S v Mavuso (71/86) [1987] ZASCA 48 (21 May 1987)
- Citation
- [1987] ZASCA 48
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Joubert, Hefer, Smalberger, Vivier, Nicholas
- Case number
- 71/86
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Joubert, Hefer, Smalberger, Vivier, Nicholas
- Case number
- 71/86
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The Supreme Court of Appeal found that the evidence of the appellant's previous conviction for unlawful possession of dagga was not relevant to the central issue of whether he knew dagga was present in the vehicle at the time of the offence. The mere fact of a prior conviction did not establish knowledge of dagga's presence or its smell, especially given the broad definition of 'possession' in the relevant statute and the time elapsed since the previous conviction. The admission of this evidence constituted a gross irregularity, as the magistrate's reasoning was heavily influenced by the appellant's prior conviction and his responses to inadmissible questions. This irregularity was so serious that it amounted to a denial of justice, requiring the conviction and sentence to be set aside.
Court disposition
Appeal upheld; conviction and sentence set aside.
Orders
- The appeal succeeds.
- The conviction and sentence are set aside.
02
Material facts
Parties
Thunguvalo James Mavuso
AppellantThe State
RespondentAmounts and remedies
- Amount Paid in Previous Conviction: ZAR 250
- Quantity of Dagga Found: kg 620
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal From Conviction in Magistrate's Court
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether evidence of the appellant's previous conviction for unlawful possession of dagga was admissible in the present trial.
- 02
Whether the admission of such evidence constituted a gross irregularity justifying the setting aside of the conviction.
- 03
Whether the appellant's conviction and sentence should be set aside due to procedural unfairness.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that the admission of questions and evidence regarding his previous conviction for unlawful possession of dagga was a gross irregularity under sections 197 and 211 of the Criminal Procedure Act 51 of 1977. He contended that such evidence was irrelevant to the issue at hand and prejudiced his right to a fair trial, warranting the setting aside of the conviction.
- Respondent
- The respondent maintained that, even if the evidence of the previous conviction was inadmissible, the remaining admissible evidence established the appellant's guilt beyond reasonable doubt. The respondent argued that the irregularity did not result in a miscarriage of justice and thus did not justify overturning the conviction.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
R v Solomons 1959(2) SA 352 (A) at 361
Evidence of criminal actions other than those charged is inadmissible merely to show criminal propensity, but may be admissible if relevant to an issue before the court.
- 02
Criminal Procedure Act 51 of 1977, s 197
Section 197 of the Criminal Procedure Act prohibits questioning an accused about previous offences unless such evidence is relevant to an issue in the trial.
- 03
S v Moodie 1961(4) SA 752 (A) at 758; S v Naidoo 1962(4) SA 348 (A) at 354; S v Mushimba 1977(2) SA 829 (A) at 844
A conviction should not be set aside for an irregularity unless it results in a failure of justice; however, a gross irregularity that affects the fairness of the trial may itself constitute a miscarriage of justice.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The Supreme Court of Appeal found that the evidence of the appellant's previous conviction for unlawful possession of dagga was not relevant to the central issue of whether he knew dagga was present in the vehicle at the time of the offence. The mere fact of a prior conviction did not establish knowledge of dagga's presence or its smell, especially given the broad definition of 'possession' in the relevant statute and the time elapsed since the previous conviction. The admission of this evidence constituted a gross irregularity, as the magistrate's reasoning was heavily influenced by the appellant's prior conviction and his responses to inadmissible questions. This irregularity was so serious that it amounted to a denial of justice, requiring the conviction and sentence to be set aside.
Obiter and limits
- Even if evidence of a previous conviction were relevant, it may still be inadmissible under the principle established in Hollington v F Hewthorn & Co Ltd (1943) 2 AER 35 (CA).
- The broad statutory definition of 'possession' means that a prior conviction does not necessarily imply physical handling or familiarity with the substance in question.
Court disposition
Appeal upheld; conviction and sentence set aside.
- The appeal succeeds.
- The conviction and sentence are set aside.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
Saak No 71/86 OPD
THUNGUVALO JAMES MAVUSO APPELLANT
en
DIE STAATRESPONDENT
HEFER AR.
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPeLAFDELING
In die saak tussen
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM: JOUBERT, HEFER, SMALBERGER, VIVIER, ARR, et NICHOLAS,.WRN AR.
AANGEHOOR : 21 MEI 1987. GELEWER :
UITSPRAAK HEFER AR :
Die appellant se appel teen sy skuldigbevinding
in 2
2.
in 'n landdroshof aan oortreding van art 2(a) van Wet 41
van 1971 is deur die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Af-
deling van die hand gewys. Met verlof van daardie Af-
deling kom hy nou in hoër beroep teen die skuldigbe-
vinding.
By die verhoor het dit geblyk dat appellant
die bestuurder was van 'n voertuig wat die polisie op
die pad tussen Paul Roux en Slabberts tot stilstand ge-
dwing het en waarin 620 kilogram dagga gevind is, Sy
advokaat het die hof meegedeel dat appellant beweer "dat
hy nie geweet het daar is dagga in die sakke nie" en
appellant het later getuig dat ene Xaba hom versoek het
om die voertuig te bestuur en hom verwittig het dat
daar.......
3.daar wol in die sakke was. Tydens kruisondervraging het hy erken dat hy vyf jaar vantevore skuldig bevind is weens die onwettige besit van dagga en bewys van-die vorige veroor-deling is op daardie stadium by die Hof ingehandig. (Hoe dit gekom het dat hy hierdie erkenning gemaak het, sal later blyk.) Die verhoorhof het appellant se getuienis verwerp hoofsaaklik weens sy onbevredigende antwoorde en sy ongemaklike en bekommerde voorkoms (volgens die landdros) toe hy oor die vorige veroordeling ondervra is.By die appèl in die Hof a quo is namens appellant aangevoer dat getuienis van die vorige veroordeling ontoe-laatbaar was. Die Hof het dit onnodig gevind om te be-slis oor die toelaatbaarheid daarvan; argumentshalwe
is 4
4.is in appellant se guns aanvaar dat dit wel ontoelaatbaar was maar die appèl is nogtans van die hand gewys omdat die toelaatbare getuienis die appellant se skuld buite redelike twyfel gestel het.In hierdie Hof het appellant se advokaat met 'n beroep op art 197 en 211 van die Strafproseswet No 51 van 1977 betoog dat die toelating van vrae oor en die bewys van die vorige veroordeling 'n growwe onreëlmatigheid uitgemaak het wat per se die gevolg het dat die skuldigbevinding tersyde ge-stel moet word. Ten einde met hierdie betoog te handel, is dit nodig om eers te bepaal of daar inderdaad 'n onreël-matigheid was (d w s of die betrokke getuienis inderdaad ontoelaatbaar was). Indien bevind word dat dit die geval
was 55. was, sal verder vasgestel moet word of die onreëlmatigheidsodanig was dat dit per se meebring dat die skuldigbe-vinding vernietig moet word.Wat die toelaatbaarheid van die getuienis betref, is dit dienstig om aanvanklik aan te dui wat die vrae was waarop die betoog gerig is en hoe dit gekom het dat dit gevra is en die vorige veroordeling bewys is.Soos vantevore opgemerk, het appellant se advokaat in die pleitverduideliking by die aanvang van die ver-hoor te kenne gegee dat die beskuldigde beweer dat hy nie geweet het dat daar dagga in die sakke was wat die polisie in die voertuig gevind het nie. In sy getuie-nis het die appellant later die gebeure beskryf wat uit-
eindelik daartoe gelei het dat hy deur die polisie voor-
gekeer 6
6
gekeer en gearresteer is. In die hoofverhoor het hy voorts getuig :
"Ek het nie geweet dit is dagga nie. Ek ken nie die reuk van dagga nie."
(Wat aanleiding gegee het tot sy verwysing na die reuk van dagga was klaarblyklik die vroeëre getuienis van drie polisiemanne dat hulle aldrie die kenmerkende skerp reuk van dagga in die voertuig waargeneem het.) Sy kruison-dervraging oor hierdie aspek van die saak lui soos volg :
"V. Toe jy eers weer die voertuig by Fouries-burg sien, sien jy die voertuig is vol gepak?
A.Ja.
V.Wat het jy gesien?
A.Ek het gesien die streepsakke is vol.
V.Het jy iets geruik toe jy eerste keer in kombi inklim?
A. Nee ek het griep gehad en kon nie mooi
ruik 7
7.
ruik nie. V. Het jy al voorheen gesien waarin verpak'n mens wol? A. Nee.V. Ken jy dagga?A. Ja die reuk as mens dit rook. V. Het jy al voorheen dagga gesien? A. Nee net die reuk as mens dit rook. V. Het jy al voorheen met dagga te doengehad? A. Nee. V. Jy moet mooi luister wat ek jou vra.
Het jy nog nooit voorheen met dagga te
doen gehad nie? A. Nee nog nooit. V. As ek kan bewys dat dit wel so is, wat
sal jy dan sê?
A. Dan sal ek nie stry nie. V. Dan het jy mos nou nie vir my die waar-heid gesê nie. A. Ja ek gee antwoord op die vraag watgestel is. V. As ek kan bewys dat jy wel voorheen met
dagga te doen gehad het, wat sal jy dan sê? A. Ek het nog nie te doen gehad nie,daarmee. V. Vaneffe het jy gesê jy sal nie stry nie.
A. Ja 8
8.
A. Ja ek het so gestry.
V. As jy dan so seker is dat jy nog nooit
voorheen met dagga te doen gehad het nie,
sal jy mos stry? A. Ek het nog niks te doen gehad met dagga
nie. Ek het te Escom gewerk. V. Ek stel dit aan jou dat jy gedurende 1979
te Buthe Buthe skuldig bevind is vir on-
wettige besit van dagga.
A. Ja toe het ek en 'n ander man R250,00 betaal. V. Dit wil my voorkom asof jy nie so goed kan
onthou nie?
A. Dit is jare terug.
( S A handig beskuldigde se vorige veroordelings soos verskyn op SAP 69 is as BEWYSSTUK B)."
Die algemene beginsels van die gemene reg waarvolgens die toelaatbaarheid beoordeel word van getuienis oor mis-dadige optrede van 'n aangeklaagde, anders dan die wat hom in 'n besondere saak ten laste gelê word, is welbekend. Ek hoef slegs te verwys na die uiteensetting daarvan deur
OGILVIE 9
9
OGILVIE THOMPSON AR in R v Solomons 1959(2) S A 352 (A) op p 361 nl :
"It is clear that evidence of criminal actions other than those laid in the indictment is in-admissible against an accused merely to show a criminal propensity. But it is, I think, equally well established - albeit seldom free -from difficulty of application in any parti-cular case - that evidence which is relevant to an issue before the Court is not rendered inadmissible merely because it tends to show the commission by the accused of other crimes." (My beklemtoning.)
Teen hierdie agtergrond moet art 197 van die Strafproseswet gesien word. (Dit is onnodig om art 211 afsonderlik te behandel.) Die ter sake dienende ge-deelte daarvan lui soos volg :
"'n Beskuldigde wat by strafregtelike verrigtinge
getuienis 10
10.
getuienis aflê, word nie gevra of aangesê om te antwoord op 'n vraag waarvan die strek-king is dat hy 'n misdryf, behalwe die ten laste gelegde misdryf, gepleeg het of daar-aan skuldig bevind is of daarvan aangekla is, of dat hy van swak karakter is nie,ten-sy -
(a)
(b) (c)
(d) die bewys dat hy so 'n ander misdryf ge-pleeg het of daaraan skuldig bevind is,toelaatbare getuienis is om te bewys dathy aan die ten.laste gelegde misdryf skuldig is."
Dergelike bepalings het verskyn in die Strafproseswette wat Wet 51 van 1977 voorafgegaan. het en hierdie Hof het meermale daarop gewys dat die voorgangers van die huidige art 197 nie vertolk kon word as sou dit 'n verandering
teweeggebring het of enigsins afbreuk gedoen het aan
die 11
11.
die gemeenregtelike beginsel waarna reeds verwys is nie. (R v Rorke , 1915 A D 145 op p 159-16o, R v Lipschitz 1921 A D 282 op p 288, S v Mokoena 1967(1) S A 440 (A) op p 445. Kyk ook R v Solomons (supra) en vgl Rex v P 1948 (4) S A 103 (C) ). In Lipschitz se saak het SOLOMON AR opgemerk dat die bepaling in Wet 31 van 1917 wat met die huidige sub-art (d) ooreenstem, niks anders beteken het nie as "unless the evidence is relevant to an issue in the trial". Dit geld ook vir art 197 en dit volg dat die ge-tuienis waaroor dit in die onderhawige saak gaan, behou-dens 'n opmerking wat ek later sal maak, toelaatbaar was in-dien dit ter sake was tot 'n geskilpunt voor die hof maar on-toelaatbaar indien nie aldus ter sake nie. Myns insiens was
dit 1212. dit nie ter sake nie.Die omvang van die tersaaklikheidsbegrip verg in die omstandighede van hierdie saak geen verdere toeligting nie. Vir huidige doeleindes is die opmerking in R v Mpanza 1915 A D 348 op p 352 dat "any facts are so relevant if from their existence inferences may properly be drawn as to tíhe existence of the fact in issue" voldoende. (Kyk egter Schmidt : Bewysreg {2de uitg) p 358). Die geskilpunt was of die appellant geweet het dat daar dagga in die voertuig was. Sy kennis van dagga was ter sake op hierdie geskil-punt en, met die oog op die bewys daarvan, is die getuie-nis van sy vorige veroordeling voorgelê en toegelaat. Die feite wat aanleiding gegee het tot die skuldigbevindingwas totaal onbekend, en dat hy waarskynlik bekend was met
die 13
13.die reuk van dagga kan nie afgelei word van die blote feit dat hy vyf jaar vantevore skuldig bevind is weens die besit daarvan nie. Ek sê dit nie alleen op grond van die lang tydsverloop nie maar hoofsaaklik op grond van die uitgebrei-de betekenis van "besit" in Wet 41 van 1971 volgens die definisie in art 1 en die vermoede in art 10(3) van die Vfet. Ten spyte van die skuldigbevinding kan dit nie eenvoudig veronderstel word dat appellant by daardie geleentheid dagga fisies hanteer of op so 'n wyse daarmee te doen gehad het dat hy bekend geraak het met die reuk daarvan nie. Vrae aan die appellant oor sy vorige veroordeling was dus nie ter sake nie en moes nie toegelaat gewees het nié en be-wys van die yeroordeling was ewe on-
toelaatbaar 14
14.
toelaatbaar. (Ek mag byvoeg dat selfs indien getuienis
oor die vorige veroordeling ter sake was, dit 'n ope vraag
is of dit nie in elk geval ontoelaatbaar was nie uit hoofde
van die beslissing in Hollington v F Hewthorn & Co Ltd
(1943) 2 AER 35 (C A). )
Die oorblywende vraag is wat die effek van hier-
die bevinding op die skuldigbevinding is. Ooreenkomstig
die voorbehoudsbepaling tot art 309(3) van die Strafproses-
wet word 'n skuldigbevinding nie op grond van 'n onreël -
matigheid by die verhoor ter syde gestel nie tensy dit
aan die Hof van appel blyk dat 'n regskending daaruit ge-
volg het. Die onreëlmatigheid wat in die onderhawige
geval plaasgevind het, was, myns insiens, egter so ernstig
dat 15
15.dat dit op sigself 'n regskending uitmaak. (The State v Moodie 1961(4) S A 752 (A) op p 758, The State v Naidoo
c
1962(4) S A 348 (A) op p 354, S v Mushimba en andere 1977 (2) S A 829 (A) op p 844). Dit is vir alle praktiese doel-eindes identies aan die onreelmatigheid in S v Dozereli 1983(3) S A 259(C) behalwe dat, die ontoelaatbare vrae en getuienis 'n veel groter effek gehad het as in Dozereli se saak. In die onderhawige geval is die landdros se redes deursuur met die invloed wat die vorige veroordeling en appellant se antwoorde op die ontoelaatbare vrae op hom gehad het. Ek het geen twyfel nie dat geregtigheid, net soos in Dozereli se geval, nie geskied het nie.
Die appel slaag en. die skuldigbevinding en vonnis word ter syde gestel.
J J F HEFER AR. JOUBERT,AR )
SMALBERGER,AR ) STEM SAAM. VIVIER,AR )
NICHOLAS,WRN AR )
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.