Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

S v Machasa and Others (334/90) [1991] ZASCA 84 (4 July 1991)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the first appellant played a leading and violent role in the murder, had prior convictions for violent offences, and that no mitigating factors were present to justify a lesser sentence than the death penalty. The second and third appellants played lesser roles, had no prior convictions, and their conduct was likely influenced by the first appellant's actions; thus, lengthy imprisonment was appropriate rather than the death penalty. The fourth and fifth appellants were under 18 at the time, had no prior convictions, and their youthfulness and lack of inherent malice warranted a substantial reduction in sentence. The court exercised its appellate discretion to substitute sentences where the trial court had erred in its assessment of mitigation and proportionality.

Court disposition

Appeal of the first appellant dismissed; appeals of the second to fifth appellants upheld in part with sentences substituted.

Orders

  • The death sentence imposed on the second appellant is replaced with 15 years' imprisonment.
  • The death sentence imposed on the third appellant is replaced with 20 years' imprisonment.
  • The sentence of 20 years' imprisonment imposed on the fourth appellant is replaced with 10 years' imprisonment.
  • The sentence of 20 years' imprisonment imposed on the fifth appellant is replaced with 8 years' imprisonment.
  • Sentences for the second charge are to run concurrently with the above sentences for the second to fifth appellants.

02

Material facts

Parties

Israel Machasa

Appellant

Jerry Molobeng

Appellant

Johannes Mono

Appellant

Johannes Mpshe

Appellant

Charles Rhamakhoase

Appellant

The State

Respondent

Amounts and remedies

  • Sentence for Second Appellant: ZAR 15
  • Sentence for Third Appellant: ZAR 20
  • Sentence for Fourth Appellant: ZAR 10
  • Sentence for Fifth Appellant: ZAR 8

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellants argued that the sentences imposed, particularly the death penalty for the first three appellants and lengthy imprisonment for the fourth and fifth, were unduly harsh. They relied on evidence of widespread poverty, frustration, and political unrest in Tumahole, as well as their personal circumstances and lack of prior convictions (except for the first appellant). They contended that these factors should be considered as mitigating and that their conduct was influenced by the prevailing social conditions, not inherent malice.
Respondent
The State maintained that the murder was brutal and premeditated, with the appellants acting in concert and with common purpose. The respondent argued that the aggravating factors far outweighed any mitigation, especially given the cruelty and barbarity of the attack. The State asserted that the first appellant's prior convictions and leadership role justified the death penalty, and that the sentences for the youthful offenders were appropriate given the gravity of their actions.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Khumalo en Andere v Die Staat, 655/89

    The court must consider both aggravating and mitigating factors, personal circumstances of the accused, and the interests of society when determining sentence. The death penalty should only be imposed if it is the only appropriate sentence.

  2. 02

    S v Nhwanyana and Others, 1990(4) SA 735(A) 744

    The burden of proof for the existence of aggravating and the absence of mitigating factors rests on the State, but only arises if there is a reasonable possibility of mitigation from the evidence.

  3. 03

    Criminal Procedure Act 51 of 1977, s 277(5)(a) as amended by Act 107 of 1990

    Persons under the age of 18 cannot be sentenced to death; youthfulness is regarded as an automatic mitigating factor under the amended Criminal Procedure Act.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the first appellant played a leading and violent role in the murder, had prior convictions for violent offences, and that no mitigating factors were present to justify a lesser sentence than the death penalty. The second and third appellants played lesser roles, had no prior convictions, and their conduct was likely influenced by the first appellant's actions; thus, lengthy imprisonment was appropriate rather than the death penalty. The fourth and fifth appellants were under 18 at the time, had no prior convictions, and their youthfulness and lack of inherent malice warranted a substantial reduction in sentence. The court exercised its appellate discretion to substitute sentences where the trial court had erred in its assessment of mitigation and proportionality.

Obiter and limits

  • The court noted that the brutality and cruelty of the attack were exceptional, and that the opportunity for reflection between phases of the assault negated any claim of impulsive conduct.
  • The court cautioned against attributing 'inherent malice' to youthful offenders, emphasizing the need to consider their immaturity and susceptibility to influence.
  • The evidence of social unrest and frustration in Tumahole explained the crowd's conduct but did not justify or mitigate the appellants' personal participation in the murder.

Court disposition

Appeal of the first appellant dismissed; appeals of the second to fifth appellants upheld in part with sentences substituted.

  • The death sentence imposed on the second appellant is replaced with 15 years' imprisonment.
  • The death sentence imposed on the third appellant is replaced with 20 years' imprisonment.
  • The sentence of 20 years' imprisonment imposed on the fourth appellant is replaced with 10 years' imprisonment.
  • The sentence of 20 years' imprisonment imposed on the fifth appellant is replaced with 8 years' imprisonment.
  • Sentences for the second charge are to run concurrently with the above sentences for the second to fifth appellants.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[1991] ZASCA 84

334/90 /mb

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

Insake die appèl van:

ISRAEL MACHASA Eerste AppellantJERRY MOLOBENG Tweede AppellantJOHANNES MONO Derde AppellantJOHANNES MPSHE Vierde AppellantCHARLES RHAMAKHOASE Vyfde Appellant

teen

DIE STAAT Respondent

CORAM : VAN HEERDEN, HEFER et STEYN, ARRVERHOORDATUM : 20 JUNIE 1991 LEWERINGSDATUM : 4 JULIE 1991

U I T S P R A A K

VAN HEERDEN, AR/...

1.

VAN HEERDEN, AR:

Wyle Joseph Mokoena ("die oorledene") was 'n

sogenaamde munisipale polisieman in diens van die Oranje-Vaal Ontwikkelingsraad waaronder die plaaslike bestuur van Tumahole geressorteer het. Tumahole is 'n Swart woonbuurt buite Parys in die Vrystaat. Die oorledene en sy vrou was woonagtig in 'n huis op perseel 900 in Tumahole. Die perseel het gegrens aan Matsiestraat en daarop was nog twee huise, een waarvan deur mev Phalatsi bewoon was. Laasgenoemde huis en dié van die oorledene was aan mekaar verbind.

Op 29 Mei 1986 is die oorledene op 'n wrede

wyse naby sy huis vermoor. Hy het die oggend

omstreeks 6.25 tuis gekom nadat hy nagdiens verrig

het. Kort daarna het 'n skare van etlike honderde

mense in die onmiddellike nabyheid van perseel 900

vergader. Heelwat klippe is na die oorledene se huis

gegooi en het onder andere op die dakke van dié huis

2/...

2.en die aangrensende huis beland. Die oorledene het nabuite gegaan en 'n skoot met sy haelgeweer in die lugafgevuur. Die skare, of die grootste gedeeltedaarvan, het gevlug waarna die oorledene weer sy huisbinnegegaan het. Kort daarna het die skare weersaamgedrom en het die klipaanvalle hervat. Dieoorledene en sy vrou is toe die huis van mev Phalatsibinne. Vanuit daardie huis het hy verdere skotegevuur, ten minste een waarvan in die rigting van dieaanvallers. Die klipgooiery het egtervoortgeduur.

Terwyl die ooledene geskiet het, is drie

petrolbomme na mev Phalatsi se huis gegooi. Tweedaarvan het brande veroorsaak. Kort daarna is teendie huis se kombuisdeur geskop. Die oorledene het ditoopgemaak. Hy het nog 'n skoot probeer skiet maar die

geweer het nie gevuur nie. Twee mans het hom toebeetgepak en na buite getrek. Hy het losgeruk en na

3/...

3.die grensdraad tussen persele 900 en 901 gevlug waarhy geval het. òf in perseel 900 òf in perseel 901 ishy van sy geweer ontneem, daarmee oor die kop geslaanen ook andersins aangerand. Op 'n stadium is blykbaarvermoed dat die polisie aan die kom was en het dieoorledene se aanvallers hulle verskuil. Die oorledene,wat toe op erf 901 gelê het, het tevergeefs probeeropstaan. Die aanvallers ('n vyftal) het teruggekeer,die oorledene vasgegryp en hom op sy bors en kopgesteek. Hy is toe na Matsiestraat getrek en op diegrond neergegooi. Daar het twee van sy aanvallersgroot klippe teen sy kop gegooi. Hierna is o.a 'nbuiteband en stukke papier op die oorledene se lyfgeplaas en vloeistof oor hom gesprinkel. Dit is met 'nvuurhoutjie aan die brand gesteek. Nadat die vlamme 'n

rukkie gewoed het, het iemand geskreeu dat die polisie

op pad was. Dit het die aanvallers laat wegvlug. Diepolisie was inderdaad kort daarna op die toneel.

4/...

4.Die oorledene was 'n skraalgeboude, vier-en-twintigjarige man. By 'n na-doodse ondersoek is bevind dat sy liggaam vier steekwonde gehad het; dat daar vergruising van sy skedel met breinlaserasies was, en dat daar veelvuldige brandwonde op onder andere sy gesig, kop, ledemate en bors was. Die oorsake van sy dood was die skedelvergruising en brandwonde.

Voortspruitende uit bostaande gebeure is die

vyf appellante en 'n aantal ander persone in dieOranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling aangekla vanmoord en openbare geweld. Die appellante is op beideaanklagte skuldig bevind. Op die moordklag is dieeerste drie appellante die doodstraf opgelê" nadatbevind is dat daar geen versagtende omstandighede wasnie. Die vierde en vyfde appellante, wat ten tyde vandie moord nog nie 18 jaar oud was nie, is elk tot 20jaar gevangenisstraf gevonnis. Met die nodigeverlof appelleer die appellante nou slegs teen

5/...5.bedoelde vonnisse.

Die bevindings van die verhoorhof ten

aansien van die rol wat elke appellant gespeel het, enwat tereg nie op appél aangeveg is nie, kan soos volg

saamgevat word. Al vyf het klippe na die twee huisegegooi. Ten minste die derde appellant het ook 'npetrolbom gegooi. Hoewel klippe, en miskien ookpetrolbomme, deur 'n groot aantal ander lede van die

skare gegooi is, het slegs die appellante aan dieaanvalle op die oorledene deelgeneem. Die eerste

appellant was een van die twee persone wat dieoorledene by die agterdeur van mev Phalatsi se huis

beetgepak het. Dit was ook hy wat die oorledene met

sy geweer oor die kop geslaan het. Al vyf appellante

het die oorledene later na die straat getrek of

gesleep. Daar het die eerste appellant 'n buiteband

onder, en die derde appellant een bo-op, die oorledene

se lyf geplaas. Die vierde en vyfde appellante was

6/...6.die persone wat groot klippe teen die oorledene se kopgegooi het. Al vyf het stukke papier uit 'n asblikgeneem en op die oorledene se lyf geplaas. Die derdeappellant het die vloeistof oor die oorledene gegieten die eerste appellant het dit met 'n vuurhoutjie laatontvlam. Al vyf was vlakby die inferno in die kleine

totdat alarm gemaak is. Vroeër het ten minste dieeerste en vierde appellante die oorledene steekwondetoegedien.

Die verhoorhof het tereg bevind dat al vyf

appellante die oorledene se dood begeer en veroorsaakhet. Hulle het 'n gemeenskaplike doel gehad om dieoorledene om die lewe te bring en aktief deelgeneemaan gesamentlike optrede wat op verwesentlikingdaarvan gerig was. Aldus het al vyf bygedra tot diebereiking van' die gewenste gevolg. Vandaar die

skuldigbevindings op die moordklagte.

Die eerste drie appellante het nie ter

7/...

7.versagting getuig nie. (Trouens, die ander tweeappellante het ook nie weer na hul skuldigbevindingsgetuig nie). Mnr Dawes, 'n lektor in sielkunde aan dieUniversiteit van Kaapstad, het egter wel getuienisgegee.

Voordat by Dawes se getuienis stilgestaan

word, moet ietwat uitgewei word oor die waarskynlikeoorsaak van die samedromming van die skare en dieklipgooiery na die huise op perseel 900. Dit hettydens die eerste fase van die verhoor geblyk dat dienaweek voor die oorledene se dood onder andere UDFslagspreuke in 'n parkie in Tumahole aangebring was.

In opdrag van die plaaslike bestuur is die slagspreukeverwyder en die parkie as't ware gesloop. Dit het

gebeur 'n dag of wat voor die moord. Die slopingswerk

is verrig deur munisipale polisiemanne. Alhoewel die

oorledene nie deel daaraan gehad het nie, dui diewaarskynlikhede daarop dat hy deur die skare - of

8/...

8.altans die grootste deel daarvan - met die verwyderingvan die slagspreuke verbind was. Dit was dan die redewaarom die samedromming in Matsiestraat plaasgevindhet en die huise met klippe bestook is.

Die appellante het ontken dat hulle 'n

aandeel in die dood van die oorledene gehad het. Dieeerste twee appellante het beweer dat hulle uit blotenuuskierigheid deel van die skare was maarweggehardloop het nadat die oorledene skote gevuurhet. Die ander drie appellante het wel erken dathulle klippe na die huise gegooi het, òf omdat hulleaangesê was om sulks te doen, òf omdat hulle bang was

om as "impimpis" bestempel te word as hulle passief

sou bly. Wat huidiglik egter van belang is, is dat

nie een van die vyf sy teenwoordigheid inMatsiestraat of sy deelname aan die klipgooiery met

die sloping van die parkie in verband gebring het nie.

Nie een het getuig dat hy daaroor veronreg gevoel het

9/...

9.of selfs dat hy enigsins polities gemotiveerd was nie. Die eerste appellant het trouens in soveel woorde ontken dat die sloping hom gegrief het.Ek keer nou terug na Dawes se getuienis. Wat betref toestande wat voor die gebeure in die woonbuurt geheers het, het Dawes hom hoofsaaklik op 'n verslag van ene Seekings verlaat. Die juistheid van die kern daarvan is blykbaar nie deur die respondent in geskil gestel nie. Dawes se steun daarop, en trouens ook die algemene strekking van sy getuienis, is dan ook deur die verhoorhof aanvaar, soos blyk uit die volgende uittreksels uit die uitspraak aangaande versagtende omstandighede:

"Daar het al vir etlike jare wyd-verspreide armoede onder die bewoners van Tumahole geheers asook grootskaalse werkloosheid. Daar was en is onvoldoende behuising aldaar, en die behuising wat daar is word dikwels oorbewoon. Heel waarskynlik verdien die meeste werknemers wat wel 'n inkomste verdien, 'n geringe inkomste sodat dit gesê kan word dat die gemiddelde inkomste in

10/...

10.

Tumahole gering van aard is. Huurgelde ten opsigte van die behuising het in 1982 met 21% gestyg en in 1983 met 50%. Daar was reeds onrusvoorvalle in Tumahole voor 1984, en op 15 Julie 1984 het daar, ná 'n winkelboikot, 'n protesoptog plaasgevind wat tot onluste gelei het. Vanaf 4 Augustus 1984 het skoolboikotte toegeneem en het die skole vir die res van daardie jaar gesluit. Onluste en skoolboikotte het ook in 1985 plaasgevind. Aanvalle was geloods op raadslede en hul eiendom. Beriggewers of sogenaamde 'sell-outs', of sodanige persone wat as sulks beskou was, was met groot agterdog bejeën. Teen die einde van 1985 en ook in 1986 het georganiseerde proteste toegeneem."

En:

"Ons aanvaar eenparig dat die deur Dawes genoemde toestande en omstandighede op 'n oorwig van waarskynklkhede gedurende die tydperk waaroor die Seekings-verslag gaan, geheers het en dat daardie omstandighede ook aanwesig was voor en op 29 Mei 1986. Sodanige toestande en omstandighede is naamlik faktore wat wel betrekking mag hê aangaande die vraag of daar versagtende omstandighede aanwesig is of nie Ons aanvaar verder eenparig dat hierdie toestande en omstandighede waarskynlik aanleiding gegee het by groot getalle inwoners van Tumahole tot frustrasie en dat sodanige frustrasie in alle waarskynklikheid by sommige, en moontlik heelwat van, sodanig gefrustreerde inwoners regstreeks of onregstreeks gelei het tot boikotte van winkels

11/...

11.

en skole, wegbly-aksies van hul werk, onluste en optogte en soortgelyke massa-optredes gedurende die sowat twee jaar wat die onderhawige moord en openbare geweld voorafgegaan het. Ons aanvaar voorts eenparig dat sodanige frustrasies nog steeds geheers het ten tye van die onderhawige misdade by, in alle waarskynlikheid,groot getalle van die inwoners van Tumahole. Dit is nie nodig om in te gaan op die vraag of sodanige frustrasies en die feite wat daartoe aanleiding gegee het, objektief geregverdig was of nie want, soos reeds genoem, is dit tans ons taak om 'n bevinding te maak aangaande watter omstandighede die geestesvermoëns of gemoedstoestand van die betrokke beskuldigdes subjektief beïnvloed het. Na ons eenparige mening volg dit uit ons bogenoemde aanvaardings dat die genoemde optredes deur inwoners van Tumahole derhalwe ook 'n politieke grondslag gehad het in die sin dat die inwoners, veral die minder gesofistikeerdes van hulle, wat aldus onder die genoemde frustrasies gebukkend gegaan het, subjektief beoordeel, geglo het dat die owerheidsgesag, insluitende dan ook, onder andere, sogenaamde munisipale polisie-amptenare, tot 'n mate medeverantwoordelik was vir sommige of selfs 'n groot aantal van die omstandighede waaroor hulle hul lot bekla het tydens sodanige optredes of waarom hulle aan sodanige optredes deelgeneem het. Dit moet ook aanvaar word dat die sogenaamde 'impimpis' of 'sell-outs' (beriggewers of 'informers') deur waarskynlik baie mense met agterdog bejeën word."

Dawes het ook vermeld dat ene James Majola

12/...12. in Julie 1985 in die woonbuurt deur 'n swart polisieman doodgeskiet is en dat by sy begrafnis drie roudraers gedood is. Nadat die verhoorhof daarop gewys het dat betroubare getuienis aangaande hierdie voorvalle ontbreek het, het dit soos volg voortgegaan.

"... ons [kan] egter nie van ons oorwegings uitsluit dat daar tydens vroeëre onluste 'n persoon of persone gedood mag wees nie want die waarskynlikheid bestaan wel dat sommige van die inwoners in Tumahole inderdaad subjektief geglo het dat daar 'n mens of mense gedurende onluste gedood was, en wel deur die polisie."

Met verwysing na bostaande uittreksels het

die verhoorhof die volgende ten aansien van dieappellante gesê:

"Met betrekking tot die beslissing van die kwessie van versagtende omstandighede aanvaar ons dus op 'n oorwig van waarskynlikhede dat al die beskuldigdes van hierdie toestande en omstandighede subjektief bewus was ten alle tersaaklike tye en dat sodanige subjektiewe bewustheid by hulle, insluitende hul frustrasies en ontevredenheid met die genoemde toestande en omstandighede, by elkeen van hulle bestaan het

13/...

13.

voor en tydens die gebeure op 29 Mei 1986 en dat die beskuldigdes gekant was teen die bestaande orde omdat hulle subjektief gemeen het dat die bestaande bestel vir daardie toestande en omstandighede verantwoordelik is."

Die verhoorhof het ook nog ander faktore

waarop Dawes gesteun het - en spesifiek die opwellingvan gevoelens meegebring deur die sloping van dieparkie - in ag geneem, en was bereid om te aanvaar datDawes se getuienis 'n verklaring vir die samedrommingvan die skare en die klipgooiery gebied het. Dit hetegter nie - aldus die verhoorhof - 'n blik gewerp opdie rede of redes waarom uit die geledere van diegroot skare slegs die vyf beskuldigdes daartoeoorgegaan het om die oorledene aan te rand en tevermoor nie. Die hof het veral gewig geheg aan die

feit dat selfs met inagneming van die persoonlike

agtergronde van die appellante Dawes nie 'n verklaring

vir die weersinwekkende aanvalle op die oorledene kon

bied nie. By ontstentenis van enige verduideliking

14/...

14.

vir hul optrede deur die appellante was die hof seslotsom dat nie een van die eerste drie appellante op'n oorwig van waarskynlikhede aangetoon het dat sygeestestoestand sodanig beïnvloed was dat dit asversagting aangemerk kon word nie.

Spesifiek wat die eerste appellant betref,

het die hof ook twee verdere faktore in aanmerkinggeneem, nl., dat hy nie lank voor die gebeure inaanhouding was - blykbaar omdat hy as getuie in 'nander strafsaak benodig was - en dat hy getref wasdeur 'n haelkorrel of -korrels toe die oorledene hskoot afgevuur het. Wat eersgenoemde betref, hetDawes aanvaar dat die eerste appellant gemeen het datdie inwoners van Tumahole hom as 'n informant ofmedewerker van die polisie kon beskou. Na die meningvan die verhoorhof het die eerste appellant egter niegeslaag om te toon dat sy vrees in kousale verband met

sy moorddadige optrede gestaan het nie. Net so min het

15/...15. hy bewys dat die wond wat hy opgedoen het - wat blykbaar geensins ernstig was nie - 'n woedebui tot gevolg gehad het of andersins op sy geestesgesteldheid ingewerk het nie. Maar, het die hof besluit, selfs al word aanvaar dat hy in uiterste woede opgetree het, sou hierdie omstandigheid nie as 'n versagtende een beskou kon word nie.Sedert die uitspraak betreffende versagtende omstandighede gelewer is, het die Strafregwysigingswet 107 van 1990 in werking getree. Die draagwydte en effek van die tans tersaaklike wysigings is sedertdien in 'n hele aantal beslissings van hierdie hof onder die loep geneem. Die kern van daardie gewysdes is onlangs soos volg saamgevat in 'n tot dusver ongerapporteerde uitspraak van hierdie hof (Khumalo en Andere v Die Staat, 655/89):

"Die slotvraag is of die hof, alles in ag genome - strafverswarende en -versagtende faktore, die

16/...

16.

persoonlike omstandighede van die betrokke beskuldigde, die jurisprudensiële oogmerke van straf, die gemeenskapsbelang - van oordeel is dat die doodvonnis in werklikheid die enigste gepaste vonnis is; en by die beoordeling van daardie vraag op appèl geniet hierdie hof 'n selfstandige diskresie om die vonnis van die verhoorhof tersyde te stel en sy eie vonnis te substitueer indien hy van oordeel is dat hy nie self die doodvonnis sou opgelê het nie."

Ek hoef slegs by te voeg dat die bewyslas om buite redelike twyfel die bestaan van verswarende en die afwesigheid van versagtende faktore aan te toon op die Staat rus. Wat laasgenoemde betref, kom die bewyslas egter slegs ter sprake indien 'n redelike moontlikheid van die bestaan van 'n versagtende faktor uit die getuienis blyk: S v Nhwanyana and Others, 1990(4) SA 735(A) 744.Die eerste drie appellante was ten tyde van die moord onderskeidelik 23, 23 en 21 jaar oud. Dat daar, wat hulle betref, verswarende faktore was, behoef geen betoog nie en is namens hulle toegegee.

17/...

17.

Die aanvalle op en moord van die oorledene was wreeden weersinwekkend. 'n Mens kan jou trouens nouliksmeer barbaarse optrede voorstel. Veral verswarend isdie feit dat hier nie 'n aaneenlopende en ononderbrokeopvolging van gebeure was nie. Onthou sal word datna die aanvanklike aanranding op die oorledene dieappellante van hom weggevlug en hulle verskuil het.Dit het gebeur omdat iemand geskreeu het dat 'Npolisievoertuig aan die kom was. Dat die oorledene opdaardie stadium magteloos was om hom te verset, blykuit 'n navrante stukkie getuienis van sy vrou. Sy sêdat die oorledene se gesig vol bloed was en dat hyprobeer het om orent te kom maar te swak was om dit tedoen. Die verposing waartydens die appellante hulverskuil het, het voldoende geleentheid vir 'Nafwelling van gevoelens en besinning gebied. Maar toedit blyk dat 'n valse alarm gemaak was, kom die

appellante uit hul skuilplekke te voorskyn met die

18/...

18.

ontwyfelbare doel om die magtelose oorledene nie slegste dood nie maar verder te martel. Van een of andervorm van volgehoue, impulsiewe optrede was daar dusnet nie sprake nie.

Wat versagtende faktore betref, het die

appellante se advokaat in hoofsaak gesteun op diegetuienis van Dawes. Ek stem egter saam met dieverhoorhof dat daardie getuienis slegs betrekking hetop die optrede van die skare, in teenstelling tot dieappellante se aanvalle op die persoon van dieoorledene. Dawes het getrag om aan te toon waarom die

skare vergader en klippe na die huise gegooi het. Hyhet 'n verduideliking verstrek waarom individue wathulle andersins nie aan geweld skuldig sou gemaak hetnie, by die optrede van die skare betrokke kon geraakhet; bv, weens vrees om as "impimpis" beskou te wordof weens sogenaamde "peer pressure". Dawes het egter

ruiterlik toegegee dat hy geen verklaring vir die

19/...19. moorddadige optrede van die appellante - en meer spesifiek die eerste drie appellante - kon bied nie. Ten aansien van die eerste appellant het hy gesê:

"None of these factors offer a clear explanation for his role in the death of the deceased."

Bykans identiese getuienis is betreffende die tweede en derde appellante gegee. Trouens, en dit is belangrik, Dawes het dit duidelik gemaak dat motiverings vir en verklarings van die aanvalle op die oorledene nie binne sy deskundigheidsveld geval het nie. Hy het gesê:

... my explanation so far has discussed taking part in the crowd and beginning to conform to what is expected in that crowd. What I want to say is that there is another stage as the sort of thing that you are talking about, the vicious behaviour, the assaults and things like that, which is a second stage of the process. And that particular part of the process, the crowd behaviour and so on, is not an area of expertise of mine."

20/...

20.In hierdie verband moet steeds in gedagte gehou word dat 'n groot skare in Matsiestraat saamgedrom het, dat heelwat van hulle waarskynlik aan die klipgooiery deelgeneem het maar dat slegs die vyf appellante die oorledene fisies enige leed aangedoen het. Trouens, vanaf kort nadat die oorledene by die agterdeur van mev Phalatsi se huis beetgepak is, was die skare in essensie passief. Niemand anders as die appellante het hom op erf 901 begeef nie - altans nie in die nabyheid van die oorledene nie - en niemand anders het deelgeneem aan die afgryslike verwonding en verbranding van die oorledene in die straat nie.

Namens die appellante is ook aangevoer dat

hul onmenslike gedraginge, en veral die verbrandingnadat die oorledene reeds dodelik beseer was, daaropdui dat hulle beheer oor hulself verloor het. In dieveronderstelling dat dit ooit gebeur het, het ek egterreeds daarop gewys dat hulle 'n genoegsame geleentheid

21/...21. gehad het om beheer te herwin en tot hulle sinne te kom terwyl hulle hul verskuil het.

Ook is betoog dat die onderhawige nie 'n

vooraf beplande moord was nie. In die lig van wat reeds gesê is, is dit egter 'n neutrale faktor. Ten koste van herhaling moet weer eens beklemtoon word dat daar nie sprake van ononderbroke, impulsiewe optrede was nie.Ek let vervolgens op die rol wat elk van die eerste drie appellante gespeel het en op faktore wat daarmee verband hou.

Wat die eerste appellant betref, is tereg

toegegee dat geen peil getrek kon word op sy hoorsêbewerings teenoor Dawes dat hy op 'n stadium inaanhouding verkeer het nie. Ewe-eens is teregtoegegee dat by ontstentenis van getuienis deur dieeerste appellant nie gesteun kon word op die feit dathy deur 'n haelkorrel of twee getref is nie. In

22/...

22.eerste instansie weet 'n mens nie of dit hom - soosDawes gespekuleer het - woedend gemaak het nie. Intweede instansie toon die getuienis aan dat hy slegslig verwond was en dat 'n nie onaansienlike tydperkverloop het voordat hy by die agterdeur van mevPhalatsi se huis opgedaag het. Indien die eersteappellant in 'n woedebui verval het, was daar dusvoldoende geleentheid vir ontlonting alvorens hy dieoorledene beetgepak het. Dit is derhalwe onnodig om

in te gaan op die vraag of woede veroorsaak deur dieverwonding die eerste appellant se optrede minderverwytbaar sou maak.

Dit ly geen twyfel nie dat die eerste

appellant op 29 Mei 1986 een van die voorbokke -

indien nie diê voorbok nie - was. Toe die skareoorspronklik saamgedrom het, het ene Shlangatse virPatrick Lesito nader geroep. Shlangatse het vir hom

gesê dat hy moes help om klippe te gooi omdat die

23/...

23.munisipale polisie die parkie gesloop het. Die eersteen tweede appellante was by en eersgenoemde het virLesito gesê dat as hy nie gehoor sou gee nie hy 'n

"impimpi" sou wees - wat duidelik 'n bedekte dreigement

ingehou het. Dit was die eerste appellant wat saammet 'n ongeëiende persoon - moontlik een van die anderappellante - die voorbereidingswerk vir die latereaanvalle gedoen het deur die oorledene by diereedsgenoemde agterdeur beet te pak. Dit was hy watdie oorledene die eerste - en klaarblyklik 'n ernstige

- besering toegedien het deur hom met laasgenoemde segeweer oor die kop te slaan. Behalwe toe hy soosvoormeld geskuil het, was hy deurgaans in dieonmiddellike teenwoordigheid van die oorledene. Ditwas hy wat nadat die appellante die aanvalle hervathet die oorledene met 'n mes gesteek het. Dit was hywat 'n buiteband onder die oorledene se lyf geplaashet. En dit was hy wat, nadat almal stukke papier oor

24/...24. die oorledene se lyf gestrooi het, die finale hoofstuk van die barbaarse' tragedie voltooi het deur die oorledene aan die brand te steek.Dat gewelddadige optrede nie iets vreemds vir die eerste appellant was nie, blyk uit sy vorige veroordelings. Hy is naamlik in 1980 en 1983 skuldig bevind op twee roofklagte waarby dreigemente met 'n mes betrokke was, asook op twee aanrandingsklagte waarby van 'n mes gebruik gemaak is.In die geval van die eerste appellant kan ek geen versagtende faktore bevind nie. Daarteenoor roep die verswarende faktore so luidkeels om vergelding dat selfs lewenslange gevangenisstraf onvoldoende is en die doodstraf na my mening die enigste gepaste straf is.

Elk van die tweede en derde appellante -

veral laasgenoemde - het 'n mindere rol as die eerste

appellant gespeel. Hulle het niks aan die oorledene

25/...

25.gedoen nie alvorens die eerste appellant hom met diegeweer oor die kop geslaan het, en selfs daarna toondie getuienis nie aan dat hulle hom aangerand hetbehalwe dat hulle die ander gehelp het om hom te sleepen te trek nie. Dit is egter so dat die derdeappellant die buiteband op die oorledene se lyfgeplaas het en die vloeistof oor hom uitgegooi het, endat hy en die tweede appellant die ander driebehulpsaam was om stukke papier uit 'n asblik te haalen oor die oorledene te strooi, klaarblyklik wetendewat die oogmerk daarmee was. Dit is vir my egter 'nredelike moontlikheid dat die optrede van die eersteappellant, en veral sy aanvanklike aanranding van dieoorledene wat laasgenoemde ernstig beseer het, askatalisator gedien het wat die toetrede van die anderappellante uitgelok het. Dit is dus net so moontlikdat hulle nie tot geweld sou oorgegaan het as dit nievir die - vir hulle - provoserende voorbeeld van

26/...

26.geweldsuitoefening deur die eerste appellant was nie.

Indien nou voorts in ag geneem word dat nie een vandie tweede of derde appellante tersaaklike vorigeveroordelings het nie en dat daar dus nie 'nwaarskynlikheid is dat hulle hul weer aan hgeweldsmisdaad skuldig sal maak nie, kom ek tot diegevolgtrekking - weliswaar nie sonder 'n mate vanhuiwering wat die derde appellant betref nie - dat niedie doodstraf nie maar wel langtermyn gevangenisstrafdie gepaste vonnis is. So 'n vonnis vir die derdeappellant is 20 jaar, en vir die tweede appellant 15jaar, gevangenisstraf.

Ek kom dan by die vonnis van 20 jaar

gevangenisstraf wat elk van die vierde en vyfde

appellant opgelê is. In teenstelling met die eerste

drie appellante wat almal volwassenes was, was dievierde en vyfde appellante ten tyde van die moord

onderskeidelik net oor die 17 en 16 jaar oud. Nie een

27/...

27.van die twee het vorige veroordelings gehad nie. Indie verslag van die proefbeampte, mnr Barnard, watdeur die verhoorregter aangevra is, is daar dan ookgeen aanduiding van gewelddadige of enige anderkriminele neigings aan die kant van die vierde envyfde appellant nie.

Toe die vierde en vyfde appellante gevonnis

is, was dit nie verpligtend om hul die doodvonnis opte lê selfs indien - benewens jeugdigheid - geenversagtende omstandighede aanwesig was nie. In diegeval van 'n beskuldigde onder die ouderdom van 18 jaarhet die wetgewer klaarblyklik jeugdigheid as 'noutomatiese versagtende omstandigheid beskou. Onderdie nuwe bedeling meegebring deur die reedsgenoemdewet kan 'n persoon onder die ouderdom van 18 jaarnatuurlik nie tot die dood veroordeel word nie

(gewysigde art 277(5)(a) van die Strafproseswet 51 van

1977). Jeugdigheid as "versagtende" faktor word dus

28/...

28.

nog sterker as vroeër aangeslaan.

Die verhoorregter het veral twee oorwegings

in ag geneem by die bepaling van die duur van dievierde en vyfde appellante se gevangenisstraf, nl,die gruwelikheid van hul dade en die afleiding dathulle uit inherente boosheid opgetree het. Dat dietwee appellante hul aan weersinwekkende gedrag skuldiggemaak het, val nie te betwyfel nie. Dit was immershulle wat in Matsiestraat die swaargewonde oorledenese skedel vergruis het deur groot klippe daarop tegooi. Vooraf het die vierde appellant die oorledeneook met 'n mes gesteek. Dan het hulle ook gehelp ompapierstukke oor die oorledene te strooi wetende vandie voorneme om hom aan die brand te steek. Soos indie geval van die tweede en derde appellante het hulleegter nie aan die aanvanklike aanvalle op die

oorledene deelgeneem nie. Hulle het eers op die

toneel verskyn na die eerste appellant se opruiende

29/...

29.aanranding van die oorledene.Ek is nie oortuig dat dit enige nut het om by beoordeling van die blaamwaardigheid van 'n beskuldigde onder die ouderdom van 18 jaar die begrip "innerlike boosheid" by te haal nie. 'n Persoon onder bedoelde ouderdom is uiteraard onvolwasse. In die reël het hy 'n gebrek aan oordeelsvermoë en selfbeheersing en is hy maklik vatbaar vir beïnvloeding - al is dit net deur gedrag van andere wat as voorbeeld vir hom dien. Wat dus in die geval van 'n volwassene of self s 'n persoon in sy laat tienderjare as innerlike boosheid beskou kan word, kan by die onder agtienjarige aan bogenoemde eienskappe en omstandighede te wyte wees.

By die oplegging van gevangenisstraf aan so

'n jeugdige moet dan ook daarteen gewaak word dat sywaarskynlike of selfs moontlike gesonde ontplooiing as'n volwassene nie geknak word deur die onvermydelike

30/...

30.negatiewe uitwerking van 'n baie lang termyn gevangenisstraf nie. En in die huidige geval is die vierde en vyfde appellante volgens die bestaande vonnisse onderworpe aan gevangenissetting vir 'n langer tydperk as elk se lewensjare.Na my oordeel is 'n gepaste vonnis vir die vierde appellant 10 jaar, en vir die vyfde appellant 8 jaar, gevangenisstraf. Hierdie vonnisse verskil so aanmerklik van dié opgelê deur die vêrhoorregter dat hierdie hof geregtig is om in te meng.Gevolglik word die appèl van die eerste appellant afgewys en die appèlle van die ander vier appellante gehandhaaf. Wat die tweede tot die vyfde appellante betref, word die vonnisse deur die verhoorregter op die eerste aanklag opgelê soos volg gewysig:

(1) Die tweede appellant : Die doodstraf word vervang deur 15 jaar gevangenisstraf.

31/...

31.

(2) Die derde appellant : Die doodstraf word vervang deur 20 jaar gevangenisstraf. (3) Die vierde appellant : Die gevangenisstraf van 20 jaar word vervang met 10 jaar sodanige straf. (4) Die vyfde appellant : Die gevangenisstraf van 20 jaar word vervang met 8 jaar sodanige straf.

Ten aansien van elk van die tweede tot die vyfde appellante word gelas dat die gevangenisstraf opgelê op die tweede aanklag meelopend met bogenoemde strawwe moet wees.

H J O VAN HEERDEN APPèLREGTER

HEFER AR

- Stem saam

STEYN AR

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Khumalo en Andere v Die Staat, 655/89

Case cited

S v Nhwanyana and Others, 1990(4) SA 735(A) 744

Case cited

Criminal Procedure Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Strafregwysigingswet 107 van 1990

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.