Download PDF

South Africa Judgment

Northern Cape High Court, Kimberley

S v Ndukwane (CA&R:178 /2004) [2005] ZANCHC 14 (17 March 2005)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the appellant was correctly convicted on both charges under the Explosives Act. On the first charge, the appellant's possession of explosives was established by direct evidence, and his denial was reasonably rejected by the trial court. On the second charge, the evidence showed that the appellant was in possession of a carton containing explosives, left the house, and an explosion occurred outside. The appellant's subsequent apology and offer to pay for damages further implicated him. The expert evidence indicated that the explosion was most likely caused intentionally, as accidental detonation was unlikely and the appellant suffered no injuries. Although the charge sheet did not expressly allege intent, the reference to endangering life or property invoked section 27(1)(c), and the evidence supported a finding of intentional conduct. However, considering the appellant's personal circumstances, the minor damage caused, and the year already spent in custody, the court found the five-year sentence excessive and substituted it with three years' imprisonment, backdated to the date of original sentencing.

Court disposition

Appeal partially successful. Convictions on both charges upheld. Sentence on second charge reduced.

Orders

  • The appeal is partially successful.
  • The appeal against conviction and sentence on charge 1 is dismissed.
  • The appeal against conviction on charge 2 is dismissed.
  • The sentence on charge 2 is set aside and replaced with three years' imprisonment.
  • The sentence is backdated to 10 June 2003 in terms of section 282 of Act 51 of 1977.

02

Material facts

Parties

Ishmael Ndukwane

Appellant Counsel: Adv. T. Fourie

The State

Respondent Counsel: Adv. H. Cloete

Amounts and remedies

  • Fine Imposed on Charge 1: ZAR 2,000
  • Appellant's Monthly Salary at Time of Offence: ZAR 3,500
  • Appellant's Age at Time of Sentencing: 37

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant conceded the conviction on the first charge but challenged the conviction and sentence on the second charge, arguing that the trial court erred in finding that the explosion was caused intentionally, as the State did not allege or prove intent. It was submitted that the magistrate applied a harsher sentencing provision than warranted, and that the appellant's personal circumstances and the minor damage caused justified a lesser sentence.
Respondent
The respondent argued that the evidence established the appellant's possession of explosives and his responsibility for causing the explosion. The State contended that, although the charge sheet did not expressly allege intent, the reference to endangering life or property invoked section 27(1)(c), and the evidence, including expert testimony, supported a finding of intentional conduct. The respondent maintained that the conviction was correct but accepted that the sentence could be reconsidered in light of the appellant's circumstances.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Explosives Act 26 of 1956

    Section 27(1)(c) of the Explosives Act 26 of 1956 prescribes a minimum sentence of three years' imprisonment and a maximum of fifteen years for intentionally causing an explosion endangering life or property.

  2. 02

    S v Ndukwane (CA&R:178 /2004) [2005] ZANCHC 14

    Where the charge sheet refers to endangering life or property, it invokes the sentencing regime under section 27(1)(c), regardless of whether intent is expressly alleged.

  3. 03

    Expert testimony of Inspector Kerman

    The absence of injuries and the nature of the explosives used may support an inference of intentional conduct where no explanation is provided by the accused.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the appellant was correctly convicted on both charges under the Explosives Act. On the first charge, the appellant's possession of explosives was established by direct evidence, and his denial was reasonably rejected by the trial court. On the second charge, the evidence showed that the appellant was in possession of a carton containing explosives, left the house, and an explosion occurred outside. The appellant's subsequent apology and offer to pay for damages further implicated him. The expert evidence indicated that the explosion was most likely caused intentionally, as accidental detonation was unlikely and the appellant suffered no injuries. Although the charge sheet did not expressly allege intent, the reference to endangering life or property invoked section 27(1)(c), and the evidence supported a finding of intentional conduct. However, considering the appellant's personal circumstances, the minor damage caused, and the year already spent in custody, the court found the five-year sentence excessive and substituted it with three years' imprisonment, backdated to the date of original sentencing.

Obiter and limits

  • The discrepancy in the witnesses' accounts regarding who left the house first was not material, given the overall consistency and the sequence of events.
  • The actual damage caused by the explosion was minor, and fortunately, no one was injured, although the potential for harm was significant.
  • The appellant's favourable personal circumstances and status as a first offender were relevant in determining an appropriate sentence.

Court disposition

Appeal partially successful. Convictions on both charges upheld. Sentence on second charge reduced.

  • The appeal is partially successful.
  • The appeal against conviction and sentence on charge 1 is dismissed.
  • The appeal against conviction on charge 2 is dismissed.
  • The sentence on charge 2 is set aside and replaced with three years' imprisonment.
  • The sentence is backdated to 10 June 2003 in terms of section 282 of Act 51 of 1977.

Source and reliance status

Northern Cape High Court, Kimberley

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Northern Cape High Court, Kimberley

Judgment

[2005] ZANCHC 14

VERSLAGWAARDIG JA/NEE

SIRKULEER ONDER REGTERS JA/NEE

SIRKULEER ONDER LANDDROSTE JA/NEE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(NOORD-KAAPSE AFDELING)

KIMBERLEY

SAAK NO.: CA&R:178 /2004

DATUM: 17-03-2005

In die Appél van:

ISHMAEL

NDUKWANE APPELLANT

teen

DIE STAAT RESPONDENT

CORAM: LACOCK R et WILLIAMS R:

UITSPRAAK

WILLIAMS R:

1. Die appellant is op 10 Junie 2003 in die Streekhof te Kimberley skuldig bevind aan:

Aanklag1 - ‘n Oortreding van artikel 6 van Wet 26 van 1956 (wederregtelike besit van ontplofbare stof)

Aanklag 2 - ‘n Oortreding van artikel 27 van Wet 26 van 1956 (wederregtelike veroorsaking van ‘n ontploffing)

Hy is op aanklag 1 gevonnis tot ‘n boete van R2000,00 of een jaar gevangenisstraf en op aanklag 2 tot vyf jaar gevangenisstraf.

2. Die appellant kom nou in hoër beroep teen sy skuldigbevindings en die vonnisse hom opgelê.

3. Wat die eerste aanklag betref maak Mnr. Fourie, wat namens die appellant optree die toegewing dat die skuldigbevinding in orde is. In hierdie voorval het Inspekteur Molete wat die appellant by sy woning gaan besoek het in verband met die beweerde misdryf gepleeg in aanklag 2, hom in besit gevind van ontplofbare stof gebêre binne in ‘n karton melkhouer. Die melkhouer met die ontplofbare stof was in een van die appellant se baadjiesakke en die polisiebeampte se aandag is daarop gevestig toe die appellant die baadjie, wat ‘n De Beers motief opgehad het, uittrek en vir ‘n vriend aangee toe hy die polisie gewaar.

4. Die appellant se weergawe dat hy glad nie eens ‘n baadjie aangehad het dié betrokke dag nie, alhoewel hy wel so ‘n baadjie besit, en dat die ontplofbare stof kwansuis geplant was deur die polisiebeampte is met reg deur die verhoorhof verwerp.

5. Wat aanklag 2 betref is die getuienis dat die appellant een aand, omtrent twee weke voor die voorval wat tot aanklag 1 aanleiding gegee het, by die woning van ene mnr. Nyamathane gekuier het. Die appellant het ‘n kombers oor sy skouers gehad en die staatsgetuies het gesien dat hy ‘n karton melkhouer in sy hand het.

6. Op ‘n stadium het die appellant die vertrek verlaat waar hy en nog ander mense televisie gekyk het en na buite gegaan. Kort daarna is ‘n ontploffing buitekant gehoor.

7. Mnr. Nyamathane en mnr. Faba, wat albei in die woonhuis was het getuig namens die Staat en hulle weergawes stem in alle opsigte ooreen behalwe dat Nyamathane getuig het dat Faba eers die huis verlaat het en toe die appellant (dat Faba dus buitekant was toe die ontploffing plaasvind), terwyl Faba getuig dat hy eers die huis verlaat het ná die ontploffing plaasgevind het.

8. Hierdie teenstrydigheid in die getuienis kan na my mening nie as wesenlik beskou word nie gesien in die lig daarvan dat die getuienis ook is dat die mans wat teenwoordig was in die huis die een na die ander buite toe was deur die loop van die nag om die buitetoilet te gebruik en Nyamathane hom dus maklik kon misgis met Faba se bewegins. Daar is in elk geval geen getuienis of suggestie dat Faba enigiets met die ontploffing te doen gehad het nie.

9. Die aspekte waaroor die twee staatsgetuies eenstemmigheid het is meer deurslaggewend van aard. Albei het getuig dat die appellant ‘n karton melkhouer by hom gehad het, dat hy buite toe gegaan het en dat die ontploffing plaasgevind het terwyl die appellant buite was. Die appellant het ook in die teenwoordigheid van Nyamathane vir Faba om verskoning gevra en aangebied om te betaal vir die skade aangerig aan die vensters van Faba se ouerhuis wat langsaan Nyathamane se huis geleë is.

10. Die appellant het self getuig en ontken dat hy ‘n melkhouer by hom gehad het die spesifieke aand, dat hy die ontploffing veroorsaak het, of dat hy vir Fabu om verskoning gevra het. Sy weergawe is dat hy binne Nyathamane se huis gesit het toe die ontploffing buite afgegaan het. Hy het saam met die huismense gaan kyk wat gebeur het en is later daar weg. Alhoewel die appellant regsverteenwoordig was met die verhoor is hierdie weergawe glad nie aan die staatsgetuies gestel nie en is hul getuienis gedurende kruisondervraging nooit in geskil geplaas nie.

11. Die feit dat die appellant twee weke na hierdie voorval in besit gevind is van ‘n soortgelyke kartondoos soos beskryf deur die twee getuies ten opsigte van aanklag 2, wat gevul was met ontplofbare stof, te wete kommersiële springstof, tesame met die getuienis aangebied deur die Staat ten opsigte van hierdie aanklag is na my mening afdoende getuienis dat die appellant die ontploffing veroorsaak het. Mnr. Fourie het wyslik ten opsigte van die skuldigbevinding op aanklag 2 verkies om geen argumente aan ons voor te lê tot die teendeel nie.

12. Die argument wat ten opsigte van vonnis deur mnr. Fourie voorgehou is, is dat die verhoorhof misgetas het deur te bevind dat die appellant die ontploffing opsetlik veroorsaak het, terwyl die Staat dit nie beweer of bewys het nie. Die betoog is dat as gevolg van die mistasting die landdros ‘n hoër strafbepaling toegepas het as wat artikel 27(1) van Wet 26 van 1956 voorskryf vir die nalatige veroorsaking van ‘n ontploffing.

13. Artikel 27(1) van Wet 26 van 1956 bepaal as volg

“27. Strawwe wanneer veiligheid in gevaar gestel of die dood veroorsaak word. –

(1) Iemand wat ‘n ontploffing veroorsaak waardeur lewe of eiendom in gevaar gestel word, is aan ‘n misdryf skuldig en by skuldigbevinding strafbaar met die volgende strawwe, na gelang die ontploffing weens nalatigheid of opsetlik veroorsaak is; dit wil sê-

(a) indien die ontploffng weens nalatigheid veroorsaak is en eiendom in gevaar gestel is, is hy strafbaar met ‘n boete of met gevangenisstraf vir ‘n tydperk van hoogtens vier jaar;

(b) indien die ontploffing weens nalatigheid veroorsaak is en lewe in gevaar gestel is, is hy strafbaar met ‘n boete of met gevangenisstraf vir ‘n tydperk van hoogstens vier jaar;

(c) Indien die handeling of versuim wat lewe of eiendom in gevaar stel, opsetlik is, is hy, waar die dood nie daardeur veroorsaak word nie, strafbaar met gevangenisstraf sonder die keuse van ‘n boete vir ‘n tydperk van minstens drie jaar en hoogstens vyftien jaar, en kan die ontplofbare stowwe en enige apparaat of vervoermidel wat in verband met die handeling of versuim gebruik of daarby betrokke is, verbeurd verklaar word;

(d) indien die ontploffing weens nalatigheid veroorsaak is en die dood tot gevolg het, is hy by skuldigbevinding strafbaar met ‘n boete of met gevangenisstraf vir ‘n tydperk van hoogtens ses jaar.”

14. Die bewerings in die klagstaat is as volg:

“Dat die beskuldigde skuldig is aan die misdaad van oortreding van artikel 27 van die Wet op Ontplofbare Stowwe nr. 26 van 1956:

Deurdat die beskuldigde(s) op of omtrent 3 Junie 2002 en te of naby Galeshewe in die distrik van Kimberley en binne die regsgebied van die Streekafdeling Noord-Kaap, wederregtelik ‘n ontploffing veroorsaak wat die lewe of eiendom van Petrus Nyamanthani en ander persone onbekend aan die Staat in gevaar stel.”

15. Alhoewel die klagstaat nie die bewering bevat dat die ontploffing “opsetlik” veroorsaak is nie kan die verwysing daarin na die gevaarstelling van “lewe of eiendom” slegs dui op artikel 27(1)(c) van die betrokke Wet. Geen ander van die onderafdelings van artikel 27(1) verwys na “lewe of eiendom” nie.

16. Mnr. Cloete wat namens die Staat optree betoog verder dat benewens bogenoemde aspek die getuienis aangebied deur die Staat die weglating van die spesifieke bewering van opsetlikheid aanvul soos beoog in artikel 88 van die Strafproseswet 51 van 1977.

17. In hierdie opsig het Inspekteur Kerman, ‘n beampte verbonde aan die Polisiediens se Springstofeenheid en wat die toneel ondersoek het ná die ontploffing, getuig. Sy getuienis is dat die ontploffing veroorsaak is deur kommersiële springstof, wat redelik stabiel is. Daar is twee maniere waarop dit gedetoneer kan word – eerstens deur die springstof te koppel aan ‘n elektiese kabel wat aangeskakel word en tweedens deur die veiligheidslont aan die brand te steek. Die gevalle waar die springstof wel per ongeluk kan detoneer is seldsaam en gebeur gewoonlik wanneer die springdoppie warm raak in ‘n persoon se hand of waar daarop getrap word. In sulke gevalle is daar ‘n onmiddelike ontploffing wat gepaard gaan met beserings aan die betrokke persoon.

18. Daar is geen getuienis dat die appellant enige beserings opgedoen het nie en in die afwesigheid van enige verduideliking deur die appellant, is die afleiding dat die ontploffing opsetlik veroorsaak is deur die veiligheislont aan die brand te steek onvermydelik en het die verhoorlanddros na my mening nie fouteer in hierdie opsig nie.

19. Vir ‘n oortreding in terme van artikel 27(1)(c) van Wet 26 van 1956 word gevangenisstraf van tussen drie en vyftien jaar voorgeskryf sonder die keuse van ‘n boete. Die appellant is vyf jaar gevangenisstraf opgelê.

20. Die appellant se persoonlike omstandighede is as volg:

20.1 Hy is 37 jaar oud.

20.2 Hy is getroud en het vier minderjarige kinders vir wie hy gesorg het aangesien sy vrou werkloos is.

20.3 Ten tye van die voorval het hy gewerk as algemene werker by De beers se Wesseltonmyn waar hy R3500,00 per maand verdien het.

20.4 Hy is ‘n eerste oortreder.

20.5 Ten tye van vonnisoplegging was die appellant reeds vir een jaar in hegtenis op die betrokke aanklagte en het hy gevolglik sy werk verloor.

21. Die skade aangerig as gevolg van die ontploffing is relatief gesproke gering. Die ontploffing het plaasgevind tussen die huise van mnr. Nyamathane en sy buurman mnr. Masailane. Slegs die vensterruite van die twee huise wat na aan die ontploffing was, het gebreek. Alhoewel Masailane getuig het dat sy hoëtroustelsel ook beskadig is, erken hy self dat die skade gering is. Die skade kon egter baie erger gewees het (glasskerwe is gevind op die kombersie van ‘n baba wat geslaap het in Nyamathane se huis), maar gelukkig is niemand beseer nie.

22. Gesien in die lig van die gunstige persoonlike omstandighede van die appellant en die werklike skade aangerig blyk dit asof vyf jaar gevangenisstraf ten opsigte van aanklag 2 buitensporig swaar is veral inaggenome dat die appellant reeds een jaar in hegtenis was verhoorafwagtend.

23. Ons is van mening, in die lig van al die omstandighede, dat ‘n gepaste vonnis op aanklag 2 een van drie jaar gevangenisstraf is. Geen betoeë is aan ons voorgehou ten opsigte van die vonnis op aanklag 1 nie en ons kan ook geen rede vind waarom daarmee ingemeng behoort te word nie.

Die volgende bevele word gemaak:

a) Die appél is gedeeltelik suksesvol.

b) Die appél teen die skuldigbevinding en vonnis ten opsigte van aanklag 1 word van die hand gewys.

c) Die appél teen die skuldigbevinding op aanklag 2 word van die hand gewys.

d) i) Die vonnis ten opsigte van aanklag 2 word tersyde gestel en vervang met die volgende:”Drie (3) jaar gevangenisstraf”

ii) Die vonnis word in terme van artikel 282 van

Wet 51 van 1977 terugdateer na 10 Junie 2003.

_______

C

C WILLIAMS

REGTER

Ek stem saam.

H

J LACOCK

Nms. Appellant: Adv. T. Fourie

i.o.v Regshulpraad

Nms. Respondent: Adv. H. Cloete

Direkteur van Openbare Vervolgings.

Datum aangehoor: 23-02-2006

Datum van uitspraak: 17-03-2006

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Ndukwane (CA&R:178 /2004) [2005] ZANCHC 14

Case cited

Explosives Act 26 of 1956

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Criminal Procedure Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.