S v Moleme (364/1992) [1993] ZASCA 138 (27 September 1993)
- Citation
- [1993] ZASCA 138
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Van Heerden, Van den Heever, Krieger, Nestadt
- Case number
- 364/1992
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Van Heerden, Van den Heever, Krieger, Nestadt
- Case number
- 364/1992
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that, although the appellant was convicted of serious offences involving automatic firearms, the circumstances indicated that he did not acquire the weapons for his own use but rather kept them for his brother. The appellant had no prior convictions, was gainfully employed, and supported a family. The court determined that direct imprisonment would cause disproportionate hardship and that the seriousness of the offences could be adequately addressed by imposing periodic imprisonment. The appeal succeeded, and the sentences were substituted with 2,000 hours of periodic imprisonment on all counts.
Court disposition
Appeal upheld; sentences substituted with periodic imprisonment.
Orders
- The sentences imposed by the lower court are set aside and replaced with 2,000 hours of periodic imprisonment on all four counts.
- The matter is referred back to the magistrate to comply with the provisions of section 285(2)(a) of the Criminal Procedure Act.
02
Material facts
Parties
Leutikile Godwin Moleme
AppellantThe State
RespondentAmounts and remedies
- Appellant's Monthly Salary: ZAR 2,400
- Periodic Imprisonment Hours Imposed: 2,000
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Sentence
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the appellant's sentence for unlawful possession of automatic firearms and ammunition was appropriate given the circumstances.
- 02
Whether the appellant's personal circumstances and lack of intent to use the firearms justified a lesser sentence.
- 03
Whether periodic imprisonment was a suitable alternative to direct imprisonment in this case.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that he came into possession of the firearms and ammunition through his brother's actions, without intent to use them for criminal purposes. He maintained that he only kept the weapons temporarily for his brother and intended to hide them until he could decide what to do. He highlighted his lack of previous convictions, stable employment, and family responsibilities, contending that direct imprisonment would result in undue hardship and loss of livelihood.
- Respondent
- The State emphasized the seriousness of the offences, particularly the unlawful possession of automatic firearms, and the broader societal risk posed by such conduct. The prosecution argued that the appellant had been in possession of the weapons for a considerable period and had no intention of surrendering them. The State maintained that imprisonment was necessary to deter similar offences and to reflect the gravity of the crime.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Zinn 1969 (2) SA 537 (A)
Sentencing must balance the seriousness of the offence with the personal circumstances of the accused, considering both aggravating and mitigating factors.
- 02
Section 285(2)(a) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977
Periodic imprisonment may be imposed where direct imprisonment would result in undue hardship, provided the circumstances justify such leniency.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that, although the appellant was convicted of serious offences involving automatic firearms, the circumstances indicated that he did not acquire the weapons for his own use but rather kept them for his brother. The appellant had no prior convictions, was gainfully employed, and supported a family. The court determined that direct imprisonment would cause disproportionate hardship and that the seriousness of the offences could be adequately addressed by imposing periodic imprisonment. The appeal succeeded, and the sentences were substituted with 2,000 hours of periodic imprisonment on all counts.
Obiter and limits
- In general, direct imprisonment is not an inappropriate sentence for unlawful possession of automatic firearms, but the unique circumstances of this case justify a different approach.
- The fact that the appellant came into possession of the weapons solely through his brother's actions and never intended to use them himself was decisive in the court's leniency.
Court disposition
Appeal upheld; sentences substituted with periodic imprisonment.
- The sentences imposed by the lower court are set aside and replaced with 2,000 hours of periodic imprisonment on all four counts.
- The matter is referred back to the magistrate to comply with the provisions of section 285(2)(a) of the Criminal Procedure Act.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
LL Saak No 364/1992
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKAAPPèLAFDELING
Insake die appèl van:LEUTIKILE GODWIN MOLEME Appellant
teen
DIE STAAT Respondent
CORAM: VAN HEERDEN, VAN DEN HEEVER ARR en
KRIEGLER Wnd AR
VERHOORDATUM: 10 SEPTEMBER 1993
LEWERINGSDATUM: 27 SEPTEMBER 1993
UITSPRAAK VAN HEERDEN AR:2 Die appellant het in 'n landdroshof skuldig gepleit op aanklagte van wederregtelike besit van 'n Makarov pistool, ses 9 mm Makarov patrone, 'n Stechkin pistool en twintig 9 mm Stechkin patrone. Tydens ondervraging ingevolge art 112 van die Straf-proseswet 51 van 1977 het die appellant beweer dat hy op 9 Februarie 1991 sy broer in Botswana besoek het. Na sy terugkoms by sy tuiste naby Bloemfontein het sy broer hom getelefoneer. Dié het gesê dat hy iets gesit het in die bak van die voertuig waarmee die appellant gereis het. Laasgenoemde het toe die twee vuurwapens in die bak gevind (blykbaar met patrone in die magasyne daarvan). Hy het op sy beurt sy broer geskakel en gevra waarom hy die wapens sonder sy wete in die voertuig geplaas het. Sy broer se antwoord was dat hy by sy terugkeer na die appellant se huis die wapens sou gebruik om homself te verdedig. Die appellant het voorts gesê dat hy toe die wapens in 'n3 huisie ingegooi het om hulle "voorlopig" daar te hou omdat hy nie geweet het waarheen hy hulle kon neem nie. Later het hy besluit om die wapens vanaf sy woning te verwyder maar is toe - op 3 Maart 1991 -gearresteer.Nadat hy op grond van sy ondervraging op al vier aanklagte skuldig bevind is, het die appellant ter versagting getuig. Tydens kruisondervraging het hy herhaal dat hy op 3 Maart 1991 op pad was om die Makarov pistool elders te gaan
versteek. Onderweg het hy gehoor dat een of ander geselligheid in 'n huis aan die gang was. Hy het ingegaan en later in 'n worsteling met van die partytjiegangers betrokke geraak. Daartydens het hy die pistool uit die sak-omhulsel daarvan getrek. Dit het hy gedoen omdat hy wou keer dat die pistool teen hom gebruik word. Die pistool is toe van hom afgeneem. ('n Mens lei af dat die huisbaas toe die polisie ontbied het waarna die4 appellant gearresteer is.)Uitgevra deur die landdros, het die appellant gesê dat hy die Makarov pistool in 'n gereedskapskamer van familielede wou gaan wegsteek totdat hy kon besluit wat hy daarmee sou doen. Hy het nie die betrokke aand die Stechkin pistool saamgeneem nie omdat hy nie op dieselfde tydstip albei pistole by hom wou hê nie. Hy was egter van voorneme om later die Stechkin pistool in dieselfde kamer te versteek.Die enigste ander getuie was die ondersoek-beampte, konstabel Redelinghuys, wat deur die appellant opgeroep was. Hy getuig dat die appellant hom behulpsaam was met die opspoor van die Stechkin pistool. Na sy arrestasie het hy 'n hangkas uitgewys waarin daardie pistool versteek sou gewees het. Dit was egter nie daarin nie en die appellant het toe 'n boodskap gelaat dat 'n ander broer van hom dit aan5 die polisie moes besorg. Later dieselfde aand is die pistool deur die broer aan die getuie oorhandig.Uit Redelinghuys se getuienis blyk
ook dat die appellant kort na sy arrestasie aan hom gesê het dat sy eersgenoemde broer met sy terugkeer uit Botswana herbesit van die vuurwapens sou neem.Die landdros het die appellant gevonnis tot twee jaar gevangenisstraf op die twee aanklagte van besit van die vuurwapens, en tot ses maande gevange-nisstraf op die orige twee aanklagte. Hy het veral twee faktore beklemtoon, nl dat die appellant voor 3 Maart 1991 reeds vir 'n geruime tyd in besit van die wapens en ammunisie was en dat hy selfs toe geen voorneme gehad het om hulle "na vore" te bring nie, asook dat wederregtelike besit van vuurwapens 'n groot omvang aangeneem het en lig daartoe lei "dat mense na wlllekeur om die lewe gebring word". Hy het egter aan die ander kant van die skaal ook gelet op6 die appellant se persoonlike omstandighede waaroor later meer.'n Appél na die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling teen die appellant se vonnisse was gedeeltelik suksesvol. Die globale vonnis op die aanklagte van besit van die vuurwapens is naamlik vervang met gevangenisstraf vir 'n tydperk van een jaar, terwyl ook gelas is dat die vonnis op die ander twee klagtes samelopend daarmee moes wees. Die grondslag vir die inmenging was dat daar 'n opval-lende verskil bestaan het tussen die landdros se vonnisse en die straf wat volgens die siening van die hof van appèl toegemeet moes gewees het. Met verlof van daardie hof is die onderhawige appèl gerig teen die gewysigde vonnisse.
Ter aanvang moet ek meld dat beide die appellant se weergawe toe hy ingevolge art 112 van die Strafproseswet ondervra is en sy getuienis vir my7 mank gaan aan gebreke. Eerstens is dit onwaarskyn-lik dat sy broer sonder sy wete die wapens in die bak van die voertuig sou geplaas het. Toe hy die appellant skuldig bevind het, het die landdros egter blykbaar daardie weergawe aanvaar en bowendien die volgende gesê: "Die aanklaer het aangedui dat die feite in ooreenstemming is met dié waaroor die Staat beskik".Tweedens is die appellant se getuienis aangaande die gebeure in die huis waarin die gesel-ligheid gehou is vaag en selfs moeilik begrypbaar. -Dit is ook onwaarskynlik dat die appellant nou juis op daardie tydstip op pad was om die Makarov pistool êrens te gaan versteek. Maar hoewel die aanklaer aangedui het dat hy van voorneme was om getuienis aan te bied "wat betref die omstandighede waaronder die vuurwapens teruggevind is", het hy niemand opgeroep om te getuig oor wat die appellant die betrokke aand8 in die huis met die pistool gedoen het alvorens dit van hom weggeneem is nie. Ek kan dus nie as redelike moontlikheid uitsluit dat die appellant wel op pad was om die pistool elders te gaan versteek nie. Dit is ook hoe beide die landdros en die aanklaer die posisie aanvaar het.Anders as om te wys op die verskil in vonnisevaluering van die landdros en dié van die hof van appèl, het daardie hof nie sy siening verder gemotiveer nie. Ons kan dus inmeng slegs as daar 'n treffende verskil bestaan tussen die gewysigde vonnisse en dié wat hierdie hof as hof van eerste instansie sou opgelê het.
Dat die appellant aan ernstige misdrywe skuldig bevind is, spreek vanself. Dit is veral so omdat die pistole outomatiese wapens was. Hierteen-oor moet aanvaar word dat die appellant as't ware sonder sy toedoen in besit van die wapens en ammuni-9 sie gekom het; dat hy dié slegs vir sy broer in bewaring wou hou, en dat hy hulle dus nie vir sy eie doeleindes wou aanwend nie. Voorts moet in ag geneem word dat hy nie vorige veroordelings het nie, en afgesien van die onderhawige vergrype 'n nuttige landsburger is. Dit blyk uit die feit dat hy vir 'n geruime tyd by Telkom en sy voorganger as elektrisiën werksaam was teen 'n salaris (ten tye van die verhoor) van R2 400 per maand. Hy is 'n getroude man met twee kinders en as hy gevangenisstraf ondergaan sal hy nie net sy werk verloor nie, maar ook 'n huislening wat sy werkgewer aan hom beskikbaar gestel het.
Na opweging van al die strafverswarende en versagtende faktore is ek van mening, weliswaar nie sonder 'n mate van huiwering nie, dat die appellant nie tot aaneenlopende gevangenisstraf gevonnis behoort te gewees het nie. Maar alhoewel hy instaat10 gestel moet word om met sy gewone werksaamhede voort te gaan, moet die erns van die misdrywe by hom en ander - bestaande en moontlik toekomstige - soort-gelyke oortreders tuisgebring word. Albei oorwegings kan myns insiens bevredig word deur die appellant op al vier aanklagte 2 000 uur periodieke gevangenis-straf te laat ondergaan. Dit is nouliks nodig om te sê dat daar wel 'n treffende verskil is tussen so 'n vonnis en die gewysigde vonnisse.Ter kwalifisering van bostaande moet egter die volgende bygevoeg word. In die reël is aaneen-lopende gevangenisstraf nie 'n onvanpaste straf vir onwettige besit van outomatiese wapens nie. Dit is dan ook slegs vanwee die besondere omstandighede van hierdie geval dat op periodieke gevangenisstraf besluit kan word. Wat die skaal in die guns van die appellant laat swaai is vernaamlik die feit dat hy slegs deur sy broer se toedoen in besit van die11 wapens en ammunisie gekom het, en die verdere feit dat hy nooit van voorneme was om dit te gebruik nie.Die appèl slaag derhalwe en die bevel van die hof a quo word tersyde gestel. Voorts word die vonnisse opgelê deur die landdros met die volgende vervang:
"Die beskuldigde word op al vier aanklagtegevonnis om periodieke gevangenisstraf van
2 000 uur te ondergaan."Die aangeleentheid word na die landdros terugverwys ten einde aan die bepalings van art 285(2)(a) van die Strafproseswet te voldoen.
H J O VAN HEERDEN AR
VAN DEN HEEVER ARSTEM SAAM KRIEGLER Wnd AR
JUDGMENT NESTADT, JA:
I do not underestimate the enormity of the crime or the degree to which society would be outraged by it. But these factors notwithstanding and after
2
anxious consideration, I have come to the conclusion that the death sentence is not imperatively called for. What in particular weighs with me is the appellant's degree of intoxication; his mental retardation; that he is a first offender; and the fact that the murder was not planned. I would therefore allow the appeal and substitute a sentence of 25 years imprisonment. I would order that the other periods of imprisonment to which the appellant was sentenced run concurrently with the 25 year sentence.
NESTADT, JA
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.