Download PDF

South Africa Judgment

Northern Cape High Court, Kimberley

S v Jacobs (CA & R 6/04) [2004] ZANCHC 61 (10 May 2004)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the State had proved beyond reasonable doubt that the appellant was the driver of the vehicle at the time of the collision, based on the corroborated evidence of several witnesses. The appellant's version was rejected as false beyond reasonable doubt, particularly in light of contradictions between his testimony and instructions given to his legal representative. The court held that while the appellant's negligence was significant, it did not amount to gross negligence. The magistrate erred in overemphasizing the seriousness of the offence and in treating the appellant's continued denial as an aggravating factor. The appellant's personal circumstances, including his lack of prior convictions, emotional distress, and prospects for rehabilitation, warranted a reduction in sentence. The conviction was upheld, but the sentence was reduced to 24 months' imprisonment under section 276(1)(i) of the Criminal Procedure Act, and the fine for driving without a licence was confirmed.

Court disposition

Appeal against conviction dismissed; appeal against sentence on counts 1 and 2 upheld; sentence reduced.

Orders

  • The appellant's appeal against conviction is dismissed.
  • The appeal against the sentence imposed on counts 1 and 2 is upheld. The sentence of three years' imprisonment is set aside and replaced with 24 months' imprisonment under section 276(1)(i) of the Criminal Procedure Act, 51 of 1977.
  • The sentence imposed on count 3, a fine of R300 or 30 days' imprisonment, is confirmed.

02

Material facts

Parties

Wayne Jacobs

Appellant Counsel: Adv E van Dyk

The State

Respondent Counsel: Mr. Titus

Amounts and remedies

  • Fine for Driving Without a Licence: ZAR 300
  • Reduced Sentence (months Imprisonment): ZAR 24

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant denied being the driver at the time of the collision, claiming his brother was driving after they left the shop. He argued that he was intoxicated and asleep in the passenger seat, and could not recall the events leading to the accident. He challenged the reliability of the State witnesses, highlighting inconsistencies and admissions of uncertainty regarding the identity of the driver. He further contended that the sentence imposed was unduly harsh given his personal circumstances, lack of prior convictions, and the absence of evidence of gross negligence.
Respondent
The State maintained that multiple witnesses, including occupants and bystanders, consistently identified the appellant as the driver at the time of the collision. The State argued that the appellant's own evidence was contradictory and undermined by statements made through his legal representative. The seriousness of the offences, including the loss of life and the appellant's intoxication, warranted a custodial sentence. The State conceded some weaknesses in witness testimony but asserted that the totality of evidence supported the conviction and justified the sentence imposed.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    S v Nxumalo 1982 (3) SA 856 (A) at 861 A-E

    The degree of culpability or blameworthiness, rather than the magnitude of the tragedy, is the basic measure for determining fit punishment for negligent motorists.

  2. 02

    S v Greyling 1990 (1) SASV 49 (A)

    The circumstances of the accident must be considered to determine the accused's moral blameworthiness and degree of negligence for sentencing purposes.

  3. 03

    S v Naicker 1996 (2) SASV 557 (A)

    The tragic consequences of negligence should not obscure the true nature of the accused's crime or culpability.

  4. 04

    S v Birkenfield 2000 (1) SASV 325 (SCA)

    A custodial sentence under section 276(1)(i) of the Criminal Procedure Act may be appropriate where rehabilitation outside prison is justified.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the State had proved beyond reasonable doubt that the appellant was the driver of the vehicle at the time of the collision, based on the corroborated evidence of several witnesses. The appellant's version was rejected as false beyond reasonable doubt, particularly in light of contradictions between his testimony and instructions given to his legal representative. The court held that while the appellant's negligence was significant, it did not amount to gross negligence. The magistrate erred in overemphasizing the seriousness of the offence and in treating the appellant's continued denial as an aggravating factor. The appellant's personal circumstances, including his lack of prior convictions, emotional distress, and prospects for rehabilitation, warranted a reduction in sentence. The conviction was upheld, but the sentence was reduced to 24 months' imprisonment under section 276(1)(i) of the Criminal Procedure Act, and the fine for driving without a licence was confirmed.

Obiter and limits

  • A convicted person is entitled to maintain a particular defence even after conviction; such conduct cannot be treated as aggravating for sentencing purposes.
  • The loss of life is a factor to be considered in sentencing, but it should not overshadow the accused's degree of negligence and moral blameworthiness.
  • There was insufficient evidence to conclude that the appellant drove at excessive speed or with gross recklessness; intoxication played a significant role in the accident.

Court disposition

Appeal against conviction dismissed; appeal against sentence on counts 1 and 2 upheld; sentence reduced.

  • The appellant's appeal against conviction is dismissed.
  • The appeal against the sentence imposed on counts 1 and 2 is upheld. The sentence of three years' imprisonment is set aside and replaced with 24 months' imprisonment under section 276(1)(i) of the Criminal Procedure Act, 51 of 1977.
  • The sentence imposed on count 3, a fine of R300 or 30 days' imprisonment, is confirmed.

Source and reliance status

Northern Cape High Court, Kimberley

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Northern Cape High Court, Kimberley

Judgment

[2004] ZANCHC 61

Verslagwaardig: Ja / Nee

Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee

Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(Noord-Kaapse Afdeling)

Saakno: CA & R 6/04

Datum verhoor: 2004-05-10

Datum gelewer: 2004-05-10

In die appél van:

WAYNE

JACOBS APPELLANT

versus

DIE

STAAT RESPONDENT

Coram: MAJIEDT R et

OLIVIER

R

EX

TEMPORE UITSPRAAK

MAJIEDT R:

Die Appellant is in die Streekhof skuldig bevind aan die volgende misdrywe:

a) Strafbare manslag;

b) ‘n Oortreding van art 122(1)(a) gelees met bepaalde artikels van Wet 29 van 1989 (hierna verwys as die Wet) d.w.s. dronkbestuur;

c) ‘n Oortreding van art 15 gelees met bepaalde artikels van die Wet d.w.s. bestuur van ‘n motorvoertuig sonder ‘n geldige lisensie.

Die Appellant is as volg gevonnis op die voormelde misdrywe:

a) Aanklagte 1 en 2 hierbo is saamgeneem vir doeleindes van vonnis en die Appellant is tot drie jaar gevangenisstraf gevonnis;

b) Op aanklag 3 is hy gevonnis tot ‘n boete van R300 of 30 dae gevangenisstraf.

Die Appellant kom nou in hoër beroep teen beide skuldigbevinding en vonnis.

Die Appellant, ‘n voormalige polisiebeampte te Windsorton, was na bewering die bestuurder van ‘n motorvoertuig wat teen die reling van ‘n brug gebots het as gevolg waarvan die oorledene (sy broer) noodlottig beseer is. Daar is ook van Staatsweë beweer dat die Appellant onder die invloed van drank was terwyl hy die motorvoertuig bestuur het en dat hy sonder ‘n geldige lisensie bestuur het.

Die volgende aspekte was óf gemene saak tydens die verhoor óf was nie werklik ernstig in geskil geplaas nie:

a) Dat die betrokke motorvoertuig wat gebots het met die reling en waarin die oorledene noodlottig beseer is aan die Appellant behoort;

b) Dat daar ‘n botsing tussen die voormelde motorvoertuig en die reling van die brug plaasgevind het;

c) Die oorledene se identiteit en die feit dat hy geen verdere beserings opgedoen het na die voormelde botsing nie is erken;

d) Dat daar ander persone in die motorvoertuig was ten tyde van die botsing;

e) Dat die Appellant nie oor ‘n geldige bestuurderslisensie beskik het ten tyde van die voorval nie is as formele erkenning op rekord geplaas namens die Appellant.

f) Dat die Appellant dermate onder die invloed van drank was dat hy nie ‘n motorvoertuig met die nodige behendigheid kon bestuur nie.

Die enigste werklike geskilpunt tydens die verhoor ten aansien van die skuldigbevinding is die vraag of die Staat bewys het bo redelike twyfel dat die Appellant inderdaad die bestuurder van die voertuig was ten tyde van die botsing waarna ek alreeds verwys het. Ten einde hierdie aspek te bewys het die Staat die getuienis gelei van verskeie getuies, die belangrikste waarvan die volgende getuies is, te wete Linda Monekate, Isaac Dassie en Jeffrey Kameel. Die polisiebeampte, sersant Skinner van die SAPD te Windsorton wat een van die eerste polisiebeamptes op die toneel was, het getuig dat hy omstreeks 6.30 nm op 15 Desember 1998 die toneel bygewoon het saam met sy kollega, sersant Bailey. Soos wat die foto’s, bewysstuk A voor die verhoorhof, aandui het hy ‘n geel Ford Sierra teen die kant van die brug aangetref. Dit was nog lig toe hy op die toneel opdaag en die pad was droog. Hy het op die toneel gevind dat die Appellant buite die voertuig was en het ook met die Appellant gepraat. Die oorledene het dwars op die agtersitplek gelê, langsaan die getuie Jeffrey Kameel, wat regop gesit het. Die oorledene, wat al sy klere aangehad, het toe nog geleef en hy is per ambulans weggevoer.

Die drie getuies, Monekate, Dassie en Kameel waarna ek verwys het, het almal inkriminerende getuienis teen die Appellant gelewer deurdat hulle aldrie beweer dat die Appellant die bestuurder van die voertuig was. Menere Monekate en Dassie het hulle op die dag van die voorval bevind by ‘n delwerswinkel in Windsorton omstreeks 6 uur namiddag. Volgens beide hulle getuienis het die Appellant en sy maats daar opgedaag in ‘n Ford motorkar. Hulle albei getuig dat die Appellant en sy makkers daar bier gekoop en gedrink het en ook snoeker gespeel het. Hierdie twee menere het voor die Appellant en sy makkers dié betrokke delwerswinkel verlaat en terwyl hulle gestap het in die rigting van die brug, is die Sierra verby hulle en het die oorledene uitgeleun by die voertuig en het hy hulle gevloek. Kort daarna het hulle ‘n slag gehoor en het hulle nader gestap. Hulle het gevind dat die voertuig teen die reling van die brug gebots het. Die polisie was alreeds op die toneel. Beide dié getuies getuig dat die Appellant die bestuurder van die betrokke voertuig was.

Mnr. Jeffrey Kameel was ‘n insittende in die voertuig en het getuig dat beide hy en die Appellant sowel as die oorledene vriende was. Hulle het vroeër geswem, vleis gebraai en gedrink by die rivier voor hulle vertrek na die delwerswinkel te Windsorton waarvan die vorige twee getuies ook melding gemaak het. Volgens Mnr. Kameel was daar ses persone in die voertuig, insluitende hyself. Hy het bevestig dat hulle by die delwerswinkel snoeker geskiet het en biere gedrink het. Hy bevestig ook dat die Appellant die voertuig bestuur het. Volgens hom het daar ‘n bakkie van voor af gekom en is dit die laaste wat hy kan onthou voordat hy in die hospitaal wakker geskrik het. Mnr. Kameel se getuienis is verder van belang deurdat hy beweer, soos Mnre. Monekate en Dassie, dat die oorledene op die agtersitplek gesit het voor die botsing.

Die Appellant het ook getuig en het bevestig dat hulle vroeër vleis gebraai, geswem en alkohol gedrink het voordat hulle na die delwerswinkel vertrek het. Volgens hom was daar geen biere by die delwerswinkel en het hulle besluit om maar bietjie snoeker te speel daar. Hy gee toe dat hulle almal baie dronk was alreeds tydens hulle rit vanaf die brug na die delwerswinkel. Daar by die delwerswinkel het sy broer, die oorledene, hom uitgeroep na buite, waar hulle oor iets gestry het en hy wat die Appellant is het toe in die passassiersitplek gaan sit. Hy het daar aan die slaap geraak en het toe eers in die hospitaal wakker geskrik. Hy het geen idee hoe die ongeluk plaasgevind het nie. Hy was egter vas oortuig daarvan dat nie hy nie, maar sy broer die oorledene, die voertuig bestuur het nadat hulle vertrek het vanaf die delwerswinkel.

Die belangrikste getuies vir die Staat ten aansien van hierdie enkele geskilpunt waarna ek verwys het, is uiteraard Mnre. Monekate, Dassie en Kameel. Hulle getuienis is egter nie sonder kritiek nie. Mnr. Titus wat namens die Appellant voor ons verskyn het, het dan ook uitgewys dat:

a) Die groot probleem in Mnr. Monekate se getuienis is dat hy ontken dat die voertuig, sigbaar op die foto’s (bewysstuk A), die betrokke voertuig is wat hy die dag gesien het wat die Appellant bestuur het. Volgens hom was die voertuig wat hy gesien het ‘n 2-deur sportmotor (die voertuig op die foto’s wat al die ander getuies, insluitende die Appellant aangevoer het sy eiendom is wat betrokke was in die botsing, is ‘n 4-deur voertuig).

b) Wat Mnr. Kameel se getuienis aanbetref het hy erken tydens kruisondervraging dat hy in sy heel eerste getuieverklaring aan ‘n polisiebeampte, sersant Brown, beweer het dat hy nie geweet het wie die voertuig bestuur het nie. Mnr. Titus het toegegee dat Mnr. Dassie as getuie beter gevaar het as die voormelde 2 getuies.

Die voormelde kritiek wat uitgespreek word op die getuienis van Mnre. Monekate en Kameel is geregverdig. Ek is egter die mening toegedaan dat die landdros heeltemal korrek was in sy benadering deur te bevind dat Mnr. Monekate ‘n bona fide fout maak deur te beweer dat die voertuig sigbaar op bewysstuk A nie die voertuig is wat hy die betrokke dag gesien het wat deur die Appellant bestuur is nie. Verder stem ek ook saam met die Landdros se benadering dat, alhoewel Mnr. Kameel ‘n bevredigende verduideliking verskaf het oor waarom hy in die eerste verklaring aan sersant Brown gesê het dat hy nie weet wie die voertuig bestuur het nie, sy getuienis tog met versigtigheid benader moet word aangesien hy ‘n selferkende leuenaar is. Mnr. Kameel het naamlik verduidelik dat die ander insittendes van die voertuig, uitgesluit die Appellant, daarop aangedring het dat hulle moet saamsweer en dat almal moet sê dat hulle nie weet wie die voertuig bestuur het nie.

Die beste van dié drie getuies is sonder enige twyfel Mnr. Isaac Dassie. Hy het by sy weergawe gehou en uit die oorkonde blyk dit dan ook dat daar geen wesenlike kritiek teen sy getuienis ingebring kan word nie, soos wat Mnr. Titus inderdaad tereg toegegee het voor ons. Mnr. Dassie was vas oortuig daarvan dat die Appellant die bestuurder van die voertuig was. Hy word hierin gestaaf deur Mnre. Monekate en Kameel, wie as getuies, ten spyte van die voormelde probleme in hulle getuienis, nie so swak was dat hulle getuienis sondermeer verwerp kan word nie. Ek meen die Landdros was korrek deur hierdie twee getuies se getuienis aan te wend as aanvaarbare stawing vir die getuienis van Mnr. Dassie.

Die Appellant se weergawe was dat hy absoluut niks van die botsing kan onthou nie. Daar is egter ‘n wesenlike en kritieke weerspreking te vinde in dit wat hy getuig het en dít wat aan die getuie Mnr. Jeffrey Kameel deur sy destydse regsverteenwoordiger gestel is. Toe Mnr. Kameel getuig het, het die advokaat namens die Appellant dit aan hom gestel dat:

“Beskuldigde sê hyself ook, hy was behoorlik dronk gewees. Die laaste wat hy sê hy kan onthou was hy nog onder die brug. Kan nie eens meer verder onthou nie. Hy sê julle almal was behoorlik dronk gewees. “

Onmiddellik daarna volg die volgende stelling:

“En beskuldigde sê toe hy onder die brug gewees het, toe het julle besluit julle gaan ‘Diggers Shop’ toe en sy broer het op daardie stadium bestuur en hy kan niks verder onthou nie. Nie hoe julle by die ‘Diggers Shop’ uitgekom het, hy kan nie eens onthou dat julle terug gekom het nie, hy kan niks van dit onthou nie’.

In sy mondelinge getuienis het die Appellant getuig dat hy vanaf die brug (waar hulle vleis gebraai, geswem en gedrink het vroeër) self na die delwerswinkel toe gery het en hy eers daar, nadat hy en sy broer gestry het, op die passassiersitplek gaan sit het en dat sy broer verder bestuur het. Die Appellant het, toe hy met hierdie wesenlike weerspreking gekonfronteer is, aangevoer dat hy nooit sodanige instruksies aan sy advokaat gegee het soos wat gestel is aan die getuie Kameel nie. Dit is egter opvallend dat die advokaat self hoegenaamd geen regstelling daaraangaande gemaak het op enige stadium nie. Hierdie is ook so ‘n absoluut belangrike aspek in die Appellant se verweer dat dit my verstand te bowe gaan hoedat die bekwame en deeglike regsverteenwoordiger wat tydens die verhoor vir die Appellant opgetree het so ‘n fatale flater sou begaan.

Ek is van mening dat die Appellant se getuienis waar dit teenstrydig is met dié van die staatsgetuies ten aansien van hierdie betrokke geskilpunt korrek verwerp is deur die Landdros as vals bo redelike twyfel.

Bo-en-behalwe die absoluut oorweldigende getuienis van Staatsweë dat die Appellant wel die voertuig bestuur het, ontstaan die vraag onwillekeurig by ‘n mens: Indien die oorledene wel die voertuig bestuur het tydens die botsing, hoe het hy op die agtersitplek beland waar die polisieman, sersant Skinner, hom aangetref het na die botsing? Na my mening is die afleiding onafwendbaar dat die staatsgetuies heeltemal korrek was in hulle bewering dat die oorledene inderdaad hom op die agtersitplek bevind het net voor die botsing.

Gevolglik is ek van mening dat die Landdros heeltemal korrek bevind het dat die Appellant die bestuurder van die voertuig was ten tyde van die botsing. Die totaliteit van die getuienis dui daarop dat die Appellant se optrede daar op nalatigheid neerkom wat gelei het tot die botsing, wat op sy beurt weer sy broer se dood veroorsaak het. Dit is ook nie anders betoog deur Mnr. Titus voor ons nie. Gevolglik is ek van mening dat daar geen meriete in die appél teen die skuldigbevinding is nie.

Wat vonnis aanbetref, is die appél gemik slegs teen die vonnis op aanklagte 1 en 2 wat saamgeneem is, te wete 3 jaar gevangenisstraf.

Die Appellant se persoonlike omstandighede is uiters rooskleurig, soos wat die Landdros tereg bevind het tydens sy uitspraak op vonnis. Hy was naamlik 32 jaar oud ten tyde van vonnisoplegging en hy was werkloos aangesien hy uit eie oorweging bedank het by die SAPD na die voorval. Uit getuienis ter strafversagting komende van sy suster, het dit geblyk dat die Appellant na die voorval verskriklik aan die drink gegaan het tot dié mate dat hy homself in ‘n rehabilitasiesentrum bevind het en dat sy ontslag uit die SAPD feitlik onafwendbaar was. In die lig daarvan het die Appellant toe uit eie oorweging bedank uit die SAPD. Sy vrou was ook werkloos. Hy het 2 kinders van 10 en 3 jaar oud. Hy het ten tyde van vonnisoplegging los werkies verrig deur byvoorbeeld te verf en motorvoertuie te herstel waaruit hy gemiddeld R1500 per maand verdien het. Sy suster het namens haar en haar familie ‘n ernstige, emosionele pleidooi aan die Landdros gerig om die Appellant nie gevangenis toe te stuur nie, aangesien hy na haar mening reeds voldoende gestraf is vir die oortredings. Sy het daarop gewys dat hy sy werk verloor het, dat hy sy broer, met wie hy soos ‘n tweelingbroer geleef het, ook verloor het en dat sy skuldigbevinding vir hom groot verwyte van die kant van sy familie op die hals sou haal. Volgens haar was sy en haar familie steeds oortuig, ten spyte van sy skuldigbevinding, dat hy nie self die voertuig bestuur het nie en derhalwe onskuldig was.

Die Landdros het op al hierdie aspekte gewys en het dit duidelik wel in ag geneem tydens vonnisoplegging. Ek is egter die mening toegedaan dat hy die erns van die misdryf heeltemal oorbeklemtoon het. Hy het naamlik bevind dat hierdie ‘n geval van growwe nalatigheid is wat direkte gevangenisstraf regverdig. In S v Nxumalo 1982(3) SA 856 (A) te 861 A-E verwys Sy Edele Regter Corbett na die saak van S v Ngcobo 1962(2) SA 333 (N). Ek haal met goedkeuring die volgende dictum van Miller R aan:

“I do not understand the learned Judges of Appeal to have meant or intended, however, that the magnitude of the tragedy resulting from negligence should ever be allowed to obscure the true nature of the accused's crime or culpability. Whatever the result of the negligent act or omission, the fact remains that what the accused person in such a case is guilty of is negligence - the failure to take reasonable and proper care in given circumstances. His negligence may be slight and yet may have the most calamitous consequences, or it may be gross and yet be almost providentially harmless in the result. I venture to suggest that the basic measure for determining fit punishment for a negligent motorist must be the degree of his culpability or blameworthiness. In terms of the judgment to which I have referred, the fact that a death or deaths resulted from such negligence is a factor which may and should be taken into account by the court for purposes of sentence, not so much for its purely punitive effect on the culprit, who may not deserve severe punishment, but for its deterrent effect in emphasising 'the sanctity of human life' and in warning motorists that negligence on the highways may well result in the death of innocent persons and in severe penalties being imposed upon those responsible therefor.”

In S v Greyling 1990(1) SASV 49 (A) het die appélhof by monde van Friedman WnAR uitgewys dat in gevalle van strafbare manslag wat voortspruit uit die nalatige bestuur van ‘n motorvoertuig, die presiese oorsaak van die ongeluk bepaal behoort te word en dat die beskuldigde se verwytbaarheid en sy graad van nalatigheid van dié betrokke omstandighede afhang. In daardie saak is ‘n 19-jarige eerste oortreder skuldig bevind op ‘n aanklag van strafbare manslag wat voortgespruit het uit ‘n motorongeluk waarin vier tienderjarige meisies, wat passassiers was agter op ‘n oop bakkie wat die Appellant bestuur het, op slag dood is en ‘n vyfde het ernstige permanente beserings opgedoen. Die opgelegde vonnis van vyf jaar gevangenisstraf, waarvan die helfte opgeskort is, is op appél deur die Appélhof verminder na 12 maande gevangenisstraf.

In S v Naicker 1996(2) SASV 557 (A) is ‘n 30-jarige eerste oortreder skuldig bevind aan strafbare manslag voortspruitend uit nalatige bestuur van ‘n motorvoertuig omdat hy nie ‘n behoorlike uitkyk gehou het voordat hy van bane verander het nie en is hy gevonnis tot 2 jaar gevangenisstraf. Die Hof, by monde van FH Grosskopf AR, het beslis dat hoewel dit geregverdig is om die tragiese gevolge van die Appellant se nalatigheid in ag te neem, die omvang van die tragedie voortspruitend uit sy nalatigheid nooit die ware aard van ‘n beskuldigde se misdaad behoort te oorskadu nie. Die Hof verwys ook met goedkeuring na die benadering in die Nxumalo en Ngcobo-sake, hierbo aangehaal en wys daarop dat die omstandighede van die ongeluk altyd in ag geneem moet word ten einde ‘n beskuldigde se morele verwytbaarheid en graad van nalatigheid te bepaal vir doeleindes van vonnisoplegging.

Laastens verwys ek na die beslissing in S v Birkenfield 2000(1) SASV 325 (HHA). Daar is die bepaalde appellant in ‘n landdroshof skuldig bevind aan strafbare manslag voortspruitend daaruit dat hy versuim het om met sy motorfiets by ‘n stopteken stil te hou en hy toe gebots het met ‘n voetganger. As ‘n gevolg van die voormelde botsing is beide die voetganger en die appellant se passassier op die motorfiets gedood. Hy is ‘n vonnis opgelê van 5 jaar gevangenisstraf ingevolge die bepalings vervat in art 276(1)(i) van die Strafproseswet, 51 van 1977. Op appél na ‘n provinsiale afdeling is sy vonnis verminder na 3 jaar gevangenisstraf ingevolge die voormelde wetsartikel se bepalings.

Op verdere appél na die Hoogste Hof van Appél is die voormelde vonnis bekragtig.

Uit die voormelde beslissings blyk dit duidelik dat die blote feit van lewensverlies uiteraard ‘n faktor is wat in oorweging geneem moet word, maar behoort dit nie ‘n beskuldigde se morele verwytbaarheid en graad van nalatigheid te oorskadu wanneer dit kom by die oorweging van ‘n gepaste vonnis nie. In die onderhawige geval is daar geen getuienis oor hoe presies die ongeluk plaasgevind het nie. Slegs Jeffrey Kameel verwys bloot so op terloopse wyse na ‘n wit bakkie wat na hulle toe aangery gekom het kort voor die ongeluk. Die Appellant self maak egter hoegenaamd geen melding daarvan nie (daar sal onthou word dat hy beweer het dat hy geslaap het ten tyde van die botsing). Dit is duidelik dat ‘n aansienlike mate van nalatigheid betrokke was by die bestuur van hierdie voertuig. Ek meen egter dat dit nie as growwe nalatigheid aangemerk kan word nie. Daar is naamlik geen getuienis, behalwe dié van Mnr. Kameel, dat die voertuig teen ‘n groot spoed verby die getuies Mnre. Dassie en Monekate gery het toe hulle dit opgemerk het nie. Mnr. Monekate getuig bloot dat die voertuig “hoog gedreun” het. Dié getuienis is nie voldoende om bo redelike twyfel te kan bevind dat die Appellant roekeloos of selfs grof nalatig vinnig gery het nie. Ek is dit eens met die Landdros dat drank ‘n groot rol gespeel het by die plaasvind van die botsing. Sonder om my op die terrein van spekulasie te begewe, meen ek dat dit ‘n redelike afleiding is dat die appellant, as gevolg van sy beskonkenheidheid, versuim het om voldoende beheer oor die voertuig uit te oefen en nalatiglik toegelaat het dat dit van die pad loop en teen die reling van die brug regs aan die verkeerde kant van die pad bots.

Wanneer die omstandighede van die botsing in aanmerking geneem word meen ek dat die vonnis van 3 jaar gevangenisstraf op aanklagte 1 en 2 heeltemal té swaar en skokkend onvanpas is. Dit is heeltemal uit tred met die vonnisse waarna ek alreeds verwys het hierbo.

Bowendien, en in elk geval, het die landdros na my mening misgetas deur as volg te bevind:

“.....die feit dat u steeds ontken en volhardend ontken dat u die bestuurder van die voertuig was, is myns insiens verswarend.”

Dit is enige beskuldigde se goeie reg om vol te hou met ‘n bepaalde verweer, selfs ná skuldigbevinding. Dit het uiteraard die gevolg dat só ‘n beskuldigde hom nie kan beroep op berou as ‘n strafversagtende faktor nie. Dit beteken egter nie dat só ‘n houding as strafverswarend aangemerk kan word nie. Om só te doen stel na my mening ‘n mistasting daar.

Na my mening behoort die Appellant tot ‘n mate ‘n geleentheid gegun te word om te rehabiliteer buite gevangenisverband. Ek is dié mening toegedaan veral in die lig van die getuienis van sy suster tydens vonnisoplegging, waarna ek alreeds verwys het. Tot ‘n groot mate het die Appellant alreeds sy straf uitgedien en sal hy in lengte van dae steeds geteister word deur sy optrede wat die lewe van sy broer geëis het. Ek is die mening toegedaan dat gevangenisstraf ingevolge die bepalings vervat in art 276(1)(i) van die Strafproseswet meer vanpas sal wees hierin.

Gevolglik word die volgende bevel uitgereik:

A. Die Appellant se appél teen sy skuldigbevinding word van die hand gewys.

B. Die appél teen die vonnis opgelê op aanklagte 1 en 2 slaag. Die vonnis wat die Landdros opgelê het op aanklagte 1 en 2 word tersyde gestel en vervang met die volgende: Aanklagte 1 en 2 word saamgeneem vir doeleindes van vonnis. Die Appellant word gevonnis tot 24 (vier en twintig) maande gevangenisstraf onderhewig aan die bepalings vervat in artikel 276(1)(i) van die Strafproseswet, 51 van 1977.

C. Die vonnis opgelê op aanklag 3, te wete ‘n boete van R300.00 of 30 dae gevangenisstraf word bekragtig.

___

SA

MAJIEDT

REGTER

Ek stem saam:

__

CJ

OLIVIER

NAMENS APPELLANT : ADV E VAN DYK

NAMENS RESPONDENT : MNR. TITUS

DATUM VAN VERHOOR : 2004-05-10

DATUM VAN UITSPRAAK : 2004-05-10

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Nxumalo 1982 (3) SA 856 (A)

Case cited

S v Ngcobo 1962 (2) SA 333 (N)

Case cited

S v Greyling 1990 (1) SASV 49 (A)

Case cited

S v Naicker 1996 (2) SASV 557 (A)

Case cited

S v Birkenfield 2000 (1) SASV 325 (SCA)

Case cited

Criminal Procedure Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Road Traffic Act 29 of 1989

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.