S v Masilela and Another (425/86) [1987] ZASCA 56 (27 May 1987)
- Citation
- [1987] ZASCA 56
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Grosskopf, Nestadt, Kumleben
- Case number
- 425/86
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Grosskopf, Nestadt, Kumleben
- Case number
- 425/86
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the identification evidence against both appellants was credible and corroborated by physical evidence, including fingerprints, possession of stolen items, and the ability to point out crime scenes. The court held that the pointing out of crime scenes and items by the appellants was admissible under section 218(2) of the Criminal Procedure Act, even if it formed part of a confession that was otherwise inadmissible. The appellants' denials and explanations were rejected as false and unconvincing. The court concluded that the convictions for robbery with aggravating circumstances, attempted murder, murder, housebreaking, and unlawful possession of firearms were justified beyond reasonable doubt. The appeals against conviction and sentence were dismissed.
Court disposition
Appeals by both appellants dismissed. Convictions and sentences confirmed.
Orders
- The appeals of both appellants against all convictions and sentences are dismissed.
- The convictions for robbery with aggravating circumstances, attempted murder, murder, housebreaking, and unlawful possession of firearms are confirmed.
- The sentences imposed by the trial court, including the effective twenty years' imprisonment for each appellant, are confirmed.
02
Material facts
Parties
Richard Masilela
AppellantSamson Mndawe
AppellantThe State
RespondentAmounts and remedies
- Effective Term of Imprisonment Per Appellant: ZAR 20
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the identification evidence was sufficient to prove the appellants' involvement beyond reasonable doubt.
- 02
Whether the pointing out of crime scenes and items by the appellants constituted admissible evidence.
- 03
Whether the statements made by the appellants amounted to inadmissible confessions under section 217(1)(a) of the Criminal Procedure Act.
- 04
Whether the convictions for robbery, attempted murder, murder, housebreaking, and unlawful possession of firearms were justified on the evidence.
Party arguments
- Applicant
- The appellants argued that the identification evidence was unreliable and that the pointing out of crime scenes and items was either improperly obtained or inadmissible as it formed part of inadmissible confessions. They denied involvement in the crimes, challenged the conduct of identification parades, and alleged police misconduct, including assault and coercion. They further contended that their statements and actions were not voluntary and should not be admitted as evidence.
- Respondent
- The State maintained that the identification evidence was credible and corroborated by multiple witnesses and physical evidence, including fingerprints and possession of stolen items. The State argued that the pointing out of crime scenes and items was admissible under section 218(2) of the Criminal Procedure Act, regardless of whether it formed part of a confession. The State asserted that the appellants' denials were contradicted by overwhelming evidence and that the convictions were justified.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Criminal Procedure Act 51 of 1977, s 218(2)
Evidence of a pointing out by an accused is admissible even if it forms part of an inadmissible confession, as per section 218(2) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977.
- 02
R v Tebetha 1959 (2) SA 337 (A)
A court may infer participation in a crime from an accused's knowledge of and ability to point out the crime scene, absent an innocent explanation.
- 03
S v Tsotsobe and Others 1983 (1) SA 856 (A)
The reliability of identification evidence must be assessed in light of corroborating circumstances and the totality of the evidence.
- 04
Criminal Procedure Act 51 of 1977, s 217(1)(a)
A confession made to a peace officer who is not a magistrate or justice of the peace is inadmissible unless it complies with statutory exceptions.
- 05
S v Magwaza 1985 (3) SA 29 (A)
Evidence of a pointing out is not rendered inadmissible merely because the court is aware of its connection to an inadmissible confession.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the identification evidence against both appellants was credible and corroborated by physical evidence, including fingerprints, possession of stolen items, and the ability to point out crime scenes. The court held that the pointing out of crime scenes and items by the appellants was admissible under section 218(2) of the Criminal Procedure Act, even if it formed part of a confession that was otherwise inadmissible. The appellants' denials and explanations were rejected as false and unconvincing. The court concluded that the convictions for robbery with aggravating circumstances, attempted murder, murder, housebreaking, and unlawful possession of firearms were justified beyond reasonable doubt. The appeals against conviction and sentence were dismissed.
Obiter and limits
- The court noted that similarities in modus operandi between different crimes may support the inference of common perpetrators, but such inference must be supported by direct or circumstantial evidence.
- The court observed that the reliability of a witness may be affected by inconsistencies or external pressures, but corroboration by independent evidence can restore credibility.
- The court commented that the statutory framework for admissibility of pointing out evidence is designed to prevent exclusion based on technicalities related to confessions.
Court disposition
Appeals by both appellants dismissed. Convictions and sentences confirmed.
- The appeals of both appellants against all convictions and sentences are dismissed.
- The convictions for robbery with aggravating circumstances, attempted murder, murder, housebreaking, and unlawful possession of firearms are confirmed.
- The sentences imposed by the trial court, including the effective twenty years' imprisonment for each appellant, are confirmed.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
425/86/AV
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussenRICHARD MASILELA1ste Appellant
SAMSON MNDAWE2de Appellant
DIE STAATRespondent
CORAM: GROSSKOPF, NESTADT, ARR et KUMLEBEN, Wn AR
VERHOOR: 4 Mei 1987
GELEWER: 27 Mei 1987
UITSPRAAK
GROSSKOPF, AR
Die twee appellante is in die Transvaalse Oos- en
Suid-Oostelike
2Suid-Oostelike Rondgang Plaaslike Afdeling voor DE VILLIERS R en assessore skuldig bevind aan 'n aantal misdade gepleeg in die tydperk 14 April 1984 tot 25 Mei 1984. Met verlof van die verhoorregter kom albei appellante nou in hoër be-roep teen hulle skuldigbevindinge. Hulle is ook onskuldig bevind op 'n aantal klagtes, maar dit is nie nodig om in hier-die uitspraak na sodanige klagtes te verwys nie. Gerief-likheidshalwe sal ek die klagtes waarop die appellante skul-dig bevind is afsonderlik behandel in die volgorde waarin hulle in die akte van beskuldiging voorkom.
Klagtes 2 en 3: Roof met verswarende omstandighede en poging tot moord op William Tinkie Pule (14 April 1984).
Albei appellante is op hierdie twee klagtes skuldig
bevind 3bevind en elk gevonnis tot 10 jaar vir roof en 8 jaar vir
poging tot moord. Dit was gemene saak dat die misdade ge-
pleeg was, en die enigste vraag was dié van identiteit, d.w.s.
of die Staat bo redelike twyfel bewys het dat die appellante
die boosdoeners was. Die getuienis was kortliks soos volg.
Op Saterdag 14 April 1984 om ongeveer 16h00 het die
klaer, Pule, met sy Cortina voertuig in Bethal rondgery.
Hy het by 'n kafee stilgehou en 'n brood gekoop. Toe hy uit-
kom, nader drie vreemde Swartmans hom, en vra om saam te ry
na Rietspruit, waarheen Pule op pad was. Pule het toege-
stem. Nadat hy 'n ander passassier, wat saam met hom was.
afgelaai het, het hy in die rigting van Rietspruit gery.
Die drie persone het agter in die voertuig gesit. Langs
die4die pad het hulle gesê dat hulle wou urineer. Pule het
stilgehou. Een van die drie kom toe na hom en rig 'n vuur-
wapen op hom.Die persoon beveel hom om agter in die voer-
tuig in te klim. Daar het Pule tussen die ander twee per-
sone gesit, terwyl die persoon wat hom gedreig het, die voer-
tuig verder bestuur het. By 'n ry bome het die bestuurder
stilgehou.Teen daardie tyd het die twee persone wat aan
weerskante van Pule gesit het, hom reeds deursoek. Hy is
beveel om uit te klim en onder 'n boom se takke in te gaan.
Daar is hy aangesê om plat te lê omdat hulle hom wou dood-
maak.Hy het stil gelê. Al drie die persone het vuur-
wapens gehad, en twee skote is op hom gevuur, een waarvan
hom in die hand getref het.Sy aanvallers bekyk hom toe in
die....
die lig van 'n flitslig. Daarna vertrek hulle in sy voer-
tuig.
Dit blyk duidelik uit die manier waarop die misdade
gepleeg is dat al drie Pule se aanvallers opgetree het met'n gemeenskaplike opset om hom te beroof en te vermoor. Wat die op-
set an te dood betref, was minstens opset by moontlikheidsbe-wussyn aanwesig.Soos reeds aangedui, is die enigste ge-
skilpunt op appèl dié van identiteit. In appellant no.2
se geval was daar heelwat getuienis om hom te inkrimineer.
Pule het getuig dat appellant no. 2 die persoon was wat by
die kafee met hom gepraat het, en ook die persoon was wat
hom later beveel het om agter in dievoertuig in te klim,
en wat daarvandaan die voertuig bestuur het.
Op
6Op Maandag 16 April het Pule saam met die polisie gaan soek na sy voertuig.Naby Ermelo-myn het hulle die voertuig gevind.Die voertuig was stilstaande, die enjin-kap was oop, en twee mans,van wie Pule een uitgeken het as appellant no. 2,was besig om aan die waaierband te werk. Die twee mans het die polisie sien aankom en hulle uit die voete gemaak. Op die metaalstrook voor die verkoeler onder die enjinkap is daar 'n palmafdruk igevind wat later geïdentifiseer is as dié van appellant no.
2.
Op 31 Oktober 1984 is 'n uitkenningsparade gehou. Al-bei appellante was teenwoordig.Pule het appellant no. 2 uitgewys as een van die persone wat hom beroof en aangerand het.
Volgens
7Volgens die ondersoekbeampte, speurder sersant J. Ntlane, het hy op 6 Augustus 1984 'n verklaring geneem van appellant no. 2 wat soos volg lui:"Ek het die klaer wie se motor van hom be-roof is nie geskiet nie. Hy is deur Richard Masilela (d.w.s. appellant no. 1) geskiet in die bos bome."
Hierdie verklaring, hoewel verontskuldigend, dui nogtans aan dat appellant no. 2 kennis gedra het van die roof en aan-randing.Die Staat se saak teen appellant no. 2, was, soos uit die voorgaande blyk, baie sterk. Om dit te probeer ontsenu het die appellant beweer dat die uitkenningsparade nie be-hoorlik gehou was nie, dat sy palmafdruk nie in die enjin was nie (of, in die alternatief, dat dit op 'n onskuldige ma-
nier
8
nier daar kon gekom het) en dat speurder sersant Ntlane op 'n bedrieglike manier sy handtekening op die verklaring gekry het.Hierdie bewerings is deur die verhoorhof verwerp, myns insiens heeltemal tereg.Die verhoorhof het dan ook appellant se ontkenning dat hy áan die misdaad deelgeneem het, verwerp.Geen gegronde rede is voor ons aangetoon om van hierdie bevinding te verskil nie.Die saak teen appellant no. 1 is heelwat swakker, en berus uitsluitlik op getuienis van 'n uitwysing. Gedurende die polisie-ondersoek het die klaer, Pule, vir speurder ser-sant Ntlane geneem na die plek waar daar op hom geskiet is. By die toneel het speurder sersant Ntlane 'n doppie van 'n 7.65 mm koeël gekry.Die plek is omtrent 5 km van Bethal af
op
9op 'n plaas Vlaklaagte.Om daar te kom van Bethal af ry 'n mens eers met die Middelburg-pad en draai dan af met 'n grondpad.Later, op 27 Mei 1984, is appellant no.1 in hegtenis geneem.Hy is uitgevra omtrent die roof van Pule se voertuig , en het inligting daaromtrent verskaf. Daarna het hy vir speurder sersant Ntlane van Bethal geneem na die plaas Vlaklaagte en in 'n bos bome 'n plek onder 'n boom uitge-wys.Dit was dieselfde plek onder dieselfde boom wat Pule uitgewys het.In hoofverhoor het appellant no. 1 as volg hieroor getuig:
"Speurdersersant Ntlane het getuig dat jy hierdie plek gaan uitwys het aan hom, die bos bome, waar hierdie voorval, die poging tot moord op Pule, sou plaasgevind het.
Is.......
10
Is dit so? Ek dra geen kennis daarvan
nie
Was jy by die bos saam met sersant Ntlane?
Die dag van jou arrestasie, 27 Mei?
Ja ek het sersant Ntlane vergesel.
Hoe het dit gekom dat julle na die bome
toe gegaan het?Ek weet nie."Onder kruisverhoor het appellant no. 1 se geheue heel-wat verbeter. Hy getuig toe soos volg:
"Kan jy vir die Hof vertel, op dié geleent-heid, het julle ook in die bos ingegaan, jy
en sersant Ntlane? Ja, ons het in die
bos ingegaan.
Wat het julle toe daar gemaak?Sersant
Ntlane het my gevra ek moet hom hom wys waar ons 'n motorvoertuig geroof het en hom geskiet het.
Het jy enigiets gewys daar vir hom? Ja,
ek het hom iets uitgewys, aangesien ek was aangerand.
Wat het jy uitgewys? Ek het hom net die
groot grasse daar gewys.
Daar was geen voorwerpe of iets nie, jy het
net....
11
net groot grasse uitgewys, is dit reg? Korrek.Hoekom het jy die plek uitgewys, wat was diebelang van daardie plek gewees?Ek hetdie plek uitgewys aangesien die sersant hetmy gevra ek moet wys waar ek iemand geskiethet.Was daar iemand geskiet by die plek wat jygewys het?Nee ek weet nie.Het daar enigiets by die betrokke plek ge-beur wat jy van weet? Nee.Nou hoekom wys jy daardie lang grasse uitvir die sersant? Ek was aangerand ensersant het my meegedeel ek moet wys, ek het die sersant gewys.
In jou hoofgetuienis het jy gesê jy weet nie hoe dit gekom het dat jy daar na die bosse toe gegaan het nie, dit is nou wat betrek-
king het op aanklagte 2 en 3, die roof.
Ek het so gesê.
Maar dit is mos nie korrek nie, jy het ge-weet waaroor dit gaan, sersant Ntlane sê vir jou hy soek na die roof en daarom neem hy jou na die bos toe, is dit nie so nie? Ja sersant Ntlane het geweet, aangesien
die..... 12
die persoon waar die voertuig beroof het,
hy het 'n klagte gaan lê.
En jy is ook ten volle bewus hoekom word
jy nou uitgeneem? Nee, ek het nie ge-
weet nie."Die verhoorhof het tereg die getuienis van Ntlane aan-vaar en dié van appellant no. 1 verwerp. Die feit dat ap-pellant uit eie kennis vir Ntlane na hierdie verwyderde en weggesteekte plek waar die misdaad gepleeg is, kon neem en aan hom uitwys, en die verdere feit dat hy geen onskuldige verduideliking hiervoor gee nie maar valslik probeer ontken dat die uitwysing plaasgevind het, regverdig die afleiding dat hy van die plek geweet het omdat hy deelgeneem het aan die misdaad. Vgl. R v Tebetha 1959(2) SA 337 (A) op bl. 340 A-E, bl. 341 H- 342 A en 346 D; S v Tsotsobe and
Others
12 A
Others 1983(1) SA 856 (A) op bl 864 D-E; S v Shezi
1985(3) SA 900 op bl 906 A-B en Davidson v R 1960(1)
PH H 109 (A). Sien ook S v Ismail and Others (2) 1965
(1) SA 452 (N) op bll 456 H tot 457 G. Dit is dan ook die
afleiding
13
afleiding wat die verhoorhof gemaak het en na my mening kan dit nie aangeveg word nie.Die verhoorhof het ook gewag daarvan gemaak dat die feite ten opsigte van die roof op Pule 'n sterk ooreenkoms toon met dié van die moord en roof op Tosi Stephan Mnisi wat die onderwerp vorm van klagtes 7 en 8. Soos later sal blyk, is daardie misdade ook gepleeg deur drie Swartmans wat saam met die oorledene gery het, wat gevra het dat hy stilhou sodat hulle kan urineer, wat hom toe na dieselfde bos toe geneem het as wat betrokke was by Pule se roof, en wat die oorledene daar doodgeskiet het, Daarna het hulle sy voer-tuig gesteel. Ek stem saam met die verhoorhof dat al hier-die punte van ooreenkoms skaars toevallig kan wees, en 'n
mens
15no. 1 by albei geleenthede aanwesig was. 'n Mens moet ook in gedagte hou dat Mthetwa die derde persoon was wat teenwoordig was by Mnisi se moord en dat hy nie een van die drie persone was wat aan die roof op Pule deelgeneem het nie. Hier is daar dus nie sprake van 'n bende wat altyd uit die-selfde drie persone bestaan nie. Ek meen dus dat appellant no. 1 se aanwesigheid by Mnisi se moord nie die afleiding regverdig dat hy een van die persone was wat deelgeneem het aan die roof op Pule nie.
Die enigste getuienis wat appellant no. 1 met die roof op Pule verbind is dus sy uitwysing van die toneel. Gedurende die verhoor van die appèl is die vraag geopper of hierdie ge-tuienis nie moontlik ontoelaatbaar kan wees omdat dit deel
gevorm
14
mens sou sekerlik die afleiding kon maak dat een of meer van die aanvallers by albei geleenthede teenwoordig was. Soos later sal blyk wanneer ek die moord op Mnisi behandel, was appellante 1 en 2 albei daarby betrokke saam met ene Mthetwa. Die ooreenkoms tussen die feite ten opsigte van Mnisi se moord en dié ten opsigte van die roof en aanranding op Pule sou dus verklaar kon word deur appellant no. 2 se aanwesigheid by albei geleenthede. Trouens , soos reeds ge-blyk het ten opsigte van Pule en later sal blyk ten opsigte van Mnisi, het appellant no. 2 by albei geleenthede die lei-dende rol in die verrigtinge gespeel. Die ooreenkoms in die modus operandi by die twee geleenthede kan dus maklik ver-klaar word sonder om die afleiding te maak dat appellant
no. 1 16
gevorm het van 'n bekentenis aan 'n vredesbeampte nie (art.
217 (l)(a) van die Strafproseswet no. 51 van 1977). In
hierdie verband is daar verwys na S. v Magwaza 1985(3) SA
29 (A) op bl. 39 F-I. Voordat ek hierdie saak behandel, is
dit nodig om net kortliks op die agtergrond in te gaan. In
R v Duetsimi 1950(3) SA 674 (A) het hierdie hof bevind dat
getuienis nie gelei mag word van 'n aanwysing wat deel gevorm
het van 'n bekentenis wat ontoelaatbaar was ingevolge die des-
(op bl 677 C-D) tydse voorganger van art. 217(1)(a) nie. Die hof het in
hierdie verband die volgende passasie uit R v Swart 1937 TPA 168 op 172-3 met goedkeuring aangehaal:
"The section applies to the confession as a whole, and no statement which forms a con-stituent part of the confession is admissible,
If..... 17
If that were not so, the whole policy of the section would be defeated."
Na aanleiding van Duetsimi se saak is die destydse Strafproseswet gewysig deur die invoeging van 'n nuwe sub-artikel (sien art. 42 van Wet 29 van 1955). Dit is nie nodig om die presiese bewoording van hierdie sub-artikel weer te gee nie - die beginsel wat daardeur neergelê is, vorm steeds deel van ons reg en word tans beliggaam in art. 218 (2) van die Strafproseswet van 1977 wat soos volg lui:
"(2) Getuienis kan by strafregtelike ver-rigtinge toegelaat word dat iets aangewys is déur 'n beskuldigde wat by daardie ver-rigtinge verskyn of dat 'n feit of ding ont-dek is ten gevolge van inligting verstrek deur daardie beskuldigde, nieteenstaande dat bedoelde aanwysing of inligting deel uitmaak van 'n bekentenis of verklaring wat
regtens nie as getuienis teen daardie beskul-digde by daardie verrigtinge toelaatbaar is nie."
Die
18
Die wysigingswet van 1955 het dus getuienis van 'n aanwysing, wat ooreenkomstig Duetsimi se saak ontoelaatbaar was, toelaatbaar gemaak. Sien R v Tebetha 1959(2) SA 337 (A). Sedertdien is getuienis van aanwysings in talle sake toegelaat sonder dat ondersoek ingestel is na die vraag of die aanwysings deel gevorm het van ontoelaatbare bekentenis-se, 'n vraag wat, ooreenkomstig art. 218(2) van die Straf-proseswet en sy voorgangers, irrelevant sou gewees het.In S v Magwaza (supra) het die hof weer met 'n aanwysing te doen gehad wat 'n deel gevorm het van 'n bekentenis. In daardie saak was die bekentenis gemaak aan ene Kaptein Oelofse en hierdie hof het op appel bevind dat daar 'n rede-like moontlikheid bestaan dat die bekentenis deur onbehoor-
like
19
like beïnvloeding ontlok is. Getuienis daaromtrent was ge-volglik ontoelaatbaar (sien art. 217 (1) van die Straf-proseswet). Daarna het die hof die toelaatbaarheid van die aanwysings as volg behandel (bl. 39 F-I):
"The next question which presents itself is whether it is somehow possible to excise the bare pointing out by the appellant to Captain Oelofse from the statements which accompa-nied it, and thus still to rely on the former.
When a person points out a thing his act
proves that he has knowledge of some fact relating to the thing. See R v Tebetha 1959 (2) SA 337 (A) at 346. It is one thing for a Court to receive evidence of a pointing out by an accused when the Court knows no more than the pointing out may or may not form part of an inadmissible confession by the accused. It is an entirely different situation, and one which cannot be counte-nanced, for a Court to have regard to what an accused has pointed out when that Court
has... 20
has certain knowledge not only that the pointing out forms part of an inadmissible confession but also what the precise con-tent of the inadmissible confession is. In my view it is a necessary consequence of the exclusion of the inadmissible con-fession that in considering the criminal responsibility of the appellant in this case all the evidence of Captain Oelofse should be entirely disregarded."
In hierdie passasie het die hof klaarblyklik nie be-doel om te kenne te gee dat die getuienis van aanwysings wat deel vorm van ontoelaatbare bekentenisse altyd ontoelaatbaar sou wees nie. So 'n bevinding sou direk strydig gewees het met art 218(2) van die Strafproseswet, wat op bl. 36 A van Magwaza se saak aangehaal word. Die ontoelaatbaarheid van die getuienis in Magwaza se saak het gevloei uit die beson-dere feite van daardie saak. Die betrokke bekentenis, waar-
van
21
van die aanwysing 'n deel gevorm het,was deur die verhoorhof as bewysmateriaal toegelaat. Die gevolg hiervan was dat die verhoorhof sowel as die appelhof nie alleen kennis gedra het daarvan dat die aanwysing deel gevorm het van 'n beken-tenis nie, maar opk geweet het wat die volle inhoud van die bekentenis was. Dit is hierdie omstandighede wat,volgens die beslissing in Magwaza se saak, daartoe gelei het dat dit nie gedoog kon word dat 'n hof ag slaan op wat die beskul-digde aangewys het nie. Soos ek later sal aantoon is die onderhawige saak onderskeibaar op die feite van Magwaza se saak. Ek wil egter, met eerbied gesê, nie die indruk laat dat ek, deur Magwaza se saak te onderskei, die juistheid van bogemelde passasie aanvaar nie. Dit is duidelik uit art 218
(2) 22
(2) dat getuienis van 'n aanwysing toelaatbaar is "nieteen-
staande dat bedoelde aanwysing ... deel uitmaak van 'n be-
kentenis wat ... regtens nie as getuienis ... toelaatbaar is
nie." Die feit dat die aanwysing deel vorm van 'n ontoelaat-
bare bekentenis is dus irrelevant tot die toelaatbaarheid
van getuienis omtrent die aanwysing. En as die feit irrele-
vant is, is dit moeilik om in te sien hoe die hof se kennis
van hierdie irrelevante feit enige verskil kan maak, selfs
al is die hof se kennis daarvan so grondig dat hy die hele
inhoud van die ontoelaatbare bekentenis ken. Toelaatbaar-
heid word bepaal volgens objektiewe maatstawwe en nie na ge-
lang van of die hof kennis het al dan nie van feite wat
irrelevant tot toelaatbaarheid is nie.
In.....
23
In die onderhawige geval is daar nie by die verhoor ingegaan op die vraag of die aanwysing deel gevorm het van 'n ontoelaatbare bekentenis nie. Dit blyk egter wel dat appel-lant no. 1 op dieselfde dag as waarop hy die aanwysing ge-doen het, 'n verklaring aan sersant Ntlane, 'n vredesbeampte vir doeleindes van art. 217(1)(a), gemaak het. By die verhoor was dit gemene saak tussen die aanklaer en appellant no. 1 se regsvérteenwoordiger dat die verklaring nie op 'n bekentenis neergekom het nie, en derhalwe toelaatbaar was ten spyte daarvan dat dit aan 'n vredesbeampte (wat nie 'n landdros of vrederegter was nie) gemaak is. Die aanklaer het gevolglik die getuienis van sersant Ntlane oor die verklaring begin lei-Dit wil voorkom uit die oorkonde dat afskrifte van die ver-
klaring
24
klaring waarskynlik aan al drie lede van die hof verstrek is. Voordat sersant Ntlane egter die verklaring kon uit-lees, het die verhoorregter, wat klaarblyklik self vinnig deur die verklaring gegaan het, sy prima facie mening uit-gespreek dat die verklaring wel 'n bekentenis uitmaak. Na 'n mate van debatvoering tussen die verhoorregter en die aan-klaer het laasgenoemde besluit om nie voort te gaan met hier-die getuienis nie, en het hy die bewysstuk onttrek van die hof. Die hof het nogtans spesifiek bevind dat die verkla-ring 'n bekentenis was, en derhalwe ontoelaatbaar was inge-volge art. 217(1)(a).
Die feitelike posisie is dusdat dit nie seker is of die aanwysing deel van die ontoelaatbare bekentenis was nie. Daarbenewens is dit nie seker tot watter mate die hof as
geheel
25
geheel kennis geneem het van die inhoud van die verklaring
nie, hoewel daar miskien aanvaar kan word dat die assessore
waarskynlik ook die verklaring gelees het terwyl die toe-
laatbaarheid daarvan gedebatteer is tussen die verhoorregter
en die aanklaer. Die gevolg is dus dat hierdie hof nie "cer-
tain knowledge" (wat ek in die samehang as gewisse kennis ver-
staan) het dat die aanwysing deel gevorm het van die ontoelaat-
bare bekentenis nie, en ook nie weet wat die presiese inhoud van die
bekentenis was nie (hoewel die verhoorregter sekerlik kennis van die ver-
klaring se inhoud gedra het en die assessore waarskynlik ook;
en die algemene strekking daarvan uit die oorkonde bepaalbaar
is). Letterlik val die feite van die onderhawige geval dus
nie volkome binne die omskrywing van die omstandighede waarin.
volgens
26
volgens Magwaza se saak, dit nie gedoog kan word dat 'n hof
ag slaan op wat 'n beskuldigde aangewys het nie. Soos ek
egter reeds aangedui het, sou dit myns insiens geen ver-
skil gemaak het as die hof wel seker was dat die aan-
wysing 'n deel van die bekentenis uitgemaak het, en die
teks van die bekentenis wel tot die kennis van al die lede
van die hof gekom het nie. Ek.mag net byvoeg dat daar nie
betoog is dat daar enige onreëlmatigheid gepleeg is in die
omstandighede waaronder die verklaring voor die hof, inslui-
tende die assessore, geplaas is nie.
Ek meen dus dat die getuienis van die aanwysing deur
appellant
27
appellant no.l toelaatbaar was. Onder die omstandighede
van hierdie saak meen ek dat hierdie getuienis genoeg was om
sy aandadigheid bo redelike twyfel te bewys.
Weens die voorgaande word die appèl van albei appellante
teen hul skuldigbevindinge op klagtes 2 en 3 afgewys.
Klagte 4: Huisbraak met die opset om te steel en diefstal:van Mnr J H Coetzee (29 April 1984)
Op hierdie klagte is slegs appellant no. 1 skuldig be-
vind. Hy is gevonnis tot ses jaar gevangenisstraf. Weer eens was slegs identiteit in geskil.
Mnr Coetzee woon op 'n kleinhoewe by Bethal. Op Son-dag 29 April 1984 is hy die oggend na nege-uur van sy huis af weg. Die huis was toegesluit. Omtrent tien oor elf het hy van die kerk af teruggekeer, en gevind dat 'n venster
aan
28
aan die oostekant van die huis stukkend geslaan was. On-
vroeer dersoek het aan die lig gebring dat een of meer inbrekers in
die huis was en 'n hele aantal goed gesteel het, insluitende
'n haelgeweer wat in 'n klerekas was, en 'n radio wat op die
vrieskas was. Uit 'n bakkie wat in die motorhuis gestaan
het, is 'n klein geldtromrneltjie waarin R36 was, gesteel- Die
trommeltjie sonder die geld is later in 'n mielieland langs
die huis gevind.
Op Maandag 28 Mei 1984 het Adjudant Offisier J A Nel
appellant no. 1 ondervra. Die appellant het toe vir adju-
dant offisier Nel na mnr Coetzee se huis geneern en sekere
plekke uitgewys. Eers het hy 'n venster uitgewys aan die
oostekant van mnr Coetzee se huis. Binne-in die huis het
hy
29
hy 'n hangkas in 'n slaapkamer aangewys, asook 'n vrieskas in die kombuis.In die motorhuis het hy die bakkie aangewys.Gedurende die aanwysings, het appellant no. 1 met Coetzee gepraat. Coetzee se getuienis hieromtrent lui soos volg:
"Het u self met die Swartman gepraat daar,
of nie?Ek het met hom gepraat.
In watse taal het u met hom gepraat?
In sy eie taal.
Watse taal is dit? Zoeloe.
HOF: Is u Zoeloe goed magtig? Ekskuus?
Is u Zoeloe magtig?Ja, ek is Zoeloe
magtig.
MNR. JONKER: Het die Swartman enigiets aan
u gesê daar? Nee, hy het niks gesê nie,
hy het erken. Hy het erken, hy het gesê hy het dit gevat."
In sy hoofgetuienis het appellant no. 1 slegs die vol-gende omtrent die besoek aan mnr Coetzee se huis gesê:
Mnr
30
"Mnr Coetzee het getuig dat jy sekere uit-wysings gedoen het by die huis aan hom,
sowel as aan adjudant Nel. Is dit so?
Ek het saam met die polisie na die huis van mnr. Coetzee gegaan, maar ek het glad nie vuitwysings gedoen nie."
Onder kruisverhoor het die appellant ontken dat hy hoegenaamd met mnr Coetzee gepraat het. Ten opsigte van die uitwysings sê hy die volgende:
"Nou vertel vir die Hof, hoe het dit gebeur, eerstens, dat julle by die huis van mnr.
Coetzee gekom het? Die polisie het my
geneem vanaf die polisiestasie na hierdie huis. By hierdie huis hulle het my die plek gewys waar die vensterruit gebreek het en gesê dat ek het daar gebreek.
Is dit al wat hulle gedoen het?. Hulle
het my toe binne die huis, ons het toe binne die huis ingegaan saam met die polisie en dié eienaar van die huis hy het toe gewys waar was die radio. Hy het baie plekke uit-gewys, ek kan nie meer mooi onthou nie en
31
hy het gesê ek moet saamstem dat ek daar ingebreek het.
Vir wie het hy so die plekke uitgewys?
Hulle het vir my gewys.
So die polisie neem jou soontoe en mnr.
Coetzee wys jou sekere plekke uit, is dit
wat gebeur het? Dit is korrek.
En jy het geen kennis gedra van daardie huis hoegenaamd nie? Korrek."
Die verhoorhof het die getuienis van Adjudant Offisier Nel en mnr Coetzee aanvaar en dié van die appellant verwerp. Daar is na my mening geen basis waarop hierdie bevinding aan-geveg kan word nie.
Volledigheidshalwe moet ek byvoeg dat daar ook getuie-nis was dat appellant no. 1 mnr Coetzee se haelgeweer vir Ad-judant Offisiër Nel by ene Mthinunye gaan uitwys het. Die verhoorhof het egter bevind dat die getuienis omtrent hierdie
uitwysing ....
32
uitwysing nie 'n nadelige afleiding teen die appellant reg-verdig nie, en ek laat die aangeleentheid daar.Die getuienis wat die appellant impliseer is dus die uitwysings aan die polisie saam met sy verklaring aan mnr. Coetzee. Hoewel laasgenoemde verklaring in die teenwoordig-heid van polisiebeamptes gemaak is, is dit gemaak aan mnr. Coetzee en nie aan die polisiebeamptes nie. Dit kan dus nie 'n "bekentenis gedoen aan 'n vredesbeampte" wees wat kragtens art 217(1) (a) van die Strafprosesreg ontoelaatbaar sou wees met uitsonderings wat tans ontoepaslik is nie. Sien R v Tshetaundzi 1960(4) SA 569 (A). Namens die appellant is die toelaatbaarheid van die verklaring ook nie in hierdie hof of in die verhoorhof aangeveg nie.
33
Die aanvaarde getuienis van die uitwysing en bekentenis was klaarblyklik voldoende om 'n skuldigbevinding te regver-dig. Die appellant se appel op hierdie klag word gevolglik afgewys.
Klagte 6: Huisbraak met die opset om te steel en diefstal van mnr. T J Neethling (19 Mei 1984)
Albei die appellante is op hierdie klag skuldig bevind en hulle is elk gevonnis tot ses jaar gevangenisstraf. Weer eens is slegs identiteit in geskil.
Mnr. Neethling woon by Mooifontein op die Middelburg-Bethal pad. Op Saterdag 19 Mei 1984 het hy teen ongeveer 3 n.m. sy huis verlaat. Alle deure en vensters was gesluit. Tussen kwart oor tien en half elf daardie aand het hy terugge-keer. Toe hy die agterdeur oopsluit sien hy so 'n deurmekaar-
spul
34
spul in die huis dat dit duidelik was dat een of meer persone dit geplunder het. Toegang is verkry deur die venster van die hoofslaapkamer te breek. Die artikels wat vermis was het ingesluit 'n 9 mm Beretta-pistool met 'n vol magasyn (bew. 3) wat in 'n brandkluis gehou was; 'n 6,35 mm pistool met vol magasyn (bew. 4), wat in 'n laai van 'n bedkassie gehou was; los ammunisie; 'n sigaretaansteker; en 'n versameling van Suid-Afrikaanse en buitelandse papiergeld en muntstukke. Terwyl hy getuig het is aan mnr Neethling 'n banksakkie met'n klomp los artikels gewys (bew. 2). Hy het 'n aantal van die artikels uitgeken as artikels wat van hom gesteel was. Die. belangrikste hieronder was 'n deel van die geldversameling.
Die getuienis met betrekking tot bew. 2 (die banksak-
kie 35
kie met gesteelde artikels) impliseer albei appellante. Elizabeth Gadebe het getuig dat sy appellant no. 2 se min-nares was. Op 'n datum wat nie met sekerheid bepaal is nie, het appellant no. 2 by haar aangekom. Hy het 'n handvuur-wapen met los patrone by hom gehad, asook 'n banksakkie soort-gelyk aan bew.
2. Hy het die sakkie op die bed uitgegooi. Die inhoud was patrone en ou geld. Sy het hom uitgevra na al hierdie artikels. Hy het gesê dat hy die vuurwapen al lank besit het, en te kenne gegee dat hy die los patrone by sy familie in Johannnesburg gekry het. Die munte het hy gesê het hy gekoop van ander mense. Appellant no. 2 het die nag daar geslaap. Toe hy die volgende dag vertrek het, het hy bew. 2 met sy inhoud daar gelos. Die vuurwapen het hy
egter
36
egter met hom saamgeneem.
Op Maandag 29 Mei 1984, nadat appellant no. 1 punte
by mnr. Coetzee se huis uitgewys het (sien die bespreking van klagte 4 hierbo) het hy vir adjudant offisier Nel na Elizabeth Gadebe se huis geneem waar hy Elizabeth uitgewys het. Nadat sy ondervra is, het sy die banksakkie bew. 2
met die inhoud uitgehaal en aan adjudant offisier Nel oor-
handig. Mnr. Neethling het 'n deel van die inhoud later
uitgeken as sy eiendom. Appellant no. 2 het in sy getuienis
ontken dat hy bew. 2 by Elizabeth Gadebe gelos het, of die gesprek gevoer het waaroor sy getuig het. Appellant no. 1 het getuig dat hy die polisiebeamptes na Elizabeth Gadebe se huis geneem het omdat hulle hom gevra het wie appellant no.2
se
37
se vrymeisie was. Hy het geen kennis van bew. 2 gehad nie. Die verhoorhof het egter die getuienis van die twee appel-lante verwerp, en dié van Elizabeth Gadebe, aangevul deur die polisie-getuienis, aanvaar. Daar is na my mening geen basis waarop hierdie beyindings van die verhoorhof aangeveg kan word nie.Wat appellant no. 1 betref, is daar verder getuienis van uitwysings by mnr. Neethling se huis. Speurder sersant Ntlane het getuig dat hy en 'n paar ander pplisiebeamptes op 29 Mei 1984 saam met appellant no. 1 was by die bos waar die lyk van die oorledene in klag 8 gevind was. Op pad terug het appellant no. 1 vir sersant Ntlane beduie om na mnr. Neethling se huis te ry. Dit was in antwoord op 'n vraag
oor
38
oor vuurwapens. Sersant Ntlane was nie bewus dat daar 'n inbraak by die huis was nie. Die appellant het 'n buite-venster uitgewys, wat nat stopverf aangehad het en duidelik onlangs herstel was. Binne die huis het hy 'n tafellaai en 'n kluis uitgewys.Appellant no. 1 het twee teenstrydige weergawes oor die beweerde uitwysings gegee. In kruisverhoor van sersant Ntlane,. en in hoofverhoor, het hy beweer dat sersant Ntlane hom na die huis geneem het, maar dat hy niks uitgewys het nie. Onder kruisverhoor het hy verder gegaan en getuig dat die polisiebeamptes nie tevrede was met sy weiering om uitwysings te doen nie, en hom aangerand het. Om verdere aanrandings vry te spring het hy toe sommer voor die voet artikels uitge-
wys 39
wys. Hy kon egter nie presies onthou wat hy alles uitge-wys het nie. Die hof a quo het, myns insiens tereg, ser-sant Ntlane se getuienis aanvaar en dié van appellant no. 1 verwerp.
Wat appellant no. 2 betref, is daar op aanklag 11 be-
wys, soos ek later sal aantoon, dat hy op 24 Mei 1984 (5 dae
na die inbraak) in besit was van die 6,35 mm pistool, bew.
4.
Om op te som, die getuienis teen appellant no. 1 is
dat hy die toneel van die inbraak en plekke waar artikels
verwyder was, uitgewys het aan sersant Ntlane. Hy het geen
onskuldige verduideliking hieromtrent gegee nie, maar dit
valslik probeer ontken. Dan het hydie polisie na Elizabeth
Gadebe geneem, waar bew. 2 gevind is. Ook hierdie uitwy-
sing 40
sing kon hy nie bevredigend verduidelik nie. Na my mening is die afleiding onvermybaar dat hy betrokke was by die inbraak en diefstal.Wat appellant no. 2 betref, was hy betreklik kort na die inbraak in besit van bew. 2 en bew.
4. Hy gee geen aan-neemlike verklaring hiervoor nie, en wat bew. 2 betref, het hy ook 'n leuenagtige verklaring aan Elizabeth Gadebe gegee. Ook sy betrokkenheid by die inbraak en diefstal is myns in-siens bo redelike twyfel bewys.Dit volg dus dat die appelle van albei appellante op klag 6 afgewys word.Klagtes 7 en 8: Roof met verswarende omstandighede en moord op Tosi Stephen Mnisi (24 Mei 1984) .
Albei
41
Albei appellante is op hierdie twee klagtes skuldig bevind. Ten opsigte van die moord is geen versagtende om-standighede bevind nie, en albei appellante is ter dood ver-oordeel. Ten opsigte van die roof is elk gevonnis tot tien jaar gevangenisstraf.Op hierdie klagtes is daar direkte getuienis van 'n ooggetuie, Godfrey Mthetwa, wie se relaas soos volg opgesom kan word. Mthetwa het appellant no. 1, en, tot 'n mindere mate appellant no, 2, geken vir 'n klompie maande voor die gebeure. Op Donderdag 24 Mei 1984 het Mtixetwa in die strate van Bethal rondgestap. By die Republiek-kafee het hy die twee appellante raakgeloop. Dit was ongeveer 7.30 nm. , en dit was reeds donker. Die appellante het hom uitgenooi om
saam
42
saam met hulle na Ermelo te ryloop. Mettertyd het 'n Dat-sun-bakkie gestop en hulle opgelaai. Die bestuurder (Tosi Stephen Mnisi - die oorledene) het ingestem om hulle 'n ge-leentheid te gee. Nadat hulle 'n ent gery het, het appellant no. 2 gevra om te urineer. Die oorledene het stilgehou, en die twee appellante het uitgeklim en ïi entjie weggeloop. Toe hulle terugkom het hulle vuurwapens in die hand gehad. Ap-pellant no. 2 het beweer dat hy 'n verkeersinspekteur was en gevra dat die oorledene die deur oopmaak sodat sy bestuur-derslisensie ondersoek kon word. Toe die deur oop was, het appellant no. 2 geld gevra, en na 'n mate van teëstribbeling het die oorledene geld uit sy sakke gehaal en oorhandig. Daarna het appellant no. 2 die sleutel van die voertuig ge-
neem
43
neem en die oorledene beveel om in te klim. Appellant no. 2 het die voertuig verder bestuur in die rigting van Middel-burg. By 'n bos op 'n plaas het hy stilgehou. Dit is gemene saak dat dit dieselfde bos is wat ter sprake was ten opsigte van klagtes 2 en 3. Die appellante het aan die oorledene gesê hy moet uitklim want hulle wou hom wys waar hulle woon. Almal het uitgeklim en in die bos ingestap. In die bos, terwyl die appellante met die oorledene gepraat het, het appellant no. ,2 'n skoot afgeskiet. Dit het die oorledene getref, en hy het neergeval. Toe het appellant no. 1 ook 'n skoot op die oorledene afgevuur. Mthetwa het nie geweet of dit raak was nie. Die appellante en Mthetwa het weg-gehardloop, en met die bakkie weggery. Mtítetwa is by sy
werksplek
44
werksplek afgelaai.
Voordat ek die meriete van Mtftetwa se getuienis be-
handel, is dit geleë om eers die res van die getuienis op
te som. Volgens die mediese getuienis is die oorledene
dood as gevolg van 'n koeëlwond in sy kop. Daar was ook
ander oppervlakkige koeëlwond aan sy liggaam. Die bakkie
waarin die oorledene gery het, het 'n registrasienommer HDX
762 T gehad, en was vroeër daardie dag gesteel by die besig-
heidsperseel in Johannesburg van sy eienaar, All Quip Rental
Op Vrydagnag 25 Mei 1984 is luitenant Zeelie ontbied
na die swart woongebied by Middelburg met betrekking tot die
gebeure wat die onderwerp van klagtes 9 en 10 vorm, wat ek
hierna bespreek. Daar het hy appellant no. 2 op daardie
klagtes
45
klagtes in hegtenis geneem. Die volgende oggend het ser-sant Willis die ondersoek oorgeneem. Hy het appellant no. 2 gevra hoe hy na Middelburg gekom het. Appellant no. 2 het ge-sê per bakkie. Die bakkie HDX 762 T is toe by ene Dingaan Mnisi (wat blykbaar . geen familie van die oorledene is ríie) se huis gevind. Uit die getuienis van Mnisi, en ander ge-tuienis wat ek later sal behandel met betrekking tot klagtes 9 en 10, blyk dit duidelik dat die twee appellante op 25 Mei 1984 met hierdie bakkie in die swartbuurt by Middelburg aan-gekom het. Soos ook sal blyk, was een of albei van die ap-pellante toe in besit van vuurwapens.
Op 29 Mei 1984 het sersant Willis vir appellant no. 2 na Kaptein Kruger geneem. Appellant no. 2 het vir Kaptein Kruger meegedeel dat hy hom na Bethal wou neem. Die appel-
lant
46
lant het die pad aangedui, en uiteindelik by die bos aange-kom waar hy die lyk van die oorledene aangewys het waar dit nog versteek gelê het. Die aanwesige polisiebeamptes het met sersant Ntlane op Bethal in aanraking gekom en hom versoek om appellant no. 1, wat reeds in hegtenis was op die klag ten op-sigte van Pule (klagtes 2 en 3), saam te bring. By die aankoms van appellant no. 1 en Ntlane naby die moordtoneel het appel-lant no. 2 vir appellant no. 1 gesê "ek het al klaar die waar-heid gepraat, praat jy ook die waarheid". Appellant no. 1 het toe vir sersant Ntlane in die bos ingeneem en die lyk uitgewys waar dit versteek was.
By hul terugkeer na waar appellant no. 2 was, het ap-pellant no. 2 gesê dat daar nog 'n derde persoon was, en dat
appellant no. 1 hom ken. Sersant Ntlane en appellant no. 1
is ....
47
is toe terug na Bethal toe, en daar het appellant no. 1 vir Mthetwa uitgewys. Sersant Ntlane het met appellant no..1 en Mthetwa teruggery na die toneel. Hoewel die polisie van Middelburg nog in die omgewing was,. was niemand by die lyk nie. Mthetwa het tussen die bosse ingegaan en vir sersant Ntlane gewys waar die lyk lê. Later dieselfde dag het ser-sant Ntlane 'n verklaring van Mthetwa geneem. Hierdie ver-klaring is ingehandig by die verhoor as bewysstuk L.
Op 6 Aiugustus 1984 het sersant Ntlane 'n verklaring van appellant no. 2 geneem. Dit lui soos volg:
"Ek het die oorledene Mnisi nie doodgeskiet nie. Richard Masilela het hom doodgeskiet in 'n bos bome. "
Die laaste stukkie getuienis waarop die Staat steun,
blyk,
48
blyk uit die oorkonde van die appellante se verskyning voor die landdros. Op daardie stadium was appellant no. 1 die eerste beskuldigde, Mthetwa die tweede, en appellant no. 2 die derde. Toe die klagte aan die drie beskuldigdes ge-stel was, het appellant no. 1 se prokureur die volgende pleitverduideliking verstrek:
"Beskuldigde 1 beweer dat beskuldigde 3 vir oorledene twee keer met 'n rewolwer ge-skiet het en dat hy (beskuldigde 1) nie betrokke was by die misdryf nie."
Soos blyk uit die voorgaande, was die Staat se saak oorweldigend sterk teen die appellante. Mthetwa se getuienis inkrimineer albei appellante, en dit word gestaaf op talle punte. Die moord is inderdaad gepleeg op die plek wat Mthetwa aangedui het, en die aard van die oorledene se
beserings
49
beserings pas in by sy relaas. Die dag na die moord het
die appellante rondgery met die voertuig wat van Mnisi. ge-
roof was. Toe het een of albei van hulle vuurwapens in hul
besit gehad. Albei was bewus van die ligging van die oor-
ledene se lyk en het dit uitgewys. Dit toon kennis van die
gebeure, wat ook blyk uit die verklarings wat deur of namens
hulle aan die polisie en aan die landdros gemaak is. Die
modus operandi van die misdaad stem, soos ek reeds gesê het
dermate ooreen met dié wat gevolg is by die roof op Pule
(klagtes 2 en 3) dat dit hoogsonwaarskynlik is dat dieselfde
of sommige van hulle, persone, nie tot 'n meerdere of mindere mate daarby betrokke
was nie.
Wat was dan die appellante se weergawes? Appellant
no. 1
50
no. 1 se getuienis was blote ontkenning - hy het ontken dat hy by die moord en roof aanwesig was en dat hy die lyk uitge-wys het. Hy het ook ontken dat hy die dag na die moord by Middelburg met die bakkie was.Onder kruisverhoor het hy hierop uitgebrei. Hy het gesê dat hy na die moordtoneel geneem was en beveel was om die lyk uit te wys. Toe hy aangehou het om sy onskuld en onkunde te betuig, is hy aangerand, en is die lyk aan hom uit-gewys. Appellant no. 2 het nie vir hom gesê dat hy (no. 2) die waarheid gepraat het, en dat appellant no. 1 dit ook moes doen nie. Hy het Mthetwa gaan uitwys omdat sersant Ntlane hom daartoe beveel het. Hy weet niks van die bakkie nie, en was nog nooit op Middelburg nie. Wat sy prokureur
51
se pleitverduideliking in die landdroshóf betref, kon
pellant no. 1 nie onthou dat so 'n verklaring gemaak is nie.
en as dit was, het hy nie instruksies daarvoor gegee nie en
kon hy nie verduidelik hoe dit plaasgevind het nie.
Appellant no. 2 se getuienis was ook 'n totale ontken-
ning. Hy het ontken dat hy by die moord en roof aanwesig was;
dat hy 'n verklaring daaroor aan sersant Ntlane gemaak het;
dat hy die lyk uitgewys het; dat hy die volgende dag met 'n
bakkie na Middelburg was; dat hy vir Willis van die bakkie
vertel het; en dat hy in besit van 'n vuurwapen (bewysstuk 4)
was. Op die aand van die moord sê hy, het hy geslaap nadat
hy die dag gewerk het.
By oorweging van hierdie teenstrydige getuienis moet
eers
52
eers daarop gewys word dat daar verskeie swakhede in Mthetwa se getuienis was. Die belangrikste is die volgende. Op die tweede dag van die verhoor het appellant no. 2 aan sy ad-vokaat 'n brief gegee wat Mthetwa aan hom (no. 2) geskryf het (bewysstuk K). Hierdie brief is nie baie duidelik nie, maar kom daarop neer dat Mthetwa deur die polisie omgekoop is om die appellante te impliseer. Bewysstuk K is aan Mthetwa gestel in kruisverhoor. Sy verduideliking was dat hy dit geskryf het omdat die appellante hom daartoe verplig het terwyl hulle al drie in die gevangenis was, deur hom aan te rand en te dreig. Mthetwa sê dat hy hierdie aanrandings aangemeld het, maar daar is geen stawing hiervoor nie en ek aanvaar vir huidige doeleindes dat sy bewering onwaar is.
Dit
53
Dit is duidelik dat Mthetwa inderdaad nie deur die
polisie omgekoop is om die appellante valslik te impliseer
nie. Sy verklaring bewysstuk L is geneem kort na sy in-
hegtenisneming, en stem ooreen met sy uiteindelike getuienis
Afgesien van die inherente onwaarskynlikheid dat die polisie
'n potensiële getuie sou wou probeer omkoop, was daar skaars
enige rede om dit in hierdie geval te doen. Selfs sonder
Mthetwa se getuienis was die polisie se saak teen die appel-
lante baie sterk. Daar was ook skaars tyd om Mtketwa om te
koop in die paar uur tussen sy inhegtenisneming en die maak
van die verklaring. En ten spyte van Mthetwa se veront-
skuldigende verklaring is hy as 'n mede- beskuldigde aange-
kla, wat 'n sterk aanduiding is dat hy nie toe as a poten-
siële
54
siële staatsgetuie beskou is nie.
As 'n mens kyk na die brief (bewysstuk K), blyk dit
duidelik dat dit geskryf is om die appellante by hul
yerhoor te help. Dit klink dus heeltemal waarskynlik dat
Mthetwa dié brief op die appellante se aandrang geskryf is,selfs al sou 'n mens
se getuienis van. die aanrandings met skeptisisme bejeën. Die feit dat die brief eers op 'n betreklike laat stadium te voorskyn gehaal is, dui ook aan dat appellant no. 2, uit wie se besit dit gekom het, waarskynlik bedenkinge oor die waarde daarvan gehad het. Ten spyte van die voorgaande doen die omstandighede ten opsigte van bewysstuk K klaar-blyklik af aan die geloofwaardigheid van Mtítetwa.'n Ver-dere wesentlike punt van kritiek op Mthetwa se getuienis
is
55
is dat, hoewel hy hom as 'n onskuldige toeskouer beskryf het, hy nie die gebeure by die polisie aangemeld het nie. Sy verduideliking was dat hy bang was om dit te doen, en dus net aan sy werkgeefster, Mev Mynhardt, vertel het wat gebeur het.Die Staat aanvaar dat die beweerde rappórvt aan Mev Mynhardt nie plaasgevind het nie.
Ten slotte is daar die volgende punt van kritiek t-eenMthetwa. Soos reeds gemeld is Mthetwa as 'n mede-beskuldigdeaangekla.By die pleitverrigtinge voor die landdros het hy onskuldig gepleit, en in sy pleitverduideliking op 'n alibi staatgemaak.Dit was klaarblyklik onwaar.
Uit die voorgaande blyk dit dus dat Mthetwa nie in alle opsigte 'n bevredigende getuie was nie. Die hof a quo
het
56
het die getuienis van Mthetwa benader op die veronderstelling dat hy óf die misdaad alleen gepleeg het, óf 'n medepligtige was. Hierdie veronderstelling is natuurlik 'n gunstige een vir die appellante.Die hof het gevolglik Mthetwa se ge-tuienis met agterdog bejeën, en het die gemelde punte van kritiek deeglik in ag geneem.Desnieteenstaande het die hof tot die slotsom geraak dat Mthetwa se getuienis tot so 'n mate gestaaf was deur die ander getuienis, dat dit aanvaar moes word.Ek het reeds hierbo aangetoon hoe sterk die sta-wing was. Die appellante se getuienis, daarenteen, is ver-werp. Die uiteensetting wat ek hierbo van die getuienis ge-gee het, en die behandeling van die getuienis op klagtes 9 en 10 wat net hierna volg, toon myns insiens aan dat die hof se
bevinding 57 bevinding nie aangeveg kan word nie.Die gevolg is dus dat die appellante se appèlle op klagtes 7 en 8 afgewys moet word.Klagtes 9 en 10: Poging tot moord op William Mokgadi Phetla
en David Vusi Mtshali (25 Mei 1984)Op hierdie klagtes is slegs appellant no. 2 skuldig bevind. Hy is gevonnis tot 8 jaar gevangenisstraf. op elke klagte.Die getuienis is kortliks soos volg. Ene Johannes Kekane woon in die Swart woongebied van Middelburg. Op Vrydag 25 Mei 1984 het appellant no. 2 met 'n bakkie daar aan-gekom.Hy was vergesel van appellant no. 1.Die getuienis van Kekane en sy broer Dingaan Mnisi saam met dié van sersant Willis en erkennings deur die appellante, toon aan dat dit
die
58
die bakkie was wat van Mnisi, die oorledene in klagte 8, ge-roof was. Na 'n rukkie het Kekane saam met appellant no. 2 en 'n derde persoon met die bakkie gery an te gaan bier haal.Hulle is na 'n smokkel-kroeg.Appellant no. 2 het in 'n rusie betrokke geraak met Vusi Mtshali, die klaer in klagte 10. Kekane en appellant no. 2 het na buite gegaan.Die rusie tussen appellant no. 2 en Vusi het voortgeduur.Kekane het opsy gestaan om te urineer. Die klaer in klagte 10, William Phetla, het langs hom gestaan.'n Skoot is afgeskiet wat albei klaers getref het - Vusi Mtshali in sy nek en William Phetla in sy arm. Kekane het afgelei dat dit appellant no. 2 was wat geskiet het.Appellant no 2 het teruggehardloop na Kekane se huis.Kekane het hom gevolg en gevra of dit appellant no.
2
59
2 was wat gevuur het. Appellant no. 2 het gesê: "Ja, ek
wou hulle skrik gemaak het, dit is net 'n speel pistool."
Die bakkie was intussen nog by die smokkelkroeg. Ap-
pellant no. 1 en Dingaan Mnisi het dit gaan haal, maar het
daarsonder teruggekom omdat hulle nie die sleutel gehad het
nie.Kekane het toe vir Dingaan Mnisi gestuur om die bak-
kie te gaan wegsteek sodat die appellante nie kon ontsnap nie.
Daarna het die polisië opgedaag onder bevel van luitenant
Zeelie. Luitenant Zeelie het appellant no. 2 in hegtenis
geneem. Onder die sitplek waar appellant no. 2 gesit het
in Kekane se huis, is bewysstuk 4, een van die vuurwapens
wat van mnr Neethling gesteel was, weggesteek gevind. Dit
het nog lewende patrone in die magasyn gehad. Appellant no.
2.....
59 A
2 is deur die polisie weggeneem.Gedurende die gebeure
was appellant no. 1 nog daar.Later, nadat appellant no.
2 reeds weg was, het appellant no. 1 en Kekane vir die bak-
kie gaan soek (wat Kekane betref, net oënskynlik, want, soos
reeds gemeld, wou hy keer dat die appellante die bakkie in
die hande kry).Toe hulle onverrigtersake terugkeer, het
Kekane 'n polisie-
voertuig.....
60
voertuig by sy huis gesien. Die polisie het op 'n afstand
vir hom gevra waar Richard is.Appellant no. 1 het toe
weggehardloop.
Dingaan Mnisi het die volgende dag die bakkie, wat hy
intussen op Kekane se bevel weggesteek het, aan sersant Willis
oorhandig.
Die volgende Sondag het Kekane bewysstuk 3, die ander
vuurwapen wat van mnr Neethling gesteel was, agter sy huis
gevind.
Appellant no. 1 is nie op hierdie klagtes skuldig bevind
nie. Die getuienis impliseer hom egter in 'n mate op die
klagtes van moord en roof (klagtes 7 en 8). Sy getuienis
was dat hy glad nie die aand op Middelburg was nie. Beide
Kekane.....
61
Kekane en Mnisi getuig egter tot die teendeel, en albei het volop geleentheid gehad om hom te identifiseer. Die hof a quo het dan ook hul getuienis in hierdie verband aanvaar, myns insiens tereg.Appellant no. 2 erken dat hy die aand daar teenwoordig was (hy sê alleen, d.w.s. sonder appellant no. 1) maar ont-ken dat hy met die bakkie gekom het. Hy ontken ook dat dit hy was wat die skoot afgevuur het, en beweer dat dit Kekane was. Ten slotte ontken hy dat hy die vuurwapen bewysstuk 4 in sy besit gehad het en dat hy gesit het op die plek waar bewysstuk 4 gevind is.Die hof a quo het appellant no. 2 se getuienis ver-werp. As 'n mens in ag neem dat die vuurwapen by mnr Neethling
gesteel
62
gesteel was en die bakkie by Mnisi, sou dit inderdaad 'n uiterste toeval gewees het as albei hierdie artikels ter-selfdertyd in Middelburg sou opgeduik het sonder tussen-koms van enige van die appellante. Die getuienis op die klagtes van inbraak by Neethling, roof op Mnisi en poging tot moord op Phetla en Mtshali vul mekaar dus aan. Afge-sien van hierdie aspek was daar in elk geval na my mening volle regverdiging om nie die appellante se getuienis te aanvaar nie. Hoewel daar 'n paar tekortkominge in die staatsgetuienis, en veral die van Vusi Mtshali, was, het die hof a quo nogtans hulle getuienis aanvaar. Ek stem hiermee saam. Die staatsgetuienis toon duidelik dat appel-lant no. 2 die twee klaers geskiet het. Hoewel hy miskien
62 A
nie die direkte opset gehad het om albei te dood nie, was die omstandighede sodanig dat die aanwesigheid van minstens dolus eventualis afgelei kan word. Appellant no. 2 se appel op klagtes 9 en 10 word dus afgewys.Klagtes 11 en 12: Onregmatige besit van vuurwapens en ammuni-
sie ingevo lge Wet 75 van 1969
Ten
63
Ten opsigte van hierdie klagtes is appellant no. 2 skuldig bevind aan die besit van bewysstuk 4, die vuur-wapen wat luitenant Zeelie by Kekane se huis gevind het, en van die patrone wat in die sakkie bewysstuk 2 by Elizabeth Gadebe gevind is. Hy is gevonnis tot een jaar gevangenis-straf op elk van die klagtes. Die getuienis in hierdie verband is reeds hierbo behandel, en myns insiens is die skuldigbevindinge onaanvegbaar.Volledigheidshalwe moet ek net ten slotte noem dat die tydperke van gevangenisstraf wat ek hierbo genoem het, gelas is om saam te loop sodat elke appellant 'n effektiewe totaal van twintig jaar gevangenisstraf opgelê is.
Weens die voorgaande word die appelle van albei
appellante ...
64
appellante op alle klagtes afgewys.
E M GROSSKOPF, ARNESTADT, AR KUMLEBEN, WnAR
Stem saam
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.