Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

S v Makatu (135/87) [1987] ZASCA 134 (24 November 1987)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The majority of the court found that the appellant's consumption of alcohol did not play a significant role in the commission of the crime, and he was fully aware of his actions. The emotional distress caused by his partner's alleged infidelity did not justify transferring his resentment to an innocent child. The appellant had ample time to reflect on his intended conduct, and his actions were deliberate and calculated. The factors presented by the defence did not diminish the appellant's moral blameworthiness. Therefore, the trial court's finding of no mitigating circumstances was correct, and the mandatory death sentence was upheld.

Court disposition

The appeal is dismissed.

Orders

  • The appeal against the finding of no mitigating circumstances and the sentence is dismissed.

02

Material facts

Parties

Sipho Alfred Makatu

Appellant Counsel: Van Rensburg

Die Staat

Respondent

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Sentence and Finding of No Mitigating Circumstances

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that his judgment and insight were impaired by alcohol consumption and emotional distress caused by his belief that his partner was unfaithful. He contended that these factors should be considered as mitigating circumstances, reducing his moral blameworthiness for the murder.
Respondent
The respondent maintained that the appellant was not significantly affected by alcohol and acted with full awareness and intent. The murder was premeditated, as evidenced by the time elapsed and the deliberate actions taken to lure and kill the child. The respondent argued that no mitigating circumstances were present and the sentence was appropriate.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    S v Mongesi en Andere 1981(3) SA 204 (A) at 207 C-D

    The burden of proving the existence of mitigating circumstances on a balance of probabilities rests on the accused. There must be a factual basis from which such circumstances can be inferred.

  2. 02

    S v Ndlovu 1970 (1) SA 430 (A) at 433 H

    Mitigating circumstances must be established by evidence or admissions before the trial court; mere argument is insufficient.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The majority of the court found that the appellant's consumption of alcohol did not play a significant role in the commission of the crime, and he was fully aware of his actions. The emotional distress caused by his partner's alleged infidelity did not justify transferring his resentment to an innocent child. The appellant had ample time to reflect on his intended conduct, and his actions were deliberate and calculated. The factors presented by the defence did not diminish the appellant's moral blameworthiness. Therefore, the trial court's finding of no mitigating circumstances was correct, and the mandatory death sentence was upheld.

Obiter and limits

  • It is conceivable that in some cases, emotional disturbance caused by the conduct of another may be regarded as a mitigating circumstance in the murder of an innocent third party, but this is not such a case.
  • There was no justification for the appellant to transfer his resentment towards his partner onto her child, who was entirely innocent and uninvolved in the partner's conduct.

Court disposition

The appeal is dismissed.

  • The appeal against the finding of no mitigating circumstances and the sentence is dismissed.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[1987] ZASCA 134

SIPHO ALFRED MAKATUAppellant

en

DIE STAATRespondent

Saaknommer 29 3/87 mp

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

APPèLAFDELING)

In die saak tussen:SIPHO ALFRED MAKATUAppellant

enDIE STAATRespondent

CORAM:JACOBS, SMALBERGER ARR et STEYN, Wn AR

VERHOOR: 16 November 1987

GELEWER: 24 November 1987

UITSPRAAK

STEYN, Wn AR2.

STEYN, Wn AR,

Die appellant is op 15 April 1987 ter dood veroordeel vir die moord op Zama Maseko, sy minnares se 9-jarige dogtertjie (die oorledene). Die verhoorhof het gevind dat daar geen versagtende omstandighede was nie. Appellant korn in hoër beroep slegs teen daardie bevinding en teen die vonnis daarvolgens aan hom opgelê.

Appellant het te Bethal in die Transvaalse

Oos- en Suid-Oostelike Rondgang Plaaslike Afdeling teregge= staan voor regter J P O de Villiers en twee assessore. Hy het skuldig gepleit op die aanklag dat hy die oorledene op 1 Mei 1986 te of naby Hammelfontein, Davel, in die distrik van Ermelo, vermoor het. Sy pro deo advokaat, mnr van Rensburg, het egter aan die Hof te kenne gegee dat die pleit nie in ooreenstemming met sy instruksies is nie. Die geleerde regter het toe 'n pleit van onskuldig noteer. Daarna het die verhoor sy gang gegaan. Die verdediging het formeel

die

3.

die identiteit van die oorledene erken, asook die korrekt= heid van die fei.te en bevindings vervat in die verslag van die lykskouing wat op 7 Mei 1986 deur dr R J N Crozier op haar uitgevoer is. Die verslag is ingehandig as bew A- Na aanhoor van mondelinge getuienis, insluitende dié van appellant, is hy skuldig bevind aan die moord. Na betoë deur die verdediging en die Staat, maar sonder die voorlegging van enige verdere feite, hetsy by wyse van getuienis of erkennings, het die Hof bevind dat daar geen versagtende omstandighede was nie. Die verpligte doodvonnis is toe aan appellant opgelê.

Hier volg 'n opsomming van die wesenlike feite

wat volgens die trant van die uitspraak klaarblyklik deur die verhoorhof bevind is vir sy beslissing op die meriete.

Vir ongeveer 'n jaar voor die moord was daar

'n minneverhouding tussen appellant en die oorledene se moeder, Poppie Maseko ("Poppie"). Hulle het nie saamgewoon nie

maar

4.

maar het mekaar oor en weer besoek. Die oorledene het op Davel by haar Ouma aan moederskant, Kelina Maseko, ingewoon saam met sekere van haar nefies en niggies. Poppie het op Ermelo gewerk en appellant op Davel. Op die dag van die moord, 'n Donderdag, was oorledene by haar ouma, Poppie op Erlmelo en appellant op Davel. Appellant was daardie dag van diens af en het die middag sterk drank gedrink. Hy het egter nie dronk geword nie en was te alle tersaaklike tye by sy volle positiewe. Hy is toe na Ermelo om Poppie te besoek by haar verblyfplek in die swart woongebied. Sy was nie tuis nie. Hy het haar gaan soek by haar werksplek in Ermelo. Daar was sy ook nie. Op pad terug na die swart woongebied het hy Poppie gesien sit met 'n blanke man in 'n geparkeerde motor. Appellant het hulle genader en haar gevra waarom sy nie huis toe gaan nie. Die blanke het met 'n vuurwapen in die hand uitgeklim. Appellant het in 'n nabygeleë perseel ingevlug en die blanke het 'n skoot op

hom

5hom afgevuur. Appellant het in die perseel weggekruip vir ongeveer 15 minute terwyl die blanke met die motor daar naby rondgery het, oënskynlik op soek na hom. Uiteindelik het die blanke vertrek met Poppie steeds by hom in die motor. Appellant was "kwaad en hartseer" omdat hy gemeen het dat daar 'n liefdesverhouding tussen Poppie en die blanke was. Hy het toe terug geryloop na haar ouerhuis op Davel. Hy het om ongeveer 18h00 daar opgedaag. Oorledene, haar nefie, die 12-jarige Elliot Maseko, en twee ander kleinkinders van Kelina het buite die huis gespeel. Appellant het die oorledene na hom geroep. Sy en haar maatjies het na hom gegaan. Hy het haar daar weggelok onder die voorwendsel dat hy vir haar lekkergoed, suiker en seep wou gaan koop. Hulle twee het geloop na 'n bos 2 - 3 km van Kelína se huis af. Hy het haar daarin geneem, haar met sy hande gewurg en haar toe met 'n kierie teen haar kop doodgeslaan. Die hou het 'n dodelike splinterbreuk van haar skedel veroorsaak. Appellant het oorledene se lykie met bloekomtakke en 'n

stuk

6.

stuk motorwrak bedek. Sodoende het hy dit goed weggesteek. Hy is toe daar weg, blykbaar huistoe. Kort na 18h00 het die oorblywende drie kleinkinders Kelina se huis ingegaan vir hul aandete. Sy het gevra waar die oorledene is. Hulle het 'n rapport aan haar gemaak as gevolg waarvan sy om 07h00 die volgende oggend vir appellant om 'n verduídeliking gevra het. Hy het toe aan haar gesê dat die oorledene weg is met haar moeder. Hy het bygevoeg dat net toe hy en sy by die winkel uitgekom het 'n motor daar gestop het met Poppie

en 'n blanke man daarin. Poppie het die oorledene gevat en die motor het toe weer vertrek. Kelina het met Poppie in verbinding getree. Dié het appellant se bewering ontken. Kelina het die saak toe by die polisie aangegee om en by 09h00 op dieselfde dag - 2 Mei.

Appellant is later daardie oggend in hegtenis geneem en het vir sers Oostendurp, van die Suid-Afrikaanse Polisie op Davel, geneem na die plek waar hy die vorige aand

oorledene 7oorledene se lyk versteek het. Dit was nog bedek soos hy dit gelaat het.

Op hierdie stel feite het die verhoorhof

eenpariglik bevind dat appellant die oorledene opsetlik gedood het om uiting te gee aan sy wrewel teenoor Poppie vir haar vermeende ontrouheid. Daar is geen appèl teen hierdie feitebevindings nie. Omdat geen verdere feite aan die verhoorhof voorgelê is nie, is daardie feitebevindings die basis waarop die hof moes besluit of daar versagtende omstandighede teenwoordig was al dan nie. In S v Mongesi en Andere 1981(3) SA 204 (A) op 207 C - D het JOUBERT, AR die volgende gesê:

"Die bewyslas om die bestaan van versag= tende omstandighede op 'n oorwig van waarskynlikhede vas te stel, rus op 'n beskuldigde. Ten einde dit te kan doen, moet daar 'n feitebasis vir die verhoorhof wees waarvan die bestaan van die versagtende omstandighede afgelei kan word ( S v Ndlovu _ 1970 (1) SA 430 (A) te 433 H)."

By

8

By 'n meerderheidsbeslissing het dieverhoorhof bevind dat daar geen versagtende omstandighede was nie. Daardie bevinding lui so:

"Dit gaan hier oor die vraag of daar versagtende omstandighede is al dan nie. Wat versagting betref het die Verdediging aangevoer dat die beskuldigde aangetas was deur die drank en dat dit tot 'n mate sy oordeelsvermoë en insig aangetas het. Hy was van mening dat sy vrou en die Witman hoereer. 'n Wapen is op hom gehou en hy was geskiet.

Een van my Assessore is van mening dat hierdie feite genoegsaam is wat die morele blaamwaardigheid van die beskuldigde verminder. Die meerderheid van die Hof is egter van mening dat hoewel die beskuldigde gedrink het, die drank nie so 'n groot rol gespeel het nie, dat die beskuldigde die feite wat die voorval die aand voorafgegaan het, duidelik vir die Hof uiteengesit het, en dat hoewel hy kwaad was vir sy vrou en miskien ook vir die Witman wat op hom gevuur het, dit 'n

tydjie geneem het vir hom om te ryloop van Ermelo af na Davel toe en dat hy genoegsame tyd gehad het om af te koel en oor die gebeure na te dink. Hierdie was nie 'n

geval waar die beskuldigde skielik as gevolg van die gebeure opgetree het nie. Hy het ongeveer twee kilometer met die

oorledene

9.

oorledene geloop en in daardie tyd kon hy oor sy beoogde optrede nadink. Hy het 'n onskuldige kind van die huis af weggelok, haar daarna op 'n wreedaardige wyse vermoor. Dat hy haar aan die keel beetgehad het en haar verwurg het (soos hy sê) word gestaaf deur die mediese getuienis. Daarna het hy haar met 'n voorwerp oor die kop geslaan en haar lyk toe verberg.

Twee lede van die Hof is van mening dat die faktore waarna die Verdediging verwys nie die morele blaamwaardigheid van die beskuldigde verminder nie en bevind dus dat daar geen versagtende omstandighede is nie."

Na my oordeel is die meerderheidsbevinding korrek. Daar was geen regverdiging vir appellant om sy wrewel teenoor Poppie op haar dogtertjie oor te dra nie. Oorledene was 'n algeheel onskuldige kindjie wat appellant geen leed aangedoen het nie, en sy het niks te doen gehad met Poppie se optrede nie. Dit is wel denkbaar dat daar gevalle mag voorkom waar die ontsteltenis by 'n beskuldigde gewek deur die gedrag van een persoon, regtens as 'n versagtende omstandigheid beskou kan word t a v sy moord op

'n

10.

'n onskuldige derde persoon. Maar die onderhawige is nie só 'n geval nie.

Die appèl word afgewys.

M T STEYN Wn AR

JACOBS ) AR SMALBERGER) AR

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Mongesi en Andere 1981(3) SA 204 (A)

Case cited

S v Ndlovu 1970 (1) SA 430 (A)

Case cited

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.