S v Mphela (366/92) [1994] ZASCA 12 (15 March 1994)
- Citation
- [1994] ZASCA 12
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Grosskopf, Olivier, Mahomed
- Case number
- 366/92
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Grosskopf, Olivier, Mahomed
- Case number
- 366/92
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The Supreme Court of Appeal held that the trial court erred in failing to suspend proceedings and order a psychiatric evaluation of the accused when doubts about his mental capacity and criminal responsibility arose. The record showed that both the presiding judge and counsel questioned the accused's ability to understand the proceedings and his mental state. The law imposes a duty on the court to act when there is a reasonable possibility of incapacity, and failure to do so undermines the accused's fundamental right to a fair trial. Consequently, the convictions and sentences cannot stand, and the matter must be remitted to the trial court for proper investigation under sections 77, 78, and 79 of the Criminal Procedure Act.
Court disposition
Convictions and sentences set aside; matter remitted for psychiatric evaluation and further proceedings.
Orders
- The convictions and sentences are set aside.
- The matter is remitted to the trial court for the accused to be referred for psychiatric evaluation under sections 77, 78, and 79 of the Criminal Procedure Act.
- Further proceedings to be conducted in accordance with the findings of the psychiatric evaluation.
02
Material facts
Parties
Joseph Mphela
Appellant Counsel: Advocate PioThe State
Respondent Counsel: Advocate Malan03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the trial court erred by failing to order a psychiatric evaluation of the accused under sections 77 and 78 of the Criminal Procedure Act.
- 02
Whether there was a reasonable possibility that the accused was not criminally responsible or unable to understand the proceedings due to mental incapacity.
- 03
Whether the convictions and sentences should stand in light of procedural irregularities regarding the accused's mental state.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that there were clear indications during the trial that he may not have been mentally fit to stand trial or criminally responsible at the time of the offence. Both the presiding judge and counsel expressed doubts about his mental capacity, and his responses during cross-examination raised concerns. The appellant contended that the trial court was obliged to suspend proceedings and order a psychiatric assessment under sections 77 and 78 of the Criminal Procedure Act, and its failure to do so constituted a material irregularity.
- Respondent
- The State argued that, despite some difficulties in communication and consultation, there was no conclusive evidence that the accused was mentally unfit or not criminally responsible. The respondent maintained that the trial court was entitled to proceed with the matter and that the convictions and sentences were justified based on the evidence presented.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Mogorosi 1979(2) SA 938 (A) at 942A-C
Where there is a reasonable possibility, based on objective consideration of all information before the court, that the accused may not be criminally responsible or able to understand the proceedings due to mental incapacity, the court must order an inquiry; it has no discretion to refuse.
- 02
S v Sindane and Another 1992(2) SASV 223 (A) at 227j
A low threshold applies for ordering a psychiatric inquiry; any reasonable doubt regarding the accused's mental capacity or criminal responsibility requires referral for investigation.
- 03
Criminal Procedure Act, sections 77, 78, 79
Sections 77(1) and 78(2) of the Criminal Procedure Act mandate the court to suspend proceedings and order psychiatric evaluation if there is evidence or allegation of mental incapacity.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The Supreme Court of Appeal held that the trial court erred in failing to suspend proceedings and order a psychiatric evaluation of the accused when doubts about his mental capacity and criminal responsibility arose. The record showed that both the presiding judge and counsel questioned the accused's ability to understand the proceedings and his mental state. The law imposes a duty on the court to act when there is a reasonable possibility of incapacity, and failure to do so undermines the accused's fundamental right to a fair trial. Consequently, the convictions and sentences cannot stand, and the matter must be remitted to the trial court for proper investigation under sections 77, 78, and 79 of the Criminal Procedure Act.
Obiter and limits
- The inconvenience and delay caused by suspending proceedings for psychiatric evaluation should not override the accused's fundamental right to a fair trial.
- A referral under section 78(2) is intended only to enable the court to make a finding regarding the accused's criminal responsibility; the threshold for referral is intentionally low.
Court disposition
Convictions and sentences set aside; matter remitted for psychiatric evaluation and further proceedings.
- The convictions and sentences are set aside.
- The matter is remitted to the trial court for the accused to be referred for psychiatric evaluation under sections 77, 78, and 79 of the Criminal Procedure Act.
- Further proceedings to be conducted in accordance with the findings of the psychiatric evaluation.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
VERSLAGWAARDIGSaaknommer 366/92/wlb
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
JOSEPH MPHELA AppellantenDIE STAAT Respondent
CORAM: E M GROSSKOPF AR et OLIVIER, MAHOMED Wnd ARRVERHOORDATUM: 28 Februarie 1994DATUM VAN UITSPRAAK: 15 Maart 1994
UITSPRAAK
OLIVIER Wnd AR/
2 OLIVIER Wnd AR
In Junie 1992 het die appellant voor 'n regter en twee assessore op drie aanklagte tereggestaan: eerstens dat hy op 8 Mei 1991 en te Clubview, Pretoria, vir Jan Frederick Rykers Jonk vermoor het; tweedens dat hy op dieselfde geleentheid R157,00 van Jonk geroof het en derdens dat hy 'n aantal huishoudelike goedere, onder andere 'n radio, twee haardroërs en skoene en klerasie van die oorledene gesteel het.Beskuldigde het op 4 September 1991 in die landdroshof te Pretoria op die gemelde aanklagte gepleit. Daardie pleit het wat die feite betref, daarop neergekom dat die beskuldigde 'n lang tyd vir die oorledene as tuinhulp gewerk het en dat die oorledene hom van tyd tot tyd aangerand het. Op die betrokke dag het die oorledene na sy kamer gekom waar hy besig was om te slaap en 'n woordewisseling het tussen hulle ontstaan. Hy het toe gesê dat oorledene hom Rl 500,00 skuld ten opsigte van lone en dit geëis, waarop die oorledene hom begin aanrand het. Hy
3 het homself verweer en die oorledene met 'n kierie geslaan.
Oorledene het die kierie vasgegryp en hom met 'n ysterstaaf
begin slaan. Hy het die ysterstaaf vasgegryp en dit van
die oorledene afgeneem. Hy het hom daarmee teen die bene
geslaan totdat die oorledene op die grond geval het.
Oorledene het opgespring en 'n stoeigeveg het tussen hulle
ontstaan. Terwyl die oorledene op die grond gelê het, het
hy hom met sy skoen in die gesig geskop. Oorledene het toe
swak geword en het gesê dat hulle nie meer moes baklei nie.
Daarop het hy R157,00 aan beskuldigde gegee. Beskuldigdehet die buitekamer, waarin die struweling plaasgevind het,met 'n draad toegedraai terwyl die oorledene in die kamerwas. Hy het toe in die oorledene se huis gaan eet en op 'n
later stadium die gemelde roerende goedere verwyder. Hy is
'n paar dae later gearresteer.Die landdros het 'n pleit van onskuldig op die moordklag aangeteken. Die verrigtinge is toe gestaak in afwagting van 'n beslissing van die Prokureur-generaal.
Voor die verhoorhof het beskuldigde onskuldig
4 gepleit aan die aanklagte van moord en roof, maar wel
skuldig aan diefstal van die gemelde artikels. Hy was deur
'n advokaat verteenwoordig en 'n verklaring is ingevolge
artikel 115 van die Strafproseswet ingehandig. Dit handel
met die twee pleite van onskuldig ten aansien van moord en
roof en herhaal in wese die pleitverduideliking voor die
landdros. 'n Verklaring is ook ingehandig ingevolge
artikel 112(2) van die Strafproseswet ten aansien van die
pleit van skuldig aan diefstal.
By die verhoor het vier getuies namens die Staat getuig.
Die enigste getuie namens die verdediging was dié van die beskuldigde self. Hy het, in wese, die vorige verklarings en pleitverduidelikings herhaal.Die oorledene is skuldig bevind aan al drie aanklagte. Die ratio van die skuldigbevindings aan aanklagte 1 en 2 (moord en roof) is dat die beskuldigde se weergawe, dat hy opgetree het in selfverdediging, verwerp is. Die verhoorhof het bevind dat hy geheel en al 'n
5 ongeloofwaardige en onbetroubare getuie is en dat hy sonder
rede die oorledene aangeval en hom ernstig beseer het.
Nadat hy die oorledene ernstig beseer het en gesien het dat
hy in 'n bewustelose toestand lê, het hy niks gedoen om hom
te hulp te kom nie, maar inderdaad nog vir ure lank op die
toneel en in die huis gebly voordat hy dit eers om ongeveer
middernag verlaat het.Ten aansien van die moordklag is beskuldigde ter dood veroordeel. Ten aansien van die roofklag is hy tot vyftien jaar gevangenisstraf gevonnis en ten aansien van die diefstalklag tot tien jaar gevangenisstraf. Die vonnisse op aanklagte 2 en 3 (roof en diefstal), moet samelopend uitgedien word.Alvorens die meriete van die skuldigbevindings en die kwessie van die vonnisse ter sprake kom, is daar 'n aangeieentheid in die prosedure wat deur die verhoorhof gevolg is en wat kommer wek en eerstens behandel moet word.In die loop van die kruisverhoor van die beskuldigde deur die Staatsadvokaat het laasgenoemde6 aansienlike probleme ondervind om helderheid by die
beskuldigde te kry oor waar en wanneer hy sy klere, watdeur die worsteling met bloed bevlek was, verwissel het.Advokaat Malan het opgetree vir die Staat en advokaat Piovir die beskuldigde. Die rekord toon aan dat die volgendetoe plaasgevind het:
" HOF : Mnr Malan, is daar ooit ondersoek ingestel na die geestesvermoëns van hierdie mens?
MNR MALAN : Nee, ek het hom nie ... (tussenbei) HOF : Is hy heeltemal compos mentis? Is hy toerekeningsvatbaar?
MNR MALAN : Edele ja, nee ek moet sê, ek moet self toegee op hierdie stadium kan dit nogal bebwyfel word. HOF : Want wat hy opdis lyk vir my, onderhewig aan wat mnr Pio mag aanvoer, 'n hele spul leuens.
MNR MALAN : Dit is voor die hand liggend. HOF : En hy pas dit - wat my pla is hy pas dit aan soos hy in 'n hoek kom.
MNR MALAN : Ja, onbeskaamd. HOF : Want tot op hierdie moment het ek nog nooit gehoor dat daar enige klere van hom op hierdie boneel was nie.
MNR MALAN : Nee, nee, uit die aard van die saak, dit is ... (tussenbei) HOF : In geen hangkas of êrens was enige klere van hom, wat op sigself sy skorie dat hy daar sou gewerk het vir 'n tyd heelbemal weerlê.
MNR MALAN : Dit is korrek, uit die aard van die saak, dit was kardinaal tot die hele ... (tussenbei) HOF : Mnr Pio, watter indruk het u gekry van dié man met konsultasies?
7
MNR PIO: Ek het baie gesukkel ... (tussenbei)
HOF: Is hy rasioneel verantwoordbaar?
MNR PIO: Ek het aanvanklik so die indruk gekry, maar
soos die saak aangaan het hy bietjie in die
moeilikheid, al hoe meer in die moeilikheid beland,
het sy instruksies al hoe moeiliker geraak. Ek dink
hy is toerekeningsvatbaar. Ek sal - dit was my
aanvanklike indruk.
HOF: U dink die saak moet maar voortgaan soos dit is?
MNR PIO : Ek dink so.
HOF: Ja, mnr Malan?
MNR MALAN : In watter vertrek was hierdie kas met die klere van u gewees? -- Daar is twee hangkaste wat bymekaar staan."
Die kruisverhoor het toe voortgegaan. Kort daarna verklaar
die beskuldigde, steeds onder kruisverhoor in antwoord op
'n vraag die volgende:
"'Sorry', ek het nie goed verstaan nie. Ek is duiselig, 'dizzy'."
Advokaat Malan vra toe aan hom wat hom duiselig maak en hy
sê dat hy 'n galaanval kry, maar dat daar voortgegaan kanword. Skaars veertien vrae verder, en nadat advokaat Malanklaarblyklik probleme ondervind het om rasionele antwoordeby die beskuldigde te kry, vind die volgende plaas:
"
MNR MALAN : u edele, met alle respek, ek is geneig om ook die indruk te kry ek dring nie deur tot die beskuldigde nie. Op hierdie stadium dink ek dit word
8
al hoe duideliker. Ek wil amper aan die hand doen of
'n mens hom nie maar moet poog om hom by 'n DG
vanmiddag te kry nie. Ek kan aangaan met die kruisverhoor, ek weet nie of dit enige nut het nie. So, ek is in die hande van die hof. HOF : Ja, ons sal sien. Herverhoor?
MNR PIO : Geen herverhoor nie, en ek het geen beswaar teen so 'n aansoek soos deur my geleerde vriend gerig nie. HOF : Maar sou 'n DG ondersoek vir ons van enige nut kan wees?
MNR MALAN : Baie keer gee dit darem ten minste 'n aanduiding. Ek sou nie sê, ek wil net reg ook plaas, ek is nie klaar met kruisverhoor nie. Sou hy heeltemal compos mentis wees dan sal ek graag wil voortgaan met die kruisverhoor, ek het nog glad nie by die voorval uitgekom nie, maar in die lig ook van wat u opmerking was, ek weet nie of dit enige - maar ek is in die hande van die hof. Ek sal voortgaan met die kruisverhoor. HOF : Nee, maar u weet, ek is in dié verleentheid, hierdie saak is net geplaas tot môre.
MNR MALAN : Dit is ongelukkig so. HOF : En ek weet vir 'n feit my assessore is volgende week nie beskikbaar nie, so. MNR MALAN: Goed, dan dink ek sal ek maar aangaan en dan klaarmaak en dan sal ons maar later weer in die verhoor kyk. HOF: Moet ons maar sien.
MNR MALAN : Ja, soos die hof behaag. HOF : Maar u kan dit kortsny want dit ... (tussenbei) MNR MALAN; Ek sal. Ek sal dit so doen. Ek wil maar net deurgaan deur die nodigste. Goed, u sê u kom in die kamer in en hy vloek u en wat gebeur daarna? -- Hy het toe met my baklei."
Die kruisverhoor gaan toe voort en slegs 'n kort rukkie
9 later toon die rekord die volgende gebeure aan:
"
MNR MALAN : So hy kom na u kamer toe sodat u vir hom kan vra om sy geld te gee? Om u geld vir u te gee --Ek weet nie wat is die rede dat hy na die kamer toe gekom het om so te kom praat nje. Hy het geen rede gehad om dit te doen nie? -- Hy het dit gedoen.
MNR MALAN : Die vraag is: hy het nie rede gehad om dit te doen nie, hy was nie kwaad vir u nie? -- Die wyse hoe hy daar gekom het met sy aankoms het hy begin baklei.
MNR MALAN : Die vraag is eintlik hy het nie rede gehad om dit te doen nie. As hy kwaad was vir u sou hy tydens die kosgee sessie vir u gesê het: 'Ek is kwaad vir jou', hieroor of daaroor. -- Hy het vir my kwaad geword. Hy het kwaad geword die stadium toe hy gesê het: 'Kaffertjie, jy moet luister na wat ek ...' (tussenbei) HOF : Ons maak geen vordering nie, mnr Malan.
MNR MALAN : Goed, soos die hof behaag. Ek moet dit miskien net sê, ek stel dit aan u dat hierdie aanranding van die oorledene op u is 'n fiktiewe aanranding, dit het nie plaasgevind nie. Die oorledene het op 'n stadium na u kamer gekom. Of u hom soontoe geroep het en of hy vanself gekom het weet ek nie, maar u het hom aangerand, ernstig tot so 'n mate dat hy gesterf het daarvan."
Daar was nie veel meer vrae onder kruisverhoor nie. Daarwas geen enkele vraag gevra by wyse van herondervragingnie. Die voorsittende regter het hierna 'n hele aantalvrae aan die beskuldigde gevra ten aansien van die gebeure.10 Van die assessore het ook 'n vraag of twee gehad.
Die kwessie van die toerekeningsvatbaarheid van die beskuldigde is nooit weer geopper nie, daar was geen getuienis daaroor nie en geen melding word daarvan gemaak in die uitspraak van die verhoorhof nie.
Artikel 77(1) van die Strafproseset lui soos
volg:
"Indien dit in enige stadium van strafregtelike verrigtinge vir die hof blyk dat die beskuldigde vanweë geestesongesteldheid of geestesgebrek nie oor die vermoë beskik om die verrigtinge dermate te begryp dat hy sy verdediging na behore kan voer nie, gelas die hof dat die aangeleentheid ooreenkomstig die bepalings van artikel 79 ondersoek en oor verslag gedoen word."
Artikel 78(2) van die Strafproseswet lui soos
"Indien dit by strafregtelike verrigtinge beweer word dat die beskuldigde vanweë geestesongesteldheid of geestesgebrek nie vir die ten laste gelegde misdryf strafregtelik toerekenbaar is nie, of indien dit vir die hof by strafregtelike verrigtinge blyk dat die beskuldigde vanweë so 'n rede nie aldus toerekenbaar mag wees nie, gelas die hof dat die aangeleentheid ooreenkomstig die bepalings van artikel 79 ondersoek en oor verslag gedoen word."
11 Artikel 79 bepaal die prosedure en reëlings in
verband met die verkryging van psigiatriese verslae wat
slaan op die toerekeningsvatbaarheid van die aangeklaagde
tydens die pleging van die beweerde misdryf.Dit is duidelik uit artikels 77(1) en 78(2) dat die hof geen diskresie het om 'n verwysing te weier nie waar daar blyke is dat die beskuldigde vanweë geestes-ongesteldheid of geestesgebrek nie verhoorbaar is nie (art 77(1)) of daar blyke of bewerings is dat die beskuldigde weens dieselfde redes nie toerekenbaar was nie (art 78(2)).
Reeds in S v Mogorosi 1979(2) SA 938 (A) te 942
A-C verklaar Viljoen Wnd AR:
"... should it have appeared to the Court a quo that the accused might not have been criminally responsible at the time he committed the offences? I italicise "might" to emphasize that a reasonable possibility suffices to oblige the court to direct the inquiry. There is no onus on an accused to prove at that stage that he was in fact not criminally responsible for the offences (cf S v Ebrahim 1973(1) SA 868 (A) at 871D -872A). On the other hand, once such a reasonable possibility emerges from an objective consideration of all the information placed before the court, it must direct the inguiry; it is not endowed with any discretion to refuse it; and, if it does refuse it,
12
this Court can therefore interfere and itself direct the inguiry."
(Sien ook S v Kleinhans 1991(1) SASV 252 (Nm) te 256 e-f.)
Die toets om te bepaal of in terme van artikel
78(2) opgetree moet word, is of daar 'n redelike
moontlikheid bestaan, aan die hand van 'n objektiewe
oorweging van al die inligting voor die hof, dat die
beskuldigde ontoerekeningsvatbaar of verminderd
toerekeningsvatbaar was. (S v Mogorosi supra te 942B; S
v Tom and Others 1991(2) SASV 249 (B) te 250j.) In S v
Manupo 1991(2) SASV 447 (K) te 449a is ook gesê dat daar so
'n ondersoek behoort te wees "... as daar enigsins 'n
grondige twyfel aan die beskuldigde se geestesvermoëns
bestaan ..." Ook in S v Mokie 1992(1) SASV 430 (T) te
440e is die toets van 'n redelike moontlikheid weer gestel.
Ten slotte het hierdie hof weer in S v Sindane
and Another 1992(2) SASV 223 (A) te 227j bevestig dataangesien 'n verwysing in terme van artikel 78(2) slegs 'nondersoek beoog ten einde die hof in staat te stel om 'n
13 vasstelling te maak met betrekking tot die toerekenings-
vatbaarheid van die beskuldigde, die toets wat toegepas
moet word by die toestaan van so 'n bevel 'n lae een is -
al wat vereis word, is 'n redelike moontlikheid van
ontoerekeningsvatbaarheid of, moet bygevoeg word, selfs
verminderde toerekeningsvatbaarheid.Na my mening bestaandaar in die onderhawige saak 'n redelike moontlikheid dat die beskuldigde tydens die pleging van die misdryf ontoerekeningsvatbaar of verminderd toerekeningsvatbaar was of by die verhoor die verrigtinge nie kon begryp nie. Die tersaaklike gedeeltes uit die verhoor is hierbo volledig aangehaal.Daaruit blyk dit dat die verhoorhof uit die aard van die beskuldigde se antwoorde en algemene houding die indruk gevorm het dat hy nie die aard van die verrigtinge begryp nie of dat hy moontlik ontoerekeningsvatbaar of verminderd toerekeningsvatbaar was. Die beskuldigde se advokaat het probleme om met die beskuldigde te konsulteer, ondervind. Die advokaat vir die Staat het dit moeilik
14 gevind om tot hom deur te dring. Op 'n stadium was die
advokate dit eens oor die wenslikheid dat die beskuldigde
deur die distriksgeneesheer ondersoek word en was so 'n
aansoek ten minste in die vooruitsig gestel. Klaarblyklik
was daar by die hof en die advokate twyfel aan die
verhoorbaarheid of die toerekeningsvatbaarheid van die
beskuldigde.Myns insiens moes die verhoorhof op daardie stadium die verrigtinge opgeskort en die beskuldigde terstond vir 'n ondersoek in terme van artikel 79 van die Strafprosesweb gelas het. Die vertraging en ongerief wat 'n uitstel van die verhoor weens sodanige verwysing noodwendig meebring, behoort nie in die weg te staan van 'n nougesette beskerming van 'n beskuldigde se fundamentele reg op 'n billike verhoor nie. (Sien S v Sindane and Another supra te 227j.)Die volgende vraag wat dan ontstaan is: wat is die korrekte prosedure wat hierdie hof moet volg in die lig van die bevinding wat hierbo gemaak is?
15 Die moontlikheid dat die beskuldigde
ontoerekeningsvatbaar was tydens die pleging van die
beweerde misdrywe ondergrawe enige moontlikheid van 'n
skuldigbevinding. Die fundamentele regte van 'n
beskuldigde en die beginsels van natuurlike geregtigheid
verg dat 'n skuldigbevinding wat bereik is sonder dat die
vraagstuk van toerekeningsvatbaarheid behoorlik ondersoek
is, waar daar aanduidings was dat dit ondersoek behoort te
word, nie mag bly staan nie. Ek sou dus oordeel dat die
skuldigbevindings en vonnisse tersydegestel moet word. Die
aangeleentheid moet terugverwys word na die verhoorhof
sodat gepaste stappe gedoen kan word om die nodige
ondersoek na die appellant se geestesvermoëns te laatplaasvind. (Sien in dié verband S v Kleinhans supra; S vManupo supra; S v Leeuw 1980(3) SA 815 (A) te 823K; S vSindane and Another supra.)
Die skuldigbevindings en vonnisse word
tersydegestel en die aangeleentheid word terugverwys na dieverhoorhof sodat die beskuldigde 'n aansoek in terme van16 artikels 77 en 78 van die Strafproseswet vir 'n ondersoek
soos beoog in artikel 79 van gemelde Wet kan rig en virdie verdere afhandeling van die verhoor van die beskuldigde
ingevolge die bepalings van gemelde Wet.
Waarnemende Appèlregter
E M GROSSKOPF AR ]STEM SAAM MAHOMED Wnd AR ]
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.