S v Kamangana and Another (SS106/2003) [2003] ZAWCHC 78 (27 May 2003)
The court found that accused 1 had intimate knowledge of the break-in, removal of property, and the strangulation of the deceased, supported by fingerprint evidence and voluntary pointing-out. This knowledge could only have been acquired through direct involvement. Although the evidence did not exclude the...
Source-derived case information.
- Citation
- [2003] ZAWCHC 78
- Parties
- Applicant: The State; Defendant: Christopher Kamangana; Defendant: Malolo Nazi; Defendant: Nolan Nkomo
- Court
- Western Cape High Court, Cape Town
- Jurisdiction
- South Africa
- Case Number
- SS106/2003
- Procedural Posture
- Criminal Trial / Judgment
- Outcome
- Accused 1 is convicted of housebreaking with intent to steal, robbery with aggravating circumstances, and murder. Accused 2 is convicted of theft and acquitted on other charges. Accused 3 is acquitted on all charges.
- Judges
- Veldhuizen
- Legal Topics
- Housebreaking, Robbery With Aggravating Circumstances, Murder, Theft, Criminal Liability, Fingerprint Evidence
Source-derived case record
Summary, issues, holding and outcome
More case intelligence is available
Unlock the full research layer for this judgment.
Parties
The State
Applicant
Christopher Kamangana
Defendant
Malolo Nazi
Defendant
Nolan Nkomo
Defendant
Procedural Posture
Criminal Trial / Judgment
Legal Issues
- 1 Whether the accused are guilty of housebreaking with intent to steal, robbery with aggravating circumstances, murder, and theft.
- 2 Whether the evidence proves beyond reasonable doubt the involvement of each accused in the crimes charged.
- 3 Whether the admissions and pointing-out by accused 1 were made freely and voluntarily.
Ratio Decidendi
The court found that accused 1 had intimate knowledge of the break-in, removal of property, and the strangulation of the deceased, supported by fingerprint evidence and voluntary pointing-out. This knowledge could only have been acquired through direct involvement. Although the evidence did not exclude the possibility that accused 1 broke in with intent to steal rather than to rob, the subsequent killing of the deceased to facilitate removal of property constituted robbery with aggravating circumstances. The manner and duration of the strangulation demonstrated direct intent to kill, justifying a conviction for murder. Accused 2 and 3 were found in the stolen vehicle, but there was...
Court Disposition
Accused 1 is convicted of housebreaking with intent to steal, robbery with aggravating circumstances, and murder. Accused 2 is convicted of theft and acquitted on other charges. Accused 3 is acquitted on all charges.
Orders
- Accused 1 is found guilty on count 1 (housebreaking with intent to steal), count 2 (robbery with aggravating circumstances), and count 3 (murder).
- Accused 2 is found not guilty on count 1 and count 3, but guilty on count 2 (theft).
Full Case Text
Judgment text and source record
62 paragraphs
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDEL1NG)
SAAKNOMMER: SS. 106/2003
DATUM: 27 MEI 2003
In die saak tussen:
DIE STAAT
en
CHRISTOPHER KAMANGANA
MALOLO NAZI
NOLAN NKOMO
UITSPRAAK
VELDHUIZEN. R:
Die beskuldigdes staan tereg op drie aanklagte. In die Akte van Beskuldiging word dit hulle ten laste gele dat hulle gedurende die
nag van 10/11 Julie 2001 en te Kerkstraat 57, Strand, eerstens wederregtelik en opsetlik die woning van Pieter Jacobus Anthony
van Litsenborgh ("die oorledene") oopgebreek en binnegegaan het met die opset om hom te
beroof; tweedens wederregtelik en opsetlik vir die oorledene aangerand het en met geweld 'n televisiestel, 'n radiokassetspeler, 'n broodrooster, 'n ketel, 'n 6.35mm Star pistool met reeksnommer C1574070, 'n 6.35mm Ortgies pistool met reeksnommer 173595, skoene en 'n Ford Sierra motorvoertuig met registrasienommer CFM35622, die oorledene se eiendom, uit die oorledene se besit verwyder het en hom aldus daarvan beroof het; en derdens wederregtelik en opsetlik die oorledene gedood het deur hom te verwurg en/of te versmoor.
Op hierdie aanklagte het al drie beskuldigdes onskuldig gepleit. Beskuldigde 1 het ingevolge artikel 115 van die Strafproseswet, nr. 51 van 1977, ontken dat hy by die huisbraak, roof of moord van die oorledene betrokke was. Hy het verder ontken dat hy die bedoeling om die oorledene te beseer of te vermoor gehad het en het ook ontken dat hy die bedoeling gehad het om huisbraak te pleeg of die oorledene te beroof. Beskuldigdes 2 en 3 het geen pleitverduideiiking aangebied nie.
Gedurende die nag van 10/11 Julie 2001 is daar by die woonhuis van die oorledene te Kerkstraat 57, Strand, ingebreek. Toegang is tot die woning verkry deur die slot van 'n agterdeur, gemerk F op foto's 11 en 12 in Bewysstuk B, uit te breek en sodoende die deur oop te forseer.
Die oorledene was in sy bed in die hoofslaapkamer. Een of 5 meer van die inbrekers het 'n skoenveter om die oorledene se nek gedraai en hom daarmee verwurg. Die inbrekers het die oorledene se televisiestel, radiokassetspeler, broodrooster, ketel en skoene uit die huis verwyder en hulle het daarna die toneel in die oorledene se Ford Sierra motorvoertuig verlaat. 10 Daar kan nie met sekerheid gese word dat die twee pistole op daardie tyd in die huis was nie en gevolglik word geen bevinding ten opsigte daarvan gemaak nie.
Volgens die getuienis van die oorledene se buurvrou, mev 15 Elizabeth van der Walt, het die gebeure hulle waarskynlik tussen kwart oor elf en halftwaalf op 10 Julie 2001 afgespeel. Die inbrekers het bierblikke en 'n omhulsel, waarin bier normaalweg gepak word, in 'n verhewe blombedding op die toneel agtergelaat. Die bierblikke en omhulsel word aangedui 20 op foto's 7 tot 11 in Bewysstuk B.
Gedurende die vroee oggendure van 12 Julie 2001 was konstabel Sizani en sersant Maritz op patrollie in die Strand. Hulle het besluit om 'n ligblou Ford Sierra motorvoertuig met 25 registrasienommer CFM35622 te volg. Hulle navraag by radiobeheer het aan die lig gebring dat dIt 'n gesteelde motorvoertuig is. Dit is gemene saak dat hierdie motorvoertuig die eiendom van die oorledene was. Hulle het die hulp van
hulle kollegas ingeroep en die motorvoertuig is in die hoofpad na Gordonsbaai sonder weerstand tot stiistand gebring.
Beskuldigde 3 was agter in die motorvoertuig terwyl beskuldigdes 1 en 2 voor in die motorvoertuig was. Bogenoemde feite is of gemene saak of ten minste onbetwis.
Om die bewyslas wat op hom rus te oorkom, het die Staat die volgende getuienis aangebied: Die getuienis van die vingerafdrukdeskundige,
inspekter Basil Anthony Sandy, toon onomwonde dat beskuldigde 1 se vingerafdrukke op die regter voordeurraam van die oorledene se motorvoertuig gevind is. Hy het ook vingerafdrukke van beskuldigde 1 se regterwysvinger en linkerduim op twee van die bierblikke waarna hierbo verwys is, gevind. Op die regter agterdeur naby die modderskerm asook die linker agterdeurkosyn van die oorledene se motorvoertuig het die getuie palmafdrukke van beskuldigde 3 gevind. Ook volgens die vingerafdrukdeskundige, kaptein L P Dirkse, stem die vingerafdruk van beskuldigde 1 se regter wysvinger ooreen met die vingerafdruk wat konstabel Charlton Henry Hess, 'n vingerafdrukondersoeker in diens van die Suid-Afrikaanse
Polisiediens, vanaf die plastiekomhulsel, waarna ek hierbo verwys het, gelig het. Dit dien gemeld te word dat hierdie
vingerafdrukke, na die mening van inspekteur Sandy, nie ouer as 'n dag of twee was nie.
Die getuienis van die oorledene se seun, Roy van Litsenborgh, was dat beskuldigde 1 tydens arrestasie 'n paar skoene wat die eiendom van die oorledene was, gedra het. Hy het verder getuig dat hoewel die paar seilskoene wat beskuldigde 2 aangehad het, lyk soos die skoene wat hy by 'n vorige geleentheid vir sy vader gekoop het, hy nie die skoene met sekerheid kan uitken as sy vader se eiendom nie. Dat hierdie egter die skoene van die oorledene was, blyk duidelik uit die getuienis van inspekteur A M Cilliers, waarna ek vervolgens verwys.
Gedurende die loop van die dag van 12 Julie 2001 het die ondersoekbeampte, inspekteur A M Cilliers, 'n onderhoud met beskuldigde 2 gevoer. Op pad terug na die potisieselle, het beskuldigde 2 aan haar genoem dat hy nog die oorledene se 20 skoene aan het. Hy het dit daarna uitgetrek en aan inspekteur Cilliers oorhandig.
Op dieselfde dag het sy en haar kollega Rautenbach vir beskuldigde 1 uit die polisieselle gehaal met die doel om 25 verdere ondersoek te doen. Hy is wee re ens van sy regte ingelig. Op pad na die polisiestasie te Bishop Lavis het beskuldigde 1 aan Cilliers genoem dat hy sekere gesteelde eiendom wil uitwys. Volgens sy aanwysings is hulle toe na
Nkoshlastraat 59, Mfuleni. By hierdie adres het hulle ene Cynthia Tuolana aangetref. Met haar toestemming is die huis deursoek en is daar op die oorledene se televisiestel, radiokassetspeler, ketel en rooster beslag gele. Dat hierdie uitwysing van beskuldigde 1 vry en bereidwillig sonder enige onbehoorlike be'invloeding en terwyl hy by sy voile positiewe was, gedoen is, is nie tydens kruisverhoor in twyfel getrek nie.
Nadat beskuldigde 1 aan Cilliers gemeld het dat hy bereid was om sekere verdere uitwysings te doen, het sy op 16 Julie 2001 met kaptein Brink gereel om beskuldigde 1 tydens die 15 uitwysings te vergesel. Op 17 Julie 2001 het kaptein Brink en 'n kollega van hom, kaptein Coetzee, vir beskuldigde 1 uit die polisieselle gehaal met die doel dat hy aan hulle sekere uitwysings kan doen. Hy is weereens van sy regte ingelig.
Beskuldigde 1 het ontken dat sy uitwysings vry en bereidwillig gedoen was en 'n verhoor-binne-'n-verhoor is daarna gehou. Dat hy volledig aangaande sy regte ingelig is, is nie tydens kruisondervraging betwis nie. Dit is egter gestel dat een van die sekuriteitspersoneel, wat die oorledene se huis opgepas het, vir beskuldigde 1, toe hulle tydens die uitwysing by die huis opgedaag het, sou gedreig het om die uitwysing te doen. Volgens die getuienis van kaptein Brink sou so iets nie moontlik gewees het nie, en kaptein Coetzee het dit tydens kruisondervraging ontken.
Toe beskuldigde 1 getuienis afgele het, het hy getuig dat die sekuriteitsbeampte aan die polisie sou gese het dat as hy (beskuldigde 1) nie sy samewerking gee nie, moet hulle hom na die sekuriteitsbeampte bring. Hy sou gese het dat hy al lankal vir hom wag en dat hy sal bliksem. Tydens kruisondervraging het beskuldigde 1 dit egter duidelik gestel dat die dreigement geen invloed op hom gehad het nie, aangesien hy in ieder geval begerig was om die uitwysings te doen. In die omstandighede kan daar geen sprake wees daarvan dat beskuldigde 1 onder dreigement van geweld die uitwysings gedoen het nie. Enige bewering dat hy nie vry en bereidwillig en sonder onbehoorlike beinvloeding die uitwysings gedoen het nie, is tydens die verhoor-binne-'n-verhoor deur sy advokaat laat vaar. Bygevolg is bevind dat die uitwysings toelaatbaar is.
Hoe presies die uitwysings verloop het, verskyn op bladsy 12 van Bewysstuk N1. Nadat beskuldigde 1 aan die polisie verduidelik het hoe om by die oorledene se huis uit te kom, het hulle om 11:13 vm. Voor die oorledene se huis stilgehou. Die uitwysings lees daarna soos volg:
"11:16 Wys nek uit agter huis waar hulle slot afgebreek het.
11:17 Wys agterdeur uit wat oopgebreek is deur hulle. Hy het crowbar vasgehou.
11:19 Staan by agterdeur aan binnekant van huis waar hulle toegang verkry het. Stap deur huis en wys vertrekke uit waar hulle geloop het.
11:23 Wys waar hulle televisie en Hi-fi geneem het.
11:24 Wys kamer uit waar karsleutels gesoek was.
11:25 Wys houer uit by voordeur waar hulle
sleutels gekry het.
11:28 Wys waar hulle die man in die bed gevind het en waar hy die man gewurg het.
11:29 Wys buite waar motor getaan het en hek wat hulle oopgemaak het om uit te ry.
11:30 Staak uitwysing."
Volgens kaptein Brink het beskuldigde 1 aan hom gedemonstreer dat hy met sy een voet op die bed gestaan het terwyl hy met sy hande om 'n kussing gewys het dat hy die oorledene om die nek gewurg het.
Ons moet nou beslis of hierdie getuienis bo redelike twyfel bewys dat die drie beskuldigdes aan die ten laste gelegde misdrywe skuldig is. Na ons mening toon die getuienis dat beskuldigde 1 intieme kennis het van die inbraak, die 10 verwydering van die oorledene se eiendom en die verwurging van die oorledene. Hierdie kennis kon hy slegs opgedoen het indien hy ten nouste by die inbraak betrokke was. Hierdie gevolgtrekk'mg word gestaaf deur die feit dat sy vingerafdrukke op die bierblikke en die bierblikomhulsel gevind is,
Ons meen egter nie dat die getuienis die afleiding, as synde die enigste redelike afleiding, regverdig dat beskuldigde 1 by die huis ingebreek het met die opset om te roof nie. Hy kan net sowel by die huis ingebreek het met die opset om te steel. 20 Sodanige opset is eweseer te versoen met die getuienis en die bewese feite.
Dit is egter duidelik dat die oorledene geneutraliseer moes word sodat hy die oorledene se goed kon verwyder. Deur die oorledene te dood, is enige weerstand wat hy kon bied teen die verwydering van sy eiendom vermy. Dit stel die misdaad van roof daar.
Die volgende vraag wat beantwoord moet word is of die Staat bewys het dat beskuldigde 1 die nodige opset gehad het om 'n skuldigbevinding aan moord te regverdig. Hier moet in gedagte gehou word dat die oorledene 'n feitlik weerlose man van 83 jaar was. Die geweld was gemik na sy nek wat 'n groot lewensrisiko inhou. Die drukking aan sy nek moes vir 'n 10 aansieniike tyd volgehou gewees het. Die beskuldigde moes letterlik kon voel hoe die lewe die oorledene verlaat. Na ons mening, toon al hierdie feite en omstandighede onteenseglik dat beskuldigde 1 die direkte opset gehad het om die oorledene te dood. Hy is gevolglik SKULDIG. aan moord.
Die getuienis teen beskuldigdes 2 en 3 is dat hulle in die oorledene se motorvoertuig is. Inderdaad het hulle reeds so vroeg as 9:00 nm. Op 11 Julie 2001 in die oorledene se kar gery. Die enigste ander getuienis is die van inspekteur 20 Cilliers dat beskuldigde 2 die oorledene se skoene gedra het en volgens sy eie mededeling sou hy geweet het dat dit die oorledene se eiendom is.
Na ons mening kan dit egter nie bo redelike twyfel bevind word dat hulle by die inbraak, roof en dood van die oorledene betrokke was nie. Dit is ewe moontlik dat hulle eers betrokke geraak het nadat daar by die oorledene se huis ingebreek is en nadat die eiendom reeds verwyder is.
Beskuldigdes 2 en 3 se teenwoordigheid in die motor maak hulle ook nie medepligtiges tot die diefstai van die motorvoertuig nie. Hulle het geen onttrekkingshandeh'ng ten opsigte van die motor verrig nie. (Sien in die verband R v BRAND 1960(3) SA 637 (AD)). Beskuldigde 2 het egter, met kennis van die feit dat die skoene wat hy tydens arrestasie aangehad het, van die oorledene gesteel is, dit vir homself toegeeien. Beskuldigdes 2 en 3 moet gevolglik onskuldig bevind word aan die ten laste gelegde misdade, maar beskuldigde 2 moet skuldig bevind word aan diefstai.
Die bevindinq van die Hof is dus soos volg:
Beskuldigde 1: Aanklag 1 - SKULDIG aan huisbraak met die opset om te steel
Aanklag 2 - SKULDIG aan roof met verswarende omstandighede.
Aanklag 3 - SKULDIG aan moord.
Beskuldigde 2: Aanklag 1- ONSKULDIG
Aanklag 2- SKULDIG aan diefstai.
Aanklag 3- ONSKULDIG
Beskuldigde 3: ONSKULDIG aan alle aanklagte.
VELDHUIZEN, R