Download PDF

South Africa Judgment

Free State High Court, Bloemfontein

S v Madonsela [2007] ZAFSHC 54 (28 June 2007)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the circumstantial evidence overwhelmingly pointed to the appellant's involvement in the armed robbery. The sequence of events, the appellant's flight with the group, his possession of new bank notes packaged in a manner consistent with bank procedures, and his implausible and dishonest explanation for his presence at the scene led to the only reasonable inference that he was one of the robbers. The trial court's findings on the credibility of the state witnesses and the rejection of the appellant's version were upheld. The conviction and sentence were therefore confirmed.

Court disposition

Appeal dismissed. Conviction and sentence confirmed.

Orders

  • The appeal is dismissed.
  • The conviction and sentence of the appellant are confirmed.

02

Material facts

Parties

Sipho Ephraim Madonsela

Appellant Counsel: R.J. Nkhahle

The State

Respondent Counsel: A. Ferreira

Amounts and remedies

  • Sentence (years Imprisonment): 10

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that he was not involved in the robbery and was merely present at the scene because he had been picked up by accused 1. He claimed he ran from the police due to possession of dagga and denied having the stolen money or any involvement in the robbery. He challenged the credibility of the evidence linking him to the crime.
Respondent
The respondent contended that the circumstantial evidence, including the appellant's presence with the group of robbers, his possession of new bank-style R10 notes, and his implausible explanation for his presence, established his guilt beyond reasonable doubt. The respondent conceded some evidentiary gaps but maintained that the totality of the evidence supported the conviction.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    R v Blom 1939 AD 188

    A conviction may be based on circumstantial evidence if it is the only reasonable inference from the facts proved.

  2. 02

    S v Chabalala 2003 (1) SACR 134 (SCA)

    The credibility of witnesses and the plausibility of the accused's explanation are central to determining guilt.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the circumstantial evidence overwhelmingly pointed to the appellant's involvement in the armed robbery. The sequence of events, the appellant's flight with the group, his possession of new bank notes packaged in a manner consistent with bank procedures, and his implausible and dishonest explanation for his presence at the scene led to the only reasonable inference that he was one of the robbers. The trial court's findings on the credibility of the state witnesses and the rejection of the appellant's version were upheld. The conviction and sentence were therefore confirmed.

Obiter and limits

  • The prosecution's presentation of the case was notably poor and lacked precision, with significant evidentiary gaps.
  • Despite these deficiencies, the defence did not dispute the occurrence of the robbery or the theft of cash during the incident.

Court disposition

Appeal dismissed. Conviction and sentence confirmed.

  • The appeal is dismissed.
  • The conviction and sentence of the appellant are confirmed.

Source and reliance status

Free State High Court, Bloemfontein

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Free State High Court, Bloemfontein

Judgment

[2007] ZAFSHC 54

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

Appèl Nr. : A260/06

In die appèl tussen:-

SIPHO EPHRAIM MADONSELA Appellant

en

DIE STAAT Respondent

CORAM: VAN DER MERWE R et VOGES WND R

AANGEHOOR OP: 25 JUNIE 2007

_____________

UITSPRAAK DEUR: VOGES WND R

GELEWER OP: 28 JUNIE 2007

[1] Die appellant het as beskuldigde 2 in die streekhof tereggestaan op ‘n aanklag van roof met verswarende omstandighede. Beskuldigde 1 is vrygespreek, terwyl beskuldigde 2 op 3 April 2006 op hierdie aanklag skuldig bevind en op 21 April 2006 gevonnis is tot 10 (tien) jaar gevangenisstraf. Hy appelleer na hierdie hof teen sy skuldigbevinding.

[2] Die vervolging het voortgespruit uit ‘n gewapende rooftog wat op 22 Februarie 2005 by die Eerste Nasionale Bank te Dealesville plaasgevind het.

[3] Die Staat se saak is op ‘n uiters onbeholpe en onnoukeurige wyse aan die hof a quo voorgelê. Adv Ferreira, namens die respondent, het dan ook in hierdie hof toegegee dat etlike leemtes in die getuienis bestaan. So is daar byvoorbeeld geen werknemer of beampte van die bank geroep t a v die gebeure in die bank tydens die rooftog nie en is ook nooit bewys welke bedrag kontant gesteel en/of teruggevind is nie. Dit is ook nie bewys dat die verpakking van die teruggevonde geld ooreenstem met bankgebruik nie.

[4] Dit is egter nooit deur die verdediging in geskil geplaas dat die rooftog wel plaasgevind het en dat kontant daartydens gesteel is nie.

[5] Die hof a quo het die voordeel gehad van ‘n video-opname wat tydens die gebeure in die bank deur die sekuriteitskameras opgeneem was. Daarop kan duidelik gesien word hoedat 4 mans die bank binne kom. Een van hulle was duidelik gewapen met ‘n pistool. Drie van hulle het oor die toonbank gespring waar die tellers werksaam was, terwyl een by die deur wag gehou het. Al vier is uiteindelik by die bank uit.

[6] ‘n Privaatspeurder en boer, De Jager, wat in die kafee langs die Eerste Nasionale Bank was, het vier persone by die bank sien uithardloop. Van hulle het plastieksakke in hul hande gehad en twee was met vuurwapens gewapen, naamlik ‘n pistool en ‘n geweer. Al vier hierdie persone het in ‘n Mazda motor met EC-registrasienommers gespring. De Jager het die Mazda met sy eie voertuig agterna gesit.

[7] Tydens die agtervolging het die getuie gesien hoedat die Mazda langs die pad stilhou. ‘n Wit Venture voertuig met GP registrasienommers het langs die Mazda gestop. Vyf persone uit die Mazda het oorgeklim in die Venture. Laasgenoemde het verder gery met De Jager steeds

agterna.

[8] Die polisie het intussen ‘n padblokkade opgestel. Ongeveer ‘n kilometer vanaf die padblokkade het die Venture gestop, vyf persone het daaruit geklim en die veld ingehardloop. Die Venture het verder gery en by die padblokkade tot stilstand gekom nadat die wiel daarvan stukkend geskiet is. Beskuldigde 1 was die bestuurder van die Venture en het alleen daarin agtergebly.

[9] Die Stasiekommissaris van die SAPD, Dealesville, kaptein Ebersohn, is ook na die toneel van die padblokkade op die Hertzogvillepad. Hy het gesien hoedat twee verdagte persone in die veld platval. In die teerpad het oral geld rondgelê.

In hul soektog na die verdagtes, het die polisie op die liggame van 3 mans afgekom wat skynbaar selfmoord gepleeg het, aangesien pistole naby die liggame gevind is. ‘n R5-tipe geweer is ook in die veld opgetel.

Op die foto’s wat as bewysstuk voor die hof gedien het, kan gesien word dat die kleredrag van hierdie drie oorledenes ooreenkom met die kleredrag van sommige van die rowers.

[10] Die appellant is onder ‘n doringbos gekry waar hy homself versteek het. Onder hom het ‘n R100-noot en ‘n selfoon gelê en in sy broeksak is R1000 in R10-note gekry. Dit was nuwe note wat met ‘n bruin papiertjie vasgebind was, soos wat banke dit doen.

[11] Die appellant getuig dat hy die betrokke dag buite Dealesville deur beskuldigde 1 opgelaai is met die wit Venture-voertuig. Hulle is later deur mense gestop wat vir ‘n geleentheid gevra het. Vyf persone het toe in die Venture geklim. Geeneen was egter gewapen nie.

Toe hulle die polisievoertuig in die pad sien, het hy (beskuldigde 2) saam met hierdie 5 persone uit die Venture gespring en die veld in gehardloop. Hy het dit gedoen omdat hy dagga in sy besit gehad het en hy nie beskuldigde 1 in die moeilikheid wou laat beland nie.

Hy het die dagga weggegooi en onder ‘n bos weggekruip. Hy ontken dat hy R1000 se R10-note in sy besit gehad het of enigsins by die rooftog betrokke was. Sy selfoon en R100 kontant is wel deur die polisie by hom afgeneem.

[12] Geen fout kan gevind word met die verhoorlanddros se bevinding dat die rooftog bo redelike twyfel bewys is nie. Net so is sy bevinding ten aansien van die geloofwaardigheid van die staatsgetuies en die ongeloofwaardigheid van die appellant nie aan te kyf nie.

[13] Kortliks opgesom, regverdig die volgende ‘n bevinding, as enigste redelike afleiding, dat die appellant een van die rowers was:

Vier rowers betree die bank, hardloop uit en jaag weg in die Mazda.

Vyf persone klim uit die Mazda oor in die Venture. (Die vyfde persoon is waarskynlik die bestuurder van die Mazda.)

Vyf persone, insluitende die appellant, hardloop weg vanaf die Venture. Slegs beskuldigde 1 bly daarin agter.

Drie van hulle word dood in die veld aangetref. Hierdie drie se kleredrag stem ooreen met die kleredrag van drie van die rowers.

Die appellant versteek homself onder ‘n bos.

R1000 se ongebruikte R10-note word in sy besit gevind.

Die appellant gee ‘n verwerplike, leuenagtige verduideliking vir sy teenwoordigheid op die toneel van arrestasie.

[14] Die appèl kan gevolglik nie slaag nie en word van die hand gewys. Die skuldigbevinding en vonnis van die appellant word bekragtig.

____

M. VOGES, WND R

Ek stem saam.

________

C.H.G. VAN DER MERWE, R

Namens die appellant: Adv. R.J. Nkhahle

In opdrag van:

Bloemfontein Regsentrum BLOEMFONTEIN

Namens die respondent: Adv. A. Ferreira

Direkteur Openbare Vervolgings

BLOEMFONTEIN

MV/sp

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

R v Blom 1939 AD 188

Case cited

S v Chabalala 2003 (1) SACR 134 (SCA)

Case cited

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.