevant authorities. Upon instructing a new attorney, he acted promptly to pursue the appeal and file the necessary documents.
Respondent
The respondent, represented by the Attorney-General, opposed the application for condonation, contending that the appellant had done nothing since the previous postponement and had simply ignored the pending proceedings. The respondent maintained that the appellant failed to make out a proper case for condonation and that the error or oversight of a legal practitioner or his employee should rarely, if ever, be treated as a ground for condonation.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    S v Basi, 1976(4) SA 799 (T)

    Condonation for late filing of heads of argument will only be granted in exceptional circumstances, and errors or oversights by legal practitioners or their employees are rarely accepted as grounds for condonation.

  2. 02

    Melane v Santam Insurance Co Ltd, 1962(4) SA 531 (A)

    Prospects of success on appeal are an important consideration in condonation applications; serious non-compliance with court rules may be overshadowed by strong prospects, but condonation should not be granted where prospects are poor, even if the breach is minor and satisfactorily explained.

  3. 03

    S v Tsedi, 1984(1) SA 565 (A)

    Appeals against refusal of condonation may be brought without leave under section 21(1) of the Supreme Court Act 59 of 1959.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The Supreme Court of Appeal found that the appellant's failure to file heads of argument timeously was neither serious nor wilful. The appellant had overcome his inability to secure legal representation within a reasonable period and promptly instructed a new attorney to proceed with the appeal. The failure to notify the Attorney-General of his new address was not a grave error, as the appellant, a layperson, was unaware of the technical requirements of court rules and reasonably believed that the police would communicate his address. The court held that the appellant's conduct did not warrant the denial of condonation, especially given the poor state of the trial record, which could affect the fair adjudication of the appeal. Accordingly, condonation for the late filing of heads of argument was granted.

Obiter and limits

  • The court expressed concern about the poor condition of the trial record, noting omissions, inconsistencies, and missing exhibits, and urged the magistrate and Attorney-General to assist in rectifying the record for the proper hearing of the appeal.
  • The court emphasized that laypersons cannot be expected to be familiar with the technical requirements of court and practice rules.

Court disposition

Appeal upheld; condonation for late filing of heads of argument granted.

  • Condonation for the late filing of the appellant's heads of argument is granted.
  • The matter is remitted for further proceedings on the merits of the appeal.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[1984] ZASCA 112

JOHAN WILHELM HEYDENREICH AppellantenDIE STAAT Respondent

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPÉLAFDELING) In die saak tussen:JOHAN WILHELM HEYDENREICH Appellanten

DIE STAAT Respondent

Coram: KOTZÉ, VILJOEN, ARR., GALGUT, ELOFF et SMALBERGER,Wn. ARR. Verhoor: 20 September 1984 Gelewer: 25 September 1984

UITSPRAAK KOTZÉ, AR.:

Dit is 'n appèl hierdie teen die afwysing deur die Transvaalse Provinsiale Afdeling (NICHOLAS en ACKERMANN, RR.) van die appellant se aansoek om kondonasie vir die

laat /2-2-laat indiening van hoofde van betoog en die daaropvolgende verwydering van die sakelys van sy appèl in 'n strafsaak.

Reël 47bis(a) van die Reëls waarby die verrigtinge van die Transvaalse Provinsiale Afdeling gereël word, bepaal as volg:

"Wanneer die prokureur-generaal, kragtens subreël (1) van reël een-en-vyftig van die reëls waarby die verrigtinge van die verskillende provinsiale en plaaslike afdelings van die Hooggeregshof van Suid-Afrika gereël word en afge-kondig by Goewermentskennisgewing No. R. 48 van 12 Januarie 1965, kennis gee van die terrolleplasing van 'n strafappel kan hy na goeddunke die appellant kennis gee dat hoofde van betoog nodig is wanneer die appèl

aangehoor /3

-3-

aangehoor word. Manneer sodanige kennis gegee word, moet die appellant minstens een maand voor die dienende dag van die appèl of, indien kort kennis vir die aanhoring van die appèl gegee word, so spoedig moontlik, 'n bondige en saaklike opgawe van die hoofpunte wat hy op appèl wil aanvoer, aan die prokureur-generaal en twee afskrifte daarvan aan die griffier aflewer.

Naas hierdie reël geld ondervermelde reël van die praktyk soos deur COLMAN, R in S. v Basi, 1976(4) S.A. 799 (T) op 800 A-B neergelê:

"In future there will be a more stringent approach to matters of this kind. The notice of set down of a criminal appeal in which heads of argument are called for will specify the date

by /4

-4-

by which those heads must be filed so that there can be no misunderstand-ing or excusable error in the deter-mination of that date. Furthermore, with the approval of the JUDGE PRESIDENT the following rule of practice is now laid down: It is only in exceptional circumstances that the late filing of heads of argument will be condoned, and the error or oversight of a legal practitioner or his employee will rare-ly, if ever, be treated as a ground for condonation."

Die relevante feite van die onderhawige appèl

kan kort gestel word. Nadat 'n vonnis van sewe jaar ge-vangenisstraf (waarvan drie jaar opgeskort is) aan hom op sewe klagte van bedrog deur 'n streeklanddros opgelê is, het die appellant hom by wyse van hoër beroep tot die Transvaalse Provinsiale Afdeling gewend. Die appèl is

op /5-5-op 24 Mei 1982 ter rolle geplaas maar is op gemelde datum op versoek van die appellant persoonlik sine die uitgestel vanweë die onttrekking van die appellant se prokureur weens die appellant se onvermoë om die prokureur se gelde te dek. Ofskoon hoofde van betoog reeds voor 26 April 1982 ingedien moes gewees het, het dit weens gemelde onttrekking nie gebeur nie. Na 24 Mei het die appellant van adres verander maar die prokureur-generaal en griffier nie daarvan verwittig nie. Die polisie, by wie die appellant gereeld ingevolge sy borgvoorwaardes moes aanmeld, was bewus van sy nuwe adres en hy het, soos hy in sy aansoek verklaar, "foutiewelik gedink" dat hulle dit by die regte oord sou aanmeld. Die appellant het om en by 19 Augustus 1982 aan sy nuwe prokureur opdrag gegee om voort te gaan met

die /6

-6-

die appèl . Die appèl was intussen, sonder dat hy bewus was daarvan, reeds ter rolle herplaas en wel op 2 September 1982. Weens die adresverandering het die appellant nie die proku-reur-generaal se kennisgewing van terrolleplasing ontvang nie. Gemelde kennisgewing het, ingevolge die reël neerge-lê in Basi se saak, bepaal dat hoofde van betoog teen 2 Aug-ustus 1982 ingedien moes word. Die appellant se nuwe prokureur het kort na hy die opdrag, soos hierbo vermeld, ontvang het, vasgestel dat die kennisgewing van terrolleplasing na die ou adres gestuur is en nie afgelewer is nie en dat die prokureur-generaal na 2 Augustus 'n aansoek ingedien het dat die appèl van die rol verwyder word weens versuim om die hoofde van betoog in te dien. Die appellant het op

25 Augustus /7-7-25 Augustus aansoek om kondonasie vir die laat indiening van sy hoofde van betoog ingelewer en het terselfdertyd hoofde van betoog beteken aan die griffier. En op 2 Sep-tember 1982 het die Provinsiale Afdeling die aansoek om kondonasie soos aan die begin van hierdie uitspraak vermeld, afgewys. NICHOLAS, R. het die grond van sy uitspraak sonder omslagtigheid gestel:

"This application is opposed by the Attorney-General who points out that the matter was previously before the Court on 24th May 1982 when it was postponed at the instance of the appellant. Since then the appellant has done nothing. He has simply ignored the pending proceedings. In those circumstances it seems to us that the appellant has not made out a proper case for condonation ..."

Hierdie /8

-8-

Hierdie appèl geskied sonder verlof ingevolge art. 21(1) van die Wet op die Hooggeregshof, 59 van 1959. (S v Tsedi, 1984(1) S.A. 565 (A) op 570 A-C).

In 'n aansoek om kondonasie is die vooruitsigte op

appèl in die reël 'n belangrike oorweging: waar die kanse op sukses rooskleurig is, mag dit wel 'n ernstige nie-nakoming van die hofreëls oorskadu. Of aan die ander kant waar daar geen vooruitsigte op sukses, of selfs karige vooruit-sigte is, sou dit sinloos wees om kondonasie te verleen selfs waar die graad en erns van die versuim om hofreëls na te kom nie ernstig is nie en bevredigend verduidelik word - Melane v Santam Insurance Co Ltd , 1962(4) S.A. 531 (A) op 532 C-E. In die onderhawige geval het die

Hof---/9

-9-

Hof a quo dit nie nodig gevind om die vooruitsigte te oorweeg nie ofskoon die aansoek redes aanvoer op grond waar-van hy "onskuldig bevind moes word". Voor hierdie Hof het die Staat sigself beperk tot 'n vereenselwiging met die benadering van NICHOLAS, R. In hierdie verband is dit dus paslik dat hierdie Hof die houding inneem dat hoe minder gesê word hoe beter. Dit geld soveel te meer omdat die notule van die verhoor in 'n swak toestand is en dit, weens gebreke daarin, moontlik is dat die meriete van die appèl teen skuldigbevinding sowel as vonnis nie regverdig beoordeel kan word nie. Ek gaan dus terstond oor tot oorweging van die oorblywende vraag nl of die graad en erns van die appellant se versuim

hom /10-10-hom die voorreg van kondonasie ontneem.

Deur die aansoek te benader op die grondslag dat die appellant sedert 24 Mei niks gedoen het nie en "simply ignored the pending proceedings", het die Hof a quo 'n dwaling begaan. Die appellant het wel iets gedoen: hy het sy onvermoë om regshulp te bekom te bowe gekom binne die redelike kort bestek van drie maande na die uitstel sine die, opnuut reëlings met 'n ander prokureur getref en hom spoedig opdrag gegee om met die appèl voort te gaan. Binne 'n week, en 'n week voor die appèl weer aangehoor sou word, het gemelde prokureur 'n aansoek om kondonasie en hoofde van betoog ingedien. Weliswaar het, vanweë die versuim van die appellant om sy nuwe adres aan die prokureur-generaal te

verskaf /11

-11-

verskaf, die kennisgewing van herplasing en die oproep om voor 2 Augustus hoofde van betoog in te lewer die appellant, nie bereik nie. Dit was egter geen ernstige of opsetlike versuim nie. Dat hy onbewus was dat hy sy nuwe adres ook by die prokureur-generaal moes aanmeld behoort nie in 'n te ernstige lig beskou te word nie aangesien die leek immers nie in die normale loop van sake op hoogte is van die tegniese vereistes van hofreëls en nog minder van die howe se reëls van praktyk nie. Na my oordeel kan die appellant ook nie te ernstig verkwalik word omdat hy geglo het dat dit voldoende is dat die polisie te alle tye bewus was van sy verblyfplek nie. Ek vind dit moeilik om die appellant se versuim, in die lig van al die bovermelde

omstandighede /12

-12-omstandighede, as ernstig of laakbaar aan te merk en is die mening toegedaan dat kondonasie aan hom verleen behoort te word.

Soos reeds vermeld is die notule van die verhoor in 'n swak toestand en kan dit moontlik aanleiding gee tot probleme by die aanhoor van die appel. Ofskoon die notule aan die einde daarvan op bladsy 102 'n sertifikaat deur die kontrakteurs se oorskryfster bevat dat "voorafgaande 'n ware en juiste oorkonde is van die verrigtinge" word dit geken-merk deur talle weglatings, onsamehangendhede en die nie-byvoeging van minstens een bewysstuk - die verslag van 'n psigiater. Graag spreek ek die vertroue uit dat beide die landdros en die prokureur-generaal hul goedgunstige

dienste /13

-13-dienste sal aanbied om 'n poging aan te wend om die saakstuk-ke reg te stel.

Die appél slaag. Die laat-indiening van die appellant se hoofde van betoog word gekondoneer.

APPËLREGTER

VILJOEN AR.)

GALGUT Wn. AR.) ELOFF Wn. AR.) stem saam

SMALBERGER, Wn. AR.)

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Basi, 1976(4) SA 799 (T)

Case cited

Melane v Santam Insurance Co Ltd, 1962(4) SA 531 (A)

Case cited

S v Tsedi, 1984(1) SA 565 (A)

Case cited

Supreme Court Act 59 of 1959

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.