Download PDF

South Africa Judgment

Northern Cape High Court, Kimberley

S v Meintjies (CA&R 143/04) [2005] ZANCHC 81 (18 April 2005)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The conviction and sentence were set aside because the magistrate's conduct constituted gross irregularities that rendered the trial unfair. The magistrate improperly discouraged the appellant from requesting assessors, failed to correct the appellant's misconception about payment for assessors, and assumed the role of prosecutor by conducting all questioning, asking leading questions, and even giving evidence. These actions violated the appellant's right to a fair trial as established in S v Aubrey Titus and related cases. The High Court exercised its inherent review powers to intervene and set aside the conviction and sentence, ordering the appellant's immediate release unless lawful grounds for further detention existed.

Court disposition

Conviction and sentence set aside; appellant ordered to be released unless lawful grounds for continued detention exist.

Orders

  • The appellant's conviction and sentence are set aside.
  • The appellant is to be released immediately unless there is a lawful reason for continued detention.

02

Material facts

Parties

Koos Meintjies

Appellant Counsel: E. Mathewson

The State

Respondent Counsel: CG Jansen

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Hearing

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant, represented by Mr. Mathewson, argued that the magistrate improperly influenced the appellant not to request assessors, failed to correct the appellant's misconception about payment for assessors, and conducted the trial in a manner that undermined the fairness of proceedings. The magistrate took over the role of prosecutor, asked leading questions, and even gave evidence himself, all of which amounted to gross irregularities. These irregularities deprived the appellant of a fair trial and justified the setting aside of both conviction and sentence.
Respondent
Advocate Jansen for the State conceded that, despite the procedural defect in the appeal process (failure to apply for leave to appeal in the regional court), the High Court had inherent review powers to intervene if circumstances warranted. She acknowledged that the case fell squarely within the precedent set by S v Aubrey Titus, where similar conduct by the same magistrate was found to be a gross irregularity resulting in an unfair trial. She agreed that the conviction and sentence should be set aside.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    S v Aubrey Titus (unreported, CA&R 283/03, 18 March 2005)

    A magistrate must not improperly influence an accused regarding the appointment of assessors, and must ensure the accused understands the implications fully and fairly.

  2. 02

    S v Baka, S v Martin, S v Van Rooi (CA&R 268/03, 18/03, 241/03, 18 March 2005)

    Gross irregularities in the conduct of a trial, including the magistrate assuming the role of prosecutor, asking leading questions, and giving evidence, undermine the fairness of the proceedings and justify review.

  3. 03

    Criminal Procedure Act 51 of 1977

    The High Court retains inherent review powers to intervene in criminal proceedings where justice so requires, even if procedural requirements for appeal have not been met.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The conviction and sentence were set aside because the magistrate's conduct constituted gross irregularities that rendered the trial unfair. The magistrate improperly discouraged the appellant from requesting assessors, failed to correct the appellant's misconception about payment for assessors, and assumed the role of prosecutor by conducting all questioning, asking leading questions, and even giving evidence. These actions violated the appellant's right to a fair trial as established in S v Aubrey Titus and related cases. The High Court exercised its inherent review powers to intervene and set aside the conviction and sentence, ordering the appellant's immediate release unless lawful grounds for further detention existed.

Obiter and limits

  • It is disturbing that a magistrate of such considerable experience as Mr. Jacobs could commit such a serious breach as occurred in this case and in S v Aubrey Titus.
  • The release of a man who violently killed his partner (with 64 blows identified by the district surgeon) does not serve the interests of justice, but the law requires it due to the gross irregularities.

Court disposition

Conviction and sentence set aside; appellant ordered to be released unless lawful grounds for continued detention exist.

  • The appellant's conviction and sentence are set aside.
  • The appellant is to be released immediately unless there is a lawful reason for continued detention.

Source and reliance status

Northern Cape High Court, Kimberley

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Northern Cape High Court, Kimberley

Judgment

[2005] ZANCHC 81

Verslagwaardig: Ja / Nee

Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee

Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(Noord-Kaapse Afdeling)

Saakno: CA&R 143/04

Datum verhoor: 2005-04-18

In die appél van:

KOOS

MEINTJIES APPELLANT

versus

DIE

STAAT RESPONDENT

Coram: MAJIEDT R et MUSI WnR

REDES

VIR BEVEL

MAJIEDT R:

In hierdie saak het ons op 18 April 2005 uit hoofde van ons inherente hersieningsbevoegdhede gelas dat die appellant se skuldigbevinding en vonnis tersydegestel word en dat die appellant onverwyld vrygelaat moet word, tensy daar ‘n wettige rede bestaan vir sy voortgesette aanhouding. Hierdie is die redes vir daardie bevel.

Die appellant het aanvanklik skuldig gepleit in die Streekhof te Upington op ‘n aanklag van moord. Hy was nie regsverteenwoordig nie en na ondervraging deur die verhoorlanddros het dit geblyk dat die appellant ontken het dat hy die opset gehad het om die oorledene te dood en is ‘n pleit van onskuldig genotuleer.

Nadat getuienis aangehoor is van die distriksgeneesheer, Dr. Eksteen, het die appellant nie getuig nie en is hy skuldig bevind aan moord en is hy gevangenisstraf van 15 jaar opgelê. Die appellant kom nou in hoër beroep teen die vonnis wat hom opgelê is.

Die appellant is skuldig bevind op 9 Oktober 2000, d.w.s. toe die destydse bepalings van artikels 309B en 309C van die Strafproses-wet, 51 van 1977, nog van toepassing was. Soos Me. Jansen vir die Staat tereg uitwys, is die ongerapporteerde uitspraak in hierdie Afdeling van Lacock R in S v Baka, S v Martin en S v Van Rooi, CA & R 268/03, 18/03 en 241/03 gelewer op 18 Maart 2005 van toepassing in hierdie saak. Volgens die voormelde uitspraak was die appellant verplig om eers aansoek te doen vir verlof om te appelleer in die Streekhof en het hy nie ‘n outomatiese reg om te appelleer nie. Aangesien die appellant se appél foutiewelik op die rol is, behoort dit eintlik geskrap te word.

Me. Jansen het egter ook heeltemal tereg toegegee dat hierdie Hof, nieteenstaande die voormelde gebrek in die appél, kragtens ons inherente hersieningsbevoegdheid, geoorloof is om in te meng met die skuldigbevinding en/of opgelegde vonnis, sou die omstandighede dit só regverdig. Namens die appellant het Mnr. Mathewson breedvoerige hoofde voorgelê nadat hy op kort kennisgewing opdrag van die regshulpraad aanvaar het om namens die appellant te verskyn hierin. Ons is hom dank verskuldig vir die behulpsame betoogshoofde wat hy ingedien het.

Ek het die volgende memorandum gerig aan die partye ná deurlees van die oorkonde en nadat ek kennis geneem het van die uitspraak van Lacock R in die voormelde sake hierbo aangehaal:

“Hierdie appél is terrolle geplaas vir verhoor op Maandag 18 April 2005 voor die ondergetekene en Musi WnR.

Geliewe DRINGEND aanvullende betoogshoofte te liasseer voor 18 April 2005 ten aansien van die vraag of die appellant ‘n regverdige verhoor gehad het gegewe die streeklanddros se onreëlmatige optrede by die aanvang van die verhoor toe hy die voorskrifte t.a.v. assessore aan die appellant verduidelik het (oorkonde te p.11 e.v.). Sien in dié verband: S v Aubrey Titus (ongerapporteerd, saaknr. CA&R 283/03, gelewer op 18/3/2005), afskrif waarvan hierby aangeheg word.”

Me. Jansen het tereg toegegee dat die onderhawige appél vierkantig val binne die raamwerk van S v Aubrey Titus hierbo aangehaal in die memorandum wat ek gerig het aan die regsverteenwoordigers. In daardie uitspraak het Tlaletsi R (met

wie Lacock R saamgestem het) bevind dat die streeklanddros se optrede daar ‘n growwe onreëlmatigheid daarstel wat tot gevolg gehad het dat die appellant in daardie saak nie ‘n billike verhoor gehad het nie en is sy skuldigbevinding en vonnis tersyde gestel.

In die Titus-saak was dieselfde streeklanddros betrokke as in die onderhawige geval. Die streeklanddros het naamlik die beskuldigde ontmoedig om assessore te laat aanstel. In die onderhawige geval het die betrokke streeklanddros, Mnr. CTG Jacobs, met die aanvang van die verhoor die voorskrifte ten opsigte van assessore as volg aan die appellant verduidelik:

“VOORSITTENDE BEAMPTE: U staan tereg op ‘n aanklag van moord dat daar assessore aangestel word. Dit is twee persone wat my behulpsaam is. Dit is leke, dit is mense wat nie kennis van die reg dra nie. As u wil hê dat die Hof twee leke moet aanstel om my behulpsaam te wees om die saak te doen dan kan u sodanige versoek tot die Hof rig, maar ek moet vir u daarop wys dit is ‘n bietjie gevaarlik as die twee leke, dit is nou mense wat nie kennis het van die reg nie as hulle luister na die saak en hulle dink u is skuldig en ek luister na dieselfde saak en dieselfde feite en ek dink u is dalk nie skuldig nie dan is hulle twee teen een, as hulle sê u is skuldig dan moet ek u skuldig bevind. Wil u hê dat die Hof assessore aanstel of moet ek maar self die saak doen sonder die hulp van mense om by te sit?

BESKULDIGDE: Edele ek sal nie nou kan geld – die Hof moet maar klaarmaak met die saak saam.

VOORSITTENDE BEAMPTE: U wil nie assessore hê nie nê.

BESKULDIGDE: Ja Edele. Dit is beter as die saak klaar is.”

Die landdros het hier op blatante wyse die appellant beïnvloed op onbehoorlike wyse om nie gebruik te maak van assessore nie. Dít alleen is op die gesag van S v Aubrey Titus, supra,

‘n growwe onreëlmatigheid en verg inmenging op hersiening. Bowendien het die streeklanddros versuim om die wanpersepsie wat by die appellant bestaan het dat hy vir die assessore sal moet betaal, reg te stel. Deur só ‘n verduideliking voor te hou waar slegs een kant van die munt aan ‘n beskuldigde gestel word het die landdros klaarblyklik grof misgetas. Die ander kant van die munt was nooit aan die appellant oorgedra nie, naamlik dat indien die leke assessore sou meen dat die appellant op die aangebode getuienis onskuldig is aan die misdryf, terwyl die streeklanddros van mening is dat die appellant skuldig was, kon die appellant onskuldig bevind word.

Gevolglik het ons gelas dat die appellant se skuldigbevinding en vonnis tersyde gestel moet word en het ons so ‘n bevel uitgereik en aangedui dat die redes later sal volg.

Ek wil net byvoeg hier dat dit onrusbarend is dat ‘n streeklanddros van die aansienlike ervaring van dié van Mnr. Jacobs so ‘n growwe vergryp kan begaan soos wat in hierdie saak en in die saak van S v Aubrey Titus, supra, plaasgevind het.

Nóg is dit het einde niet. Soos ek vervolgens sal aandui is daar ook verdere onreëlmatighede op grond waarvan die skuldigbevinding en vonnis tersyde gestel sou kon word.

10.1 Sonder dat dit uit die oorkonde blyk hoe dit tot die streeklanddros se kennis gekom het, noem hy as ‘n feit dat hy weet wie die getuies se name is voordat die verhoor ‘n aanvang neem.

10.2 Die streeklanddros het, soos wat die geval was in só baie ander sake wat al op appél voor hierdie Afdeling gedien het, die funksie van die aanklaer heeltemal oorgeneem deurdat hy al die ondervraging gedoen het.

10.3 Die streeklanddros het ook verskeie leidende vrae aan die getuies gevra wat die verweer van die appellant moes kelder.

10.4 Die streeklanddros het ook by geleentheid, toe die distriks-geneesheer, Dr. Eksteen getuig het, sommer self getuienis gelewer.

10.5 Die streeklanddros het ook verskeie kere die appellant in die rede geval tydens sy ondervraging.

Die manier waarop die lykskouingsverslag en die verslag ten aansien van die ontleding van monsters sowel as die erkenning van die inhoud van laasgenoemde verslag voor die Hof geplaas is deur die streeklanddros laat ook veel te wense oor.

In al die omstandighede dus het ons gelas dat die appellant se skuldigbevinding en vonnis tersyde gestel word.

Ek moet byvoeg dat, vanweë die streeklanddros se optrede soos voormeld, ‘n man wat sy saamleefvrou op erg gewelddadige wyse doodgeslaan het (die distriksgeneesheer het nie minder nie as 64 houe geïdentifiseer op die oorledene se liggaam) nou vrygelaat moet word. Dít strek glad nie die regspleging tot eer nie.

_____

SA MAJIEDT

REGTER

Ek stem saam:

CJ MUSI

WAARNEMENDE

REGTER

NAMENS APPELLANT : MNR. E. MATHEWSON

NAMENS RESPONDENT : ADV CG JANSEN

DATUM VAN VERHOOR : 2005-04-18

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Aubrey Titus (unreported, CA&R 283/03, 18 March 2005)

Case cited

S v Baka, S v Martin, S v Van Rooi (CA&R 268/03, 18/03, 241/03, 18 March 2005)

Case cited

Criminal Procedure Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.