Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

S v Mphatle en 'n Ander (40/93) [1998] ZASCA 4 (6 March 1998)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The Supreme Court of Appeal found that the trial court correctly admitted the confessions of both appellants as voluntary. The evidence of police officers was accepted over the uncorroborated allegations of assault, and the testimony of Mrs Panayis regarding identification was found reliable. The corroborating evidence, including the recovery of a knife and bank deposit, supported the convictions for murder and robbery with aggravating circumstances. The death sentences imposed were set aside as unconstitutional, and the matter was remitted to the trial court for resentencing on the murder convictions.

Court disposition

Appeal against convictions dismissed; appeal against death sentences upheld; matter remitted for resentencing on murder convictions.

Orders

  • The appeal against the convictions of both appellants is dismissed.
  • The appeal against the death sentences imposed for murder is upheld and those sentences are set aside.
  • The matter is remitted to the trial court for the imposition of appropriate sentences for the murder convictions.

02

Material facts

Parties

Elliot Morena Mphatle

Appellant

David Kuna

Appellant

Die Staat

Respondent

Amounts and remedies

  • Amount Robbed From Victims: ZAR 6,000
  • Deposit Made by First Appellant After Robbery: ZAR 500
  • Sentence for Robbery (each Appellant): ZAR 15

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellants argued that their confessions were not made voluntarily, alleging that they were assaulted and unduly influenced by the police. They challenged the reliability of the identification evidence and contended that the State failed to prove their guilt beyond reasonable doubt. They further argued that the delay in making the confession raised doubts about its voluntariness.
Respondent
The State maintained that the confessions were made voluntarily and without undue influence, supported by police testimony and the appellants' own statements. The State argued that the identification by Mrs Panayis was reliable and that corroborating evidence, such as the recovery of stolen items and bank deposits, supported the convictions. The State conceded that the death penalty was unconstitutional and agreed the matter should be remitted for resentencing.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    S v Mpetha 1983 (1) SA 576 (C) at 586A-G

    A confession must be excluded if there is credible evidence that the accused was unduly influenced, even if the accused does not expressly allege such influence.

  2. 02

    S v Dhlamini and Another 1971 (1) SA 807 (A) at 814B

    Other evidence may point so strongly to the operation of undue influence that it becomes a reasonable possibility, even if the accused does not testify to it.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The Supreme Court of Appeal found that the trial court correctly admitted the confessions of both appellants as voluntary. The evidence of police officers was accepted over the uncorroborated allegations of assault, and the testimony of Mrs Panayis regarding identification was found reliable. The corroborating evidence, including the recovery of a knife and bank deposit, supported the convictions for murder and robbery with aggravating circumstances. The death sentences imposed were set aside as unconstitutional, and the matter was remitted to the trial court for resentencing on the murder convictions.

Obiter and limits

  • The mere possibility that an accused was unduly influenced does not cast doubt on evidence that the confession was voluntary.
  • Difficulty in securing a magistrate to record a confession does not, in itself, suggest improper influence or coercion.

Court disposition

Appeal against convictions dismissed; appeal against death sentences upheld; matter remitted for resentencing on murder convictions.

  • The appeal against the convictions of both appellants is dismissed.
  • The appeal against the death sentences imposed for murder is upheld and those sentences are set aside.
  • The matter is remitted to the trial court for the imposition of appropriate sentences for the murder convictions.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[1998] ZASCA 4

Download original filesPDF formatRTF format

Download original files

PDF formatRTF format

PDF format

RTF format

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

SaakNr 40/93

In die saak tussen:

ELLIOT MORENA MPHATLE

Eerste appellant

DAVID KUNA

Tweede appellant

-en-

DIE STAAT

Respondent

Voor:

Van Heerden AHR, Olivier AR en Streicher AR.

Verhoor: 24 Februarie 1998Gelewer:6 Maart 1998

Gelewer:

UITSPRAAK

STREICHER AR

2 Die appellante is in die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling van

die Hooggeregshof aangekla daarvan dat hulle op 9 Julie 1991 by die Mafuta

Eating House te Welkom vir ene Panayis Panayis ("die oorledene") vermoor

het en hom en sy eggenote van R6 000 kontant en 5 jagmesse beroof het.

Beide is skuldig bevind aan moord en aan roof met verswarende

omstandighede. Beide is ook ter dood veroordeel ten opsigte van die moord

en tot 15 jaar gevangenisstraf ten opsigte van die roof. Die appellante het

geen stappe gedoen om teen die skuldigbevindings en vonnisse te appelleer

nie. Ingevolge art 316A(4)(a) is advokate namens hulle aangestel om die

skuldigbevindings aan moord en die doodstraf ten opsigte daarvan voor

hierdie hofte beredeneer.

Volgens mev Panayis het 'n man op 9 Julie 1991 die Mafuta Eating

House, by die nommer twee skag van die Westem Areas myn, binnegekom

3en haar man, die oorledene, geskiet. Onmiddellik daama het 'n tweede man

en haar man, die oorledene, geskiet. Onmiddellik daama het 'n tweede man

'n vuurwapen teen haar kop gedruk en geld geis. Sy het geld wat in 'n

is. Sy het geld wat in 'n

kasregister was, uitgehaal en 'n derde, 'n lang man wat by die deur gestaan

het, het dit geneem. Die persoon wat die oorledene geskiet het, het drie

jagmesse geneem en die tweede persoon het die telefbondrade met een van

die messe afgesny. Daarna het die drie rowers weggehardloop. Mev

Panayis het na haar man gegaan en gevind dat hy reeds dood was.

Die tweede appellant is op 16 Julie 1991 by Zastron in verband met

'n ander saak gearresteer. Adjudant-offisier Pietersen van die Bloemfontein

moord- en roofeenheid het die ondersoek van daardie saak oorgeneem en het

die tweede appellant na Bloemfontein geneem. Op 22 Julie 1991 is

Pietersen tesame met ander lede van die Bloemfontein moord- en

roofeenheid na Welkom en het hulle die tweede appellant en ander verdagtes

4in daardie saak met hulle saamgeneem. Tesame met lede van die Welkom

in daardie saak met hulle saamgeneem. Tesame met lede van die Welkom

moord- en roofeenheid het hulle die eerste appellant om ongeveer 05h00 op

22 April 1998 gearresteer, ook in verband met die ander saak. Adjudant

Meiring, die ondersoekbeampte in die onderhawige saak, se onbetwiste

getuienis was dat 'n splinternuwe jagmes in die kamer waar die eerste

appellant tesame met 'n vrou geslaap het, gevind is. Die jagmes is later

deur mev Panyanis uitgeken as synde soortgelyk aan de messe wat van haar

e messe wat van haar

geroofis. Verderis'n depositostrokie ingevolge waarvan die eerste

appellant die dag na die roof R500 in sy bankrekening belhet en R17 se

het en R17 se

50c stukke in sy besit gevind.

Na sy arrestasies eerste appellant geneem na de moord- en

s eerste appellant geneem na de moord- en

e moord- en

roofeenheid se kantore te Welkom waar Pietersen 'n gesprek met hom

gevoer het. Om ongeveer 14h00 het Pietersen terug na Bloemfontein

5

vertrek. Hy het egter vir eerste en tweede appellante agtergelaat omrede tweede appellant heel toevallig deur mev Panayis in die werf van die polisiekantore opgemerk is en deur haar uitgewys is as synde die persoon wat die vuurwapen teen haar kop gehou het. Nadat tweede appellant so uitgewys is, het speurder-sersant Mokoena hom ondervra. Na aanleiding van die ondervraging het Mokoena ook vir eerste appellant vir 'n periode van ongeveer 50 minute ondervra. Nadat eerste appellant sekere mededelings aan Mokoena gemaak het, het hy hom na Meiring geneem. Meiring het vir ongeveer 20 minute met eerste appellant gepraat waartydens hy aan Meiring herhaal het wat hy aan Mokoena geshet. Na die gesprek het Meiring aan Mokoena opdrag gegee om tesame met die eerste appellant na ene Walk Tall, 'n persoon wat deur die eerste appellant genoem is, te gaan soek. Hulle was nie suksesvol nie. Terug by die kantore het Mokoena die eerste

het. Na die gesprek het Meiring aan Mokoena opdrag gegee om tesame met die eerste appellant na ene Walk Tall, 'n persoon wat deur die eerste appellant genoem is, te gaan soek. Hulle was nie suksesvol nie. Terug by die kantore het Mokoena die eerste

6

appellant weer aan Meuing oorhandig. Hy is daama by Virginia aangehou.

Op dieselfde dag het die hveede appellant 'n verklaring afgelvoor ene Oberholzer, 'n kaptein in die Suid-Afrikaanse Polisie. In die verklaring het hy erken dat hy tesame met twee ander persone deelgeneem het aan 'n roof by die Mafuta Eating House waartydens 'n skoot afgevuur is en hy 'n speelgoedrewolwer op 'n vrou gerig het.

voor ene Oberholzer, 'n kaptein in die Suid-Afrikaanse Polisie. In die verklaring het hy erken dat hy tesame met twee ander persone deelgeneem het aan 'n roof by die Mafuta Eating House waartydens 'n skoot afgevuur is en hy 'n speelgoedrewolwer op 'n vrou gerig het.

Die volgende dag, Dinsdag 23 Julie, is die eerste appellant weer na Meiring se kantoor gebring en het Meiring weer met hom gepraat. Mokoena het ook vir ongeveer 15 minute met hom gepraat en het daama weer gaan navraag doen oor Walk Tall. Om ongeveer l6h00 het Meiring adjudant De Jongh versoek om met eerste appellant na Qwa Qwa te gaan om te gaan soek na die lang man wat na bewering betrokke was in die saak. Om ongeveer 23h00 het De Jongh die eerste appellant oorgeneem van ander

7speurders by 'n myn in Welkom, waar ook na 'n verdagte gesoek is, en

speurders by 'n myn in Welkom, waar ook na 'n verdagte gesoek is, en

vertrek na Qwa Qwa. Wat die eerste appellant by die myn saam met die

speurders gedoen het, blyk nie uit die getuienis nie. De Jongh was tot in die

vroeoggendure saam met die eerste appellant in Qwa Qwa en is toe Petrus

oggendure saam met die eerste appellant in Qwa Qwa en is toe Petrus

Steyn toe in verband met 'n ander saak. Terwyl De Jongh besig was met die

ander saak is die eerste appellant te Petrus Steyn aangehou. Later is hy

weer teruggeneem na Welkom. Gedurende die oggend van 25 Julie het

Meiring by sy kantore vir 'n periode van ongeveer drie ure met eerste

appellant gepraat. Hy het probeer om 'n landdros te kry wat 'n verklaring

kon ameem. Hy is egter meegedeel dat daar nie 'n landdros oftolke

beskikbaar was nie en het gevolglik gerel met luitenant Marais van die

l met luitenant Marais van die

Suid-Afrikaanse Narkotiese Buro om die verklaring te neem.

In die verklaring wat die eerste appellant voor Marais afgelhet, het

het, het

8hy gesdat hy nie deur enige persoon aangerand ofgedreig is ofop enige

hy gesdat hy nie deur enige persoon aangerand ofgedreig is ofop enige

dat hy nie deur enige persoon aangerand ofgedreig is ofop enige

wyse benvloed of aangemoedig is om 'n verklaring te maak nie. Hy het

nvloed of aangemoedig is om 'n verklaring te maak nie. Hy het

verder erken dat hy vroer die maand, tesame met twee ander persone, die

r die maand, tesame met twee ander persone, die

winkel genaamd Mafota, by die nommer twee skag van die Westem Areas

myn, beroofhet, en dat hy die man wat in die winkel gewerk het, geskiet het.

Tydens kruisondervraging het die appellante betwis dat die

bekentenisse vrywilliglik gemaak is. Hulle het aan polisiegetuies gestel dat

hulle deur die polisie aangerand is. Nie een van hulle het egter tydens die

binneverhoor getuig nie. Die eerste appellant het wel 'n getuie, mnr Lithoko,

geroep wat getuig het dat hy die appellante op 22 Julie 1998 gesien het en

weer vier dae later. Op laasgenoemde stadium het hy beserings aan hulle

opgemerk, o.a. het daar wind by die eerste appellant se ore uitgekom

wanneer hy gepraat het. Die tweede appellant het twee getuies tydens die

9

binneverhoor geroep. Nie een van hierdie getuies het stawing verleen aan die appellante se stellings dat hulle deur die polisie aangerand is nie. Tydens die hoofverhoor het die appellante ook nie geruig nie. Hulle het slegs die getuienis van een persoon, mnr Maboesa, aangebied. Maboesa se getuienis was dat hy tesame met die tweede appellant na Welkom geneem is. Volgens hom het hy na eerste appellant se arrestasie gehoor hoe hy huil en het hy geweet dat dit was omrede hy geskok word. Hy het die tweede appellant in 'n ander kantoor hoor skree soos 'n persoon wie se neusgate toe was. Later het hy gesien dat tweede appellant se orooi was asofhy geskok was. Hy het ook gesien dat die eerste appellant se orooi was.

rooi was asofhy geskok was. Hy het ook gesien dat die eerste appellant se orooi was.

rooi was.

Die hof a quo het bevind dat Mev Panayis 'n betroubare getuie was wat voldoende geleentheid gehad het om die tweede appellant waar te neem sodat sy hom later kon identifiseer.

10 Lithoko was na die mening van die hof a quo 'n leuenaar en sy

getuienis van die beserings wat hy aan die eerste appellant sou gesien het, is

verwerp. Ook die getuienis van Maboesa is ongeloorwaardig bevind.

Daarteenoor het die hof a quo die getuienis van staatsgetuies dat die

appellante geen beserings gehad het op die tydstip toe hulle die bekentenisse

afgelhet nie en dat hulle nie aangerand is nie, aanvaar.

het nie en dat hulle nie aangerand is nie, aanvaar.

Die hof a quo het gevolglik bevind dat die staat bo redelike twyel bewys het dat die bekentenisse wat deur die appellante gemaak is vrywilliglik en sonder onbehoorlike benvloeding gemaak is en verder dat die skuld van die appellante bo redelike twyfel bewys is.

el bewys het dat die bekentenisse wat deur die appellante gemaak is vrywilliglik en sonder onbehoorlike benvloeding gemaak is en verder dat die skuld van die appellante bo redelike twyfel bewys is.

nvloeding gemaak is en verder dat die skuld van die appellante bo redelike twyfel bewys is.

Wat die tweede appellant betref bestaan daar na my mening geen basis om met hierdie bevindings van die hof a quo in te meng nie. Dat dit die geval is, is dan ook tereg namens die tweede appellant toegegee en geen

11 betoog tot die teendeel is gelewer nie.

Afgesien van die bekentenis deur die eerste appellant het die hof a quo bevind dat die inbetaling van 'n bedrag van R500 in eerste appellant se bankrekening 'n inkriminerende aspek was, omrede dit 'n dag na die roof geskied het op 'n stadium wat die eerste appellant volgens sy bekentenis werkloos was. Die hof a quo het ook bevind dat die jagmes en R17 se 50c stukke wat by die eerste appellant se arrestasie gevind is, 'n mate van stawing bied dat die eerste appellant aan die roof deelgeneem het.

Namens die eerste appellant is nie betoog dat die hof a quo fouteer het om die getuienis van Lithoko en Maboesa te verwerp nie. Dit is wel betoog dat die Staat nie bo redelike twyfel bewys het dat die eerste appellant nie onbehoorlik benvloed is om 'n verklaring te maak nie. Volgens die betoog wek die feit dat die eerste appellant eers op 25 Julie, drie dae na sy

nvloed is om 'n verklaring te maak nie. Volgens die betoog wek die feit dat die eerste appellant eers op 25 Julie, drie dae na sy

12arrestasie, 'n bekentenis afgelhet, twyfel of die bekentenis sonder

arrestasie, 'n bekentenis afgelhet, twyfel of die bekentenis sonder

het, twyfel of die bekentenis sonder

onbehoorlike benvloeding afgelis.

nvloeding afgelis.

is.

Soos reeds aangedui, het die eerste appellant nie enige getuienis van onbehoorlike benvloeding gelewer nie. In hierdie verband is ons verwys na S v Mpetha1983 (1) SA 576(C) op 586A-G en S v Dhlamini and Another1971 (1) SA 807 (A) op 814B ter ondersteuning van 'n betoog dat die feit dat 'n beskuldigde nie beweer dat hy op een of ander wyse onbehoorlik benvloed is nie, nie in die weg staan van 'n bevinding dat hy wel moontlik op daardie wyse onbehoorlik benvloed is nie.

nvloeding gelewer nie. In hierdie verband is ons verwys na S v Mpetha1983 (1) SA 576(C) op 586A-G en S v Dhlamini and Another1971 (1) SA 807 (A) op 814B ter ondersteuning van 'n betoog dat die feit dat 'n beskuldigde nie beweer dat hy op een of ander wyse onbehoorlik benvloed is nie, nie in die weg staan van 'n bevinding dat hy wel moontlik op daardie wyse onbehoorlik benvloed is nie.

1983 (1) SA 576

1971 (1) SA 8

nvloed is nie, nie in die weg staan van 'n bevinding dat hy wel moontlik op daardie wyse onbehoorlik benvloed is nie.

nvloed is nie.

Williamson R stereg in Mpetha op 586 A-G:

tereg in Mpetha op 586 A-G:

"One must not lose sight of the fact that a layman, particularly an ignorant or uneducated one, might not complain of something for a variety of reasons. I think that Qunet JP expresses this caveat with great insight when in Hackwell's case supra at 390 D-E he observes:

net JP expresses this caveat with great insight when in Hackwell's case supra at 390 D-E he observes:

13

'The appellant's failure to raise the fact of confrontation as a ground of objection should not be minimised; on the other hand, it should not be overstressed. I think that, when it is sought to exclude a confession, accused persons often regard an allegation of assault as possessing a magical quality. And for that reason, other matters no less signifcant may not be mentioned either because they are not considered to be of much weight or because it is felt that to mention them would weaken the effect of the objection as formulated.' "

cant may not be mentioned either because they are not considered to be of much weight or because it is felt that to mention them would weaken the effect of the objection as formulated.' "

Die voormelde beslissings gaan egter nie verder as om te sdat,

dat,

indien daar getuienis is van gebeure wat 'n beskuldigde moontlik kon

benvloed het om 'n bekentenis af te l, dit nie deur 'n hof gegnoreer kan

nvloed het om 'n bekentenis af te l, dit nie deur 'n hof gegnoreer kan

, dit nie deur 'n hof gegnoreer kan

gnoreer kan

word bloot omdat die beskuldigde nie beweer dat hy daardeur benvloed is

nvloed is

nie. In Dhlamini sJansen AR op 814B:

Jansen AR op 814B:

"But, even in a case where an accused has failed to disclose under oath what actuated him in making, ostensibly freely and

14

voluntarily and without having been unduly influenced thereto, a confession before a magistrate or a justice of the peace, it is conceivable that other evidence of what had gone before could point so strongly to, e.g., the operation of undue influence, that such would no longer be merely a hypothetical possibility but a reasonable possibility."

'n Blote hipotetiese moontlikheid dat 'n beskuldigde onbehoorlik benvloed is, werp geen twyfel op getuienis dat hy nie so benvloed is nie.

nvloed is, werp geen twyfel op getuienis dat hy nie so benvloed is nie.

In die onderhawige geval het die eerste appellant nie alleen geen getuienis gelewer ten aansien van wat hom sou beweeg het om die bekentenis af te lnie, maar is daar ook geen getuienis ter weerspreking van sy eie verklaring aan Marais dat hy nie benvloed is om die verklaring te maak nie.

nie, maar is daar ook geen getuienis ter weerspreking van sy eie verklaring aan Marais dat hy nie benvloed is om die verklaring te maak nie.

nvloed is om die verklaring te maak nie.

Volgens Meiring het die eerste appellant reeds op 22 Julie te kenne gegee dat hy bereid was om 'n verklaring afte l. Hierdie getuienis van

. Hierdie getuienis van

15Meiring word in 'n mate gestaaf deur die onbetwiste getuienis van Meiring

Meiring word in 'n mate gestaaf deur die onbetwiste getuienis van Meiring

en Mokoena dat die eerste appellant reeds op 22 Julie saam met Mokoena

gegaan het om Walk Tall te gaan soek. Meiring het getuig dat hy nie op

daardie stadium 'n verklaring van die eerste appellant laat neem het nie

omrede die eerste appellant hom behulpsaam was met die opspoor van die

lang man wat na bewering ook betrokke was. Volgens Meiring was dit

belangrik om die derde persoon op te spoor voordat hy snuf in die neus kry

en verdwyn. Dit blyk duidelik uit die getuienis dat vanaf 22 Julie tot 24

Julie inderdaad gepoog is om die derde verdagte met die hulp van die eerste

appellant op te spoor. Dit blyk verder dat dit geen maklike taak was om 'n

landdros te verkry om 'n verklaring afte neem nie en dat Meiring

terselfdertyd ook besig was met die ondersoek van ander sake. Meiring het

byvoorbeeld om 23h00 op 23 Julie na Petrus Steyn vertrek in verband met 'n

16 ander saak en het eers om 02h00 op 25 Julie teruggekeer na Welkom. In

die lig van die voorgaande bied die versuim om dadelik die eerste appellant

te neem vir 'n verklaring voor 'n landdros of 'n vrederegter geen basis vir 'n

afleiding dat die eerste appellant moontlik onbehoorlik benvloed is om 'n

nvloed is om 'n

bekentenis afte lnie.

nie.

In die eerste appellant se betoogshoofde is aangevoer dat dit uit die getuienis van De Jongh blyk dat eerste appellant vir lang periodes onderwerp is aan ondervraging. Dit blyk egter geensins uit die getuienis van De Jongh nie. De Jongh het vanaf 23h30 op 23 Julie tot l0h00 op 24 Julie die eerste appellant onder sy beheer gehad. Gedurende daardie tyd het hy van Welkom na Qwa Qwa gegaan, gesoek na Walk Tall en daama na Petrus Steyn gegaan.

Na my mening het die hof a quo tereg bevind dat die eerste appellant

17 se bekentenis toelaatbaar was. In die lig van die bekentenis asook die

stawing wat verleen word deur die feit dat 'n jagmes, soortgelyk aan die

jagmesse wat geroof is, by die eerste appellant gevind is en die geringe

stawing wat verleen word deur die depositostrokie wat in die eerste

appellant se besit gevind is, het die hof a quo die eerste appellant ook tereg

skuldig bevind aan moord.

Wat die doodvonnisse betref, is die doodvonnis sedertdien onkonstitusioneel verklaar. Die partye is dit eens dat ooreenkomstig bestaande gebruik die saak wat betref die doodvonnisse na die verhoorhof terugverwys behoort te word om opnuut oor die kwessie van vonnis te besin.

Ten aansien van die skuldigbevindings aan moord en die doodvonnisse word die volgende bevel gevolglik gemaak:

1 Die appl teen die skuldigbevindings van die eerste en tweede

l teen die skuldigbevindings van die eerste en tweede

18 appellante word van die hand gewys.

2

Die appl teen die doodvonnisse ten opsigte van die eerste en tweede appellante se skuldigbevindings aan moord slaag en sodanige vonnisse word tersyde gestel.

l teen die doodvonnisse ten opsigte van die eerste en tweede appellante se skuldigbevindings aan moord slaag en sodanige vonnisse word tersyde gestel.

3

Die saak word na die verhoorhof terugverwys vir die oplegging van gepaste vonnisse ten opsigte van die skuldigbevindings aan moord.

P E STREICHER

APPLREGTER

LREGTER

VAN HEERDEN AHR)

OLIVIER AR) Stem saam.

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Mpetha 1983 (1) SA 576 (C)

Case cited

S v Dhlamini and Another 1971 (1) SA 807 (A)

Case cited

Criminal Procedure Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.