S v Joseph (A148/10) [2010] ZAWCHC 170 (7 September 2010)
- Citation
- [2010] ZAWCHC 170
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Western Cape High Court, Cape Town
- Panel
- Le Grange, Klopper
- Case number
- A148/10
More details
- Court
- Western Cape High Court, Cape Town
- Panel
- Le Grange, Klopper
- Case number
- A148/10
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The review court found that the questioning conducted by the magistrate under section 112(1)(b) of the Criminal Procedure Act was inadequate, as it failed to establish that the accused admitted all the elements of the offence, particularly the unlawfulness of his conduct. The magistrate herself acknowledged this deficiency and requested that the conviction be set aside. Furthermore, the court held that the magistrate erred in leaving the conditions of corrective supervision to the correctional officer, as it is the duty of the sentencing court to determine and specify such conditions. Accordingly, both the conviction and sentence were set aside, and the matter was remitted to the magistrate for proper questioning and, if appropriate, for the court to specify the conditions of any corrective supervision imposed.
Court disposition
Conviction and sentence set aside; matter remitted to the magistrate for proper inquiry and sentencing.
Orders
- The conviction and sentence are set aside.
- The matter is referred back to the magistrate for proper questioning under section 112(1)(b) of the Criminal Procedure Act.
- If the accused does not admit all elements of the offence, section 113 must be applied.
- If corrective supervision is imposed, the magistrate must specify the conditions thereof.
02
Material facts
Parties
The State
ApplicantJacob Joseph
RespondentAmounts and remedies
- Sentence (original) Imprisonment (months): 12
- Suspension Period (years): 5
- Corrective Supervision (months): 12
03
Procedural history
Posture
Criminal Review / Automatic Review of Conviction and Sentence
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the questioning under section 112(1)(b) of the Criminal Procedure Act was sufficient to establish that the accused admitted all elements of the offence.
- 02
Whether the magistrate was obliged to specify the conditions of corrective supervision in the sentence, rather than leaving them to the correctional officer.
Party arguments
- Applicant
- The State did not present substantive argument, as the matter was referred for automatic review. The review judge raised concerns regarding the adequacy of the questioning under section 112(1)(b) and the failure to specify conditions for corrective supervision.
- Respondent
- The accused pleaded guilty and answered questions during the inquiry, but did not explicitly admit the unlawfulness of his conduct at the time of the offence. The magistrate conceded in retrospect that the questioning was insufficient and requested that the conviction be set aside.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Nyanga 2004 (1) SACR 198 (C)
A conviction on a guilty plea under section 112(1)(b) of the Criminal Procedure Act is only proper if the accused's admissions cover all elements of the offence, both factual and legal.
- 02
S v Ndaba 1993 (1) SACR 637 (A)
The sentencing court must itself determine and specify the conditions of corrective supervision; it is not permissible to leave this entirely to the discretion of the correctional officer.
- 03
S v Diniso 1999 (1) SACR 532 (C)
If the admissions do not cover all elements of the offence, the court must apply section 113 of the Criminal Procedure Act and enter a plea of not guilty.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The review court found that the questioning conducted by the magistrate under section 112(1)(b) of the Criminal Procedure Act was inadequate, as it failed to establish that the accused admitted all the elements of the offence, particularly the unlawfulness of his conduct. The magistrate herself acknowledged this deficiency and requested that the conviction be set aside. Furthermore, the court held that the magistrate erred in leaving the conditions of corrective supervision to the correctional officer, as it is the duty of the sentencing court to determine and specify such conditions. Accordingly, both the conviction and sentence were set aside, and the matter was remitted to the magistrate for proper questioning and, if appropriate, for the court to specify the conditions of any corrective supervision imposed.
Obiter and limits
- The court emphasized that the judicial officer must personally ensure that all elements of the offence are admitted before convicting on a guilty plea.
- It is generally incorrect for the court to delegate the determination of essential components of a sentence, such as the conditions of corrective supervision, to another official.
Court disposition
Conviction and sentence set aside; matter remitted to the magistrate for proper inquiry and sentencing.
- The conviction and sentence are set aside.
- The matter is referred back to the magistrate for proper questioning under section 112(1)(b) of the Criminal Procedure Act.
- If the accused does not admit all elements of the offence, section 113 must be applied.
- If corrective supervision is imposed, the magistrate must specify the conditions thereof.
Source and reliance status
Western Cape High Court, Cape Town
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Western Cape High Court, Cape Town
Judgment
THE
REPUBLIC OF SOUTH AFRICA
IN DIE HOe HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOe HOF, KAAPSTAD)
SaakNr: A148/10
Hoe Hof Nr: 10630
Landdroshof Nr: 12/2010
In die saak tussen:
DIE
STAAT
teen
JACOB
JOSEPH
CORAM LE
GRANGE R
KLOPPER WnR
UITSPRAAK KLOPPER WnR
DATUM
VAN VERHOOR GEEN
DATUM VAN UITSPRAAK 7 SEPTEMBER 2010
RAPPORTEERBAAR
Saak No: A148/10
Landdros No: 12/2010
HERSIENINGSUITSPRAAK : GELEWER OP 7 SEPTEMBER 2010
Hierdie saak dien voor my nadat dit verwys is vir outomatiese hersiening.
Die beskuldigde, 'n 52 jarige man, het in die distrikhof te Mosselbaai verskyn weens 'n oortreding van Artikel 17 (a) van die Wet op Gesinsgeweld.1
Die beskuldigde het verkies om sy eie verdediging waar te neem en het op die aanklag skuldig gepleit. Na ondervraging ingevolge die bepalings van Artikel 112 (1) (b) van die Strafproseswet, 51 van 1977 (hierna "die Wet "genoem) is die beskuldigde skuldig bevind soos aangekla.
Die beskuldigde is gevonnis tot 12 (twaalf) maande gevangenisstraf wat in geheel opgeskort was vir 5 (vyf) jaar op bepaalde voorwaardes en daarbenewens en ingevolge Artikel 276 (1) (h) van die Wet, tot 12 (twaalf) maande korrektiewe toesig.
Na oorweging van die oorkonde het ek die volgende versoek aan die
verhoorlanddros gerig:
"Die landdros word versoek om haar redes vir skuldigbevinding te verskaf met spesifieke verwysing na die volgende aspek asseblief:
Was die ondervraging ingevolge Art 112 (1) (b) van Wet 51 van 1977 voldoende om vas te stel dat die beskuldigde al die elemente van die oortreding erken? Die landdros word vender versoek om aan te dui waarom die voorwaardes van die vonnis van komektiewe toesig nie deur die hofbepaal is nie, maar oorgelaat is aan die korrektiewe beampte. Is ditnie die hofse plig om die voorwaardes te bepaal en te omskryfin die opgelegde vonnis? (Sien S v Ndaba 1993 (1) SACR 637 (A))".
Die Verhoorlanddros se antwoord is soos volg:
"In retrospek, die ondervraging ingevolge artikel 112(1) (b) Wet 51/77 verwys, erken die beskuldigde nie die wedenegtelikheid van sy optrede ten tye van die plaasvind van die gebeure nie. Hierdie oorsig word betreur, en u word versoek om die skuldigbevinding ter syde te stel. Skrywer was van oordeel dat die voorwaardes van die Korrektiewe beampte genoegsaam was".
Die ondervraging van die verhoorlanddros was soos volg:2
"Hof: Die hofgaan nou vrae vra aan u om seker te maak dat u wel skuldig is. Pleit u
vrywillig skuldig of is daar iemand wat u dwing om skuldig te pleit?
Beskuldigde: Vrywillig, edele.
Hof: Is daar 'n gesinsgeweldinterdik teen u?
Beskuldigde: Ja, edele.
Hof: Het u op die 22ste Januarie hierdie jaar vir die klaagster - ek neem aan dit is u vrou - is ditreg? Beskuldigde: Dit is korrek. Beskuldigde: Yes, edele.
Hof: Het u vir haar hierdie woorde gese soos wat die aanklaer nou uitgelees het? Beskuldigde: Ja, edele.
Hof: Het u ook vir haar gedreig om haar vrek te maak?
Hof: Nou hoekom het u dit gedoen?
Beskuldigde: Edele, dit was net in 'n oomblik dat ek my humeur verloor het. Maar oor die algemeen slaan ek nie aan my vrou en ek het... (tussenbei)
Hof: Ek praat nie van slaan nie.
Beskuldigde: Ek het net daardie oomblik kop verloor, edele.
Hof: Het u geweet u is besig om die bepalings van die interdik te oortree toe u dit se? Beskuldigde: Ek het nie daardie, in daardie oomblik daaraan gedink nie, edele. Hof: Het u later daaraan gedink? Beskuldigde: Ja, edele.
Hof: Met ander woorde het u geweet u optrede is verkeerd en strafbaar? Beskuldigde: Dit is verkeerd, edele."
Ondervraging ingevolge Artikel 112 (1) (b) van die Wet is basies 'n proses wat uit twee komponente bestaan. Eerstens en deur middel van gepaste vrae word diefeitlike basis van die pleit van skuldig ondersoek. Tweedens en op dieselfde wyse word die wetlike basis van die pleit vasgestel.3
Dit is slegs indien die hof tevrede is dat die erkennings van die beskuldigde al die elemente van die misdryf dek dat die hof die
beskuldigde skuldig kan bevind.4
In die onderhawige geval was dit na my mening nodig om die volgende feite tydens ondervraging vas te stel:
(i) Dat daar 'n beskermingsbevel uitgereik is en dat die beskuldigde kennisdra van die inhoud daarvan met inbegrip van wat hy beveel is om te doenof verbied word om te doen;
(ii) Dat die beskuldigde deur latere optrede die bevel in (i) genoem oortree enverontagsaam het;
(iii) Dat die beskuldigde geweet het wat die gevolge van sy latere optrede in(ii) sou wees, nl: 'n wederregtelike verontagsaming of oortreding van diebevel en dus die pleging van 'n misdryf.
Die ondervraging soos supra aangedui het na my mening in meer as een opsig tekortgeskiet en kon die hof a quo nie in die omstandighede tevrede gewees het dat al die elemente van die misdryf deur die beskuldigde erken word nie.
In die omstandighede is ek van mening dat dit gepas sou wees om die skuldigbevinding en vonnis tersyde te stel en die aangeleentheid
kragtens Artikel 312 (1) van die Wet na die verhoorlanddros terug te verwys vir behoorlike
ondervraging ingevolge Artikel 112 (1) (b) van die Wet. Indien die hof nie tevrede is dat al die elemente van die misdryf deur die beskuldigde erken word nie moet die bepalings van Artikel 113 van die Wet toegepas word.
Indien die verdere proses sou lei tot 'n skuldigbevinding en die hof van mening is dat korrektiewe toesig gepas sou wees, is dit die plig van die voorsittende beampte om die voorwaardes daarvan te bepaal en nie slegs oor te laat aan die korrektiewe beampte nie. Dit is tog die hof se vonnis en dus vir die hof om dit behoorlik te formuleer. In S v Ndaba5 word die posisie met respek gese duidelik deur Kriegler WnAR (soos hy destyds was) uiteengesit:
"Die hofbehoort in die reel egter nie sommer breedweg 'n vonnis van kon-ektiewe toesig op te le en die komponente daarvan aan die goeddunke van die korrektiewe beampte oor te laat nie. Dit sou ook oor die algemeen verkeerd wees om die inhoud van 'n wesentlike
komponent geheel en al aan vasstelling deur die korrektiewe beampte oor te laat..."
Voorts verklaar die geleerde Regter:6
"Juis vanwee die veelsoortigheid van die onderhawige strafvorm en die knelpotensiaal van bepaalde komponente daarvan (byvoorbeeld huisarres of diensverrigting) betaam dit 'n regtelike straftoemeter om paal en perk te stel aan die straf wat hy ople. Die feit dat bykomende administratiewe handelinge deur andere geneem mag word, ontneem 'n regspreker geensins van die plig om die geregtelike fase van straftoemeting, waarvoor hy verantwoordelik is, ooreenkomstig geykte norme te laat verloop nie."
Die landdros word dus versoek om hierdie beginsels in gedagte te hou indien korrektiewe toesig weereens opgele moet word.
Ek stem saam. Die skuldigbevinding en vonnis word tersyde gestel. Die saak word terugverwys vir die landdros om dienooreenkomstig die reg daarmee te handel.
LE
GRANGE R
1 Wet 116 van 1998.
2 bl 1 - 3 van die oorkonde.
3 Sien S v Nyanga 2004 (1) SACR 198 (C) op 201 b - e
4 Sien S v Diniso 1999 (1) SACR 532 (C) op 533 g - h.
5 1993 (1) SASV 637 (A) op 642 d - e
6 op 642 f
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.