Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

S v Maenetja (386/85) [1986] ZASCA 26 (24 March 1986)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The appellate court found that the trial court had erred in its assessment of the appellant's belief in witchcraft. The evidence demonstrated that the appellant's belief was genuine and sincere, rooted in his upbringing and cultural environment. This belief, combined with the emotional turmoil following the death of his sister, substantially influenced his conduct. The court held that these factors constituted mitigating circumstances. Furthermore, the appellant had no prior convictions, acted without premeditation, and was influenced by the collective sentiment of the community. The death sentences were set aside and replaced with concurrent terms of imprisonment.

Court disposition

Appeal upheld. Death sentences set aside. Appellant sentenced to concurrent terms of imprisonment.

Orders

  • The appellant is found guilty of murder with mitigating circumstances on count 1 and is sentenced to 15 years' imprisonment.
  • The appellant is found guilty of murder with mitigating circumstances on count 2 and is sentenced to 15 years' imprisonment, to run concurrently with the sentence on count 1.

02

Material facts

Parties

Matome Freddy Maenetja

Appellant

The State

Respondent

Amounts and remedies

  • Imprisonment Term (count 1): 15
  • Imprisonment Term (count 2, Concurrent): 15

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that his actions were motivated by a genuine and sincere belief in witchcraft, which was deeply rooted in his upbringing and cultural context. He contended that this belief influenced his emotional state and led to the killings, and therefore should be considered a mitigating circumstance. He also pointed out that other accused persons were given lesser sentences based on similar beliefs.
Respondent
The respondent maintained that the appellant's belief in witchcraft was not genuine or sincere enough to warrant mitigation. The State argued that the killings were deliberate acts of revenge and that the appellant played a leading role in the murders, justifying the imposition of the death penalty without mitigation.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    S v Mdatyana 1962 (2) SA 182 (A)

    A genuine and sincere belief in witchcraft, if it substantially influences the accused's emotional state and conduct, may constitute a mitigating circumstance in sentencing for murder.

  2. 02

    Section 316(8)(c)(ii) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977

    The court must consider all relevant circumstances, including cultural beliefs and emotional state, when determining the presence of mitigating factors in sentencing.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The appellate court found that the trial court had erred in its assessment of the appellant's belief in witchcraft. The evidence demonstrated that the appellant's belief was genuine and sincere, rooted in his upbringing and cultural environment. This belief, combined with the emotional turmoil following the death of his sister, substantially influenced his conduct. The court held that these factors constituted mitigating circumstances. Furthermore, the appellant had no prior convictions, acted without premeditation, and was influenced by the collective sentiment of the community. The death sentences were set aside and replaced with concurrent terms of imprisonment.

Obiter and limits

  • The court emphasized that witchcraft is a harmful superstition that should be combated through education and the spread of Christian values.
  • The court noted that similar cases have recognized genuine belief in witchcraft as a mitigating factor, but cautioned against its misuse to justify violent acts.

Court disposition

Appeal upheld. Death sentences set aside. Appellant sentenced to concurrent terms of imprisonment.

  • The appellant is found guilty of murder with mitigating circumstances on count 1 and is sentenced to 15 years' imprisonment.
  • The appellant is found guilty of murder with mitigating circumstances on count 2 and is sentenced to 15 years' imprisonment, to run concurrently with the sentence on count 1.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[1986] ZASCA 26

Saaknommer: 386/85

WHN

MATOME FREDDY MAENETJA Appellant

en

DIE STAAT Respondent

JOUBERT, AR

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPÉLAFDELING)

In die saak tussen:

Coram: JOUBERT, VILJOEN et JACOBS ARR.Datum van Verhoor: 14 Maart 1986Datum van Uitspraak: 24 Maart 1986

U_I_I_S_P_R_A_A_K

JOUBERT, AR :

/Op

2

Op 22 Januarie 1985 is die appellant asbeskuldigde 1 saam met agt ander beskuldigdes in dieNoordelike Rondgang Plaaslike Afdeling te Tzaneen voorVAN DYK R en twee assessore aangekla op twee klagtesvan moord. Klagte 1 is dat hulle op 5 Februarie 1984in die distrik Naphuno die oorledene Chemist Rakgoalevermoor het. Klagte 2 is dat hulle op dieselfde datumen plek die oorledene Solomon Shai vermoor het. Dieappellant is op beide klagtes skuldig bevind aan moordsonder versagtende omstandighede en gevolglik twee dood=vonnisse opgelê. Met verlof ingevolge art 316(8)(c)(ii)van die Strafproseswet 51 van 1977 kom die appellant nahierdie Hof in hoër beroep teen sy twee doodvonnisse.

/Uit

3

Uit die aanvaarde getuienis en bevindingsvan die verhoorhof blyk kortliks die volgende aangaándedie tersaaklike agtergrond en omstandighede wat op diepleging van die twee moorde betrekking het. Al diebeskuldigdes sowel as die twee oorledenes was lede vandie Mogoboya-stam in die distrik Naphuno. Op 28Januarie 1984 het die weerlig twee vroue onder 'n boomgetref. Die een vrou is gedood terwyl die ander vroubeseer is sodat sy verstandelik aangetas is. Hierdievroue is susters van die appellant. Die plek waardie weerlig neergeslaan het, is omtrent 500 meter vanafbeskuldigde nr 2 ('n indoena) se huis. Laasgenoemdehet beweer dat die weerlig eintlik vir hom bedoel was

/maar

4

maar hy was gelukkig afwesig toe dit geslaan het. Diegerugte het onder die stam versprei dat die twee oorledeneswat welbekend as towenaars was vir die weerlig verantwoorde=lik was. Die stam het geld ingesamel en die twee oor=ledenes is toe na vroue toordokters geneem wat hulleas towenaars verantwoordelik vir die weerlig uitgewyshet. Die oorledenes was nie daarmee tevrede nie. Geldis weereens deur die stam ingesamel en die oorledenes isna ander vroue toordokters geneem. By hierdie geleent=heid is die oorledene Chemist Rakgoale as 'n towenaaruitgewys. 'n Lid van die geselskap het 'n bandopnemersaamgebring om daarmee op te neem wat die toordokters sê.Toe hy 'n battery in die bandopnemer sit, het 'n lamp

/wat

5

wat daar gestaan het se lig geskiet en die bandopnemerkon nie speel nie. Een van die toordokters het aange=voer dat die oorledene Chemist Rakgoale se weerlig hetweer geslaan en was daarvoor verantwoordelik. Dieander oorledene Solomon Shai is ook as 'n towenaar uitgewys.Hulle koppe is geskeer as teken dat hulle uitgewys is asdie towenaars wat vir die weerlig verantwoordelik was.Die groep persone met die twee oorledenes het op Sondag=oggend 5 Februarie 1984 teruggekeer. Die appellant hetdeel van die groep persone uitgemaak. Lede van diestam het by 'n wilde-vyeboom vergader waar hulle geraas engeskree het. Die twee oorledenes is na die wilde vye-boom gebring. Van die omstanders het daarop aangedring

/dat

6

dat die oorledenes gedood moes word. Die appellant het

'n tou aan 'n tak vasgemaak en toe die oorledene Chemist

Rakgoale op 'n hopie klippe laat staan en die punt van die

tou om sy nek vasgemaak. Hy het die hopie klippe weg=geskop en na 'n halfuur is Chemist Rakgoale dood. Dieselfdëprosedure het die appellant met die ander oorledene SolomonShai gevolg. Terwyl laasgenoemde nog aan sy nek gehanghet, het die appellant na die polisiestasie gery en dievoorvalle aangemeld. Die distriksgeneesheer dr Eksteenhet op 10 Februarie 1984 lykskouings op die twee oorledenesuitgevoer en in albei gevalle vasgestel dat die oorsaakvan dood „hang aan die nek " was. Die verhoorhof hetbevind dat die appellant as belhamel by die ophang van die

oorledenes opgetree het.

/Ek 7

Ek sal straks handel met die getuienis watdie appellant t.o.v. versagtende omstandighede afgelê

het. Die verhoorhof het eenparig bevind dat die appellantnie daarin geslaag het om op 'n oorwig van waarskynlikhededie aanwesigheid van versagtende omstandighede te bewysnie. Die verhoorregter het die appellant se geloof

in die toorkuns soos volg behandel :

"Beskuldigde 1 se getuienis is dat hy standerdvier op skool gemaak het; dat hy vir 'n baielang tyd tussen Blankes gewerk het; dat hy,wat die oorledenes betref, hulle vir baie jaregeken het; geen probleme met hulle gehad het;dat hy die betrokke dag uit weerwraak opgetreehet omdat hulle sy suster doodgemaak het -daarvan kan afgelei word dat hy dus tot 'n matein die toorkuns of die bonatuurlike geglo het.

/sy

8

Sy geloof was egter sodanig dat hy glad niebang was vir die twee oorledenes nie. Hywas nie beïnvloed deur wat die stam sou gesêhet nie, want hy het nie gehoor wat daar gesêword voordat hy besluit het om hulle dood temaak nie en gedurende sy getuienis voor hierdieHof het hy gesê dat wat hy gedoen het hy goedgeweet het verkeerd was.

Dit is volgens ons eenparige mening 'n aanduiding

dat die bietjie geloof wat hy in die toorkuns

gehad het glad nie voldoen aan die vereistes

wat neergelê word deur ons howe nie. Dit was

sekerlik nie opreg of eg nie. Sy optrede was

nie daarop gerig om 'n gevaar vir hom, ander

lewendes of vir die stam af te weer nie."(Ek onderstreep).Die verhoorhof het hier ernstig misgetas deurte bevind dat die appellant 'n „bietjie geloof" in dietoorkuns gehad het en dat dit bowendien „nie opreg of eg(was) nie". Die appellant het in kruisondervraginggetuig dat hy nie 'n Christen is nie. (Band 2 bl 128).

/Die Die verhoorhof het self geregtelike kennis daarvan geneemdat in die gebied waar die Mogoboya-stam woon die meestevan die Swartmense aan toordokters glo (Band 1 bl 67).Die appellant het soos volg getuig (Band 5 bl 415-416) :

„Kan jy vir ons beskryf toe die twee sustersvan jou nou deur die weerlig getref is, kanjy vir ons sê hoe het jy daaroor gevoel?- - - My hart was baie seer gewees daaroor.En die rede hoekom jy na die toordokterstoe is, is vir wat? - - - Ja om te gaanuitvind wie is die oorsaak van daardie weerlig.

Hoe het jy op die idee gekom dat die weerligdeur iemand veroorsaak is? - - - Ja want ekhet daarvan geweet dat die weerlig sal nie'n persoon doodslaan nie, slegs die boom.

Tensy wat? Die weerlig sal net 'n boom raak=slaan, tensy wat? - - - Die rede hoekom wouek gaan uitvind by die toordokter is dat ekglo vas aan toorkuns.

/Wat 10

Wat doen toorkuns? - - - 'n Persoon toor.

En wat doen hy as hy toor? - - - Hy toor mooi.

HOF: Wat bekommer jy jou dan as hy mooi toor?

- - - Hy kan vir jou met die weerlig slaan,

Hy kan ook vir jou vergif deur kruie in jou

kos te gooi.

MNR. DE JAGER: Ek sien en wou jy nou gaanvasstel wie die twee vrouens met die weerlig

geslaan het? - - - Ja.

Nou ken jy die twee oorledenes al lank dathulle daar naby jou in die stam bly? - - - Vankleins af het ek daar beide oorledenes leer ken.

Wat doen hulle daar in die stam? - - - Hulle toor.

Hoe het jy dit daar vasgestel? - - - Toe ek grootgeword het daarso, ek het toe daarvan geweet, dathulle word, mense sê dat daardie mense toor,hulle is towenaars, van kleins af."

Dit is duidelik uit die appellant se getuienis dat hy vankleins af in die stam groot geword het met die wete datdie twee oorledenes towenaars was. Die appellant selfglo in die toorkuns en dit was die rede waarom hy

/saam 11

saam met die twee oorledenes na die toordokters wasom uit te vind of die twee oorledenes die oorsaak van dieweerlig was wat sy suster gedood het. Dit was duidelikdat die appellant subjektief in die toorkuns geglo heten dat sy geloof daarin opreg en eg was soos blyk uit sybesoek met die twee oorledenes by die toordokters. Hyhet opreg en eg geglo dat laasgenoemdes kon vasstel ofdie twee oorledenes die oorsaak van die weerlig was al dannie. Weliswaar het die appellant erken dat hy niebang vir die twee oorledenes was nie en dat hy wraakteenoor hulle wou neem omdat hulle as towenaars die oor=saak van die weerlig was wat sy suster gedood het.

/Dat

11 (a)

Dat sy geloof in die toorkuns 'n emosie van wraak teendie twee towenaars ontketen het, toon juis aan dathy eg en opreg aan die toorkuns geglo het. Daar istalle gevalle in ons regspraak waar wraak wat geneemis onder omstandighede van 'n heftige gemoedsbeweginggebore uit 'n egte geloof van verontregting as 'nversagtende omstandigheid beskou is.

/Aangesien

12

Aangesien die verhoorhof ernstig misgetashet oor die appellant se subjektiewe geloof in die toor=kuns, moet hierdie Hof opnuut die vraag of daar ver=sagtende omstandighede was al dan nie oorweeg. Daar isdie verdere oorweging dat die aanwesige stamlede geraasen geskree het dat die twee oorledenes gedood moes word.Dit is wel 'n faktor wat kumulatief in ag geneem kan wordby die appellant se subjektiewe geloof in die toorkunsom versagtende omstandighede daar te stel.

Al die inligting omtrent die appellant isvoor hierdie Hof wat bevoeg is om self vonnis op te lêsonder om dit vir vonnisoplegging na die verhoorhofterug te stuur. In die lig van die besondere

/omstandighede

13omstandighede is dit nie 'n geval vir oorweging of diedoodvonnisse diskresionêr opgelê moet word nie. Ekmag daarop wys dat die verhoorhof in die geval vansommige van die ander beskuldigdes bevind het dat hullegeloof in die toorkuns eg was en dat dit as 'n versagtendeomstandigheid beskou is sodat hulle slegs gevangenisstrafopgelê is.

Die appellant is in 1961 gebore. Hy hetgeen vorige veroordelings nie. Hy het tot in standerd

4 skoolopleiding ontvang. Hy leef saam met 'n vrou

by wie hy twee kinders het. Hy het egter 'n leidende rolgespeel by die ophang van die twee oorledenes al hetdit nie gepaard gegaan met voorafbeplanning nie.

/Daarby

14

Daarby is die toorkuns 'n verderflike euwel in enige be=skaafde samelewing wat bestry en ontmoedig moet word veral -na my mening - deur opvoeding en verspreiding van dieChristelike geloof. Alles in ag geneem, is ek vanoordeel dat die appellant op klagtes 1 en 2 elk 15 jaargevangenisstraf opgelê word wat samelopend sal wees.

Die resultaat is dan dat die appèl teendie bevinding van geen versagtende omstandighede t.o.v.die twee aanklagte van moord in klagtes 1 en 2 slaag.Die volgende bevele vervang die bevele van dieverhoorhof:

/1. Die 15

1. Die appellant is skuldig aan moord met versagtende omstandighede op klagte 1 en word 15 jaar gevange= nisstraf opgelê.

2. Die appellant is skuldig aan moord met versagtende omstandighede op klagte 2 en word 15 jaar gevange= nisstraf opgelê wat samelopend is met die 15 jaar gevangenisstraf t.o.v. klagte 1.

C. P. JOUBERT AR.

VILJOEN AR )

JACOBS AR ) Stem saam.

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Mdatyana 1962 (2) SA 182 (A)

Case cited

Criminal Procedure Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.