S v Leo (B489/06) [2008] ZAWCHC 4; 2008 (2) SACR 198 (C) (12 February 2008)
- Citation
- [2008] ZAWCHC 4
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Western Cape High Court, Cape Town
- Panel
- Le Grange, Veldhuizen
- Case number
- B489/06
More details
- Court
- Western Cape High Court, Cape Town
- Panel
- Le Grange, Veldhuizen
- Case number
- B489/06
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The conviction and sentence were set aside because the facts admitted by the accused in his written plea explanation did not establish all the essential elements of the offence under section 2(1) of the Dangerous Weapons Act 71 of 1968. Specifically, there was no evidence regarding the nature, quality, or specifications of the knife, nor any detail about the circumstances of possession. The magistrate failed to clarify these aspects or apply section 113 of the Criminal Procedure Act. The constitutional concern regarding gender specificity in the statute is without merit, as the Interpretation Act ensures that masculine terms include females. The matter is remitted to the magistrate for proper handling in accordance with the law.
Court disposition
Conviction and sentence set aside. Matter remitted to the magistrate for further proceedings in accordance with the law.
Orders
- The conviction and sentence are set aside.
- The matter is referred back to the magistrate to be dealt with in accordance with the law.
02
Material facts
Parties
The State
ApplicantRiaan Leo
Respondent03
Procedural history
Posture
Criminal Review / Special Review
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the facts admitted by the accused were sufficient to establish all elements of the offence under section 2(1) of Act 71 of 1968.
- 02
Whether the conviction and sentence were in accordance with justice.
- 03
Whether the statutory provision infringes the accused's constitutional rights, specifically the presumption of innocence and right to silence.
- 04
Whether the statute's wording is unconstitutionally gender-specific.
Party arguments
- Applicant
- The accused pleaded guilty to possession of a dangerous weapon, specifically a knife, and submitted a written explanation admitting guilt. The magistrate found the proceedings to be in accordance with law but questioned the constitutionality of the offence and whether the statute improperly refers only to male offenders.
- Respondent
- The Director of Public Prosecutions, through Adv SM Galloway, argued that the facts admitted by the accused were insufficient to establish all essential elements of the offence. The definition of a dangerous weapon requires objective evidence regarding the nature and quality of the object, which was lacking. The constitutional concern regarding gender specificity is unfounded, as the Interpretation Act provides that masculine terms include females.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Section 1 and 2(1) of Dangerous Weapons Act 71 of 1968
A dangerous weapon is any object, except a firearm, likely to cause serious bodily injury if used to commit an assault. The court must objectively assess the nature and quality of the object, and the circumstances of possession.
- 02
Section 35(3)(h) of the Constitution of the Republic of South Africa, 1996
The presumption of innocence and right to silence are protected constitutional rights in criminal proceedings.
- 03
Section 6(a) of the Interpretation Act 33 of 1957
Masculine words in statutes include females unless a contrary intention appears.
- 04
S v Diedericks and Others 1969 (3) SA 270 (C); S v Adams 1986 (4) SA 882 (A); S v Lottering 1976 (1) SA 779 (OK)
Where the facts admitted by an accused are insufficient to establish all elements of the offence, the conviction is irregular and must be set aside.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The conviction and sentence were set aside because the facts admitted by the accused in his written plea explanation did not establish all the essential elements of the offence under section 2(1) of the Dangerous Weapons Act 71 of 1968. Specifically, there was no evidence regarding the nature, quality, or specifications of the knife, nor any detail about the circumstances of possession. The magistrate failed to clarify these aspects or apply section 113 of the Criminal Procedure Act. The constitutional concern regarding gender specificity in the statute is without merit, as the Interpretation Act ensures that masculine terms include females. The matter is remitted to the magistrate for proper handling in accordance with the law.
Obiter and limits
- The constitutional challenge regarding gender-specific language in the statute is unfounded due to the Interpretation Act.
- The case is not ripe for consideration of the broader constitutional challenge to the offence provision itself.
Court disposition
Conviction and sentence set aside. Matter remitted to the magistrate for further proceedings in accordance with the law.
- The conviction and sentence are set aside.
- The matter is referred back to the magistrate to be dealt with in accordance with the law.
Source and reliance status
Western Cape High Court, Cape Town
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Western Cape High Court, Cape Town
Judgment
Republiek van Suid-Afrika
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(PROVINSIALE AFDELING KAAP VAN DIE GOEIE HOOP)
Hooggeregshofverwnr: 062626
Saaknommer: B 489/06
Landdrosreeksnr: H 32/06
[RAPPORTEERBAAR]
In die saak tussen:
DIE STAAT
en
RIAAN LEO
HERSIENINGSUITSPRAAK GELEWER OP 12 FEBRUARIE 2008
LE GRANGE, R:
[1] Hierdie saak dien voor my by wyse van spesiale hersiening. Die Beskuldigde is, na ân pleit van skuldig, in die Landdroshof te Paarl skuldig bevind aan ân oortreding van artikel 2(1) van Wet 71 van 1968, naamlik die besit van ân gevaarlike wapen, te wete ân mes. Hy is dienooreenkomstig gevonnis tot ses (6) maande gevangenisstraf wat in die geheel vir ân periode van vyf (5) jaar voorwaardelik opgeskort is.
[2] Na afloop van die verrigtinge het die verhoorlanddros die aangeleentheid heroorweeg en alhoewel hy van oordeel is dat die verrigtinge ooreenkomstig die reg geskied het, bevraagteken hy die grondwetlikheid van die bepaalde oortreding. Hy het ook uitgewys dat die bepalings van die wet nie na beide geslagsvorme verwys nie en mag ân eng interpretasie die indruk skep dat die verbode handeling slegs op manlike daders van toepassing is.
[3] Die landdros was derhalwe van mening dat, tenspyte van sy siening dat die verrigtinge ooreenkoms die reg is, reg nie behoorlik geskied het nie en die verrigtinge ingevolge die bepalings van artikel 304 (4) van die Strafproseswet, 51 van 1977 op spesiale hersiening gestuur.
[4] Die landdros se hoof beswaar is dat die bepalings van artikel 2(1) van Wet 71 van 1968 soos tans bewoord is, inbreuk maak op ân
beskuldigde se Grondwetlike reg om onskuldig geag te word, te swyg en nie verplig te word om tydens verrigtinge te getuig nie.
[5] Ek het dit goedgeag om die kommentaar van die Direkteur van Openbare Vervolging (DOV) in dié verband aan te vra en wil my dank uitspreek vir die deurdagte memorandum van die Direkteur soos saamgestel deur
Adv SM Galloway.
[6] Die bepalings van artikel 35(3)(h) van Die Grondwet van Suid-Afrika bepaal asvolg:
â(3) Elke beskuldigde persoon het die reg op ân billike verhoor, waarby inbegrepe is die reg-
â¦â¦
(h) om onskuldig geag te word, te swyg, en nie gedurende die verrigtinge te getuig nie;â
[7] Die beskuldigde het tydens die verrigtinge in die hof a quo regsverteenwoordiging geniet en op die tenlasgelegde aanklag skuldig gepleit. ân Skriftelike pleitverduideliking in terme van artikel 112(2) van die Strafproseswet, 51 van 1977 was ingehandig as ân bewystuk waarin die beskuldigde sy skuld erken het .
[8] Die somtotaal van die gebeure wat gelei het tot die beskuldigde se arrestasie word as volg beskryf in sy pleitverduideliking:-
âOp die betrokke aand het ek ân paar drankies ingehad. Ek was buite op straat toe die polisie langs my stop. Ek het die mes op die grond gegooi, maar is gearresteer.â
[9] Die landdros het op grond van hierdie geringe feite tot die bevinding gekom dat die beskuldigde al die wesenlike elemente van die misdryf erken en hom skuldig bevind.
[10] Na deurlees van die oorkonde kan ek nie met die landdros se siening saamstem dat die skuldigbevinding ooreenkomstig die reg is nie. Die erkende feite soos vervat in die skriftelike pleitverduideliking is, na my mening, onvoldoende om tot ân bevinding te kom dat al die wesenlike elemente van die misdryf soos omskryf in Artikel 2(1) van die Wet op Gevaarlike Wapens, 71 van 1968, (âdie Wetâ) aan voldoen is.
[11] Die bepalings van artikel 2(1) van die Wet lui as volg:-
âIemand wat in besit is van ân gevaarlike wapen, of van ân voorwerp wat so na ân vuurwapen lyk dat, onder omstandighede soos dié waaronder so iemand in besit daarvan is, dit waarskynlik vir ân werklike vuurwapen aangesien sou word, is aan ân misdryf skuldig, tensy hy kan bewys dat hy te gener tyd die bedoeling gehad het om sodanige wapen of voorwerp vir ân onregmatige doel te gebruik nie, en is by skuldigbevinding strafbaar met ân boete of met gevangenisstraf vir ân tydperk van hoogstens twee jaar.â
[12] Die definisie van ân gevaarlike wapen word ingevolge die bepalings van artikel 1 van die Wet as volg omskryf :-
âenige voorwerp, behalwe ân vuurwapen, wat waarskynlik ernstige liggaamlike letsel sal veroorsaak indien dit gebruik sou word om ân aanranding te pleeg.â
[13] Die omskrywing van ân gevaarlike wapen, soos bedoel in die bepaalde subartikel, is al in verskeie beslissings oorweeg. Eerstens is dit noodsaaklik dat ân verhoorhof vasstel of die betrokke voorwerp wel die bepaalde gevolg sal hê, naamlik die veroorsaking van ernstige liggaamlike letsels, as dit in ân aanranding gebruik word, deur byvoorbeeld na die aard en kwaliteit van die voorwerp te kyk. Hierdie is ân objektiewe toets en dit is noodsaaklik dat die voorwerp self aan die Hof getoon word, of dat daar ân beskrywing daarvan aan die Hof gegee word. In dié verband sien S v Diedericks en Andere, 1969 (3) SA 270 (C) op 275 G; S v Adams 1986 (4) SA 882 (A) op 896 J- 897 E asook die regspraak soos daarin aangehaal. Tweedens, is die vereiste vir ân voorwerp om as gevaarlike wapen te kwalifiseer, dat die bepaalde voorwerp ernstige liggaamlike letsel sal veroorsaak indien dit in ân aanranding gebruik sou word. Staat v Diedericks en Andere, supra
op 275 B en Staat v Lottering 1976 (1) SA 779 (OK) op 780 A.
[14] Dit is dus duidelik dat die omskrywing van gevaarlike wapens nie net gerig is op wapens in die gewone sin van die woord nie, maar op voorwerpe wat aan twee vereistes voldoen, naamlik dat dit âwaarskynlik ernstige liggaamlike letsel sal veroorsaakâ en onder sekere omstandighede, âindien dit gebruik sou word om ân aanranding te pleeg.â Daar moet dus, benewens die aard en kwaliteit van die voorwerp na die hanteerbaarheid daarvan en die gepaardgaande potensialiteit van die hanteerbaarheid, om ân aanranding met die voorwerp te pleeg, gekyk word.
[15] In casu, is die beskuldigde skuldig bevind aan die besit van âân mesâ. Nêrens uit die oorkonde blyk dit dat die aard, kwaliteit of spesifikasies van die voorwerp op rekord geplaas is nie, nog minder is daar enigsins in die pleitverduideliking of deur getuienis deur die Staat aangebied, enigsins uitgebrei rondom die omstandighede
waaronder die beskuldigde in besit van die mes gevind is nie.
[16] Na my mening is die feite waarop die landdros gesteun het om die beskuldigde skuldig te bevind wesenlik gebrekkig en moes die verhoorlanddros vrae ter opheldering van voormelde aspekte aan die beskuldige gevra het of die bepalings van artikel 113 van die Strafproseswet toegepas het. Die skuldigbevinding is derhalwe onreëlmatig en nie ooreenkoms die reg nie.
[17] Dit volg dat die skuldigbevinding en vonnis tersyde gestel moet word.
[18] Hierdie saak is onryp en laat dit nie ruimte om die grondwetlike beswaar van die Landdros te oorweeg nie. Die Landdros se siening dat die bepaalde artikel na beide geslagsvorme moet verwys, is sonder meriete. Die bepalings van artikel 6(a) van die Interpretasiewet, Wet 33 van 1957 is duidelik dat in elke wet, tensy ân ander bedoeling blyk, die woorde wat die manlike geslag aandui, ook vroue insluit.
[19] In die gevolg word die volgende bevel gemaak:-
Die skuldigbevinding en vonnis word tersyde gestel. Die saak word terug verwys na die verhoorlanddros om dienooreenkoms die reg daarmee te handel.
_____
LE GRANGE, R
Ek stem saam. Dit word so gelas.
________
VELDHUIZEN, R
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.