S v Lehmbeckers Transport and Another (164/88) [1988] ZASCA 164 (30 November 1988)
The court held that the 29 rolls of kraft paper were new and had not yet been used as packing material. The exemption in the Road Transportation Act for 'used packing material' applies only to material that has already been used or taken into use as packing material. The evidence established that the paper was...
Source-derived case information.
- Citation
- [1988] ZASCA 164
- Parties
- Appellant: Lehmbeckers Transport (Edms) Beperk; Appellant: Edrich Wandrag; Respondent: Die Staat
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Jurisdiction
- South Africa
- Case Number
- 164/88
- Procedural Posture
- Criminal Appeal / Final Appellate Decision
- Outcome
- Appeal dismissed.
- Judges
- Corbett, Hefer, Smalberger, Milne, Kumleben
- Legal Topics
- Road Transportation Act, Mens Rea, Permit Exemptions, Interpretation of Statutes
Source-derived case record
Summary, issues, holding and outcome
More case intelligence is available
Unlock the full research layer for this judgment.
Parties
Lehmbeckers Transport (Edms) Beperk
Appellant
Edrich Wandrag
Appellant
Die Staat
Respondent
Procedural Posture
Criminal Appeal / Final Appellate Decision
Legal Issues
- 1 Whether the 29 rolls of kraft paper constituted 'used packing material' under the exemption list in the Road Transportation Act.
- 2 Whether the appellants possessed the requisite mens rea for the offence under section 31(1)(b) of the Road Transportation Act.
Ratio Decidendi
The court held that the 29 rolls of kraft paper were new and had not yet been used as packing material. The exemption in the Road Transportation Act for 'used packing material' applies only to material that has already been used or taken into use as packing material. The evidence established that the paper was intended for future use in the manufacture of packaging but had not yet served that purpose. The court further found that the appellants failed to exercise reasonable care to ascertain whether the goods were exempt, and their reliance on the exemption was not justified. The requisite mens rea, in the form of negligence, was established. The appeal was therefore dismissed.
Court Disposition
Appeal dismissed.
Orders
- The appeal is dismissed.
- The convictions and sentences imposed by the lower courts are confirmed.
Full Case Text
Judgment text and source record
130 paragraphs
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
LEHMBECKERS TRANSPORT (EDMS) BEPERK eerste appellant
EDRICH WANDRAG tweede appellant en
DIE STAAT ........... respondent
CORAM : " CORBETT, HEFER, SMALBERGER, MILNE et KUMLEBEN ARR.
DATUM VAN VERHOOR: 21 November 1988-
DATUM VAN UITSPRAAK: 30 November 1988
UITSPRAAK CORBETT AR:
Die eerste appellant in hierdie appèl is Lehmbeckers Transport (Edms) Bpk, 'n maatskappy behoor-lik geïnkorporeer ingevolge die toepaslike Suid-Afrikaanse maatskappywetgewing, met sy hoofkantoor
2
in Randburg, wat sake doen as karweier van goedere.Die tweede appellant, ene Edrich Wandrag, is 'n dienaarvan eerste appellant. Die twee appellante, saam metene Mziwendaba France Momela ("Momela"), het voor dielanddros van Standerton tereggestaan op die volgendeaanklagte:
"HOOFAANKLAG:
Dat die genoemde beskuldigdes skuldig is aan 'n oortreding van artikel 31(1)(a) gelees met artikels 1, 34, 35, 36 en 38 van die Wet op Padvervoer, 74 van 1977 soos gewysig.
Deurdat op of omtrent die 27ste dag van November 1984 en te of naby Standerton-Greylingstad pad 'n openbare pad in die landdrosdistrik van Standerton beskul-digdes wederregtelik en onwettiglik padvervoer onderneem of toegelaat het sonder 'n permit wat daardie padvervoer magtig, deurdat genoemde beskuldigdes goedere te wete soos per aanhangsel C vervoer het deur middel van motorvoer-tuig met registrasienommer TSN 33080
3
(voorhaker) en FHJ 136 T (leunwa) teen vergoeding.
ALTERNATIEWE AANKLAG
Deurdat die genoemde beskuldigdes skul-dig is aan 'n oortreding van artikel 31(1)(b) gelees met artikels 1, 34, 35, 36 en 38 van die Wet op Padvervoer, 74 van 1977 soos gewysig. Deurdat genoem-de beskuldigdes, synde die houer van openbare padvervoerpermit nommer OP 249745 gedateer 21/6/84 ten opsigte van motorvoertuig FHJ 136 T (leunwa) deur middel van genoemde voertuie op of om-trent die 27ste dag van November 1984 en te of naby Standerton-Greylingstad pad 'n openbare pad in die landdrosdis-trik van Standerton wederregtelik en onwettiglik padvervoer teen vergoeding anders as volgens die bepalings van ge-noemde permit onderneem het deurdat be-skuldigdes goedere te wete soos per aan-hangsel C vervoer het of gemelde vervoer toegelaat het, terwyl voormelde vervoer nie deur voormelde permit gemagtig is nie."4 Volgens aanhangsel C het die goedere wat na bewering aldus vervoer is uit 29 rolle papier bestaan en is die rolle vanaf Mondi Paper Company Limited ("Mondi") in Durban aan Premier Paper Products ("Premier") in Kitwe, Zambië gestuur.
Dit was in die landdroshof gemeensaak dat, o a -
(1) eerste appellant te alle relevante tye die eienaar van die betrokke voertuie, t.w. TSN 33080 (voorhaker) en FHJ 136T (leunwa), was (ek verwys hierna na die voorhaker en die leunwa gesamentlik as die "voertuig"); (2) dle goedere vermeld in die klagstaat op 27 November 1984 deur eerste appellant op die Standerton-Greylingstad pad, 'n openbare pad in die landdrosdistrik van Standerton, deur middel van die voertuig vervoer is;
5
(3) hierdie goedere vanaf Mondi, Durban na Premier in Zambie onderweg was;
(4) gemelde vervoer teen vergoeding geskied het; (5) Momela die bestuurder van die voertuig was;
(6) Momela 'n dienaar van eerste appellant was en die vervoer in opdrag van en ter bevordering of gepoogde bevordering van eerste appellant se belange onderneem het (sien art 322(1) van die Strafproseswet 51 van 1977); en (7) tweede appellant te alle relevante tye 'n dienaar van die eerste appellant was en behoorlik gemagtig was om eerste appellant te alle relevante tye m b t hierdie aanklagte te verteenwoordig (sien art 332(2),
(5) en (6) van die Strafproseswet 51 van
1977).
6
Die twee appelante en Momela het almal voor
die landdros onskuldig gepleit maar is desondanks aan'n oortreding van art 31(1)(a) van die Wet op Padvervoer
74 van 1977 ("die Wet") skuldig bevind en soos volg
gevonnis:
Eerste appellant: 'n boete van R400,00. Tweede appellant: 'n boete van R400,00 of 3 maande gevangenisstraf; Momela: gewaarsku en ontslaan.
Die twee appellante en Momela het teen die skuldigbevindings en vonnisse na die Transvaalse Pro-vinsiale Afdeling geappelleer, maar sonder welslae. Daardie hof het egter (omdat dit geblyk het dat 'n pad-vervoerpermit t o v die voertuig wel uitgereik is) die skuldigbevinding verander na een van skuldig aan die alternatiewe aanklag, d w s 'n oortreding van art 31(1)(b) van die Wet. Dit het na aanleiding van die beslissing van hierdie hof in die saak van S v Smith 1986 (3) SA 714 (A) geskied.
Met verlof van die hof a. quo, kom die twee appellante nou na hierdie hof in hoer beroep teen die7 afwysing van hulle appèlle teen skuldigbevinding.
Momela het nie appèl aangeteken nie.
Die tersaaklike gedeelte van art 31(1) lui soos volg:
"Iemand, wat -
(b) terwyl hy die houer van 'n permit is, padvervoer anders as volgens die bepalings van daardie permit onderneem, of ..... 'n voorwaarde
of vereiste van 'n permit....oortree of versuim om daaraan te voldoen;
is aan 'n misdryf skuldig."
Volgens die woordomskrywing van "padvervoer" in art 1(1) van die Wet sluit dit in -
"die vervoer van persone of goedere op
'n openbare pad deur middel van 'n motor-voertuig teen vergoeding".8 En art 1(2) van die Wet bepaal:
"By die toepassing van hierdie Wet word die vervoer van persone of goedere in die omskrywing van 'padvervoer' in subartikel 1(1) beoog, geag die volgende
nie in te sluit nie, naamlik
(z) die vervoer op die by regulasie
voorgeskrewe wyse en voorwaardes
van vrygestelde goedere, deur
middel van 'n motorvoertuig -
(i) wat in die Republiek
geregistreer is kragtens die wet op die registra-sie van motorvoertuie wat op daardie plek geld;
(ii) waarvan die eienaar in die Republiek gedomisi-
lieer is; en
(iii) wat op die by regulasie
voorgeskrewe wyse geïden-tifiseer is,
deur iemand wat in die Republiek
gedomisilleer is, of 'n maatskappy
wat in die die Republiek geregis-
treer is, wat daadwerklik besigheiddryf vanaf 'n plek in die Republiek-
gelee; "
9
Hierdie subartikel moet saamgelees word met art 2(d)
van die Wet wat die Minister van Vervoerwese magtig om
by wyse van 'n kennisgewing in die Staatskoerant -
"goedere in die kennisgewing omskryf binne die gebiede in die kennisgewing omskryf tot vrygestelde goedere (te) verklaar".
Die relevante lys van sodanige vrygestelde goederebinne die Republiek van Suid-Afrika is in Goewerments-kennisgewing no 1267 van 22 Junie 1984 (Staatskoerant
no 9268) te vinde. Die lys sluit in -
"Gebruikte verpakkingsmateriaal en gebruikte stumateriaal". (Engels: "Used packing material and used dunnage").
In die onderhawige saak het die goedere (soos reeds aangedui) uit 29 rolle papier bestaan. Dit blyk uit die getuienis wat in die landdroshof aangevoer is dat elkeen van hierdie rolle nuwe bruin kraftpapier10 bevat het. Kraftpapier is 'n sterk, gladde tipe papier wat vroeë jaar algemeen gebruik was om pakkette in winkels toe te draai. Die papier op die rolle was 800 mm breed en elke rol het 'n deursnit van 1200 mm gehad. Die rolle is deur Mondi vervaardig en aan Premier "ex-mill Durban" verkoop. Volgens mnr Hooper, Mondi se verkoopsbestuurder vir uitvoer ("export sales manager") het lewering van die rolle aan die karweier (eerste appellant) by Mondi se fabriek eiendomsoorgang tot gevolg gehad en ook die risiko t o v die rolle op die koper, Premier, laat oorgaan. Mnr Hooper het ook getuig dat die papier bestem was vir die vervaardiging van papiersakke (kardoese) wat vir die verpakking van suiker gebruik sou word. Om die papier in papiersakke te omskep moes dit gesny, gevou en gegom word. Dit is nie duidellk of die papiersakke deur die koper, Premier, of deur 'n ander vervaardiger gefabriseer sou word nie.
11
Die appellante het twee appèlgronde voor die hof a guo geopper:
(1) dat die betrokke rolle papier binne die trefwydte van die bogenoemde vrystelling tov "gebruikte verpakkingsmateriaal" ("used packing material") val; en (2) dat indien die goedere nie op hierdie grond vrygestel is nie, die Staat nie bewys het dat die appellante die nodige mens rea by die pleging van die handelinge wat na bewering
'n misdaad uitgemaak het, gehad het nie. Dit word deur die appellante aanvaar dat indien die bogenoemde vrystelling nie van toepassing was nie, die appellante se handelinge "padvervoer" was en dat soda-nige padvervoer nie deur die uitgereikte permit gedek is nie. Dieselfde twee punte word op appèl voor ons deur die appellante se advokaat, mnr Wasserman, aange-voer.12 Wat die eerste punt betref, het mnr Wasserman se betoog op die volgende neergekom:
(a) die betrokke papier was verpakkingsmateriaal want dit was bestem vir omskepping in papier-sakke, wat gebruik sou word vir die verpak-king van suiker; (b) die papier was gebruikte verpakkingsmateriaal omdat dit reeds, op die stadium toe dit ver-voer is, deur Premier (as eienaar) deur die agentskap van die karweier (eerste appellant) in besit geneem is met die oog op die aan-wending daarvan as verpakkingsmateriaal; en derhalwe reeds in gebruik geneem was. In hierdie verband het mnr Wasserman hom sterk verlaat op 'n uitspraak van Theal Stewart R (met wie Zietsman R saamgestem het) in die ongerapporteerde saak van Reids Transport and Others v The State (gelewer 18.2.1982).
13
Of die papier, in die toestand waarin dit was ten tyde van die vervoer daarvan "verpakkingsmateriaal" binne die bestek van die vrystelling uitgemaak het, is m i te betwyfel. Ek sal egter in appellant se guns aanvaar, sonder om die punte te beslis -
(a) dat die papiersakke waarin die rolle papier deur middel van 'n vervaardigingsproses omskep sou word tereg as verpakkingsmateriaal geklassifiseer sou kon word; en verder
(b) dat die papier, nuut uit die fabriek en nog
op rolle, reeds in wese verpakkingsmateriaal was omdat dit bestem was om op sodanige wyse in papiersakke omskep te word.
Dit bring my by die verdere vraag, nl of dit as gebruikte verpakkingsmateriaal beskou kan word.
14
Die gewone betekenis van die byvoeglike naam-
woord "gebruikte" is, na my mening, iets wat reeds ge-bruik is of in gebruik geneem is. Die AfrikaanseWoordeboek gee die volgende voorbeelde:
"Gebruikte lakens, waarop (waaronder) iemand geslaap het. Gebruikte koppies - teenoor skoon koppies. Gebruikte possëels. Nuwe en gebruikte goedere."
En dit is, m i, die betekenis wat die wetgewer in die onderhawige geval in gedagte gehad het. Ek meen ver-der dat die woorde "gebruikte verpakkingsmateriaal" in hulle samehang, beteken verpakkingsmateriaal wat reeds as sodaniq gebruik is of in gebruik geneem is. Ek gaan nie daarop in of slegs gebruik deur die karweier self of gebruik deur enigiemand anders bedoel is nie. (Vgl S v Waqlines (Pty) Ltd and Another 1986 (4) SA 1135 (N), op bl 1139 D-F.)
As daardie uitleg op die feite van die onder-
15 hawige saak toegepas word, dan kan die rolle papier, na my mening, geensins as gebruikte verpakkings-materiaal beskou word nie. Soos ek reeds beklem-toon het, die papier was ten tyde van die padvervoer nog nuut en ongebruik. Volgens die getuienis was die rolle met omhulsels bedek. Die stadium is toe nooit bereik dat die papier as verpakkingsmateriaal (indien dit as sodanig geklassifiseer kan word) gebruik is of in gebruik geneem is nie. En dle feit dat Premier dalk reeds eienaar vah die papier geword het en die risiko gedra het (die volle besonderhede van die transaksie tussen Mondi en Premier is nie aan die landdros voorgelê nie) en die feit dat die eerste appellant, as karweier, moontlik as Premier se agent opgetree het, neem appellante se saak geensins verder nie.
Die Reids Transport-saak, waarop appellante gesteun het, is na my mening geen gesag vir die stel-
16
ling wat in par (b) hierbo uiteengesit is nie. Die feite was geheel en al anders. In daardie saak was die karweier (die eerste appellant) se voertuig op pad vanaf Port Elizabeth na Pietermaritzburg. Toe dit deur die polisie voorgekeer is, is gevind dat daar sekere nuwe palette op die voertuig vervoer word. Hierdie palette het plat in die voertuig gelê en was nog nie gemonteer nie. Die karweier het lewering van die palette in Port Elizabeth aanvaar en hulle daar op-gelaai. Hy was besig om die palette na Pietermaritz-burg te vervoer waar hy hulle in die loop van sy besig-heid as karweier sou gebruik het. Een van die items in die lys van vrygestelde goedere is "gebruikte palet-te" (Engels "used pallets").
Regter Theal Stewart het die kernvraag so in-gesien:
"The point in issue, then, is simply whether a pallet can be said to be
17
'used' from the moment that a cartage contractor, who buys it to use in his business, takes dellvery of it".
Hy het na sekere gewysdes m b t die betekenis van die woorde "use" and "used" verwys en dan sy gevolgtrekking soos volg opgesom:
It will be apparent from these cases, each of which dealt with its own pecu-liar circumstances, that, not only can the word 'used' mean 'having been taken into use' or even 'intended for use', but that, once a person exercises rights of enjoyment or ownership over an arti-cle he can be said to be using it. If this is so, then the moment the first accused took delivery of the pallets, they were being used by the first accused in the course of its business and were thus 'used' pallets".
Oor die bedoeling van die wetgewer het die geleerde regter hom soos volg uitgelaat:
18
"The intention of the legislature in creating the list of exemptions was to allow the conveyance of goods not inclu-ded in the permit without the necessity of obtaining authority to do so. Since pallets are ordinarily used by a cartage contractor in the course of his business, he does not defeat the object of the Road Transportation Act if he conveys his own pallets. Indeed, it seems to me to be illogical, and to involve a waste of time, energy and money, to require a cartage contractor to obtain authority to convey new pallets which he has bought to use in the course of his business to the point where he first loads them, or even to his warehouse. This is even more so when, had the pallets which he bought been used once before he bought them, he couid convey them with impunity in terms of the exemption".
Dit mag nodig wees om te gelener tyd die be-slissing in die Reids Transport-saak en sekere van die dicta in die uitspraak in heroorweging te neem, maar19 nie in dia onderhawige appêi níe want die twee sake is duidelik onderskeibaar. Die palette, hoewel nie gemon-teer nie, was duidelik herkenbaar as palette; dit was nie nodig om huile te verwerk tot palette nie. Die palette het aan die karweier behoort en is, volgens die hof se beslissing, reeds deur hom in die loop van sy besigheid gebruik toe die padvervoer plaasgevind het. Soos ek reeds aangedui het, is die feite in die onder-hawige saak heeltemal anders.
Om hierdie redes meen ek dat mnr Wasserman se eerste argument nie opgaan nie. Die rolle papier het nie onder die item, "gebruikte verpakkings-materiaal" of enige ander item in die lys van vrygestelde goedere geressorteer nie. Die padvervoer was dus teenstrydig met die voorskrifte van art 31(l)(b). Ek wil net byvoeg dat in die Waglines-saak (supra) Didcott R (met Van Heerden R se instemming) op soortgelyke feite, en m i tereg, tot dieselfde slotsom20 gekom het. Hy het ook die uitspraak van Theal Stewart R sorgvuldig ontleed en die volgende mening daaromtrent uitgespreek fop bl 1143 C):
"The judgment cannot sensibly be construed as support for the proposition that a cartage contractor who carries goods for a customer but does nothing more thereby uses the goods, although he has no greater interest in or strong-er connection with them."
Ek stem daarmee saam. A fortiori is die uitspraak, m i, geen gesag vir die stelling dat die ontvanger ("consignee") onder daardie omstandighede die goedere gebruik nie. (Sien ook die ongerapporteerde uitspraak van Van Coller R (Kotze R het saamgestem) in die saak Challenge Transport (Pty) Limited en 'n Ander v Die Staat.) Dit bring my by die kwessie van mens rea.
In hulle aansoek aan die hof a quo om verlof om te appelleer het appellante nie die vraag van mens21 rea geopper nie: hulle aansoek was beperk tot dievraag of die rolle papier vrygestelde goedere was al dan nie. Mnr Van Wyk, wat namens die Staat opgetree het, het derhalwe beswaar gemaak teen appellante se gebruik van hierdie argument op appèl. Die advokate is egter toegelaat om die Hof oor mens rea toe te spreek. Dit is nie nodig om uitsluitsel oor hierdie geskil te gee nie want ek is in alle geval oortuig dat mens rea wel bewys is.
Die advokate het nie in hul betoë na art 34(1) van die Wet verwys nie en ek sal veronderstel dat dit geen betrekking op hierdie saak het nie en dat die bewyslas t o v mens rea op die Staat gerus het (vgl. die tot dusver ongerapporteerde uitspraak van hierdie hof in die saak van Muller v Die Staat 20.9.88). Verder was die advokate dit eens dat die skuldvorm culpa voldoende is om die nodige mens rea t o v art 31(1)(b) daar te stel. Die vraag is dus of eerste
22
appellant met die nodige omsigtigheid te werk gegaan
het om hom op die hoogte te stel van wat deur die Wet en die vrystellings ingevolge Goewermentskennisgewing no 1267 van 'n karweier vereis word. Die Staat het bewys dat eerste appellant, handelende deur sy dienaars, die deur art 31(1)(b) verbode handellng begaan het en dit regverdig 'n afleiding van mens rea (vgl S v De Blom 1977 (3) SA 513 (A) op bl 532 E-F). Die enigste getuienis wat eerste appellant aangebied het om 'n afleiding van mens rea te weerlê was dié van mnr P G Vollmer, die hoofbestuurder van die Lehmbeckers-groep maatskappye. Ek aanvaar dat, wat hierdie vervoertransaksie betref, sy optrede en sy gemoedstoestand aan eerste appellant toegedig kan wórd.
Vollmer se getuienis in hoof op hierdie punt was kort en saaklik. Hy is genader deur een van sy klerke en gevra of hulle die vrag kan vervoer:
"He (die klerk) came to me and asked
23
whether in fact we could convey it and I then asked him what it was and he informed me that it was kraft paper, brown kraft paper. I then spoke to the broker and the broker told me that the kraft paper was used for packaging purposes. Looking in the dictionary it was indicated as well that kraft paper was used for packaging purposes and on that basis I authorised the conveyance of this load".
Onder kruisondervraging het hy verder soos volg getuig:
"For what kind of purpose was it
used?-- I have no idea what it was
ultimately going to be used for. I
assume packaging purposes.
Why do you say it was used packaging material?-- It was going to be used for packaging purposes. I mean, that is what brown paper is used for.
It was not used yet?— I would not know that, but I presume it was not used yet. That is how I viewed it.
I asked you during cross-examination whether it was new and you admitted
24
that?-- It was on rolls, therefore it must be new material. The first State witness testified here in court that it was in fact new material, that it was not used yet?--It was new paper to be used for packaging purposes. But it was not used yet?-- Correct. Would you say that this material that you conveyed was new material or not used?— Not used yet. So, it was not used packaging material?— Not in the sense that you are putting it to me now. It was going to be used for packaging purposes, yes."
Vollmer het ook gesê dat hy bekend was met die uit-spraak in die Reids Transport-saak, maar het toegegee: "I have not studied it in depth". Daar is geen aan-duiding in Vollmer se getuienis dat hy enigsins probeer het om regsadvies i v m hierdie geval in te win nie.
Na my mening, blyk dit duidelik uit die ge- tuienis dat Vollmer (en derhalwe eerste respondent) nie
25 die nodige omsigtigheid aan die dag gelê het nie. Hy het besef dat die betrokke paper "was not used yet" en kon in die omstandighede nie verduidelik hoe hy dan kon gedink het dat dit onder die item "gebruikte verpak-kingsmateriaal" geressorteer het nie. Indien hy die uitspraak in die Reids Transport-saak deurgelees het, moes hy besef het dat, wat feite betref, daar treffende verskille tussen dié saak en sy eie transaksie was. Onder daardie omstandighede was dit m i nalatig om son-der regsadvies met die vervoer van die papier voort te gaan. Die verweer gegrond op 'n afwesigheid van mens rea kan dus nie slaag nie.
Die appèl word afgewys.
M M CORBETT HEFER AR) SMALBERGER AR) Stem saam
MILNE AR)
KUMLEBEN AR)