S v Kiwido (CA & R 139/2002) [2002] ZANCHC 28 (22 November 2002)
- Citation
- [2002] ZANCHC 28
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- Majiedt, Lacock
- Case number
- CA & R 139/2002
More details
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- Majiedt, Lacock
- Case number
- CA & R 139/2002
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The appellate court found no basis to interfere with the magistrate's findings of fact or credibility assessments, as the trial court had the advantage of observing the witnesses and subjected them to thorough cross-examination. The words used by the appellant, calling the complainant a 'racist' and a 'crook' in a public meeting, constituted a serious violation of dignity and met the requirements for crimen iniuria. The court accepted that the appellant acted with at least dolus eventualis. On sentence, the court held that while the magistrate correctly considered the seriousness of the offence and public interest, insufficient weight was given to mitigating factors, including the emotional context of the meeting and comparable sentences in similar cases. The sentence was found to be shockingly inappropriate and was replaced with a wholly suspended sentence, aligning with precedent.
Court disposition
Conviction confirmed; sentence set aside and replaced with wholly suspended sentence.
Orders
- The appellant's conviction for crimen iniuria is confirmed.
- The sentence imposed by the magistrate is set aside and replaced with a fine of R1200 or 6 months' imprisonment, wholly suspended for 5 years on condition that the appellant is not convicted of crimen iniuria committed during the period of suspension.
02
Material facts
Parties
Martin Emanuel Kiwido
AppellantThe State
Respondent Counsel: Adv E KammiesAmounts and remedies
- Fine Imposed: ZAR 1,200
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the appellant was correctly convicted of crimen iniuria on the facts accepted by the trial court.
- 02
Whether the sentence imposed by the magistrate was shockingly inappropriate and warranted interference on appeal.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that the magistrate erred in rejecting his version in favour of the State's, and that he had the right to disagree with the complainant during the meeting and to point out alleged dishonesty or discrimination. He further contended that the prosecutor and magistrate were biased against him, though no evidence supported this claim. On sentence, he submitted that the penalty was excessive compared to similar cases, notably S v Steenberg, and that the mitigating circumstances were not properly considered.
- Respondent
- The respondent maintained that the trial court's findings of fact were correct and should not be interfered with absent material misdirection. The State argued that the words used by the appellant were seriously injurious to the complainant's dignity and that the conviction for crimen iniuria was justified. Regarding sentence, the respondent relied on the public interest in deterring such conduct among municipal officials and union representatives.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Hadebe and others 1997 (2) SACR 642 (A) at 645 e-f
Appellate courts will not interfere with findings of fact by the trial court unless there is a demonstrable and material misdirection or the evidence shows the findings to be clearly wrong.
- 02
Snyman, Criminal Law, 4th edition at 466
Crimen iniuria is the unlawful, intentional and serious violation of the dignity or privacy of another.
- 03
S v Steenberg 1999 (1) SACR 594 (N) at 597 g
Dolus eventualis is sufficient to establish intent for crimen iniuria.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The appellate court found no basis to interfere with the magistrate's findings of fact or credibility assessments, as the trial court had the advantage of observing the witnesses and subjected them to thorough cross-examination. The words used by the appellant, calling the complainant a 'racist' and a 'crook' in a public meeting, constituted a serious violation of dignity and met the requirements for crimen iniuria. The court accepted that the appellant acted with at least dolus eventualis. On sentence, the court held that while the magistrate correctly considered the seriousness of the offence and public interest, insufficient weight was given to mitigating factors, including the emotional context of the meeting and comparable sentences in similar cases. The sentence was found to be shockingly inappropriate and was replaced with a wholly suspended sentence, aligning with precedent.
Obiter and limits
- Calling someone a racist in the current democratic order can seriously impair their dignity and reputation.
- Emotions ran high during the meeting, and it is expected that people may say things they later regret, but this does not excuse the conduct.
- Responsible persons in leadership positions should not use injurious language, but mitigating factors must be properly weighed in sentencing.
Court disposition
Conviction confirmed; sentence set aside and replaced with wholly suspended sentence.
- The appellant's conviction for crimen iniuria is confirmed.
- The sentence imposed by the magistrate is set aside and replaced with a fine of R1200 or 6 months' imprisonment, wholly suspended for 5 years on condition that the appellant is not convicted of crimen iniuria committed during the period of suspension.
Source and reliance status
Northern Cape High Court, Kimberley
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Northern Cape High Court, Kimberley
Judgment
Verslagwaardig: Ja / Nee
Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saakno: CA & R 139/2002
Datum verhoor: 2002-11-25
Datum gelewer: 2002-11-25
In die appél van:
MARTIN
EMANUEL KIWIDO APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram: MAJIEDT R et
LACOCK R
UITSPRAAK OP APPéL
MAJIEDT R:
Die appellant is skuldig bevind op ân aanklag van crimen iniuria. Hy het aanvanklik onskuldig gepleit en is na skuldigbevinding gevonnis tot ân boetestraf van R1200 of 6 maande gevangenisstraf, waarvan die helfte (R600 of 3 maande gevangenisstraf) opgeskort was vir ân periode van 5 jaar op bepaalde voorwaardes. Die appellant kom nou in hoër beroep teen sy skuldigbevinding en vonnis.
Hierdie voorval het plaasgevind op 23 Julie 2001 te Victoria-Wes. Op daardie stadium was die appellant die stadsekretaris van die Ubuntu Munisipaliteit (die saamgesmelte munisipaliteit van Loxton, Richmond en Victoria-Wes, hierna genoem âdie raadâ). Hy was ook die verteenwoordiger van die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie,ân vakbond. Op die stadium toe hierdie voorval plaasgevind het, was die klaer Mnr. Van Heerden, voorsitter van die raad se finansiële komitee. Op daardie bepaalde datum is ân vergadering gehou tussen amptenare van die raad sowel as die plaaslike arbeidsforum wat die raad se werknemers se verteenwoordigers was. Die vergadering het gehandel oor ân finalisering van ân organogram en daarmee gepaardgaande die raad se finansiële probleme. Tydens hierdie vergadering wat in die stadsaal gehou is, het die appellant na bewering die klaer bestempel as ân rassis en as ân skelm. Laasvermelde weergawe is van staatsweë voorgehou deur die klaer self en ene Mnr Mcintosh, wat ook ân raadslid by die gemelde munisipaliteit was en teenwoordig was by die betrokke vergadering.
Die appellant en sy getuie het nie heeltemal met hierdie weergawe saamgestem nie en het hulle beweer dat die appellant bloot vir die klaer gesê het dat hy rassisties optree. Die appellant het heeltemal ontken dat hy die klaer ân skelm genoem het.
Die appellant was regsverteenwoordig deur ân plaaslike prokureur tydens die verhoor. Op appél voor ons het hy egter self sy appél behartig en is die betoogshoofde ook deur hom self opgestel. Een van die gronde van die appél is dat die staatsaanklaer en die landdros teenoor die appellant bevooroordeeld was. Hierdie aspek blyk nie uit die rekord van die verrigtinge self nie en by ân gebrek aan enige ander getuienis, is ek heeltemal tevrede dat die betrokke grond van appél geen meriete het nie.
Wat die meriete van die skuldigbevinding self aanbetref wil dit my voorkom dat dit die appellant se saak is dat die landdros gefouteer het deur die verdedigingsweergawe te verwerp ten gunste van dié van die staat. Verder blyk dit ook dat die appellant aanvoer dat hy die reg gehad het om te verskil van die klaer tydens die vergadering en dat hy die reg gehad het om uit te wys waar die klaer òf leuenagtig opgetree het òf gediskrimineer het by die voorhou van sekere inligting aan die vergadering, te wete die salarisse wat swart werknemers verdien het.
Die bevoegdhede van ân Hof van Appél ten aansien van feitebevindinge is nou alreeds welbekend. In dié verband het Marais AR, in S v Hadebe and others 1997(2) SASV 642 (A) te 645 e-f dit as volg gestel:
âBefore considering these submissions it would be as well to recall yet again that there are well-established principles governing the hearing of appeals against findings of fact. In short, in the absence of demonstrable and material misdirection by the trial Court, its findings of fact are presumed to be correct and will only be disregarded if the recorded evidence shows them to be clearly wrong. The reasons why this deference is shown by appellate Courts to factual findings of the trial court are so well known that restatement is unnecessary.â
Op die oorkonde voor ons is daar geen aanduiding dat die landdros gefouteer het in sy geloofwaardigheidsbevindinge nie. Die landdros het die voordeel gehad om die getuies self waar te neem en is al die getuies onderwerp aan deurtastende kruisondervraging deur die appellant se prokureur en die staatsaanklaer onderskeidelik. Daar bestaan geen wesenlike weersprekinge in die staatsaak nie en is die staat se weergawe op die waarskynlikhede aansienlik meer aanvaarbaar as dié van die appellant en sy getuie. In die omstandighede is ek dus tevrede dat daar geen basis is op grond waarvan ons op die landdros se feite- en geloofwaardigheidsbevindinge kan inmeng nie.
Die volgende vraag wat ontstaan is of die appellant hom skuldig gemaak het aan die misdryf van crimen iniuria op die bewese feite soos bevind deur die landdros. Snyman, Strafreg, 4de uitgawe te 466 omskryf die betrokke misdryf as volg:
âCrimen iniuria is die wederregtelike, opsetlike en ernstige aantasting van die waardigheid of privaatheid van ân ander.â
In hierdie geval het die klaer getuig dat sy eer gekrenk en sy waardigheid aangetas was deur die woorde wat die appellant hom toegesnou het. Daar is by my geen twyfel nie dat dit inderdaad ân aantasting van ân persoon se waardigheid sal wees om hom in die openbaar by ân vergadering soos in die onderhawige geval as ân skelm uit te kryt. Die woorde per se sou enige regdenkende persoon se dignitas aantas en sou dit ook so beskou word wanneer die mores van ons samelewing van vandag inaggeneem word.
Ek is verder die mening toegedaan dat om ân persoon ân rassis te noem in ons huidige demokratiese bestel ook ân persoon se dignitas kan aantas. Die klaer het getuig tydens die verhoor dat hy die term rassis beskou as ân persoon wat nie vir persone van ân ander ras hoegenaamd omgee nie. Ek is die mening toegedaan dat hierdie ân korrekte en algemeen aanvaarbare omskrywing sou wees van die bepaalde term. Daar is by my min twyfel dat in die oë van die algemene publiek ân persoon wat met reg as ân rassis bestempel kan word se aansien en waardigheid aansienlik sal daal. Ek is dus tevrede dat ook hierdie woorde die misdryf van crimen iniuria daarstel.
Ek is verder tevrede dat op die getuienis wat deur die landdros aanvaar is, die appellant die direkte opset gehad het om die misdryf te pleeg. Al is ek verkeerd in hierdie beskouing staan dit in elk geval oorvloediglik bewese op die oorkonde dat die appellant ten minste met dolus eventualis opgetree het. Hierdie betrokke opsetsvorm is voldoende om die misdryf van crimen iniuria daar te stel.
Sien S v Steenberg 1999(1) SASV 594 (N) te 597 g.
In al die omstandighede dus is ek tevrede dat die appellant korrek skuldig bevind is aan crimen iniuria.
Wat die vonnis betref betoog die appellant dat die vonnis skokkend onvanpas is wanneer dit vergelyk word met ân appélsaak waarin ân boete van R1000 opgelê is. Die appellant verwys hier na die Steenberg-beslissing waarna ek hierbo verwys het. In daardie saak het 2 regters van die Natalse Provinsiale Afdeling ân skuldigbevinding aan crimen iniuria bekragtig waar die appellant in daardie saak ân swart polisiebeampte ân âkafferâ genoem het. ân Vonnis van R1000 of 6 maande gevangenisstraf in geheel opgeskort vir 5 jaar is ook bekragtig.
Die landdros het al die tersaaklike faktore inaggeneem en voer in sy verdere redes aan dat die openbare belang vereis dat raadslede of vakbondlede nie mekaar kwetsende woorde moet toesnou nie. Volgens sy verdere redes is dit om iemand ân rassis te noem net so erg kwetsend as rassisme self. Verder is dit ook erg kwetsend om iemand as ân skelm uit te kryt. Die landdros is heeltemal korrek met hierdie benadering. Wat egter deeglik in gedagte gehou moet word en wat nie blyk uit die landdros se redes nie, is dat emosies klaarblyklik baie hoog geloop het by hierdie vergadering. Daar was ân aansienlike mate van onvergenoegdheid by die vakbondlede teenoor sekere van die uitlatings wat die klaer gemaak het, hetsy sodanige onvergenoegdheid geregverdig was al dan nie. Dit blyk ook duidelik uit die oorkonde en het die landdros ook daarna verwys in sy uitspraak, dat die klaer erge kru-taal gebruik het teenoor van die aanwesiges op die vergadering. Dit is te verwagte dat in die omstandighede mense dinge sou sê waaroor hulle later spyt sal wees. Ek is van mening dat in die omstandighede van hierdie saak dit gepas sou wees om, soos in die Steenberg-saak, die opgelegde boete of alternatief van gevangenisstraf soos opgelê deur die landdros, in geheel op te skort. Deur in te meng met die vonnis probeer ek nie te kenne gee dat dit aanvaarbaar is dat sulke kwetsende woorde deur verantwoordelike persone in leierskap posisies soos wat die appellant staan, mag gebruik nie. Ek meen egter dat daar onvoldoende aandag geskenk was aan die strafversagtende faktore wat ek hierinvantevore na verwys het en inmenging op appél geregverdig is gegewe die skokkende onvanpastheid van die vonnis wanneer dit vergelyk word met dié in S v Steenberg supra.
Die appellant se skuldigbevinding word bekragtig maar die vonnis word tersyde gestel en vervang met die volgende: ân boete van R1200 (een duisend twee honderd Rand) of 6 (ses) maande gevangenisstraf wat in die geheel opgeskort word vir ân tydperk van 5 (vyf) jaar op voorwaarde dat die appellant nie weer skuldig bevind word aan crimen iniuria gepleeg gedurende die tydperk van opskorting nie.
___
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek stem saam:
_____
HJ
LACOCK
NAMENS APPELLANT : VERSKYN IN PERSOON
NAMENS RESPONDENT : ADV E KAMMIES
DATUM VAN VERHOOR : 18 NOVEMBER 2002
DATUM VAN UITSPRAAK :
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.