Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

S v Maseko (179/1987) [1988] ZASCA 62 (27 May 1988)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court held that while public violence is a serious offence requiring strict action from the courts, the sentence imposed must reflect a balance between the interests of society and those of the accused. The appellant's conduct, though part of a larger disruptive strategy, involved only the throwing of a single stone and did not result in significant harm. The magistrate overemphasized general deterrence and failed to adequately consider the appellant's limited participation and personal circumstances. Consequently, the original sentence of five years' imprisonment was found to be disproportionately severe. The court determined that an effective sentence of two and a half years' imprisonment, with the remainder suspended, would serve both the interests of justice and the need for deterrence.

Court disposition

Appeal succeeds to the extent that the sentence is reduced.

Orders

  • The sentence of five years' imprisonment is set aside and replaced with a sentence of two and a half years' imprisonment, with the remaining two and a half years suspended for five years on condition that the accused is not convicted of public violence during the period of suspension.

02

Material facts

Parties

Tom Maseko

Appellant

The State

Respondent

Amounts and remedies

  • Original Sentence (years Imprisonment): 5
  • Effective Imprisonment After Appeal (years): 2.5

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
Counsel for the appellant argued that the magistrate erred in several respects when imposing sentence, particularly by failing to give sufficient weight to the appellant's limited participation and personal circumstances. It was submitted that the sentence was excessively severe given that the appellant threw only one stone, caused no significant damage, and was a first offender with responsibilities towards his child and parents.
Respondent
The State contended that the offence occurred during a period of widespread unrest and violence, and that the appellant's conduct formed part of a collective strategy to disrupt public order. The seriousness of the offence and the need for general deterrence justified a substantial custodial sentence, as the courts have a duty to maintain law and order in the interests of the community.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    S v Madimabe (CA 110/78 (T))

    Acts of public violence generally require severe deterrent sentences to assist in the maintenance of law and order, even if individuals suffer the consequences.

  2. 02

    South African Journal of Criminal Procedure (1988 Vol 1 p 173)

    Courts must balance the interests of the community and the offender, ensuring that general deterrence does not overshadow the degree of participation and personal circumstances.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court held that while public violence is a serious offence requiring strict action from the courts, the sentence imposed must reflect a balance between the interests of society and those of the accused. The appellant's conduct, though part of a larger disruptive strategy, involved only the throwing of a single stone and did not result in significant harm. The magistrate overemphasized general deterrence and failed to adequately consider the appellant's limited participation and personal circumstances. Consequently, the original sentence of five years' imprisonment was found to be disproportionately severe. The court determined that an effective sentence of two and a half years' imprisonment, with the remainder suspended, would serve both the interests of justice and the need for deterrence.

Obiter and limits

  • Courts must remain vigilant not to allow the interests of the accused to be unjustifiably overshadowed by public policy considerations.
  • Sentences for public violence should not automatically be severe; each case must be assessed on its own merits, with due regard to the offender's role and circumstances.

Court disposition

Appeal succeeds to the extent that the sentence is reduced.

  • The sentence of five years' imprisonment is set aside and replaced with a sentence of two and a half years' imprisonment, with the remaining two and a half years suspended for five years on condition that the accused is not convicted of public violence during the period of suspension.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[1988] ZASCA 62

LL Saak No 179/1987

In DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APP èLAFDELING

Insake die appèl van:

TOM MASEKO Appellantteen

DIE STAAT Respondent

CORAM: HEFER, VIVIER ARR et VILJOEN WND ARVERHOORDATUH: 24 MEI 1988 LEWERINGSDATUM: 27 MEI 1988

UITSPRAAK

/HEFER AR ...

2.

HEFER AR:

Die appellant is in 'n streekhof skuldig bevind aan openbare geweld en veroordeel tot vyf jaar gevangenis-straf. Sy appl teen die skuldigbevinding en vonnis na die hof a quo het misluk. Met verlof van daardie hof kom hy nou in hoër beroep teen die vonnis.

Die voorval waaruit die veroordeling gespruit hot, het op 5 November 1984 in Tsakane, 'n swart woongebied aan die Oos-Rand, plaasgevind te midde van wyd verspreide onluste wat op daardie stadium daar en in dergelike ge-biede olders in die land ondervind is on gepaard gegaan het met ernstige geweld wat grootskaalse skade aan eiendom en die verlies van menselewens tot gevolg gehad het. Dit is bekend dat openbare vervoermiddels 'n geliefkoosde skyf van klipgooiers en brandstigtors in die swart gebiede was met die gevolg dat vervoordienste ernstig ontwrig en jn bale gevalle tot totale stilstand gedwing is.

Die betrokke oggend is passasiersbusse van die

/munisipaliteit ...

3.munisipaliteit beskerm deur gewapende personeel wat elke bus in afsonderlike voertuie op sy roete agtervolg het. Dit was die dag van 'n sg "wegbly-aksie" d w s inwoners van die gehied is vooraf aangemoedig om daardie dag nie te gaan werk nie. Appellant was een van dié wat nie gaan werk het nie. Teen ongeveer 7.30 die oggend het hy en sowat 20 ander op 'n straathoek saamgedrom en 'n verbygaande bus met klippe bestook. Appellant het die eerste klip gegooi. Toe die beskermingsvoertuig egter op hulle afpyl, het die greep uitmekaar gespat. Appel-lant is kort daarna gearresteer deur 'n amptenaar van die Administrasieraad wat in die voertuig was.

In sy uitspraak oor vonnis het die verhoor-landdros die volgende opgemerk:

"Dit is ook aan die Hof voorgehou, en dit is korrek, dat daar net getuienis is van een klip wat jy gegooi het. Daar is nie getuienis van enige noemenswaardige skade wat daardeur veroorsaak is aan die betrokke voertuig nie Dit is so, soos reeds genoem dat beskuldigde

/volgens ...

4.

volgens die getuienis slegs een klip gegooi het. Hy was egter deel van 'n groep wat saam gedrom het en was hy die eerste of een van die eerstes wat wel daardie klip gegooi het. Sy handelinge was deel van 'n groep-handeling wat nie net daardie dag nie, maar toe reeds oor 'n tydperk en wel op daardie dag op groot skaal in Tsakano Swart woonge-bied plaasgevind het en die Hof moet sy op-trede sien, nie net in die lig van sy enkele klip-gooi daar nie, maar in die lig van die totale optrede waarby hy gemoeid was en waar-van hy deel uitgemaak het, saam met talle andere."

Elders in die uitspraak is opgemerk:

"Die Hof kan egter nie slegs kyk na die enkel klip wat gegooi is in isolasie nie, want dit is deel of was deel van 'n optrede waarby beskuldigde sowel as talle ander die betrokke dag betrokke was. Dir. was vir die gemeen-skap die betrokke dag onmoontlik gemaak om op die gewone wyse vervoer te bekom en so hulle daaglikse roetine handelinge to kon uit-voer. Hulle kon nie met busse of ander ver-voermiddels uit die Swart woongebied uitkom sonder dat daar polisiebeskerming vir daardie voertuie was nie. Polisiebeskerming om daar-die mense te beskerm teen monse wat opgetree hot soos jy. Jou optrede was deel van 'n totale strategie wat daardie dag deur talle mense gevolg was om 'n algehele ontwrigting te veroorsaak. Dit het op 'n tydstip gebeur toe daar reeds geweldige skade as gevo]g van hierdie

/oproere ...

5.

oproere in die Swart woongebied gepleeg was en talle probleme vir die owerhede reeds daaruit voortgevloei het."

Wat die appellant se persoonlike omstandighede betref, verskyn die volgende in die uitspraak:

"Beskuldigde jy is tans 23 jaar oud. Ten tye van die pleging van die misdaad was jy 21 jaar. Dit is aan die Hof voorgehou dat jy in 1981 gematrikuleer het en dat jy daarna toe jy weens finansiële probleme nie jou stu-dies kon voortsit nie, jy gewerk het as 'n klerk. Jy is ongetroud, maar is die vader van 'n tweejarige seun vir wie se onderhoud jy verantwoordelik is. En jy help ook met die onderhoud van jou ouers. Dit is aan die Hof voorgehou dat jy 'n intclligente persoon is en die Hof moet dit so aanvaar. Maar juis in daardie geval sou die Hof verwag het dat jy verstandiger opgetree het as om deel te neem aan die gewelddadige oproer wat op die betrokke dag in Brakpan Swart woongebied geheers het Beskuldigde is weliswaar nie 'n skolier op hierdie stadium nie. Hy is ook nie 'n jonge- ling nie, hy is redelik jonk, maar met sy op- voeding en agtergrond moet die Hof aanvaar dat hy beter behoort te geweet het as jonger kinders wat maklik opgesweep raak Die Hof neem jou persoonlike omstandighede in aanmerking, maar dit is nie sodanig dat dit noemenswaardig versagtond kan inwerk nie en

/word ...

6.

word jy in die omstandighode gevonnis tot VYF

JAAR

GEVANGENISSTRAF ."

In hierdie hof is namens die appellant aangevoed dat die verhoorlanddros in verskeie opsigte misgetas het. Aangesien ek van mening is dat daar in elk geval met die vonnis ingemeng moet word,is ek egter nie van voorneme om die beuselagtige gronde vir hierdie betoog te bespreek nie. Ek volstaan deur te sê dat daar niks in die betoog steek nie.

Te oordeel aan die opgelegde straf hct die land-

dros die oortreding in 'n ernstige lig beskou. In dieuitspraak oor vonnis het hy verwys na die ongerapporteerdebeslissing in S v Madimabe (CA 110/78 (T)) waarin Margo Ropgemerk het dat

" acts of public violence call for a

severe deterrent sentence in general. It is the duty of the courts to assist in the maintenance of law and order and while it may be unfortunate for individuals to suffer the consequences of those sentences, the requirements of public policy are such that they will have to suffer for their misdeeds

/in ...

7.

in this particular category."

Sonder om be kenne te gee dat alle gevalle van openbare geweld ewe swaar gestraf moet word, stem ek volmondig saam met hierdie sienswyse. Die misdaad is inderdaad van so 'n aard dat die openbare belang streng optrede van die howe verg.

Ek is dit ook met die landdros eens dat die ap-pellant se optrede nie in isolasie beskou moet word vir doeleindes van strafoplegging nie maar teen die agter-grond van die omstandighede wat destyds geheers het. Die enkele klip wat die appellant gegooi het, was een van duisende wat destyds na busse wat werkers vervoer, ge-slinger is. Die gebeure van die dag het 'n bekende patroon gevolg. Eers word die inwoners van 'n gebied gemaan deur diegene wie se belange blykbaar daardeur bevorder word, om van hulle werk weg te bly en dan word diegene wat die vermaniny ignoreer, gewelddadig geïntimideer deur dit vir hulle gevaarlik of selfs onmoontlik to maak om die openbare

/vervoerdienste ...

8.

vervoerdienste te gebruik waarvan die meerderheid van hulle afhanklik is. Die landdros se beskrywing van die appellant se optrede as deel van 'n totale strategie gemik op algehele ontwrigting is nie onvanpas nie. So gesien, verkry sy optrede 'n veel ernstiger dimensie as wat by die eerste blik mag blyk.

Die feit dat die misdaad gepleeg is gedurende 'n tydperk van wyd verspreide onluste wat gelei het tot 'n toestand van bykans onbeheerbare geweldpleging in die swart woongebiede, en die bloedige en skadelike gevolge daarvan, kan natuurlik ook nie buite rekening gelaat word nie. En so ook nie die feit dat die optrede van die ap-pellant en sy trawante op sigself ernstige gevolge kon gehad het nie. Dat die bestuurder van die bewegende bus of van sy passasiers blykbaar nie raakgegooi is nie, is bloot toevallig.

Huewel dit derhalwe vanselfsprekend is dat 'n stewige vonnis in hierdie geval nie onvanpas is nie meen

/ek ...9. ek nogtans dat die vyf jaar gevangenisstraf wat opgelê is, buitensporig swaar is. Ek is bewus daarvan dat die-selfde vonnis in ander gevalle van openbare geweld opgelê en deur sommige provinsiale afdelings bekragtig is. In ander gevalle is egter veel ligter vonnisse opgelê. Elke geval is klaarblyklik op eie meriete behandel en, juis omdat dit die geval is, is dit nie lonend om na ander ge-valle te verwys om in die vonnisse wat daarin opgelê is 'n maatstaf vir die onderhawige geval te probeer vind nie.

By die oorweging van 'n gepaste vonnis vir 'n geval soos die onderhawige is daar een aspek waarop be-sondere aandag gevestig moet word. Uit blyk uit 'n be-spreking van vonnisse in die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Strafregpleging (1988 Vol 1 op 173) waar verwys word na enkele gerapporteerde beslissings oor die vonnisse van jeugdiges wat hulle gedurende die onluste skuldig gemaak het aan openbare geweld en waar opgemerk is dat

"... it must be asked whether such sentences

/do ...

10.

do not often reflect an over-reaction by the courts" to public violence, with general deterrence being over-emphasised in the interests of the state while insufficient or no weight is given to considerations such as the degree of the offender's partici-pation and his personal circumstances."

Hierdie opmerking behoort as tydige waarskuwing aan die howe to dien om die delikate balans tussen die belange van die gemeenskap, enersyds, en die belange van die beskuldig-de, andersyds, nie uit die oog te verloor by vonnisopleg-ging nie. By hierdie soort oortreding kom die belange van die gemeenskap natuurlik sterk na vore en, waar die howe mede-verantwoordelik is vir die handhawing van die goeie orde in belang van die gemeenskap, bestaan daar 'n sterk moontlikheid dat die belange van die beskuldigde, bewustelik of andersins, tot ongeregverdigde mate op die agtergrond geskuif wag word. Diegene wat gemoeid is met die regspleging behoort steeds bewus te wees van hierdie moontlikheid en voortdurend daarteen te waak.

In die omstandighede van hierdie saak moen ek

/dat ...

11.

dat dit gepas is om die appellant effektief vir 2½ jaar na die gevangenis be stuur en om hom by wyse van 'n op-geskorte vonnis daarna van dergelike optrede in die toe-koms te probeer weerhou.

Die appèl slaag dus tot die mate dat die opge-legde vonnis gewysig word deur 2½ jaar daarvan vir 5 jaar op te skort op voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldig bevind word aan openbare geweld gepleeg gedurende die tydperk van opskorting nie.

J. J.F. HEFER AR

VIVIER ARSTEM SAAN VILJOEN WND AR

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Madimabe (CA 110/78 (T))

Case cited

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.