Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

S v Jafta (211/84) [1985] ZASCA 3 (27 March 1985)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The appellate court found that the trial court had seriously misdirected itself in concluding that extenuating circumstances existed, as this finding was based on speculation rather than concrete evidence. The appellant's claim of acting under gang orders was rejected as false, and there was no factual basis to support the assertion that the gang's influence compelled the murder. The appellant voluntarily joined the gang and was aware of its violent practices. The court held that the absence of genuine extenuating circumstances rendered the death sentence appropriate, especially considering the appellant's prior convictions for violent offences and the brutal nature of the murder committed in public view. The appeal against the death sentence was therefore dismissed.

Court disposition

Appeal against the death sentence dismissed.

Orders

  • The appeal is dismissed.
  • The death sentence imposed by the trial court stands.

02

Material facts

Parties

Joseph Jafta

Appellant

The State

Respondent

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that his actions were influenced by the coercive environment and rules of the 28 prison gang, and that he acted under duress or pressure from gang hierarchy. He claimed that he was instructed by a senior gang member to commit the stabbing in order to be promoted within the gang structure. The appellant also relied on his low level of education and lack of sophistication as factors mitigating his culpability.
Respondent
The State contended that the appellant acted voluntarily and was not under direct compulsion from any gang member. The respondent argued that the evidence did not support the existence of genuine duress or coercion, and that the appellant's conduct was deliberate and brutal. The State further submitted that the trial court's finding of extenuating circumstances was speculative and unsupported by the facts, and that the death sentence was justified given the gravity of the offence and the appellant's criminal history.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    S v Mako en Andere, 1984 (3) SA 677 (A)

    Extenuating circumstances in murder cases must be established on a factual basis and cannot rest on speculation or conjecture.

  2. 02

    Section 277(2) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977

    The sentencing court has a statutory discretion to impose a sentence other than death where extenuating circumstances are found, but such discretion must be exercised judiciously and with reference to all relevant facts.

  3. 03

    S v Mathebula and Another, 1978 (2) SA 607 (A)

    The presence of gang culture or influence does not automatically constitute a mitigating factor unless it is shown to have directly and compellingly affected the accused's conduct.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The appellate court found that the trial court had seriously misdirected itself in concluding that extenuating circumstances existed, as this finding was based on speculation rather than concrete evidence. The appellant's claim of acting under gang orders was rejected as false, and there was no factual basis to support the assertion that the gang's influence compelled the murder. The appellant voluntarily joined the gang and was aware of its violent practices. The court held that the absence of genuine extenuating circumstances rendered the death sentence appropriate, especially considering the appellant's prior convictions for violent offences and the brutal nature of the murder committed in public view. The appeal against the death sentence was therefore dismissed.

Obiter and limits

  • The court noted that the inability to appeal against a finding of extenuating circumstances is a matter of legislative policy, not judicial discretion.
  • The trial court's reliance on the connection between prior gang-related incidents and the murder was unfounded and not supported by the evidence.
  • The appellant's personal circumstances, including lack of education and prior criminal record, did not justify a lesser sentence in light of the severity of the offence.

Court disposition

Appeal against the death sentence dismissed.

  • The appeal is dismissed.
  • The death sentence imposed by the trial court stands.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[1985] ZASCA 3

Saaknommer: 211/84

WHN

JOSEPH JAFTA Appellant

en

DIE STAAT Respondent

JOUBERT AR.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

APPÉLAFDELING

In die saak tussen:

JOSEPH JAFTA Appellant

DIE STAAT Respondent

Coram: JOUBERT et TRENGOVE ARR et GALGUT Wn AR

Verhoor: 14 Maart 1985

Gelewer: 27 Maart 1985

UITSPRAAK

Die ..............

2 Die appellant, 'n 27 jarige Swartman, is as

beskuldigde 1 saam met David Seboke as beskuldigde 2 in dieOranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling deur 'n hof bestaandeuit L.C. STEYN R. en twee assessore skuldig bevind aan moordmet versagtende omstandighede toe hulle op Woensdag 2 Maart1983 die oorledene Jack Gobe in die A Medium Gevangenis,Goedemoed, in die distrik van Rouxville, vermoor het.Die verhoorregter het sy statutêre diskresie uitgeoefen endie appellant ter dood veroordeel. Beskuldigde 2 is 'ngevangenisstraf van 12½ jaar opgelê. Met verlof ingevolgeart 316(8)(c)(ii) van die Strafproseswet 51 van 1977 komdie appellant na hierdie Hof in hoër beroep teen diedoodvonnis.

/Uit

3 Uit die aanvaarde getuienis en bevindings van

die verhoorhof blyk o.a. die volgende aangaande die ter=

saaklike agtergrond en omstandighede wat op die pleging

van die moord betrekking het. Die appellant en beskuldigde

2 is lede van die 28-bende wat berug is daarvoor dat sy

lede op geweldadige wyse geld en tabak afneem van gevangenes

wat nie lede van die 28-bende is nie. Die 28-bende bestaan

uit twee vleuels, nl. 'n bloedlyn en 'n privaatlyn. Die

bloedlyn bestaan op sy beurt uit 'n 1ste afdeling wat deur

offisiere saamgestel word wat die volgende range in volgorde van belangrik=

heid het, nl. judge, generaal, kolonel, kaptein 1 (draadloos

en mapaingt (Germiston). Die range van judge, generaal en

kolonel was vakant ten tyde van die pleging van die moord

/Daar .......

4

Daar is geen 2de afdeling in die bloedlyn nie terwyl die

3e afdeling saamgestel is uit 'n kaptein 1, kaptein 2,

sersant 1, sersant 2 en die gewone soldate. Beskuldigde 2

was na bewering 'n soldaat. Om bevordering na die lste

afdeling van die bloedlyn en opwaarts daarin te kry, moet

die kandidaat iemand wat nie aan die 28-bende behoort nie

aanrand deur bloed te trek. Soldate gebruik bekers en nie

messe of skerpgemaakte voorwerpe nie om dit te doen. Die

privaatlyn van die 28-bende bestaan uit twee afdelings

Die lste afdeling word saamgestel deur offisiere wat die

volgende range in volgorde van belangrikheid het, nl

goewerneur, inspector, sekretaris (mabalang , mogoensi),

magistraat, dokter en landdros. Butana Human was die

/inspector ..........5inspector en op die stadium toe die moord gepleeg is,het hy die hoogste rang in die lste afdeling van dieprivaatlyn gehad. Die 2de afdeling bestaan uit Goliath1 en 2, Masilwa 1 en 2 en uit probations of lighties.Hulle is die "wyfies" of vroumense van die offisiere indie lste afdelings van die 28-bende. Die "wyfies" treenie geweldadig op nie en word deur die ander lede van die28-bende beskerm. Die appellant het daarop aanspraakgemaak dat hy 'n probation is en dat hy die "wyfie" vanButana Human was. Laasgenoemde het dit ontken en beweerdat die appellant 'n magistraat was. Die getuie Jafta Rashet ook ontken dat die appellant 'n "wyfie" was en het beweerdat hy 'n hoë rang gehad het maar hy weet nie wat nie. Dieoorledene was 'n lid van die Big Five-bende en 'n "wyfie".

/Die

6

Die lede van die Big Five-bende is ongewild onder die

gevangenes omdat hulle nuus aan lede van die gevangenis=

diens verstrek. Hulle verdedig hulself deur vuishoue en

skoppe te gee. Die oorledene het slegs een aand in sel

5 geslaap. Hy is toe oorgeplaas na sel 4 wat langs sel 5

is. Hy het in sel 4 die vier nagte voordat hy vermoor is,

geslaap. Die appellant, beskuldigde 2 en die oorledene

was lede van die perdestalspan. Die oorledene het as 'n

ystersmid (blacksmith) by die perdestalle gewerk. Sondag=

middag 27 Februarie 1983 was die appellant, beskuldigde 2

en die oorledene in hul onderskeie selle toe daar by die

kerkdiens moeilikheid tussen lede van die Big Five-bende

en 'n lid van die 28-bende ontstaan het. Woensdagmiddag

/2 Maart.........72 Maart 1983 het die gevangenes vir hul middagete nadie eetsaal by die perdestalle gegaan. Die appellanthet langs Butana Human gesit terwyl beskuldigde 2 daarnaby gesit het. Die appellant het skielik opgestaan,gevolg deur beskuldigde 2, en in die rigting beweeg waardie oorledene gesit het. Die appellant het eerste dieoorledene begin steek met 'n skerpgemaakte lepel. Be=skuldigde 2 het sy voorbeeld met sy skerpgemaakte lepelgevolg. Hulle het toe die oorledene om die beurt gesteek.Pandemonium het losgebars en die gevangenes het in wanordeuit die eetsaal gevlug. Die oorledene wat weerloos was,het geskree en gehuil. Hy het daarin geslaag om by dieysterdeur uit te kruip terwyl die appellant en beskuldigde 2steeds met hul steekhoue volgehou het. Hy het buitekant op

/die

8

die gras neergeval. Lede van die gevangenisdiens het

die appellant en beskuldigde 2 ontwapen en aangehou totdat

kaptein {destyds luitenant) Potgieter met sy bakkie opgedaag

het. Die oorledene het gesterf terwyl hy per ambulans na

Aliwal-Noord se hospitaal vervoer is. Volgens die mediese

getuienis het die oorledene elf steekwonde en een snywond

gehad. Drie van die steekwonde was penetrerend van aard

maar die noodlottige een het tot in sy hart gepenetreer.

Die verhoorhof het bevind dat die appellant en beskuldigde

2 in hul aanval op die oorledene met 'n gemeenskaplike doel

opgetree het met die opset om hom te dood, dat hulle sodanige

aanval met dolus eventualis verrig het, dat dit onwaar=

skynlik is dat hulle die aanval in opdrag van Butana Human

/uitgevoer .......

9

uitgevoer het en dat die beweerde dwang wat Butana Human

op hul sou uitgeoefen het om die aanval te pleeg as vals

verwerp moes word. Ek moet daarop wys dat volgens die

appellant se gewysigde pleitverduideliking het Butana Human

aan hom 'n mes oorhandig met die uitdruklike opdrag om Vi

lid van die Big Five-bende daarmee te steek sodat die

appellant vanaf 'n probation na 'n soldaat bevorder kon word;

en dat beskuldigde 2 as 'n "escort" moes toesien dat die

appellant sy opdrag uitvoer. (Band 4 van die oorkonde

bl 366-367). Dit was hierdie beweerde dwang wat die

verhoorhof verwerp het. Die verhoorregter het die be=

vinding van die verhoorhof hieroor soos volg gestel:/"Die............

10

"Die getuienis van die twee beskuldigdes ten opsigte van

die beweerde dwang deur Butana Human word na volledige

oorweging verwerp as vals." (Band 9 van die oorkonde

bl 808). Deur hierdie bevinding het die verhoorhof

by implikasie die getuienis van Butana Human dat hy nooit

sodanige opdrag aan die appellant gegee het nie klaarblyklik

aanvaar. Dit wil ook voorkom asof die verhoorhof deur sy

bevinding by implikasie die getuienis van Butana Human

aanvaar het dat volgens die wette van die 28-bende kan

'n probation net in die privaatlyn bevorder word en kan

hy nie oorklim na die bloedlyn om 'n soldaat te word nie

Die verhoorhof het egter geen uitdruklike bevinding gemaak

of die appellant slegs 'n probation of 'n magistraat in

/die .........

11

die privaatlyn van die 28-bende was nie.

In sy uitspraak oor die meriete het dieverhoorregter die volgende opmerking gemaak:

"Die Hof het ook oorweging daaraan geskenk ofafgesien van die geopperde verweer van dwang,daar nie tog wel dwang deur middel van die28-bende se aktiwiteite op die beskuldigdesuitgeoefen is nie. Die moontlikheid vandwang en invloed deur die 28-bende vir dienoodlottige gebeure is dan ook nie buiteredelike twyfel uitgesluit nie, maar is ditduidelik dat dit nie van so 'n direkte endwingende aard was dat die beskuldigdes ditnie redelikerwyse kon weerstaan nie."

(Band 9 van die oorkonde bl 808-810).

Hoe die 28-bende se aktiwiteite dwang en invloed op dieappellant en beskuldigde 2 uitgeoefen het om die moord tepleeg, word ongelukkig nie deur die verhoorregter verduidelik

/nie .........

12

nie. Hy vermeld ook nie die feite-basis waarop ditgebaseer is nie. Hierdie opmerking is van groot belangwanneer daar gelet word op die basis waarop die verhoorhofversagtende omstandighede bevind het, soos ek sal aantoon.

Die appellant en beskuldigde 2 het nie getuienisafgelê of aangevoer om versagtende omstandighede aan tetoon nie. Soos vermeld, het die verhoorhof versagtendeomstandighede ten aansien van die appellant en beskuldigde2 bevind. Hierdie Hof het die advokate versoek om bydie aanhoor van hierdie appèl betoë te lewer oor die vraagof die verhoorhof se bevinding dat daar versagtende omstandig=hede was geregverdig kan word. Sodanige betoë is wel

gelewer.

/Wat

13

Wat versagtende omstandighede betref, het die

verhoorhof in die eerste plek verwys na die lae opvoed=

ingspeil en ongesofistikeerdheid van die beskuldigdes

Die appellant het geen skoolopleiding gehad nie en het

vir 'n konstruksiemaatskappy as 'n arbeider gewerk voordat

hy na die gevangenis verwys is. Die verhoorhof het

bevind dat dit nie 'n versagtingsgrond is nie "maar sal

dit v.erder oorweging geniet saam met die faktor van dwang

Tweedens is verwys na die feit dat die

beskuldigdes dolus eventualis gehad het maar die verhoor=

hof bevind dat die aard van die aanval sodanig was dat dit

nie hier van toepassing as 'n versagtingsgrond kon wees nie

/Die ..........

14

Die verhoorregter gaan dan voort soos volg:

"Derdens is die kwessie van dwang as 'n ver=sagtende omstandigheid geopper en dit isook duidelik volgens die gewysdes dat asaan sekere faktore beantwoord word, dwangwel 'n versagtende omstandigheid kan wees.Op die getuienis as geheel is dit vir hierdieHof duidelik dat in Goedemoed Gevangenis,op die waarskynlikhede, daar 'n bende-subkultuur was waarin vir die bende-lede diewette van hul bende streng geldend was. Opdie getuienis is dit verder op die waarskyn=likhede bewys dat die noodlottige gebeure vandie Woensdag in direkte verband staan met diegebeure van die Sondagmiddag voorgaande, toedie Big Five's vir die 28-bendelede geskop hetDit was dan ook die stelling wat beskuldigde 1volgens die getuienis aan kaptein Potgietergemaak het net na die gebeure: 'Omdat hulleons Sondag geskop het1. 'Ons', in die breëverband van bende."

15

Die verhoorhof het hier misgetas deur te beweer dat dit

bewys is dat daar 'n direkte verband tussen die gebeure

van Sondagmiddag 27 Februarie 1983 en die pleging van die

moord was. Ek het reeds daarop gewys dat volgens die

aanvaarde getuienis die appellant en beskuldigde 2 in sel

5 en die oorledene langsaan in sel 4 die betrokke Sondagmiddag

was. Dit was bowendien nooit die appellant se verdediging

dat daar enige verband tussen die gebeure van die Sondag=

middag en die pleging van die moord was nie. Die appellant

se saak was dat hy die oorledene in opdrag van Butana Human

gesteek het ten einde bevorder te word vanaf 'n probation

in die privaatlyn na 'n soldaat in die bloedlyn, soos ek

reeds aangetoon het. Hierdie verweer is tereg deur die

/verhoorhof .........

16

verhoorhof se uitspraak oor die meriete as vals verwerp.Die stelling wat appellant se advokaat in kruisondervragingaan kaptein Potgieter gemaak het, is nie deur laasgenoemdebevestig nie. Bowendien het die appellant nooit so getuignie. Dit is 'n verdere mistasting deur die verhoorhof.

Die verhoorhof stel dan die vraag "of op die waar=skynlikhede hierdie 'n sporadiese optrede deur beskuldigde1 en 2 was of 'n optrede in bendeverband ?" Die antwoordwat die verhoorhof hierop gee, is soos volg:

"Die Hof is van mening dat die waarskynlikhedeeerder is dat die optrede was in uitvoeringvan bende-opdragte. Veral waar die beskuldigdesgeen persoonlike twis met die oorledene gehad hetnie en ook nie eers persoonlik deur die Big FiveBende op die Sondag aangerand is nie."

/Hierdie

17

Hierdie bevinding van die verhoorhof het nooit met die

volgende aspekte rekening gehou nie, nl.

1. Volgens die getuienis van Butana Human was die 28-bende

onaktief ten tyde van die tydperk toe die moord gepleeg

is terwyl die appellant die teendeel beweer het. Die

verhoorhof het nooit 'n bevinding ten opsigte van hierdie

botsende getuienis gemaak nie maar die volgende omstandighede wat

gemene saak was ondersteun die standpunte van Butana

Human nl

(i) die aantal hoë range in die eerste afdeling van die

bloedlyn van die 28-bende wat vakant was, soos ek

reeds vermeld het, en

(ii) die 28-bendelede het nie streng volgens sy wette

geleef nie soos blyk uit die feit dat hulle gedobbel

het. /2. Volgens182. Volgens Butana Human het die appellant en beskuldigde 2

op hul eie inisiatief opgetree toe hulle die oorledene

aangerand en vermoor het. Dit word ondersteun deur die

volgende omstandighede nl.

i) daar was nooit 'n kringsit van die 28-bende om 'n

opdrag te gee om die oorledene aan te rand en te

dood nie en daar was nooit twee "escorts" aangestel

om toe te sien dat die appellant so 'n opdrag uitvoer

nie sodat daar geen sprake kon wees dat die appellant

en beskuldigde 2 se optrede teenoor die oorledene in

uitvoering van bende-opdragte was nie

(ii) dit was gemene saak dat die appellant sowel as die

oorledene dobbelaars was en op die waarskynlikhede

is dit moontlik dat hulle met mekaar kon gedobbel

19

het (veral waar hulle beide aan die perdestalspan

verbonde was) sodat daar 'n twis tussen hulle kon

ontstaan het.

Dit is derhalwe duidelik dat die verhoorhof ernstig

misgetas het om te bevind dat volgens die waarskynlikhede

was die appellant en beskuldigde 2 se optrede in uitvoering

van bende-opdragte.

Die verhoorhof formuleer sy bevinding aangaande

versagtende omstandighede soos volg:

Na ewewigtige oorweging het die Hof nieteenstaandedie feit van die beskuldigdes se leuenagtigeweergawes en hulle versuim om nou te getuigten opsigte van hoe hulle subjektief beïnvloedwas op die feite wat wel bewys is, bevind datdie verdediging hom wel van die bewyslas gekwythet en bewys het dat die bende-kultuur die

/beskuldigdes ....

20

beskuldigdes se optrede wesenlik beínvloedhet en dat dit die gruweldaad van die beskuldigdesin die oë van regdenkende lede van die publiekook minder laakbaar maak en as sodanig 'n versag=tende omstandigheid daarstel volgens die gesag=hebbende gewysdes van die Appelhof waarna hierdiehof verwys is, en so 'n bevinding word gemaak."

Hierdie bevinding van die verhoorhof waarop die

aanwesigheid van versagtende omstandighede gebaseer word,

is nie op 'n feitebasis gebaseer nie maar is suiwer spekulatief

van aard. Dit kom neer op 'n baie ernstige mistasting.Afgesien van die feit dat dit nie 'n bendemoord in dieuitvoering van bende-opdragte was nie, soos ek reedsaangetoon het, is daar geen feite om as basis te dienvir die bevinding dat die appellant vanweë dwang (hetsyfisies hetsy psigies) of beïnvloeding van die 28-bende

21

die moord gepleeg het nie. Bowendien het die appellant

nie alleen vrywillig lid van die 28-bende geword nie

maar hy was ook by sy toetrede tot die 28-bende bewus

daarvan dat soldate van die 28-bende ander gevangenes

met bekers slaan en aanrand om tabak en geld by hulle

af te neem. Volgens appellant se eie getuienis het

sersant van der Merwe, wat baie van hom gehou het, hom

die Woensdagoggend gevra om saam met hom na sy huis te

gaan vir die middagete. Die appellant het dit afgewys

en die oorledene etenstyd vermoor

Dit is duidelik dat die verhoorhof se bevindingten opsigte van die aanwesigheid van versagtende omstandig=hede nie geregverdig kan word nie. Die korrekte

/bevinding

22

bevinding moes gewees het dat daar geen versagtende

omstandighede is wat die appellant en beskuldigde 2

betref nie. Volgens die voorskrifte van die Straf=

proseswet 51 van 1977 (die Wet) kon die Staat egter

nie aansoek doen om teen hierdie bevinding van die

verhoorhof ten opsigte van versagtende omstandighede te

appelleer nie. Hierdie Hof het dan ook geen bevoegdheid

om hom in te meng met die verhoorhof se bevinding dat

versagtende omstandighede aanwesig was nie, soos blyk uit

die uitspraak van hierdie Hof in S v Mako en Andere,

1984(3) SA 677 (A). Dit is 'n beleidsaspek wat by die

wetgewer berus. Die feit dat daar egter geen versagtende

omstandighede in werklikheid in die onderhawige geval

/aanwesig........

23

aanwesig is nie is wel van belang wanneer die uitoefening

van die verhoorregter se statutêre diskresie om die appellant

die doodvonnis op te lê, in oënskou geneem word. Die

appèl is immers gerig teen die oplegging van die doodvonnis

In die onderhawige geval het die verhoorregter,

na die bevinding van die verhoorhof dat daar versagtende

omstandighede is, in terme van art 277(2) van die Wet 'n

statutêre diskresie om 'n ander vonnis as die doodvonnis

op te lê. Die verhoorregter kon toe 'n breër spectrum

feite en omstandighede in ag neem as by die bevinding of

versagtende omstandighede aanwesig was of nie. Vergelyk

S v Mathebula and Another, 1978(2) SA 607 (A) op bl 613

A-C. Wat sy vorige veroordelings betref, is die

/appellant .....

24

appellant in 1975 skuldig bevind aan gewone aanranding met 'n kierie. Daarna is hy twee keer skuldig bevind aanaanranding met die opset om ernstig te beseer met 'n mes.In 1978 is hy 7 jaar gevangenisstraf opgelê vir strafbaremanslag waarby 'n mes betrokke was. Hierdie vonnis souop 21 Julie 1983 verstryk het. Die verhoorregter hethiermee rekening gehou en was twyfelagtig of die appellantsou hervorm deur die oplegging van gevangenisstraf. Asdie appellant se persoonlike omstandighede, tesame metdie mate van versagting wat daar bevind is, opgeweeg wordteen die afskuwelike misdaad wat ten aanskou van andergevangenes by hul middagete op 'n wrede en genadelosewyse teenoor die weerlose oorledene gepleeg is, dan is diedoodvonnis wat opgelê is glad nie onvanpas nie.

/Die ......

25

Die appèl teen die doodvonnis word afgewys

C P JOUBERT AR.

TRENGOVE AR. stem saam.

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Mako en Andere, 1984 (3) SA 677 (A)

Case cited

S v Mathebula and Another, 1978 (2) SA 607 (A)

Case cited

Criminal Procedure Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.