S v Nieuwoudt (181/03) [2003] ZANCHC 17 (1 January 2003)
- Citation
- [2003] ZANCHC 17
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- Majiedt R, Olivier WNR
- Case number
- 181/03
More details
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- Majiedt R, Olivier WNR
- Case number
- 181/03
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the magistrate's dual role in bail and trial was not irregular under the circumstances, as she was the only magistrate available in a small rural town. However, the conviction on charge 2 was unsustainable because the State failed to prove beyond reasonable doubt that the items sold by the accused to Mrs Nati belonged to the complainant. The only evidence linking the accused to the stolen property was hearsay and insufficient identification. The complainant did not provide reliable distinguishing features to identify the goods as her own, and the additional items recovered were not linked to the accused. The doctrine of recent possession could not be applied without proper proof of ownership. Consequently, the conviction and sentence on charge 2 were set aside, and the sentence on charge 1 was reduced to 18 months' imprisonment, considering the accused's personal circumstances and the seriousness of the offence.
Court disposition
Conviction on charge 1 confirmed; conviction and sentence on charge 2 set aside; sentence on charge 1 reduced to 18 months' imprisonment.
Orders
- The conviction on charge 1 is confirmed.
- The conviction and sentence on charge 2 are set aside.
- The sentence on both charges is set aside and replaced with a sentence of 18 months' imprisonment on charge 1.
02
Material facts
Parties
The State
ApplicantDirk Nieuwoudt
RespondentAmounts and remedies
- Amount Paid by Mrs Nati for Goods: ZAR 40
- Reduced Sentence on Charge 1 (months): 18
03
Procedural history
Posture
Criminal Review / Review of Conviction and Sentence
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Was it irregular for the magistrate to preside over both the bail proceedings and the trial?
- 02
Did the State prove beyond reasonable doubt that the items sold by the accused to Mrs Nati belonged to the complainant in charge 2?
- 03
Is there any admissible evidence linking the accused to the commission of the offence in charge 2?
- 04
Is the conviction on charge 2 sustainable in law given the evidence presented?
Party arguments
- Applicant
- The State argued that the accused was found in possession of recently stolen goods and sold items matching the description of the stolen property to Mrs Nati. The State relied on the doctrine of recent possession and the identification of the goods by the complainant as her property. The State maintained that the magistrate's dual role in bail and trial was unavoidable due to staffing constraints and did not constitute an irregularity.
- Respondent
- The accused denied involvement in the housebreaking and theft, and denied selling any goods to Mrs Nati. He challenged the reliability of the identification of the goods and argued that there was insufficient evidence to prove that the items belonged to the complainant. The accused contended that the evidence was largely hearsay and did not establish his guilt beyond reasonable doubt.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Staat v Klaas Tieties en Gilbert Mosiapoa, review judgment 579/01 (7 November 2001, unreported)
The identification of stolen property is a form of opinion evidence and must be supported by facts or distinguishing features that allow the court to assess reliability.
- 02
S v Vincent Nxamashe, review case 464/01 (2 August 2001, unreported)
The doctrine of recent possession requires proof that the accused was found in possession of property recently stolen and that the property belonged to the complainant.
- 03
Schmidt, Law of Evidence, 4th edition, p. 457
Hearsay evidence is inadmissible unless it falls within a recognized exception; identification by a third party must be direct and reliable.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the magistrate's dual role in bail and trial was not irregular under the circumstances, as she was the only magistrate available in a small rural town. However, the conviction on charge 2 was unsustainable because the State failed to prove beyond reasonable doubt that the items sold by the accused to Mrs Nati belonged to the complainant. The only evidence linking the accused to the stolen property was hearsay and insufficient identification. The complainant did not provide reliable distinguishing features to identify the goods as her own, and the additional items recovered were not linked to the accused. The doctrine of recent possession could not be applied without proper proof of ownership. Consequently, the conviction and sentence on charge 2 were set aside, and the sentence on charge 1 was reduced to 18 months' imprisonment, considering the accused's personal circumstances and the seriousness of the offence.
Obiter and limits
- It is undesirable for a magistrate to preside over both bail and trial proceedings, but unavoidable staffing constraints may necessitate such arrangements in rural courts.
- The identification of common household items as stolen property requires more than mere assertion by the complainant; the court must be satisfied as to the reliability of the identification.
- The accused's version need not be believed in detail; it is sufficient if it is reasonably possibly true to create reasonable doubt.
Court disposition
Conviction on charge 1 confirmed; conviction and sentence on charge 2 set aside; sentence on charge 1 reduced to 18 months' imprisonment.
- The conviction on charge 1 is confirmed.
- The conviction and sentence on charge 2 are set aside.
- The sentence on both charges is set aside and replaced with a sentence of 18 months' imprisonment on charge 1.
Source and reliance status
Northern Cape High Court, Kimberley
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Northern Cape High Court, Kimberley
Judgment
Verslagwaardig: Ja / Nee
Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Hooggeregshof Hersieningsnr: 181/03
Landdros Saaknr: 886/02
Datum gelewer:
In die hersieningsaak van:
DIE
STAAT
versus
DIRK
NIEUWOUDT BESKULDIGDE
Coram: MAJIEDT R et
OLIVIER WNR.
UITSPRAAK
OP HERSIENING
MAJIEDT R:
In hierdie aangeleentheid het die beskuldigde tereggestaan op twee aanklagte van huisbraak met die opset om te steel en diefstal.
Nadat getuienis gelei is, is hy op albei aanklagte skuldig bevind en gevonnis tot drie jaar gevangenisstraf op beide aanklagte wat saamgeneem is vir doeleindes van vonnis.
Ek het op hersiening die volgende navraag gerig:
1.1 Was dit nie onreëlmatig vir die landdros om self die verhoor van die beskuldigde waar te neem nadat die landdros ook voorgesit het tydens die borgverrigtinge waartydens die beskuldigde se vorige veroordelings te berde gebring is?
1.2 Indien wel, wat is die effek van sodanige onreëlmatigheid?
2.1 Uitgesluit die ondersoekbeampte se hoorsêgetuienis op p.64 (reëls 1-3), het die Staat bewys dat die items wat die beskuldigde na bewering aan Mev. Nati verkoop het, wel die (gesteelde) eiendom is van die klaagster op aanklag 2? Meer bepaald - het die klaagster daaroor getuig dat die items wel aan haar behoort?
2.2 Indien die voormelde vrae ontkennend beantwoord word - is daar enige getuienis hoegenaamd op die oorkonde wat die beskuldigde met die pleging van die misdryf op aanklag 2 verbind?
Die landdros het geantwoord op hierdie navrae en is ek tevrede dat ten aansien van navraag 1.1 hierbo die landdros nie anders kon as om self die verhoor van die beskuldigde waar te neem nadat sy voorgesit het tydens die borgverrigtinge nie. Die landdros is gestasioneer op ân klein plattelandse dorp waar sy die enigste landdros is. In die omstandighede, alhoewel onwenslik, is dit nie onreëlmatig vir die landdros om tydens beide borgverrigtinge en die verhoor voor te sit nie. Ek meen egter dat daar aan die beskuldigde uitgewys en verduidelik moet word wanneer hy aansoek doen vir borg dat hy verplig sal wees om op vrae ten aansien van sy vorige veroordelings te antwoord en dat die voorsittende landdros ook die verhoor later mag behartig wat sou beteken dat die beskuldigde se misdaadrekord tot die landdros se kennis sal kom.
Ek gaan dus onmiddellik oor na die aspekte wat ek bevraagteken het onder 2.1 en 2.2 hierbo. Ek beperk my tot aanklag 2, omdat ek tevrede is dat die Staat daarin geslaag het om bo redelike twyfel die skuld van die beskuldigde te bewys op aanklag 1, nieteenstaande die weersprekinge in die Staatsaak ten aansien van die beskuldigde se kleredrag. Op aanklag 2 het die klaagster getuig dat sy omgesien het na haar moeder se woning in die dorp, maar haar naweke op haar plaas buite die dorp bevind het. Sy het ân buurvrou versoek om ân ogie oor haar moeder se plek te hou en is sy op die 20ste Oktober 2002 in kennis gestel deur die buurvrou dat daar die vorige dag by haar moeder se woning ingebreek is. Vanweë die uiteindelike bevinding in hierdie saak is dit belangrik om vollediglik die lys van gesteelde items soos deur die klaagster oorgedra aan die polisie en as aanhangsel in die klagstaat vervat, volledig weer te gee hierin:
Die klaagster het verder getuig dat van die goedere wel teruggevind is. Dit is belangrik om haar getuienis verbatim weer te gee ten aansien van hierdie aspek:
âHet u enige van die vermiste items teruggekry? -- Ja ek het dit nog nie by my nie, maar die polisie het van die ses borde het hulle teruggekry en die vier papbordjies en dan daardie ander deursigtige borde het hulle ook teruggekry. Dan het hulle nog goed teruggekry wat ek nie eers geweet het was weg nie, want hulle het van my ma se lakens gekry en hulle het van die kind wat daar gebly het se langbroeke gekry en hulle het die groen skoolsak wat daar op is het hulle ook gekry.â
Die volgende getuie van belang op aanklag 2 is Mevrou Manoe Nati. Sy besit ân snoepwinkel en het getuig dat die beskuldigde ongeveer die middel van Oktober 2002 sekere breekgoed aan haar kom verkoop het vir ân bedrag van R40,00. Sy het aan hom R20,00 oorhandig en hy het aan haar genoem dat hy ook ân mikrogolfoond het om te verkoop. Volgens haar het die beskuldigde beweer dat die goedere aan sy ouma behoort. Die goedere wat hy aan haar verkoop het was wit borde met ân goue rand, sowel as sopborde met ân groen rand en deursigtige glasborde. Die beskuldigde het ân drasak by hom gehad en binne-in die drasak was die breekgoed toegedraai in ân roomkleurige gehekelde tafeldoek. Die polisie het toevallig net daarna by haar kom verneem of enigiemand breekware en ân mikrogolfoond by haar probeer verkoop het en sy het aan hulle die inligting verskaf ten aansien van die beskuldigde. Sy het aan hulle genoem dat die beskuldigde sy naam gegee het as John Jacobs wat woon in Wilgerstraat, maar nadat sy aan hulle ân beskrywing van hom gegee het het die polisie aangedui dat hulle presies weet wie hy is. Sy het onderneem om hulle in kennis te stel as hy weer daar sou aandoen vir die res van sy geld. Toe die beskuldigde weer aandoen vir sy R20,00 het die polisie hom daar gearresteer.
Inspekteur Dawid Simbeb, die ondersoekbeampte in die saak, het daarna getuig dat hy die inligting soos voormeld ontvang het van Mev. Nati en toe die beskuldigde daar gearresteer het nadat hy weer by haar aangedoen het. Hy het ân beskrywing gegee van die breekware as volg:
Groot wit eetborde met goue randjies en groen takkies daarbinne;
Papbordjies met groen rande asook blink deurskynende borde.
Die ondersoekbeampte het getuig dat hy hierdie borde ingehandig het by die SAP13 en dit daarna na die klaagster geneem het wat dit uitgeken het as haar eiendom.
Op hierdie stadium moet vermeld word dat die klaagster in haar getuienis min of meer dieselfde beskrywing gegee het van die breekware, soos dié voorgehou deur Mev. Nati en Inspekteur Simbeb.
Die getuienis van Simbeb soos voormeld dat die klaagster die borde uitgeken het as haar eiendom is natuurlik niks anders as hoorsê getuienis nie en derhalwe ontoelaatbaar as getuienis teen die beskuldigde. Verder het, soos blyk uit die aangehaalde passasie hierbo, die klaagster nooit pertinent aangedui dat sy die goedere by die polisiestasie of by haar huis uitgeken het as haar eiendom nie. Die landdros voer aan in haar verdere redes dat so ân afleiding op die oorkonde geregverdig is.
Die beskuldigde het deurgaans volgehou dat hy glad nie betrokke was by die huisbraak en die diefstal nie en het hy ook ontken dat hy goedere aan Mev. Nati kom verkoop het.
In hierdie saak is die beskuldigde skuldig bevind aan die ten laste gelegde misdryf op aanklag 2 op grond van die leerstuk van die besit van onlangs gesteelde goedere. Ten einde die beskuldigde aan die misdryf te kon verbind het op dié wyse, moes die Staat bo redelike twyfel bewys het:
Dat die betrokke goedere wat die beskuldigde in sy besit gehad het of mee handel gedryf het met Mev. Nati, die eiendom van die klaagster was wat tydens die huisbraak buitgemaak is; en
Dat die beskuldigde so kort na die huisbraak in die gesteelde goedere handel gedryf het soos voormeld of daarna in besit daarvan gevind is dat die afleiding geregverdig is dat dit hy is wat aan die huisbraak deelgeneem het (m.a.w. dat die sogenaamde leerstuk van onlangse besit toepassing vind).
Daar is na my mening onvoldoende getuienis op rekord om aspek (a) hierbo as bewys bo redelike twyfel teen die beskuldigde daar te stel. Die ontoelaatbare getuienis van Simbeb moet heeltemal uitgesluit word en dan is dit slegs die getuienis van die klaagster wat op die oorkonde oorbly. Ek meen nie dat dit geregverdig is om, soos die landdros dit wil hê, ân afleiding as enigste redelike afleiding in die omstandighede te maak dat die klaagster wel haar eiendom uitgeken het by die polisie nie.
Daar is egter ân verdere probleem met die skuldigbevinding. Soos uitgewys deur Buys R (waarmee Kgomo RP saamgestem het) in Staat v Klaas Tieties en Gilbert Mosiapoa, gesirkuleerde hersieningsuitspraak in saaknr. 579/01 gelewer op 7 November 2001 (ongerapporteer) is dit onvoldoende vir die Staat om slegs getuienis van ân klaer aan te bied dat hy/sy sekere items wat in die beskuldigde se besit gevind is of verkoop is deur hom as die klaer se eiendom uitgeken het by die polisiestasie. Soos Buys R tereg, met respek bevind het:
âDie uitkenning van ân gesteelde artikel is ân vorm van opinie getuienis. Schmidt, Bewysreg vierde uitgawe bls.
457. Soos in die geval van die identifikasie van ân mens moet die identifikasie van ân voorwerp nie slegs geloofwaardig wees nie, maar ook betroubaar. Aan die betroubaarheidsvereiste word voldoen wanneer die getuie getuienis lewer op grond van welke feite, omstandighede of identifiserende eienskappe hy die voorwerp as syne uitken. Dit is geykte reg dat in die geval van opinie getuienis die getuie die feite waarop hy die opinie gevorm het aan die hof moet openbaar. Waar die getuie dus byvoorbeeld ân kledingstuk soos ân wit T-hemp as syne identifiseer moet hy aan die hof die feite voorlê waarom hy van mening is dat dit sy T-hemp is. Uiteindelik is dit die taak van die hof om te besluit of die getuie geloofwaardig en betroubaar ten opsigte van die identifikasie is. Dit kan die hof nie doen nie as hy slegs die woord van die klaer het dat hy die goedere buite die hof as syne geïdentifiseer het nieâ (sien bladsy 8 van die uitspraak).
Vergelyk ook verder: S v Vincent Nxamashe, hersieningsaak nr. 464/01, ongerapporteerde uitspraak van hierdie Hof gelewer op 2 Augustus 2001 (Buys R waarmee Kgomo R, soos hy toe was, saamgestem het).
In die onderhawige saak het dit gegaan oor gesteelde artikels wat alledaags in ons samelewing gebruik word in huishoudings, te wete breekware soos papborde, eetborde en ook ân tafeldoek. Daar is geen aanduiding hoegenaamd dat daar enige spesiale identifiserende kenmerke is waaraan die klaagster hierdie artikels uitgeken het as haar eiendom nie (as veronderstel word, vir die oomblik, dat daar wel getuienis is dat sy so ân uitkenning gemaak het by die polisie).
Dit is nie asof hierdie artikels so uniek is dat gesê kan word dat die klaagster die enigste persoon is in Prieska of die omgewing daar wat sulke items besit het nie.
Die vraag wat natuurlik verder ontstaan is: Waar kom die addisionele artikels waarvan die klaagster melding maak in die aangehaalde passasie hierbo vandaan?. Daar sal onthou word dat die klaagster melding daarvan maak dat sekere bykomende items wat sy nie eers besef het gesteel is nie, ook aan haar terug besorg is, te wete haar moeder se lakens, asook ân kind se langbroeke. Wat onmiddellik opval is dat nòg Mev. Nati nòg Inspekteur Simbeb hoegenaamd enige melding maak in hul getuienis van hierdie bykomende artikels. Die vraag is noodwendig waar hierdie artikels hulle oorsprong vind, aangesien dit duidelik is op die getuienis van Mev. Nati dat dit nie van die beskuldigde afkomstig was nie.
Die beskuldigde se weergawe wemel van onwaarskynlikhede en onbevredigende aspekte. Dit is egter nie nodig om sy weergawe en die detail daarvan te glo nie. Al wat nodig is dat die Hof tevrede moet wees dat sy weergawe redelik moontlik waar kan wees.
Die Staat se saak skiet heeltemal tekort aan bewys bo redelike twyfel dat die items wat die beskuldigde aan Mev. Nati sou verkoop het, wel aan die klaagster behoort het.
Ek is derhalwe tevrede dat, in die omstandighede, die skuldigbevinding op aanklag 2 regtens onhoudbaar is. So ân bevinding beteken ook dat met die vonnis ingemeng moet word. Ek is van mening dat ân vonnis waarby die oorspronklike vonnis gehalveer word billik, redelik en gepas in die omstandighede sal wees, gegewe die beskuldigde se persoonlike omstandighede, die erns van die misdryf en die gemeenskap se belange.
By gevolg word die beskuldigde se skuldigbevinding op aanklag 1 bekragtig, maar die skuldigbevinding op aanklag 2 word tersyde gestel sowel as die vonnis op beide aanklagte en word dit vervang met die volgende: Op aanklag 1 word die beskuldigde gevonnis tot 18 maande gevangenisstraf.
___
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek stem saam:
CJ
OLIVIER
WAARNEMENDE
REGTER
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.