Download PDF

South Africa Judgment

Northern Cape High Court, Kimberley

S v Ncgwabe (CA&R 267/03) [2005] ZANCHC 58 (30 September 2005)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court held that the minimum sentencing provisions of Act 105 of 1997 were not applicable because the value of the dagga, which is an element of the scheduled offence, was only proven after conviction. All elements must be proven before conviction for the Act to apply. Furthermore, the magistrate's court had jurisdiction to impose a sentence of up to 25 years under section 17(e) of Act 140 of 1992, and thus the referral to the regional court for sentencing was improper. The regional court therefore lacked jurisdiction to sentence the appellant. Regarding the plea, the court found that, although the written plea did not explicitly state intent, the factual admissions were sufficient to establish the required mens rea for the offence. The conviction in the magistrate's court was therefore valid, but the sentence imposed by the regional court was set aside and the matter was remitted to the magistrate's court for appropriate sentencing.

Court disposition

Conviction confirmed; sentence set aside; matter remitted for sentencing.

Orders

  • The conviction in the magistrate's court is confirmed.
  • The sentence imposed by the regional court is set aside.
  • The matter is referred back to the magistrate's court for the imposition of an appropriate sentence.

02

Material facts

Parties

Samson Ncgwabe

Appellant Counsel: Adv. P J Cloete

The State

Respondent Counsel: Adv. T Birch

Amounts and remedies

  • Weight of Dagga: 100.09
  • Market Value of Dagga: ZAR 200,000
  • Minimum Value Threshold for Sentencing: ZAR 50,000
  • Appellant's Compensation for Transport: ZAR 5,000
  • Vehicle Owner's Compensation: ZAR 2,000

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Sentence and Procedure

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that the minimum sentencing provisions should not have been applied because the value of the dagga was only established after conviction, not before. He further contended that the magistrate's court had the jurisdiction to impose sentence up to 25 years under section 17(e) of Act 140 of 1992, and thus the referral to the regional court was improper. The appellant also maintained that his written plea contained sufficient admissions to establish the necessary intent for the offence.
Respondent
The respondent submitted that the value of the dagga exceeded R50,000, triggering the minimum sentencing regime, and that the referral to the regional court was justified. The respondent also argued that the appellant's plea did not fully set out the element of intent, and that the regional court was correct in recording a plea of not guilty and proceeding accordingly.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    S v Legoa 2003(1) SACR 13 (SCA)

    All elements of an offence listed in the schedule to the minimum sentencing Act must be proven before conviction for the Act to apply.

  2. 02

    Section 17(e) of Act 140 of 1992

    A magistrate's court has increased sentencing jurisdiction for certain drug offences and may impose sentences up to 25 years.

  3. 03

    Section 114(1)(a) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977

    Referral to the regional court for sentencing is only permissible if the magistrate's court lacks jurisdiction to impose an appropriate sentence.

  4. 04

    S v Phiri 1992(2) SASV 525(A)

    A guilty plea must contain sufficient admissions to establish all elements of the offence, including intent.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court held that the minimum sentencing provisions of Act 105 of 1997 were not applicable because the value of the dagga, which is an element of the scheduled offence, was only proven after conviction. All elements must be proven before conviction for the Act to apply. Furthermore, the magistrate's court had jurisdiction to impose a sentence of up to 25 years under section 17(e) of Act 140 of 1992, and thus the referral to the regional court for sentencing was improper. The regional court therefore lacked jurisdiction to sentence the appellant. Regarding the plea, the court found that, although the written plea did not explicitly state intent, the factual admissions were sufficient to establish the required mens rea for the offence. The conviction in the magistrate's court was therefore valid, but the sentence imposed by the regional court was set aside and the matter was remitted to the magistrate's court for appropriate sentencing.

Obiter and limits

  • Insisting on the explicit use of the word 'intent' in a guilty plea is unnecessarily formalistic and tautological.
  • The factual narrative in a plea may suffice to establish all elements of the offence, including mens rea, even if not stated verbatim.

Court disposition

Conviction confirmed; sentence set aside; matter remitted for sentencing.

  • The conviction in the magistrate's court is confirmed.
  • The sentence imposed by the regional court is set aside.
  • The matter is referred back to the magistrate's court for the imposition of an appropriate sentence.

Source and reliance status

Northern Cape High Court, Kimberley

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Northern Cape High Court, Kimberley

Judgment

[2005] ZANCHC 58

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(NOORD-KAAPSE AFDELING)

KIMBERLEY

SAAK NO.: CA&R 267/03

DATUM AANGEHOOR: 01-09-2005

DATUM GELEWER:30-09-2005

In die Appèl van:

SAMSON

NCGWABE APPELLANT

teen

DIE STAAT RESPONDENT

CORAM: WILLIAMS R et OLIVIER R:

UITSPRAAK

WILLIAMS R:

1. Die Appellant wat regsverteenwoordig was, is in die Landdroshof te Upington skuldigbevind aan ‘n oortreding van artikel 5(b) gelees met artikel 13(f) van Wet 140 van 1992 (handeldryf in dagga), na hy op die aanklag skuldig gepleit het. Die gewig van die dagga is bepaal op 100.09 kg.

2. Na sy skuldigbevinding het die verhoorhof ene Kaptein Jantjies, verbonde aan SANAB (Suid-Afrikaanse Narkotika Buro), geroep om te getuig oor die waarde van die dagga. Die getuienis in die verband is dat die markwaarde (verkoopwaarde) van 1 gram dagga R2,00 is, dit beteken dus dat ‘n 100kg dagga se waarde R200 000,00 is.

3. Die appellant het drie vorige veroordelings vir handeldryf in dagga en aangesien die waarde van die dagga R50 000,00 oorskry, was die landdros van mening, eerstens, dat die bepalings van Wet 105 van 1997 (“die wet”) hier van toepassing is, en tweedens dat die landdroshof nie regsbevoegdheid het om vonnis op te lê ingevolge die wet nie. Die appellant is voorts na die streekhof verwys vir vonnisoplegging in terme van artikel 114(1)a) van Wet 51 van 1977 (“die Strafproseswet”) waar hy gevonnnis is tot tien (10) jaar gevangenisstraf. Hy kom nou in hoër beroep teen die vonnis opgelê

4. Twee probleme steek onmiddelik hier kop uit en die advokate is op kort kennisgewing versoek om in dié verband aanvullende betoogshoofde te liasseer. Ons is hulle hiervoor dank verskuldig.

5. Die eerste probleem is dat die waarde van die dagga eers na skuldigbevinding bewys is.

6. Alvorens die wet van toepassing is moet ‘n beskuldigde skuldig bevind word aan ‘n misdryf soos bedoel in die bylae by die wet. In hierdie geval is die misdryf in Deel II van Bylae 2 van die wet beskryf as “’n misdryf bedoel in artikel 13(f) van die Wet op Dwelmiddels en Dwelmsmokkelary, 1992 (Wet No 140 van 1992), indien bewys is dat-

d) die waarde van die betrokke afhanklikheidsvormende stof meer as R50 000,00 is.”

7. In S v Legoa 2003(1) SACR 13 (SCA) te bl. 20 sê die Hoogste Hof van Appél by monde van Cameron AR dat die bedoeling van die Wetgewer met dié bewoording duidelik daarop neerkom dat al die elemente van die misdryf beskryf in die bylae bewys moet wees met skuldigbevinding alvorens die wet van toepassing is. Die waarde van die dagga (‘n element van die misdryf in die bylae) moes dus bewys gewees het voor skuldigbevinding vir die toepassing van die wet. Die wet op minimum vonnisse kan dus om hierdie rede nie van toepassing wees met die vonnis nie.

8. Die tweede probleem met hierdie saak is dat artikel 17(e) van Wet 140 van 1992 vir die landdroshof ‘n verhoogde vonnisbevoegdheid van 25 jaar gee vir ‘n oortreding verwys na in artikel 13(f) van hierdie wet.

9. Artikel 114(1)(a) van die Strafproseswet, waarvolgens die landdros die saak vir vonnis na die streekhof verwys het, bepaal dat:

g114(1) Indien ‘n landdroshof, na skuldigbevinding wat op pleit van skuldig volg maar voor vonnis, van oordeel is –

a) dat die misdryf ten opsigte waarvan die beskuldigde skuldig bevind is van so ‘n aard en omvang is dat dit straf regverdig wat die regsbevoegdheid van ‘n landdroshof te bowe gaan . . ., staak die hof die verrigtinge en verwys die beskuldigde vir vonnis na ‘n streekhof wat regsbevoegdheid het.”

10. Soos reeds genoem, het die landdroshof in terme van Wet 140 van 1992 wel regsbevoegdheid om ‘n vonnis op te lê van tot 25 jaar gevangenisstraf en kon die landdros kwalik van mening gewees het dat hierdie misdryf straf regverdig wat die landdroshof se regsbevoegdheid te bowe gaan.

11. Die landdros het dus nie die regsbevoegdheid gehad om die saak in terme van artikel 114(1)(a) van die Strafproseswet na die streekhof te verwys vir vonnis nie en die streekhof het ook nie die regsbevoegdheid gehad om die appellant te vonnis nie. Sien S v Sithole 2000(2) SASV 403 (OPA).

12. Die vonnis moet derhalwe ter syde gestel word en na die landdroshof terugverwys word vir die oplegging van ‘n gepaste vonnis.

13. Daar is egter nog ‘n ander aspek wat bespreking verg. Die streeklanddros was van oordeel dat die appellant se skriftelike skuldigpleit in die landdroshof nie volledig die opset element van die misdryf uiteensit nie. Die streekhof het toe in terme van artikel 114(3)(b) van die Strafproseswet ‘n pleit van onskuldig aangeteken.

14. Hierna het die appellant deur middel van sy regsverteenwoordiger ‘n skriftelike erkenning in terme van artikel 220 van die Strafproseswet gemaak waarin hy sy oorspronklike skuldigpleit bevestig het en byvoeg dat hy “opsetlik gehandel het”. Beide die staat en verdediging het hierna hulle sake gesluit sonder enige getuienis en die appellant is toe skuldigbevind op die aanklag.

15. Die relevante gedeeltes van die appellant se skuldigpleit lees as volg:

“1. Ek is die beskuldigde in hierdie saak.

2. Ek maak hierdie verklaring vrywillig en sonder dat ek beïnvloed is.

3. Ek pleit skuldig aan handel in dagga, O/Art 5(b) gelees met Artikels 13(f), 1 en Deel 3 van Bylae 2 En artikels 17, 18, 20 en 21 van Wet 140 van 1992 en erken dat ek op 26 Mei 2002 en te of naby Upington in die distrik van Gordonia wederregtelik handelgedryf het in ‘n ongewenste afhanklikheidsvormende stof te wete Cannibas (dagga) naamlik 100,09 kg.

4. Ek bly in Gwelestraat 3519, Vergenoeg, Kimberley. ‘n Man wat onlangs in Kimberley begin woon het, ek dink hy kom van Natal af, het my bevriend by ‘n kuierplek. Ons het toe daar gesels, en onder andere oor werk en die moeilike tye waarin ons is om te oorleef. Ek het ‘n tuckshop waar ek sigarette, koeldrank, chips en lekkers en ander kossoorte verkoop. Ongeveer ‘n maand gelede het ek en die man mekaar weer gesien by die kuierplek. By die kuierplek word gedrink en is daar TV’s wat sokker uitsaai.

5. Op 25 Mei 2002, toe ek weer by die kuierplek kom, was die man van Natal af, sy naam is Joseph, weer daar. Hy het altyd geld by hom gehad en daardie middag toe koop hy weer vir ons kos, drank en koeldrank. Op ‘n stadium toe lui sy selfoon. Hy het lank op die selfoon gepraat. Toe hy klaar was het hy gesê hy het ‘n probleem. Ek het hom gevra wat die moeilikheid is. Hy het gesê dat hy dringend ‘n klomp goed Upington toe moet bring, maar dat hy nie kan nie. Hy het toe gevra of ek nie die goed vir hom Upington toe kan bring nie en dat hy my R5 000,00 vir die moeite sal gee. Hy het gesê dat indien ek nie ‘n motor het nie, ek net een moet leen. Ek het toe vir Izak Maki gevra of ek sy motor kan leen om Upington toe te ry. Hy het gesê ek kan, maar dan moet ek hom weer R2 000,00 gee. Ons het ingestem.

6. Op Sondagoggend die 26 Mei 2002 het ek die voertuig gaan haal. Izak het gesê ek moet voor ek ry by hom iets kom haal. Ek is toe na Joseph se huis. Toe ek daar kom, laai hy die 7 sakke in die motor. Ek het onmiddellik onraad vermoed en gevra wat dit is. Hy sê toe dit is dagga. Ek het geskrik en wou toe als maar los, maar hier staan ek dan nou en die motor is klaar geleen en ek kort geld. Ek het toe die motor gevat nadat Joseph my die R5 000,00 gegee het en na Izak Maki (eienaar van die voertuig) se huis gery. Toe ek daar kom sê Izak sy broer Moses moet liewer self ry. Ek het vir Izak sy R2 000,00 gegee en ons is toe daar weg. Dit is nou ek en Moses.

7. My instruksies was dat iemand my 16h00 sal wag 20 km uit Upington uit op die Keimoes pad. Ons was effens laat want ons het Van Zylsrus langs gekom. Die persoon wat ek moes ontmoet ry met ‘n blou Ford bakkie.

8. Op pad na Upington, die lughawe pad, ongeveer 18 kilometer uit Upington het die polisie ons afgetrek en gevang. Ek het van die begin af my samewerking gegee. Ons is toe gearresteer en toegesluit. Hulle het ook Izak se motor gevat. Izak het nie geweet wat in die voertuig is nie.

9. Ek weet dit is ‘n misdryf en strafbaar om handel te dryf in dagga.

10. Ek vra die Hof om my genadig te wees.”

16. Paragraaf 3 van die pleit is ooglopend ‘n herhaling van die klag soos uiteengesit in die aanhangsel tot die klagstaat wat ook nie die opset element bevat nie. Wat volg op paragraaf 3 van die pleit is ‘n taamlike breedvoerige uiteensetting van die feite.

17. Vanuit die skuldigpleit in die geheel gesien, is dit duidelik dat die appellant erken dat;

a) hy ‘n groot hoeveelheid dagga vervoer het vir lewering in Upington.

b) sy optrede neerkom op handeldryf;

c) sy optrede wederregtelik was.

18. Die opset vereis vir hierdie misdryf word deur Snyman, Strafreg, Vierde uitgawe bl. 424 as volg verduidelik:

gX moet bewus wees van die feit dat die stof ‘n stof is soos omskryf in die wet, dat sy optrede neerkom op handeldryf (soos hierdie begrip in die wet verstaan word) in die stof, en ook dat sy optrede wederregtelik is.”

19. Die appellant, sonder om dit spesifiek in soveel woorde uit te druk, erken dus na my mening al die vereistes wat die opset element vir hierdie misdryf daarstel. Sien in hierdie verband S v Phiri 1992(2) SASV 525(A).

20. Om daarop aan te dring dat die skuldigpleit in hierdie omstandighede die spesifieke woorde dat hy erken dat hy “opsetlik gehandel” het bevat, is na my mening onnodig letterknegtig en eintlik toutologies.

21. Die skuldigbevinding in die landdroshof, op die appellant se skuldigpleit soos daar voorgehou, het dus regtens geskied.

Die volgende bevel word gemaak:

a) Die skuldigbevinding in die landdroshof word bekragtig.

b) Die vonnis opgelê in die streekhof word ter syde gestel.

c) Die saak word terugverwys na die Landdroshof vir die oplegging van ‘n gepaste vonnis.

_______

C

C WILLIAMS

REGTER

Ek stem saam

C J OLIVIER

Nms. Appellant: Adv. P J Cloete

Die Regshulpraad

Nms. Respondent: Adv. T Birch, Kantoor van Direkteur van Openbare Vervolgings, Kimberley

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Legoa 2003(1) SACR 13 (SCA)

Case cited

S v Sithole 2000(2) SASV 403 (OPA)

Case cited

S v Phiri 1992(2) SASV 525(A)

Case cited

Act 140 of 1992

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Act 105 of 1997

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Criminal Procedure Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.