S v Lechesa [2007] ZAFSHC 104 (10 August 2007)
- Citation
- [2007] ZAFSHC 104
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Panel
- G. H. Bloem, A. P. Beckley
- Case number
- 505/2007
More details
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Panel
- G. H. Bloem, A. P. Beckley
- Case number
- 505/2007
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the accused were not properly convicted on charge 2 because the charge was never put to them and they did not plead to it. This constitutes a procedural irregularity that vitiates the convictions and sentences on charge 2. The convictions and sentences on charges 1 and 3 were properly entered after the accused pleaded and were questioned in terms of section 112(1)(b) of the Criminal Procedure Act. Therefore, the convictions and sentences on charge 2 must be set aside, while those on charges 1 and 3 are confirmed.
Court disposition
Convictions and sentences on charge 2 for all accused are set aside. Convictions and sentences on charge 1 for all accused and charge 3 for accused 1 are confirmed.
Orders
- The convictions and sentences of all accused on charge 1 are confirmed.
- The convictions and sentences of all accused on charge 2 are set aside.
- The conviction and sentence of accused 1 on charge 3 are confirmed.
02
Material facts
Parties
The State
ApplicantLechesa Lechesa & 16 Others
RespondentAmounts and remedies
- Value of Stolen Gold Dust (charge 3): ZAR 25,210.54
- Value of Stolen Mine Lamps (charge 2): ZAR 7,650
03
Procedural history
Posture
Criminal Review / Review of Magistrate's Conviction and Sentence
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the accused were properly convicted on charge 2 without having pleaded to it.
- 02
Whether the convictions and sentences on charge 2 should be set aside due to procedural irregularity.
- 03
Whether the convictions and sentences on charges 1 and 3 were properly entered.
Party arguments
- Applicant
- The State presented evidence that gold was found with the accused and that charge 2 should be amended. The prosecutor indicated that evidence would be led regarding R25,000 worth of gold found with the accused. Charge 3 was put to accused 1, who pleaded guilty and admitted all elements of theft of gold dust worth R25,210.54. The magistrate was convinced of the guilt on charges 1 and 3 after proper questioning under section 112(1)(b) of the Criminal Procedure Act.
- Respondent
- The accused did not plead to charge 2, nor was it put to them. The magistrate mistakenly believed that all accused had been questioned and convicted under section 112(1)(b) for theft of mine lamps worth R7,650. The magistrate confused this case with another similar matter. He later acknowledged the error and opined that a fine should have been imposed for charge 2, but the real issue is whether the accused were properly convicted on that charge.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Criminal Procedure Act 51 of 1977, section 105
An accused must plead to a charge before trial commences, as required by section 105 of the Criminal Procedure Act.
- 02
S v Sithole and Others 1999 (1) SACR 227 (T) at 230c-d
Convicting an accused on a charge to which he was not requested to plead is a fundamental departure from criminal procedure and cannot be countenanced.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the accused were not properly convicted on charge 2 because the charge was never put to them and they did not plead to it. This constitutes a procedural irregularity that vitiates the convictions and sentences on charge 2. The convictions and sentences on charges 1 and 3 were properly entered after the accused pleaded and were questioned in terms of section 112(1)(b) of the Criminal Procedure Act. Therefore, the convictions and sentences on charge 2 must be set aside, while those on charges 1 and 3 are confirmed.
Obiter and limits
- The appropriateness of the sentence on charge 2 is irrelevant where the conviction itself is invalid due to procedural irregularity.
- Magistrates must ensure that each accused pleads to every charge before conviction is entered, to avoid miscarriages of justice.
Court disposition
Convictions and sentences on charge 2 for all accused are set aside. Convictions and sentences on charge 1 for all accused and charge 3 for accused 1 are confirmed.
- The convictions and sentences of all accused on charge 1 are confirmed.
- The convictions and sentences of all accused on charge 2 are set aside.
- The conviction and sentence of accused 1 on charge 3 are confirmed.
Source and reliance status
Free State High Court, Bloemfontein
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Free State High Court, Bloemfontein
Judgment
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening Nr. : 505/2007
In die saak tussen:
DIE
STAAT
en
LECHESA LECHESA & 16 ANDERE
CORAM: BECKLEY, WRP et BLOEM, WND R
UITSPRAAK: BLOEM,
WND R
GELEWER OP: 10 AUGUSTUS 2007
[1] Al 17 beskuldigdes was aangekla in die Landdroshof van ân klag van betreding, soos omskryf in die Wet op Oortreding, 1959 (Wet No. 6 van 1959) en ân ander klag van diefstal. Beskuldigde 1 was ook aangekla van ân verdere klag van diefstal. Die Landdros het al die beskuldigdes skuldig bevind aan die klagtes waarvan hulle aangekla was. Hy het elk van die beskuldigdes gevonnis tot 8 maande gevangenisstraf op klagte 1, 4 maande gevangenisstraf op klagte 2 en 18 maande gevangenisstraf vir beskuldigde 1 op klagte 3. Toe die saak op hersiening voor Zietsman Wnd R gedien het, het hy sekere vrae aan die Landdros gerig ten opsigte van die pleit en skuldigbevinding op klagte 2 en die skuldigbevinding van beskuldigde 1 op klagte 3.
[2] Die notule van die verrigtinge in die Landdroshof dui aan dat op 2 April 2007 al 17 beskuldigdes skuldig gepleit het op klagte 1. Nadat elkeen van hulle afsonderlik ondervra was ingevolge die bepalings van artikel 112(1)(b) van die Strafproseswet, 1977 (Wet No. 51 van 1977) (âdie Wetâ) en nadat die Landdros oortuig was dat hulle skuldig was aan die misdryf waaraan hulle skuldig gepleit het, het hy hulle skuldig bevind daaraan dat hulle die nommer 5 Masimongmyn in die distrik van Hennenman betree het sonder die toestemming van die wettige okkupeerder of eienaar daarvan, in stryd met die bepalings van artikel 1(1)(a)(b) gelees met artikel 2 van bogenoemde Wet.
[3] Nadat die beskuldigdes op klagte 1 skuldig bevind was, lees die notule as volg:
âSA: âGoud is gekry op die voertuig na beskuldigdes vervoer is. Klagte 2 sal dus aangepas moet word.â
[4] Die saak was toe uitgestel na 7 Mei 2007. Volgens die notule het die Staatsaanklaer op daardie dag (7 Mei 2007) slegs vir die Landdros meegedeel dat âgetuienis sal aangebied word tov R25 000,00 goud wat gevind is by beskuldigdesâ. Die saak was daarna uitgestel na 22 Mei 2007.
[5] Op 22 Mei 2007 het die Staatsaanklaer klagte 3 aan beskuldigde 1 gestel. Hy het skuldig gepleit. Nadat die Landdros hom ondervra het en homself oortuig het dat beskuldigde 1 wel goudstof ter waarde van R25 210,54 van bogenoemde myn gesteel het, het hy hom aan diefstal skuldig bevind. In daardie verband lees die notule as volg:
âHof is oortuig dat beskuldigde 1 skuldig pleit op klagte 3 en alle elemente erken. Op klagte 2 is hof ook oortuig dat al die elemente erken.â
[6] Ek is van oordeel dat reg behoorlik geskied het toe al die beskuldigdes skuldig bevind was op klagte 1 en toe beskuldigde 1 skuldig bevind was op klagte 3.
[7] Ek kan nie dieselfde sê ten opsigte van die skuldigbevindings op klagte 2 nie. Volgens die notule was klagte 2 nooit aan die beskuldigdes gestel nie. Hulle het ook nie daarop gepleit nie. Die Landdros sê dat hy verkeerdelik onder die indruk verkeer het dat al die beskuldigdes kragtens die bepalings van artikel 112(1)(b) van die Wet ondervra was en skuldig bevind was aan diefstal van mynlampies ter waarde van R7 650,00. Hy sê dat hy homself verwar het met ân ander saak wat gedurende daardie selfde tydperk voor hom gedien het âwaar daar ook ân groot groep mans verskyn het op presies dieselfde klagtes en waar die hof reeds die ondervraging ingevolge artikel 112(1)(b) Wet 51/1977 op al die klagtes afgehandel hetâ. Ek aanvaar sy verduideliking.
[8] Wat minder aanvaarbaar is is dat die Landdros, nieteenstaande die feit dat die notule hom nie staaf nie, soos hierbo uiteengesit, daarvan oortuig is dat die beskuldigdes âlater ingelig is dat klagte twee nie meer gaan oor goud diefstal nie maar slegs diefstal van die myn koplampe. Almal het daarop skuldig gepleitâ. Hy is van mening dat hy gefouteer het om direkte gevangenisstraf ten opsigte van aanklag 2 op te lê. Hy is van oordeel dat hy ân boete van tussen R500 en R800 moes opgelê het en by wanbetaling daarvan gevangenisstraf van tussen 40 en 60 dae moes opgelê het.
[9] Myns insiens gaan dit hier nie of die vonnis vanpas is al dan nie, maar of die beskuldigdes behoorlik skuldig bevind is aan klagte 2. Ingevolge artikel 105 van die Wet moet ân beskuldigde op ân aanklag pleit. Daardie artikel lees as volg:
âVoordat die verhoor van ân beskuldigde ân aanvang neem, word die aanklag deur die aanklaer aan hom of haar gestel en word hy of sy, behoudens die bepalings van artikels 77, 85 en 105A, deur die hof aangesê om onverwyld ooreenkomstig artikel 106 daarop te pleit.â
[10] ân Verhoor kan dus nie aanvang neem nie alvorens ân beskuldigde nie gepleit het nie ingevolge artikel 106. Dit is as volg deur Jordaan Wnd R in S v SITHOLE AND OTHERS 1999 (1) SASV 227 (T) op 230 c â d gestel:
âTo convict an accused on a charge he was not requested to plead to is in my view such a departure from the rules and principles governing the conduct of criminal proceedings that it cannot be countenanced.â
[11] In daardie saak het die geleerde Regter al die skuldigbevindings ter syde gestel waar die beskuldigdes skuldig bevind was sonder dat hulle ân geleentheid gehad het om te pleit.
[12] Soos hierbo aangedui, is daar geen teken in die notule dat klagte 2 aan die beskuldigdes gestel was nie. Die notule laat dit ook nie toe dat daar ân afleiding gemaak kan word dat die klagte wel aan die beskuldigdes gestel was nie. Ek bevind dat klagte 2 nie aan die beskuldigdes gestel was nie en dat hulle nie daarop gepleit het nie. ân Onreëlmatigheid het dus plaasgevind wat my verplig om al 17 beskuldigdes se skuldigbevindings op klagte 2 ter syde te stel. Die skuldigbevindings en vonnisse van al die beskuldigdes word dus ter syde gestel.
[13] In al die omstandighede word die skuldigbevindings en vonnisse van al die beskuldigdes op klagte 1 bekragtig, die skuldigbevindings en vonnisse van al die beskuldigdes op klagte 2 word ter syde gestel en die skuldigbevinding en vonnis van beskuldigde 1 op klagte 3 word bekragtig.
_______
G. H. BLOEM, WND R
Ek stem saam
A. P. BECKLEY, WRP
/EM
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.