Download PDF

South Africa Judgment

Western Cape High Court, Cape Town

S v Linnerts (08/2009_) [2010] ZAWCHC 56 (24 March 2010)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The High Court found that the magistrate had erred by overemphasizing the interests of the community and the accused's criminal record, while neglecting the minor value of the stolen goods and the accused's personal circumstances. The sentence imposed was disproportionate and failed to maintain the required balance between the crime, the offender, and societal interests. The magistrate also incorrectly set the non-parole period in excess of the statutory maximum. The High Court, considering the delay and the time already served, substituted the sentence with a more appropriate one, suspending part of the imprisonment and ordering the immediate release of the accused unless detained for other matters.

Court disposition

The High Court set aside the sentence imposed by the magistrate and substituted it with a sentence of 16 months imprisonment, 6 months of which are suspended for 3 years on condition of no further conviction for housebreaking and theft during the suspension period. The accused was ordered to be released immediately unless detained for other matters.

Orders

  • The conviction for housebreaking with intent to steal and theft is confirmed.
  • The sentence imposed by the magistrate is set aside and replaced with: '16 months imprisonment, 6 months suspended for 3 years on condition that the accused is not convicted of housebreaking with intent to steal and theft committed during the period of suspension.'
  • The prison authorities are ordered to release the accused immediately on this charge unless he is detained for other charges or serving other sentences.

02

Material facts

Parties

The State

Applicant

Jous Linnerts

Respondent Counsel: K van der Heever

Amounts and remedies

  • Value of Stolen Goods: ZAR 74
  • Accused's Weekly Wage: ZAR 280
  • Original Sentence (months Imprisonment): ZAR 36
  • Substituted Sentence (months Imprisonment): ZAR 16
  • Suspended Portion of Sentence (months): ZAR 6

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Review / Review of Sentence Imposed by Magistrate

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The prosecution argued that the accused had a lengthy record of previous convictions for housebreaking and theft, and that the interests of the community required a severe sentence to deter further offences. The minimal value of the stolen goods did not justify a lighter sentence, given the accused's persistent offending and disregard for parole conditions.
Respondent
The defence submitted that the accused was 23 years old, lived with his father and brother, had reached grade 11, and worked as a general labourer earning R280 per week. The accused did not cause damage to gain entry, stole food out of necessity, and had no work at the time. The defence argued for leniency, emphasizing the minor value of the stolen items and the accused's personal circumstances.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    S v Zinn 1969 (2) SA 537 (A)

    A sentencing court must balance the gravity of the offence, the interests of society, and the personal circumstances of the accused. Overemphasis on one element constitutes a misdirection.

  2. 02

    S v Khulu 1975 (2) SA 518 (N)

    Sentencing must be individualized and not sacrificed for deterrence; excessive sentences beyond what is just are impermissible.

  3. 03

    S v Mohlakane 2003 (2) SACR 569 (O)

    The unique circumstances of each accused, the manner of execution, and the context of the crime are central to determining sentence.

  4. 04

    S v Mako 2005 (2) SACR 223 (ECD)

    The sentencing court must ensure that any deviation from justice in the public interest is no greater than necessary and that the sentence remains reasonable.

  5. 05

    S v Sobandla 1992 (2) SACR 613 (A)

    Individualisation of sentence cannot be sacrificed for deterrence; otherwise, the discretion is exercised improperly.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The High Court found that the magistrate had erred by overemphasizing the interests of the community and the accused's criminal record, while neglecting the minor value of the stolen goods and the accused's personal circumstances. The sentence imposed was disproportionate and failed to maintain the required balance between the crime, the offender, and societal interests. The magistrate also incorrectly set the non-parole period in excess of the statutory maximum. The High Court, considering the delay and the time already served, substituted the sentence with a more appropriate one, suspending part of the imprisonment and ordering the immediate release of the accused unless detained for other matters.

Obiter and limits

  • There is no standard formula for determining an appropriate sentence; all relevant factors must be considered to ensure fairness and justice.
  • The interests of society must not override the need for individualized justice, and excessive sentences for deterrence alone are impermissible.
  • The delay in finalizing the matter and the time already served by the accused were relevant in deciding not to remit the case for resentencing.

Court disposition

The High Court set aside the sentence imposed by the magistrate and substituted it with a sentence of 16 months imprisonment, 6 months of which are suspended for 3 years on condition of no further conviction for housebreaking and theft during the suspension period. The accused was ordered to be released immediately unless detained for other matters.

  • The conviction for housebreaking with intent to steal and theft is confirmed.
  • The sentence imposed by the magistrate is set aside and replaced with: '16 months imprisonment, 6 months suspended for 3 years on condition that the accused is not convicted of housebreaking with intent to steal and theft committed during the period of suspension.'
  • The prison authorities are ordered to release the accused immediately on this charge unless he is detained for other charges or serving other sentences.

Source and reliance status

Western Cape High Court, Cape Town

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Western Cape High Court, Cape Town

Judgment

[2010] ZAWCHC 56

RAPPORTEERBAAR

IN DIE Hoe HOF VAN SUID-AFRIKA (WES-KAAPSE Hoe HOF, KAAPSTAD)

Hoe HOF VERWYSINGSNR: 091910

LANDDROS SE SAAKNR: 313/2009

LANDDROS SE REEKSNR: 08/2009

In die saak tussen:

DIE

STAAT

en

JOUS LINNERTS Beskuldigde

UITSPRAAK

OP HERSIENING

DE SWARDT, WnR:

Die beskuldigde het op 26 Mei 2009 in die Landdroshof te Ladismith tereg gestaan op 'n aanklag van huisbraak en diefstal. Die bewerings in die klagstaat was dat hy op 1 Mei 2009 en te of naby Berg en Dal in die distrik van Ladismith, wederregtelik en opsetlik die woning van ene John Isaacs oopgebreek en binnegegaan het met die opset om te steel en toe wederregtelik en opsetlik 'n hoenderbraaisak, vn blik tamatievis, *n brood, 50g tabak en 'n bottel konfyt gesteel het wat die eiendom was van gemelde John Isaacs. Die klagstaat het ook beweer dat die totale waarde van die gesteelde goedere R74,00 was.

Die beskuldigde, wat verteenwoordig was deur Me K van der Heever, het skuldig gepleit. Dit is duidelik uit sy pleitverduideliking dat die beskuldigde al die elemente van die misdryf erken het en hy is ooreenkomstig sy pleit skuldig bevind. Die landdros het die beskuldigde gevormis tot 36 maande gevangenisstraf en het ingevolge artikel 276B van die Strafproseswet, Nr 51 van 1977, ('die Wet') gelas dat die beskuldigde nie vir parool in aanmerking mag kom alvorens hy 30 maande gevangenisstraf uitgedien het nie.

Na vonnisopiegging het dit tot die landdros se kennis gekom dat hy ingevolge die bepalings van artikel 276B(l)(b) van die Wet slegs by magte was om te gelas dat twee-derdes van die vonnis, met ander woorde 24 maande, as die nie-parool tydperk beskou moes word. Die landdros het die saak derhalwe op 30 Oktober 2009 ingevolge artikel 304(4) van die Wet op spesiale hersiening na hierdie Hof verwys, met die versoek dat hierdie Hof die vonnis dienooreenkomstig moes wysig.

Die saak het gedurende Desember 2009 in hierdie Hof op hiersiening gekom voor

Motala, R wat die volgende navraag aan die landdros gerig het:

"In the light of the minimal value of the goods stolen by the accused, the sentence imposed coupled with the order in terms of section 276B of Act 51 of 1977 appears to me to be excessive. Although the trial Magistrate has given a detailed judgment on sentence, he is requested to elaborate thereon, if he so wishes."

In die verdere redes wat die landdros gedurende Februarie 2010 in antwoord op die navraag verskaf het, het die landdros aangevoer dat die geringe waarde van die gesteelde goed, in die lig van die beskuldigde se vorige veroordelings, nie xn ligter straf regverdig nie. Trouens, die landdros was van mening dat die beskuldigde swaarder gestraf moes word, omdat hy bewys het dat hy vn geneigdheid het om by ander mense se wonings in te breek en te steel. Die gemeenskap moes derhalwe, na die landdros se mening, teen die beskuldigde se volgehoue gewoonte om in te breek en te steel, beskerm word. Die landdros het weer eens versoek dat die vonnis slegs gewysig word om te voldoen aan die bepalings van artikel 276B(l)(b) van die Wet.

Die verrigtinge voor die landdros is meganies opgeneem. Die beskuldigde het nie getuienis ter versagting van vonnis afgele nie. Dit blyk egter uit die betoog ter versagting van vonnis wat sy regsverteenwoordiger, Me Van der Heever gelewer het, dat die beskuldigde 23 jaar oud was, dat hy by sy pa en broer gewoon het en dat die beskuldigde skolasties sover as standerd 9 (nou graad 11) gevorder het. Hy het ten tyde van die verhoor as vn algemene arbeider op vn plaas gewerk by ene Frikkie Koen en het R280,00 per week verdien. Hy het nog nie 'n vaste aanstelling gehad nie, maar daar was 'n moontlikheid dat hy vas aangestel kon word.

Wat die omstandighede random die pleeg van die misdryf betref, het die beskuldigde se regsverteenwoordiger op rekord geplaas dat die beskuldigde geen skade aangerig het om toegang tot die woning van die klaer te kry nie. Die deur van die huis was bloot toegemaak en nie gesluit nie, en die beskuldigde het slegs die deur oopgemaak. Die beskuldigde het die goedere geneem en in die loop al die kos opgeeet. Ten tyde van die pleeg van die misdryf het die beskuldigde nie werk gehad nie en derhalwe het hy nie geld gehad nie. As gevolg van hierdie situasie het hy die kos gesteel om te eet.

Die beskuldigde het'n redelike lang rekord van vorige veroordelings watgrotendeels bestaan uit huisbraak en diefstal. Op 20 Julie 1999 is die beskuldigde vir die eerste keer skuldig bevind aan huisbraak en diefstal en by daardie geleentheid is vonnis uitgestel tot 31 Augustus 2002. Hy is derhalwe ingevolge artikel 297(l)(a)(ii) van die Wet vrygelaat. Daarna is die beskuldigde nie minder nie as 7 keer skuldig bevind aan huisbraak en diefstal, die besonderhede waarvan die volgende is:

31 Augustus 1999: Huisbraak met die opset om te steel en diefstal gepleeg op 19 Maart 1999. Vonnis: 4 maande gevangenisstraf opgeskort

vir 5 jaar;

14 Junie 1999: Huisbraak met die opset om te steel en diefstal gepleeg op 12 Maart 1999. Vonnis uitgestel ingevolge artikel 297(l)(a)(ii)

voormeld;

24 Mei 2001: Huisbraak en diefstal gepleeg op 6 Januarie 2001.

Vonnis: 6 maande gevangenisstraf opgeskort vir 5 jaar.

7 Februarie 2002: Huisbraak met die opset om te steel en diefstal gepleeg op 17 November 2001. Vonnis: 12 maande gevangenis­straf

wat uitgedien moes word in vn jeuggevangenis.

11 November 2004: Huisbraak met die opset om te steel en diefstal gepleeg op 17 September 2004. Vonnis: 24 maande gevangenis­straf;

22 Mei 2006: Huisbraak met die opset om te steel en diefstal gepleeg op 16 Februarie 2006. Vonnis: 30 maande gevangenis­straf.

Op 25 Januarie 2008 was die beskuldigde op parool vrygelaat tot 21 November 2008. Op 18 Augustus 2008 is hy egter weer tot die gevangenis toegelaat om die oorblywende 96 dae van sy straf uit te dien, omdat hy die voorwaardes van sy parooltoesig verbreek het en op 21 November 2008 is hy vrygelaat by die verstryking van sy vonnis. Die huidige oortreding is net meer 5 maande later begaan.

Soos die Staatsaanklaer tydens betoog tereg uitgewys het, gaan die gemeenskap swaar gebuk onder hierdie tipe misdryf. Die klaer in die saak was 'n arm man wat nie kon bekostig om sy huis met diefalarms en dies meer te beveilig nie. Hy is ook maar 'n plaaswerker wat 'n klein salaris verdien en vir wie die verlies van die gesteelde items aansienlik sou wees.

Dit is duidelik uit die oorkonde van die verrigtinge dat die landdros baie gewig verleen het aan die feit dat die beskuldigde soveel vorige veroordelings vir huisbraak en diefstal het. Die landdros het trouens soveel gewig aan hierdie faktor verleen dat hy dit oorweeg het om die beskuldigde na die Streekhof te verwys vir doeleindes van vonnisoplegging, omdat hy nie by magte was om 'n vonnis van meer as 3 jaar gevangenisstraf op te le nie. Die landdros was egter klaarblyklik van oordeel dat die Streekhof die beskuldigde nie swaar genoeg sou straf nie. Trouens, die landdros het in soveel woorde daarna verwys dat \.. ongelukkig het die hof ook die situasie dat die plaaslike streekhof is geneig om sake wat van die distriskhof af soontoe gestuur word, baie lig te behandel...'. Die landdros het, ten spyte van die geringe waarde van die gesteelde goedere, tot die gevolgtrekking gekom dat die gemeenskap teen die beskuldigde beskerm moes word en het derhalwe die maksimum vonnis opgele wat binne sy jurisdiksie was.

Dit is geykte reg dat xn vonnisoplegger aandag moet gee aan drie elemente - die misdaad, die oortreder en die belange van die gemeenskap (5 vZinn 1969 (2) SA 537(A) op 540G) - en dat daar gepoog moet word om 'n balans tussen hierdie elemente te handhaaf. Oorbeklemtoning of onderbeklemtoning van die een of ander van hierdie elemente stel vn mistasting daar. Daarbenewens moet'n element van genade ook die vonnis deurstraal (5 v Kumalo 1973 (3) SA 697(A) op 698). Daar moet voorts gepoog word om uitvoering te gee aan die oogmerke wat met straf gepaard gaan, synde afskrikking, voorkoming, hervorming en vergelding.

Daar is geen standaardresep wat aangewend kan word om te bepaal wat in elke geval 'n gepaste vonnis daarstel nie. In die finale instansie moet al die tersaaklike faktore deeglike oorweging geniet en moet die vonnisoplegger 'n regverdige en billike straf ople. Dit beteken, onder meer, dat dit nie veroorloof is om vanwee die publieke belang 'n vonnis op te le wat so swaar is dat dit totaal buite verhouding is met die omstandighede van die geval en die morele laakbaarheid wat aan die oortreder kleef nie. Plasket R het dit soos volg gestel in S vMako 2005 (2) SACR223 (ECDj.

"... irrespective of the broader circumstances that prevail, the need to deter the commission of offences through sentencing may not go beyond what is just. This principle was stated in clear terms by Miller J in S v Khulu. After stating that XI cannot conceive of any principle which could justify, forthesake of deterrence, the imposition of a sentence grossly in excess of what, in the circumstances of a particular case and having regard only to the crime and the degree of the particular offender's moral reprehensibility, would be a just and fair punishment', he held:

'It is, I think, a truism that just as a court should not, in an excess of compassion or pity, show a criminal convicted of a serious and prevalent type of crime undue leniency at the expense of the best interests of society, so it should not by over-zealous protection of society denigrate the concepts of justice and fairness in relation to the individual offender. That, when all has been said, remains the true function of the court in any criminal case - to do justice to the State and to the man in the dock - to acquit him if he is not guilty, but to convict him if he is guilty and then to sentence him, within the framework of the law, according to what is just and fair in the circumstances. Where it is not possible to reconcile with the need to protect society a sentence which, having regard only to the crime and the offender, appears to be appropriate, a court would disregard its duty and abuse its powers if it did not ensure that the deviation from justice (in the sense of imposing punishment more severe than the particular offender merited) was no greater than was necessary in the public interest and that the sentence, though more severe than it would otherwise have been, was nevertheless not unreasonable in the circumstances.'"(die verwysing naS vKhulu is 1975 (2)SA518 (N)).'

Plasket R het, met verwysing na die uitspraak van Howie WnAR (soos hy toe was) in S vSobandla 1992 (2) SASV613 (A) op 617f-g bygevoeg dat die individualisering van die vonnisproses nie op die altaar van afskrikking opgeoffer kan word nie. Indien dit sou gebeur, sou dit'n onbehoorlike swaar vonnis tot gevolg he en sou die vonnisoplegger sy diskresie op onbehoorlike of onredelike wyse uitoefen.

In S v Mohlakane 2003 (2) SASV 569 (0) het Musi, R bevind: "Apart from the gravity of the offence and the interests of society, sentence is determined largely by the unique circumstances of each accused, the manner of execution of the crime and the circumstances surrounding its commision;"

Dit is duidelik uit die oorkonde in die onderhawige saak dat die landdros die omstandighede waaronder die misdryf gepleeg is en die geringe waarde van die gesteelde goedere, bykans buite rekening gelaat het en weinig aandag gegee het aan die persoonlike belange van die beskuldigde. Die landdros het inderdaad die individualisering van die straf opgeoffer ten gunste van die beskerming van die gemeenskap se belang. In hierdie proses het die landdros 'n vonnis gevel wat klaarblyklik buite verhouding swaar was tot die misdryf in die onderhawige geval.

Die landdros het inderdaad in sy poging om die gemeenskap te beskerm, uit die oog verloor dat 'n behoorlike balans gehandhaaf moet word tussen die erns van die misdryf, die belange van die gemeenskap en die belange van die beskuldigde.

Dit volg dat die landdros Yi mistasting begaan het en dat dit hierdie Hof derhalwe vry staan om met die vonnis in te meng. Daar is ernstige oorweging daaraan gegee om die saak na die landdros terug te verwys om van nuuts af vonnisoplegging te oorweeg. Gegewe die druk werkslading waaronder die laer howe gebuk gaan en die feit dat so *n stap die finale afhandeling van die saak verder sal vertraag, het hierdie Hof egter besluit om self 'n gepaste vonnis op te le.

In die omstandighede van die onderhawige saak sou hierdie Hof, indien dit die vonnisoplegger was, gebruik gemaak het van die bepalings van artikel 285 van die Wet en 'n vonnis van periodieke gevangenisstraf opgele het. Daar was ongelukkig egter reeds'n lang vertraging en die beskuldigde het nou reeds ongeveer 10 maande gevangenisstraf uitgedien.

Die voglende bevel word derhalwe gemaak:

1. Die beskuldigde se skuldigbevinding aan huisbraak met die opset om te steel en diefstal word bekragtig.

2. Die vonnis wat die landdros die beskuldigde opgele het, word deurgehaal en word vervang met die volgende: "16 maande gevangenisstraf waarvan 6 maande gevangenisstraf opgeskort word vir 3 jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie weerskuldig bevind word aan huisbraak met die opset om te steel en diefstal watgepleeg is tydens die tydperk van opskorting nie."

3. Die Sipier van die gevangenis waar die beskuldigde aangehou word, word gelas om die beskuldigde onmiddellik op die aanklag wat die onderwerp van hierdie uitstpraak uitmaak, te ontslaan en om die beskuldigde onmiddellik vry te laat tensy hy op enige ander klagte(s) verhoorafwagtend is of gevangenisstraf uitdien.

A M DE SWARDT, WnR

Ek stem saam

L BOZALEK, R

24 MAART, 2010

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Zinn 1969 (2) SA 537 (A)

Case cited

S v Kumalo 1973 (3) SA 697 (A)

Case cited

S v Khulu 1975 (2) SA 518 (N)

Case cited

S v Sobandla 1992 (2) SACR 613 (A)

Case cited

S v Mako 2005 (2) SACR 223 (ECD)

Case cited

S v Mohlakane 2003 (2) SACR 569 (O)

Case cited

Criminal Procedure Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.