Download PDF

South Africa Judgment

Northern Cape High Court, Kimberley

S v Jantjies (CA&R 141/06) [2006] ZANCHC 60 (17 November 2006)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found the complainant's evidence regarding the robbery to be credible and corroborated by police witnesses. The appellant's version was rejected as improbable and inconsistent with the evidence. The conviction for robbery with aggravating circumstances was upheld. However, the evidence did not support a finding of joint possession of the firearm, as the appellant was never in physical possession and there was no proof of intent for Smith to hold the weapon on his behalf. Accordingly, the conviction and sentence for unlawful possession of a firearm were set aside. The sentence of eight years' imprisonment for robbery was deemed reasonable and not a misdirection, considering the appellant's personal circumstances and the seriousness of the offence. The court also expressed concern over the lengthy pre-trial detention and the delayed consideration of bail, emphasizing the constitutional right to freedom and a fair trial.

Court disposition

Appeal against conviction and sentence for robbery with aggravating circumstances dismissed; appeal against conviction and sentence for unlawful possession of a firearm upheld.

Orders

  • The appeal against the conviction for robbery with aggravating circumstances is dismissed.
  • The appeal against the conviction for unlawful possession of a firearm succeeds; both the conviction and sentence for this charge are set aside.
  • The appeal against the sentence for robbery with aggravating circumstances is dismissed.

02

Material facts

Parties

Desmond Jantjies

Appellant Counsel: PJ Cloete

The State

Respondent Counsel: PM Tshweu

Amounts and remedies

  • Robbery Amount: ZAR 1,000
  • Bail Amount: ZAR 500
  • Sentence for Robbery: ZAR 8
  • Sentence for Firearm Possession: ZAR 2

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that he was not involved in the robbery and was unaware that Smith possessed a firearm. He claimed to have been present at the scene but did not participate in the crime, and only fled after shots were fired, seeking shelter. He further contended that the trial court failed to adequately consider his personal circumstances and overemphasized the interests of the community in sentencing. He also raised concerns about the denial of bail during his lengthy pre-trial detention.
Respondent
The respondent maintained that the evidence established the appellant's involvement in the robbery with aggravating circumstances, relying on the credible testimony of the complainant and corroborating police witnesses. The respondent argued that the appellant's version was improbable and contradicted by the evidence. Regarding the firearm charge, the respondent relied on the appellant's presence and alleged joint possession. The respondent asserted that the sentence was appropriate given the seriousness of the offence and the appellant's criminal history.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    S v Sauls & Others 1981(3) SA 172 (A)

    A single witness's evidence must be credible and reliable for a conviction to stand.

  2. 02

    S v Nkosi 1998(1) SASV 284 (W); S v Mbuli 2003(1) SASV 97 (A)

    Joint possession of a firearm requires evidence that the accused intended the detentor to hold the weapon on his behalf, and vice versa.

  3. 03

    S v Pieters 1987(3) SA 717 (A)

    Interference with sentencing discretion is limited to cases where the trial court failed to properly exercise its discretion or made a material error.

  4. 04

    S v Matoma 1981(3) SA 838 (A)

    Sentencing must balance the seriousness of the offence, the interests of the community, and the personal circumstances of the accused.

  5. 05

    Constitution of the Republic of South Africa, 1996, sections 12(1)(a)-(b), 35(1)(f); S v Dlamini; S v Dladla & Others; S v Joubert; S v Schietekat 1999(2) SASV 51 (CC)

    The right to bail is a fundamental right, subject to the interests of justice and reasonable conditions.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found the complainant's evidence regarding the robbery to be credible and corroborated by police witnesses. The appellant's version was rejected as improbable and inconsistent with the evidence. The conviction for robbery with aggravating circumstances was upheld. However, the evidence did not support a finding of joint possession of the firearm, as the appellant was never in physical possession and there was no proof of intent for Smith to hold the weapon on his behalf. Accordingly, the conviction and sentence for unlawful possession of a firearm were set aside. The sentence of eight years' imprisonment for robbery was deemed reasonable and not a misdirection, considering the appellant's personal circumstances and the seriousness of the offence. The court also expressed concern over the lengthy pre-trial detention and the delayed consideration of bail, emphasizing the constitutional right to freedom and a fair trial.

Obiter and limits

  • The court criticized the delay in granting bail to the appellant, noting that bail is a fundamental right and should be properly considered, especially during extended pre-trial detention.
  • The judgment highlighted the problem of overcrowding in South African prisons due to the high number of awaiting-trial detainees, urging judicial officers to proactively consider bail where appropriate.
  • The court noted that the appellant was fortunate to receive only eight years' imprisonment for robbery, given the seriousness of the offence and his criminal history.

Court disposition

Appeal against conviction and sentence for robbery with aggravating circumstances dismissed; appeal against conviction and sentence for unlawful possession of a firearm upheld.

  • The appeal against the conviction for robbery with aggravating circumstances is dismissed.
  • The appeal against the conviction for unlawful possession of a firearm succeeds; both the conviction and sentence for this charge are set aside.
  • The appeal against the sentence for robbery with aggravating circumstances is dismissed.

Source and reliance status

Northern Cape High Court, Kimberley

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Northern Cape High Court, Kimberley

Judgment

[2006] ZANCHC 60

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(Noord-Kaapse Afdeling)

Saakno: / Case number: CA&R 141/06

Datum verhoor: / Date heard: 13/11/2006

Datum gelewer: / Date delivered: 17/11/2006

In die appèl:

JANTJIES, DESMOND Appellant

en

DIE STAAT Respondent

Coram: Majiedt R et Lacock R

UITSPRAAK OP APPÈL

LACOCK R:

Die appellant is op 29 Junie 2004 in die Streekhof, Kimberley, skuldig bevind eerstens aan roof met verswarende omstandighede, en tweedens aan die onwettige besit van ‘n vuurwapen sonder ‘n geldige lisensie. Op die eerste aanklag is hy gevonnis tot 8 jaar gevangenisstraf en op die tweede aanklag tot 2 jaar gevangenisstraf. Daar is gelas dat die vonnis op die tweede aanklag samelopend met dié op die eerste aanklag uitgedien word.

Die appellant kom nou in hoër beroep teen sy skuldigbevindings en die vonnisse hom opgelê.

Die appellant het aanvanklik in die verhoorhof tesame met ene John Smith tereg gestaan op twee aanklagtes van roof en van die onwettige besit van ‘n vuurwapen, maar is hy op die eerste aanklag van roof (aanklag 1) onskuldig bevind en so ook op die eerste aanklag van die onwettige besit van ‘n vuurwapen (aanklag 2). Vir doeleindes van hierdie appèl is hierdie aanklagtes en ook die getuienis daaraangaande geensins verder ter sake nie.

Die getuienis deur die Staat aangebied ten aansien van die klagtes waaraan die appellant skuldig bevind is, kan kortliks as volg saamgevat word:

Op 17 Januarie 2002 is mnr. Petrus Ramorosi en wat paraffien as werknemer van BK Distributors uit ‘n vragmotor aan persone in woonbuurte in Kimberley verkoop, deur die appellant en mnr. Smith (beskuldigde 1 in die hof a quo) gestop in die omgewing van Lerato Park, Kimberley, en het Smith, wat ‘n 20 liter houer by hom gehad het, aangedui dat hy paraffien wou koop. Mnr. Ramorosi en die twee persone het na die agterkant van die vragmotor beweeg. Terwyl hy gereed gemaak het om paraffien vir Smith te tap, het laasgenoemde ‘n vuurwapen op hom gerig en het die appellant hom beroof van ongeveer R1 000.00 kontant wat in sy sakke was.

Mnr. Ramorosi het ‘n voertuig hoor aankom, in daardie rigting gekyk en gesien dat dit ‘n polisie voertuig was. Hy het met sy arms die voertuig gewink, en het Smith en die appellant weggehardloop.

Die polisie beamptes in hierdie voertuig het hulle agtervolg en is Smith aangekeer waar hy in ‘n sinkhuis onder ‘n bed weggekruip het. ‘n Vuurwapen is ook onder die bed gevind.

Op pad terug na die vragmotor van Mnr Ramorosi, is appellant aangekeer waar hy langs die pad gedrafstap het. Geen geld is aan hom gevind nie.

Die appellant het getuig dat hy wel die tersaaklike dag saam met Smith by mnr. Ramorosi se paraffien trok was, maar ontken hy dat hy saam met Smith mnr. Ramorosi beroof het of geweet het dat Smith ‘n vuurwapen gehad het. Hy beweer dat hy ‘n entjie weg van Smith en Ramorosi gestaan en rook het, en dat hy van die vragmotor weggehardloop het nadat skote geklap het en hy skuiling wou gaan soek het.

Die streekhoflanddros het bevind dat al die staatsgetuies, ten spyte van geringe weersprekings in hul getuienis, hom as geloofwaardige getuies beïndruk het. Daarteenoor het hy die getuienis van die appellant as nie redelik moontlik waar nie verwerp. Na my mening was die landdros heeltemal korrek.

Mnr. Ramorosi was ‘n enkel getuie ten aansien van die gebeure waartydens hy geroof was, en was dit vir die landdros nodig om – soos hy ook gedoen het – homself tevrede te stel dat hierdie getuie nie alleen geloofwaardig was nie, maar ook dat sy getuienis betroubaar was. Sien S v Sauls & Others 1981(3) SA 172 (A) te 180 C en verder.

Hierdie getuie het sy getuienis op ‘n selfversekerde wyse gelewer, het homself in geen wesenlike opsig weerspreek nie, en het, soos deur die landdros bevind, ‘n gunstige indruk op die verhoorhof gemaak. Geen sweem van enige motief waarom hierdie getuie die appellant valslik by die misdryf sou betrek het, is aan die hof voorgehou of gesuggereer nie.

Die getuienis van hierdie getuie word grootliks gestaaf deur konstabel Jardine en kaptein Smit, synde twee van die polisie lede wat by die toneel opgedaag het. Beide van hulle het, soos getuig deur mnr. Ramorosi, slegs vir hom, die appellant en Smith agter die vragmotor opgemerk; ‘n skoot het afgegaan nadat die beskuldigdes weggehardloop het; en dat Smith beseer was nadat die polisie met hom na die toneel teruggekeer het.

Dit was gemeensaak dat die appellant saam met Smith by die vragmotor van mnr. Ramorosi opgedaag het, en dat hy van die toneel weggehardloop het toe die polisie daar opdaag. Sy weergawe dat hy eers weggehardloop het nadat skote geklap het en hy skuiling wou gaan soek, is nie alleen botsend met die getuienis van die staatsgetuies nie, maar is ook onwaarskynlik. Niks het hom verhoed om, soos mnr. Ramorosi net daar op die toneel te bly of om agter die vragmotor skuiling te soek as hy dan skuiling wou soek nie. Wat sy getuienis uiters verdag maak, is dat hy eers op ‘n laat stadium in die verhoor en nadat mnr. Ramorosi getuig het, gepoog het om ‘n jong seun met ‘n fiets op die toneel te plaas.

Die feit dat die polisie beamptes nie gesien het dat Smith ‘n vuurwapen op mnr. Ramorosi rig of dat die appellant die kontant uit sy sakke verwyder het nie, strook met die getuienis van mnr. Ramorosi. Hy het immers eers die polisie voertuig waargeneem en hulle nader gewink nadat hy klaar beroof was.

Die geringe weersprekings in die getuienis van die polisie beamptes en mnr. Hendriks, die persoon wat teenwoordig was toe Smith onder die bed in die sinkhuis uitgehaal is en wat die vuurwapen onder daardie bed ontdek het, is van geen wesenlike aard nie en verg nie verdere behandeling nie.

Vervolgens kan die appèl teen die skuldigbevinding op die aanklag van roof met verswarende omstandighede nie slaag nie.

Wat die tweede aanklag waaraan die appellant skuldig bevind is, betref, skiet die getuienis van staatsweë heeltemal tekort om ‘n skuldigbevinding te regverdig.

Dit is gemeensaak dat die appellant op geen stadium in die fisiese besit van die vuurwapen was nie, en dat Smith deurgaans in besit daarvan was. Vervolgens ontstaan die vraag of daar getuienis is waaruit die enigste redelike afleiding gemaak kan word dat die appellant die bedoeling gehad het dat Smith as detentor die vuurwapen namens hom sou hou, en terselfdertyd dat Smith die bedoeling gehad het om die vuurwapen namens die appellant te hou. Sien S v Nkosi, 1998(1) SASV 284 (W) te 286 h en S v Mbuli, 2003(1) SASV 97 (A) te 114 h tot 115 g. Die volgende dictum uit laasgenoemde saak is kennelik toepaslik in hierdie saak:

“I do not agree that the only reasonable inference from the evidence is that the accused possessed the hand grenade jointly. It is equally possible that, like the pistols, the hand grenade was possessed by only one of the accused. Mere knowledge by the others that he was in possession of a hand grenade, and even acquiescence by them in its use for fulfilling their common purpose to commit robbery, is not sufficient to make them joint possessors for purposes of the Act.”

(115 f)

Die skuldigbevinding aan hierdie aanklag moet gevolglik ter syde gestel word en so ook die vonnis die appellant ten aansien daarvan opgelê.

Wat die vonnis aanbetref is dit geykte reg dat inmenging met die diskresie van die verhoorhof beperk is tot daardie gevalle waar gesê kan word dat die hof a quo versuim het om sy diskresie behoorlik of redelikerwys uit te oefen. S v Pieters, 1987(3) SA 717 (A) te 727 G en verder. So ‘n versuim sou daarin kan bestaan dat die hof versuim het om getuienis of faktore in ag te neem wat hy regtens in ag moes neem, of dat hy op feite of die reg misgetas het, en ook indien die vonnis ‘n beskuldigde opgelê so drasties verskil van ‘n vonnis wat die Hof van Appèl sou oplê dat dit ‘n gevoel van skok sou ontlok.

Mnr. Cloete betoog dat die landdros ‘n mistasting begaan het deurdat hy die persoonlike omstandighede van die appellant onderbeklemtoon het en die gemeenskapsbelang oorbeklemtoon het. In hierdie verband steun hy onder andere op die volgende aanhaling van Jansen AR (soos hy toe was) uit S v Matoma, 1981(3) SA 838 (A) te 842 H tot 843 A:

“Die geleidelike en geregverdigde verswaring van strawwe om die vermeerderende voorkoms van ‘n bepaalde misdaad met afskrikking, retribusie en verwydering van die oortreder uit die gemeenskap in die belang van die gemeenskap te bekamp, moet by straftoemeting nie lei tot ‘n noodwendige negering van ‘n besondere beskuldigde se eie persoonlike omstandighede wat moontlik tot strafvermindering kan lei nie.”

Ek kan ongelukkig nie met hierdie betoog saamstem nie.

Die vraag wat beantwoording geverg het, was – soos deur die landdros gestel – of daar wesenlike en dwingende omstandighede aanwesig was wat die hof sou regverdig om die appellant ‘n mindere vonnis dan dié van 15 jaar gevangenisstraf, en soos voorgeskryf kragtens art. 51(2)(a) van Wet 105 van 1997 saamgelees met Deel II van die tweede Bylae daartoe, op te lê. Ter beantwoording van hierdie vraag het die landdros die persoonlike omstandighede van die appellant, die erns van die misdryf en die gemeenskapsbelang deeglik en gebalanseerd oorweeg. Daarbenewens het die landdros ook in ag geneem die tydperk wat die appellant reeds verhoorafwagtend was, dat geen fisiese geweld die klaer toegedien was nie, en dat, soos die landdros dit gestel het, daar “ ‘n mate van vergewensgesindheid in ‘n gemeenskap is” wat met genade teenoor die appellant besoek moes word.

Ten spyte van ‘n vorige veroordeling aan aanranding met die opset om ernstig te beseer asook aan verkragting, het die landdros bevind dat daar wesenlike en dwingende omstandighede aanwesig was. Dit blyk dat hierdie omstandighede primêr bevind is op grond van die gunstige persoonlike omstandighede van die appellant.

Na my mening kan die appellant homself gelukkig ag dat hy slegs 8 jaar gevangenisstraf opgelê is vir hierdie misdryf. Ek is van mening dat die landdros die appellant uiters redelik behandel het, en kan daar nie gesê word dat hy sy diskresie onbehoorlik of onredelik uitgeoefen het nie.

Daar is een verdere ontstellende aangeleentheid in hierdie saak wat vermelding verdien.

Uitspraak op vonnis is, weens ‘n lang reeks uitstelle en wat ek aanvaar geregverdig was, eers gelewer ongeveer vier en ‘n half jaar nadat die appellant en sy mede beskuldigde in hegtenis geneem is. Die appellant was vir hierdie volle tydperk in hegtenis en, ten spyte van herhaalde versoeke daartoe, is geen borg aan hom verleen nie. Onmiddellik nadat hy gevonnis is egter, en nadat verlof tot appèl verleen is, is borg hangende die appèl aan hom toegestaan in ‘n bedrag van R500.00!

Die vraag wat onmiddellik opkom is naamlik waarom borg nie op ‘n baie vroeër stadium behoorlik oorweeg en aan die appellant toegestaan was nie. Die indruk word onwillekeurig gevorm dat daar ‘n traagheid aan die kant van die voorsittende beampte sowel as die aanklaer en ondersoekbeampte was om behoorlike aandag te skenk aan die oorweging van borg vir die appellant terwyl hy verhoorafwagtend was en sy saak by vele geleenthede uitgestel was.

Die verlening van borg aan ‘n verhoorafwagtende persoon is ‘n element van sy fundamentele reg op vryheid en ‘n billike verhoor, en hy behoort slegs op geregverdigde gronde daarvan ontneem te word. Art. 12(1)(a) en (b) van die Grondwet lees immers as volg:

“(1) Everyone has the right to freedom and security of the person, which includes the right-

(a) not to be deprived of freedom arbitrarily or without just cause;

(b) not to be detained without trial.”

Art. 35(1)(f) van die Grondwet lees as volg:

“(1) Everyone who is arrested for allegedly committing an offence has the right-

(f) to be released from detention if the interests of justice permit, subject to reasonable conditions.”

In S v Dlamini; S v Dladla & Others; S v Joubert; S v Schietekat, 1999(2) SASV 51 (CC) is hierdie regte as volg toegelig:

“Section 35(1)(f), in its context, makes three things plain. The first is that the Constitution expressly acknowledges and sanctions that people may be arrested for allegedly having committed offences, and may for that reason be detained in custody. The Constitution itself therefore places a limitation on the liberty interest protected by s 12. The second is that notwithstanding lawful arrest, the person concerned has a right, but a circumscribed one, to be released from custody subject to reasonable conditions. The third basic proposition flows from the second, and really sets the normative pattern for the law of bail. It is that the criterion for release is whether the interests of justice permit it. What that term means, both in the Constitution and in s 60 of the CPA, is central to much of this judgment, and will be thrashed out later. All that need be said at this stage is that s 35(1)(f) postulates a judicial evaluation of different factors that make up the criterion of the interests of justice, and that the basic objective traditionally ascribed to the institution of bail, namely to maximise personal liberty, fits snugly into the normative system of the Bill of Rights.”

(te 58 d tot f)

Uiteraard is hierdie regte beperk deur die voorskrifte van art. 60 van die Strafproseswet, nr. 51 van 1977.

“It should of course never be forgotten that the Constitution does not create an unqualified right to personal freedom and that it is inherent in the wording of s 35(1)(f) that the Bill of Rights contemplates - and sanctions - the temporary deprivation of liberty required to bring a person suspected of an offence before a court of law. The hypothesis, indeed the very reason for the existence of s 35(1)(f), is that persons may legitimately and constitutionally be deprived of their liberty in given circumstances. This clearly establishes that unless the equilibrium is displaced, an arrestee is not to be released. Section 60(11)(a) therefore does not create an onus where nothing of the kind existed before. It describes how it is to be discharged, and adds to its weight. As in the case of reliance on any other right in the Bill of Rights, if accused persons wish to rely on the provisions of s 35(1)(f), they must bring themselves within its ambit. The words 'interests of justice permit' form part of the definition of this right; they delineate its ambit. The court must be satisfied that 'the interests of justice permit' the release from detention.”

(S v Dlamini (supra) te 90 e tot g)

Ons gevangenisse gaan gebuk onder ‘n akute oorbelading van gevangenes. ‘n Belangrike bydraende faktor tot die oorbelading van gevangenisse is die groot aantal ongevonnisde gevangenes of, anders gestel, verhoorafwagtendes, wat tans by gebreke aan ander akkommodasie in die gevangenisse aangehou word. Hierdie persone neem nie alleen akkommodasie kapasiteit in die gevangenisse op nie, maar skep logistieke probleme in gevangenisse daar hulle nie as gevonnisde persone ingeskakel kan word by normale programme soos onder andere rehabilitasie programme nie.

Ten einde die voorgaande probleme aan te spreek, en terselfdertyd erkenning te verleen aan die voormelde fundamentele regte van verhoorafwagtende persone, behoort voorsittende beamptes selfs mero motu waar nodig behoorlike oorweging aan die verlening van borg aan aangehoue verhoorafwagtendes te verleen. Hoe langer so ‘n persoon verhoorafwagtend in hegtenis aangehou word, hoe meer noodsaaklik word die verpligting tot behoorlike oorweging van borg.

Indien die voorsittende beampte in hierdie saak regverdiging kon vind daarvoor om die appellant na skuldigbevinding en die oplegging van 8 jaar effektiewe gevangenisstraf op borg vry te laat hangende appèl, vind ek dit uiters vreemd dat hy nie ook vroeër en terwyl die appellant verhoorafwagtend was, ook regverdiging kon vind vir die vrylating van die appellant op borg nie.

Bygevolg sou ek die volgende bevele hierin verleen:

Die appèl teen die skuldigbevinding aan roof met verswarende omstandighede word van die hand gewys.

Die appèl teen die skuldigbevinding aan die onwettige besit van ‘n vuurwapen slaag, en word daardie skuldigbevinding en die vonnis die appellant ten aansien daarvan opgelê, ter syde gestel.

Die appèl teen die vonnis die appellant opgelê ten aansien van die skuldigbevinding aan roof met verswarende omstandighede word van die hand gewys.

___

HJ Lacock

REGTER

Ek stem saam en dit word so gelas.

SA Majiedt

Namens appellant: Adv PJ Cloete (Regshulpsentrum, Kimberley

Namens respondent: Adv PM Tshweu (Kantoor van die DOV, Kimberley)

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Sauls & Others 1981(3) SA 172 (A)

Case cited

S v Nkosi 1998(1) SASV 284 (W)

Case cited

S v Mbuli 2003(1) SASV 97 (A)

Case cited

S v Pieters 1987(3) SA 717 (A)

Case cited

S v Matoma 1981(3) SA 838 (A)

Case cited

S v Dlamini; S v Dladla & Others; S v Joubert; S v Schietekat 1999(2) SASV 51 (CC)

Case cited

Criminal Procedure Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Constitution of the Republic of South Africa, 1996

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Firearms Control Act 60 of 2000

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.