S v Mookwa (43/04) [2004] ZANCHC 53 (10 March 2004)
- Citation
- [2004] ZANCHC 53
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- MAJIEDT R, WILLIAMS R
- Case number
- 43/04
More details
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- MAJIEDT R, WILLIAMS R
- Case number
- 43/04
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The magistrate failed in his duty to properly inform the unrepresented accused of the legal consequences of not testifying or calling witnesses. The explanation given was vague and insufficient, and the record is incomplete. Without a proper explanation, the accused's decision to close his case was uninformed. This constitutes a serious irregularity in the proceedings, rendering them not in accordance with justice. The conviction and sentence must therefore be set aside.
Court disposition
Conviction and sentence set aside.
Orders
- The conviction and sentence of Kagisho Gilbert Mookwa are set aside.
02
Material facts
Parties
The State
ApplicantKagisho Gilbert Mookwa
RespondentAmounts and remedies
- Value of Stolen Cellphone: ZAR 1,750
03
Procedural history
Posture
Criminal Review / Review of Conviction and Sentence
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the accused was properly informed of the legal consequences of not testifying in his defence.
- 02
Whether the magistrate fulfilled the duty to assist an unrepresented accused regarding his rights.
- 03
Whether the proceedings were so irregular that the conviction and sentence should be set aside.
Party arguments
- Applicant
- The State presented a strong prima facie case that the accused stole a cellphone. The accused was given a brief and insufficient explanation of his rights after the State closed its case. Despite the evidence against him, the accused chose not to testify and was convicted.
- Respondent
- The accused, unrepresented, was not adequately informed of the consequences of remaining silent. The record is incomplete and the magistrate cannot confirm whether the rights were properly explained. The accused's decision to close his case was uninformed, rendering the proceedings irregular.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Mthetwa 1972(3) SA 766 (A) at 769 D-F
An accused's silence may strengthen the State's case where direct evidence implicates him, as such silence leaves the State's allegations unanswered.
- 02
S v Brown and Another 1996(2) SASV 49 (NC) at 65 f-g
An unrepresented accused must be informed that, although he has a constitutional right to remain silent and no adverse inference may be drawn from his silence, the effect is that the State's prima facie case stands unchallenged.
- 03
R v Scoulides 1956(2) SA 388(A) at 395-6; S v Mahooa 1991(1) SASV 261(T) at 264 i
It is essential that a full record is kept of the magistrate's explanation of the accused's rights.
- 04
S v Mahooa 1991(1) SASV 261(T) at 265 b-c
Where an unrepresented accused is not properly informed of the consequences of not testifying, the proceedings are irregular and may be set aside.
- 05
S v Zimmerie and Another 1989(3) SA 484 (C); S v Zulu 1990(1) SA 655 (T); S v Amerika 1990(2) SASV 480 (C) at 484 h; S v Bulala 1997(2) SASV 267 (VHC)
Presiding officers have a duty to assist unrepresented accused and ensure they understand the consequences of their decisions.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The magistrate failed in his duty to properly inform the unrepresented accused of the legal consequences of not testifying or calling witnesses. The explanation given was vague and insufficient, and the record is incomplete. Without a proper explanation, the accused's decision to close his case was uninformed. This constitutes a serious irregularity in the proceedings, rendering them not in accordance with justice. The conviction and sentence must therefore be set aside.
Obiter and limits
- Presiding officers must meticulously record their explanations of rights to unrepresented accused to avoid uncertainty on review.
- The duty to assist unrepresented accused is a fundamental safeguard in criminal proceedings and must be strictly observed.
Court disposition
Conviction and sentence set aside.
- The conviction and sentence of Kagisho Gilbert Mookwa are set aside.
Source and reliance status
Northern Cape High Court, Kimberley
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Northern Cape High Court, Kimberley
Judgment
Verslagwaardig: Ja / Nee
Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Hooggeregshof Hersieningsnr: 43/04
Landdros Saaknr: 954/03
Datum gelewer: 2004-03-10
In die hersieningsaak van:
DIE
STAAT
versus
KAGISHO
GILBERT MOOKWA BESKULDIGDE
Coram: MAJIEDT R et
WILLIAMS R
UITSPRAAK
OP HERSIENING
MAJIEDT R:
Die beskuldigde is skuldig bevind aan diefstal van ân selfoon ter waarde van R1750.00. Hy is gevonnis tot 30 maande gevangenisstraf waarvan 10 maande voorwaardelik opgeskort is vir ân tydperk van 5 jaar.
Ek het die volgende navraag gerig aan die landdros:
âIs die beskuldigde sinvol en volledig ingelig van die regsgevolge indien hy geen getuienis aanbied in sy saak nie?
Sien: S v Brown en ân ander 1996(2) SASV 49 (NK) te 65 f-g.â
Die landdros het as volg hierop geantwoord:
âEk kan nie onthou of die regsgevolge aan die beskuldigde verduidelik was nie. Die oorkonde is ook vaag. Gevolglik is ek nie instaat om die navraag te beantwoord nie.â
Aan die einde van die Staat se saak was daar ân redelike sterk prima facie-saak teen die beskuldigde uitgemaak dat hy die selfoon gesteel het waarvan hy aangekla is. Die landdros het na afloop van die Staatsaak die volgende verduideliking aan die beskuldigde verskaf:
âMeneer die Staatsaak is nou gesluit. U kan nou u kant van die saak voor die Hof plaas. U kan dit doen deur self te getuig, getuies roep om namens u te getuig. Indien u sou getuig of getuies roep kan die aanklaer vir u en u getuies kruisondervra. U is nie verplig om te getuig nie, u kan swyg. (vervaag).â
Ná hierdie kriptiese en duidelik onvoldoende verduideliking het die beskuldigde, ondanks die sterk prima facie-bewyse teen hom, sy saak gesluit en is hy sóós verwag kan word, skuldig bevind aan die ten laste gelegde misdryf.
Dit is geykte reg dat ân beskuldigde se stilswye die Staat se saak versterk waar daar direkte getuienis is wat die beskuldigde in die pleging van die misdryf impliseer deurdat sodanige stilswye die Staat se beweringe onbeantwoord laat;
Sien: S v Mthetwa 1972(3) SA 766 (A) te 769 D-F; S v Scholtz 1996(2) SASV 40 (NK) te 44 e; S v Zulu & others 1998(1) SASV 7 (HHA) te 14 d.
Aan ân beskuldigde wat nie regsverteenwoordig is nie moet verduidelik word dat, alhoewel hy ân grondwetlike reg het om te swyg en daar derhalwe geen nadelige afleiding van sy stilswye gemaak kan word nie, die gevolg van sy stilswye sal wees dat die Staat se prima facie-saak teen hom, onweerspreek staan;
Sien: S v Brown en ân ander, supra, te 65 f-g.
Dit is belangrik dat volledig notule gehou word van die landdros se verduideliking van ân beskuldigde se regte;
Sien: R v Scoulides 1956(2) SA 388(A) te 395-6; S v Mahooa 1991(1) SASV 261(T) te 264 i.
In casu is die notule onvolledig en kan die landdros nie ân bydrae lewer tot die aanvulling daarvan nie.
In S v Mahooa, supra, te 265 b-c verklaar Eloff ARP as volg:
âEk dink nie dit is voldoende om 'n onverdedigde beskuldigde in te lig dat sy pleitverduideliking of dit wat hy gestel het in kruisondervraging nie bewyswaarde het nie. Selfs in die geval van 'n beskuldigde soos dié wat die saak oor gaan, wat 'n hele paar keer op ander klagtes skuldig bevind is, spel die verduideliking in casu nie in voldoende mate aan hom uit wat die konsekwensies is as hy nie getuienis aanbied nie. Dit is deel van die plig wat die hof het waar 'n beskuldigde sy eie verdediging waarneem, om hom ook in dié verband by te staan deur hom te laat besef dat as hy nie getuig of getuies roep nie, hy 'n goeie kans staan om skuldig bevind te word. Dié element is nie aan die beskuldigde verduidelik nie, en dit moes gewees het. Daarsonder was sy besluit dermate oningelig dat daar nie gesê kan word dat die verrigtinge ooreenkomstig die reg is nie.â
Ek is die mening toegedaan dat die situasie en slotsom dieselfde is in die onderhawige saak. Voorsittende beamptes het ân dure plig en verantwoordelikheid om onverteenwoordigde beskuldigdes by te staan.
Sien onder andere: S v Zimmerie en ân ander 1989(3) SA 484 (K); S v Zulu 1990(1) SA 655 (T); S v Amerika 1990(2) SASV 480 (K) te 484 h; S v Bulala 1997(2) SASV 267 (VHC).
Op die oorkonde soos dit staan het die landdros gruwelik versuim in sy plig om die beskuldigde behoorlik in te lig van sy regte. In die afwesigheid van ân behoorlike aanvuling van die oorkonde is hierdie Hof na my mening genoodsaak om op hersiening die beskuldigde die voordeel van die twyfel te gee. Ek is van mening dat die verrigtinge dermate onreëlmatig is dat bevind kan word dat die verrigtinge nie ooreenkomstig die reg is nie. Sien: S v Mahooa, supra, te 265 c-d.
Die beskuldigde se skuldigbevinding en vonnis word tersyde gestel.
___
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek stem saam:
CC
WILLIAMS
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.