Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

S v Motshekgwa (424/92) [1993] ZASCA 95 (2 June 1993)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the appellant was correctly convicted on all counts. The evidence, including his own admissions, the circumstances of the crimes, and the modus operandi, established his guilt beyond reasonable doubt for the murders and attempted murder. The psychiatric evidence did not demonstrate mental illness or diminished capacity at the time of the offences, but did raise questions about personality disorder. However, the State failed to discharge the burden of proving that the appellant's mental state did not constitute a mitigating factor. In light of legislative changes, the death sentences imposed by the trial court were set aside and replaced with life imprisonment for each murder count. The conviction and sentence for attempted murder were upheld.

Court disposition

Appeal against convictions and sentence for attempted murder dismissed; appeal against death sentences for murder upheld; death sentences set aside and replaced with life imprisonment on each count.

Orders

  • The appeal against convictions on counts 1 to 15 and the sentence on count 15 is dismissed.
  • The appeal against the death sentences on counts 1 to 14 is upheld.
  • The death sentence on each of counts 1 to 14 is set aside and replaced with a sentence of life imprisonment on each count.

02

Material facts

Parties

David Motshekgwa

Appellant

The State

Respondent

Amounts and remedies

  • Number of Murder Victims: 14
  • Sentence for Attempted Murder (years): 10

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant denied responsibility for the deaths of the 13 women whose bodies were found on the koppie, admitting only to the killing of the woman in count 14, which he claimed was committed in self-defence. His counsel argued that the assault in count 15 was not sufficiently serious to constitute attempted murder and that psychiatric evidence indicated a personality disorder, which should be considered a mitigating factor in sentencing.
Respondent
The State argued that the circumstantial evidence overwhelmingly linked the appellant to all 14 murders and the attempted murder, including his modus operandi, location, and admissions. The psychiatric reports did not establish mental illness or diminished capacity sufficient to mitigate sentence. The respondent maintained that the death penalty was appropriate given the gravity and number of offences.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    R v Mohr 1944 TPD 105

    Where an accused fails to testify in the face of strong circumstantial evidence, adverse inferences may be drawn against him.

  2. 02

    S v D 1991(2) SA 543 (A)

    The similarity in modus operandi and circumstances can justify the inference that the same person committed multiple offences.

  3. 03

    Criminal Law Amendment Act 107 of 1990

    The burden of proof regarding mitigating and aggravating factors in sentencing now rests with the State after the coming into force of the Criminal Law Amendment Act.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the appellant was correctly convicted on all counts. The evidence, including his own admissions, the circumstances of the crimes, and the modus operandi, established his guilt beyond reasonable doubt for the murders and attempted murder. The psychiatric evidence did not demonstrate mental illness or diminished capacity at the time of the offences, but did raise questions about personality disorder. However, the State failed to discharge the burden of proving that the appellant's mental state did not constitute a mitigating factor. In light of legislative changes, the death sentences imposed by the trial court were set aside and replaced with life imprisonment for each murder count. The conviction and sentence for attempted murder were upheld.

Obiter and limits

  • The appellant's psychiatric history and the lack of comprehensive psychiatric reports before the trial court constituted a serious gap in the State's case regarding sentencing.
  • The appellant poses a clear and ongoing danger to women, necessitating permanent removal from society.
  • There is no indication that the appellant is a danger to men.

Court disposition

Appeal against convictions and sentence for attempted murder dismissed; appeal against death sentences for murder upheld; death sentences set aside and replaced with life imprisonment on each count.

  • The appeal against convictions on counts 1 to 15 and the sentence on count 15 is dismissed.
  • The appeal against the death sentences on counts 1 to 14 is upheld.
  • The death sentence on each of counts 1 to 14 is set aside and replaced with a sentence of life imprisonment on each count.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[1993] ZASCA 95

Saak nr 424/92 E du Plooy

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPèLAFDELING)

In die saak tussen:DAVID MOTSHEKGWA AppellantenDIE STAAT Respondent

Coram: JOUBERT, F H GROSSKOPF ARR et NICHOLAS Wn AR

Verhoordatum: Lewerinqsdatum:

21 Mei 1993 2 Junie 1993

2 DITSPRAAK

F H GROSSKOPF AR:Gedurende die tydperk Januarie 1988 tot Augustus 1988 is die lyke van 13 vrouens deur die polisie en ander persone op 'n sekere koppie buite Klerksdorp gevind. Die lyke was in verskillende stadiums van ontbinding toe hulle aldus gevind is. Die lyk van 'n veertiende vrou is op 18 Julie 1988 tydens 'n uitwysing op die koppie deur die appellant aan die polisie uitgewys. Die appellant het daarna op 19 Julie 1988 'n verklaring voor 'n landdros afgelê waarin hy erken het dat hy hierdie betrokke vrou doodgemaak het. Hy het egter ontken dat hy verantwoordelik was vir die dood van enige van die ander vrouens wie se lyke op die koppie gevind is. Die appellant is aangekla van moord op al 14 vrouens, asook van poging tot moord op 'n ander vrou. Hy het in die Westelike Rondgang Plaaslike Afdeling te

3Klerksdorp tereggestaan op al hierdie aanklagte. Die hof a quo (Hartzenberg R en twee assessore) het die appellant op 30 Januarie 1990 op al 14 aanklagte van moord, asook op die aanklag van poging tot moord skuldig bevind. Die hof a quo het verder bevind dat daar ondanks psigiatriese getuienis van 'n persoonlikheidsversteuring by die appellant, geen versagtende omstandighede met betrekking tot die moordklagtes bestaan het nie. Dit was voor die inwerkingtreding van die Strafregwysigingswet 107 van 1990 ("Strafregwysigingswet"). Die appellant is die doodvonnis op elkeen van die 14 aanklagte van moord opgelê. Vir die poging tot moord is hy tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis. Die appellant appelleer met verlof van die hof a quo teen al liie skuldigbevindings en vonnisse.Ek is van voorneme om by aanklag 15 te begin aangesien dit die enigste aanklag is waar daar mondelinge getuienis oor die werklike pleging van die misdaad gelewer is. Die gebeure wat deur die klaagster in

4

aanklag 15 beskryf is, toon hoe die appellant opgetree het en is relevant by die beoordeling van die ander aanklagte.Die klaagster het getuig dat sy die appellant op 1 Februarie 1988 by 'n kafee in Klerksdorp ontmoet het. Sy het hom nie voorheen geken nie. Sy het werk gesoek en die appellant het aangebied om haar na 'n vrou in Swartstraat te neem wat moontlik werk vir haar sou hê. Swartstraat lê aan die voet van die Oudorp-koppie waar die lyke gevind is. Die klaagster is saam met die appellant na Swartstraat. Hy het haar later met 'n sogenaamde kortpad in die koppie ingeneem. Daar het die appellant die klaagster met die dood gedreig as sy sou probeer ontvlug. Toe hulle verder loop het hy haar van agter aan die nek gegryp. Sy het gêval en hy het haar met beide hande om die nek begin yerwurg. Volgens die klaagster het die appellant haar vir 'n lang tyd gewurg totdat sy urineer het. Sy sê dat sy "kragteloos was en nie kon praat nie". Om een of ander rede wat nie5 duidelik blyk nie, het hy haar later gelos. Sy het toe daarin geslaag om te ontsnap. Sy het die appellant later tydens 'n uitkenningsparade op 21 Julie 1988 uitgeken as die persoon wat haar vroeër aangeval het.Die appellant het nie by die verhoor op die meriete getuig nie, en die hof a quo het die klaagster se getuienis aanvaar. Die appellant se advokaat het nie aangevoer dat die klaagster se getuienis verwerp moet word nie, maar het betoog dat die aanranding op haar nie so ernstig was dat dit as 'n poging tot moord beskou moet word nie. Na my oordeel is dit egter duidelik uit haar getuienis dat dit 'n langdurige en doelgerigte verwurging was wat maklik noodlottige gevolge kon gehad het. Ek vind gevolglik geen rede om met die skuldigbevinding of vonnis op aanklag 15 in te meng nie.

Hierdie skuldigbevinding op aanklag 15 is om verskeie redes van belang. Dit plaas die appellant op die toneel van die beweerde moorde, en wel so vroeg as 1 Februarie 1988. Hy het die klaagster ook nie toevallig

6

op die koppie raakgeloop nie, maar haar onder valse voorwendsels doelbewus soontoe geneem. Net spos die slagoffers in aanklagte 1 tot 14 was die klaagster in . hierdie geval ook 'n vrou. Dit is verder van belang om daarop te let dat hy die klaagster verwurg het. Dit blyk uit die verslag van die distriksgeneesheer dat die oorsaak van dood van die oorledene in aanklag 14 "versoenbaar met verwurging is". Die appellant het by die aanvang van die verhoor erken dat daardie bevinding korrek is.Op aanklag 14 is daar verskeie faktore wat die appelant met die pleging van die misdaad verbind, en sy advokaat het ook nie betoog dat hy nie vir die dood van die oorledene verantwoordelik was nie. Die appêllant steun op sy eie verklaring aan die landdros ter verduideliking van die omstandighede waaronder hy haar doodgemaak het. Sy advokaat voer aan dat dit op noodweer dui. Na my oordeel is daar egter verskeie oorwegings waarom daardie verweer nie kan slaag nie. Die appellant7 se verklaring meld wel dat hulle "baklei" het, maar noem glad nie wat die oorledene se bydrae tot die beweerde bakleiery was nie. Die verklaring sê slegs dat die appellant haar geslaan en geskop het, maar meld geen woord van verwurging nie, wat volgens die distriksgeneesheer die waarskynlike oorsaak van dood was. Verwurging dui ook op die opset om te dood, en die appellant se versuim om in hierdie verband te getuig

regverdig 'n nadelige afleiding teen hom. ( R v Mohr 1944 TPD 105 op 108; R v Deetlefs 1953(1) SA 418(A) op 422F-G; R v Mlambo 1957(4) SA 727(A) op 737C-E; S v Rama 1966(2) SA 395(A) op 400G-401C; S v Kola 1966(4) SA 322(A) op 327E-G; S v Khoza 1982(3) SA 1019(A) op 1039F-G.) Na my oordeel blyk dit duidelik dat die appellant die opset gehad het om die oorledene te dood, en kan die appèl teen die skuldigbevinding op aanklag 14 nie slaag nie. Ek sal later handel met die appèl teen die doodvonnis wat die hof a quo die appellant op hierdie aanklag opgelê het.

8

Daar is sekere aspekte rondom die moord op aanklag 14 wat relevant is met betrekking tot die ander 13 moorde. Die slagoffer was ook 'n vrou soos in al die ander gevalle. Haar lyk was tydens die uitwysing by dieselfde koppie gevind waar die 13 ander lyke verberg was. Sy was nakend gewees. Die appellant het trouens aan die polisie die plek uitgewys waar hy haar klere verbrand het. Dit is opmerklik dat meeste van die ander lyke of kaal of skamel gekleed was. Soos in die geval van die ander lyke was die liggaam van die oorledene in hierdie geval ook nie behoorlik begrawe nie, maar slegs met takke en gras bedek. Die oorledene in aanklag 14 was verwurg gewees. Hoewel die oorsaak van dood in die ander

13 gevalle nie bepaal kon word vanweë die gevqrderdestaat van ontbinding nie, is daar ten minste geenaanduiding gevind wat daarop dui dat daardie slagoffersop 'n ander wyse te sterwe gekom het nie.

Volgens die getuienis van kaptein Myburgh is al

14 lyke op dieselfde koppie en binne 'n area met 'n9 radius van ongeveer 1500m gevind. Al daardie lyke is binne die bestek van ongeveer 7 maande in die koppie versteek. Sekere van die lyke is weliswaar eers in Augustus 1988 gevind terwyl die appellant reeds op 18 Julie 1988 gearresteer is. Daar moet egter in gedagte gehou word dat daardie lyke toe reeds in 'n gevorderde staat van ontbinding was. Dit is trouens ondenkbaar dat daar meer as een moordenaar kon wees wat elkeen vir 'n reeks dergelike moorde verantwoordelik sou wees.Die appellant se modus operandi blyk uit die bogemelde bewese feite met betrekking tot aanklagte 14 en.

15. Daar is myns insiens 'n treffende ooreenkoms tussen die appellant se optrede en diê optrede van die onbekende persoon wat die ander 13 moordê gepleeg het. (S v D 1991(2) SASV 543(A) op 546e-547b.) Daarbenewens is daar die ander omstandigheidsgetuienis waarna reeds verwys is.

Tydens die uitwysings op 18 Julie 1988 het die appellant ook 'n plek in die koppie aan kapt Joubert van

10die polisie getoon waar hy na bewering geslaap het. Dit blyk uit die foto wat van daardie plek geneem is dat daar sinkplate onder 'n boom in die gras rondgelê het. Nadat die appellant die lyk van die oorledene aan kapt Joubert uitgewys het, het hy ook 'n sekere mededeling aan kapt Joubert gemaak. Die appellant se advokaat maak geen beswaar teen die toelaatbaarheid van hierdie mededeling nie, maar betoog dat daar nie veel waarde daaraan geheg kan word nie. Die appellant se beweerde mededeling kom daarop neer dat die oorledene in aanklag 14 nie die enigste geval was nie, en dat daar nog meer was. Kapt Joubert kon nie die presiese woorde onthou wat die appellant in hierdie verband teenoor hom gebesig het nie. Die tolk wat by daardle geleentheid teenwoordig was, verleen bok nie veel steun aan Joubert nie. Na my mening is dit egter nie nodig om op hierdie beweerde uitlatings van die appellant staat te maak nie. Die omstandigheidsgetuienis regverdig die afleiding, as enigste redelike afleiding, dat die appellant ook die

11ander 13 vrouens wie se lyke daar gevind is, vermoor het. Die feit dat die appellant, ondanks hierdie sterk omstandigheidsgetuienis, nie op die meriete getuig het nie, regverdig 'n nadelige afleiding teen hom. Ek is gevolglik van oordeel dat die appèl teen die skuldigbevindings op aanklagte 1 tot 13 van die hand gewys moet word.Vervolgens moet daar oorweeg word of die doodvonnisse wat op aanklagte 1 tot 14 opgelê is die enigste gepaste straf is. Die strafverswarende faktore is voor die hand liggend en hoef nie opgenoem te word nie. Die probleem ontstaan egter wanneer dit kom by 'n ontleding van die psigiatriese getuienis. Die vraag is of die staat bewys het dat die appellant se geestestoestand nie as strafversagtende faktor beskou behoort te word nie.

Die appellant is gedurende 1988 by die Sterkfontein hospitaal aangehou vir waarneming met die oog op 'n verslag ingevolge art 79 van die Strafproseswet1251 van 1977. Die gesamentlike verslag van die twee

psigiaters wat die appellant toe ondersoek het, meld oa:

"There is no evidence of mental illness at present. His history is suggestive of a personality disorder..., There is insufficient information to. enable us to form an opinion as to his mental condition at the time of the alleged offences."

Hierdie verslag is ongedateer. Op 12 Oktober 1989 reikdieselfde twee psigiaters 'n gewysigde verslag uit waarinhulle na twee vorige verslae van 26 September 1988 en 22Desember 1988 respektiewelik verwys. Daar was slegs eenvorige verslag voor die hof. In hierdie gewysigdeverslag rapporter die twee psigiaters soos volg:

"Since further evidence in this case has been brought to our attention, we are satisfied that there is nothing in the available evidence to indicate that at the time of the commission of the alleged offences, the defendant was suffering from any mental illness or mental defect which could have affected his capacity either

(a) to appreciate the wrongfulness of the acts in question, or (b) to act in accordance with any such appreciation of their wrongfulness."

Dit blyk uit 'n opmerking wat die respondent sê advokaat

13in die hof a quo gemaak het dat die enigste "verdere getuienis" wat hierdie psigiaters tot hulle beskikking gehad het, die verklaring was wat die appellant op 19 Julie 1988 voor die landdros afgelê het. Daardie verklaring het slegs op aanklag 14 betrekking gehad. Op 19 Oktober 1989 verwys die hof a quo die appellant na Weskoppies hospitaal vir 'n verdere periode van waarneming met die oog op 'n psigiatriese verslag. Die hof gelas verder dat die oorkonde van die verrigtinge tot op daardie stadium aan die psigiaters beskikbaar gestel word. Soos uit die verslag van die psigiaters blyk, is dit nie gedoen nie. In 'n gesamentlike psigiatriese verslag gedateer 26 Januarie 1990 meld die drie psigiaters wat die appellant ondersoek het dat hy psigiatriese siekte simuleer. Die verslag meld verder:

"Inligting is sleqs ten opsigte van klag 14 tot ons beskikking. Ten tye van hierdie beweerde misdaad was hy nie dermate deur gêestesongesteldheid of gebrek aangetas dat hy nie die ongeoorloofdheid van sy handelinge kon besef nie, of nie ooreenkomstig hierdie besef

14

kon optree nie." (Ek onderstreep.)

Beide psigiatriese verslae handel dus slegs met dieappellant se geestesgesteldheid ten tyde van dierespektiewelike ondersoeke, en toe die appellant diemoord gemeld in aanklag 14 op 30 Junie 1988 gepleeg het.

Twee van die psigiaters wat die appellant in

Januarie 1990 ondersoek het, het tydens die verhoor indie hof a quo getuig, nl dr Pretorius en dr Verster.Volgens hulle getuienis blyk dit dat die appellant reeds

in 1984 op 'n aanklag van moord vir waarneming en verslagna Weskoppies hospitaal gestuur is. Toe is daarblykbaar bevind dat hy geen teken van enige ernstige

geestessiekte toon nie. In 1986 was die appellant weervir waarneming en verslag na Weskoppies hospitaal verwys,

dié keer op 'n aanklag van verkragting. Toe het dr

Pretorius self bevind dat die appellant psigoties is,

maar hy kon nie destyds die oorsaak van hierdie psigose

vasstel nie. Dit blyk uit een van die latere15psigiatriese verslae dat die appellant as gevolg van daardie bevinding op 7 Augustus 1986 as 'n Staatspresidentspasiënt by Weskoppies opgeneem is, maar dat hy op 10 Oktobers 1986 ontsnap het. Dr Pretorius het getuig dat hy later tot die gevolgtrekking gekom het dat sy bevinding in 1986 waarskynlik foutief was. Na my oordeel is dit 'n ernstige leemte in die staatsaak dat die psigiaters nie hulle verslae van 1984 en 1986 voor die hof a quo geplaas het nie. Sulke verslae moes minstens in die onderskeie hoflêers beskikbaar gewees het.Dr Pretorius het in die loop van sy getuienis toegegee dat die appellant moontlik aan persoonlikheidsversteurïng ly. Hy het egter verduidelik dat die kriteria wat gebruik word om te bepaal of 'n pasiënt aan anti-sosiale persoonlikheidsversteuring ly (m a w of hy 'n psigopaat is), nie op swart mense van toepassing gemaak kan word nie aangesien daar nog nie genoeg navorsing in dié verband gedoen is nie. Hy kon

16

gevolglik nie met sekerheid sê of daar wel tekens vanpersoonlikheidsversteuring of -afwykings by die appellant

is of nie.

Dr Pretorius het getuig dat hy nie oor

inligting beskik of daar enige impulsiwiteit betrokke was

"by hierdie geval wat ons ter insae gehad het" nie, m a wby aanklag 14. Hy het verder in hierdie verbandbygevoeg:

"Met ander woorde, 'n persoon met 'n anti-sosiale persoonlikheidsversteuring sou, indien hy impulsief, in 'n impulsiewe situasie 'n misdaad pleeg, nog steeds die vermoë hê om tussen reg en verkeerd te onderskei, maar in daardie situasie, in die impulsiewe oomblik, is sy vermoë om op te tree ingekort."

Dit volg dus dat die appellant volgens dr

Pretorius se getuienis moontlik verminderd

toerekeningsvatbaar was toe hy die moord in aanklag 14uiteengesit, gepleeg het. Aangesien die verskillende

psigiaters glad nie oor inligting met betrekking tot die

ander aanklagte beskik het nie, handel hulle verslae ook

nie oor die appellant se geestestoestand toe hy die

17

moorde in aanklagte 1 tot 13 uiteengesit, gepleeg hetnie. Dieselfde oorwegings met betrekking totverminderde toerekeningsvatbaarheid moet egter ook indaardie gevalle geld. Sedert die inwerkingtreding van die Strafwysigingswet is die bewyslas met betrekking tot sowel strafverswarende as strafversagtende faktore nou op die staat. Na my oordeel het die staat nie hierdie bewyslas met betrekking tot die appellant se moontlike verminderde toerekeningsvatbaarheid gekwyt nie. Die appellant se psigiatriese geskiedenis, vir sover bekend, en sy vreemde optrede soos dit in hierdie saak na vore gekom het, laat in ieder geval 'n groot vraag by my of hy volkome toerekeningsvatbaar was of is.

Die geleerde verhooregter het die volgende

opmerking gemaak toe hy verlof om te appelleer toegestaan

het:

"Ons bevinding was dat hier nekrofilie is en dat dit 'n persoonlikheidsversteuring is, maar dat dit nie regtens versagtende omstandighede daarstel nie."

18Sedertdien het die Strafregwysigingswet in werking getree, en is dit nie meer nodig vir 'n beskuldigde om versagtende omstandighede te bewys nie.In die lig van die voorgaande is ek glad nie daarvan oortuig dat die doodvonnis die enigste gepaste vonnis op aanklagte 1 tot 14 is nie, en moet die opgelegde doodvonnisse tersyde gestel word. Die appellant is klaarblyklik 'n gevaar vir vrouens, en is dit gebiedend noodsaaklik dat hy permanent uit die samelewing verwyder moet word. Daar is geen aanduiding dat hy ook vir mans 'n gevaar inhou nie. Na my oordeel is lewenslange gevangenisstraf dus 'n gepaste straf vir die appellant op elkeen van aanklagte 1 tot 14.

Die appellant se appèl teen sy skuldigbevindings op aanklagte 1 tot 15 en sy appèl teen die vonnis op aanklag 15 word afgewys, maar sy appèl teen

19

die doodvonnisse op aanklagte 1 tot 14 word gehandhaaf. Die doodvonnis op elk van aanklagte 1 tot 14 word tersyde gestel en vervang met 'n vonnis van lewenslange gevangenisstraf op elkeen van daardie aanklagte.

F H GROSSKOPF AR

JOUBERT AR)

NICHOLAS Wn AR) Stem saam

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

R v Mohr 1944 TPD 105

Case cited

R v Deetlefs 1953(1) SA 418(A)

Case cited

R v Mlambo 1957(4) SA 727(A)

Case cited

S v Rama 1966(2) SA 395(A)

Case cited

S v Kola 1966(4) SA 322(A)

Case cited

S v Khoza 1982(3) SA 1019(A)

Case cited

S v D 1991(2) SA 543(A)

Case cited

Criminal Law Amendment Act 107 of 1990

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Criminal Procedure Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.