S v Mattheus (313/85) [1986] ZASCA 46 (7 May 1986)
- Citation
- [1986] ZASCA 46
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Trengove, Boshoff, Jacobs
- Case number
- 313/85
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Trengove, Boshoff, Jacobs
- Case number
- 313/85
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The Supreme Court of Appeal found that the State failed to prove beyond reasonable doubt that the appellants did not genuinely believe the cheque would be honoured on the due date. The evidence showed that the appellants disclosed their lack of funds and explained their intention to deposit proceeds from a wood sale. The trial court erred in its factual findings and misapplied the presumption in section 245 of the Criminal Procedure Act. The representation made by the appellants was not shown to be false, as it reflected their genuine belief and intention at the time. Consequently, the convictions and sentences could not stand.
Court disposition
Appeal upheld; convictions and sentences set aside.
Orders
- The appeals of both appellants are upheld.
- The convictions and sentences are set aside.
02
Material facts
Parties
Hauser Mattheus
AppellantAnna Petronella Mattheus
AppellantThe State
RespondentAmounts and remedies
- Amount of Cheque: ZAR 100
- Amount Loaned: ZAR 60
- Second Appellant's Bank Deposit to Close Account: ZAR 170.69
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Final Appellate Judgment
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the appellants made a false representation to the complainant regarding the payment of a post-dated cheque.
- 02
Whether the State proved beyond reasonable doubt that the appellants did not genuinely believe the cheque would be honoured.
- 03
Whether the trial court correctly applied the presumption in section 245 of the Criminal Procedure Act.
Party arguments
- Applicant
- The appellants argued that they did not make any false representation to the complainant. They asserted that they informed the complainant of their lack of funds at the time and explained their intention to deposit proceeds from the sale of tambotie wood into the bank before the cheque's due date. They maintained that their belief in being able to pay was genuine and that unforeseen circumstances prevented them from fulfilling their obligation. The second appellant claimed to have contacted the complainant before the cheque was due to request that he hold the cheque due to their predicament.
- Respondent
- The State contended that the appellants knowingly misrepresented their ability to pay, giving the complainant a post-dated cheque while aware that there were insufficient funds and no overdraft facilities. The State relied on section 245 of the Criminal Procedure Act to presume that the representation was false and that the appellants knew it was false, arguing that the evidence showed the cheque would not be honoured and that the appellants acted with fraudulent intent.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
R v Latib 1973 (3) SA 982 (A) at 984 G-H
In credit transactions, a representation as to ability to pay is a statement of present belief about future payment. If the belief is genuine, even if optimistic, the representation is not false, regardless of the actual financial outcome.
- 02
Criminal Procedure Act 51 of 1977, section 245
Section 245 of the Criminal Procedure Act creates a presumption only if it is first proved that a false representation was made; the State must prove the falsity of the representation before the presumption applies.
- 03
S v Heller and Another (2) 1964 (1) SA 524 (W) at 536 C-D
The State must prove beyond reasonable doubt that the accused did not genuinely hold the belief underlying the representation.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The Supreme Court of Appeal found that the State failed to prove beyond reasonable doubt that the appellants did not genuinely believe the cheque would be honoured on the due date. The evidence showed that the appellants disclosed their lack of funds and explained their intention to deposit proceeds from a wood sale. The trial court erred in its factual findings and misapplied the presumption in section 245 of the Criminal Procedure Act. The representation made by the appellants was not shown to be false, as it reflected their genuine belief and intention at the time. Consequently, the convictions and sentences could not stand.
Obiter and limits
- The second appellant was an unsatisfactory witness, but her account of their intentions and the reasons for failure to pay was not shown to be impossible.
- It is unnecessary to consider the application for further evidence in light of the outcome on appeal.
Court disposition
Appeal upheld; convictions and sentences set aside.
- The appeals of both appellants are upheld.
- The convictions and sentences are set aside.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
HAUSER MATTHEUS EERSTE APPELLANTANNA PETRONELLA MATTHEUS TWEEDE APPELLANTen
DIE STAAT RESPONDENT
SAAK NR. 313/85
/ccc
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPeLAFDELING) In die saak tussen:
HAUSER MATTHEUS EERSTE APPELLANTANNA PETRONELLA
MATTHEUS TWEEDE APPELLANT
en
CORAM: TRENGOVE, BOSHOFF et JACOBS ARR
VERHOOR: 20 MAART 1986
GELEWER: 7 MEI 1986
UITSPRAAK
TRENGOVE/ 2. TRENGOVE, AR:Die eerste appellant en sy eggenote, die tweede appellant, is op 6 Augustus 1983 in die landdros-hof op Potgietersrus skuldig bevind aan bedrog. Die landdros het bevind dat hulle op 18 Januarie 1983 weder-regtelik en met die opset om te bedrieg aan ene Thomas John Hartley (die klaer) voorgegee het dat 'n sekere tjek ten bedrae van Rl00,0O getrek op die Standard Bank te Potgietersrus, en betaalbaar "aan kontant", by aanbieding op 21 Januarie 1983 uitbetaal sou word; dat toe hulle so voorgegee het die appellante geweet het dat die tjek nie by aanbieding daarvan uitbetaal sou word nie; en dat hulle deur middel van hierdie valse voorwendsel R60,00
in/ 3. in kontant van die klaer tot sy verlies en nadeel verkry het. Die eerste appellant is tot 12 maande gevangenisstraf gevonnis en die tweede appellant tot 6 maande gevangenisstraf wat vir 'n tydperk van 5 jaar onder sekere voorwaardes opgeskort is. (Die tweede appellant is ook op 'n ander aanklag van bedrog skuldig bevind en gevonnis maar dit is nie hier ter sake nie en ek verwys dus nie verder daarna nie). Die appellante het na die Transvaalse Provinsiale Afdeling in hoër be-roep gegaan - die eerste appellant teen beide sy skuldig-bevinding en vonnis, en die tweede appellant net teen haar skuldigbevinding - maar hulle appèlle is afgewys. Die hof a quo het ook aan die appellante verlof geweier om
na/ 4. na hierdie hof in hoër beroep te kom. Hierdie hof het egter later aan die appellante verlof verleen (a) pm teen hulle skuldigbevindings, en in die geval van die eerste appellant ook teen sy vonnis, te appelleer, en (b) om ten tyde van die beredenering van die appèlle ook aansoek te doen om verlof om verdere getuienis te lei. Ek bepaal my vir eers by die appèlle teen die skuldigbevindings. Die staatsaak is gegrond op die getuienis van die klaer en van mnr Wills, die onder-reken-meester van die Standard Bank op Potgietersrust. Die tweede appellant was die enigste getuie wat namens die verdediging getuig het. Die feit dat die eerste appellant nie getuig het nie, en die omstandighede wat daartoe aan-
leiding/ 5. leiding gegee het, het die grondslag gevorm van die aansoek om verdere getuienis te lei. Die eintlike geskilpunt in hierdie saak val binne 'n baie beperkte bestek. Dit gaan om die voorstellings wat die appel-lante aan die klaer sou gemaak het toe hulle R60,00 by hom geleen het en 'n vooruitgedateerde tjek ten bedrae van Rl00,00 aan hom gegee het. Die getuienis kan soos volg saamgevat word.Die appellante het gedurende of ongeveer September 1982 begin om sake te doen in verband met die verkoop van tambotiehout. Hulle het 'n permit in naam van die tweede appellant van die Lebowa-regering verkry om in die omgewing van Waterval droë tambotie-boomstamme,
soos/
6.
soos aan hulle uitgewys, af te saag en te verwyder. Hulle neem dan die hout na Potgietersrus waar hulle dit verder laat opsaag en dit dan verkoop. Op 27 November 1982 het die tweede appellant in verband met voormelde sakeonderneming 'n lopende rekening by die Standard Bank op Potgietersrus geopen met 'n deposito van R100,00. Sy het egter nie enige reëlings met die bank getref vir oortrokke Easiliteite nie. Die rekening was desnietemin teen 18 Januarie 1983 oortrokke met 'n bedrag van ongeveer R85,00. Die getuie Willis het verduidelik dat dit te wyte was aan bankkoste wat teen die rekening gedebiteer moes word as gevolg van 'n hele aantal tjeks wat gedishonoreer is.
Hoe/ 7. Hoe dit ook sy, op 18 Januarie 1983 het die appellante 'n bedrag van R60,00 in kontant dringend nodig gehad in verband met hulle besigheid. Hulle het by die klaer om hulp aangeklop. Hulle het hom geken. Hy was die eienaar van 'n sakeonderneming op Potgietersrus bekend as Hartley's Bande en hulle het reeds voorheen met hom sake gedoen. Trouens hulle het hom nog R90,16 geskuld vir bande wat hulle by hom gekoop het.Soos reeds vermeld, gaan die geskil vir sover dit die feite betref in hoofsaak oor die voorstellings wat die appellante by dié geleentheid aan die klaer sou gemaak het. Die klaer se weergawe van sy gesprek met die appellante is soos volg. Die eerste appellant was die segsman. Hy
het/
8.
het die klaer meegedeel dat hulle geen geld het nie,dat hulle geld nodig het om aan die Lebowa-regering vir'n sekere hoeveelheid tambotiehout te betaal, en dat indienhulle die hout verkoop hulle die geld teen Vrydag, d i
21 Januarie 1983, op hulle bankrekening sou inbetaal.Om een of ander rede wou die klaer nie onomwonde toegeedat die eerste appellant hom vertel het dat hulle geengeld in die bank het nie maar soos uit die volgende uit-treksels uit sy getuienis blyk, is dit louter haarklowery:
"Toe hulle op daardie betrokke dag die tjek vir u gegee het, het hulle vir u gesê daar is nie geld in die bank nie. Is dit korrek?
Ja, hulle het vir my gesê hulle het
nie geld nie, maar die geld sal Vrydag
daar wees.
Indien hulle die bome, die hout sou verkoop,
dan/
9.
dan sou hulle die geld inbetaal. Is dit
nie so nie? Dit is reg, ja.
Maar hulle het gesê op daardie dag toe hulle die tjek uitgeskryf het, was daar nie geld
nie. Is dit so? Hulle hek nie vir my
gesê daar is nie geld in die bank nie, hulle het net vir my gesê hulle soek die geld om vir hout te betaal. Hulle het nie vir my gesê daar is nie geld in die bank nie."
"Nou wat is die situasie, het mnr.Mattheus aan u gemeld of daar enige risiko is wat u sal loop dat die tjeks miskien nie honoreer
sal word nie, of iets in dier voege?
Nee, hy het daar geen, hy het nie gesê daar is geen risiko nie, hy moes net die kwessie van bome wat hy gesaag het.
Ja? Net gaan aflos en dit gaan verkoop
en dan sal die geld in die bank wees. Hy sou dit die volgende dag gedoen het.
Waarom is die tjek vooruitgedateer?
Hy sou eers glo die tambotiebome wat hy glo gesny het, en hy sou dit daar gelos
10.
het by ek dink dit is een van die naturelle owerhede, dan sal die geld inbetaal het, en hy sou die geld sou die Vrydag in die bank gewees het."
Ek het nie die minste twyfel dat die klaer goed besef hetdat die appellante op daardie tydstip in 'n benarde finan-
siele posisie verkeer en dat hulle geen geld in die bankhet nie. Nadat die klaer ingestem het om R60,00 aanhulle voor te skiet, het die tweede appellant twee tjeksaan hom gegee, te wete, een vir R90,16 ten opsigte vanhulle agterstallige skuld, en die ander wat vooruitge-dateer is tot 21 Januarie 1983 vir R100,00 ten opsigte vandie lening van R60,00. Die klaer kon nie eintlik 'n be-vredigende verduideliking gee waarom die appellante
hom/
11.
hom 'n tjek vir 'n R100,00 gegee het hoewel hy slegs R60,00 aan hulle geleen het nie. Hy het ontken dat hy aangedring het op rente ten bedrae van R40,00 en het gesê dat hulle dit ongevraag en uit eie beweging gedoen het.Ek kom vervolgens by die tweede appellant se relaas van hulle onderhandelings met die klaer. Vol-gens.die oorkonde geoordeel, was die tweede appellante 'n onbevredigende getuie. Sy was klaarblyklik verward en sy het haarself telkens weerspreek. Sy kon ook nie 'n samehangende verduideliking gee van die vooruitsigte wat hulle sou gehad het om hulle skuld teen 21 Januarie 1983 te delg en waarom dit toe nie gebeur het nie. Daar is namens die tweede appellant aangevoer dat haar swak vertoning
as/ 12. as getuie gewyt moet word aan die feit dat sy baie ge-spanne was en aan strawwe kruisondervraging onderwerp is. Ek glo nie dat dit 'n genoegsame verklaring vir al die leemtes in haar getuienis is nie. Ek laat dit egter daar. Die tweede appellant se weergawe van hulle gesprek met die klaer kan in breë trekke soos volg saamgevat word. Hulle het die klaer gevra om aan hulle 'n bedrag van R60,00 te leen. Hulle het hom meegedeel dat hulle op daardie tydstip nie geld in die bank het nie maar dat hulle 'n bestelling vir hout het en dat hulle die opbrengs daarvan teen 21 Januarie 1983 op die tweede appellant se bankrekening sou inbetaal. Die klaer het toe ingestem om die geld aan hulle te leen mits hulle hom die twee tjeks gee waarna
ek/ 13. ek reeds verwys het. Volgens die tweede appellant het hy daarop aangedring dat hulle hom n vooruitgeda-teerde tjek ten bedrae van R100,00 ten opsigte van die lening van R60,00 moes gee. So gesê, so gedaan.Die tweede appellant het verder verduidelik waarom die geld toe nie teen 21 Januarie 1983 op haar bankrekening inbetaal is nie. Sy het gesê dat hulle op 18 Januarie 1983 'n bestelling vir tambotiehout gehad het, dat hulle daarin geslaag het om die hout vir die uitvoering van die bestelling in die hande te kry, maar dat hulle toe onvoorsiene probleme teëgekom het met die opsaag van die hout. Gevolglik kon hulle nie die be-stelling uitvoer en die geld betyds op die bankrekening
inbetaal/ 14. inbetaal soos hulle verwag het nie. Wat hierdie aspek van haar getuienis betref, het die tweede appellant met haar kruisondervraging lelik rondgeval. Sy het nie presies geweet wie die bestelling sou geplaas het nie en sy kon ook nie bevredigend verduidelik waarom hulle voornemens ter elfder uur verydel is nie. Die tweede appellant het nietemin volhard met haar bewering dat hulle inderdaad 'n bestelling gehad het en dat hulle slegs vanweë onvoorsiene omstandighede verhinder is om hulle verpligting teenoor die klaer na te kom. Die tweede appellant het ook gesê - en sy is nie hieroor namens die Staat ondervra nie - dat sy voor 09h00 op 21 Januarie 1983 met die klaer in verbinding getree het,
15. hom van hulle verleentheid vertel het, en hom gevra het om die tjek terug te hou. Die klaer het dit ontken.Dit is gemene saak dat die tweede appellant se bankrekening op 21 Januarie 1983 nog steeds oortrokke was. Dit is ewe-eens gemene saak dat die gewraakte tjek gedishonoreer is. Dit blyk egter nie uit die getuienis presies wanneer hierdie tjek vir betaling aangebied is of wanneer dit gedishonoreer is nie. Dit staan nietemin vas dat selfs al sou die tjek op 21 Januarie 1983 be-hoorlik aangebied gewees het, sou die bank nietemin be-taling geweier het omdat die rekening oortrokke was en die tweede appellant geen krediet-fasiliteite gehad het
nie/ 16. nie. Op 28 Januarie 1983 was die rekening nog altyd oortrokke. Dit is op daardie datum gesluit nadat die tweede appellant 'n bedrag van R170,69 by die bank in-betaal het en sodoende die nadelige saldo uitgewis het. Toe die appellante se lening teen April 1983 nog nie terugbetaal is nie, het die klaer die saak by die polisie aanhangig gemaak.Ek kom vervolgens by die landdros se redes vir die skuldigbevinding van die appellante. Hy het na my oordeel in twee wesentlike opsigte ten aansien van die feite misgetas. Die landdros sê eerstens dat die tweede appellant saamgestem het "dat haar man ook geweet het dat die geld op 21/1/83 nie ontvang sou word
nie." / 17. nie." Dit is 'n fout. Soos ek die tweede appellant se getuienis verstaan, het sy geen sodanige erkenning gemaak nie. Die landdros sê verder ook dat dit gemene saak is dat die eerste appellant "mnr Hartley meegedeel (het) dat die tjek vooruitgedateer sal wees na 21/1/83 op welke dag daar fondse in die bank sal wees." Dit is egter nie pre-sies wat die klaer in sy getuienis gesê het nie. Ek ver-wys in dié verband na die passasies in sy getuienis wat reeds hierbo aangehaal is. Daaruit hlyk dit dat hoewel die klaer gesê het dat die appellante hom meegedeel het dat "die geld sal Vrydag daar wees", hy hierdie stelling gekwali-fiseer het deur onmiddellik daarna toe te gee dat die appellante ook aan hom verduidelik het dat die geld by die
bank/
18.
bank inbetaal sou word "indien hulle die bome, die hout
sou verkoop". Wat die klaer se getuienis betref, wasdaar dus geen sprake van 'n uitdruklike en onvoorwaarde-
like versekering deur die appellante dat die geld inder-daad teen 21 Januarie 1983 op die tweede appellant sebankrekening inbetaal sou word nie.
Die landdros het na my oordeel ook misge-tas wat die bewyslas betref. Hy het ten onregte aan-vaar,dat die Staat in die onderhawige geval op die be-palings van artikel 245 van die Strafproseswet 1977 konsteun en dat die appellante hulle nie van die bewyslasingevolge die artikel gekwyt het nie. Artikel 245 lui so:
"Indien by strafregtelike verrigtinge
waarby/
19.
waarby 'n beskuldigde aangekla word van 'n misdryf waarvan 'n valse voorstelling 'n bestanddeel is, bewys word dat die valse voorstelling deur die beskuldigde gemaak is, word geag, tensy die teendeel bewys word, dat hy so 'n voorstelling gemaak het wetende dat dit vals is."
Die Staat kan nie op die bepalings van hierdie artikelsteun tensy dit vasstaan dat die voorstelling wat diebeskuldigde gemaak het inderdaad 'n valse voorstelling isnie. Eers dan tree die vermoede wat deur die artikelgeskep word in werking. In die onderhawige saak hetdie Staat na my mening nie bo redelike twyfel bewys datdie appellante, soos in die klaagstaat beweer word, aandie klaer voorgegee het dat die gewraakte tjek inderdaad
by aanbieding op 21 Januarie 1983 betaal sal word nie.
Ten/ 20. beste vir die Staat het die appellante aan die klaer voorgegee dat hulle verwag om voor 21 Januarie 1983 'n sekere hoeveelheid tambotiehout te verkoop, dat hulle die opbrengs van die verkoping by die bank sou inbetaal en dat daar dan voldoende fondse in die eerste appellant se bankrekening sou wees om die uitbetaling van die tjek te dek. Die voorstelling op 18 Januarie 1983 was dus inwese 'n voorstelling van wat die appellante voornemens wasom te doen of van wat hulle gereken sou gebeur as die tjekop 21 Januarie 1983 by die bank vir betaling aangebied word.
Dit was die tipe voorstelling waarna Steyn AR in die volgende
passasie in R v Latib 1973(3) S A 982 (A) op 984 G-H verwys:
"In a transaction on credit, the represen-tation as to ability to pay is a representation
by/
21.
by the purchaser of a present belief that he will be able to pay when payment falls due, rather than a representation as to what his financial condition will in fact be at a future date. If his belief is genuine, even though somewhat optimistic, the representation is not false, whatever his financial position may turn out to be at the due date. His ability to pay at the time of purchase and his prospects in relation to the date of payment, would, of course, be relevant to show whether or not he did in fact entertain such a belief, but what is placed in issue is a state of mind rather than a financiál condition."
(Kyk ook: Rex v Mohr 1943 TPD 105 op 108 - 109).
Voordat artikel 245 in die onderhawige geval
in werking kon tree, moes die Staat dus bewys dat dieappellante se voorstelling op 18 Januarie 1983 van wathulle voornemens was om te doen, of van wat hullegereken het sou gebeur,'n valse voorstelling was.
Die/
22.
Die Staat moes m a w bewys dat toe die appellante diegemelde voorstelling aan die klaer gemaak het hulle
nie opreg geglo het dat die geld betyds by die bank
inbetaal sou word nie. Dit volg dus uiteraard, soosTrollip in S v Heller and Another (2), 1964 (1) S A
524 (W) op 536 C - D ten aansien van die ooreenstemmendebepaling - in die Strafproseswet, 56 van 1955, artikel
280 bis gesê-het, dat:
"That section is of no practical assistanceto the State on this aspect because beforeit can operate the State has first to provethe falsity of the representation, that is,that the accused did not hold that belief orview, which is the same as having to provethat they knew of the falsity of the repre-sentation "
(Kyk/
23.
(Kyk ook: S v Burger 1969 (4) S A 292 (SWA) 2974 - 2985, S v Hassim and Another 1976 (1) S A 508 (T) 5llE - 512B, S v Ostilly and Others (1) 1977 (4) S A 699 (D & C L D) 724A - 725C, S v van Niekerk 1981 (3) S A 787 (T) 789E -792D.)Die Staat het na my mening nie bo redelike twyfel bewys dat die appellante nie op 18 Januarie 1983 opreg geglo het dat die vooruitgedateerde tjek wat hulle aan die klaer oorhandig het op 21 Januarie 1983 uitbetaal spu word nie. Hulle het nie die klaer mislei in verband met hulle finansiële posisie nie. Hulle het hom gesê dat hulle nie geld het nie. Hulle het ook verduidelik dat hulle die R60,00 wou leen om tambotiehout te bekom
wat/
24.
wat hulle dan weer van die hand sou sit en die opbrengsby die bank sou inbetaal. Die tweede appellant se ge-tuienis dat hulle wel die tambotiehout verkry het, wasnie deur die Staat betwis nie. En dit is onwaarskynlikdat hulle die moeite sou gedoen het om hout in die handete krytas hulle nie van voorneme was om dit teen 'n winste verkoop nie of ten minste verwag het om dit te doennie. Dan is daar ook die getuienis van die appellantoor hoe hulle planne onverwags gefnuik is en hoedat sydie klaer toe versoek het om die tjek terug te hou. Sywas onteenseglik in vele opsigte 'n onbevredigende getuiemaar na my oordeel kan dit nie gesê word dat haar weer-gawe van hulle voornemens en die rede waarom dit verydel
is/ 25. is nie redelik moontlik waar kan wees nie.Dit is gevolglik onnodig om oorweging te skenk aan die aansoek om verdere getuienis te lei.In die omstandighede slaag albei appèlle en word die skuldigbevindings en vonnisse ter syde gestel.
TRENGOVE, AR
BOSHOFF, AR )
JACOBS, AR ) STEM SAAM
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.