Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

S v Kyriacou (535/2000) [2001] ZASCA 1 (15 January 2001)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The Supreme Court of Appeal assumed, without deciding, that the order revoking bail was appealable. The evidence established that the appellant continued criminal conduct after being released on bail, including possession of stolen goods and failure to provide a satisfactory account of their origin. The High Court was entitled to consider this conduct as the primary factor in determining whether revocation was in the interests of justice. The High Court properly weighed all relevant factors and was justified in concluding that the interests of justice required the revocation of bail. The appeal was dismissed.

Court disposition

Appeal dismissed.

Orders

  • The appeal is dismissed.
  • The order revoking bail stands.

02

Material facts

Parties

Savvas Iannou Kyriacou

Appellant

The State

Respondent

Amounts and remedies

  • Bail Amount: ZAR 100,000
  • Value of Goods Seized (viva Investigation): ZAR 300,000
  • Estimated Value of Additional Goods: ZAR 700,000
  • Value of Shoe Transaction: ZAR 27,000
  • Number of Theft Charges: 102
  • Estimated Total Value Involved in Charges: ZAR 4,500,000

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Order Revoking Bail

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that he had a right of appeal against the revocation of bail, relying on section 35(3)(o) of the Constitution, which guarantees the right to a fair trial including the right to appeal to, or review by, a higher court. He contended that the evidence did not justify the revocation of bail and that he had not continued criminal conduct after being released. He maintained that his possession of goods was legitimate and that he had acted in good faith in his business dealings.
Respondent
The State argued, relying on S v Mohamed 1977 (2) SA 531 (A), that the refusal or revocation of bail by the High Court as a court of first instance is not appealable. The State further contended that the appellant continued to engage in criminal conduct after being released on bail, as evidenced by the possession of stolen goods and failure to account for their origin. The State maintained that the interests of justice required the revocation of bail.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    S v Mohamed 1977 (2) SA 531 (A)

    Proceedings under section 97 of the Criminal Procedure Code, although civil in form, are criminal in substance and must be regarded as such for the purposes of the Supreme Court Act.

  2. 02

    S v Dlamini; S v Dladla and Others; S v Joubert; S v Schietekat [1999] ZACC 8; 1999 (4) SA 623 (CC)

    The expression 'interests of justice' in bail provisions requires a value judgment of what is fair and just for all parties after weighing all relevant factors for and against revocation.

  3. 03

    S v Osman and Another v Attorney-General, Transvaal 1998(4) SA 1224(CC)

    A person in possession of goods with reasonable suspicion that they are stolen must provide a satisfactory account of such possession, failing which an offence under section 36 of Act 65 of 1955 is committed.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The Supreme Court of Appeal assumed, without deciding, that the order revoking bail was appealable. The evidence established that the appellant continued criminal conduct after being released on bail, including possession of stolen goods and failure to provide a satisfactory account of their origin. The High Court was entitled to consider this conduct as the primary factor in determining whether revocation was in the interests of justice. The High Court properly weighed all relevant factors and was justified in concluding that the interests of justice required the revocation of bail. The appeal was dismissed.

Obiter and limits

  • It was not necessary to decide whether bail proceedings are civil or criminal in nature for the purposes of appealability.
  • The effect of section 35(3)(o) of the Constitution on the right of appeal in bail matters was left open.
  • The appellant's business practices required greater diligence in verifying the source and legitimacy of goods acquired.

Court disposition

Appeal dismissed.

  • The appeal is dismissed.
  • The order revoking bail stands.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[2001] ZASCA 1

IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL

VAN SUID-AFRIKA

Saaknommer : 535/2000

In die saak tussen :

SAVVAS IANNOU KYRIACOU Appellant

en

DIE STAAT Respondent

CORAM : VIVIER, OLIVIER en STREICHER ARR

DATUM : 15 JANUARIE 2001

GELEWER : 15 JANUARIE 2001

_______________

TRANSKRIPSIE VAN REDES MONDELING GELEWER IN DIE OPE HOF OP 15 JANUARIE 2001 DEUR

VIVIER AR WAARMEE OLIVIER AR EN STREICHER AR SAAMGESTEM HET.

VIVIER AR/

VIVIER AR : Hierdie is ‘n appèl, met verlof van die Hof a quo, teen die intrekking van die appellant se borgtog ingevolge art 68 van die Strafproseswet 51 van 1977, soos gewysig (“die Wet”). Die appèl is buite die hoftermyn as ‘n saak van dringendheid aangehoor. Die appellant is op 28 September 1999 op aanklagte van diefstal gearresteer en is dieselfde dag op borgtog van R100 000 onderworpe aan sekere voorwaardes vrygelaat. Op 24 Julie 2000 het hy voor Lombard R in die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling op 102 aanklagte van diefstal waarby ‘n bedrag van ongeveer R4,5m betrokke was, verskyn. Op 30 Augustus 2000, gedurende die verhoor, het die Staat ingevolge art 68 van die Wet aansoek gedoen dat die borgtog ingetrek word. Na aanhoor van getuienis het die Hof a quo ingevolge art 68(1)(g) van die Wet bevind dat dit in die belang van geregtigheid is dat die borgtog ingetrek word. ‘n Bevel is gevolglik gemaak dat die borgtog ingetrek word en dat die appellant tot die beëindiging van die verhoor aangehou word. In hierdie Hof is namens die Staat betoog, met ‘n beroep op S v Mohamed 1977 (2) SA 531 (A) op 541 A, dat ‘n weiering of intrekking van borgtog deur die Hoërhof as hof van eerste instansie nie appelleerbaar is nie. In die Mohamed-saak het Trollip AR die aard van borgverrigtinge ingevolge art 97 van die vorige Strafproseswet 56 van 1955, die voorganger van die huidige art

65, as volg beskryf (op 539H-540A) “[The] proceedings under sec. 97 of the Code originate in and are closely associated with the accused’s arrest, detention and prosecution for a criminal offence. Hence, although they are civil in form, they are criminal in substance, and must be so regarded for the purposes of the relevant sections of the Supreme Court Act.” Met verwysing na art 21(1) van die Wet op die Hooggeregshof 59 van 1959, waarvolgens hierdie Hof regsbevoeg is om, behoudens die bepalings van die artikel en enige ander wetsbepaling, “’n appèl teen enige beslissing van die hof van provinsiale of plaaslike afdeling te verhoor en te beslis” sê Trollip AR dat daar so ‘n beperking op appelle in strafsake in art 362 (2) van die vorige Strafproseswet, wat die voorganger is van die huidige art 315(4), te vind is, maar dat ten opsigte van appelle in borgverrigtinge, die beperking slegs geld waar die Hoërhof die hof van eerste instansie was (op 541A). Die Hof a quo het, sonder verwysing na die Mohamed-saak, en met ‘n beroep op S v Pienaar 1992 (1) SASV 178 (W); S v Maki en Andere 1994 (2) SASV 630 (O) en S v Ndjadayi 1995 (2) SASV 583 (E) bevind dat borgverrigtinge ‘n siviele saak en nie ‘n strafsaak is nie en dat, met die nodige verlof, ‘n reg van appèl van ‘n beslissing van ‘n Hoërhof as hof van eerste instansie wel bestaan. Die vraag of borgverrigtinge ‘n siviele aangeleentheid is, is deur hierdie Hof oopgelaat in S v Ramokhosi 1999 (1) SASV 497 (SCA) op 500f-g. Namens die appellant is betoog dat in die omstandighede van die huidige saak ‘n reg van appèl ook bestaan uit hoofde van art 35(3)(o) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 108 van 1996 wat bepaal dat elke beskuldigde persoon ‘n reg op ‘n billike verhoor het, waarby inbegrepe is “die

reg op appèl na, of hersiening deur, ‘n hoër hof.” In die huidige saak is dit nie nodig om te beslis of borgverrigtinge in die lig van die Grondwet nou as ‘n siviele aangeleentheid beskou moet word en dus nie onderhewig is aan die beperking op appelle in strafsake bevat in art 315(4) van die Wet nie. Dit is ook nie nodig om te beslis wat die effek van art 35(3)(o) van die Grondwet is nie. Ek sal veronderstel, sonder om te beslis, dat die bevel van die Hof a quo wel appelleerbaar is. Die appellant is ‘n 56-jarige sakeman en handelaar van Bloemfontein wat volgens sy eie getuienis die eienaar is van 10 sakeondernemings en 35 eiendomme in die stad en omgewing. Hy bedryf onder andere algemene handelaarsbesighede by verskeie winkels en pakhuise. Die strafsaak teen hom het gespruit uit ‘n groot aantal voorvalle van gewapende roof, diefstal van goedere in transito, diefstalle en huisbrake wat in Bloemfontein en elders in die land in die tydperk vanaf Januarie 1996 plaasgevind het. Die staatsaak was nie dat die appellant self betrokke was by hierdie voorvalle nie, maar dat massiewe voorrade van die aldus gesteelde goedere deur hom onwettig verkry is en in sy pakhuise en winkels in Bloemfontein en omgewing beland het. Die aansoek om intrekking van die appellant se borgtog was hoofsaaklik daarop gegrond dat hy met misdadige optrede voortgegaan het selfs nadat die polisie-ondersoek begin

het en selfs nadat hy op 28 September 1999 op borg vrygelaat is. Die ondersoekbeampte, kaptein Van Wyk, het getuig dat ‘n jaar nadat die polisie-ondersoek op 9 Februarie 1998 begin het, die polisie op 5 Februarie 1999 by een van die appellant se besighede, Modern House Furnishers, beslag gelê het op goedere wat in Januarie 1999 gesteel is. Verder was daar nadat die appellant op borgtog vrygelaat is, ‘n inbraak en diefstal by die appellant se pakhuis by Bastionstraat in Bloemfontein. Onder die gesteelde goedere was klere wat weer geblyk het voorheen by Edgars gesteel was. Die appellant wou nie ‘n klagte van diefstal lê nie. Op 28 Julie 2000 het die polisie op vermoedelik gesteelde goedere ter waarde van R300 000 beslag gelê by die appellant se winkel, Viva Cash & Carry in Botshabelo (“die Viva-ondersoek”). Verdere ondersoek het getoon dat hierdie goedere gesteel is deur twee ondernemings wat aan die Rand opereer, Buy & Save en Haul Bulk, en dat sommige van die goedere slegs die vorige maand gesteel is. Soos deurgaans voorheen, was die appellant se verduideliking dat hy die goedere gekoop het. Volgens Van Wyk was ‘n hele aantal van die eienaars van hierdie goedere reeds geïdentifiseer. Van Wyk het verder getuig dat hy rede het om te vermoed dat ‘n verdere R700 000 se goedere wat deur Buy and Save en Haul Bulk gesteel is, in pakhuise van die appellant geberg is. Die appellant is op die aanklagte van diefstal wat spruit uit die Viva-ondersoek op 28 Julie 2000 gearresteer en is steeds op hierdie aanklagte in aanhouding. Die appellant het in sy getuienis gesê dat hy die goedere waarop beslag gelê is in die Viva-ondersoek van ‘n

verteenwoordiger van Buy & Save gekoop het. Hy het die persoon geken en het nie vermoed dat dit gesteelde goedere was nie. Hyself dryf handel in groot voorrade handelsware en koop daagliks vragmotors vol goedere, die waarde waarvan miljoene rande per maand beloop. Met ‘n beroep op regsadvies was hy nie bereid om verdere vrae te beantwoord oor die goedere waarop in die Viva-ondersoek beslag gelê is nie. Die appellant het nie die persoon se naam genoem van wie hy die goedere gekoop het nie, hy het nie gesê wanneer of waar of teen welke prys of onder welke omstandighede hy die goedere gekoop het nie. Hy het dus geen besonderhede verskaf van die aankoop of aankope nie en het gevolglik versuim om voldoende rekenskap te gee van sy besit van goedere, ten opsigte waarvan daar redelike verdenking bestaan dat dit gesteelde goedere is. Daar is dus aanvaarbare getuienis dat hy hom aan ’n oortreding van art 36 van Wet 65 van 1955 skuldig gemaak het. ( Sien S v Osman and Another v Attorney-General, Transvaal 1998(4) SA 1224(CC).) Die appellant het wel getuig oor ’n ander voorval toe ’n man met ‘n vrag skoene afkomstig van Edgars by hom opgedaag het en dit aan hom teen R35 per paar instede van die werklike prys van R165 per paar wou verkoop. Hy het met die polisie in verbinding getree van wie hy die versekering gekry het dat die transaksie in orde is. Teen R35 per paar was die koopprys

wat hy moes betaal ongeveer R27 000, maar die verkoper was tevrede om ‘n vrag wasgoedpennetjies as betaling te ontvang. Die appellant het getuig dat hy oor dokumentêre bewys van die skoentransaksie beskik. Volgens die appellant se eie getuienis is hy ‘n persoon wat daagliks groot handelsvoorrade op informele en onkonvensionele wyse aankoop. In die omstandighede sou mens des te meer van die appellant verwag dat hy op bewyse van die bron van die goedere en die verkoper se reg om te verkoop sou aandring en in staat sou wees om voldoende rekenskap te gee vir sy besit van die gesteelde goedere betrokke by die Viva-ondersoek. Soos ek reeds daarop gewys het, was hy nie in staat om dit te doen nie. Die Hof a quo het bevind dat daar aanvaarbare getuienis is dat die appellant sy misdadige optrede voortgesit het nadat hy op 28 September 1999 op borgtog vrygelaat is. Dit is duidelik uit die uitspraak dat hierdie die belangrikste faktor was wat die Hof a quo teen die appellant in ag geneem het in sy gevolgtrekking dat dit in belang van geregtigheid was om die appellant se borgtog in te trek. Die Hof a quo was klaarblyklik geregtig om hierdie faktor teen die appellant in ag te neem. Die uitdrukking “die belang van geregtigheid”

word meermale in die borgbepalings van die Wet gebruik, sien subartikels (1), (4), (9), (10), (11) en (12) van art 60 wat met die toestaan van borgtog handel. In die konteks waarin dit in art 68 gebruik word, behels dit ‘n waarde-oordeel van wat reg en billik is vir al die betrokkenes na ‘n opweging van alle relevante faktore ten gunste van en teen die intrekking van borgtog (vgl S v Dlamini S v Dladla and Others; S v Joubert; S v Schietekat [1999] ZACC 8; 1999 (4) SA 623 (CC) op 655E-658A). Na my mening het die Hof a quo alle relevante faktore vir en teen die intrekking van borgtog behoorlik oorweeg en ek is nie daarvan oortuig dat sy beslissing verkeerd is nie. Die appèl word afgewys.

W

VIVIER AR

VIVIER AR :

Hierdie is ‘n appèl, met verlof van die Hof a quo, teen die intrekking van die appellant se borgtog ingevolge art 68 van die Strafproseswet 51 van 1977, soos gewysig (“die Wet”). Die appèl is buite die hoftermyn as ‘n saak van dringendheid aangehoor.

Die appellant is op 28 September 1999 op aanklagte van diefstal gearresteer en is dieselfde dag op borgtog van R100 000 onderworpe aan sekere voorwaardes vrygelaat. Op 24 Julie 2000 het hy voor Lombard R in die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling op 102 aanklagte van diefstal waarby ‘n bedrag van ongeveer R4,5m betrokke was, verskyn. Op 30 Augustus 2000, gedurende die verhoor, het die Staat ingevolge art 68 van die Wet aansoek gedoen dat die borgtog ingetrek word. Na aanhoor van getuienis het die Hof a quo ingevolge art 68(1)(g) van die Wet bevind dat dit in die belang van geregtigheid is dat die borgtog ingetrek word. ‘n Bevel is gevolglik gemaak dat die borgtog ingetrek word en dat die appellant tot die beëindiging van die verhoor aangehou word.

In hierdie Hof is namens die Staat betoog, met ‘n beroep op S v Mohamed 1977 (2) SA 531 (A) op 541 A, dat ‘n weiering of intrekking van borgtog deur die Hoërhof as hof van eerste instansie nie appelleerbaar is nie. In die Mohamed-saak het Trollip AR die aard van borgverrigtinge ingevolge art 97 van die vorige Strafproseswet 56 van 1955, die voorganger van die huidige art 65, as volg beskryf (op 539H-540A)

“[The] proceedings under sec. 97 of the Code originate in and are closely associated with the accused’s arrest, detention and prosecution for a criminal offence. Hence, although they are civil in form, they are criminal in substance, and must be so regarded for the purposes of the relevant sections of the Supreme Court Act.”

Met verwysing na art 21(1) van die Wet op die Hooggeregshof 59 van 1959, waarvolgens hierdie Hof regsbevoeg is om, behoudens die bepalings van die artikel en enige ander wetsbepaling,

“’n appèl teen enige beslissing van die hof van provinsiale of plaaslike afdeling te verhoor en te beslis”

sê Trollip AR dat daar so ‘n beperking op appelle in strafsake in art 362 (2) van die vorige Strafproseswet, wat die voorganger is van die huidige art 315(4), te vind is, maar dat ten opsigte van appelle in borgverrigtinge, die beperking slegs geld waar die Hoërhof die hof van eerste instansie was (op 541A).

Die Hof a quo het, sonder verwysing na die Mohamed-saak, en met ‘n beroep op S v Pienaar 1992 (1) SASV 178 (W); S v Maki en Andere 1994 (2) SASV 630 (O) en S v Ndjadayi 1995 (2) SASV 583 (E) bevind dat borgverrigtinge ‘n siviele saak en nie ‘n strafsaak is nie en dat, met die nodige verlof, ‘n reg van appèl van ‘n beslissing van ‘n Hoërhof as hof van eerste instansie wel bestaan. Die vraag of borgverrigtinge ‘n siviele aangeleentheid is, is deur hierdie Hof oopgelaat in S v Ramokhosi 1999 (1) SASV 497 (SCA) op 500f-g.

Namens die appellant is betoog dat in die omstandighede van die huidige

saak ‘n reg van appèl ook bestaan uit hoofde van art 35(3)(o) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 108 van 1996 wat bepaal dat elke beskuldigde persoon ‘n reg op ‘n billike verhoor het, waarby inbegrepe is “die

reg op appèl na, of hersiening deur, ‘n hoër hof.”

In die huidige saak is dit nie nodig om te beslis of borgverrigtinge in die lig van die Grondwet nou as ‘n siviele aangeleentheid beskou moet word en dus nie onderhewig is aan die beperking op appelle in strafsake bevat in art 315(4) van die Wet nie. Dit is ook nie nodig om te beslis wat die effek van art 35(3)(o) van die Grondwet is nie. Ek sal veronderstel, sonder om te beslis, dat die bevel van die Hof a quo wel appelleerbaar is.

Die appellant is ‘n 56-jarige sakeman en handelaar van Bloemfontein wat volgens sy eie getuienis die eienaar is van 10 sakeondernemings en 35 eiendomme in die stad en omgewing. Hy bedryf onder andere algemene handelaarsbesighede by verskeie winkels en pakhuise.

Die strafsaak teen hom het gespruit uit ‘n groot aantal voorvalle van gewapende roof, diefstal van goedere in transito, diefstalle en huisbrake wat in Bloemfontein en elders in die land in die tydperk vanaf Januarie 1996 plaasgevind het. Die staatsaak was nie dat die appellant self betrokke was by hierdie voorvalle nie, maar dat massiewe voorrade van die aldus gesteelde goedere deur hom onwettig verkry is en in sy pakhuise en winkels in Bloemfontein en omgewing beland het.

Die aansoek om intrekking van die appellant se borgtog was hoofsaaklik daarop gegrond dat hy met misdadige optrede voortgegaan het selfs nadat die polisie-ondersoek begin het en selfs nadat hy op 28 September 1999 op borg vrygelaat is. Die ondersoekbeampte, kaptein Van Wyk, het getuig dat ‘n jaar nadat die polisie-ondersoek op 9 Februarie 1998 begin het, die polisie op 5 Februarie 1999 by een van die appellant se besighede, Modern House Furnishers, beslag gelê het op goedere wat in Januarie 1999 gesteel is. Verder was daar nadat die appellant op borgtog vrygelaat is, ‘n inbraak en diefstal by die appellant se pakhuis by Bastionstraat in Bloemfontein. Onder die gesteelde goedere was klere wat weer geblyk het voorheen by Edgars gesteel was. Die appellant wou nie ‘n klagte van diefstal lê nie. Op 28 Julie 2000 het die polisie op vermoedelik gesteelde goedere ter waarde van R300 000 beslag gelê by die appellant se winkel, Viva Cash & Carry in Botshabelo (“die Viva-ondersoek”). Verdere ondersoek het getoon dat hierdie goedere gesteel is deur twee ondernemings wat aan die Rand opereer, Buy & Save en Haul Bulk, en dat sommige van die goedere slegs die vorige maand gesteel is. Soos deurgaans voorheen, was die appellant se verduideliking dat hy die goedere gekoop het. Volgens Van Wyk was ‘n hele aantal van die eienaars van hierdie goedere reeds geïdentifiseer. Van Wyk het verder getuig dat hy rede het om te vermoed dat ‘n verdere R700 000 se goedere wat deur Buy and Save en Haul Bulk gesteel is, in pakhuise van die appellant geberg is.

Die appellant is op die aanklagte van diefstal wat spruit uit die Viva-ondersoek op 28 Julie 2000 gearresteer en is steeds op hierdie aanklagte in aanhouding.

Die appellant het in sy getuienis gesê dat hy die goedere waarop beslag gelê is in die Viva-ondersoek van ‘n

verteenwoordiger van Buy & Save gekoop het. Hy het die persoon geken en het nie vermoed dat dit gesteelde goedere was nie. Hyself dryf handel in groot voorrade handelsware en koop daagliks vragmotors vol goedere, die waarde waarvan miljoene rande per maand beloop. Met ‘n beroep op regsadvies was hy nie bereid om verdere vrae te beantwoord oor die goedere waarop in die Viva-ondersoek beslag gelê is nie. Die appellant het nie die persoon se naam genoem van wie hy die goedere gekoop het nie, hy het nie gesê wanneer of waar of teen welke prys of onder welke omstandighede hy die goedere gekoop het nie. Hy het dus geen besonderhede verskaf van die aankoop of aankope nie en het gevolglik versuim om voldoende rekenskap te gee van sy besit van goedere, ten opsigte waarvan daar redelike verdenking bestaan dat dit gesteelde goedere is. Daar is dus aanvaarbare getuienis dat hy hom aan ’n oortreding van art 36 van Wet 65 van 1955 skuldig gemaak het.

( Sien S v Osman and Another v Attorney-General, Transvaal 1998(4) SA 1224(CC).)

Die appellant het wel getuig oor ’n ander voorval toe ’n man met ‘n vrag skoene afkomstig van Edgars by hom opgedaag het en dit aan hom teen R35 per paar instede van die werklike prys van R165 per paar wou verkoop. Hy het met die polisie in verbinding getree van wie hy die versekering gekry het dat die transaksie in orde is. Teen R35 per paar was die koopprys

wat hy moes betaal ongeveer R27 000, maar die verkoper was tevrede om ‘n vrag wasgoedpennetjies as betaling te ontvang. Die appellant het getuig dat hy oor dokumentêre bewys van die skoentransaksie beskik. Volgens die appellant se eie getuienis is hy ‘n persoon wat daagliks groot handelsvoorrade op informele en onkonvensionele wyse aankoop. In die omstandighede sou mens des te meer van die appellant verwag dat hy op bewyse van die bron van die goedere en die verkoper se reg om te verkoop sou aandring en in staat sou wees om voldoende rekenskap te gee vir sy besit van die gesteelde goedere betrokke by die Viva-ondersoek. Soos ek reeds daarop gewys het, was hy nie in staat om dit te doen nie.

Die Hof a quo het bevind dat daar aanvaarbare getuienis is dat die appellant sy misdadige optrede voortgesit het nadat hy op 28 September 1999 op borgtog vrygelaat is. Dit is duidelik uit die uitspraak dat hierdie die belangrikste faktor was wat die Hof a quo teen die appellant in ag geneem het in sy gevolgtrekking dat dit in belang van geregtigheid was om die appellant se borgtog in te trek. Die Hof a quo was klaarblyklik geregtig om hierdie faktor teen die appellant in ag te neem. Die uitdrukking “die belang van geregtigheid”

word meermale in die borgbepalings van die Wet gebruik, sien subartikels (1), (4), (9), (10), (11) en (12) van art 60 wat met die toestaan van borgtog handel. In die konteks waarin dit in art 68 gebruik word, behels dit ‘n waarde-oordeel van wat reg en billik is vir al die betrokkenes na ‘n opweging van alle relevante faktore ten gunste van en teen die intrekking van borgtog (vgl S v Dlamini S v Dladla and Others; S v Joubert; S v Schietekat [1999] ZACC 8; 1999 (4) SA 623 (CC) op 655E-658A).

Na my mening het die Hof a quo alle relevante faktore vir en teen die intrekking van borgtog behoorlik oorweeg en ek is nie daarvan oortuig dat sy beslissing verkeerd is nie.

Die appèl word afgewys.

W

VIVIER AR

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Mohamed 1977 (2) SA 531 (A)

Case cited

S v Pienaar 1992 (1) SASV 178 (W)

Case cited

S v Maki en Andere 1994 (2) SASV 630 (O)

Case cited

S v Ndjadayi 1995 (2) SASV 583 (E)

Case cited

S v Ramokhosi 1999 (1) SASV 497 (SCA)

Case cited

S v Osman and Another v Attorney-General, Transvaal 1998(4) SA 1224(CC)

Case cited

S v Dlamini; S v Dladla and Others; S v Joubert; S v Schietekat [1999] ZACC 8; 1999 (4) SA 623 (CC)

Case cited

Criminal Procedure Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Supreme Court Act

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

High Court Act 59 of 1959

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Constitution of the Republic of South Africa 108 of 1996

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Act 65 of 1955

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.