S v Malan (CA & R 284/03) [2004] ZANCHC 102 (7 May 2004)
- Citation
- [2004] ZANCHC 102
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- P L Goliath, F D Kgomo
- Case number
- CA & R 284/03
More details
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- P L Goliath, F D Kgomo
- Case number
- CA & R 284/03
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The appellate court found that while the trial court correctly determined that direct imprisonment was appropriate given the appellant's record and the nature of the offence, it erred by overemphasizing her previous convictions and underemphasizing the specific circumstances of the current offence. The sentence of 12 years' direct imprisonment was held to be excessively severe, especially considering that a declaration as a habitual offender would have resulted in a minimum of seven years' imprisonment with eligibility for release thereafter. The appellate court concluded that a sentence of seven years' imprisonment was more appropriate and substituted this for the original sentence, backdating it to 9 September 2003.
Court disposition
Appeal against sentence succeeds. The sentence of 12 years' direct imprisonment is set aside and replaced with seven years' imprisonment, backdated to 9 September 2003.
Orders
- The appeal against sentence is upheld.
- The sentence of 12 years' direct imprisonment is set aside.
- The appellant is sentenced to seven years' imprisonment.
- In terms of section 282 of the Criminal Procedure Act 51 of 1977, the sentence is backdated to 9 September 2003.
- The appellant is again warned regarding the provisions of section 286 of Act 51 of 1977.
02
Material facts
Parties
Anna J.M Malan
Appellant Counsel: Adv T. FourieThe State
Respondent Counsel: Adv E. KammiesAmounts and remedies
- Amount Withdrawn Fraudulently: ZAR 8,000
- Monthly Pension Income: ZAR 3,000
- Original Sentence (years): ZAR 12
- Substituted Sentence (years): ZAR 7
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Sentence
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the trial court erred by underemphasizing the appellant's personal circumstances.
- 02
Whether the trial court overemphasized the seriousness of the offence, community interest, and previous convictions.
- 03
Whether the sentence of 12 years' direct imprisonment is shockingly inappropriate.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that the trial court failed to give sufficient weight to her personal circumstances, including her status as a 39-year-old widow with three children, two of whom are in foster care, and her monthly income from her late husband's pension. She contended that the court overemphasized the seriousness of the offence, her previous convictions, and the interests of the community, resulting in a sentence that was unduly harsh and inappropriate.
- Respondent
- The State maintained that the appellant's lack of remorse, extensive previous convictions—including fraud, theft, impersonation, and other offences—justified a severe sentence. The State argued that community-based sentencing posed a risk due to her inability to control her behaviour and that the interests of society required a lengthy term of direct imprisonment to protect the public and facilitate rehabilitation.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Barnabas 1991 (1) SACR 467 (A)
Sentencing discretion lies primarily with the trial court, but an appellate court may intervene if the sentence is disturbingly inappropriate.
- 02
Section 286, Criminal Procedure Act 51 of 1977
A habitual offender may be declared as such under section 286 of the Criminal Procedure Act 51 of 1977, but such a declaration must be just and equitable.
- 03
Section 38, Criminal Law Amendment Act 8 of 1959
The minimum period of imprisonment for a habitual offender is seven years, and generally not more than fifteen years.
- 04
S v Masisi 1996 (1) SACR 147 (O)
The circumstances under which the offence was committed must be properly considered in sentencing.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The appellate court found that while the trial court correctly determined that direct imprisonment was appropriate given the appellant's record and the nature of the offence, it erred by overemphasizing her previous convictions and underemphasizing the specific circumstances of the current offence. The sentence of 12 years' direct imprisonment was held to be excessively severe, especially considering that a declaration as a habitual offender would have resulted in a minimum of seven years' imprisonment with eligibility for release thereafter. The appellate court concluded that a sentence of seven years' imprisonment was more appropriate and substituted this for the original sentence, backdating it to 9 September 2003.
Obiter and limits
- The trial court's consideration of declaring the appellant a habitual offender was correctly rejected as unduly harsh under the circumstances.
- The appellant's lack of remorse and poor criminal record remain aggravating factors, but do not justify an excessively severe sentence.
- Community protection is a legitimate sentencing objective, but must be balanced against the offender's personal circumstances and the proportionality of the sentence.
Court disposition
Appeal against sentence succeeds. The sentence of 12 years' direct imprisonment is set aside and replaced with seven years' imprisonment, backdated to 9 September 2003.
- The appeal against sentence is upheld.
- The sentence of 12 years' direct imprisonment is set aside.
- The appellant is sentenced to seven years' imprisonment.
- In terms of section 282 of the Criminal Procedure Act 51 of 1977, the sentence is backdated to 9 September 2003.
- The appellant is again warned regarding the provisions of section 286 of Act 51 of 1977.
Source and reliance status
Northern Cape High Court, Kimberley
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Northern Cape High Court, Kimberley
Judgment
Verslagwaardig: Ja / Nee
Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saakno: CA & R 284/03
Datum Gelewer: 07 /05/ 2004
In die saak van:
Anna J.M Malan
teen
Die Staat
Coram: Kgomo RP et Goliath WnR
Uitspraak op Appèl
GOLIATH WnR:
Die Appellant het op 11 Julie 2003 te Upington Landdroshof skuldig gepleit op `n aanklag van bedrog deurdat sy op 11 October 2002 R 8 000-00 onttrek het vanaf haar gewese verloofde se ABSA bankrekening sonder sy toestemming. Die skuldigbevinding is op 10 Oktober 2003 in die Upington Streekhof bevestig en Appellant is gevonnis tot 12 jaar direkte gevangenestraf en gewaarsku in terme van artikel 286 van Wet 51 van 1977. Appellant kom nou in hoër beroep teen vonnis.
Die Hoofgronde van Appèl is:
Dat die agbare hof misgetas het deur die persoonlike omstandighede te onderbeklemtoon.
Dat die agbare hof misgetas het deur die oorbeklemtoning van die aard en erns van die misdryf, die gemeenskapsbelang asook die vorige veroordelings van die Appellant.
Dat die vonnis van 12 jaar direkte gevangenesstraf skokkend onvanpas is.
Op die staduim toe sy gevonnis is, was die Appellant `n 39 jarige weduwee. Sy het 3 kinders onderskeidelik 7, 11, en 18 jaar oud, waarvan die oudste twee in pleegsorg was. Sy ontvang R 3000-00 per maand vanuit haar oorlede man se pensioenfonds en `n gedeelte daarvan word aangewend vir die versorging van die kinders in pleegsorg.
Die omstandighede waaronder die misdryf gepleeg is spruit voort uit haar saamleef verhouding met haar gewese verloofde, die klaer in die saak. Volgens haar pleitverduideliking, soos aanvaar deur die Staat, was sy en haar verloofde in `n argument betrokke. Hy het haar blykbaar weggejaag en sy is toe weg met sy motorvoertuig. Sy bankkaart was in die motor en in Upington het sy `n bedrag van R 8 000-00 getrek vanuit sy rekening sonder sy toestemming. Sy is `n maand later gearresteer.
`n Korrektiewe verslag was aangevra ter oorweging van `n gepaste vonnis. Die Korrektiewe beampte se hoof bevindinge is as volg:
Dat die Appellant, alhoewel sy die misdaad erken, geen berou toon vir haar daad nie.
Appellant se vorige veroordelings en die gebrek aan die moontlikheid van werk maak `n gemeenskapsgebaseerde vonnis `n risiko.
Appellant is `n gevaar vir haarself en die gemeenskap aangesien sy haarself nie kan beheer nie en dit tot die nadeel van die gemeenskap strek.
Dat `n vonnis opsie wat Appellant die geleentheid sou gee om in die gemeenskap te rehabiliteer, verteenwoordig `n risiko in die sin dat die omstandighede vir verdere misdaadpleging weer geskep kan word. Die Appellant se vorige veroordelings met gepaardgaande vonnisse het nie die Appellant weerhou van misdaad nie.
Die gemeenskap moet beskerm word teen Appellant wat nie oor die vermoë beskik om haarself te beheer nie.
Die Appellant het geen geskiedenis van sielkundige en of psigiatriese behandeling nie. Sy het wel genoem dat sy by `n senuweekliniek was in 1992 maar die aard en omvang van die behandeling is onbekend.
Die Appellant het veertien vorige veroordelings as volg:
Vier oortredings van die Wet op Huurgelde.
Drie oortredings vir bedrog.
Vier oortredings vir diefstal
Een oortreding vir gebruik van voertuig sonder eienaar se toestemming
Twee oortredings vir valslik voorgee om `n Lid van die Suid Afrikaanse Polisie Diens te wees.
Die Appellant is aanvanklik waarskuwings, boetes en opgeskorte vonnisse opglê, en daarna kort termyn gevangenestraf. Op 14 Januarie 1997 is die laaste vonnis van 2 jaar gevangenestraf opgelê en Appellant is gewaarsku van die bepalings van artikel 286.
Die hof a quo het oorweging geskenk om die Appellant as gewoontemisdader te verklaar, maar daarteen besluit omdat dit nie `n billike vonnis sal wees nie. Die hof voer aan dat so `n vonnis te swaar sal wees. Die verklaring as `n gewoonte misdadiger beteken dat `n persoon `n onbepaalde periode gevangenestraf moet uitdien, maar ten minste 7 jaar. Volgens die bepalings van artikel 38 van Wet 8 van 1959 kan `n beskuldigde aangehou word vir `n tydperk van minstens sewe jaar en dat in die reël word so `n persoon nie langer as 15 jaar aangehou nie. S v Masisi 1996 (1) SACR 147 (O).
Tog meen die verhoorlanddros dat `n vonnis van 12 jaar direkte gevangenesstraf `n ligter straf is, as om as gewoontemisdadiger verklaar te word. Ek is van mening dat die verhoorlanddros misgetas het deur so `n bevinding te maak, aangesien `n gewoontemisdadiger in effek na sewe jaar in oorweging kom vir vrylating.
Die hof a quo voer aan dat die laaste vonnis van twee jaar nie die gewenste uitwerking gehad het nie en die hof is van oordeel dat die Departement van Korrektiewe Dienste langer kans gegee moet word om aan Appellant te werk ten einde vir haar te laat rehabiliteer.
Na my mening het die verhoorlanddros die Appellant se vorige veroordelings oorbeklemtoon. Sien S v Barnabas 1991 (1) SACR 467 (A). Die Appellant het inderdaad `n slegte rekord, maar dit is my mening dat die verhoorhof onvoldoende aandag geskenk het aan die presiese omstandighede waaronder hierdie misdaad gepleeg is.
Die vraag ontstaan dus of die vonnis opgelê buitensporig swaar is in die sin dat hierdie hof daarmee behoort in te meng. Vonnis is altyd iets wat in `n besondere sin binne die diskresie van die verhoorhof lê. Dit is my mening dat die verhoorlanddros korrek bevind het dat direkte gevangenesstraf `n gepaste vonnis is onder die omstandighede.
Vir redes vermeld meen ek egter dat daar ingemeng behoort te word met die vonnis aangesien dit buitensporig swaar is.
In die omstandighede word die volgende bevel gemaak:
Die appèl teen vonnis slaag.
Die vonnis word tersyde gestel en vervang met die volgende:
7 (sewe) Jaar gevangenesstraf.
(c) Ingevolge Artikel 282 van die Strafproseswet 51 van 1977 word die vonnis tot 09 September 2003 teruggedateer.
(d) Beskuldigde word weereens gewaarsku van die bepalings van artikel 286 van Wet 51 van 1977.
______
P
L GOLIATH
WAARNEMENDE
REGTER
Ek stem saam
_______
F
D KGOMO
REGTER
PRESIDENT
ADVOKAAT NAMENS APPELLANT: Adv T. FOURIE
ADVOKAAT NAMENS VERDEDEGING: Adv E. KAMMIES
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.