S v Matsuib (372/1989) [1989] ZASCA 2 (28 February 1989)
- Citation
- [1989] ZASCA 2
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Botha, Hefer, Eksteen
- Case number
- 372/1989
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Botha, Hefer, Eksteen
- Case number
- 372/1989
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The Supreme Court of Appeal held that the trial court's majority decision was correct in subjecting the psychological evidence to critical scrutiny. The expert's testimony was vague, lacked precision regarding the appellant's intellectual subnormality, and failed to establish a causal link between the alleged personality disorder and the commission of the murder. The trial court was not obliged to accept the expert evidence merely because it was unchallenged. The majority correctly found that the evidence did not justify a finding of mitigating circumstances sufficient to reduce the appellant's moral blameworthiness. There was no misdirection or error in the trial court's approach, and no grounds existed for appellate intervention.
Court disposition
Appeal dismissed.
Orders
- The appeal is dismissed.
- The sentence imposed by the trial court is confirmed.
02
Material facts
Parties
Lukas Matsuib
AppellantThe State
Respondent03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Sentence (absence of Mitigating Circumstances)
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the trial court erred in finding that no mitigating circumstances existed in respect of the appellant's conviction for murder.
- 02
Whether the psychological evidence presented was sufficient to establish the existence of mitigating circumstances.
- 03
Whether the majority decision of the trial court was open to intervention on appeal.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that the trial court failed to properly consider the psychological evidence presented by the expert witness, which indicated that the appellant suffered from a personality disorder and subnormal intellectual functioning. It was submitted that these factors should have been regarded as mitigating circumstances, reducing the appellant's moral blameworthiness and justifying a lesser sentence than the death penalty.
- Respondent
- The respondent contended that the psychological evidence was vague, lacked specificity regarding the degree of intellectual subnormality, and did not establish a causal link between the alleged personality disorder and the commission of the murder. The State argued that the trial court correctly subjected the expert evidence to critical analysis and found it insufficient to justify a finding of mitigating circumstances.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Harris 1965 (2) SA 340 (A) at 365B-C
Expert psychological or psychiatric evidence must be critically assessed by the trial court to determine its value and relevance to the accused's mental state and moral blameworthiness at the time of the offence.
- 02
S v Mnqomezulu 1972 (1) SA 797 (A) at 798G-799B, 800G-801A
The trial court must not accept expert evidence uncritically, even if it is unchallenged, but must evaluate the grounds and objective facts underlying the expert's opinions.
- 03
S v Loubscher 1979 (3) SA 47 (A) at 60B-61F
A finding of mitigating circumstances requires sufficient evidence that the accused's mental condition materially reduced his moral blameworthiness.
- 04
S v Laubscher 1988 (1) SA 163 (A) at 172C-G
The appellate court may only intervene in the trial court's finding on mitigating circumstances if there is a clear misdirection or error in law or fact.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The Supreme Court of Appeal held that the trial court's majority decision was correct in subjecting the psychological evidence to critical scrutiny. The expert's testimony was vague, lacked precision regarding the appellant's intellectual subnormality, and failed to establish a causal link between the alleged personality disorder and the commission of the murder. The trial court was not obliged to accept the expert evidence merely because it was unchallenged. The majority correctly found that the evidence did not justify a finding of mitigating circumstances sufficient to reduce the appellant's moral blameworthiness. There was no misdirection or error in the trial court's approach, and no grounds existed for appellate intervention.
Obiter and limits
- The court noted that every criminal may be said to suffer from some personality disorder, but this alone does not suffice to establish mitigating circumstances.
- The absence of objective evidence linking the accused's mental condition to the commission of the offence is fatal to a claim of reduced moral blameworthiness.
Court disposition
Appeal dismissed.
- The appeal is dismissed.
- The sentence imposed by the trial court is confirmed.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
LL Saak No 372/1988
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
In die saak tussen:
LUKAS MATSUIB AppellantenDIE STAAT Respondent
CORAM: BOTHA, HEFER et EKSTEEN ARRVERHOORDATUM: 17 FEBRUARIE 1989LEWERINGSDATUM: 28 FEBRUARIE 1989
UITSRRAAKBOTHA AR:- 2 . .
Die appellant is in die Hooggeregshof van Suidwes-Afrika deur LEVY R en twee assessore skuldig bevind aan moord, verkragting en diefstal. Met betrekking tot die skuldigbevinding aan moord het die Verhoorhof met 'n meerderheidsbelissing bevind dat daar geen versagtende omstandighede aanwesig was nie, en gevolglik is die appellant die doodvonnis opgelê. Hierdie appèl is alleenlik gemoeid met die bevinding dat daar geen versagtende omstandighede was nie en die gevolglike doodvonnis wat die appellant opgelê is. Ten aansien daarvan het die Verhoorregter aan die appellant verlof toegestaan om in hoër beroep na hierdie Hof te kom.
Die oorledene in die saak was 'n 23-jarige huisvrou van Omaruru. Terwyl haar eggenoot tydelik van die huis afwesig was, is die oorledene in die huis vermoor. Haar lyk is daar aangetref deur haar man, toe hy teruggekeer het. Volgens die mediese getuienis was die oorledene se keel afgesny. Die
3.
snywond aan haar keel het gestrek feitlik van oor totoor en het deurgedring tot op die nekwerwels. Daarwas ook verskeie kneus- en skaafwonde aan die oorledenese liggaam, wat aanduidend was daarvan dat sy in 'n
struweling betrokke was. Daarbenewens was dieoorledene se oë uit die oogkaste verwyder nadat haardood reeds ingetree het.
Die appellant, 'n 28-jarige Damara-man, het
tot enkele maande voor die oorledene se dood vir haaren haar eggenoot gewerk as 'n deeltydse tuinwerker. Sy
skuldigbevinding aan die moord van die oorledene het indie eerste plek berus op 'n bekentenis wat die appellant
voor 'n landdros af gelê het op die dag nadat die
oorledene se lyk in haar huis aangetref is. Die
bekentenis lui soos volg:
"Ek het gisteroggend agtuur by die huis van Oubaas Johny gekom, waar ek vroeër in die tuin gewerk het, ek het vir die swartman wat nou daar werk gevra waar is die witmense. Ek het toe aan die agterdeur gaan klop, die oumiesies het oopgemaak en my gevra wat soek ek. Ek sê ek soek my geld wat sy nog vir my
4.
skuld. Sy sê sy skuld my geen geld nie ek moet loop , ek sê toe hoekom ek het amper 'n maand hier gewerk sonder geld, sy gooi my toe met kookwater agter my rug. Toe word ek kwaad, ek het die oumiesies probeer gryp, sy hardloop na die kamer en gryp die pistool onder die kop-kussing en neem die pistool. Ek neem toe die pistool by haar af, gooi haar op die bed, en het gemeenskap met haar, daarna wou sy my weer skiet, ek het toe my sakmes uitgehaal, haar op die vloer neergegooi, haar keel afgesny en haar oë uitgesny en by die toilet afgespoel. Ek het toe die pistool gevat en weggehardloop." Vervolgens, toe die appellant later in 'n
landdroshof verskyn het ingevolge die bepalings vanartikel 119 van die Strafproseswet, het hy skuldiggepleit op 'n aanklag dat hy die oorledene vermoor het.Met die ondervraging van die appellant deur dielanddros, ingevolge die bepalings van artikel 112 (1)
(b) van die Strafproseswet, is die volgende vrae enantwoorde genotuleer:
"V: Verstaan jy die aanklag teen jou.
A: Ja.
V: Het jy op 22/9/87 te Uitbreiding 3, Omaruru, in die dist. van Omaruru vir Venessa Kokt, 'n volwasse vroulike persoon, se keel met 'n mes
5.
afgesny.
A: Ja.V: Is sy dood.A: Ja.
V: Wat sal u sê het haar dood veroor-saak. A: Dit is as gevolg van haar keel wat ek afgesny het. V: Het enige ander persoon vir haar beseer waarvan jy weet.
A: Nee.
V: Met watter tipe mes het u haar keel afgesny.
A: Met 'n knipmes.
V: Wil u vir die hof vertel wat het gebeur wat tot die optrede aan-leiding gegee het. A: Die betrokke dag voor 8-uur die oggend het ek by oorledene se huis gekom. Toe ek by die huis kom het ek 'n swartman gekry wat vir die oorledene werk. Ek het toe vir die swartman gevra of die blankes tuis is. Hy het gesê die oorle-dene is tuis. Ek het toe saam met die swartman tot by die deur gegaan en hy het geklop. Oorledene het die huis se deur oopgesluit. Ek het toe my geld gevra. Ek het voorheen daar gewerk en sy het vir my geld geskuld. Oorledene het gesê sy skuld my nie geld nie. Ek het vir haar gesê ek het voorheen hier gewerk. Oor-ledene het weer gesê sy gee nie my geld nie en ek het toe gevra wan-neer haar man sal kom by die huis.
6.
Oorledene het toe gesê 'Aag' en toe gooi sy vir my met warm water. Ek wou toe vir dle oorledene gryp. Ek het haar nie raakgevang nie en sy het toe die huis ingehardloop. Toe sy in die huis inhardloop het sy weer uit die huis uit gekom en sy het 'n pistool gehad. Ek het toe die pistool van haar afgevat. Ek wou toe wegstap en die oorledene het toe in een kamer ingehardloop en groot geweer gevat. Ek het toe die groot geweer afgevat, en haar keel afgesny. Ek het toe die pistool, haar man se skoene en haar polshorlosie gevat en daarmee weggestap. V: Toe jy die pistool en die geweer afgevat het was dit in die huis. A: Ek het die pistool voor die deur van die huis afgevat en die geweer het ek binne in die huis afgevat. V: Weet u in watter vertrek van die huis was dit. A: Ek kan nie sê nie, maar dit was langs die slaapkamer. V: Kan u vir die hof sê hoe het u te werk gegaan, om haar keel af te sny. A: Ek het die oorledene gegryp en teen die vloer gegooi. Ek het toe die mes uit my broeksak uitgehaal en vir die oorledene teen die vloer vasgedruk terwyl ek die mes uitge-haal het. Ek het haar toe vasge-druk en die keel afgesny.
V: Het u diep in die keel gesny.
7.
A: Ek het die mes diep ingesteek entoe die mes deurgetrek. V: Is die oorledene toe op die plekdood. A: Ja. V: Was u die dag nugter gewees, be-skuldigde. A: Ek was nugter gewees. V: Wou jy die oorledene doodmaak metdie keel afsny. A: Toe ek haar vasdruk het ek 'n moord
gedagte gekry. As 'n mens kwaadword gebeur dit so maar jy weet nie
wat jy doen nie. V: Het die water vir jou getref. A: Ja, ek het ook brandwonde op dierug. V: Buiten die water wat oorledene na
jou gegopi het, was jou lewe ander-
sins in gevaar. A: Ek was net baie bang toe sy die ge-weer gaan haal. V: Was dit nodig om die oorledene sekeel af te sny. A: Dit was nie nodig nie. V: Kan u vir die hof 'n aanduiding gee
hoeveel tyd het verloop nadat sydie water op jou gegooi het totdat
jy haar keel afgesny het. A: Ongeveer 20 minutë. V: Hoekom so lank. A: Sy het ook met my gestoei. Daaromhet so baie tyd verloop. V: Sal u sê u het reg opgetree om haar
keel af te sny. A: Daar was vir my geen ander keuse
gewees nie. Sy wou my met 'n8.
geweer skiet en daarom het ek haar keel afgesny."
Tydens die verhoor in die Hof a quo het die appellant geen getuienis afgelê nie. Nadat hy skuldig bevind is, is daar egter met die oog op versagtende omstandighede namens die appellant die deskundige sielkundige getuienis aangebied van mev Van der Horst Mouton-Kotzé. Sy is 'n behoorlik gekwalifiseerde kliniese sielkundige, wat 'n aantal onderhoude met die appellant gevoer het en hom aan sekere sielkundige toetse onderwerp het. Dit is haar getuienis wat deurslaggewend was, en is, ten opsigte van die ondersoek na die bestaan al dan nie van versagtende omstandighede.
Alvorens ek verder verwys na die getuienis van die sielkundige, is dit gerade om enkele opmerkings te maak oor die inhoud van die appellant se bekentenis en sy antwoorde aan die landdros tydens die verrigtinge ingevolge artikels 119 en 112 (1) (b), soos hierbo9. aangehaal. Ek sal daarna gesamentlik verwys as die appellant se verklarings. Die Verhoorhof se taak was om die inhoud van die appellant se verklarings in hulle geheel in oorweging te neem, sowel die benadelende as die verontskuldigende gedeeltes daarvan; en, met die oog op die ondersoek na die bestaan al dan nie van versagtende omstandighede, was die Verhoorhof verder belas met die taak om te bepaal watter waarde en gewig geheg kon word aan sodanige gedeeltes van die verklarings as wat in daardie ondersoek ter sake was, met inagneming van die ander getuienis wat voor die Verhoorhof was (vgl bv R v Valachia and Another 1945 AD 826 op 835-7, S v Felix 1980 (4) SA 604 (A) op 609H-611C en S v Khoza 1982 (3) SA 1019 (A) op 1039 A/B). Vergelyk 'n mens die inhoud van die appellant se verklarings met ander getuienis wat voor die Verhoorhof geplaas is, dan blyk dit dat sommige van die appellant se bewerings gestaaf word deur ander getuienis (bv daar is medies vasgestel dat die appellant brandwonde aan sy
10.
rug gehad het met sy inhegtenisneming); dat sommige van die appellant se bewerings direk weerspreek word deur ander getuienis (bv die man wat op die betrokke dag in die tuin van die oorledene gewerk het, het heftig ontken dat hy ooit die appellant daar gesien het); en dat sommige van die appellant se bewerings onwaarskynlik is (bv daar was geen geweer wat opsigtelik in die huis aangetref is toe die oorledene se man en die polisie daar opgedaag het nie). Uit die uitspraak van LEVY R oor die kwessie van versagtende omstandighede blyk dit nie dat die Verhoorhof die taak onderneem het om uit te pluis watter van die appellant se bewerings aanvaarbaar was en watter verwerp moes word nie; dit wil voorkom asof die Verhoorhof die vraag van versagtende omstandighede oorweeg het op grondslag van 'n veronderstellng dat die appellant se verklarings in hulle geheel as aanvaarbaar in aanmerking geneem moes word. Met die oog op die beslissing van hierdie appel is dit egter nie nodig vir
11.
hierdie Hof om nou die taak aan te pak wat die Verhoorhof nie onderneem het nie. Dit is so omdat die inhoud van die appellant se verklarings, op sigself beskou, nie 'n bevinding kan regverdig dat daar versagtende omstandighede aanwesig was nie. Die advokaat wat namens die appellant in hierdie Hof opgetree het, het dit toegegee; die toegewing was onvermydelik en dus volkome geregverdig. Die hele betoog oor versagtende omstandighede was tereg toegespits op die sielkundige se getuienis. Dit synde die geval, kan daar maar argumentshalwe aanvaar word, in daardie verband, dat die appellant se verklarings geen bewerings bevat wat vanweë ander getuienis klaarblyklik as waardeloos verwerp moet word nie.
Vervolgens kom ek dan by die getuienis van die sielkundige. Om redes wat weldra sal blyk, is dit nie nodig om haar getuienis in besonderhede te ontleed nie. Uit die staanspoor uit het sy as 'n deskundige12. getuie haar in 'n moeilike posisie bevind, waaraan sy self geen skuld gehad het nie: die waarde van haar getuienis was inherent belemmer vanweë die feit dat die appellant self geen getuienis afgelê het nie, òf om die bewerings in sy verklarings met die status van getuienis te beklee òf om die mededelings wat hy aan die sielkundige gemaak het te bevestig. Sy was dus nie in staat om haar menings te grond op enige objektief bewese feite aangaande die pleeg van die moord nie. Inderdaad het dit geblyk dat sommige van die mededelings wat die appellant aan haar gemaak het, en wat sy gebruik het as deel van die grondslag waarop sy haar menings gebaseer het, onversoenbaar was met bewerings wat in die appellant se verklarings gemaak is. Hoe dit ook al sy, 'n kort samevatting van die strekking van haar getuienis is voldoende. Sy het die mening uitgespreek dat die appellant ly aan 'n "per-soonlikheidsafwyking". Dit is nie 'n psigotiese toestand met gepaardgaande gedagteversteurings nie.13. Wel het dit verband gehou met die bevindings van die getuie, onder meer, dat die appellant se intellektuele vermoëns "subnormaai" is, dat hy "op 'n uiters konkrete en infantiele wyse" funksioneer, en
dat daar by hom aanwesig is "rigiede en wanaangepaste gedragspatrone" wat "beduidend belemmering in die aanpassingsvermoë van die individu veroorsaak".Uit 'n verdere beskouing van die sielkundige se getuienis blyk egter die volgende. Sy was nie in staat om die persoonlikheidsafwyking van die appellant met presiesheid te omlyn nie. Sy was nie in staat om aan te dui wat die graad van subnormaliteit van sy intellektuele vermoens is nie. En sy was nie by magte om 'n mening uit te spreek oor die vraag watter rol, indien enige, appellant se persoonlikheidsafwyking en wat daarmee saamhang, soos deur haar beskryf, gespeel het by die pleeg van die moord nie. Hierdie onvermoë van die sielkundige is natuurlik van kardinale belang, om redes wat voor die hand lê. Die leemte in haar
14.
getuienis in hierdie verband word ten beste toegelig deur 'n passasie tydens haar kruisondervraging waaruit dit blyk dat sy die mening huldig dat elke misdadiger ly aan 'n persoonlikheidsafwyking. Na my oordeel is dit 'n billike kommentaar op haar getuienis as 'n geheel beskou, dat dit geen werklike grondslag bied vir 'n bevinding dat die appellant se aangevoerde persoonlikheidsafwyking hom enigsins in 'n ander kategorie plaas as enige ander "misdadiger" wat 'n moord pleeg nie.
Soos vroeër aangedui, het die Verhoorhof se bevinding dat daar geen versagtende omstandighede was nie, berus op 'n meerderheidsbeslissing. Dit was die beslissing van die twee assessore. Die vraag op appèl is natuurlik nie of die meerderheid dan wel die minderheid (LEVY R) "reg" of "verkeerd" was nie. Die vraag is net of die meerderheidsbeslissing aanvegbaar is op enige van die welbekende beperkte gronde waarvolgens hierdie Hof geregtig is om in die
15.
beslissing van 'n Verhoorhof aangaande die afwesigheidvan versagtende omstandighede in te gryp. Nietemin,vanwee die besondere omstandighede van die huidige saakag ek dit noodsaaklik om aandag te skenk aan die manierwaarop die Verhoorregter in sy minderheidsbeslissing
die aangeleentheid benader het, aangesien dit die
sleutel bevat tot die uiteindelike uitslag van hierdieappèl.
In sy uitspraak het die Verhoorregter sy
benadering soos volg gestel:
"Ek stem volkome saam met my geleerde asses-sore dat in sekere opsigte is die getuienis van mevrou Kotzé vaag en dat dit onmoontlik is om presies vas te stel wat die mate van beskuldigde se subnormaliteit is. Maar al is daar in hierdie opsigte fout met mevrou Kotzé se getuienis, is dit nog getuienis wat voor hierdie Hof geplaas is en volgens die getuienis sê sy dat die beskuldigde wel sub-normaal is en dat hy aan gebrekkige denk-patrone en aan ('n) persoonlikheidsafwyking ly. Mevrou Kotzé verskaf haar redes. Sommige van hierdie redes mag selfs vaag of vir lede van hierdie Hof onverstaanbaar wees. Om op te som, haar getuienis mag wel swak wees, maar dit is tog nog getuienis ..... Geen getuienis is deur die Staat geroep nie
16.
en mevrou Kotzé se getuienis in dié verband staan onbetwis. Dit is my mening dat in hierdie omstandighede is die bewyslas wat op die beskuldigde lê gekwyt "
Hierdie benadering is, met eerbied gesê, nie
korrek nie. Dit is lynreg in stryd met talleuitsprake van hierdie Hof waarin verduidelik is wat diefunksie is van 'n deskundige wat sielkundige ofpsigiatriese menings uitspreek oor die geestestoestandvan 'n beskuldigde, en hoe die Verhoorhof te werk moetgaan om sodanige deskundige getuienis te beoordeel teneinde die waarde daarvan te bepaal: kyk bv S v Harris
1965 (2) SA 340 (A) op 365B-C; S v Mnqomezulu 1972 (1)SA 797 (A) op 798G-799B, 800G-801A; S v Loubscher 1979
(3) SA 47 (A) op 60B-61F; en S v Laubscher 1988 (1)
SA 163 (A) op 172C-G. Ek is nie van voorneme om te
herhaal wat reeds in die aangehaalde passasies
verduidelik is nie. Dit is genoeg om te sê dat die
Verhoorregter gefouteer het deur sonder meer gewig te
heg aan die sielkundige se getuienis, bloot omdat dit17. nie weerspreek is nie, en deur te versuim om daardie getuienis te ontleed en te beoordeel aan die hand van die gronde waarop die uitgesproke menings berus het en die objektiewe feite van die saak, ten einde self tot 'n bevinding te geraak aangaande die geestesgesteldheid van die appellant in die samehang van die ondersoek na die bestaan al dan nie van versagtende omstandighede.In die meerderheidsbeslissing van die assessore is die korrekte benadering tot die sielkundige getuienis toegepas. Dit is onderwerp aan 'n kritiese ontleding ten einde te bepaal of die deskundige se menings gebaseer was op gronde wat genoegsaam was om die Hof in staat te stel om met die menings saam te stem. Onder meer is daarop gewys dat die sielkundige se stellings ten opsigte van die appellant se subnormaliteit en sy konkrete en infantiele wyse van optrede op sulke karige feitelike gegewens berus het dat die Hof nie self tot die bevinding kon kom dat daardie stellings aanvaarbaar is18. nie. Dit is egter onnodig om die hele beredenering van die meerderheidsbeslissing hier volledig te behandel. Dit is voldoende om die wesentlike kern daarvan te vermeld. Daar is op gewys dat die sielkundige nie kon sê of die persoonlikheidsafwyking wat sy by die appellant aangetref het, 'n rol gespeel het by die pleeg van die moord nie. In die lig daarvan, en met
inagneming van "die karige bewysmateriaal voor die Hof" en "die totaliteit van die feite", het die meerderheidslede van die Verhoorhof tot die slotsom geraak dat daar nie bevind kon word dat enige persoonlikheidsafwyking van die appellant waarskynlik sy gedagtegang en gemoedstoestand ten tyde van die pleeg van die moord in so 'n mate beinvloed het dat dit voldoende was om sy morele verwytbaarheid te verminder en aldus die bestaan van versagtende omstandighede daar te stel nie.In die benadering en beredenering van die meerderheid van die Verhoorhof kan ek geen mistasting19. van enige aard bespeur nie. Die appellant se advokaat was tydens die betoog voor hierdie Hof ook nie in staat om op enige mistasting te wys nie. Hy was verplig om aan te voer dat geen redelike Hof tot die slotsom kon geraak het waartoe die meerderheid van die Verhoorhof gekom het nie. Hierdie betoog is sonder verdienste en moet verwerp word.My gevolgtrekking is derhalwe dat daar geen gronde bestaan om in die meerderheidsbeslissing van die Verhoorhof aangaande versagtende omstandighede in te gryp nie.
Die appèl word van die hand gewys.
A.S. BOTHA AR
HEFER AR
STEM SAAM EKSTEEN
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.