Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

S v Luphoko (352/91) [1992] ZASCA 150 (17 September 1992)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The Supreme Court of Appeal found that the confession made by the appellant was admissible, as the record demonstrated it was made voluntarily and without improper influence. The appellant failed to discharge the onus of proving otherwise. The evidence, including the confession and the appellant's own testimony, overwhelmingly established his guilt for the murder of the four-year-old victim. The court considered mitigating factors, such as the appellant's lack of previous convictions and possible influence by Ambrose, but found that the aggravating factors, including the brutality of the crime and the motive of financial gain, far outweighed them. The death sentence was deemed the only appropriate punishment given the circumstances.

Court disposition

The appeal against conviction and sentence is dismissed.

Orders

  • The appeal is dismissed.
  • The conviction and death sentence are confirmed.

02

Material facts

Parties

Alfred Mputhumi Luphoko

Appellant Counsel: Mej Schoeman

The State

Respondent Counsel: Mnr Visser

Amounts and remedies

  • Promised Payment for Murder: ZAR 3,000
  • Appellant's Monthly Earnings: ZAR 650

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant, through counsel, argued that the confession was not made voluntarily and was improperly influenced, citing alleged assault and threats by police and the influence of his co-accused Ambrose. It was contended that the requirements of section 217(1)(b) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977 were not met, and that the trial court erred in admitting the confession and in its assessment of the evidence regarding voluntariness and undue influence.
Respondent
The State maintained that the confession met all statutory requirements for admissibility under section 217(1)(b) of the Criminal Procedure Act. The prosecution argued that the appellant was properly warned, understood the implications, and made the statement freely. The State further contended that the evidence overwhelmingly supported the conviction and that the death sentence was justified given the brutality and circumstances of the crime.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    S v Yolelo 1981 (1) SA 1002 (A) at 1011 D-E

    Before the burden of proof shifts to the accused, the document itself must show that the confession was made voluntarily and without undue influence.

  2. 02

    S v Nyembe 1982 (1) SA 835 (A) at 841 G-H

    The court is entitled to re-examine the confession document to determine compliance with statutory requirements, regardless of concessions made in the trial court.

  3. 03

    S v Senonohi [1990] ZASCA 93; 1990 (4) SA 727 (A) at 731 I-J

    Mitigating factors such as lack of previous convictions and possible influence by a co-accused must be weighed against aggravating factors such as brutality and motive for gain.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The Supreme Court of Appeal found that the confession made by the appellant was admissible, as the record demonstrated it was made voluntarily and without improper influence. The appellant failed to discharge the onus of proving otherwise. The evidence, including the confession and the appellant's own testimony, overwhelmingly established his guilt for the murder of the four-year-old victim. The court considered mitigating factors, such as the appellant's lack of previous convictions and possible influence by Ambrose, but found that the aggravating factors, including the brutality of the crime and the motive of financial gain, far outweighed them. The death sentence was deemed the only appropriate punishment given the circumstances.

Obiter and limits

  • Even if some evidentiary objections had merit, they would not alter the outcome in light of the overwhelming evidence against the appellant.
  • The readiness with which the appellant participated in the crime, as reflected in his confession, underscores the severity of his culpability.
  • Any tolerance for such conduct, especially where financial gain motivates the murder of a defenceless child, is inherently destructive to society.

Court disposition

The appeal against conviction and sentence is dismissed.

  • The appeal is dismissed.
  • The conviction and death sentence are confirmed.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[1992] ZASCA 150

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

ALFRED MPUTHUMI LUPHOKO AppellantENDIE STAAT Respondent

Coram: VAN HEERDEN, EKSTEEN et GOLDSTONE, ARRVerhoor: 4 September 1992Gelewer: 17 September 1992

UITSPRAAK

EKSTEEN, AR :

Die appellant is saam met twee ander persone aangekla van die moord op "n vierjarige dogtertjie Mat-shidiso Cleopatra Manale ("die oorledene") op 3 April 1990. Sy twee mede-beskuldigdes is onskuldig bevind en ontslaan, maar hy is skuldig bevind en die dood-vonnis opgelê. Hy kom nou in hoër beroep teen beide sy skuldigbevinding en vonnis.Die Staat se saak teen die drie beskuldigdes was dat hulle die oorledene te Thabong woongebied, Welkom, ontvoer het, en haar in 'n motor na 'n klompie bome op die Welkom-Bultfontein pad geneem het. Daar het die appellant en een van sy mede-beskuldigdes

....../ 2

2

("Ambrose") die oorledene tussen die bome ingeneem, en haar keel afgesny. Haar ontbindende lyk is eers vier dae later, op 7 April, tussen die bome gevind.Die rede waarom die appellant se mede-beskuldigdes onskuldig bevind is, was omdat daar on-voldoende getuienis was om hulle bo redelike twyfel met die moord te verbind. Die appellant het egter 'n bekentenis voor 'n landdros afgelê en sy skuldig-bevinding berus grotendeels op hierdie bekentenis. Die betoog voor ons aangaande die skuldigbevinding, is dan ook in hoofsaak teen die toelating van die bekentenis by die verhoor gerig.Op die getuienis is appellant op die oggend van 12 April by sy werksplek by Freddies Myn te

..../ 3

3

Odendaalsrus in hegtenis geneem deur konstabel Helepi.Hy het appellant na die Thabong polisiestasie geneemwaar hy hom aan die ondersoekbeampte, speurder-sersant Motse, oorhandig het. Nadat Motse 'n onder-houd met appellant gehad het, is hy na 'n landdros ge-neem waar hy die gewraakte bekentenis afgelê het.

Die landdros het vooraf sekere mededelings

aan appellant gedoen en vrae aan hom gestel. Appel-

lant se antwoorde op hierdie vrae is deur die land-dros aangeteken. Die landdros se notule lui soosvolg:

"1. Op 12 April 1990 om 10h05 bring Sers.

P D Baratseng ondergenoemde persoon na my, G P Schalkwyk landdros van die Distrik Welkom, in my kantoor te Landdroskantoor, Welkom.

....../ 4

4 Daarna verlaat genoemde beampte my kantoor. Die deure en vensters word toegemaak en in my kantoor is nou niemand anders nie be-halwe *myself/die amptelike Tolk L P Mofo-keng en die persoon hieronder genoem, wat die volgende persoonlike besonderhede aan my verstrek:

1.1

NAAM

MPHUTHUMI LUPHOKO 1.2

RAS

SWART 1.3

GESLAG

MANLIK 1.4 OUDERDOM 27

JAAR

(Hierna genoem die verklaarder)

2. Indien die verklaarder nie die dienste van 'n Tolk benodig nie, notuleer wat die verklaarder sê waarom *hy nie die dienste benodig nie: Hy benodig Xhosa.

3. Ek deel die verklaarder mee dat ek 'n Landdros is, dat ek hoegenaamd niks te doen het met die ondersoek teen hom nie, dat ek nie saam met die Polisie of enige ander persoon in die saak werk nie en dat hy onbevrees en vryelik in my teenwoordig-heid kan praat. Hy word verder gewaar-sku dat hy hoegenaamd nie onder enige verpligting is om enige verklaring af te lê nie, maar indien hy 'n verklaring sou af-

/ 5

5 lê, dit, terwyl hy praat, neergeskryf sal word en kan later by blote voorlegging daar- van in 'n hofsaak as getuienis teen hom ge- bruik word. Hierop vra ek verklaarder of hy hierdie waarskuwing deeglik begryp. Sy antwoord hierop is: Ek verstaan dit ten volle.

4. Uit voorafgaande gesprek en antwoorde is ek oortuig dat die verklaarder oënskynlik by sy volle verstand is. (Dui aan in welke toestand die verklaarder verkeer, byvoor- beeld huil, senuweeagtig, ensovoorts): Die verklaarder kom normaal voor.

5. Ek vra verklaarder of hy nogtans verlang om die verklaring af te lê, nieteenstaande die feit dat dit as getuienis teen hom ge- bruik kan word deur die blote voorlegging daarvan. Sy antwoord is: Ek is begerig om nou 'n verklaring af te lê.

6. Ek vra vervolgens verklaarder om in sy eie woorde aan my te vertel hoe dit gebeur het dat hy na my kantoor gekom het om sy ver- haal aan my te vertel. Die volgende is sy verduideliking (Skryf neer in *sy/haar eie woorde): Ek was gesê ek moet saam kom, ons gaan nou

.... / 6

6

na die landdros toe.

7. Hierna word die volgende vrae deur my aan verklaarder gestel:

7.1 Het u enige beserings of kneusings van welke aard ookal en indien dit vertoonbaar is, wys dit aan my. Sy antwoord is: 'Daar is geen beserings nie.' (Kyk of u uiterlik enige tekens van beserings of kneusings waarneem, behalwe die wat hy- self uitwys en notuleer wat uself waarneem. Indien geen beserings sigbaar is nie, meld hierdie feit): Geen sigbare beserings behalwe sy linker- hand wat letsels het, wat lyk soos 'n gene- sende brandwond. 7.2 Vertel aan my hoe jy aan die beserings wat jy uitgewys het, gekom het? Antwoord N.V.T. 7.3 Het die Polisie of enige ander persoon jou aangerand of gedreig met die doel om jou te beïnvloed om die verklaring voor my te kom aflê ? Antwoord Nee, niemand nie, ook nie die poli-sie nie. 7.4 Is jy deur enige persoon beïnvloed om 'n ver- klaring voor my te kom maak? Antwoord Die polisieman wat my gebring het, het gesê ek kan nou 'n verklaring daar gaan

.... / 7

7 maak. 7.5 Is jy deur enige persoon aangemoedig of ge- dwing om die verklaring voor my te kom af- lê? Antwoord Nee. 7.6 Is enige beloftes of vergoeding jou aange- bied of voorgehou ten einde jou te beïnvloed in jou besluit om 'n verklaring voor my af te lê al dan nie? Antwoord Nee. 7.7 Verwag jy enige voordele as jy 'n verklaring voor my aflê? ' Antwoord Ek weet nie - vraag word weer her- haal en hy antwoord weer, ek weet nie. (As die verklaarder meedeel dat hy 'n voor- deel verwag, moet van hom verneem word wat die aard van die voordeel of voordele is en dit moet genotuleer word): N.V.T.

8. Hierop deel ek verklaarder mee dat hy hoe-genaamd geen voordele van enige aard van enigiemand kan verwag as hy die verklaring sou maak nie. Die belangrikheid hiervan is tot sy aandag gebring en ek vra hom of hy dit verstaan en begryp. Sy antwoord is: Ek verstaan dit.

9. Ek vra verklaarder dat aangesien hy op geen

.... / 8

8 voordele hoegenaamd kan staatmaak as hy die verklaring aflê, of hy onder die omstandig-hede nogtans begerig is om 'n verklaring af te lê: Antwoord Ja ek wil 'n verklaring aflê om te sê hoe dit gekom het dat ek gearresteer word.

10. Ek deel verklaarder mee dat hy aan my gesê het dat hy nie deur iemand aangerand, gedreig, aangemoedig, beïnvloed is, en dat daar geen beloftes aan hom voorgehou is ten einde hom te oorreed om 'n verklaring te maak nie, maar ek wil hom egter nogtans vra om my in sy vertroue te neem en as daar in sy voordeel enigiets onbehoorlik gebeur het wat hom beïnvloed het om na my te kom om 'n verkla- ring te maak, dit nou te openbaar. Ek onderneem verder om dit summier onder 'n Po- lisie Offisier se aandag te bring en hom te versoek om enige bewerings van verklaarder te laat ondersoek: Sy antwoord is "Daar is niemand wat my ge- wing het nie." 11. Ek vra vervolgens verklaarder of hy vante- vore 'n verklaring, hetsy mondelings of ander- sins van dieselfde aard gemaak het en in- dien wel, wanneer en aan wie: Antwoord Dit is die eerste keer wat ek nou

..../ 9

9

gaan praat daaroor.

12. Verklaarder word gevra waarom hy die verkla- ring wens te herhaal: Antwoord N.V.T.

13. Het enige iemand u voorgesê wat om in hier- die verklaring te sê? Antwoord Nee.

14. Is dit wat u in die verklaring gaan sê die waarheid volgens u persoonlike kennis en wete? Antwoord Ja.

15. Verklaarder word gevra wanneer hy in hegte- nis geneem is? Antwoord Vandag so na 8h00 by my werksplek.

16. Hierna lê verklaarder onderstaande verkla- ring vrywillig af, welke verklaring in sy teenwoordigheid in sy eie woorde ten tyde van die aflegging daarvan, neergeskryf word sonder dat enige vrae aan hom gestel word, behalwe vrae wat nodig is om onduidelikhede of onverstaanbare verklarings op te klaar:" Dan volg die bekentenis self. By die verhoor het die aanklaer, mnr Visser,

aangevoer dat die bekentenis aan al die vereistes van

....../ 10

10art 217(1)(b) van die Strafproseswet 51 van 1977 vol-doen, en dat dit gevolglik by blote voorlegging as getuienis teen die appellant toelaatbaar is. Mnr van der Merwe, wat namens die appellant by die ver-hoor verskyn het, het toegegee dat die bekentenis wel aan die vereistes van die artikel voldoen, maar nog-tans te kenne gegee dat die appellant die toelaat-baarheid daarvan wou betwis op grond daarvan dat dit nie vrywillig en ongedwonge gemaak is sonder dat appellant onbehoorlik daartoe beïnvloed is nie. Dit het meegebring dat die bewyslas ingevolge artikel 217(1)(b)(ii) op die appellant oorgegaan het, en mnr van der Merwe het dit dan ook so aanvaar.

Mej Schoeman, wat voor ons namens die

...../ 11

11appellant opgetree het, het egter aangevoer dat die bekentenis nie ex facie aan die vereistes van art 217 (l)(b) voldoen nie, en welke toegewing mnr van der Merwe ookal in die hof a quo gemaak het, dit hierdie Hof vrystaan om opnuut na die bekentenis te kyk en te oorweeg of dit aan daardie vereistes voldoen of nie. Dit is ongetwyfeld so dat, voor die bewys-las op 'n beskuldigde oorgaan, dit uit die dokument self moet blyk dat dit vrywillig en ongedwonge gemaak is sonder onbehoorlike beïnvloeding daartoe. (S v Yolelo 1981 (1) SA 1002 (A) op 1011 D - E.) Ek sal dan ook aanvaar dat hierdie Hof, ten spyte van die toegewing in die hof a quo, opnuut na die dokument kan kyk om vas te stel of dit aan die vereistes van

...../ 12

12die artikel voldoen. Die redes deur mej Schoeman aangevoer waarom dit nie aan die vereistes van die artikel voldoen nie kom daarop neer dat dit nie ex facie die dokument blyk dat die bekentenis vrywillig en ongedwonge gemaak is sonder dat die appellant on-behoorlik daartoe beïnvloed was nie.Sy het in die eerste plek verwys na vraag 6 en appellant se antwoord daarop as sou dit daarop dui dat dit nie vrywillig en ongedwonge afgelê is nie, omdat dit daaruit blyk dat appellant nie op eie ver-soek en uit eie vrye wil na die landdros geneem is nie. As 'n mens egter kyk na die antwoorde op vrae 5, 7.3, 7.4 en 7.5 dan kan hierdie submissie nie op-gaan nie. Al hierdie antwoorde dui op 'n ongedwonge

..../ 13

13

bereidwilligheid om die verklaring af te lê.Vervolgens verwys sy na die antwoord op vraag 7.7 en voer sy aan dat dit op moontlike beïn-vloeding kon dui en dat die landdros verplig was om die hele aangeleentheid baie meer deurtastend te on-dersoek om so 'n moontlikheid heeltemal uit te sluit. By ontstentenis daaraan, betoog sy, kan daar nie bo redelike twyfel gesê word dat daar nie onbehoorlike beïnvloeding was nie. Weereens meen ek nie dat hier-die submissie kan opgaan nie, veral nie as gekyk word na vrae 8, 9 en 10 en die antwoorde daarop. (cf. ook S v Nyembe 1982 (1) SA 835 (A) op 841 G - H, en S v Mkwanazi 1966 (1) 736 (A) op 746 B - E.)

As die dokument in sy geheel gelees word

....../ 14

14meen ek dat dit duidelik daaruit blyk dat dit vry-willig en ongedwonge gemaak is en dat daar geen onbe-hoorlike beïnvloeding van die appellant was om dit af te lê nie. Indien hy die teendeel wou aanvoer - soos dan ook by die verhoor die geval was - het die bewys-las op hom gerus.Mej Schoeman se alternatiewe argument voor ons was dat al sou dit aanvaar word dat die bewys-las op die appellant gerus het hy hom van daardie las gekwyt het.By die verhoor het appellant gesteun op 'n beweerde aanranding op Ambrose as sou dit hom be-Invloed het om die bekentenis af te lê. Hy het ge-tuig dat toe konst Helepi die oggend van 12 April na

...../ 15

15Freddies Goudmyn gekom het om hom te arresteer, hy van twee ander speurders en van Ambrose vergesel was. Ambrose se mond en gesig was opgeswel, daar was bloed op sy bors en op sy broek, en hy het kruppel geloop. Dit het by hom die indruk gewek dat Ambrose aangerand was. Terwyl hy en Ambrose by die myn en in die motor op pad na die polisiestasie saam was, het hulle die geleentheid gekry om met mekaar te gesels. Ambrose het hom vertel dat hy deur die polisie aangerand was; en dat hy die appellant aan die polisie uitgewys het omdat appellant sy vriend was. Hy het ook vir appel-lant gevra om hom te help deur te erken dat hy die oorledene doodgemaak het. Ambrose het hom toe al die feite vertel wat later in sy bekentenis opgeneem

...../ 16

16

is. By Thabong polisiestasie het "die polisie-manne" vir hom gesê dat as hy nie die waarheid praat nie sal hulle hom slaan sodat hy soos Ambrose sou lyk. Uit vrees virsoh aanranding het hy inge-stem om na die landdros te gaan waar hy alles vertel het wat Ambrose hom voorgesê het.Speurder-sersant Motse en konst Helepi het ten ene male ontken dat hulle vir Ambrose aange-rand het of dat hulle gedreig het om vir appellant aan te rand. Appellant was 'n uiters swak getuie en sy getuienis is deur die hof a quo verwerp. Dit is nie voor ons aangevoer dat die verhoorhof verkeerd was in dié opsig nie, en by 'n blote deurlees van sy getuie-nis blyk daar geen rede te wees om daardie

...../17

17

bevinding in twyfel te trek nie. Die appellant het egter 'n geneesheer, dr Wilhelmus van Heusden, wat vir Ambrose op 18 April ondersoek het, as 'n getuie geroep. Dr van Heusden het getuig van sekere beserings wat hy op Ambrose opgemerk het wat versoenbaar was met sy bewering dat hulle ses dae vantevore - dws op 12 April -opgedoen was. Die beserings deur dr van Heusden ge-noem kom nie ooreen met dié deur appellant beweer nie, maar dui nogtans daarop dat sommige van hulle (die kneusings aan die rug) deur die toediening van stomp geweld, en ander (die brandmerkies aan Ambrose se bene) deur elektrisiteit veroorsaak kon gewees het. Ambrose het self nie getuig nie en daar is dus geen getuienis van enige werklike aanranding op hom nie, en

...../ 18

18geen getuienis van hoe of waar of presies wanneer hy sy beserings opgedoen het nie. Waar die bewyslas op die appellant rus, en met inagneming van sy antwoorde aan die landdros hierbo uiteengesit, asook die algehele verwerping van sy eie getuienis, meen ek nie dat dit bevind kon word dat hy deur enige beserings aan Ambrose beïnvloed was om hom te beken nie. Hy het dus nie op 'n oorwig van waarskyn-likhede aangetoon dat die bekentenis nie vrywillig en on-gedwonge gemaak is sonder,enige onbehoorlike beïnvloeding nie.

Die bekentenis is verdoemend en lees soos volg:

"Verlede week op 'n Dinsdag het Ambrose by my aangekom, wie te Oppenheimer Park in Thabong bly, hy was saam met sy suster en 'n dogtertjie. Hy het twee messe en handskoene by hom gehad en 'n 'Balaklava'. Nadat hy gearriveer het, het ek saam met Ambrose weggery in sy motorkar en op daardie stadium het ek nie geweet waar-heen gaan ons nie. Ons het toe in die Theunissen Bloem-fontein pad gery. Sy suster en die dogtertjie was ook in die voertuig gewees. Hy het in die

..../19

19 voertuig vir my gesê sien jy hierdie messe ons gaan die kind daarmee doodmaak. Ons het gery tot by 'n sekere plek waar hy die voertuig tot stilstand gebring het en daarna het hy die kind uit die voertuig geneem. Hy het die kind onder die boom laat lê en gesê ek moet die kind dood-maak. Ek het hom gevra, hoekom moet ek jou kind doodmaak. Toe sê hy vir my 'Dit is nie my kind nie, die ma van hierdie kind maak dat ek onder-houd betaal vir hierdie kind'. Hy het my belowe om my R3 000.00 kontant te gee, maar hy sou eers R2 500.00 gee. Ek het die kind toe doodgemaak, ek het die kind se keel met 'n mes afgesny. Hy het ook gehelp, beide van ons het die kind se keel afgesny. Daarna het ons teruggery na my werksplek toe. Gister op die llde April het hy weer by my aangekom en vir my gesê dat hy my die geld sal gee nou die aankomende Sondag. - Dit is al."

Mej Schoeman het voorts betoog dat die

verhoorhof misgetas het in verskeie opsigte deur be-weerde ontoelaatbare getuienis toe te laat, vrae aan

die appellant te stel wat betrekking gehad het op

..../ 20

20

hierdie sogenaamde ontoelaatbare getuienis, en na-delige afleidings teen die appellant te maak waar dit nie geregverdig sou gewees het nie. Ek is nie van plan om al hierdie besware uiteen te sit nie, of met elkeen afsonderlik te handel nie. Na my me-ning steek daar niks in enige van hulle nie. Maar selfs al sou een of meer van hulle tot 'n mate geldig wees, meen ek nie dat dit in die konteks van die getuienis in sy geheel, die eindresultaat waartoe die verhoorhof gekom het dat die appellant skuldig is aan die moord op die oorledene soos in sy bekentenis uiteengesit, enigsins kan verander nie. Die getuie-nis teen die appellant - wat sy bekentenis insluit -saamgeneem met die geregverdigde bevinding dat hy 'n

....../ 21

21

leuenagtige getuie was, dui oorweldigend op sy skuld aan die misdaad hom ten laste gelê, en sy appèl teen sy skuldigbevinding kan dus nie slaag nie.Die verhoorregter het, na oorweging van al die strafversagtende en -verswarende faktore, tot die gevolgtrekking gekom dat die doodvonnis die enigste gepaste vonnis was.Die appellant was bykans 27 jaar oud toe die misdaad gepleeg is. Hy kan dus nie as 'n jeugdige beskou word nie. Hy het op skool tot by std V ge-vorder, en het skynbaar 'n geruime tyd as 'n kroegbedien-de by 'n goudmyn gewerk waar hy R650 per maand verdien het. Hy kan dus nie as geheel en al ongesofistikeerd beskou word nie. Aan die ander kant het hy geen

...../ 22

22

vorige veroordelings nie, wat daarop dui dat hy nie inherent gewelddadig is nie. (cf S v Senonohi [1990] ZASCA 93; 1990 (4) SA 727 (A) op 731 I - J.)Die verhoorregter het aanvaar dat die appel-lant in 'n mate beïnvloed kon gewees het deur Ambrose om deel te neem aan die misdaad. Ambrose was 'n ge-gradueerde - hy het blykbaar 'n B A graad in sosiale wetenskap gehad - en was dus in die vermoë om die minder ontwikkelde appellant te beïnvloed. Aan die ander kant het die verhoorhof ook bevind dat daar geen on-behoorlike druk op die appellant uitgeoefen is om aan die moord deel te neem nie en dat die hof onder die indruk gelaat is dat hy 'n geredelike mededader was. Uit sy bekentenis blyk dit dat hy 'n bedrag geld

....../ 23

23

aangebied is om die moord te pleeg, en dat dit ook 'n rol gespeel het om hom te oorreed om deel te neem.Die moord self was 'n brutale en verfoeilike daad. Die slagoffer was 'n weerlose vierjarige dogter-tjie wat Ambrose, volgens appellant se bekentenis, uit die weg geruim wou gehad het omdat hy, as die natuurlike vader van die kind, onderhoud vir haar moes betaal. Appellant erken dat hy saam met Ambrose en sy suster (beskuldigde 1 by die verhoor) en die oorledene na die moordtoneel gery het, en dat Ambrose op pad soontoe vir hom twee messe gewys het en hom verwittig het dat hulle die kind daarmee gaan doodmaak. Dit was dus van sy kant geen impulsiewe daad gewees nie. By die moordtoneel aangekom het Ambrose die kind uit die motor

...../ 24

24geneem en, vergesel van die appellant, haar tussen die bome ingeneem. Daar het hulle die kind op die grond laat lê en het die appellant haar keel afgesny. Die distriksgeneesheer wat die lykskouing op die oorledene gedoen het, het bevind dat sy in so 'n mate onthoof was dat die kop nog net aan die liggaam vas was met 'n vel aan die linkerkant van die nek. Die tong was ook ge-heel en al verwyder. Dit was 'n grusame daad wat met dolus directus gepleeg is en wat enige ordentlike mens met weersin vervul. Die geredelikheid waarmee die appellant aan hierdie verfoeilike daad deelgeneem het, blyk ook duidelik uit sy bekentenis.Die verswarende faktore by die pleging van hierdie misdaad oortref nie slegs die enkele

....../ 25

25

versagtende faktore by verre nie, maar so weersinswek-kend is die daad dat vergelding en die gemeenskapsbe-lang na my mening voorop moet staan by die oplegging van 'n gepaste vonnis. Enige vorm van dulding t o v iemand wat vir geldelike gewin so maklik kan instem tot die moord van 'n weerlose slagoffer soos in die onderha-wige geval, is inherent verderflik vir enige gemeen-skap, en by oorweging van al die omstandighede meen ek dat die doodvonnis inderdaad die enigste gepaste vonnis is.

Die appèl word bygevolg afgewys.

J.P.G. EKSTEEN, AR

VAN HEERDEN, AR )

GOLDSTONE, AR ) stem saam

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Yolelo 1981 (1) SA 1002 (A)

Case cited

S v Nyembe 1982 (1) SA 835 (A)

Case cited

S v Mkwanazi 1966 (1) SA 736 (A)

Case cited

S v Senonohi [1990] ZASCA 93; 1990 (4) SA 727 (A)

Case cited

Criminal Procedure Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.