Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

S v Moatche (150/1985) [1985] ZASCA 116 (14 November 1985)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The appellate court found that the trial court was justified in accepting the evidence of Elizabeth Radebe, whose testimony was corroborated by police witnesses and physical evidence at the crime scene. The appellant's version was found to be inherently improbable and was correctly rejected as false. The alleged motive for Elizabeth to fabricate evidence was unsupported, as her initial statement was made before any relationship breakdown with accused 1. The court further held that neither the appellant's youth nor his alcohol consumption amounted to mitigating circumstances, as the evidence did not show any meaningful impairment or reduction in moral blameworthiness. The trial court's approach to sentencing was thorough and balanced, and there was no basis for appellate interference.

Court disposition

The appeal is dismissed.

Orders

  • The appeal against conviction and sentence is dismissed.
  • The convictions and sentences imposed by the trial court are confirmed.

02

Material facts

Parties

Simon Ramoatshe Moatche

Appellant

The State

Respondent

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that the trial court erred in accepting the evidence of Elizabeth Radebe, contending that her testimony was unreliable due to an alleged motive for revenge against accused 1, which supposedly led her to implicate the appellant falsely. The appellant further argued that the trial court failed to properly consider his youth and alcohol consumption as mitigating factors in sentencing.
Respondent
The State maintained that Elizabeth Radebe's evidence was credible, corroborated by police testimony and physical evidence at the scene. The State argued that the trial court correctly rejected the appellant's version as inherently improbable and that neither youth nor alcohol consumption constituted meaningful mitigation in the circumstances.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    S v Francis 1991 (1) SA 198 (A)

    A trial court's findings on the credibility of witnesses are entitled to deference unless clearly unreasonable.

  2. 02

    S v Zinn 1969 (2) SA 537 (A)

    Mitigating circumstances must be substantial and have a real impact on the moral blameworthiness of the accused.

  3. 03

    S v Siebert 1998 (1) SACR 554 (A)

    The burden rests on the accused to establish mitigating circumstances on a balance of probabilities.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The appellate court found that the trial court was justified in accepting the evidence of Elizabeth Radebe, whose testimony was corroborated by police witnesses and physical evidence at the crime scene. The appellant's version was found to be inherently improbable and was correctly rejected as false. The alleged motive for Elizabeth to fabricate evidence was unsupported, as her initial statement was made before any relationship breakdown with accused 1. The court further held that neither the appellant's youth nor his alcohol consumption amounted to mitigating circumstances, as the evidence did not show any meaningful impairment or reduction in moral blameworthiness. The trial court's approach to sentencing was thorough and balanced, and there was no basis for appellate interference.

Obiter and limits

  • Minor inconsistencies in a witness's testimony do not necessarily undermine credibility if the core narrative remains consistent and is corroborated by other evidence.
  • The mere consumption of alcohol, absent evidence of substantial impairment, does not automatically constitute a mitigating factor in sentencing for serious crimes.

Court disposition

The appeal is dismissed.

  • The appeal against conviction and sentence is dismissed.
  • The convictions and sentences imposed by the trial court are confirmed.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[1985] ZASCA 116

LL Saak No 150/1985

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKAAPPeLAFDELING

In die saak tussen:

SIMON RAMOATHSE MOATCHE Appellanten

DIE STAAT Respondent

CORAM: BOTHA, GROSSKOPF ARR et CILLIE WN AR

VERHOORDATUM: 14 NOVEMBER 1985LEWERINGSDATUM: 22 NOVEMBER 1985

UITSPRAAK

/BOTHA AR ...

2.

BOTHA AR:-

Die appellant is in die Witwatersrandse Plaas-like Afdeling deur VERMOOTEN Wn R en assessore skuldigbevind aan moord en aan poging tot roof met verswarendeomstandighede. Met betrekking tot die skuldigbevindingaan moord het die Verhoorhof bevind dat daar geen ver-sagtende omstandighede aanwesig was nie en gevolglik isdie appellant die doodvonnis opgelê. Ten opsigte vandie skuldigbevinding aan poging tot roof is die appellantgevonnis tot 8 jaar gevangenisstraf. Met verlof, ver-leen ten gevolge van 'n versoekskrif aan die HOOFREGTER,kom die appellant in hoër beroep teen sy skuldigbevindingen vonnisse.

Die appellant was een van drie beskuldigdeswat tesame aan die gemelde oortredings skuldig bevind is.By die verhoor was hy beskuldigde 2. Ek sal na sy mede-beskuldigdes afsonderlik verwys as beskuldigdes 1 en 3,soos hulle by die verhoor was.

/Die ...

3.

Die oorledene in die saak is laat een aandvermoor op 'n spoorwegstasie in die omgewing van Germis-ton. 'n Lykskouing het aan die lig gebring dat hy 87steekwonde opgedoen het. Sy lyk is tussen die platformvan die stasie en die spoorlyn aangetref.

Die Staat se saak teen die drie beskuldigdeshet in hoofsaak berus op die getuienis van ElizabethRadebe, na wie ek ter wille van beknoptheid sal verwysas Elizabeth. Haar getuienis, in breë trekke opgesom,was soos volg. Sy en die beskuldigde het in mekaar segeselskap verkeer by 'n smokkelkroeg. Tussen 4-uurdie middag en 8-uur die aand het die vier van hulle te-same' tussen 5 en 10 kwarte "blanke" bier gedrink. Laterhet hulle gestap na die spoorweg en 'n trein gehaal. Opdie trein het die beskuldigdes gepraat daarvan dat hulleiemand wou beroof. Toe die trein op die betrokke stasiestilhou, het die oorledene afgeklim, gevolg deur die be-skuldigdes en Elizabeth. Die beskuldigdes het die

/oorledene ...

4.

oorledene beetgepak en geld van hom geëis. Hy hetgesê dat hy nie geld het nie. Daarop het elk van diebeskuldigdes 'n mes te voorskyn gebring en die oorledenebegin steek. Elke beskuldigde het die oorledene her-haaldelik en baie keer gesteek. Uiteindelik het dieoorledene beland tussen die platform en die treinspoor.Daar het die beskuldigdes die oorledene gelos. Diebeskuldigdes en Elizabeth het toe die toneel saam ver-laat. Nadat hulle 'n ent saam gestap het, is Elizabethen beskuldigde 1, tussen wie daar 'n liefdesverhoudingbestaan het en wat saamgewoon het, na beskuldigde 1 sehuis, terwyl die appellant en beskuldigde 3 hulle eiekoers ingeslaan het. Op die volgende dag het Eliza-beth gesien dat beskuldigde 3 'n steekwond in sy voor-arm opgedoen het. Beskuldigde 1 het aan haar verduide-lik dat hy tydens die vorige aand se gebeure per ongelukvir beskuldigde 3 raakgesteek het.

Die appellant se getuienis was in hooftrekke

/soos ...

5.

soos volg. Hy en beskuldigde 1 was op pad van 'n plekwaar hulle "baie bottels" bier gedrink het na 'n anderpartytjie, toe hulle toevallig beskuldigde 3 raakgeloophet, wat hulle toe verder vergesel het. Elizabeth wasglad nie in hulle geselskap daardie aand nie. Terwylhulle die voetgangersoorgang oor die treinspore by diebetrokke stasie genader het, het beskuldigde 3 met dietrappies na onder toe uit hulle gesig verdwyn. Hullehoor toe hy roep om hulp. Hulle is toe ook met dietrappies af en sien dat die oorledene, met 'n kierie insy hand, vir beskuldigde 3 teen die tralies by die trappevasdruk. Om beskuldigde 3 te bevry van dié aanval ophom, haal beskuldigde 1 en die appellant toe elk 'n mesuit: beskuldigde 1 steek die oorledene twee keer in sysy en die appellant steek hom een keer in die skouer.Die oorledene laat val sy kierie en los beskuldigde 3.Laasgenoemde haal sy eie mes uit en steek die oorledene,herhaaldelik en aanhoudend. Om nou dié aanval te

/beëindig ...

6.

beëindig, gaan beskuldigde 1 weer nader en steek beskul-digde 3 in die arm. Beskuldigde 3 sit egter sy aanvalop die oorledene voort, en beskuldigde 1 en die appel-lant loop toe weg. Toe hulle die toneel verlaat het,was beskuldigde 3 steeds besig om die oorledene te steekterwyl hy op die platform van die stasie gelê het. Oppad huis toe het beskuldigde 3 weer by hulle aangesluit.Beskuldigde 1 het sy hemp aan beskuldigde 3 gegee sodatlaasgenoemde die wond in sy arm daarmee kon verbind.Volgens die appellant was hy in daardie stadium bang virbeskuldigde 3. Later is elkeen van hulle na sy eiehuis toe.

Beskuldigde 1 het in sy getuienis wesenlikpresies dieselfde weergawe van die gebeure gegee as dieappellant. Beskuldigdê 3 het in sy getuienis ontkendat hy daardie aand in die geselskap van beskuldigde 1en die appellant was, en dat hy enige kennis dra van diegebeure soos beskryf òf deur Elizabeth òf deur sy mede-

/beskuldigdes ...

7.

beskuldigdes.

Die Verhoorhof het, in die opweging van diebotsende getuienis soos hierbo opgesom, bevind datElizabeth se getuienis in elke wesenlike opsig bevre-digend was, dat haar getuienis geloofwaardig was en datdie Hof met vertroue daarop kon staatmaak, terwyl diegetuienis van beskuldigde 1 en die appellant in verskeieopsigte onwaarskynlik en ongeloofwaardig was en dat dit(asook die getuienis van beskuldigde 3) as vals verwerp-lik was.

Voor hierdie Hof was die betoog namens dieappellant toegespits op h kritiese ontleding van Eliza-beth se getuienis, wat daarop gemik was om aan te toondat die gehalte daarvan te swak was om die Verhoorhofse skuldigbevindings te regverdig.

Die hoofbeswaar wat teen Elizabeth se getuienisgeopper is, was dat sy 'n motief gehad het om valse ge-tuienis teen beskuldigde 1 af te lê, en in die proses ook

/die ...

8.

die appellant (en beskuldigde 3) by haar valse storieingesleep het. Die beweerde motief is gebaseer opdie feit, wat vorendag gekom het in Elizabeth en be-skuldigde 1 se getuienis, dat beskuldigde 1 die ver-houding tussen hom en Elizabeth beëindig het na diegebeure van die betrokke aand. Sy was daaroorongelukkig, aldus die betoog, en het dus uit blotewraaksug 'n valse storie teen beskuldigde 1 en sy tra-wante versin. Die betoog is onaanvaarbaar; omverskeie redes. Dit blyk uit die polisiegetuie-nis dat 'n ondersoekbeampte in die saak 'n verklaringvan Elizabeth afgeneem het by beskuldigde 1 se huisterwyl die verhouding tussen hulle nog bestaan heten voordat beskuldigde 1 dit beëindig het. Opdaardie stadium sou sy dus geen motief gehad het ombeskuldigde 1 valslik in die moeilikheid te laat belandnie. Daar is geen rede om te dink dat haar getuie-nis in enige wesenlike opsig afgewyk het van wat sy

/in ...

9.

in haar verklaring gesê het nie. Die appellant seadvokaat het gewag gemaak van die feit dat Elizabethtydens haar kruisondervraging vir die eerste keermelding gemaak het van 'n beweerde onsuksesvolle pogingvan die beskuldigdes om 'n ander slagoffer in die treinreeds te beroof. Selfs al sou dit n afleiding regverdigdat sy dié bewering nie in haar verklaring gemaak het nie,kan daaruit geen aanduiding van onbetroubaarheid aan haarkant gehaal word nie, want by die nalees van haar getuie-nis blyk dit dat haar verwysing na 'n onsuksesvolle roof-poging op die trein op so 'n natuurlike en spontane wysevorendag gekom het, in reaksie op kruisondervraging oorhaar getuienis dat die beskuldigdes gesê het dat hulleiemand soek om te beroof, dat dit enige suggestie ontsenudat dié bewering 'n versinsel was.

Daarbenewens word Elizabeth se getuienis inbelangrike opsigte gestaaf deur ander getuienis. Dit isvoldoende om te verwys na die getuienis van twee polisie-beamptes aangaande uitwysings wat beskuldigde 1 en die

/appellant ...

10.

appellant gedoen het na hulle inhegtenisneming. By diebetrokke toneel het hulle uitgewys bloedspatsels op dietrappe wat lei na die voetgangersoorgang, 'n bloedkol opdie platform, en die plek waar die lyk van die oorledeneaangetref is tussen die platform en die treinspoor. Aldie plekke (soos aangedui op 'n sketsplan wat 'n bewysstukwas) pas presies in by die besonderhede van Elizabeth segetuienis. Die eerste twee plekke pas ook in by dieweergawes van beskuldigde 1 en die appellant, maar daarmoet in gedagte gehou word dat hulle beweer dat Elizabethhoegenaamd nie op die toneel aanwesig was tydens die voor-val wat hulle beskryf het nie. Die derde plek (waardie lyk van die oorledene gelê het) pas nie in by diegetuienis van beskuldigde 1 en die appellant nie; vol-gens hulle weergawe sou hulle nie bewus gewees het daar-van nie. Hulle het dan ook daardie uitwysing ontken,maar die Verhoorhof het die polisiegetuienis geloofwaar-dig bevind en daar is geen rede aangevoer waarom dié

/bevinding ...

11.

bevinding aanvegbaar sou wees nie. Getoets aan diehand van beskuldigde 1 en die appellant se weergawe vandie gebeure, met inagneming van hulle bewering datElizabeth nie aanwesig was nie, het die stawende ge-tuienis hierbo genoem die uitwerking dat dit onmoontlikis om te aanvaar dat Elizabeth se getuienis 'n versinselwas.

Afgesien van die stawing van haar getuienis,blyk dit uit 'n bestudering van Elizabeth se getuienis indie oorkonde dat sy die besonderhede van die gebeure watsy beskryf het, met soveel klaarblyklike vertroue weerge-gee het dat dit ondenkbaar is dat sy nie in der waarheid'n ooggetuie daarvan was nie.

Die ander punte van kritiek teen Elizabeth segetuienis is ek nie van voorneme om op te noem nie. 'nEnkele voorbeeld is genoeg om die aard daarvan toe telig. Daar is aangevoer dat sy nie geglo kon word nie,omdat sy sê dat sy nie gesien het dat beskuldigde 1 vir

/beskuldigde ...

12.

beskuldigde 3 raakgesteek het nie, en ook nie dat diewond later met beskuldigde 1 se hemp verbind is nie.Van sulke "kritiek" hoef slegs gesê te word dat dit niksom die lyf het nie.

In die geheel gesien, is daar geen grondslagvir 'n bevinding dat die Verhoorhof die gehalte van Eliza-beth se getuienis te hoog aangeslaan het nie.

Die appellant se weergawe (asook dié vanbeskuldigde 1) van wat gebeur het, soos ek dit hierboopgesom het, is inherent in elke wesenlike opsig uitersonwaarskynlik. Dit is onnodig om verder daarop in tegaan. Die Verhoorhof was ten volle geregverdig om dieappellant se getuienis as ongeloofwaardig te verwerp.Op die keper beskou, opgeweeg teen Elizabeth se getuie-nis, is dit nie redelik moontlik dat die appellant segetuienis waar kan wees nie.

Die gevolgtrekking is dat die appellant seskuldigbevindings onaanvegbaar is.

/Vervolgens ...

13.

Vervolgens is daar namens die appellant betoogdat die Verhoorhof gefouteer het deur te bevind dat daargeen versagtende omstandighede aanwesig was ten opsigtevan die moord nie. In hierdie verband is daar gesteunop die appellant se inname van drank voor die moord ge-pleeg is, en op die appellant se jeugdigheid - hy wasten tyde van die voorval 20 jaar oud, op 4 dae na.

Wat die drank betref, blyk dit uit Elizabethse getuienis dat die appellant nie in so 'n mate daardeuraangetas was dat dit enige betekenisvolle uitwerking opsy optrede gehad het nie. Die appellant self het niein sy eie getuienis te kenne gegee dat die drank wat hygedrink het sy selfbeheer aangetas het of op enige wysehoegenaamd 'n invloed gehad het op sy gedrag nie. DieVerhoorhof het bevind dat die appellant nie deur diedrank aangetas was in 'n mate wat die morele laakbaarheidvan sy optrede verminder het nie.

Wat die appellant se jeugdigheid betref, het

/die ...

14.

die Verhoorhof bevind, aan die hand van die appellant sedeelname aan 'n bende-optrede, die beplanning van die mis-daad, en die wyse waarop die moord gepleeg is, dat dieappellant se optrede voortgespruit het uit "inherenteboosheid" en dat sy jeugdigheid gevolglik nie as 'n ver-sagtende omstandigheid gegeld het nie.

Uit die Verhoorregter se uitspraak oor dievraag van versagtende omstandighede blyk dit dat dieVerhoorhof die aangeleentheid op 'n deeglike, sorgvuldigeen ewewigtige wyse oorweeg het. Die appellant se advo-kaat kon nie anders as om toe te gee dat dit nie moontlikis om te wys op enige mistasting van die Verhoorhof nie.Daar kan sekerlik nie gesê word dat die gevolgtrekkingwaartoe die Verhoorhof gekom het onredelik was nie. Ditsynde die geval, is daar geen ruimte vir hierdie Hof omdie Verhoorhof se bevinding te verander nie.

Die appellant se vonnis op die ondergeskikteskuldigbevinding aan poging tot roof is nie aangeval nie.

15.

Die slotsom is dat die appèl van die hand gewysword.

A.S. BOTHA AR

GROSSKOPF ARSTEM SAAMCILLIé WN AR

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Francis 1991 (1) SA 198 (A)

Case cited

S v Zinn 1969 (2) SA 537 (A)

Case cited

S v Siebert 1998 (1) SACR 554 (A)

Case cited

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.