S v Joseph (130/83) [1984] ZASCA 37 (29 March 1984)
- Citation
- [1984] ZASCA 37
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Trengove, Cillie, Nicholas
- Case number
- 130/83
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Trengove, Cillie, Nicholas
- Case number
- 130/83
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The appellate court found no fault with the trial court's acceptance of the evidence of Basil Baadjies, whose identification of the appellant as the shooter was corroborated by the appellant's own admissions and the circumstances of the incident. The appellant was in possession of the firearm used in both the dance hall and Roberts Avenue shootings, as confirmed by ballistics evidence and his subsequent handling of the weapon. The possibility that another person, Richard Timmerman, was the shooter was not reasonably supported by the evidence. The court held that the appellant acted in furtherance of a common purpose with the group that attacked the deceased and was therefore legally responsible for the fatal shooting. The sentence imposed was not found to be excessively harsh given the gravity of the offence and the appellant's conduct. The appeal against both conviction and sentence was dismissed.
Court disposition
Appeal against conviction and sentence dismissed.
Orders
- The appeal against the conviction is dismissed.
- The appeal against the sentence is dismissed.
02
Material facts
Parties
Claud Joseph
AppellantThe State
RespondentAmounts and remedies
- Sentence (years Imprisonment): 15
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the trial court erred in finding that the appellant was the person who shot and killed the deceased.
- 02
Whether the trial court correctly accepted the evidence of the key state witness regarding identification.
- 03
Whether the appellant was in possession of the firearm used in both incidents.
- 04
Whether the sentence imposed was excessively harsh.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that the trial court erred in accepting the evidence of Basil Baadjies, the key state witness, regarding the identification of the appellant as the shooter. It was contended that the circumstances in the dance hall—distance, poor lighting, and the presence of many people—rendered Baadjies' observations unreliable. The appellant denied firing any shots and claimed that his friend, Richard Timmerman, was the shooter. Regarding the Roberts Avenue incident, the appellant maintained that he did not possess the firearm at the relevant time and that the possibility of Timmerman being the shooter was not excluded. The sentence was argued to be disproportionately severe given the circumstances.
- Respondent
- The State argued that the trial court correctly accepted the evidence of Basil Baadjies as credible and reliable, supported by the appellant's own admissions and the corroborating circumstances. The ballistics evidence linked the firearm used in both incidents to the appellant, who was found in possession of the weapon shortly after the events. The State maintained that the appellant was part of a group acting with a common purpose and was legally responsible for the fatal shooting. The sentence was appropriate considering the seriousness of the offence and the appellant's conduct.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Mthetwa 1972 (3) SA 766 (A)
A court may accept the identification evidence of a witness if, after considering all relevant circumstances, the witness is found to be credible and reliable.
- 02
R v Mgedezi 1989 (1) SA 687 (A)
Where a group acts with a common purpose to commit a crime, each member is legally responsible for the acts of the others committed in furtherance of that purpose.
- 03
S v Legote 2001 (2) SACR 179 (SCA)
Ballistics evidence linking a firearm to an accused may be sufficient to establish possession and involvement in a shooting incident.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The appellate court found no fault with the trial court's acceptance of the evidence of Basil Baadjies, whose identification of the appellant as the shooter was corroborated by the appellant's own admissions and the circumstances of the incident. The appellant was in possession of the firearm used in both the dance hall and Roberts Avenue shootings, as confirmed by ballistics evidence and his subsequent handling of the weapon. The possibility that another person, Richard Timmerman, was the shooter was not reasonably supported by the evidence. The court held that the appellant acted in furtherance of a common purpose with the group that attacked the deceased and was therefore legally responsible for the fatal shooting. The sentence imposed was not found to be excessively harsh given the gravity of the offence and the appellant's conduct. The appeal against both conviction and sentence was dismissed.
Obiter and limits
- The court noted that the trial judge had properly considered all relevant factors in assessing the credibility of the key witness.
- The death of Richard Timmerman prior to trial was mentioned but did not affect the outcome of the case.
- The appellant's membership in a reckless gang and his conduct on the night in question were aggravating factors in sentencing.
Court disposition
Appeal against conviction and sentence dismissed.
- The appeal against the conviction is dismissed.
- The appeal against the sentence is dismissed.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
CLAUD JOSEPH APPELLANT
en
DIE STAAT RESPONDENT
SAAK NR. 130/83 /CCC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In the saak tussen:
enDIE STAAT RESPONDENT
Coram: Trengove, Cillie et Nicholas ARRVerhoor: 22 Maart 1984Gelewer: 29 Maart 1984
UITSPRAAK TRENGOVE, AR:
Gedurende/ 2. Gedurende die vroeë oggendure van Saterdag, 29 Augustus 1981 - dit was omstreeks 02h00 - is 'n jong Kleurlingman, Peter Patterson, in 'n skietvoorval in Robertslaan, Mestbury,gedood. Westbury is a kleurlingwoongebied in die omgewing van Johannesburg. As gevolg van hierdie voorval is die appellant op 1 Junie 1982 in die Witwaters-randse Plaaslike Afdeling, voor regter O'Donovan, o m van moord op die oorledene aangekla. Die appellant het op hierdie aanklag onskuldig gepleit. Hy is, nietemin, aan die einde van die verhoor aan moord met versagtende omstandighede skuldig bevind en tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis. Die
appellant/ 3. appellant kom nou met verlof van hierdie hof -verleen kragtens art. 336(8)(c)(ii) van die Strafproseswet, 1977 - in hoër beroep teen beide die skuldigbevinding en die vonnis.
Ek bepaal my, eerstens, by die
appèl teen die skuldigbevinding. Die vraag waar-oor hierdie hof uitsluitsel moet gee is of die verhoorregter gefouteer het deur te bevind dat daar afdoende bewys is dat die appellant die persoon is wat die oorledene in die skietvoorval gedood het. Die appellant het ontken dat dit hy was. Hy het te kenne gegee dat dit sy vriend, Richard Timmerman, ook bekend as Fellas, was wat
die/ 4. die oorledene doodgeskiet het.Die staatsaak is wesentlik gegrond op omstandigheidsgetuienis wat, in breë trekke, soos volg saamgevat kan word:(a) Gedurende die Vrydagaand, 28 Augustus1981, was daar 'n dans in die Coronationsaalop Coronationville, 'n kleurlingwoongebied watblykbaar aan Westbury grens. Daar was ongeveer500 tot 600 mense by die dans. Die appellantwas ook daar. Hy hét 'n "Navarone"-pet opgehad.Dit is 'n soort pet wat sy hele kop tot net bo-kant sy wenkbroue bedek het.
(b) Die appellant was destyds 'n lid van 'n
bende/ 5. bende, bekend as die "Fast Guns", waarvan Richard Timmerman die leier was. Die "Fast Guns" was geswore vyande van die lede van 'n ander bende, die "Spaldings".
(c) Teen ongeveer 0lh30, terwyl die dans nog in volle gang was, was die appellant betrokke in 'n insident met twee lede van die "Spaldings", die broers Mervin en Andrew Britae. Soos later sal blyk, is hierdie insident 'n belangrike skakel in die staatsaak teen die appellant. (d) Een van die staatsgetuies, Basil Baadjies, was ten tyde van die voorval in die saal. Hy het soos volg daaroor getuig. Hy het toevallig
gemerk/ 6. gemerk dat die appellant en die twee Britae broers so 'n entjie van hom af staan. Dit het gelyk asof hulle in 'n woordewisseling met mekaar gewikkel was. Die volgende oomblik sien hy dat Mervin Britae skielik 'n mes te voorskyn haal.en die appellant 'n steekhou aan die kant van sy kop toedien, sodat die bloed langs sy kop begin afloop. Die appellant het toe vir 'n oomblik teruggetree, 'n vuurwapen onder sy klere uitgehaal, en op die Britae broers begin skiet. Een van die skote het vir Basil Baadjies getref. Hy het inmekaar gesak en is toe na die hospitaal geneem waar hy na behandeling gelukkig weer herstel het. Die appellant het erken
dat/ 7. dat hy by die dans was en dat die Britae broers hom aangerand en met 'n mes gesteek het, maar hy het ontken dat hy die skote op hulle afgevuur het.(ej Soos 'n mens sou verwag, het hierdie voorval groot konsternasie onder die mense in die saal veroorsaak. Hulle het paniekbevange uit die saal gehardloop en dit was die einde van die dans. Toe die rumoer weer bedaar, het dit geblyk dat Mervin en Andrew Britae albei raak-geskiet is en dat hulle reeds beswyk het. Hulle lyke het 'n entjie van mekaar op die vloer gelê. (f) Na die voorval is daar ook vier 7,65 mm gevuurde
patroondoppies/ 8. patroondoppies op die vloer naby Mervin Britae se lyk gevind.(g) Die oorledene was nie die betrokke aand by die dans in die Coronationsaal nie. Dit blyk egter dat hy ongeveer 'n half-uur na die skiet-voorval by die saal met sy Valiant-motor in Robertslaan gery het. Hy het 'n aantal passasiers in die motor gehad, o a ene Jacob Britae, 'n broer van Mervin en Andrew, vir wie hy kort vantevore, heel toevallig, opgelaai het. Jacob Britae het by die verhoor getuig oor die skietvoorval waarin die oorledene gedood is. Hy het vertel dat terwyl hulle in Robertslaan gery het, het hy
ongeveer/
9.
ongeveer 9 Kleurlingmans tussen die bome langs die pad sien uitkom. In daardie stadium kon hy nie een van hulle herken nie. Daar is op die Valiant geskiet, en toe die oorledene aanry, het Jacob Britae gesien dat die mans hulle agtervolg. Die oorledene het toe 'n ent verder uit die motor geklim en aan die mans, wat nog steeds besig was om nader te kom, gesê "Ishy is dit die 'peace'?" Toe die oorledene sien dat die groep hulle nie aan hom steur nie, het hy weer in die motor geklim en probeer weg-kom, maar hy kon dit nie aan die gang kry nie. Hy het weer uitgeklim en in die rigting van
die/ 10. die groep gestap. Daar is toe op hom geskiet met noodlottige gevolge. Jacob Britae het nie gesien wie dit was wat die oorledene geskiet het nie. Hy het slegs twee van die groep herken, naamlik Richard Timmerman en 'n sekere Munje. Jacob Britae het nie vuurwapens in hulle besit gesien nie. Hy het ook nie die appellant onder die groep gewaar nie. Die appellant Het egter erken dat hy by die groep was maar beweer dat dit Richard Timmerman was wat op die oorledene geskiet het.
(h) Na die voorval is vyf 7,65 mm gevuurde patroon-doppies gevind op die plek waar die skiet-
voorval/
11.
voorval plaasgevind het.
(i) Later daardie selfde dag het die appellant'n plastieksak, met twee vuurwapens daarin, aaneen van die staatsgetuies, Robert Mathews, oorhandigen hom gevra om dit vir hom te hou. Een van dievuurwapens was 'n 7,65 Ceska pistool.
(j) Ballistiese ondersoek het getoon, en dieappellant het erken, dat die vier 7,65 gevuurdepatroondoppies wat op die vloer in die danssaalgevind is (sub paragraaf (f) hierbo) en die vyf7,65 gevuurde patroondoppies wat in Robertslaangevind is (sub paragraaf (h) hierbo) almal afgevuuris in die Ceska pistool wat die appellant die
Saterdag/
12.
Saterdag aan Robert Mathews oorhandig het.Die appellant het self getuig. Dit is nie nodig om breedvoerig op sy getuienis in te gaan nie want soos ek reeds hierbo aangedui het, het hy in baie opsigte Basil Baadjies en Jacob Britae se weergawes van die gebeure in die Coronationsaal en in Robertslaan, onderskeidelik, bevestig. Die appellant het getuig dat hý, Richard Timmerman en nog 'n paar lede van die "Fast Guns"-bende vroeër die betrokke Vrydagaand by "'n stokvel" was. Hy het 'n "Navarone"-pet gedra. Richard Timmerman het niks op sy kop gehad nie. Die appellant het heelwat rum en bier by die "stokvel" gedrink. Toe hulle heelwat
later/ 13. later dié aand besluit om na die Coronationsaal te gaan was hy alreeds sterk onder die invloed van drank. Toe hulle by die saal aankom, het die appellant en een van sy maats, ene Wang, reguit gegaan na die kroeg wat in 'n oop vertrek aan die een end van die saal geleë was. Richard Timmer-man en die ander lede van hulle geselskap is na die dansvloer. Volgens die appellant het hy 'n "Okapi"-mes by hom gehad, maar geen vuurwapen nie. Hy het weer heelwat biere gedrink. Terwyl hy daar naby die kroeg gestaan het, het die twee Britae broers hom skielik beetgepak en hom begin steek. Een steekhou het hom langs die voorkop
getref,/ 14. getref, 'n ander in sy blad. Terwyl hy van hulle probeer loskom, het hulle in die rigting van die dansvloer beweeg. Hy hoor toe skielik Richard Timmerman se stem uitroep "Pasop! Pasop!". Onmiddellik daarna is 'n skoot afgevuur. Die appellant het nie gesien wie die skoot geskiet het nie. Hy het egter dadelik padgegee en ter-wyl hy die saal verlaat, het hy nog 'n aantal skote gehoor. Alhoewel hy beseer is, wou hy nie na die hospitaal gaan nie. Hy wou sy maats gaan soek. Hy het hulle in Robertslaan raakgeloop en by hulle aangesluit. Hy het verder, in breë trekke, Jacob Britae se relaas van die gebeure in
Robertslaan/ 15. Robertslaan bevestig behalwe dat hy ontken het dat hy enige skote afgevuur het en onomwonde gesê het dat dit Richard Timmerman was wat die skote afgevuur het en die oorledene dodelik verwond het. Die appellant het verder getuig dat Richard Timmerman later die Saterdagoggend 'n plastieksak, met twee vuurwapens daarin, na hom gebring het. Hy het gesê dat hy dit later weer sou kom haal. Dit is die sak wat hy toe later dié Saterdag na Robert Mathews geneem het (kyk sub-paragraaf (i) hierbo).
Teen hierdie agtergrond kom ek vervolgens by die betoog namens die appellant.
Daar/
16.
Daar is, in die eerste plek, aangevoer dat die verhoorregter gefouteer het deur Basil Baadjies se getuienis,dat die appellant die skote op die Britae broers sou afgevuur het, te aanvaar. Daar is in dié verband veral gewag gemaak van die omstandighede waarin Basil Baadjies die skietvoorval sou waargeneem het, nl. dat hy 'n entjie van die appellant af was, dat daar 'n hele aantal mense tussen hulle was, en dat die danssaal op daardie tydstip half-donker was. Daar is betoog dat die verhoorregter in die lig van hierdie omstandighede, asook die appellant se uitdruklike ontkenning dat hy die skote afgevuur het, ernstige bedenkinge
moes/ 17. moes gehad het aangaande die betroubaarheid van Basil Baadjies se waarnemings. Ek kan hoegenaamd geen fout vind met die verhoorregter se benadering tot Basil Baadjies se getuienis of met sy gevolg-trekking dat hy dit as geloofwaardig en betroubaar kan aanvaar nie. Basil Baadjies het die verhoor-regter beindruk as 'n geloofwaardige getuie. Dit is ook die indruk wat ek van hom gekry het met die deurlees van sy getuienis. Dit blyk ook uit die uitspraak dat die verhoorregter al die faktore waarna die appellant se advokaat verwys het deeglik oorweeg en tot die slotsom gekom dat hy, desnietemin, Basil Baadjies se uitkenning van
die/ 18. die appellant, as synde die persoon wat die skote afgevuur het, as betroubaar kan aanvaar. Ek stem volkome hiermee saam. Basil Baadjies se uitkenning van die appellant is, soos reeds hierbo aangetoon is, in wesentlike opsigte deur die appellant self bevestig. Basil Baadjies het gesien dat Mervin Britae die appellant met 'n mes aanval, en hy het gesê dat die appellant feitlik onmiddellik daarop gereageer het deur op die Britae broers te skiet. Dit blyk duidelik uit die appellant se eie getuienis dat Basil Baadjies se beskrywing van die mesaanval besonder akkuraat is. Hieruit volg dit dan, na my oordeel, dat
sy/
19. sy waarneming van die skietvoorval ewe-eens as betroubaar aanvaar kan word. Dié twee insidente het immers op feitlik dieselfde tyd en dieselfde plek plaasgevind.,Daar is, in die alternatief, namens die appellant betoog dat die verhoorregter op grond van die bewese feite ten onregte bevind het dat, die appellant ten tyde van die skiet-voorval in Robertslaan in besit was van die be-trokke 7,65 Ceska pistool en vyf skote daarmee afgevuur het. Daar is in dié verband aangevoer dat die moontlikheid dat Richard Timmerman in besit van hierdie vuurwapen was, nie redelikerwys uit-
geskakel/
20.
geskakel kan word nie. Ek kan nie hiermee saam-
stem nie. Die slotsom waartoe die verhoorregtergekom het, lui soos volg:
"The Court finds that the accused was in possession of this weapon throughout both incidents and therefore that it was he who fired -or at least, that he was one of the persons who fired - on the occasion of the second incident in Roberts Avenue. There is no evidence that the accused himself killed Patterson, other than Marble's testimony, which I have already described as complete-ly unreliable. However, it is ob-vious that the shots which were fired at the Roberts Avenue incident, were fired in pursuance of a common pur-pose and the accused must therefore accept legal responsibility, not only for his own acts, but for the acts of others in the group which
attacked/
21.
attacked Peter Patterson in the furtherance of a common purpose."
Ek moet miskien hier net byvoeg dat Richard Timmer-man ten tyde van die verhoor reeds oorlede was.
Die bewese feite is die volgende.
Teen ongeveer 0lh30 was die appellant in besitvan die betrokke vuurwapen en het hy vier skotedaarmee in die Coronationsaal afgevuur. Dieappellant se ontkenning dat hy die skote afgevuurhet, is as onwaar verwerp. Binne 'n halfuurna die voorval in die Coronationsaal, is dieappellant een van die groep van ongeveer 9 manswat by die voorval in Robertslaan betrokke was.
22.
Daar is weer vyf skote met dieselfde vuurwapen afgevuur. Die appellant het nie beweer dat hy inmiddels die vuurwapen aan Richard Timmerman gegee het nie. Hoe dit ook sy, later daardie Saterdagoggend neem die appellant die vuurwapen na die getuie Robert Mathews en laat dit daar by hom. Met die oog hierop is ek van mening dat die verhoorregter se gevolgtrekking die enigste afleiding is wat redelikerwys van die bewese feite gemaak kan word. Die appél teen die skuldigbevinding kan derhalwe nie slaag nie.
Ek kom vervolgens by die appèl teen die vonnis. Daar is nie namens die appellant
aangevoer/
23.
aangevoer dat die verhoorregter 'n mistasting begaan het nie. Dit blyk uit die verhoorregter se uitspraak oor die kwessie van versagtende omstandighede en sy uitspraak in verband met die vonnis, dat hy oorweging geskenk het aan al die relevante feite en omstandighede. Daar is egter betoog dat die vonnis buitensporig swaar is. Ek is hoegenaamd nie oortuig dat dit die geval is nie. Die appellant was 'n volwasse per-soon, hy was 'n lid van 'n roekelose bende en hy het die betrokke aand sonder enige provokasie op die oorledene geskiet. Alles in ag genome, kan dit na my mening nie gesê word dat die
vonnis/
24. vonnis onredelik swaar is nie. Daar is dus geen grond waarop hierdie hof in verband met die vonnis kan ingryp nie.
Die appèl teen die skuldig-bevinding en die vonnis word, derhalwe, afgewys.
TRENGOVE, AR
CILLIé AR ) ) Stem saam NICHOLAS AR )
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.