Download PDF

South Africa Judgment

Northern Cape High Court, Kimberley

S v Jantjies (CA&R 107/2011) [2012] ZANCHC 29 (10 February 2012)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the incomplete record did not prejudice the appellant's right to appeal regarding count 1, as his version was clear from the plea explanation and cross-examination, and there was no indication that his testimony differed materially. The conviction on count 1 (housebreaking with intent to steal) was supported by corroborated evidence from police witnesses and Maliki, placing the appellant at the scene and in possession of stolen items. However, the convictions on counts 3 (attempted murder), 4 (unlawful possession of a firearm), and 5 (unlawful possession of ammunition) relied solely on Maliki's uncorroborated and unreliable testimony, which was insufficient to sustain a conviction. The sentences on those counts were therefore set aside. The appellant's complaints regarding legal representation and language were unfounded, as the record showed he was repeatedly advised and chose to represent himself without raising any language issue.

Court disposition

Appeal partially upheld: conviction and sentence on count 1 confirmed; convictions and sentences on counts 3, 4, and 5 set aside.

Orders

  • The conviction and sentence on count 1 are confirmed.
  • The convictions and sentences on counts 3, 4, and 5 are set aside.

02

Material facts

Parties

Petrus Jantjies

Appellant Counsel: Adv P J Cloete

Die Staat

Respondent Counsel: Adv K M Kgatwe

Amounts and remedies

  • Sentence on Count 1 (housebreaking With Intent to Steal): ZAR 6
  • Maximum Effective Sentence Imposed (before Appeal): ZAR 12

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that the incomplete record, specifically the absence of his own testimony and the proceedings between conviction and sentencing, prejudiced his right to appeal. He denied any involvement in the offences, claimed police planted his shoe prints at the scene, and denied ever being present at Damfontein or pointing out the firearm. He also contended that he was disadvantaged by having to conduct his own defence due to language barriers with his legal representative.
Respondent
The respondent argued that the appellant did not do enough to reconstruct the record and that the available evidence, including corroboration from police witnesses and Maliki, supported the convictions. The respondent conceded that the convictions on counts 3, 4, and 5 were not sufficiently supported and agreed those should be set aside. The respondent maintained that the conviction and sentence on count 1 were sound and should be confirmed.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    S v Van Staden [2008] ZANCHC 45; 2008 (2) SACR 626 (NC)

    Persons convicted have a right to appeal, and the State must preserve records and recordings of proceedings for a specified period. Failure to do so must not frustrate the right to appeal.

  2. 02

    S v Chabedi 2005 (1) SACR 415 (SCA) paras [5] and [6]; S v S 1995 (2) SACR 420 (T) at 423e

    It is not required that a record be absolutely perfect; the question is whether any incompleteness prejudices the right to appeal.

  3. 03

    S v Gentle 2005 (1) SACR 420 (SCA) para [18]; S v Scott-Crossley 2008 (1) SACR 223 (SCA) para [8]

    The evidence of a single witness and accomplice must be approached with caution and requires corroboration on material aspects.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the incomplete record did not prejudice the appellant's right to appeal regarding count 1, as his version was clear from the plea explanation and cross-examination, and there was no indication that his testimony differed materially. The conviction on count 1 (housebreaking with intent to steal) was supported by corroborated evidence from police witnesses and Maliki, placing the appellant at the scene and in possession of stolen items. However, the convictions on counts 3 (attempted murder), 4 (unlawful possession of a firearm), and 5 (unlawful possession of ammunition) relied solely on Maliki's uncorroborated and unreliable testimony, which was insufficient to sustain a conviction. The sentences on those counts were therefore set aside. The appellant's complaints regarding legal representation and language were unfounded, as the record showed he was repeatedly advised and chose to represent himself without raising any language issue.

Obiter and limits

  • The court noted that further delay to attempt reconstruction of the record would serve no purpose, as all reasonable steps had already been taken.
  • The appellant's record of previous convictions was extensive and properly before the court, and no prejudice arose from its inclusion.

Court disposition

Appeal partially upheld: conviction and sentence on count 1 confirmed; convictions and sentences on counts 3, 4, and 5 set aside.

  • The conviction and sentence on count 1 are confirmed.
  • The convictions and sentences on counts 3, 4, and 5 are set aside.

Source and reliance status

Northern Cape High Court, Kimberley

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Northern Cape High Court, Kimberley

Judgment

[2012] ZANCHC 29

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA

(Noord-Kaapse Hoë Hof, Kimberley)

Saak No: CA&R 107/2011

Saak Aangehoor: 06/02/2012

Datum gelewer: 10/02/2012

In die saak tussen:

Petrus Jantjies ...........................................................................................Appellant

en

Die Staat ................................................................................................Respondent

Coram: Olivier R et Phatshoane R

UITSPRAAK

Olivier R:

Die appellant is in die Streekhof skuldig bevind op aanklagte van huisbraak met die opset om te steel (aanklag 1), poging tot moord (aanklag 3) en die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie (onderskeidelik aanklagte 4 en 5). Hy is op aanklag 1 gevonnis tot 6 jaar gevangenisstraf, op aanklag 3 tot 10 jaar gevangenisstraf, op aanklag 4 tot 2 jaar gevangenisstraf en op aanklag 5 tot 6 maande gevangenisstraf. Daar is gelas dat die vonnisse samelopend uitgedien word tot dié mate dat die appellant nie langer as 12 jaar gevangenisstraf sou uitdien nie.

Latere aansoeke van die appellant om kondonasie en om aansoek om verlof tot appèl, teen sy skuldigbevindings en vonnisse, het misluk. Toe die appellant daarna by wyse van ‘n petisie aansoek gedoen het om sodanige verlof, het dit geblyk dat die oorkonde onvolledig is en nie verder getranskribeer of gerekonstrueer kan word nie. Wat die skuldigbevindings betref, ontbreek die transkripsie van die appellant se eie getuienis. Hy was die enigste getuie in sy verdediging. Daar is ook geen transkripsie van die verrigtinge wat plaasgevind het ná afloop van die skuldigbevindings en voor die oplegging van die vonnisse nie. Dit beteken dat die onderskeie betoë ten aansien van vonnis nie getranskribeer is nie. Dan is daar ook tans net ‘n afskrif beskikbaar van die appellant se rekord van vorige veroordelings (SAP 69).

Die appellant se petisie was suksesvol ten aansien van die skuldigbevindings sowel as die vonnisse. Daar is ook spesifiek aan die appellant verlof verleen om die gebrekkige oorkonde aan te voer as ‘n grond van appel.

Dit is geyk dat persone wat skuldig bevind is ‘n reg tot appèl het1, dat die Staat ‘n verpligting het om die oorkondes en opnames van verrigtinge te bewaar vir ‘n bepaalde periode en dat persone se reg tot appèl nie verydel mag word deur ‘n versuim om hierdie verpligting na te kom nie2. Dit is egter geensins ‘n vereiste dat so ‘n oorkonde absoluut perfek moet wees nie en die vraag sal uiteindelik maar wees of enige onvolledigheid in die oorkonde die reg tot appèl benadeel of verydel3.

Wat betref die skuldigbevindings het speurder-inspekteur Gilbert van die veediefstaleenheid te De Aar getuig dat hy op 27 Junie 2005, na aanleiding van inligting wat hy ontvang het, gesoek het na spore op ‘n dienspad langs die treinspoor. Toe hy later by ‘n tweede geleentheid weer gaan soek het na spore, het hy spore gevind en dit gevolg tot waar hy afgekom het op die appellant en mnr Maliki. Hy het hulle skoene ondersoek en gevind dat die patrone van die sole daarvan ooreenstem met die spore wat hy tot daar gevolg het. Die appellant het Gilbert op daardie stadium meegedeel dat hy oppad was na Richmond om te gaan werk soek. Later, gedurende die aand, het Gilbert weer gaan kyk waar die spore heen lei, en het hy die appellant en Maliki gevind waar hulle langs die spoor geslaap het, naby die ingang na die plaas Damfontein. Gilbert het getuig dat die laasgemelde plaas aangrensend geleë is aan die plaas Wolwekraal4, en dat die plek waar hy op die appellant en Maliki afgekom het nog verder weg was vanaf De Aar, waar beide van hulle woonagtig was, en nog nader aan die plaas Wolwekraal.

Op 1 Julie 2005 het mnr Schroëder, ‘n boer van die plaas Wolwekraal, van sy plaas af gery na De Aar. Hy het sy geweer, wat hy besig was om skoon te maak, vir daardie tyd buite die kluis op ‘n stoel laat lê. In sy afwesigheid is toegang verkry tot sy huis deur ‘n gat in ‘n venster te slaan. Met sy terugkeer is daar toe met sy eie geweer ‘n skoot afgevuur op hom binne die huis. Hy het te voet gevlug na sy buurman, vanwaar hulp toe ontbied is. Mnr Schroëder was nie in staat om die persoon wat die skoot op hom afgevuur het te identifiseer nie. Hy het sy geweer en ‘n mes vermis.

Op 2 Julie 2005 het die polisie twee stelle spore waargeneem, onder andere in die omgewing van ‘n skuur op die plaas en naby die huise van arbeiders, en is gipsafdrukke van die betrokke spore gemaak. Omdat die spore vir Gilbert voorgekom het soortgelyk te wees aan dié wat hy op 27 Junie gevolg het, en wat behoort het aan die appellant en Maliki, het hy opdrag gegee dat hulle gearresteer word. Hulle is gedurende dieselfde oggend beide gearresteer. Die vermiste mes is in die besit van Maliki gevind.

By vergelyking van die gipsafdrukke van die een stel spore met die patrone op die sole van die appellant se skoene, is bevind dat die merke en patrone soortgelyk is.

Daar was verder getuienis van staatsweë, by monde van onder andere polisiebeamptes, dat die appellant op 3 Julie 2005 die vermiste geweer uitgewys het waar dit tussen gras in die veld, en uit die oog, gelê het op die plaas Damfontein.

Die appellant het ontken dat hy enige kennis van die voorval gedra het. Hy het aangevoer dat die polisie sy spore op die toneel op die plaas Wolwekraal geplant het met sy skoene nadat hulle met sy arrestasie daarop beslag gelê het. Hy het verder ontken dat hy ooit saam met die polisie op die plaas Damfontein was, en ook dat hy ooit by so ‘n geleentheid ‘n vuurwapen uitgewys het.

Namens die vervolging is nie alleen die getuienis van verskeie polisiebeamptes aangebied rondom die skoenspore en die uitwysing nie, maar ook dié van Maliki. Dit het geblyk dat Maliki toe reeds skuldig gepleit het, en skuldig bevind is, op ‘n aanklag van huisbraak met die opset om te steel en diefstal ten aansien van dieselfde voorval, en dat hy gevonnis is tot 9 jaar gevangenisstraf.

Maliki het beskryf hoedat hy en die appellant langs die treinspoor gekonfronteer is deur Gilbert, en hoe hulle later gaan inbreek het by die klaer se huis. Hy het verder getuig dat hy toe die mes gesteel het, en volgens hom sou die appellant die een gewees het wat die geweer verwyder het. Ek keer later weer na hierdie aspek terug. Die feit is egter dat Maliki se getuienis die appellant geplaas het op die toneel van ‘n huisbraak waaronder andere die klaer se mes gesteel is, en dat die appellant die volgende dag gearresteer is, waar hy in die geselskap verkeer het van Maliki (alhoewel die appellant dit op ‘n laat stadium weerspreek het), wat op daardie stadium in besit was van die mes wat op juis daardie toneel gesteel is.

Maliki was uiteraard ‘n enkelgetuie vir soverre dit betref sy weergawe dat die appellant hom vergesel het, en hy was boonop ook ‘n mededader. Sy getuienis moes dus uiteraard met versigtigheid benader word.

Die feit is egter dat daar onafhanklike en betroubare stawing bestaan vir Maliki se bewering dat die appellant saam met hom op daardie toneel was. In hierdie verband verwys ek na die getuienis rondom die appellant se spore op die toneel, en na die getuienis dat hy die gesteelde vuurwapen later gaan uitwys het. Hierdie getuienis is gelewer deur meerdere polisiebeamptes. Die streeklanddros het bevind dat die beamptes geloofwaardige getuies was en daar bestaan geen rede om met daardie bevinding in te meng nie. Inteendeel, in die appellant se petisie is uitdruklik aangevoer dat Gilbert ‘n eerlike getuie was.

Soos reeds gemeld, is die appellant se getuienis nie getranskribeer nie. Dit blyk egter duidelik uit die streeklanddros se uitspraak dat die appellant se ontkenning van alle kennis, sy bewering met betrekking tot die plant van sy skoenspore en sy ontkenning dat hy ‘n vuurwapen uitgewys het, bloot voortgeduur het in sy getuienis. Daardie weergawe is in kruisverhoor deur hom aan alle getuies voorgehou en na my oordeel kan die feit dat die appellant se getuienis daaroor nie getranskribeer is nie, nie in die omstandighede vir hom nadeel inhou wat betref sy regte op appèl nie. Daar is ook nie voor ons geargumenteer op watter basis dit die appellant sou kon benadeel nie5.

Die appellant is dus op die toneel geplaas van ‘n huisbraak, waar ‘n geweer en ‘n mes gesteel is. Sy ontkenning dat hy op daardie toneel aanwesig was, is deur die streeklanddros verwerp, en ek is geensins oortuig dat die streeklanddros verkeerd was in daardie bevinding nie.

Dit is anders gesteld wat betref aanklagte 3, 4 en 5. Dit was slegs Maliki wat die appellant met hierdie aanklagte verbind het. Sy getuienis was dat hy die huis van die klaer verlaat het nog voordat die klaer opgedaag het, en dat hy toe die appellant in die huis agtergelaat het, in besit van die geweer. Volgens hom het hy toe op ‘n latere stadium, waar hy in die veld op die appellant gewag het, ‘n skoot hoor afgaan, en gesien hoe die klaer by die huis uitvlug. Daarna het die appellant by hom aangesluit, steeds in besit van die geweer. Maliki se getuienis was dat die appellant teenoor hom beweer het dat hy die klaer “gekwes” het. Hy het verder getuig dat die appellant toe vir hom sou gesê het dat hy mooi moet kyk waar hy (die appellant) die geweer tussen die bosse indruk.

Die streeklanddros was nie bereid om enige bevindinge te grond op Maliki se getuienis alleen nie. Daar is tereg verwys na die feit dat die twee pare skoenspore bymekaar gevind is, soos wat dit wegbeweeg het van die huis, wat moeilik te versoen sou wees met Maliki se bewering dat hy eerste weg is van die huis, en dat die appellant hom later weer by Maliki aangesluit het. Dit sou baie toevallig gewees het dat die appellant dan presies langs die spore van Maliki sou geloop het tot waar hy hom weer gevind het. Dit sou ook ‘n bietjie te veel van die toeval gevra wees dat die appellant in presies dieselfde rigting sou beweeg het as Maliki, indien hulle afsonderlik van die huis af weg is.

Daar is nog ander aspekte van Maliki se getuienis wat oop is vir kritiek. Maliki, wat baie duidelik probeer het om ‘n prentjie te skets waar die appellant alleen die inisiatief geneem het met die inbraak, het beweer dat hulle toegang verkry het tot die huis deur ‘n venster by die studeerkamer. Kaptein Erasmus se getuienis was egter dat toegang verkry moes gewees het by die sitkamer. Maliki se getuienis was verder dat daar by die geweer 10 patrone was, waarvan die appellant een ingesit het. Volgens die klaer kon daar egter slegs 4 patrone gewees het.

Die streeklanddros het egter bevind dat daar vir, onder andere, die getuienis van Maliki “genoeg betroubaarheidswaarborge” was. Met hierdie bevinding kan ek egter glad nie saamstem nie. Dit het hier gegaan om daardie gedeelte van Maliki se getuienis wat die appellant betrek het by die hantering van die vuurwapen (met die ammunisie daarin) en by die afvuur van die skoot op die klaer. Wat dus nodig sou gewees het, om as betroubaarheidswaarborg te kon dien, sou stawing gewees het van daardie bepaalde gedeelte van Maliki se getuienis. Stawing vir sy getuienis op ander aspekte sou glad nie hier relevant gewees het nie6.

Daar is geen stawing in die getuienis vir hierdie bepaalde gedeelte van Maliki se weergawe nie. Die getuienis dat die appellant later die vuurwapen uitgewys het, sou net so geredelik versoenbaar wees daarmee dat hyself op geen stadium in besit daarvan was nie en maar bloot gesien het hoedat Maliki die vuurwapen daar weggegooi het. Opsommenderwys, wat hierdie aspekte betref, meen ek dus dat die getuienis van Maliki, as ‘n enkelgetuie en ‘n mededader, hoegenaamd nie opsigself betroubaar was nie en dat daar nie daarvoor onafhanklike stawing bestaan nie.

Ons hoef nie te bespiegel oor wat die appellant in sy getuienis oor hierdie aanklagte mag gesê het nie. Dit blyk baie duidelik uit sy pleitverduideliking en uit sy kruisverhoor presies wat sy weergawe in hierdie verband was, en dus ook wat sy getuienis na alle waarskynlikheid sou gewees het. Die streeklanddros het immers nie in die uitspraak enige melding gemaak van ‘n drastiese afwyking van die kant van die appellant van sy vroeëre weergawe nie. Die feit dat die appellant se ontkenning van sy teenwoordigheid op die toneel vals mag wees, sou nog nie Maliki se ongeloofwaardige getuienis oor die poging tot moord en oor die besit van die vuurwapen en die ammunisie tot geloofwaardig bo redelike twyfel kon verhef nie.

Die advokaat vir die respondent, mnr Kgatwe, het in sy betoogshoofde aan die hand gedoen dat die appellant nie genoeg gedoen het om die rekord te rekonstrueer nie. In hierdie verband is ondermeer verwys na die moontlikheid dat die streeklanddros se aantekeninge behulpsaam mag wees. Die betrokke streeklanddros, wat nie meer in diens van die Departement is nie, het nie meer sy notas nie en kon nie behulpsaam wees met enige verdere rekonstruksie nie. Die probleme met die oorkonde het reeds geblyk toe die petisie oorweeg moes word en daar is toe reeds versoek dat gepoog word om die ontbrekende gedeeltes te rekonstrueer. Uit die terugvoer blyk dat alles redelik moontlik reeds in hierdie verband gedoen is. Dit sal na my oordeel geen doel dien om die aangeleentheid verder te vertraag vir hierdie doeleindes nie, en dit het mnr Kgatwe dan ook toe in betoog toegegee.

Dit volg dus dat ek van oordeel is dat die appellant verkeerdelik skuldig bevind is op aanklagte 3, 4 en 5. Ook dit het mnr Kgatwe heel korrek toegegee. Dit volg dus ook dat die vonnisse op hierdie aanklagte tersyde gestel moet word. Ek sien egter geen basis vir inmenging met die skuldigbevinding op aankla 1 nie.

In sy destydse aansoek om verlof tot appèl het die appellant aangevoer dat hy afstand gedoen het van sy reg op regsverteenwoordiging, oënskynlik omdat die betrokke regsverteenwoordiger Engelsprekend was en hy nie Engels verstaan het nie, en is aangevoer dat die appellant toe tot sy nadeel sy verhoor self moes behartig. Na my oordeel is daar geen meriete hoegenaamd in hierdie bewering nie. By die nagaan van die oorkonde blyk dit dat meerdere voorsittende beamptes die kwessie van regsverteenwoordiging met die appellant opgeneem het en baie moeite gedoen het om aan hom te verduidelik dat die aanklagte teen hom ernstig was en om hom aan te moedig om eerder gebruik te maak van regsverteenwoordiging. Hy het ook nooit, selfs toe hy uiteindelik iemand beskikbaar gehad het om namens hom te verskyn en verkies het om nie daarvan gebruik te maak nie, ‘n bewering gemaak dat hy ‘n probleem gehad het met taal nie.

Dit laat die kwessie van die vonnis op aanklag 1. Dit blyk uit die aansoek om verlof tot appél7 dat daar, voor vonnisoplegging, inligting verskaf is deur die appellant in reaksie op vrae van die streeklanddros. Daar is nie in die aansoek om verlof tot appèl melding gemaak van enige ander inligting wat voor die streeklanddros geplaas sou gewees het, en wat nie nou deel van die oorkonde vorm nie. Dit blyk dus dat die inligting rakende die appellant se persoonlike omstandighede, soos dit uiteengesit is in die vonnis-uitspraak, slegs op hierdie wyse verkry kon gewees het. Daar kan dus nie, na my oordeel, wesenlike nadeel voortspruit uit die feit dat die verrigtinge voorafgaande vonnisoplegging nie getranskribeer is nie. Die teendeel is ook nie geargumenteer deur die appellant se advokaat, mnr Cloete, nie.

Wat betref die appellant se rekord van vorige veroordelings, is ‘n afskrif daarvan deel van die oorkonde, welke afskrif op alle aanduidings blyk ‘n behoorlike afskrif te wees. Die teendeel is ook glad nie gesuggereer in argument namens die appellant nie. Die afskrif is onderteken deur die appellant, wat aandui dat hy die inhoud daarvan dan ook erken het. Ek ag dit onnodig om in detail in te gaan op die inhoud van die appellant se rekord van vorige veroordelings. Ek volstaan met die opmerking dat dit letterlik bladsye se oneerlikheidsmisdade insluit.

Na my oordeel het die streeklanddros ook tereg gelet op die veelvuldige voorkoms van hierdie tipe oortreding, en die erns daarvan, en is geeneen van hierdie aspekte oorbeklemtoon nie.

Ek kon geen mistasting vind in die vonnis-uitspraak nie, en daar is ook nie voor ons namens die appellant gewys op enige sodanige mistasting nie. Na my mening is geen aspek by die oorweging van vonnis oor- of onderbeklemtoon nie, en is die vonnis wat die appellant opgelê is op aanklag 1 hoegenaamd nie skokkend nie. Dit moes mnr Cloete dan ook toegee.

In die lig van die voorgaande maak ek dus die volgende bevele hierin:

Die skuldigbevinding en vonnis op aanklag 1 word bekragtig.

Die skuldigbevindings en vonnisse op aanklagte 3, 4 en 5 word tersyde gestel.

_____

C J OLIVIER

REGTER

NOORD-KAAPSE

AFDELING

Ek stem saam.

______

M V PHATSHOANE

Nms Appellant: Adv P J Cloete

Namens: Regshulpraad, KIMBERLEY

Nms Respondent: Adv K M Kgatwe

Namens: Direkteur van Openbare Vervolgings: KIMBERLEY

1Onderworpe natuurlik aan bepalings met betrekking tot die verkryging van verlof tot appél

2S v Van Staden [2008] ZANCHC 45; 2008 (2) SACR 626 (NC)

3S v Chabedi 2005 (1) SACR 415 (SCA) paras [5] en [6]; S v S 1995 (2) SACR 420 (T) op 423e

4waar hierdie misdade gepleeg is

5S v S, supra, op 424b-e; vergelyk S v Mantsha 2009 (1) SACR 414 (SCA)

6S v Gentle 2005 (1) SACR 420 (SCA) para [18]; S v Scott-Crossley 2008 (1) SACR 223 (SCA) para [8]

7Oorkonde: bl 227

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Van Staden [2008] ZANCHC 45; 2008 (2) SACR 626 (NC)

Case cited

S v Chabedi 2005 (1) SACR 415 (SCA)

Case cited

S v S 1995 (2) SACR 420 (T)

Case cited

S v Mantsha 2009 (1) SACR 414 (SCA)

Case cited

S v Gentle 2005 (1) SACR 420 (SCA)

Case cited

S v Scott-Crossley 2008 (1) SACR 223 (SCA)

Case cited

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.