S v Motha (644/93) [1994] ZASCA 170 (24 November 1994)
- Citation
- [1994] ZASCA 170
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- E M Grosskopf, Vivier, Harms
- Case number
- 644/93
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- E M Grosskopf, Vivier, Harms
- Case number
- 644/93
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The Supreme Court of Appeal found that all three eyewitnesses for the State gave testimony at trial that materially differed from their prior police statements. The prosecutor failed to disclose these discrepancies and did not make the statements available for cross-examination, constituting a serious irregularity. This irregularity directly impacted the reliability and credibility of the identification evidence against the appellant. As there was no remaining admissible evidence identifying the appellant as the shooter, the conviction and sentence could not be sustained. The appeal was upheld and both conviction and sentence were set aside.
Court disposition
Appeal upheld; conviction and sentence set aside.
Orders
- The appeal succeeds.
- The conviction and sentence are set aside.
02
Material facts
Parties
Lazarus Motha
AppellantThe State
Respondent03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Final Appellate Judgment
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the failure to disclose material discrepancies between police statements and witness testimony constituted an irregularity.
- 02
Whether the appellant was properly identified as the person who shot the complainant.
- 03
Whether the conviction and sentence should stand in light of the irregularities.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that material discrepancies existed between the police statements and the trial testimony of key state witnesses. These discrepancies were not disclosed to the defence, depriving the appellant of the opportunity to cross-examine the witnesses effectively. The appellant further contended that the identification evidence was unreliable and that justice was not served due to these irregularities.
- Respondent
- The State conceded that there were material discrepancies between the police statements and the witnesses' testimony and that these were not disclosed to the defence. The State did not oppose the application to admit further evidence and did not argue against the appeal on the merits.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Masinda en 'n Ander 1981 (3) SA 1157 (A) at 1162 F-G
It is a recognised rule of practice that the prosecutor is obliged to bring material discrepancies between a witness's police statement and their testimony to the attention of the court and make the statement available for cross-examination.
- 02
S v Xaba 1983 (3) SA 717 (A) at 728 H-729 A
A failure to comply with this obligation constitutes an irregularity in the proceedings.
- 03
S v Kamte and Others 1992 (1) SASV 677 (A) at 680 g-j
Where such irregularity affects the core of the State's case, namely the credibility and reliability of identification evidence, justice is not served and the conviction cannot stand.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The Supreme Court of Appeal found that all three eyewitnesses for the State gave testimony at trial that materially differed from their prior police statements. The prosecutor failed to disclose these discrepancies and did not make the statements available for cross-examination, constituting a serious irregularity. This irregularity directly impacted the reliability and credibility of the identification evidence against the appellant. As there was no remaining admissible evidence identifying the appellant as the shooter, the conviction and sentence could not be sustained. The appeal was upheld and both conviction and sentence were set aside.
Obiter and limits
- The prosecutor's duty to disclose material discrepancies is fundamental to a fair trial and the proper administration of justice.
- Cross-examination on prior inconsistent statements is essential to test the reliability of identification evidence in criminal cases.
Court disposition
Appeal upheld; conviction and sentence set aside.
- The appeal succeeds.
- The conviction and sentence are set aside.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
Saak nr 644/93/MC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:LAZARUS MOTHA APPELLANT
-en-DIE STAAT RESPONDENTCORAM: E M GROSSKOPF, VIVIER et HARMS
ARR.VERHOOR: 14 NOVEMBER 1994.GELEWER: 24 NOVEMBER 1994.
UITSPRAAK
VIVIER AR/2
VIVIER AR:Die appellant het in die streekhof op Springs saam met twee ander, na wie ek as beskuldigdes 1 en 3 sal verwys, tereggestaan op 'n aanklag van poging tot moord. Beskuldigdes 1 en 3 is onskuldig bevind maar die appellant is skuldig bevind en tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis. Sy appèl teen sy skuldigbevinding en vonnis na die Transvaalse Provinsiale Afdeling het misluk maar hy is verlof verleen om teen die skuldigbevinding na hierdie Hof te appelleer.
Die aanklag spruit uit 'n voorval om ongeveer nege-uur die oggend van 17 Oktober 1991 by die Top Centre taxi-staanplek in Springs toe die klaer met 'n vuurwapen in die heup geskiet is gedurende 'n aanval deur lede van een van twee strydende groepe, die Springs Long Distance Taxi Association, op lede van die ander groep, die Springs Taxi Association.
3
Die staatsaak teen die appellant was dat hy een van 'n groep van ongeveer ses persone was wat die betrokke oggend in 'n kombi by die toneel aangekom het. Die appellant was met 'n vuurwapen gewapen en die ander met kieries en pangas. Toe hulle uitklim, het die mense weggehardloop. Die appellant het na die klaer gevuur en hom van agter in die heup getref. Die aanvallers het daarna weer van die toneel in hulle kombi vertrek. Die klaer is agt dae in die hospitaal aangehou en het blykbaar volkome van sy besering herstel.Die klaer het nie gesien wie hom geskiet het nie. Van die drie ooggetnies op wie die staat gesteun het, het Harry Eliza Masinga slegs gesien dat die appellant uit die kombi klim met 'n vuurwapen in die hand. Hy het geskrik en weggehardloop en het skote gehoor terwyl hy weggehardloop het maar nie gesien wie geskiet het nie. Masakazi Lucky Mkweni het getuig dat die
4
appellant en vier of vyf ander, waaronder beskuldigdes 1 en 3, die taxi-bestuurders van die Springs Taxi Association nader. Beskuldigdes 1 en 3 was gewapen met pangas en die appellant het 'n vuurwapen uitgehaal en een skoot gevuur wat die klaer getref het. Hy het die appellant die betrokke dag vir die eerste keer in sy lewe gesien en het hom in die hof uitgeken as die persoon wat die klaer geskiet het. Timothy Maletswa se getuienis was dat die appellant met vyf ander wat met kieries, ysters en pangas gewapen was, by die toneel aangekom het. Die appellant het 'n vuurwapen uitgehaal en een skoot gevuur. Hy het nie gesien na wie die appellant geskiet het nie.
Die appellant het ontken dat hy iets met die aanval te doen gehad het. Hy het getuig dat hy wel die betrokke oggend op die toneel was en dat hy 'n skoot gehoor het. Mense het weggehardloop en omdat hy nie geweet het wat aangaan nie, het
5
hy in sy taxi geklim en weggery.
Die streeklanddros het die staatsgetuienis aanvaar en bevind dat die appellant saam met die ander lede van sy groep, wat almal gewapen was, by die toneel aangekom het en dat die appellant die persoon is wat die klaer geskiet het. Omdat dit onseker was of die ander bewus was van die vuurwapen, het die hof bevind dat dit nie bewys is dat beskuldigdes 1 en 3 'n gesamentlike oogmerk gehad het om die klaer te dood nie. Die Hof a quo het geen grond gevind om met die verhoorhof se bevinding in te meng nie.
By die aanhoor van die appèl was daar 'n aansoek deur die appellant om verdere getuienis by wyse van beëdigde verklarings voor hierdie Hof te plaas. Die staat het nie die aansoek opponeer nie en in die besondere omstandighede van die saak is die aansoek toegestaan. In 'n beëdigde verklaring sê mnr Charles Coetzee, die appellant se regsverteenwoordiger wat namens hom by die verhoor
6
verskyn het, dat nadat die appél deur die Hof a quo afgewys is, hy van die appellant verneem het dat die staatsgetuies by die verhoor afgewyk het van hul polisieverklarings. Hy het gevolglik afskrifte van die getuies Mkweni en Maletswa se polisieverklarings van die aanklaer verkry. Die verklarings is behoorlik beëdig en die advokaat wat namens die staat voor ons verskyn het, het nie betwis dat beide korrek weergee wat die getuies aan die polisie gesê het nie. Die appellant sê in 'n beëdigde verklaring dat Maletswa hom gedurende Oktober 1992, nadat sy appél deur die Hof a quo afgewys is, meegedeel het dat die staatgetuienis teen hom by die verhoor vals was, en dat hy besluit het om hierdie feit te openbaar omdat die strydende taxi-groepe kort vantevore vrede gemaak het. Die appellant het daarna vir Coetzee vertel wat gebeur het. Die advokaat namens die staat het nie die feitebewerings in Coetzee en die appellant se beëdigde verklarings betwis nie.
7
In sy polisieverklaring gee Mkweni te kenne dat hy die persoon wat die klaer geskiet het, gereeld by die betrokke taxi-staanplek gesien het as een van die Springs Long Distance Taxi Association se groep. Soos ek reeds gemeld het, het Mkweni by die verhoor getuig dat hy die persoon wat die klaer geskiet het en wat hy in die hof as die appellant uitgeken het, daardie dag vir die eerste keer in sy lewe gesien het. Maletswa sê in sy polisieverklaring dat hy nie gesien het wie geskiet het nie en inderdaad niemand in besit van 'n vuurwapen gesien het nie. Sy getuienis, daarteenoor, was dat hy gesien het dat die appellant 'n vuurwapen uithaal en 'n skoot vuur.
Dit is 'n erkende praktyksreël dat 'n aanklaer verplig is om wesenlike afwykings tussen 'n getuie se polisieverklaring en sy getuienis onder die hof se aandag te bring en die verklaring vir kruisverhoor beskikbaar te stel. 'n Versuim om hierdie plig na te
8
kom is 'n onreëlmatigheid in die verrigtinge. Sien S v Masindaen 'n Ander 1981(3) SA 1157(A) op 1162 F-G; S v Xaba1983(3) SA 717 (A)op 728 H-729 A en S v Kamte and Others1992(1) SASV 677 (A) op 680 g-j. In die huidige saak is ditduidelik dat die getuienis van beide Mkweni en Maletswa wesentlikvan hulle verklarings afwyk en dat die verklarings gevolglik aan dieverdediging beskikbaar gestel moes gewees het. Die afwykingsraak die kern van die staatsaak naamlik die geloofwaardigheid enbetroubaarheid van die twee staatsgetuies se uitkenning van dieappellant as die persoon wat die vuurwapen hanteer en die klaergeskiet het. Dat kruisverhoor oor die afwykings die getuies segeloofwaardigheid en betroubaarheid in die oë van die verhoorhofmoontlik nadelig kon raak, is voor-die-hand-liggend. (cf S vXaba, supra, op 729 G-H). Die aanklaer moes gevolglik beideMkweni en Maletswa se verklarings aan die verdediging vir
9
kruisverhoor beskikbaar gestel het. Die advokaat namens die staat het toegegee dat die afwykings in die getuienis van Mkweni en Maletswa van wesenlike aard was en dat daar geen besondere omstandighede was wat die versuim om die verklarings aan die verdediging beskikbaar te stel, regverdig nie. Sy het ons verder meegedeel dat ook wat die getuie Masinga betref, daar wesenlike afwykings tussen sy polisieverklaring en sy getuienis in die streekhof bestaan sodat die aanklaer ook sy polisieverklaring aan die verdediging beskikbaar moes gestel het.
Daar is geen oorblywende getuienis wat die appellant identifiseer as die persoon wat die klaer geskiet het nie. Dit volg dus dat die onreëlmatigheid in die verrigtinge wat al drie die ooggetuies raak, tot gevolg gehad het dat geregtigheid nie geskied het nie, en dat die skuldigbevinding nie kan bly staan nie. Daar is nie tot die teendeel namens die staat betoog nie.
10
Gevolglik slaag die appèl en die skuldigbevinding en vonnis word ter syde gestel.
W. VIVIER AR.
E M GROSSKOPF AR) HARMS AR ) Stem saam.
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.