S v Lubelwana (303/87) [1988] ZASCA 93 (16 September 1988)
- Citation
- [1988] ZASCA 93
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Jansen, Viljoen, Nicholas
- Case number
- 303/87
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Jansen, Viljoen, Nicholas
- Case number
- 303/87
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The Supreme Court of Appeal found that the appellant's use of 'we' in his statement did not necessarily indicate identification with the murder or assault, especially in light of the interpreter's testimony that 'we' referred to the group and did not imply agreement or participation. The limited direct evidence did not implicate the appellant as an active participant, and his failure to testify did not justify a decisive adverse inference. The court held that there was reasonable doubt regarding the appellant's guilt and that the trial court should have acquitted him.
Court disposition
Appeal upheld; conviction and sentence set aside.
Orders
- The appeal is upheld.
- The conviction and sentence are set aside.
02
Material facts
Parties
Thembile Lubelwana
AppellantThe State
Respondent03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the appellant's use of 'we' in his statement constituted sufficient identification with the group to establish guilt for murder.
- 02
Whether the appellant's failure to testify justified an adverse inference regarding his participation.
- 03
Whether there was reasonable doubt as to the appellant's guilt.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that his statement did not necessarily indicate active participation in the murder, and that the use of 'we' referred to the group generally, not to personal involvement. He contended that the evidence did not directly implicate him in the acts leading to the deceased's death, and that the interpreter's testimony supported the view that 'we' did not mean he agreed with or participated in the group's actions.
- Respondent
- The respondent maintained that the appellant's statement, particularly the repeated use of 'we', demonstrated his identification with the group and its actions, thereby establishing his guilt. The respondent argued that the appellant's failure to testify should be taken as an indication that he could not refute the evidence against him, and that the trial court was correct in finding no reasonable doubt as to his guilt.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Interpretation of confessions in South African criminal law
A confession or statement using collective pronouns such as 'we' must be interpreted in context and does not automatically establish personal participation or identification with criminal acts.
- 02
S v Mthetwa 1972 (3) SA 766 (A)
The failure of an accused to testify does not, in itself, justify a decisive adverse inference unless the evidence against him is sufficiently strong.
- 03
S v V 1981 (1) SA 238 (A)
Reasonable doubt as to the guilt of the accused must result in acquittal.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The Supreme Court of Appeal found that the appellant's use of 'we' in his statement did not necessarily indicate identification with the murder or assault, especially in light of the interpreter's testimony that 'we' referred to the group and did not imply agreement or participation. The limited direct evidence did not implicate the appellant as an active participant, and his failure to testify did not justify a decisive adverse inference. The court held that there was reasonable doubt regarding the appellant's guilt and that the trial court should have acquitted him.
Obiter and limits
- The court noted that mere mental identification with a group may, in some circumstances, constitute perpetration or complicity, but did not decide the issue in this case.
- The court observed that it was unnecessary and undesirable to address the complex question of withdrawal from participation, as the appellant was acquitted on other grounds.
Court disposition
Appeal upheld; conviction and sentence set aside.
- The appeal is upheld.
- The conviction and sentence are set aside.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
Saak 303/87
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPÉLAFDELING) In die saak tussen
THEMBILE LUBELWANA Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: JANSEN AR et VILJOEN, NICHOLAS Wn ARR.
Verhoor: 21 MAART 1988 Gelewer: 16 SEPTEMBER 1988.
UITSPRAAK JANSEN AR:
Die appellant (hierna beskuldigde genoem), 'n man in sy vroee twintigerjare, kom met verlof van die Verhoorregter in hoër beroep teen sy skuldigbevinding aan moord en ook teen die gepaardgaande bevinding dat daar geen versagtende omstandighede aanwesig was nie.
2/...
2.
Die vervolging van die beskuldigde en vyf andere het voortgevloei uit gebeure wat soos volg deur die Verhoorhof opgesom word :-
"Gedurende die aand van 7 April 1986 het 'n groep Swartmense in die Swart woonbuurt van Port Alfred na verskeie huise in die woonbuurt gegaan. Die huise is bewoon deur sekuriteitswagte wat vir 'n sekuriteitsfirma gewerk het. By die huise is die uniforms van die wagte opgekommandeer. Nadat verskeie huise aldus besoek is en uniforms verkry is, het die groep mense na die huis gegaan wat deur die oorledene bewoon is. Hy is uit die huis gebring met sy hande agter sy rug geboei. Hy is na 'n plek geneem naby 'n dam. Hy was geslaan met kieries. Van die uniforms is op hom gegooi. Daar was petrol op die uniforms gegooi en dit is aan die brand gesteek.
Dit is gemene saak dat die toneel waar die gebeure plaasgevind het, aangetoon word op Bewysstuk D.l, 'n foto. Volgens die getuienis van 'n Staatsgetuie het die oorledene, nadat hy aan die brand gesteek is, opgespring en
3/.....
3.
na 'n bos gehardloop. Hy is gevang, teruggebring en weer aan die brand gesteek. Volgens die Staatsgetuie sou hy toe weer ontvlug het, maar hy is egter ingehaal en gebring na punt E, aangetoon op Bewysstuk D.l waar hy weer aangerand is en waar smeulende klere weer op hom gegooi is en waar hy ook gesterf het. Die liggaam is dan ook op punt E op die plan die volgende dag aan die polisie uitgewys. Dr Dempers, die distriksgeneesheer wat die lykskouing gehou het, het in sy hoofgetuienis die mening uitgespreek dat die oorsaak van die oorledene se dood verbranding was. Onder kruisverhoor het hy hierdie mening gewysig en toegegee dat die oorsaak van die dood onbepaald is. Dit is egter heeltemal duidelik volgens sy getuienis dat die oorledene as gevolg van die aanval op hom gesterf het." Die verhoorhof het bevind dat die beskuldigde,
alhoewel hy nie een van die voorbokke was nie en ditook nie duidelik is wat sy werklike aandeel was nie,
tog een van 'n groep mense was wat tydens diegebeure aanwesig was en dat hy hom vereenselwig hetmet wat plaasgevind het. Die bevinding berus geheel
4/...4. en al op 'n verklaring wat die beskuldigde voor 'n landdros
afgelê het, Die tersaaklike deel van die verklaringlui soos volg:-
"Maandagaand het daar twee seuns opgedaag by ons huis. Hulle het my wakker gemaak en gesê ons moet loop. Ek het toe opgestaan en ons het geloop. Onderkant ons huis het ons h klomp seuns gekry. Ons het saam met die groep geloop tot by Beletyu lokasie. Ons het tot by h sekuriteitswag se huis geloop.
Ons het die klere van die sekuriteitswag geneem.
Ons het met die klere weggeloop tot by Thula lokasie tot by 'n ander sekuriteitswag se huis. Toe ons daar opgedaag het, het ons gehoor dat hierdie sekuriteitswag nie daar is nie, hy is te Grahamstad. Ons het toe aan h sekere vrou wat daar was gesê dat sy vir ons die klere van die sekuriteitswag moet gee. Sy het ons die klere gegee en ons het geloop. Ons het toe na die Styhotyholweni lokasie gegaan. Ons het by 'n sekere sekuriteitswag se huis opgedaag en ook sy klere geneem. Ons het die sekuriteitswag meegedeel dat hy saam met ons moet gaan. Hy het saam met ons geloop tot by 'n ander sekuriteitswag se huis in dieselfde omgewing. Ons het ook daar
5/...
5. klere geneem. Ons het ook die sekuriteitswag meegedeel om saam met ons te gaan. Ons het toe teruggekeer na Vuyani se winkel. Ons het by 'n ander sekuriteitswag se huis opgedaag. Die huis van die sekuriteitswag is onderkant Vuyani se winkel. Ons het die sekuriteitswag meegedeel om sy klere vir ons te gee. Hy het ons meegedeel dat hy sy klere huis toe gestuur het. Daarvandaan het ons geloop tot by Sileyni lokasie. Ons het toe in 'n sekere huis ingegaan. In die huis het ons 'n sekere man ontmoet en ons het hom uit die huis geneem en geboei. Ons het saam met hom geloop. Terwyl hierdie man geboei was het ons saam met hom geloop tot by 'n dam. Toe ons by die dam kom het ons die klere van die sekuriteitswagte op die grond gegooi en brandstof daarop gegooi en aan die brand gesteek saam met die man wat geboei was. Ons het die man daar gelos aan die brand. Ons het toe huis toe gegaan. Dit is al."
Die Hof was van oordeel dat die gebruik van die woord "ons" in die verklaring, by ontstentenis van enige getuienis van die beskuldigde ter verduideliking, sodanige vereenselwiging bewys het.
6/...
6. Die Verhoorhof se beskouing berus sekerlik
op sterk gronde. Nogtans is daar sekere opvallendeaspekte van die saak wat moontlik tot 'n ander konklusiesou kon lei :-
1) Dit is redelik moontlik, selfs waarskynlik,dat sommige van diegene wat die hoofdadersgevolg het, dit bloot uit nuuskierigheid
en as toeskouers sou gedoen het;
2) Die min direkte getuienis impliseer hoegenaamd nie die beskuldigde by enige van die gebeure nie, maar sluit hom eerder uit as een van die aktiewe deelnemers; 3) Die amptelike tolk wat opgetree het by aflegging van die verklaring aan die landdros, het die volgende getuig wat betref die gebruik van die woord "ons" as weergawe van die Xhosa deur die beskuldigde gebesig:
"Die woord 'ons' soos dit in die verklaring vorkom, u sê dit beteken nie dat hy deelgeneem het aan wat gedoen is nie - dit verwys na die
groep? Dit is korrek, ja.
Beteken dit dat hy saamgestem
7/.....
7. het met wat die groep gedoen het?
Nee, ek kan nie so sê nie.
U kan nie so sê nie? Nee."
Later het hy dit weer eens bevestig:
"Luister nou net mooi, want u moet versigtig wees - is die volgende stelling van my korrek - as u getolk het dat die beskuldigde sê 'ons', het die beskuldigde dan bedoel dat hy deel was van die groep waarvan hy praat, of is dit moontlik dat hy miskien iets anders bedoel het?
U Edele, soos ek nou kan verstaan, .
as die beskuldigde die woord 'ons' noem, hy verwys na die groep, na hulle almal - ons. Met ander woorde, dit beteken, hy
is een van die groep? Met die
woord van 'ons' ja.
U het getuig in antwoord op My Geleerde
Vriend dat die Xhosa wat u vertaal
het as 'ons' beteken nie noodwendig
- dit beteken nie noodwendig dat
die persoon wat praat saamstem met
wat die groep doen nie, is dit reg?
8/....
8.
Dit is korrek.
Maar is ek nou reg as ek die stelling
maak, dit beteken nogtans dat hy
onder die groep is? Dit is korrek."
By sorgvuldige oorweging kom dit my voor dat in die bepaalde omstandighede van die geval die gebruik van die woord "ons" in die verklaring nie noodwendig dui op vereenselwiging met die moord of aanranding nie en dat die beskuldigde se versuim om getuienis af te lê nie 'n beslissende afleiding teen hom regverdig nie. M i moes die Verhoorhof bevind het dat daar 'n redelike
twyfel oor die skuld van die beskuldigde bestaan.
Alvorens af te sluit moet egter 'n paar ander
aspekte genoem word. Die beskuldigde het sekere uitwysings
aan die polisie gedoen en sekere meegaande verklarings
gedoen. Die uitwysings werp nie meer lig op die gebeure
nie en die meegaande verklarings wat die beskuldigde
gedoen het (wat nou toegegee word in aanmerking kan
kom) voer die saak ook nie juis verder nie, veral met
9/.....
9
die oog op die derde punt hierbo genoem (nl die getuienis van die amptelike tolk oor die gebruik van die woord "ons"). Vir doeleindes van hierdie geval word veronderstel (sonder om enige mening daaroor uit te spreek) dat blote geestelike "vereenselwiging" daderskap of medepligtigheid kan konstitueer. Verder is dit ook onnodig, en selfs onwenslik, om in te gaan op die moeilike kwessie of die beskuldigde nie in ieder geval hom daarop sou kon beroep het dat as hy aanvanklik medepligtig was, hy tog voor die intrede van die oorledene se dood "teruggetree" het, en dat hy gevolglik nie aanspreeklik vir die dood van die oorledene is nie.
Die appèl word gehandhaaf en die skuldigbevinding en vonnis word ter syde gestel.
E.L. JANSEN AR.
VILJOEN Wn AR)
Stem saam.
NICHOLAS Wn AR)
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.