s v Mouers (K/S 3/04) [2004] ZANCHC 105 (11 June 2004)
- Citation
- [2004] ZANCHC 105
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- P L Goliath
- Case number
- K/S 3/04
More details
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- P L Goliath
- Case number
- K/S 3/04
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the accused's version of events was improbable and contradicted by both eyewitness and medical evidence. The medical expert testified that the nature and direction of the wound were consistent with a deliberate stabbing rather than an accidental fall. The accused's conduct after the incident, including his evasive answers and failure to seek help, further undermined his credibility. The State witnesses were found to be reliable and their testimonies corroborated each other. The court concluded that the only reasonable inference was that the accused intentionally stabbed the deceased, acting with direct intent (dolus directus). However, there was no evidence of premeditation or planning; the act occurred in the heat of the moment during a confrontation between friends.
Court disposition
The accused is found guilty of murder with direct intent (dolus directus), but not with premeditation.
Orders
- The accused is convicted of murder as charged.
- The matter is postponed for sentencing.
02
Material facts
Parties
The State
Applicant Counsel: Adv. A. De NysschenKoos Mouers
Defendant Counsel: Adv. T. Fourie03
Procedural history
Posture
Criminal Trial / Verdict
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the accused unlawfully and intentionally killed the deceased, Arrie Malgas, by stabbing him with a knife.
- 02
Whether the accused's version that the deceased accidentally fell onto the knife is reasonably possibly true.
- 03
Whether the accused acted with direct intent (dolus directus) to kill the deceased.
- 04
Whether the murder was committed with premeditation.
Party arguments
- Applicant
- The State argued that the accused intentionally stabbed the deceased during a confrontation at the residence, relying on eyewitness testimony and medical evidence. The State submitted that the accused's version of an accidental stabbing was not supported by the physical evidence or the sequence of events. The State highlighted inconsistencies in the accused's testimony and the credibility of State witnesses, asserting that the accused acted with direct intent to kill.
- Respondent
- The accused, represented by Adv. Fourie, pleaded not guilty and maintained that the deceased accidentally fell onto the knife during playful interaction. He denied stabbing the deceased and claimed that the incident was a tragic accident. The accused attempted to cast doubt on the reliability of the State witnesses and suggested that the deceased may have been under the influence of alcohol or drugs, which contributed to the accident.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Mandela 1992 (1) SA 661 (A)
The court must be satisfied beyond reasonable doubt that the accused unlawfully and intentionally caused the death of the deceased.
- 02
S v Mandela 1992 (1) SA 661 (A)
Direct intent (dolus directus) is established where the accused acts with the aim of causing death.
- 03
General principles of South African criminal procedure
The credibility of witnesses and consistency of their evidence are crucial in determining the facts.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the accused's version of events was improbable and contradicted by both eyewitness and medical evidence. The medical expert testified that the nature and direction of the wound were consistent with a deliberate stabbing rather than an accidental fall. The accused's conduct after the incident, including his evasive answers and failure to seek help, further undermined his credibility. The State witnesses were found to be reliable and their testimonies corroborated each other. The court concluded that the only reasonable inference was that the accused intentionally stabbed the deceased, acting with direct intent (dolus directus). However, there was no evidence of premeditation or planning; the act occurred in the heat of the moment during a confrontation between friends.
Obiter and limits
- The court noted the importance of medical evidence in distinguishing between accidental and intentional injuries.
- The accused's shifting versions and attempts to mislead the court were highlighted as undermining his credibility.
- The absence of motive or premeditation does not negate the presence of direct intent to kill.
Court disposition
The accused is found guilty of murder with direct intent (dolus directus), but not with premeditation.
- The accused is convicted of murder as charged.
- The matter is postponed for sentencing.
Source and reliance status
Northern Cape High Court, Kimberley
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Northern Cape High Court, Kimberley
Judgment
Verslagwaardig: Ja / Nee
Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saakno: K/S 3/04
Datum verhoor : 07/06/2004 Datum Gelewer: 11 / 06 / 2004
In die saak van:
DIE
STAAT
versus
KOOS
MOUERS BESKULDIGDE
UITSPRAAK
GOLIATH WnR:
[1] Die beskuldigde, Mr Koos Mouers, `n 32 jarige man van Hopetown, staan tereg op `n aanklag van moord. Dit word beweer dat hy op of omtrent 30 Januarie 2004 en te Kannastraat 120 wederregtelik en opsetlik vir Arrie Malgas gedood het deur hom met `n mes te steek.
[2] Die beskuldigde word deur Advokaat Fourie van die Regshulpraad verteenwoordig. Hy het onskuldig gepleit en aangevoer dat die oorledene per ongeluk in sy eie mes geval het. Die beskuldigde ontken dus dat hy die oorledene sou gesteek het. Die beskuldigde erken die identitiet van die oorledene. Hulle het mekaar voor die voorval goed geken. Beskuldigde erken dat die oorledene geen verdere beserings opgedoen het vanaf die toedien van die steekwond en die uitvoering van `n regsgeneeskundige lykskouing deur Dr Petrus Van der Walt Vermeulen. Die erkenings is op skrif gestel en ontvang as Bewysstuk A.
[3] Met aanvang van die verhoor is sekere bewysstukke by ooreenkoms ingehandig naamlik `n artikel 212 verklaring van Roelf Jacobus Neels, gemerk bewysstuk B, bevattende `n foto album. Die beskuldigde erken dat die fotos geneem is van die toneel war die voorval plaasgevind het asook sekere punte daarop uitgewys deur getuie Jannie Solomon. Die lykskouingsverslag, bloedmonsterverslag en bloedalkoholverslag is onderskeidelik ontvang as bewysstukke E, F en G en `n afskrif van die oorledene se identitietsdokument is onvang as bewysstuk H. Die oorkonde van die borgverrigtinge gehou te landdroshof Hopetown is ingehandig as bewysstuk J. Beskuldigde erken ook die korrektheid van die genoemde regsgeneeskundige lykskouingverslag. Ingevolge hierdie verslag is die oorsaak van dood kardiale tampomade as gevolg van die deursnyding van die linker atruim van die hart. Behalwe die steekwond het die oorledene twee stomp beserings op sy voorkop opgedoen.
[4] Die voorval het op Vrydag 30 Januarie 2004 ongeveer middernag plaasgevind. Mr Michael Van Wyk getuig dat hy en die oorledene saam woonagtig was te Kanna straat 120, Hopetown. Die oorledene het ongeveer 5 uur die aand vanaf sy werk tuis gekom. Hulle het beide tuis gebly en het tussen 8 en 9 uur die aand gaan slaap. Die oorledene moes blykbaar die Saterdag gaan werk het. Die woning het slegs een slaapkamer waar hy slaap. Die oorledene slaap in die voorhuis op die grond.
[5] Die aand ongeveer middernag was hy wakker gemaak deur `n klop aan die deur. Hy het iemand hoor roep en die deur oopgemaak. Hy het drie persone opgemerk. Dit was die beskuldigde en `n onbekende man en `n vrou. Die onbekende man praat toe tsosti taal met hom. Hy het die man versoek om nie so met hom te praat nie aangesien hy nie die taal verstaan nie. Terwyl hy besig was om met die man te praat het die beskuldigde verby hom gespring en in die rigting van die oorledene beweeg. Die oorledene het na hom geroep. Hy het opgemerk dat die oorledene vir die beskuldigde aan sy skouers vashou. Die beskuldigde het vir die oorledene met een hand voor die bors vasgehou. Hy het `n blink voorwerp in die beskuldigde se ander hand gesien maar is nie seker of dit `n mes was nie. Hulle het beide regop gestaan en die oorledene het vir die beskuldigde weg van hom af gestoot.
[6] Die oorledene, geklee in sy slaapklere, het toe uit die huis uitgehardloop en die beskuldigde het hom agterna gesit. Hy het die oorledene en die beskuldigde agtervolg en sy buurman, Jannie Solomon gaan roep. Hy het toe na die oorledene gegaan en hom by Jannie Solomon se hek gevind. Sy bors was vol bloed. Hy en sy buurvrou het die polisie ontbied. Volgens hom het die beskuldigde vanaf die toneel verdwyn. Die polisie het die oorledene weggeneem. Hy en die beskuldigde was baie goeie vriende voor die voorval.
[7] Jannie Solomon getuig dat hy op 30 Januarie 2004 by sy meisie se woning was. Hy het op `n staduim gedurende die nag buite toe gegaan om te gaan rook. Terwyl hy buite staan en rook sien hy die oorledene kom uitgehardloop uit hul woning en val naby die hek. Hy let toe op dat die beskuldigde met `n mes in sy hand voor by die deur van die woning staan. Hy het die beskuldigde gevra of hy die oorledene gesteek het. Die beskuldigde het aan hom geantwoord dat hy geld soek. Hy het opgemerk dat die oorledene vol bloed was en het die polisie ontbied. Hy getuig dat die beskuldigde `n bietjie onder die invloed van drank was.
[8] Tydens lewering van sy getuienis het die Staat versoek dat die getuie sy geheue verfris oor `n sekere aspek van sy verklaring en dit ingehandig as bewysstuk A. Die getuie het bevestig dat hy die volgende in sy verklaring gesê het âEk vra hom het hy nou vir Arrie gesteek. Koos het slegs gesê hy soek geld.â Dit blyk egter dat hierdie aspek nie juis in geskil is nie aangesien die beskuldigde dit as korrek bevestig.
[9] Dr Petrus Van der Walt Vermeulen het getuig dat hy `n mediese praktisyn te Hopetown is serdert 1983. Hy lewer tans dienste as distriksgeneesheer vir ongeveer 16 jaar. Op 7 Februarie 2004 het hy die oorledene ondersoek. Die oorledene het `n steekwond in sy linkerbors gehad. Die steekwond penetreer die vel links van die borsbeen waar die rib aansluit by die borsbeen. Die wondrigting gaan dan deur die kraakbeenaansluiting waarna dit die hartweefsel tref. Die linkerhartkamer is getref en die bloed het van hier af uitgespuit tot in die hartsak. Die hart was gevolglik vasgedruk in die bloed in die hartsak dit het dan gely tot hartstilstand. Hy getuig dat indien die oorledene met `n mes gesteek was, moes daar redelike geweld gebruik gewees het ten einde die kraakbeenaansluiting te kan deurboor. Die wond dui aan dat die steekvoorwerp `n skerppuntige mes moes wees. Die wond was van so `n aard dat die dood binne `n bestek van 5 minute sou intree na toediening van die wond. Die traktus van die wond is skuins van bo na onder en links af in die bors. Die traktus van die wond is versoenbaar met die tipiese steekbeweging waar `n persoon iemand steek wat direk voor hom sou staan.
[10] Na sluiting van die Staatsaak het die beskuldigde in sy eie verdeiging getuig. Sy weergawe is dat hy baie goed bevriend is met die staatgetuie Mr Michael Van Wyk. Hulle was soos beste vriende voor die voorval. Hy ken ook die oorledene goed en daar was geen probleme tussen hulle nie. Op 30 Januarie 2004 ongeveer 2 uur die middag het hy en Michael Van Wyk hul buurvrou, Jannie Solomon se meisie, se erf skoongemaak. Sy het onderneem om hulle later te betaal. Tydens kruisondervraging blyk dit dat hulle ook die middag by die abatoir was waar hulle afval gekoop het. Hulle is laatmiddag Kampong plakkerskamp toe om meisies te gaan soek. Tussen 5 en 6 uur die aand is hulle toe na `n taverne waar hulle gedrink en gedans het.
[11] Na 8 uur die aand is hulle huistoe. Hy was bekommerd dat sy moeder en meisie alleen tuis is en het Michael Van Wyk gesê dat hy wil loop. Hulle is vanaf die taverne direk na Michael Van Wyk se woning. Die oorledene het die deur oopgemaak. Michael Van Wyk is na sy kamer toe en het weer later sy verskyning gemaak. Die oorledene was besig om `n zol te maak langs sy bed voor die tafel. Op `n stadium is Michael Van Wyk toilet toe. Die oorledene, wie bekend is as grapmaker, het speelsgewys na hom windhoue geslaan met sy hande. Hy het `n kombers om hom gehad. Daar was `n mes langs die oorledene op die tafel.
[12] Die oorledene het die mes geneem en speelsgewys na hom gemik met die mes. Die beskuldigde het gedemonstreer dat die oorledene die hef van die mes in sy gebalde vuis gehou het met die lem opwaarts. Soos die oorledene na hom mik het hy gestruikel oor die kombers en die tafel. Die beskuldigde het gekeer dat sy maermerie seerkry by die tafel en hy help toe die oorledene om op te staan.
[13] Die oorledene het vooroor, gebukkend gestaan. Hy het die oorledene gevra of hy seergekry het en die mes van die grond opgetel. Die mes se punt was rooi. Michael Van Wyk het nader gekom en gevra wat gaan aan. Hy het vir hom en die oorledene uitmekaar gemaak. Hy het vir Michael Van Wyk verduidelik dat die oorledene gespeel en geval het in die mes en die mes aan hom oorhandig. Die oorledene se bors was bebloed.
[14] Die oorledene het by die deur uitgehardloop. Hy het die mes, ongeveer 30 cm lank, van Micheal Van Wyk geneem en die oorledene agtervolg. Toe hy buite kom vra Jannie Solomon se vrou hom hoekom het hy die oorledene gesteek. Jannie Solomon het hom ook gevra of hy die man gesteek het waarop hy geantwoord het âek soek net geld.â Hy het vir Jannie Solomon verduidelik dat die oorledene gespeel het en in sy mes geval het. Michael Van Wyk het op die staduim die mes van hom afgevat en hy het huistoe gegaan. Michael Van Wyk het later by sy woning opgedaag en vir sy moeder verduidelik dat die voorval `n ongeluk was. Hy is die volgende dag deur die polisie gearresteer.
[15] Die Staatsgetuies Michael Van Wyk en Jannie Solomon het nie gesien hoe die oorledene gesteek word nie. Michael Van Wyk getuig oor die voorval binne die huis. Hy het nie `n mes by die beskuldigde gesien nie, en bevestig dat die oorledene na buite gehardloop het. Jannie Solomon, wie buite was op daardie stadium bevestig egter dat hy die beskuldigde gesien het agter die oorledene hardloop met `n mes in sy hand. Hy het ook gesien hoe die oorledene inmekaarsak buite die woning. Uit die aanloop van die gebeure is dit duidelik dat die enigste redelike afleiding wat die hof kan maak is dat die oorledene reeds gesteek is binne die woning en agterna uitgehardloop het.
[16] Mr Fourie het tydens kruisverhoor uitgelig dat die getuie Michael Van Wyk nie in sy verklaring melding gemaak het dat hy `n blink voorwerp in die beskuldigde se hand gesien het nie, maar wel so in die hof kom getuig het. Die verklaring is ingehandig as bewysstuk C. Mr Van Wyk het egter bevestig dat hy nie seker was of dit `n mes was nie. Die hof is van mening dat hierdie weerspreking nie wesenlik is nie aangesien Jannie Solomon wel die mes gesien het. Die beskuldigde het ook, op sy eie weergawe bevestig dat hy `n mes in sy hand gehad het toe hy agter die oorledene na buite gehardloop het. In die verband is daar dus geen twyfel by die hof dat die beskuldigde wel `n mes gehad het nie.
[17] Wat die hof baie vreemd vind is die beskuldigde se antwoord toe hy gekonfronteer was deur Jannie Solomon en sy vrou. Toe hy gevra word of hy die oorledene gesteek het sê hy net dat hy geld soek. Dit word deur die beskuldigde self bevestig. Die antwoord maak glad nie sin nie. Die hof sou verwag dat hy onmiddelik vir hulle van die ongeluk sou vertel het. Die oorledene was immers sy vriend en daar was volgens hom geen probleme tussen hulle nie. Tydens kruisondervraging het die beskuldigde lelik kleigetrap oor die aspek en het later sy weergawe aangepas en getuig dat hy wel vir Jannie Solomon gesê het van die ongeluk.
[18] Dit is insiggewend dat die beskuldigde en Michael Van Wyk se weergawes totaal verskil. Michael Van Wyk beweer dat hulle glad nie die dag saam deurgebring het nie. Verder getuig hy dat die beskuldigde daar sou opgedaag het met `n man en vrou. Dit word ontken deur die beskuldigde.
[19] Volgens die beskuldigde was Michael van Wyk bewus dat die voorval `n ongeluk was en het dit selfs so vir sy moeder oorgedra. Dit word ten sterkste ontken deur Michael Van Wyk. Inteendeel, sy getuienis is dat as gevolg van hierdie voorval is hy nie meer langer bevriend met die beskuldigde nie. Dit is duidelik dat Michael Van Wyk die beskuldigde blameer vir die voorval. Dit is onwaarskynlik dat hy die beskuldigde sou verwyt het indien hy geweet het dat dit `n ongeluk was. Hulle was beste vriende en dit is hoogs onwaarskynlik dat hy die beskuldigde sou valslik inkrimmineer.
[20] Die beskuldigde gee te kenne dat Michael Van Wyk vir hom en die oorledene uitmekaar gemaak het om vas te stel wat die probleem met die oorledene was. Michael Van Wyk voer aan dat die beskuldigde die oorledene voor die bors gegryp het en daarom het hy hulle probeer uitmekaar maak. Volgens die beskuldigde het hy die mes in sy hand gehad toe Michael Van Wyk vanaf die toilet kom. Dit was op die stadium dat hy hulle uitmekaar gemaak het, bloot om te kyk wat die probleem is. Michael Van Wyk het toe die mes by hom geneem.
[21] Die vraag ontstaan dan waarom het die beskuldigde die mes by Michael Van Wyk teruggeneem net voordat hy die oorledene agtervolg het. Hy weet dan die oorledene was beseer as gevolg van die ongeluk en die mes sou mos geen doel dien nie. Tydens kruisondervraging was die beskuldigde hieroor gevra en sy verduideliking is dat hy die mes geneem het om vir die mense te wys waarin die oorledene geval het. Die hof sou redelikerwys verwag het dat hy op die stadium meer gesteld sou gewees het op die toestand van die oorledene wie op die toneel inmekaar gesak het. Hy het geen poging aangewend om hulp te soek of `n ambulans te ontbied nie.
[22] Die regsverteenwoordiger van die beskuldigde het dit pertinent aan die staatsgetuie Michael Van Wyk gestel dat die beskuldigde aanvoer dat die oorledene redelik onder die invloed van sterk drank was tydens die voorval. Die bloedalkoholverslag toon egter aan dat die oorledene geen alkohol in sy liggaam gehad het tydens sy dood nie. Die dokter het getuig dat die metabolisme van die oorledene tot stilstand gekom het na sy dood en dat die alkolholvlak tydens die oorledene se dood `n redelike akkurate aanduiding is dat die oorledene nugter was tydens die voorval.
[23] Tydens kruisondervraging was die beskuldigde gekonfronteer oor sy stelling dat die oorledene redelik onder die invloed was. Hy het toe sy weergawe aangepas en aangevoer dat hy `n skyf kon getrek het; bedoelende dat hy onder die invloed van dwelms kon gewees het. Hy voeg by dat die oorledene baie spelerig is wanneer hy `n skyf getrek het. Dit is duidelik dat die beskuldigde die hof wou mislei deur hierdie bewereing om moontlik sy weergawe dat die oorledene gestruikel het meer geloofwaardig te maak. Die indruk wat geskep was deur die beskuldigde was dat die oorledene se besope toestand bygedra het dat hy gestruikel het oor die tafel.
[24] Michael Van Wyk en Jannie Solomon het `n goeie indruk op die hof gemaak. Hulle was beide geloofwaardige en betroubare getuies wie nie die saak teen die beskuldigde probeer aandik het nie. Beide erken dat hulle nie gesien het hoe die steekwond toegedien was nie. Hul weergawes vul mekaar egter aan. Die beskuldigde daarenteen was `n uiters swak en leuenagtige getuie. Hy het voortdurend sy weergawe probeer aanpas wanneer hy oor sekere onbevredigde aspekte van sy getuienis gekonfronteer was.
[25] Dit is insiggewend om te let hoe die beskuldigde afgewyk het van sy getuienis soos gelewer tydens sy borgaansoek. Hier het die beskuldigde aanvanklik ontken dat die oorledene ooit na buite toe gehardloop het. Hy het dus op geen stadium die oorledene na buite gevolg met die mes in sy hand nie. Die beskuldigde het die hof meegedeel dat die ongeluk binne die woning plaasgevind het en dat die oorledene daar geval en gesterf het. Die beskuldigde het ook ontken dat Jannie Solomon of enigeen hom buite sou gevra het of hy die oorledene gesteek het. Hy beweer verder dat Michael Van Wyk die mes uit die oorledene se hande gevat het na die ongeluk. Op hierdie weergawe het hy nooit die mes opgetel, of op enige stadium hanteer nie.
[26] Dit is duidelik tydens die borgverrigtinge dat die beskuldigde nie bewus was dat Jannie Solomon hom buite die woning gesien het nie. Tydens hierdie verhoor was hy egter met hierdie getuienis gekonfronteer en het hy sy weergawe verander en erken dat die oorledene wel uitgehardloop het. Hy verduidelik dan ook verder dat Jannie Solomon wel buite die woning met hom gepraat het, wat totaal in konflik is met sy weergawe tydens sy borgaansoek.
[27] Die onwaarskynlikheid van die beskuldigde se weergawe is deur Dr Van der Walt Vermeulen uitgelig tydens kriusondervraging. Dr Van der Walt Vermeulen getuig dat dit onmoontlik is dat die traktus van die wond afwaarts sou wees indien die oorledene die lem van die mes opwaarts gehou het soos beweer deur die beskuldigde. Met inagneming van die hoogte van die tafel (soos uitgebeeld op bewysstuk B), asook die feit dat daar wiele onder die tafel was, moes die tafel tydens die val beweeg het en sodoende die momentum van die oorledene saamgeneem het. Indien die lem van die mes opwaarts was tydens die val, moes die traktus dan opwaarts gewees het. Volgens die dokter is die beskuldigde se beskrywing van die voorval nie versoenbaar met die aard van die besering nie.
[28] Die mediese getuienis oor die traktus van die wond pas in by die weergawe van Michael Van Wyk dat die oorledene en beskuldigde voor mekaar gestaan het voordat die oorledene uitgehardloop het. Die hof aanvaar dat die oorledene tydens die struweling deur die beskuldigde gesteek is.
[29] Die hof verwerp die weergawe van die beskuldigde as vals en aanvaar die Staatsgetuies se getuienis as geloofwaardig soos alreeds voorgehou. In die lig van die getuienis in totalitiet is die enigste redelike afleiding wat gemaak kan word, dat die beskuldigde die noodlottige steekwond toegedien het. Die hof is dus oortuig dat die Staat sy saak bo redelike twyfel bewys het. Indien gekyk word na die ligging van die wond, die manier waarop die steekwond toegedien is en die tipe wapen wat gebruik is, is die hof oortuig dat die beskuldigde die direkte opset gehad het om die oorledene te dood. Beskuldigde word gevolglik skuldig bevind aan moord met die opset vorm dolus directus.
[30] Die hof moet ook dan verder `n bevinding maak of die beskuldigde die moord op die oorledene beplan het of u dit met voorbedagte rade gepleeg het. U en die oorledene was goeie vriende. Die motief vir u optrede is nie duidelik nie en die hof wil nie spekuleer oor waarom u hierdie misdaad gepleeg het nie. Hier is geen getuienis voor die hof dat u hierdie moord beplan het of met voorbedagte rade gepleeg het nie. In S v Mandela 1992 (1) SASV 661 (A) het die Appèlhof as volg die verskil tussen momentele optrede en optrede met voorbedagte rade benader op bladsy 665 B:
ïgDie boosdoener moet onverwyld en in die hitte van die oomblik tot sy geweldsdaad oorgaan. `n Vertraagde vergeldingshandeling met voorbedagte rade is heeltemal die teenoorgestelde van daardie momentele verlies aan/of inkorting van selfbeheersing wat die waarmerk van provokasie dra.â
Dit blyk dat daar `n struweling tussen u en die oorledene was en dat die steekwond daartydens toegedien is in die hitte van die oomblik. Vervolgens bevind ek dat u nie die oorledene met voorbedagte rade gedood het nie.
______
P
L GOLIATH
WAARNEMENDE
REGTER
(Noord Kaapse Afdeling)
ADVOKAAT NAMENS STAAT: ADV. A. De NYSSCHEN
ADVOKAAT NAMENS BESKULDIGDE: ADV. T. FOURIE
DATUM VAN VERHOOR: 07/06/2004
DATUM VAN UITSPRAAK: 11/06/2004
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.