S v Jood (KS 36/01) [2004] ZANCHC 72 (7 September 2004)
- Citation
- [2004] ZANCHC 72
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- Lombard, Majiedt, Tlaletsi
- Case number
- KS 36/01
More details
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- Lombard, Majiedt, Tlaletsi
- Case number
- KS 36/01
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the evidence did not establish beyond reasonable doubt that the appellant subjectively foresaw the possibility of the deceased's death resulting from his assault and reconciled himself with that outcome. The deficiencies in the evidence regarding the weapon, the nature and extent of the injuries, and the appellant's state of intoxication created reasonable doubt as to intent. The conviction for murder was set aside and replaced with culpable homicide, as the appellant ought reasonably to have foreseen that his sustained assault on a vulnerable part of the body could result in death, and he unlawfully failed to guard against that possibility. The sentence was reconsidered de novo, and the appellant was sentenced to eight years' imprisonment, taking into account the seriousness of the offence, the absence of premeditation, and the appellant's personal circumstances.
Court disposition
Appeal against conviction and sentence succeeds. Conviction for murder set aside and replaced with culpable homicide. Sentence of sixteen years' imprisonment set aside and replaced with eight years' imprisonment, deemed to have commenced on 5 September 2001.
Orders
- The appeal against the conviction for murder succeeds and the conviction is set aside.
- The appellant is convicted of culpable homicide.
- The appeal against sentence succeeds and the sentence is set aside.
- The appellant is sentenced to eight years' imprisonment, deemed to have commenced on 5 September 2001.
02
Material facts
Parties
Willem Jood
Appellant Counsel: Adv IJ NelThe State
Respondent Counsel: Adv E van DykAmounts and remedies
- Original Sentence (years): 16
- Substituted Sentence (years): 8
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the appellant subjectively foresaw the possibility of causing the deceased's death and reconciled himself with that outcome (dolus eventualis).
- 02
Whether the conviction for murder was justified or whether culpable homicide was the appropriate verdict.
- 03
What sentence is appropriate for the appellant given the circumstances.
Party arguments
- Applicant
- Counsel for the appellant argued that the trial court erred in convicting the appellant of murder, conceding that he was guilty of culpable homicide. The argument was based on the lack of evidence proving subjective foresight of death and the absence of intent to kill, as well as deficiencies in the medical and factual evidence regarding the cause of death and the weapon used.
- Respondent
- Counsel for the respondent contended that the appellant did not take the trial court into his confidence and should not benefit from a lesser conviction. The State relied on the sustained assault and the foreseeability of death resulting from the appellant's actions, arguing that the conviction for murder was justified.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Dladla en Andere 1980 (1) SA 1 (A)
There is a clear distinction between intention by direct purpose, intention by subjective foresight (dolus eventualis), and negligence (culpa). Intention requires subjective foresight and a decision to accept the possible consequence, which is absent in negligence.
- 02
S v Sigwahla 1967 (4) SA 566 (A)
Intention to kill does not require a direct aim to cause death; it suffices if the accused subjectively foresaw the possibility of death and was reckless as to that result (dolus eventualis). Objective foreseeability alone is insufficient.
- 03
S v Steynberg 1983 (3) SA 140 (A); R v Mlambo 1957 (4) SA 727 (A)
Where the accused's own false testimony prevents the court from giving the benefit of doubt based on possibilities not supported by acceptable evidence, the accused cannot complain.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the evidence did not establish beyond reasonable doubt that the appellant subjectively foresaw the possibility of the deceased's death resulting from his assault and reconciled himself with that outcome. The deficiencies in the evidence regarding the weapon, the nature and extent of the injuries, and the appellant's state of intoxication created reasonable doubt as to intent. The conviction for murder was set aside and replaced with culpable homicide, as the appellant ought reasonably to have foreseen that his sustained assault on a vulnerable part of the body could result in death, and he unlawfully failed to guard against that possibility. The sentence was reconsidered de novo, and the appellant was sentenced to eight years' imprisonment, taking into account the seriousness of the offence, the absence of premeditation, and the appellant's personal circumstances.
Obiter and limits
- The court emphasized the responsibility of the judiciary to express clear disapproval of senseless public violence through appropriate sentencing.
- The fact that the appellant was a first offender was noted as a rare achievement in current times, but his record was irreparably tarnished by his conduct.
- Each case must be approached and assessed on its own particular facts and circumstances, and mercy is an inherent component of every sentence.
Court disposition
Appeal against conviction and sentence succeeds. Conviction for murder set aside and replaced with culpable homicide. Sentence of sixteen years' imprisonment set aside and replaced with eight years' imprisonment, deemed to have commenced on 5 September 2001.
- The appeal against the conviction for murder succeeds and the conviction is set aside.
- The appellant is convicted of culpable homicide.
- The appeal against sentence succeeds and the sentence is set aside.
- The appellant is sentenced to eight years' imprisonment, deemed to have commenced on 5 September 2001.
Source and reliance status
Northern Cape High Court, Kimberley
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Northern Cape High Court, Kimberley
Judgment
Verslagwaardig: Ja / Nee
Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saakno: KS 36/01
Datum verhoor: 2004-09-06
Datum gelewer: 2004-09-07
In die appél van:
WILLEM JOOD APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram: LOMBARD R, MAJIEDT R et
TLALETSI
R
UITSPRAAK
LOMBARD R:
Die appellant is op 5 September 2001 deur die Verhoorhof aan moord skuldig bevind en tot 16 jaar gevangenisstraf gevonnis. Alhoewel sy aansoek vir verlof om teen sy skuldigbevinding en vonnis te appelleer onsuksesvol was, het die Hoogste Hof van Appèl egter verlof aan hom om teen sy skuldigbevinding en vonnis na die Volle Hof te appelleer, verleen.
Die tersaaklike feite in ân neutedop is dat die oorledene die betrokke Saterdagmiddag in die geselskap van sy eggenote was toe hulle die appellant raakgeloop het â die oorledene het op daardie stadium ân tuisgemaakte blikkitaar by hom gehad. Eers het ân woordewisseling en daarna ân vuisgeveg tussen hulle twee ontstaan waarna die appellant die kitaar uit die oorledene se hand gegryp en hom daarmee teen sy kop geslaan het. Die oorledene het gesteier en neergeval. Terwyl hy op die grond gelê het, is hy vele kere met die kitaar oor sy bolyf en kop geslaan en is hy ook verskeie kere geskop. Hy het die kitaar stukkend op hom geslaan. Die oorledene het geweldig gebloei. Die appellant het sy aanranding op die oorledene gestaak toe âhy besef het dat hy nie weer sal opstaan nie.â. Die oorledene het dieselfde middag beswyk.
Alhoewel die kitaar nie as bewysstuk ingedien was nie is dit egter deur die destydse ondersoekbeampte as volg beskryf:
âJa. --- Dit is hierdie selfgemaakte kitaar, die wat hulle maak met die, sommer met die vislyn en snare en die 5 liter oliedrom, die blikkies.
Ja. --- Die 5 liter blikke agter.
Ja en die, dit is nou die blikkie en dan is daar sê miskien ân plank of iets ⦠--- Ja, het het die plank aan soos jou kitaar maar lyk voor.
Ja. --- En die blik is nou agter waar die ⦠(tussenbeide).
Nou, die hele instrument hoe, is dit lig, is dit swaar? --- Edele, hy is nie baie swaar nie. Nee, hy is nie baie swaar nie, maar hy maak mos nou, die blik het mos nou skerp hoeke.
Ja. --- Hierdie blikke en hy was stukkend toe ons dit inhandig, sy steel was afgeslaan of hy het afgebreek.
Is dit, was hierdie plank afgebreek? --- Ja, Edele, ek weet nou nie wat noem jy daardie voorste stuk van ân kitaar nie, maar hy het afgebreek.â
(Oorkonde: p. 48 â 49)
Dit kan volledigheidshalwe opgemerk word dat die Staatsgetuies nie kon sê of die appellant skoene of tekkies aangehad het nie. Daar is ook getuienis dat die oorledene op ân stadium toe hy alreeds deur die appellant aangerand was ook deur ân ander persoon geskop (kaalvoet) en met die kitaar geslaan was. Sodanige aanranding is egter, myns insiens, vir huidige doeleindes ontersaaklik aangesien die relevante feite bevindinge van die Verhoorhof nie op appèl aangeveg word nie. Verdere getuienis is namens die Staat aangebied deur die Distriksgeneesheer, Dr Smith, wat ân regsgenees-kundige lykskouing op die liggaam van die oorledene uitgevoer het. Sy vernaamste bevindinge was:
2 X 1 cm wond aan die voorkant van die skedel sonder meegaande skedelfraktuur â is deur stomp trauma veroorsaak.
1 X 5cm konkusie of kneusing van die regter wangbeen.
Aan regterkant van die brein was daar bloeding aan die buitekant van die brein onder die breinvlies en ook bloeding binne in die brein self.
Aan die linkerkant van die brein ook bloeding aan die buitekant van die brein onder die breinvlies.
Die oorsaak van die dood was breinbloeding.
Toe dit aan hom gestel was dat die getuienis van die Staat daarop neerkom dat die oorledene herhaaldelik met ân selfgemaakte blikkitaar op die kop geslaan en ook terwyl hy op die grond gelê het, geskop was, was sy reaksie:
â--- Ja, beide hierdie tipe beserings wat u beskryf, die houe met ân blikkitaar en ook die skoppe teen die kop, kan definitief skeure binne-in die brein veroorsaak wat dan bloeding tot gevolg sal hê, so dit kan heeltemal inpas daarmee. Dit is nie vir my moontlik om te onderskei watter van daardie twee tipes geweld het werklik die beserings veroorsaak nie, al twee kon dit waarskynlik doen.
ME VAN DYK. En met watter mate van geweld moet daar geskop word of houe toegedien word om hierdie tipe van besering te veroorsaak? ---
Ja, daar is ân redelike mate van geweld nodig. Ek sal ook sê wanneer ân persoon geskop word met die momentum wat oorgedra word aan die kop of die skedel van die persoon wat aangeval word dink ek is die kans baie groter vir hierdie tipe beserings as wanneer hy met ân, ân blikkitaar is normaalweg ân ligte voorwerp, so die mate van geweld wat nodig is sal ek dan eerder wil toeskryf aan die skoppe as die houe met die kitaar self.â
(Oorkonde: p. 88 â 89)
Op ân verdere vraag hoe lank nadat ân persoon sulke beserings wat deur hom as breinbloeding beskryf was sal laat beswyk, het hy as volg geantwoord:
âNet ân laaste, die oorsaak van dood skryf u dan toe aan breinbloeding, hoe lank na sulke tipe beserings opgedoen is sal verloop voor so ân persoon sterf aan breinbloeding, of hang dit af van mens tot mens? --- Ja, ek dink dit hang af van die mate van geweld. Dit is nie suiwer net die bloeding, die bloeding definitief sal bydra daartoe, maar ân mens moet onthou dat as daar ân redelike mate van geweld aan die kop toegedien was, vind daar baie skade plaas in die breinweefsel wat ân mens nie met die blote oog kan waarneem nie. So ons moet aanvaar die besering wat die bloeding veroorsaak sou ook ân taamlike uitgebreide breinbesering veroorsaak en wat nou gebeur is, as gevolg van swelling wat plaasvind met die bloeding by, daar vind ân hoë drukking binne-in die skedelbeen plaas, u weet en dit is wat eventueel dan die dood veroosaak. Dit is basies iets wat, ag ek sal sê binne 30 minute wat tot die dood van die persoon kan lei.â
(Oorkonde: p. 89 â 90)
Alvorens die meriete van die appèl onder die loep geneem word, is dit myns insiens sinvol om na o.a. die volgende aspekte wat ex facie die oorkonde nie pertinent deur die Verhoorhof mee gehandel was nie, te verwys:
Die massa en of grootte van die kitaar en in besonder die dikte en lengte van die steel of nek van die houtgedeelte daarvan is onbekend;
Dit is nie vasgestel of die appellant skoene of tekkies aangehad het nie en indien dit skoene was die grootte en/of tipe ensovoorts daarvan;
Dat alhoewel die getuies se weergawe was dat die appellant die oorledene verskeie kere met die kitaar op sy kop geslaan en ook geskop het, daar slegs een wond op sy kop aangetref is en geen wonde en/of kneusings en dies meer in sy nek of skouergedeeltes nie;
Die distriksgeneesheer van oordeel was dat die breinbloeding heel moontlik deur die skoppe veroorsaak was en nie deur die kitaarhoue nie â ân mening wat in alle billikheid teenoor die geneesheer uitgespreek was sonder enige getuienis oor die tipe, aard, massa en dies meer van beide die âwapensâ nie.
As daar na die meriete van die appèl oorgegaan word, het die Verhoorhof vir soverre die appellant se opset aangaan, as volg bevind:
âDie getuienis van die staatsgetuies, almal van hulle, word dan aanvaar as geloofwaardige getuies. Die aanranding op die oorledene deur beskuldigde nommer 1 was volgehoue aanranding. Beskuldigde nommer 1 is 48 jaar oud. Met ander woorde hy is die soort persoon wat besef dat wat hy gedoen het die dood van die oorledene kon veroorsaak, hy het dit besef, hy was roekeloos en hy het aangegaan om die oorledene aan te rand. Dit blyk dat beskuldgide nommer 1 nie die direkte opset gehad het om die oorledene te dood nie. Dit sê ek as in ag geneem word van die aard van die wapens wat hy gebruik het, die wyse waarop die aanranding plaasgevind het, maar dat die dood van die oorledene voorsienbaar was bestaan daar geen twyfel nie.â
(Oorkonde: p. 101 â 102)
Mnr Nel, namens die appellant, voer aan dat die Verhoorhof fouteer het deur die appellant aan moord skuldig te bevind maar gee toe dat hy aan strafbare manslag skuldig is.
In S v DLADLA EN ANDERE 1980 (1) SA 1 (AA) sê Jansen AR op 3 H â 4 B die volgende:
âOok moet daarteen gewaak word om nie by die twee uiterstes van die âskaalâ die onderskeiding tussen opset by oogmerk en opset by moontlikheidsbewussyn en nalatigheid aan die ander punt, te laat vervaag nie. Daar is ân skerp skeidslyn tussen oogmerk aan die een kant en slegs moontlikheidsbewussyn aan die ander. Ewe skerp is die onderskeiding tussen opset by moontlikheidsbewussyn en nalatigheid. In beide gevalle is daar ân kwessie van voorsienbaarheid. Maar by die opset gaan dit oor wat die dader subjektief voorsien het; by nalatigheid gaan dit oor wat hy volgens ân objektiewe maatstaf behoort te voorsien het. Verder is daar by opset by moontlikheidsbewussyn die kenmerkende wilsbesluit om die moontlike gevolg nogtans te aanvaar â ân wilsbesluit wat by culpa ontbreek en geen bestanddeel daarvan is nie.â
In S v SIGWAHLA 1967 (4) SA 566 (A) verklaar Holmes AR op 570 B â D as volg:
â1. The expression âintention to killâ does not, in law, necessarily require that the accused should have applied his will to compassing the death of the deceased. It is sufficient if the accused subjectively foresaw the possibility of his act causing death and was reckless of such result. This form of intention is known as dolus eventualis, as distinct from dolus directus.
The fact that objectively the accused ought reasonably have foreseen such possibility is not sufficient. The distinction must be observed between what actually went on in the mind of the accused and what would have gone on in the mind of a bonus paterfamilias in the position of the accused. In other words, the distinction between subjective foresight and objective foreseeability must not become blurred. The factum probandum is dolus, not culpa. These two different concepts never coincide.
Subjective foresight, like any other factual issue, may be proved by inference. To constitute proof beyond reasonable doubt the inference must be the only one which can reasonably be drawn. It cannot be so drawn if there is a reasonable possibility that subjectively the accused did not foresee, even if he ought reasonably to have done so, and even if he probably did do so.â
Sien ook S v COMPOS 2002 (1) SASV 23 (HHA)
Die vraag is nou of dit bó redelike twyfel bewys is dat ten tyde van die aanranding op die oorledene die appellant inderdaad voorsien het dat hy as gevolg van die wyse waarop hy hom aangerand het kon sterf en hy hom met sodanige gevolg versoen het (wilsbesluit).
Aangesien die appellant se weergawe as vals verwerp is, moet daar by wyse van afleidings uit die omstandighede vasgestel word of die appellant opsetlik opgetree het. By die maak van afleidings oor wat die appellant inderdaad voorsien het, sal die Hof hom onder meer laat lei deur objektiewe faktore, soos byvoorbeeld, die soort wapen of wapens, die erns van die besering of beserings en die ligging van sodanige beserings, m.a.w. waar op die liggaam van die oorledene sulke wond of wonde toegedien was. Die Hof moet daarteen waak om in die proses nie die spreekwoordelike âarmchairâ houding in te neem nie maar moet hom/haar na die beste van sy/haar vermoë indink in die posisie van die appellant toe hy die oorledene aangerand het. In hierdie verband is ook die graad van beskonkenheid tersaaklik â oorledene se eggenote se onbetwiste getuienis was dat die appellant dronk was.
Mev. Van Dyk namens die Staat het aangevoer dat die appellant nie die Verhoorhof in sy vertroue geneem het nie en dus nie aan die mindere oortreding van strafbare manslag skuldig bevind kan word nie en vir hierdie submissie het sy gesteun op S v STEYNBERG 1983 (3) SA 140 (A) waarin, onder meer, na R v MLAMBO 1957 (4) SA 727 (A) verwys is.
Wat in hierdie verband egter nie uit die oog verloor moet word nie, is die volgende dictum van Hoexter AR in dieselfde saak waar hy op p. 148 C â D homself as volg uitdruk:
âKortom beteken behoorlike toepassing van die Mlambo-saak dictum slegs dat die beskuldigde hom nie daaroor kan bekla nie dat weens sy eie leuenagtigheid die verhoorhof hom nie die voordeel kan gee van ân moontlikheid (nl dat hy die oorledene met ân ander oog merk as om hom te dood, of selfs met ân onskuldige oogmerk geweld aangedien het) wat nie op enige aanvaarbare gegewens gegrond is nie.â
Met ander woorde die kernvraag is en bly nog steeds wat is die aanvaarbare gegewens of getuienis wat aan hom die moontlikheid van ân voordeel kon gee?
Ek is nie van voornemens om die getuienis weer te herhaal nie maar is van oordeel dat in die lig van onder meer die gebrekkige getuienis aangaande die âmoordwapen(s)â, die betreklik geringe beserings op die liggaam van die oorledene, die âonvolledigeâ mediese getuienis en die graad van beskonkenheid van die appellant dit nie bó redelike twyfel aangetoon is dat hy subjektief voorsien het dat die oorledene as gevolg van sy aanranding kon sterf nie. Die skuldigbevinding aan moord moet gevolglik tersyde gestel word.
Vir soverre dit ân skuldigbevinding aan strafbare manslag aangaan, is ek geneig om met mnr. Nel akkoord te gaan dat die appellant in die omstandighede die oorledene se dood nalatiglik veroorsaak het â hy moes redelikerwys voorsien het dat die oorledene as gevolg van sy volgehoue aanranding op ân kwesbare deel van sy liggaam kon sterf en hy wederregtelik nagelaat het om daarteen te waak â ân skuldigbevinding aan strafbare manslag is dus aangewese.
Aangesien strafbare manslag nie een van die misdade is waarop die toepaslike voorskrifte van Wet 105 van 1997 van toepassing is nie, is hierdie Hof nou in ân posisie om vonnis de novo te oorweeg.
Vir soverre dit die appellant se persoonlike omstandighede aangaan, is die oes maar baie skraal, want ex facie die oorkonde is daar blykbaar geen getuienis daaromtrent aangebied of feite waarop die partye ad idem was, genotuleer nie. Sy getuienis was egter dat hy 48 jaar oud is, getroud en die vader van 5 meerderjarige kinders is. Hy het blykbaar ân vaste betrekking op daardie stadium gehad. Hy is ân eerste oortreder. Die feit dat hy ân eerste oortreder is, is opsigself in die tye waarin ons tans leef ân besondere prestasie. Dit is egter baie jammer dat hy so ân trotse rekord op so ân sinnelose en uiters onverantwoordelike wyse onherroeplik onder sy voete moes vertrap.
Die erns van die misdaad spreek vir sigself. Die appellant het dit goedgedink om die oorledene helder oordag en in die publiek te konfronteer en nadat hy hom met sy eie kitaar platgeslaan het voortgegaan het om hom te slaan en te skop totdat hy gesien het dat hy âklaar wasâ en toe het hy hom net so daar gelaat. Hierdie tipe sinnelose geweld op ân Saterdagmiddag deur besope of half besope persone op ân onskuldige lid van die publiek in die openbaar is onaanvaarbaar, walglik en kan en sal nie geduld word nie. Die Howe het ân groot verantwoordelikheid teenoor die publiek en dit is om hul misnoë en hul renons teenoor hierdie blatante wetteloosheid duidelik en ondubbelsinnig te kenne te gee â die mees effektiewe wyse om dit te doen, moet uit die vonnisse wat opgelê word, blyk. Uit die aard van die saak moet elke saak op sy eie besondere feite en omstandighede benader en beoordeel word. Wat hier tot ân mate in die appellant se guns tel is dat daar geen sprake is van enige voorafbeplanning nie. Hy het die oorledene toevallig raakgeloop â die res is geskiedenis.
In al die omstandighede en inaggenome dat in elke vonnis ân komponent van genade ingebou is, is ek van oordeel dat ân gepaste vonnis hierin 8 jaar gevangenistraf is.
Die volgende bevel word gemaak.
Die appèl teen die skuldigbevinding van moord slaag en die skuldigbevinding word tersyde gestel.
Die appellant word aan strafbare manslag skuldig bevind.
Die appèl teen die vonnis slaag insgelyks en die vonnis word tersyde gestel.
Die appellant word tot agt jaar gevangenisstraf gevonnis welke vonnis geag sal word op 5 September 2001 opgelê te gewees het.
____
DJ LOMBARD
REGTER
Ek stem saam.
___
SA MAJIEDT
Ek stem saam:
_____
PL TLALETSI
NAMENS APPELLANT : Adv IJ Nel i.o.v. Van de Wall & Vennote, Kimberley
NAMENS RESPONDENT : Adv E van Dyk
DATUM VAN VERHOOR : 2004-09-06
DATUM VAN UITSPRAAK : 2004-09-07
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.