S v Moloi (A389/2007) [2007] ZAGPHC 73 (6 June 2007)
- Citation
- [2007] ZAGPHC 73
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- High Courts - Gauteng
- Panel
- Pretorius
- Case number
- A389/2007
More details
- Court
- High Courts - Gauteng
- Panel
- Pretorius
- Case number
- A389/2007
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the withdrawal of the section 204 witness, who was the primary source implicating the appellant, constituted a material change in circumstances. The remaining evidence, including the absence of self-incriminating cellphone records and the lack of direct testimony linking the appellant to the offence, significantly weakened the State's case. The court held that the appellant had demonstrated extraordinary circumstances justifying bail, as the interests of justice would not be prejudiced by his release. The magistrate's refusal to grant bail was therefore incorrect, and the appellate court substituted its own decision, granting bail subject to strict conditions.
Court disposition
Appeal upheld; bail granted to the appellant.
Orders
- Bail is granted to the appellant in the amount of R20,000.00.
- The appellant must report twice daily, between 07:00 and 08:00 in the morning and 17:00 and 18:00 in the evening, at the Sandton police station.
- The appellant is prohibited from contacting any State witness in any manner.
- The appellant may not leave Gauteng without written permission from the investigating officer.
- The appellant must surrender his passport to the investigating officer.
02
Material facts
Parties
Vusi Musie Moloi
Appellant Counsel: Adv PotgieterThe State
Respondent Counsel: Adv van BastenAmounts and remedies
- Bail Amount: ZAR 20,000
- Value of Townhouse Purchased: ZAR 680,000
- Monthly Bond Repayment: ZAR 6,000
- Value of Taxis Owned: ZAR 90,000
- Monthly Income From Taxis: ZAR 12,000
- Monthly Income From Trucking Business: ZAR 40,000
- Value of Trucking Vehicles: ZAR 300,000
- Monthly Creche Expenses: ZAR 1,500
- Monthly Private School Fees: ZAR 4,500
- Amount Stolen in Alleged Robbery: ZAR 1,678,649
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Refusal of Bail
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the appellant demonstrated extraordinary circumstances justifying release on bail.
- 02
Whether the magistrate erred in refusing bail based on the available evidence.
- 03
Whether the withdrawal of the section 204 witness undermined the State's case against the appellant.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that new facts had arisen since the initial bail application, specifically that the section 204 witness, Phillip Lekgau, would no longer testify against him, and that the remaining evidence did not implicate him in the offence. He submitted that his personal circumstances, lack of prior convictions, and the absence of self-incriminating cellphone records supported the existence of extraordinary circumstances warranting bail.
- Respondent
- The respondent contended that the appellant was implicated in other pending cases in Germiston and Mtubatuba, and that the withdrawal of the section 204 witness did not eliminate the risk to the interests of justice. The State relied on the possibility of DNA evidence and the seriousness of the charges, arguing that the appellant had not discharged the onus under section 60(11)(a) of the Criminal Procedure Act.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Barber 1979 (4) SA 218 (D & CLD) at 219H
The court must be satisfied that the interests of justice will not be prejudiced by the granting of bail, even if generally disposed to favour liberty.
- 02
Section 60(11)(a) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977
Where an accused is charged with a Schedule 6 offence, bail may only be granted if the accused adduces evidence of extraordinary circumstances justifying release.
- 03
S v Botha and Another 2002 (1) SACR 222 (SCA) at 230g-h
Proof by an accused that he is likely to be acquitted may constitute 'extraordinary circumstances' for bail purposes.
- 04
Porthen and Others 2004 (2) SACR 242 (C) at 249 para 15
If the appellate court finds that the applicants for bail discharged the burden of proof under section 60(11)(a), it must substitute its own decision for that of the lower court.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the withdrawal of the section 204 witness, who was the primary source implicating the appellant, constituted a material change in circumstances. The remaining evidence, including the absence of self-incriminating cellphone records and the lack of direct testimony linking the appellant to the offence, significantly weakened the State's case. The court held that the appellant had demonstrated extraordinary circumstances justifying bail, as the interests of justice would not be prejudiced by his release. The magistrate's refusal to grant bail was therefore incorrect, and the appellate court substituted its own decision, granting bail subject to strict conditions.
Obiter and limits
- The delay in obtaining DNA test results, despite being requested months prior, cannot indefinitely justify continued detention.
- The existence of other pending cases does not, in itself, constitute sufficient grounds to refuse bail where the evidence in the present matter is weak.
- The interests of justice require a careful balancing of the accused's liberty and the strength of the State's case.
Court disposition
Appeal upheld; bail granted to the appellant.
- Bail is granted to the appellant in the amount of R20,000.00.
- The appellant must report twice daily, between 07:00 and 08:00 in the morning and 17:00 and 18:00 in the evening, at the Sandton police station.
- The appellant is prohibited from contacting any State witness in any manner.
- The appellant may not leave Gauteng without written permission from the investigating officer.
- The appellant must surrender his passport to the investigating officer.
Source and reliance status
High Courts - Gauteng
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
High Courts - Gauteng
Judgment
Nie rapporteerbaar
1IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA
(TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak nommer: A389/2007
Datum: 6 June 2007
In die saak tussen:
VUSI MUSIE MOLOI Appellant
en
DIE STAAT Respondent
UITSPRAAK
______________
PRETORIUS R,
Hierdie is ân appel teen die weiering van borg vir die appellant deur die agbare Landdros. Hierdie hof moet in terme van artikel 65(4) van die Strafproseswet oortuig wees dat die besluit van die landdros verkeerd was om borg te weier.
Die appellant is reeds op 26 of 26 Julie 2006 arresteer op ân klagte van roof met verswarende omstandighede. Die roof is gepleeg te Eerste Nasionale Bank, Brooklyn waar R1678649.00 geroof is, ân verdere klagte van roof van vuurwapens en selfone van die veiligheidswagte by genoemde bank is bygevoeg.
In die eerste borgaansoek op 10 Augustus 2006 het die appellant sy persoonlike omstandighede as volg voorgehou in ân beëdigde verklaring:
âDie meenthuis is aangekoop vir ân bedrag van R680 000.00 en ek betaal ân bedrag van R6 000.00 per maand terug op die verband. Ek was voor dit woonagtig in ân ander meenthuis in dieselfde straat en voorstad vir ân tydperk van 2 jaar.
Ek is ân taxi eienaar en besit drie taxiâs met ân waarde van ongeveer R90 000.00. Ek verdien ongeveer R12 000.00 tot R15 000.00 per maand uit die taxiâs. Ek is ook die eienaar van TVM Trucking. Ek bedryf die vervoer besigheid self en my inkomste is ongeveer R40 000.00 per maand. Sedert my aanhouding het my inkomste ongeveer 80 persent gedaal omdat ek nie meer daar is om die kontrakte aan te gaan en toe te sien dat die voertuie loop nie. Die voertuie is ongeveer R300 000.00 werd.
Alhoewel ek nie getroud is nie het ek twee kinders met ouderdomme 5 en 13 jaar. Ek betaal R1 500.00 per maand aan kleuterskool uitgawes vir die jongste een en R4 500.00 per maand aan skoolgeld vir die privaatskool waarin die oudste kind is. Ek onderhou ook die moeders van my kinders.
My ouers is beide afgetree en is woonagtig te Hlisostraat 2388 Orlando Oos, Soweto vir ongeveer 40 jaar. Ek het ook by die adres grootgeword. Ek onderhou ook op die stadium beide my ouers.
Ek bevestig dat ek geen vorige veroordelings het nie. Ek is ook nie uit op borgtog in ander sake nie. Ek besit ân paspoort, maar dit is in Kemp se besit.â
Die staat het ân beëdigde verklaring van sersant Kalis ingehandig om die borgaansoek teen te staan op grond daarvan dat daar ân artikel 204 getuie te wete Phillip Lekgau teen die appellant en sy mede-beskuldigdes sal getuig.
Daar is ook staat gemaak op ân verklaring van Faith Mthimkulu wat die volgende ten opsigte van die appellant verklaar:
âMy defence in the matter will be that I was requested by a boyfriend of mine, some time last year to do a soft lock on a cell number provided by him. I carried out the request... His name is Torris, I am unable to point him out to the investigation officer.â
Verder is die hof a quo meegedeel dat daar verskeie ander sake teen die beskuldigdes is en dat die appellant en sy mede-beskuldigdes as ân bende opgetree het. Verder het hy beweer dat die uitslae van DNA-toetse afgewag word. Die hof het bevind dat daar nie buitegewone omstandighede is nie, dat daar slegs bespiegelings was dat Phillip Lekgau nie sou getuig nie en het derhalwe borg geweier.
Op 14 Februarie 2007 word ân verdere borgaansoek geloods op nuwe feite voor landdros Johnson. Die nuwe feite wat aan die hof voorgehou is, is vervat in ân beëdigde verklaring van die appellant. Die nuwe feit is dat die artikel 204 getuie, Phillip Lekgau, nie meer gaan getuig teen die appellant en sy mede beskuldigdes nie. Die verdere getuie, Henry Waldeck, wat appellant met die misdryf sou verbind , se getuienis verbind nie die appellant op hierdie klagte nie. Die staat het weer gesteun op ân verklaring van sersant Kalis waarin hy onder andere as volg beweer:
âDat D P Lekgau wat voorheen 204 staatsgetuie was nie meer namens die staat wil getuig nie, nadat ân ander regs span hom genader het en hom oortuig het om nie meer vir die staat te getuig nie. Dit het egter gebeur nadat die applikant voor die hof, se borg geweier is. D P Lekgau het egter die applikant as ân prominente rolspeler in die pleging van die misdryf uitgemaak. Die staat erken ook dat ân ander 204 staatsgetuie Henry Waldeck nie vir die applikant in sy verklaring impliseer nie. Dit is egter nie een van die redes hoekom sy borg voorheen geopponeer is nie.â
Sersant Kalis meld dan ook dat appellant verbind word met ander sake te Germiston en Mtubatuba.
Die agbare landdros weerspreek homself in die uitspraak waar hy die volgende sê:
âDie hof sal in die beskuldigde se guns in aanmerking neem teenstrydig met wat die aanklaer betoog het dat daar nie selfoon rekords is wat hom met hierdie misdrywe verbind nie maar daar is ander feite wat belangrik is.â
âHaar getuienis word blykbaar gestaaf deur selfoon rekords wat bekom is wat die beskuldigde met die misdaad verbind. Die hof is van oordeel dat in die lig van die feite dat dit nie in belang van geregtigheid is dat hy op borg vrygelaat word nie.
In St v Barber 1979(4) SA 218 (D & CLD) op 219 H bevind Hefer R as volg:
âIt thus appears that, altough the Court is generally disposed to grant bail and will even lean in favour of the liberty of the subject, there is always the important condition that it is to be clear that the interests of justice will not be prejudiced thereby.â
Artikel 60(11)(a) van die Strafproseswet 51 van 1977 bepaal:
âOndanks enige bepalinge van hierdie Wet, waar ân beskuldigde aangekla word van ân misdryf bedoel-
â(a) in Bylae 6, moet die hof gelas dat die beskuldigde in bewaring aangehou word totdat daar met hom of haar ooreenkomstig die reg gehandel is, tensy die beskuldigde, nadat hy of sy ân redelike geleentheid daartoe gebied is om dit te doen, getuienis aanbied wat die hof oortuig dat daar buitegewone omstandighede bestaan wat sy of haar vrylating in die belang van geregtigheid veroorloof;â
Dit is duidelik dat die getuienis van die artikel 204 getuie die belangrikste faktor, indien nie die enigste faktor was in die eerste borgaansoek vir die agbare landdros om borg te weier vir die appellant.
Die nuwe feit wat die verdediging voor die hof geplaas het, is dat die getuie nie meer gaan getuig nie en die staat dus nie kan staatmaak dat hy die appellant impliseer nie.
Hierdie hof moet ân waarde-oordeel maak om vas te stel of die bewese omstandighede van so ân aard is, dat dit as buitegewoon aangemerk kan word. Sien S v Botha en ân ander 2002(1) SACR 222 HHA waar Vivier WnAHR op p 230 g-h bevind:
âNa my mening sou bewys deur ân beskuldigde dat hy waarskynlik onskuldig bevind sal word, wel as âbuitegewon omstandighedeâ kon dien.â
Die getuienis teen appellant is slegs die van Me Mtimkulu wat moontlik as mede-beskuldigde sal getuig dat appellant aan haar nommers gegee het om te sluit ten tye van die roof. Dit is die getuienis wat die geleerde landdros bevind het nie bestaan nie. Die staat gee toe dat geen selfoonrekords beskikbaar is op hierdie stadium nie.
Dit is duidelik uit die geleerde landdros se uitspraak dat hy borg geweier het op grond van die saak wat in Germiston uitstaande is en ân lasbrief van Mtubatuba wat sedert 2006 nog nie uitgevoer is nie.
Die getuienis van die mede-beskuldigde val weg en die landdros aanvaar dat die selfoon rekords die appellant nie verbind nie.
Die hof moet dus oordeel of daar buitengewone omstandighede is, in die lig daarvan dat daar tans baie min getuienis is wat die appellant met die misdaad verbind.
In Porthen and Others 2004(2) SACR 242(C) het die hof op p249 par 15 bevind:
âAccordingly, in a case like the present where the magistrate refused bail because he found that the appellants had not discharged the onus on them in terms of s 60(11)(a) of the CPA, if this Court, on its assessment of the evidence, comes to the conclusion that the applicants for bail did discharge the burden of proof, it must follow (i) that the lower courtâs decision was âwrongâ within the meaning of s 65(4) and (ii) that this Court can substitute its own decision in the matter.â
Tydens argument het me van Basten namens die staat voorgehou dat DNA-toetse moontlik ân rol kan speel. Hierdie toetse is al in Julie of Augustus 2006 aangevra en die uitslag is steeds nie bekend nie.
In die lig van die getuienis tans beskikbaar is die saak teen appellant van so ân aard dat die staat moeilik sy betrokkenheid by die voorval sal kan bewys.
Ek is van oordeel dat die appellant buitegewone omstandighede bewys het, deurdat hy bewys het die artikel 204 getuie gaan nie meer getuig nie en deurdat die landdros bevind het dat die selfoonrekords hom tans nie met die misdaad verbind nie.
Ek maak derhalwe die volgende bevel:
Borg word aan die appellant toegestaan in die bedrag van R20 000.00 op voorwaarde dat:-
Die appellant twee keer ân dag, dit wil sê tussen 07:00 en 08:00 soggens en 17:00 en 18:00 saans by die Sandton polisie stasie aanmeld;
Die appellant mag geensins op enige wyse met enige staatsgetuie kontak maak nie;
Die appellant mag nie Gauteng verlaat sonder skriftelike toestemming van die ondersoekbeampte nie;
Die appellant moet sy paspoort aan die ondersoek beampte oorhandig.
______
Regter Pretorius
Saak nommer : A389/2007
Gehoor op :
Vir die Appellant : Adv Potgieter
Opdrag deur : Groenewalt Prokureurs
Vir die Respondent : Adv van Basten
Opdrag deur : Direkteur van openbare vervolging
Datum van Uitspraak :
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.