Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

S v Msizi and Another (637/92) [1993] ZASCA 155 (29 September 1993)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the murders were committed with extreme brutality and premeditation, targeting police officers and an innocent bystander. The appellants' own statements revealed a desire for weapon training and criminal activity, rather than any genuine political motive. The aggravating circumstances, including the nature of the victims, the calculated search for police, and the appellants' evident enjoyment of their actions, overwhelmingly outweighed any mitigating factors such as youthfulness or lack of prior convictions. The court held that the death penalty was the only appropriate sentence for both appellants, as the interests of justice, deterrence, and community outrage demanded the utmost severity.

Court disposition

The appeal is dismissed.

Orders

  • The appeal against the death sentences imposed for murder is dismissed.
  • The sentences imposed by the trial court are confirmed.

02

Material facts

Parties

Kwanele Msizi

Appellant

Phakamile Cishe

Appellant

The State

Respondent

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellants argued that the murders were committed with a political motive as a symbolic act of resistance against the authorities. They contended that second appellant's youth and absence of prior convictions should be considered as mitigating factors. They also suggested that their involvement was influenced by others, particularly the two PAC terrorists.
Respondent
The State argued that the murders were premeditated, brutal, and targeted police officers performing their duties. The respondent maintained that the aggravating circumstances far outweighed any mitigating factors, and that the appellants acted with full awareness and intent. The State rejected the claim of political motive and influence, asserting that the appellants' own statements showed a desire for weapon training and criminal activity.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Section 316(A)(1) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977

    In cases of extreme brutality and premeditation, the death penalty may be the only appropriate sentence, especially where aggravating circumstances outweigh mitigating factors.

  2. 02

    S v Lehnberg 1976 (2) SA 362 (A)

    Youthfulness and lack of previous convictions may be considered as mitigating factors, but do not automatically outweigh serious aggravating circumstances.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the murders were committed with extreme brutality and premeditation, targeting police officers and an innocent bystander. The appellants' own statements revealed a desire for weapon training and criminal activity, rather than any genuine political motive. The aggravating circumstances, including the nature of the victims, the calculated search for police, and the appellants' evident enjoyment of their actions, overwhelmingly outweighed any mitigating factors such as youthfulness or lack of prior convictions. The court held that the death penalty was the only appropriate sentence for both appellants, as the interests of justice, deterrence, and community outrage demanded the utmost severity.

Obiter and limits

  • The court noted that speculation about the appellants being influenced by others was unsupported by evidence.
  • Second appellant's youth did not reflect impulsive or immature conduct, but rather a committed partnership in serious crime.
  • The court emphasized the need for sentences to reflect society's abhorrence of such crimes, regardless of alleged political motives.

Court disposition

The appeal is dismissed.

  • The appeal against the death sentences imposed for murder is dismissed.
  • The sentences imposed by the trial court are confirmed.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[1993] ZASCA 155

MG

SAAK NO 637/92 IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKAAPPèLAFDELING

In die saak tussen

KWANELE MSIZI Eerste Appellant

PHAKAMILE CISHE Tweede Appellant

en

DIE STAAT Respondent

CORAM :HEFER, EKSTEEN ARR et KRIEGLER Wnd AR

AANGEHOOR :24 September 1993 GELEWER :29 September 1993

UITSPRAAK

HEFER AR:

Die appellante is in die Suidoos-Kaapse Plaaslike Afdeling deur 'n regter en assessore skuldig bevind aan drie aanklagte van moord (aanklagte 2, 3 en 4), vier van poging tot moord (aanklagte 9, 10, 11 en 12)

2

en ses van diefstal. Die appêl wat ooreenkomstig art 316(A)(1) van die Strafproseswet 51 van 1977 soos gewysig aangeteken is, is gemik teen die doodvonnisse wat op aanklagte 2,3 en 4 opgelê is.Die betrokke aanklagte het voortgespruit uit die dood van twee polisiemanne - konstabel C J De Wet en sersant J S Gerber - en 'n derde persoon - ene Gotyana -die aand van 18 November 1990. Daardie aand het Gerber en De Wet patrolliediens gedoen in Zwide aan die buitewyke van Port Elizabeth. Hoe dit gekom het dat Gotyana saam met hulle in die voertuig was, blyk nie uit die getuienis nie. Terwyl hulle met hierdie taak besig was, is daar met AK 47 gewere op die voertuig gevuur. Al drie die insittendes is noodlottig getref. Op 26 Desember 1990 was daar weer 'n aanval op die polisie in Zwide. By hierdie geleentheid is daar nie net op hulle gevuur nie maar is daar _ ook stokgranate na hulle geslinger. Niemand het egter noemenswaardige beserings

3

opgedoen nie. Hierdie voorval het aanleiding gegee tot aanklagte 9, 10, 11 en 12.Appellante se aandadigheid aan die aanvalle was in gedrang by die verhoor maar is duidelik bewys hoofsaaklik aan die hand van verklarings wat hulle na hulle arrestasie gedurende Januarie 1991 gemaak het. Dit blyk uit die verklarings en ander getuienis dat hulle teen die einde van 1990 betrokke was by die diefstal van etlike motors wat in Port Elizabeth en omgewing gesteel . is. Op 'n stadium is tweede appellant vir 'n onbekende doel na King William's Town. Na sy terugkeer het eerste appellant hom na 'n skrootwerf geneem waar twee swaar gewapende PAC terroriste geskuil het. Daar het die appellante elementêre opleiding in die hantering van AK 47 gewere ondergaan. Die aand van die eerste aanval op die polisie is hulle met 'n gesteelde voertuig na die skrootwerf. Op daardie stadium was dit reeds afgespreek dat hulle die twee terroriste sou help om die polisie aan

4

te val. Soos tweede appellant dit in sy verklaring

uitgedruk het -

"....hulle sien die polisie is volop in-die woonbuurt besig om te patrolleer en die swart polisie patroleer nie so baie in die dorp nie. Daardie polisiemoet dan geskiet word Ons willig in om dit te

doen...."

By die skrootwerf het die twee terroriste agter

in die voertuig geklim. Albei was gewapen met AK 47s.Eerste appellant het bestuur en tweede appellant het voor

langs hom gesit met 'n derde AK 47 tussen hulle. Eers

het hulle na polisie gaan soek in New Brighton en Soweto

maar niks gekry nie. Daarop is hulle Zwide toe. 'n

Polisievoertuig het van voor aangekom. Toe dit naby was

het hulle stilgehou. Almal behalwe eerste appellant het

afgeklim en op die voertuig gevuur. Daarna het hulle

weggejaag. Die twee terroriste het by die skrootwerf

afgeklim met die wapens en die appellante het die

voertuig gaan "bêre". Die aand van 26 Desember 1990 is

hulle weer met 'n ander gesteelde voertuig na die

5

skrootwerf waar hulle makkers weer opgelaai is omdat, soos tweede appellant dit in sy verklaring uitgedruk het, hulle weer sou "gaan jag maak op die polisie". Intussen het hulle ook opleiding gekry in die gebruik van stokgranate. Daardie aand het elkeen van hulle so 'n granaat gekry. Gewapen daarmee en met die twee terroriste met AK 47s agter in die voertuig het hulle weer in Zwide na die polisie begin soek. Hulle het op twee polisievoertuie afgekom wat langs mekaar geparkeer was. Die bemanning was in en langs die voertuie. Op kort af stand het die appellante se trawante met die gewere op die polisie losgebrand. Hierdie keer kon hulle egter nie wegjaag nie want eerste appellant het beheer oor die voertuig verloor. Dit het teen 'n heining vasgeloop sodat almal genoodsaak was om te voet te vlug. Maar selfs in die vlug het elke appellant 'n stokgranaat na die voertuie geslinger.

6

In al die omstandighede van die saak is ek, met inagneming van die strafverswarende en versagtende faktore, dit met die verhoorregter eens dat die doodstraf die enigste gepaste vonnis vir die moorde is. Behalwe dat tweede appellant slegs 19 jaar oud was ten tye van die voorval en geen vorige veroordelings het nie, is daar werklik niks wat as versagtende faktore aangemerk kan word nie. Dat die moorde, soos namens hulle aangevoer, gepleeg is met 'n politieke motief en as 'n simboliese daad om hulle verset teen die owerhede te weerspieël, is nie korrek nie. Wat ook al die twee terroriste se dryfveer mag gewees het, kan dit nie aan die appellante toegedig word nie. Die enigstê bron van inligting oor die rede vir laasgenoemde se deelname is hulle eie verklarings. (By die verhcor het hulle 'n vals ontkenning van aandadigheid gepaard met deursigtelik leuenagtige verduidelikings vir die verklarings bo die waarheid verkies.) Hulle motief word nie uitdruklik in enige

7

verklaring gemeld nie maar wat duidelik na vore kom, isdat hulle begerig was om opleiding in die hantering vanwapens te ondergaan en selfs gehoop het om wapens vanhulle eie te kry wat hulle as handige toerusting beskouhet met die oog op die wandade waarmee hulle reeds besigwas. Dit is waarskynlik waarom hulle die terroriste woubeïndruk deur aan die aanvalle op die polisie deel teneem. Verder ïs aangevoer dat tweede appellantwaarskynlik deur eerste appellant, en beide appellantedaarna deur die twee terroriste beïnvloed is. Dit isegter pure bespiegeling. Nóg in die verklarings nóg indie ander getuienis is daar enige aanduiding vanbeïnvloeding. Word tweede appellant se manhaftigheidboonop in ag geneem toe hy, sonder enige aanmoediging,die geweer gebruik het wat voor in die motor tussen homen eerste appellant was, blyk dit dat daar geen rede isom beïnvloeding te vermoed nie.

8

Aan strafverswarende omstandighede ontbreek dit nie. By die oorweging van die getuienis is daar vier aspekte wat veral na vore kom. Die eerste is die feit dat die slagoffers twee polisiemanne (wat besig was met hulle gewone pligte ter beskerming van die gemeenskap waarvan die appellante self lede was) en 'n onskuldige buitestaander was (wat toevallig goed aan hulle bekend was maar van wie se teenwoordigheid in die voertuig hulle waarskynlik nie vooraf bewus was nie). Die tweede is die koelbloedige soektog na en jag op 'n polisievoertuig. Soos reeds aangedui het die soektog eers deur New Brighton en Soweto gegaan; daarna is daar gedrink en vlels gebraai en vervolgens is dit met dodelike erns in Zwide voortgesit. Derdens is daar die aanval self. Op kort afstand is met drie semi-masjiengewere op die polisievoertuig losgetrek. Nie minder nie as 47 koeëls het dit getref. Minstens 5 daarvan is deur tweede appellant gevuur. Die afgryslike effek op die

insittendes blyk uit 'n aantal fotos wat by die verhoor ingehandig is. Vierdens is daar die appellante se gesindheid. Dat hulle werklike-genot geput het uit hulle daad is nie te betwyfel nie. 'n Dag na die voorval het hulle by 'n kennis gespog met hoe lekker hulle die polisie geskiet het; en ongeveer 'n maand later het hulle weer aan 'n dergelike jagtog deelgeneem.

Dat die verswarende faktore die versagtendes totaal oorskadu is duidelik. In 'n geval soos dié moet die straf klaarblyklik gemik wees op vergelding en voorkoming en die afsku van die gemeenskap weerspieël. Dit geld ook vir tweede appellant ongeag sy jeugdigheid ten tye van die moord. Sy optrede getuig nie van die ondeurdagte voortvarendheid wat die gedrag van jeugdiges soms kenmerk nie. Dit is insiggewend dat hy volgens sy moeder met sy studies (std 7) besig was toe hy eenvoudig verdwyn het. Dit was teen die einde van die jaar. Blykbaar het hy geen belang gestel om eksamen af te lê

10

nie want, sovér bekend, het hy hom na sy geheimsinnige besoek aan King William's Town voltyds aan sy misdadige vennootskap met eerste appellant gewy. Later het hy net so ywerig soos sy vennoot - wat 6 jaar ouer as hy was -deelgeneem aan die aanvalle op die polisie. Dit is 'n ekstreme geval wat luid roep om die uiterste vergelding ten opsigte van beide appellante.

Die appèl word van die hand gewys.

J J F HEFER AR

EKSTEEN )

Stem saam.

KRIEGLER Wnd AR )

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Lehnberg 1976 (2) SA 362 (A)

Case cited

Criminal Procedure Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.