Download PDF

South Africa Judgment

Free State High Court, Bloemfontein

S v Mvelase (A376/2003) [2004] ZAFSHC 165 (4 November 2004)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the appellant's version was so improbable and inconsistent that it could be rejected as false. The appellant failed to provide a credible explanation for his possession of 24 bags of cannabis, and his account was riddled with contradictions and improbabilities. The State's evidence was accepted as credible, and the court held that the only reasonable inference from the facts was that the appellant was guilty of dealing in cannabis. The failure to call the female police officer as a witness did not prejudice the appellant, and the magistrate's questioning was for clarification and did not amount to improper cross-examination. The appeal against conviction was dismissed, and both the conviction and sentence were confirmed.

Court disposition

Appeal dismissed. Conviction and sentence confirmed.

Orders

  • The appeal against conviction is dismissed.
  • The conviction and sentence are confirmed.

02

Material facts

Parties

Phelani Mike Mvelase

Appellant Counsel: David H Botha

The State

Respondent Counsel: O Wessels

Amounts and remedies

  • Sentence (imprisonment, Years): 6
  • Suspension (years): 2

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that he was not the owner of the cannabis found in the vehicle and that he was merely transporting traditional medicine (muti) for a healer. He claimed that the healer was present at the scene and explained to the police that the cannabis belonged to him. The appellant contended that the trial court should have drawn a negative inference from the State's failure to call the female police officer as a witness and that the magistrate's questioning amounted to cross-examination, which was prejudicial.
Respondent
The State argued that the appellant's version was inherently improbable and riddled with contradictions. The State submitted that the evidence of the police officer was credible and that the appellant failed to provide a reasonable explanation for his possession of a large quantity of cannabis. The State maintained that the trial court was correct in accepting the State's evidence and rejecting the appellant's version as false. The State further argued that there was no obligation to call the female police officer and that the magistrate's questions were for clarification, not cross-examination.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    R v Jacobson & Levy 1931 AD 466

    Where an accused's version is so improbable that it can be rejected as false, the matter must be approached as if the accused had not testified, and the State need only establish a prima facie case.

  2. 02

    S v Mathe 1998 (2) SACR 225 (O)

    The only reasonable inference from the circumstances must be that the accused was dealing in cannabis.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the appellant's version was so improbable and inconsistent that it could be rejected as false. The appellant failed to provide a credible explanation for his possession of 24 bags of cannabis, and his account was riddled with contradictions and improbabilities. The State's evidence was accepted as credible, and the court held that the only reasonable inference from the facts was that the appellant was guilty of dealing in cannabis. The failure to call the female police officer as a witness did not prejudice the appellant, and the magistrate's questioning was for clarification and did not amount to improper cross-examination. The appeal against conviction was dismissed, and both the conviction and sentence were confirmed.

Obiter and limits

  • The appellant's version was so permeated with improbabilities that it can be rejected without hesitation.
  • Nothing prevented the appellant from calling the female police officer as a witness if he believed her evidence would assist his case.
  • The magistrate's questions were aimed at clarification and did not constitute cross-examination.

Court disposition

Appeal dismissed. Conviction and sentence confirmed.

  • The appeal against conviction is dismissed.
  • The conviction and sentence are confirmed.

Source and reliance status

Free State High Court, Bloemfontein

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Free State High Court, Bloemfontein

Judgment

[2004] ZAFSHC 165

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

Appèlno: A376/2003

In die Appèl van:

PHELANI

MIKE MVELASE Appellant

En

DIE STAAT Respondent

CORAM: LOMBARD et

VAN DER MERWE RR

UITSPRAAK: LOMBARD R

AANGEHOOR OP: 1 NOVEMBER 2004

GELEWER OP: 4 NOVEMBER 2004

Die appellant is in die landdroshof aan oortreding van artikel 5(b) van Wet 140 van 1992 (handel in dagga) skuldig bevind en tot ses jaar gevangenisstraf waarvan twee jaar voorwaardelik vir vyf jaar opgeskort is, gevonnis. Hy kom nou teen sy skuldigbevinding in hoër beroep.

Die Staat het slegs die getuienis van Mnr. Mafa Petrus Mabaso, ‘n lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, aangebied. Hy was die betrokke aand om ongeveer 10-uur deel van ‘n padblokkade op die Golden Gate/Clarens hoofpad. ‘n Blou kombi voertuig is voorgekeer – die appellant was die bestuurder en sy mede-passasier is as beskuldigde 1 saam met hom verhoor maar is onskuldig bevind. By deursoeking van die voertuig is gevind dat die sitplekke of stoele uitgehaal en dat dit “vol dagga was” – 24 plastiese sake. Aan hom is egter geen verduideliking of sal ek sê toelaatbare verduideliking verskaf oor wie die eienaar van die dagga is nie.

Appellant se weergawe was dat hy vantevore siek was en toe na ‘n geneesheer in Gauteng gegaan het wie aan hom tradisionele medisyne of muti verskaf het welke muti hom gesond gemaak het. Toe hy nou weer siek geword het, het hy na dieselfde geneesheer gegaan wie hom meegedeel het dat sy muti op was en hom versoek het om vir hom muti in Ficksburg te gaan haal. Die geneesheer het hom die betrokke dag of aand vanaf Ficksburg geskakel en hulle het mekaar daar ontmoet vanwaar hulle in twee voertuie na die plek waar die muti opgelaai moes word, gery het – aangesien die omgewing vir hom vreemd was kon hy slegs onthou dat dit ‘n oop veld met een huis was – daar was ook ander huise maar hierdie huise was vêr van die “hoofhuis” af. Die persone wat daar aangetref was het met die geneesheer in ‘n taal wat hy nie verstaan het nie, gepraat. Toe dit blyk dat hulle nie al die sakke in die kombi kon inkry nie is hy genader met die versoek om die sitplekke uit te haal waartoe hy ingestem het aangesien die geneesheer belowe het om sy brandstof te betaal wanneer hy dit kom haal. Nadat die vrag gelaai was het hy die geneesheer wat in ‘n wit Ford motor gery het agtervolg. Hy het sy mede-beskuldigde ongeveer 20 tot 30 kilometer voordat hy by die padblokkade gestop was, opgelaai. Oor wat by die padblokkade gebeur het getuig hy o.a. as volg:

“Wat het van die wit voertuig geword wat die geneesheer mee gery het? – Hierdie wit voertuig het ook tot stilstand gekom daar waar ek voorgekeer was en die geneesheer het hierdie vrou polisiebeampte genader en vir haar meegedeel dat wat in daardie voertuig gelaai was sy eiendom was, maar die vrou het hierdie geneesheer nie gehoorsaam nie.

Het u ook met die vrou gepraat? – Ja ek het met hierdie vroumens gepraat. Ek het eintlik, wat die geneesheer aan haar gesê het bevestig, maar ongeag ek was verbaas toe sy vrygelaat was, toe die geneesheer vrygelaat was.”

(Oorkonde bl.

16)

Onder kruisverhoor het hy verduidelik dat die geneesheer se voertuig nadat dit deur of verby die padblokkade was omgedraai en weer daarheen teruggekeer het en dat hy gehoor het dat die geneesheer ‘n verduideliking aan ‘n dame polisiebeampte gegee het – hy het egter bygevoeg dat alhoewel hy presies kon verstaan wat die geneesheer sê hy “nie alles (kon) optel wat in die gesprek gesê was nie weens my vreesbevange toestand.”

Toe dit aan hom gevra was waarom hy nie dit goedgedink het om aan die polisie op die toneel te sê dat die dagga nie syne was nie maar die geneesheer s’n was sy antwoord:

“Die eienaar was wel op die toneel en hy het ‘n verduideliking verskaf wat ek bevestig het.”

Die verhoorhof het die weergawe van die staatsgetuie aanvaar en die appellant s’n as vals verwerp – ‘n bevinding waarmee saamgestem word. Ek is nie van voorneme om die landdros se uitspraak te herhaal nie en wens net onder meer die volgende by te voeg en/of te beklemtoon.

Appellant se weergawe, soos in sy pleitverduideliking uiteengesit, verskil in verskeie opsigte van sy getuienis – bv. sy getuienis was dat dit sy tweede besoek aan dieselfde geneesheer was;

Dat by die padblokkade die geneesheer aan die vroulike polisiebeampte gesê het dat die dagga syne was – iets wat die appellant bevestig het – daar was geen sodanige stelling aan Mabaso tydens kruisverhoor gemaak nie, inteendeel die getuienis rondom enige verduideliking aan Mabaso het verskeie kere opgeduik maar op geen stadium was dit aan hom gestel of gesuggereer dat die appellant aan enige van die polisie gesê het dat die dagga aan die geneesheer behoort het nie.

Die appellant se weergawe bevat verskeie onwaarskynlikhede, onder andere:

Waarom sal hy en die geneesheer in aparte voertuie vanaf Johannesburg Ficksburg toe ry om vir hom muti te gaan haal – wat meer is waarom het hulle nie in elk geval saam na Ficksburg gery nie;

Daar in elk geval geen getuienis oor die hoeveelheid muti en die koste wat daaraan verbonde sou wees, gelewer nie. Daar was geen suggestie dat die muti wat gaan haal moes word ±350 kilogram sou weeg nie;

Appellant,‘n taxi bestuurder, gebruik sy werkgewer se voertuig sonder om laasgenoemde daarvan te verwittig – sy rede vir laasgenoemde optrede is omdat hy (die werkgewer) in Natal was – terselfdertyd getuig hy dat die geneesheer hom per telefoon laat weet het dat hy alreeds in Ficksburg was. Dit kan seker op die waarskynlikhede aanvaar word dat sy werkgewer ook telefonies bereik kon word;

Hoekom kon die geneesheer nie die muti met hom saambring vanaf Ficksburg nie? Waarom moes hulle altwee daarheen in aparte voertuie vanaf Gauteng ry?

Die muti word nou in die aand/nag opgelaai – sakke vol – soseer so dat die sitplekke of stoele van die kombi daar en dan uitgehaal en daar agtergelaat word – onthou moet word hierdie kombi word deur die appellant as ‘n taxi gebruik en was op daardie stadium sonder sy eienaar se toestemming gebruik;

Waarom is die “surplus muti” nie in die geneesheer se voertuig gelaai nie?

Die kombi se sitplekke word daar en dan “in die veld” vir ‘n onbepaalde tyd agtergelaat en hy keer terug na Gauteng om met sy taxi bedrywighede voort te gaan;

Die geneesheer betaal hom daar vir sy brandstof om hierdie sitplekke op ‘n latere stadium te kom haal – kon hulle dit nie maar by hulle terugkeer en tydens sy betaling vir die muti in verrekening gebring word nie?

By die padblokkade word die appellant nou tot sy skok deur Mabaso met die besit van 24 sakke dagga gekonfronteer, (daar is geen getuienis of suggestie dat die appellant nie geweet het wat dagga is en wat die besit van so ‘n groot massa alles mag behels nie), maar gelukkig vir hom het die geneesheer omgedraai en by hulle aangesluit – waarom het hy nie daar en dan aan Mabaso gesê dat die geneesheer die eienaar van die dagga is en toe laasgenoemde dit bekragtig nie sterk kapsie gemaak dat die “skuldige nou vrykom” en hy as “onskuldige” ‘n baie ernstige oortreding in die gesig staar nie? Dit was in elk geval op die geneesheer se versoek dat hy die muti opgelaai het.

Hoekom kies die geneesheer die dames polisiebeampte uit om sy erkenning te maak en nie die persoon wat die appellant arresteer het nie – laasgenoemde, Mabaso, se getuienis was in elk geval dat die dame nie Zoeloe magtig is nie.

Die appellant se weergawe soos hierbo uiteengesit, is so deurspek van wesenlike onwaarskynlikhede dat dit myns insiens sonder enige huiwering as vals verwerp kan word wat beteken dat hierdie saak benader en beoordeel moet word asof die appellant glad nie getuig het nie, m.a.w. die Staat hoef slegs prima facie sy skuld te bewys wat by ontstentenis van weerleggende getuienis afdoende bewys word. (In Re: R v JACOBSON & LEVY 1931 AD 466 p. 478.)

Dit staan gevolglik vas dat die appellant die bestuurder van die kombi voertuig waarin 24 sakke dagga gevind is, was – dat die appellant aan besit van dagga skuldig is behoef geen betoog nie. Die vraag is nou net of daar in al die omstandighede die enigste redelike afleiding wat gemaak kan word, is dat die appellant in dagga handel gedryf het? Na my mening is die antwoord bevestigend. – S v MATHE 1998 (2) SASV 225 (O) op 228H – 229C.

Al wat oorbly is twee aspekte wat in die gronde van appèl geopper en ook in argument herhaal is en dit is dat:

Die verhoorhof ‘n nadelige afleiding moes gemaak het uit die feit dat die Staat versuim het om die betrokke vroulike polisiebeampte as getuie te roep en

Die verhoorhof se ondervraging van die appellant op kruisondervraging neergekom het.

Vir soverre dit (i) aangaan is ek van oordeel dat dit geen meriete het nie – niks het in elk geval verhoed dat sy nie kon genader gewees het om namens die appellant te getuig nie. Vir soverre dit die tweede aspek aangaan is ek eweneens van mening dat dit ook geen substansie het nie en dat die vrae wat deur die landdros gevra is geensins as kruisondervraging beskou kan word nie – dit was bloot ter opheldering of aanvulling van wat die appellant alreeds getuig het.

Die appèl teen die skuldigbevinding word van die hand gewys. Die skuldigbevinding en vonnis word bekragtig.

____

D.J. LOMBARD, R

EK STEM SAAM:

_____

C.H.G. VAN DER MERWE, R

Namens Appellant: David H Botha, Du Plessis & Kruger Ing.

p/a Symington en de Kok

BLOEMFONTEIN

Namens Respondent: Advokaat O Wessels

i.o.v.

Kantoor van die Direkteur: Openbare Vervolgings

/ECoetzee

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

R v Jacobson & Levy 1931 AD 466

Case cited

S v Mathe 1998 (2) SACR 225 (O)

Case cited

Drugs and Drug Trafficking Act 140 of 1992

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.