Download PDF

South Africa Judgment

Northern Cape High Court, Kimberley

S v Niewilds (CA&R 152/03) [2004] ZANCHC 40 (5 November 2004)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The appeal court found that the trial court correctly accepted the evidence of the State witnesses, whose minor discrepancies were understandable given the traumatic and rapid nature of the events. The appellant's version was improbable and inconsistent with the physical evidence, including the location of cartridge cases and the position of the firearm after the incident. The absence of gunshot residue on the appellant's hands was explained by the likelihood of removal during medical handling. The trial court properly exercised its discretion in sentencing, considering both the appellant's personal circumstances and the seriousness of the offence, as well as the need for deterrence in light of increasing violent crimes against women. There was no misdirection or manifest inappropriateness in the sentence imposed, and corrective supervision was properly considered and rejected as unsuitable. The appeal against conviction and sentence was dismissed.

Court disposition

Appeal dismissed; conviction and sentence confirmed.

Orders

  • The appeal is dismissed.
  • The conviction and sentence imposed by the trial court are confirmed.

02

Material facts

Parties

Wessels Niewilds

Appellant Counsel: CF Van Heerden

The State

Respondent Counsel: DP Olivier

Amounts and remedies

  • Sentence (years Imprisonment): 6

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that the trial court erred in accepting the evidence of the State witnesses, as their versions conflicted on material aspects. He contended that the absence of gunshot residue on his hands indicated he did not fire the weapon. He further argued that, as a left-handed person, it was improbable he shot himself in the right eye. The appellant also submitted that the sentence imposed was unduly harsh, given his personal circumstances, emotional instability, and the loss of his eye, and that corrective supervision should have been considered.
Respondent
The respondent maintained that the State proved the appellant's guilt beyond reasonable doubt. The discrepancies in witness testimony were minor and understandable given the traumatic nature of the events. The absence of gunshot residue was explained by possible removal during medical handling. The respondent argued that the sentence was appropriate given the seriousness of the offence, the need for deterrence, and the prevalence of violent crimes against women.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    S v Kgosimore, 1999 (2) SASV 238 (A)

    A court of appeal may only interfere with sentence if the trial court misdirected itself or imposed a sentence so inappropriate as to induce a sense of shock.

  2. 02

    S v R, 1993 (1) SA 476 (A)

    Corrective supervision as a sentencing option must be properly considered, but a court of appeal cannot substitute its own preference absent misdirection or manifest inappropriateness.

  3. 03

    General principle; see S v W, 1995 (1) SASV 606 (A)

    Minor discrepancies in witness testimony do not necessarily undermine credibility, especially in traumatic circumstances.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The appeal court found that the trial court correctly accepted the evidence of the State witnesses, whose minor discrepancies were understandable given the traumatic and rapid nature of the events. The appellant's version was improbable and inconsistent with the physical evidence, including the location of cartridge cases and the position of the firearm after the incident. The absence of gunshot residue on the appellant's hands was explained by the likelihood of removal during medical handling. The trial court properly exercised its discretion in sentencing, considering both the appellant's personal circumstances and the seriousness of the offence, as well as the need for deterrence in light of increasing violent crimes against women. There was no misdirection or manifest inappropriateness in the sentence imposed, and corrective supervision was properly considered and rejected as unsuitable. The appeal against conviction and sentence was dismissed.

Obiter and limits

  • Witnesses may recall traumatic events differently, and such discrepancies do not necessarily indicate dishonesty.
  • The prevalence of violent crimes against women justifies the inclusion of deterrence as a sentencing consideration.
  • The loss of an eye by the appellant, while significant, does not in itself warrant a lighter sentence where the offence is grave.

Court disposition

Appeal dismissed; conviction and sentence confirmed.

  • The appeal is dismissed.
  • The conviction and sentence imposed by the trial court are confirmed.

Source and reliance status

Northern Cape High Court, Kimberley

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Northern Cape High Court, Kimberley

Judgment

[2004] ZANCHC 40

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

IN

THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

(Noord-Kaapse Afdeling / Northern Cape Division)

Saakno: / Case number: CA&R 152/03

Datum verhoor: / Date heard: 01/11/2004

Datum gelewer: / Date delivered: 05/11/2004

In die saak van:

NIEWILDS, WESSELS Appellant

en

DIE STAAT Respondent

Coram: Lacock R et Williams R

UITSPRAAK OP APPÉL

LACOCK R:

Die appellant is op 30 Mei 2002 in die Streekhof, Kimberley, skuldig bevind aan poging tot moord deurdat hy na bewering op 9 April 1999 gepoog het om sy vriendin, Ursula Jenkins, en met wie hy ‘n jarelange intieme verhouding gehad het, te dood deur haar met ‘n vuurwapen te skiet.

Op 27 September 2002 is die appellant gevonnis tot 6 (ses) jaar gevangenisstraf. Hy kom nou in hoër beroep teen sowel sy skuldigbevinding en die vonnis hom opgelê.

Die feitelike omstandighede waarop die appellant skuldig bevind is, kan kortliks as volg saamgevat word:

Die appellant en die klaagster het vir ‘n periode van ongeveer 10 (tien) jaar ‘n intieme verhouding gehad ten spyte daarvan dat die appellant getroud was. Uit hierdie verhouding is twee seuns gebore wat ten tye van die gebeure hierin tersaaklik ongeveer 6 en 3 jaar oud was onderskeidelik. Die klaagster en die kinders het by haar moeder, me. Kathleen Jenkins (Kathleen) te Homevale, Kimberley, gewoon.

Nadat die klaagster op 9 April 1999 van haar werk tuis gekom het, het sy die appellant daar aangetref. Kort hierna het sy en hul oudste kind saam met die appellant gestap in die rigting van ‘n huurmotorstaanplek. Op pad daarheen het ‘n argument tussen die klaagster en die appellant ontstaan nadat die klaagster te kenne gegee het dat hulle hul verhouding moes beeïndig daar dit geen toekoms het nie omdat die appellant nie van sy vrou wou skei nie. Die appellant het toe terug gedraai na die woning van Kathleen en gedreig om die klaagster en hul kinders te skiet tensy sy die volgende dag vir hom ‘n antwoord gee.

Die appellant is eerste die huis binne en is deur die woonkamer na die kombuis. Kort op sy hakke het die klaagster gevolg, en hom in die kombuis aangetref waar hy met sy een hand om hul jongste seun gestaan het, en met sy ander hand op die pistoolsak aan sy heup waarin sy 9mm pistool was. Die klaagster het die seun na haar geroep en van hulle weggestoot.

Hierop het die appellant die klaagster aan die arm gegryp, maar het sy los geruk en in die gang van die huis na die badkamer gehardloop. Die oudste seun was saam met haar. Voordat sy die badkamer se deur kon toedruk, het die appellant met die vuurwapen op haar gerig, op haar gevuur.

Die appellant het drie skote afgevuur. Een skoot het die klaagster in haar kuiltjie getref en het haar liggaam agter haar linker blad verlaat. ‘n Tweede skoot het die klaagster aan die voorkant van haar regter bobeen getref.

Die derde skoot het die appellant, volgens ‘n mediese verslag wat by ooreenkoms voor die Hof geplaas is, in sy regter oog getref en is uit op sy linker wangbeen net voor die oor.

Na die skietery is die klaagster op die vloer van die badkamer in ‘n beswyming aangetref, en die appellant het gelê in die deur van ‘n kamer wat regoor die deur van die badkamer waarin die klaagster aangetref is, geleë is. Sy bolyf het in die kamer gelê en sy bene in die gang. Hy was bewusteloos en bloed het uit sy kop gestroom.

Die pistool het in die kamer naby die kop van die appellant op die vloer gelê.

Die kind wat saam met die klaagster in die badkamer was, was ongedeerd.

Beide die klaagster en die appellant het van hul beserings aldus opgedoen, herstel, hoewel die appellant die gebruik van sy regter oog verloor het.

Die appellant se weergawe van die gebeure was as volg:

Nadat die klaagster die betrokke dag by hul huis opgedaag het, het sy en die oudste kind saam met hom van die huis gestap. Die klaagster het ‘n obsessie gehad dat hy van sy vrou moes skei en met haar trou. Terwyl hulle so gestap het, het ‘n rusie ontstaan en het sy gedreig om die kinders te dood. Hy het terug gedraai na die huis en die klaagster het hom skel-skel gevolg. Hy is eerste die huis in, waarna die klaagster gevolg het. Sy is deur die kombuis na die badkamer waar sy in die deur gaan staan het. Die appellant het die gang afgestap op pad na ‘n toilet, en toe hy by die klaagster kom, het sy hom met haar been gekeer. Hy het met sy hande teen die muur gedruk. Die volgende oomblik het die klaagster sy pistool gegryp uit sy houer, het sy na agter in die badkamer inbeweeg en het hy gepoog om die pistool van haar af te neem. In die proses het twee skote afgegaan. Nadat die tweede skoot afgegaan het, het hy geval en eers weer sy bewussyn in die hospitaal herwin.

Die appellant het ontken dat hy die vuurwapen op die klaagster gerig het, of dat hy na haar geskiet het.

Namens die verdediging het ook getuig mnr. Esau Thys, ‘n goeie vriend van die appellant. Hy het beweer dat die klaagster by geleentheid aan hom erken het dat sy die appellant geskiet het.

Dit was gemeensaak tussen die Staat en die verdediging dat

die appellant linkshandig is;

‘n monster vanaf beide hande van die appellant geneem is ongeveer 1½ ure na die skietvoorval vir die toets van ontstekingresidu op sy hande;

die uitslag van die toets vir ontstekingresidu negatief was; en

geen monster van die klaagster geneem is vir ontstekingresidu toetse nie.

Die Landdros het bevind dat die Staat die skuld van die appellant bo redelike twyfel bewys het.

Adv. Van Heerden, en wat ook namens die appellant in die Verhoorhof opgetree het, het eerstens aangevoer dat die Landdros fouteer het deur die getuienis van die sogenaamde ooggetuies, dit is die klaagster, Kathleen en Nathan Jenkins, te aanvaar daar hulle mekaar op feitlik alle wesenlike aspekte weerspreek het.

Hierdie kritiek is myns insiens geensins geregverdig nie.

Dit is so dat die getuies se onderskeie weergawes van die gebeure nie presies met mekaar ooreenstem nie, maar dit is myns insiens heeltemal te begrepe. Indien in gedagte gehou word dat die skietery in ’n baie kort tydsbestek plaasgevind het en dat alle persone in die onmiddellike omgewing waar dit plaasgevind het, geskrik en ontsteld was, sou dit my verstom het indien hul weergawes in alle opsigte ooreengestem het.

Menslike ervaring leer dat verskillende persone onverwagse en traumatiese gebeure uiteenlopend beleef en onthou. Sekere gebeure of grepe daarvan laat op een persoon ‘n groter en blywender indruk, terwyl ander gebeure of grepe daarvan weer op die volgende persoon ‘n meer blywende herinnering of indruk laat.

Ervaring het ook geleer dat mense, en meer bepaald jonger of onervare persone, geneig is daartoe om, wanneer hulle opgeroep word om ‘n gebeurtenis in ‘n Hof weer te gee, soms poog om ‘n rekonstruksie van die gebeure weer te gee soos hy dink dit moes gebeur het en nie noodwendig van dit wat hy in werklikheid uit sy geheue kan onthou nie. Dit beteken egter nie dat so ‘n persoon leuenagtig is nie. Allermins.

My indruk van hierdie getuies is dat hulle eerlik gepoog het om die gebeure so getrou moontlik weer te gee soos hulle dit beleef het en onthou het. Die verskille in hulle weergawes blyk eerder te wyte te wees aan ‘n poging tot rekonstruksie daarvan in sovere hulle nie elke klein besonderhede kon onthou of waargeneem het nie; eerder dan dat hulle leuenagtig daaraangaande was. Hierdie verskille is in ieder geval gering van aard en slaan nie op die wesenlike aspekte van die gebeure nie.

Op die wesenlike aspekte staaf hierdie getuies mekaar grootliks.

Die klaagster getuig dat die appellant by die huis in gehardloop het. Kathleen getuig dat hy vinnig die huis ingekom het.

Die klaagster en Kathleen getuig beide dat die appellant en die klaagster na die kombuis is nadat hulle die huis binnegekom het.

Die klaagster getuig dat sy in die kombuis die jongste kind na haar geroep en toe na eenkant gestoot het. Kathleen getuig dat sy die kind in die kombuis gevat het met die gebeure (hoewel sy op ‘n stadium ook gesê het die kind was in die woonkamer).

Die klaagster getuig dat sy van die kombuis na die badkamer gevlug het en dat die oudste kind saam met haar was. Kathleen bevestig dat, na die skietery, die oudste kind van die klaagster by haar in die badkamer was. Trouens, hy het die deur van binne toegesluit.

Die klaagster het gesien hoe die appellant die vuurwapen wat hy in beide hande gehou het, op haar rig en die vuur uit die loop van die wapen gesien het voordat sy die deur van die badkamer kon toemaak. Kathleen getuig ook dat sy die appellant in die gang sien staan het met die vuurwapen in beide hande gerig na die badkamer. Van waar sy was op daardie moment kon sy nie die klaagster sien nie. Ook Nathan getuig dat hy gesien het die appellant vuur na die badkamer waar die klaagster in is terwyl die deur nog “op ‘n skrefie” oop was.

Die voormelde getuienis gee ‘n logiese geheelbeeld van die gebeure weer, en strook met die volgende reële getuienis:

Slegs een patroondoppie is in die badkamer gevind. Dit strook met die getuienis namens die Staat naamlik dat die eerste skoot afgevuur is voordat die badkamerdeur toegedruk is. ‘n Vuurwapendeskundige het getuig dat, nadat die pistool afgevuur is, die doppie van die patroon óf na die kant óf na voor uitgeskiet sou word.

Een skoot het deur die deur van die badkamer gedring in ‘n afwaartse rigting. Op waarskynlikhede is dit die koeël wat die klaagster in haar bo-been getref het nadat die deur toegedruk was.

Twee doppies is in die gang buite die badkamer gevind. Dit is aanduidend daarvan dat die laaste twee skote in die gang afgevuur is nadat die badkamerdeur toegedruk is.

Die skoot wat die appellant getref het, sou hom op waarskynlikhede - en ook op sy eie weergawe – onmiddellik buite aksie gestel het. Dit kan dus as waarskynlik aanvaar word dat hy geval het op die plek waar hy gestaan het toe hy getref is, en dit is buite die badkamer in die gang.

Na die skietery het die pistool in die kamer waar die appellant gelê het, op die vloer naby sy kop gelê. Dit strook met die waarskynlikheid dat hy die laaste skoot op homself afgevuur het, en toe hy op die vloer val, die pistool uit sy hand geval het.

Die weergawe van die appellant strook eenvoudig nie met die reële getuienis en die waarskynlikhede nie.

Eerstens vind ek dit totaal onwaarskynlik dat die klaagster, en wat as ‘n klein geboude persoon beskryf is, daarin sou slaag om die knip van die pistoolhouer waarin die pistool in ‘n lyfband aan die appellant was, oop te maak, die pistool uit te haal, die veiligheidsknip te de aktiveer en die wapen te span (soos deur die appellant voorgehou) voordat hy daarin kon slaag om sy hande op die wapen te lê. Dit kom my voor dat die appellant hierdie onwaarskynlikheid besef het en daarom voorgegee het dat hy voor die klaagster tot stilstand gekom het met sy hande teen die muur gestut toe sy hom voorgekeer het in die gang.

Tweedens vind ek dit onwaarskynlik dat, soos die appellant voorgegee het, twee skote in die badkamer afgevuur was terwyl hy aldaar met die klaagster gestoei het om besit van die wapen. Indien dit so was, sou ek verwag het dat minstens twee doppies in die badkamer gevind moes gewees het. Die weergawe van die appellant bied ook geen verduideliking vir die skoot deur die badkamerdeur nie.

Ook sou ek verwag het dat, indien die appellant in die badkamer geskiet is, hy op waarskynlikhede net daar op die vloer sou beland het en nie geval het in die kamer aan die oorkant van die gang nie.

Laastens is dit hoogs onwaarskynlik dat, op die weergawe van die appellant, die pistool naby sy kop in die kamer waar hy gelê het, sou opeindig na die skietery. Indien hy nie self die skoot deur sy eie skedel afgevuur het nie, sal aanvaar moet word dat die klaagster nadat die appellant geskiet is, haarself in die kuiltjie geskiet het, die pistool langs die appellant gaan plaas het, en toe terug is na die badkamer waar sy in ‘n beswyming aangetref is. So ‘n moontlikheid grens aan die absurde.

In die tweede plek voer mnr. Van Heerden aan dat die afwesigheid van ontstekingsresidu op sy hande na die voorval aanduidend daarvan is dat die appellant nie die vuurwapen hanteer het en die skote wat die klaagster en homself getref het, afgevuur het nie.

Die deskundiges wat getuig het aangaande die aanwesigheid van ontstekingsresidu op die hande van ’n persoon wat ‘n pistool afvuur, het dit onbetwis gestel dat die residu baie maklik van ‘n persoon se hande verwyder kan word deurdat die hande óf gewas óf afgevee word óf dat dit deur hantering van die liggaam afgevee kan word.

Dit is gemeensaak dat die appellant vanaf die huis waar die skietery plaasgevind het, verwyder is deur ambulans assistente na die hospitaal. Dit volg dus dat die appellant fisies hanteer is op die skiettoneel, geneem is na die ambulans, daar in die ambulans gelaai is, en weer by die hospitaal uit die ambulans getel is en in die hospitaal geneem is. Daar is geen getuienis voor die Hof wat aandui hoe hy hanteer is nie, byvoorbeeld of hy aan sy hande gevat is, of selfs of daar nie byvoorbeeld bloed van sy hande gevee is nie.

Wat egter met hierdie argument uit die oog verloor word, is dat – op die weergawe van die appellant self – daar noodwendig

ontstekingsresidu op sy hande moes beland het toe die skote afgevuur was. Sy weergawe was dat hy sy hande om en bo-oor die hande van die klaagster gehad het in ‘n poging om die pistool uit haar greep te verwyder toe twee skote afgevuur is. Op die weergawe van die deskundiges sou in daardie proses ontstekingsresidu waarskynlik op die hande van die appellant beland het. Die afwesigheid van sodanige residu met die neem van die monsters is dus aanduidend daarvan dat die ontstekingsresidu van sy hande verwyder is gedurende die verloop van die periode van ongeveer 1½ ure vanaf die skietery totdat die monsters geneem is.

Derdens voer mnr. Van Heerden aan dat, op die weergawe van dr. Els, dit onwaarskynlik is dat ‘n linkshandige persoon homself in sy regteroog sal skiet in die rigting van sy linker wangbeen. Ook hierdie argument het myns insiens nie veel om die lyf nie.

Die blote feit dat die appellant linkshandig is, regverdig nie noodwendig ‘n afleiding dat hy hierdie skoot met sy linkerhand afgevuur het nie. Op sy weergawe het hy sy vuurwapen aan sy regtersy gedra, en sou dit seker nie moeilik gewees het om die wapen met sy regterhand uit die houer te haal nie.

Beide die klaagster en Kathleen het getuig dat, toe die appellant op die klaagster geskiet het hy die wapen in beide hande vasgehou het. Hy kon dus net so wel, nadat hy op die klaagster geskiet het, die wapen in sy regterhand of steeds in beide hande gehou het toe hy homself geskiet het.

In iedere geval kom dit my twyfelagtig voor of die ingangs- en uitgangswonde korrek aangegee is op die verslag van dr. Londau (bewysstuk “E”). Hierdie verslag is weliswaar by ooreenkoms voor die Hof geplaas en is die inhoud daarvan as korrek deur die verdediging erken.

Dr. Els het egter sy bedenkinge of die ingangs- en uitgangswonde korrek as sulks aangegee is, in geen onsekere taal te kenne gegee nie. Behalwe die aantekeninge op bewysstuk “E” voormeld, is daar geen ander getuienis en veral nie van enige deskundige aard dat die ingangswond inderdaad in die regteroog van die appellant geleë was nie. Dr. Els, ‘n uiters ervare patoloog en forensiese mediese praktisyn, getuig dan ook dat navorsing getoon het dat gewone klinici slegs in 15-20% gevalle positiewe of korrekte identifikasie van in- en uitgangswonde kan doen. Sou dr. Londau dus die in- en uitgangswonde verkeerdom aangedui het, sou daar duidelik nog minder, indien enige, meriete in hierdie argument gesteek het.

Laastens betoog mnr. Van Heerden dat die Landdros onvoldoende gewig geheg het aan die getuienis van mnr. Esau Thys.

Ek meen dat die Landdros heeltemal tereg “onrustig” was aangaande die geloofwaardigheid van hierdie getuie.

Eerstens het die appellant getuig dat mnr. Thys hom voor die aanvang van die verhoor, dit wil sê voordat die klaagster in die Hof a quo getuig het, meegedeel het dat die klaagster aan hom (mnr. Thys) sou gesê het dat sy hom geskiet het. Die klaagster is egter op geen stadium hiermee in kruisverhoor gekonfronteer nie. Dit is eenvoudig onwaarskynlik dat die appellant nie sy regsverteenwoordiger van hierdie “erkenning” sou ingelig het nie, en, indien hy dit wel gedoen het, sou mnr. Van Heerden beslis daardie getuienis aan die klaagster gestel het.

Dit blyk dus dat hierdie getuienis – op die appellant se weergawe – ‘n gefabriseerde nagedagte was.

Tweedens het die appellant getuig dat mnr. Thys hierdie mededeling telefonies aan hom oorgdra het. Daarteenoor getuig mnr. Thys dat hy die betrokke dag waarop die klaagster die “erkenning” aan hom gemaak het, persoonlik ‘n gesprek eers met die appellant gevoer het, daarna met die klaagster gepraat het, en, nog steeds op dieselfde dag, weer ‘n persoonlike gesprek met die appellant gevoer het waartydens hy aan die appellant sou oorgedra het wat die klaagster sou gesê het.

In teenstelling met die appellant beweer mnr. Thys dat die tersaaklike mededeling deur die klaagster aan hom gemaak is nadat die verhoor in aanvang geneem het, en nadat die klaagster getuig het. Nietemin was geen aansoek gebring dat die klaagster herroep word sodat hierdie getuienis aan haar gestel kon word nie.

Voorts vind ek dit uiters onwaarskynlik dat, nadat die klaagster vir mnr. Thys sou gesê het dat sy geskiet het, hy geensins verder navraag gedoen het hoe die skietery plaasgevind het nie.

Eweneens vind ek sy getuienis onwaarskynlik waar hy beweer dat hy en sy boesemvriend, die appellant, nooit die gebeure van die skietery in besonderhede bespreek het nie.

Mnr. Thys het homself ook weerspreek. By geleentheid het hy te kenne gegee dat, nadat die klaagster aan hom beken het dat sy geskiet het, hy daardie mededeling telefonies aan die appellant oorgedra het. Later onder kruisverhoor egter sê hy dat hy dit tydens ‘n kontak besoek aan die appellant oorgedra het.

Uit hoofde van die voorgaande is ek daarvan oortuig dat die Landdros tereg die weergawe van die appellant as nie redelik moontlik waar verwerp het, en bevind het dat die Staat die skuld van die appellant bo redelike twyfel bewys het.

Die appél teen skuldigbevinding kan dus nie slaag nie.

Wat vonnis aanbetref steun adv. Van Heerden nie op enige beweerde mistasting wat die Landdros sou begaan het nie, maar doen hy aan die hand dat die vonnis die appellant opgelê skokkend swaar en onvanpas is.

Hy betoog dat die Landdros meer gewig moes geheg het aan die gunstige persoonlike omstandighede van die appellant, die feit dat hy so emosioneel onstabiel was dat hy sy eie lewe wou neem, en dat hy die gebruik van sy een oog verloor het wat op sigself ‘n swaar straf is.

Uit die uitspraak op vonnis blyk dit dat die Landdros al die voormelde faktore asook die inhoud van die maatskaplike – en mediese verslae wat voor die Hof geplaas is, behoorlik in ag geneem en oorweeg het. Dit blyk verder dat die Landdros alle ander faktore en omstandighede toepaslik by die oorweging van vonnis behoorlik in ag geneem en oorweeg het.

Benewens die voorgaande, het die Landdros ook met erns oorweging gegee aan ‘n sogenaamde korrektiewe toesig vonnis kragtens art. 276(1)(h) en (i) van die Strafproseswet, nr. 51 van 1977, maar tot die oorwoë gevolgtrekking gekom dat dit nie ‘n gepaste vonnis sou wees nie. Die wyse waarop die Landdros sy diskresie hieraangaande uitgeoefen het, is myns insiens regtens onaanvegbaar.

Die vraag hierin ter sake is nie of hierdie Hof ‘n ander vonnis sou oplê as dié opgelê deur die Verhoorhof nie, maar wel of die Verhoorhof sy diskresie behoorlik en regtens verantwoord uitgeoefen het. Vonnisoplegging berus by uitstek in die diskresie van die Verhoorhof, en daarmee kan slegs deur ‘n Hof van Appél ingemeng word indien dit sou blyk dat die Verhoorhof hom- of haarself wanvoorgelig het, of, soos dit soms gestel word, ‘n mistasting begaan het, of indien die vonnis sodanig onvanpas is dat bevind kan word dat geen redelike Hof so ‘n vonnis sou oplê nie, of, anders gestel, die opgelegde vonnis ‘n gevoel van skok verwek.

Scott AR stel dit as volg in S v Kgosimore, 1999 (2) SASV 238 (A) te 241 e tot g:

“It is trite law that sentence is a matter for the discretion of the court burdened with the task of imposing the sentence. Various tests have been formulated as to when a Court of appeal may interfere. These include whether the reasoning of the trial court is vitiated by misdirection or whether the sentence imposed can be said to be startingly inappropriate or to induce a sense of shock or whether there is a striking disparity between the sentence imposed and the sentence the Court of appeal would have imposed. All these formulations, however, are aimed at determining the same thing; viz whether there was proper and reasonable exercise of the discretion bestowed upon the court imposing sentence. In the ultimate analysis this is the true inquiry. Either the discretion was properly and reasonably exercised or it was not. If it was, a Court of appeal has no power to interfere; if it was not, it is free to do so.”

Dieselfde toets geld ook by die oorweging van die vraag naamlik of ‘n sogenaamde korrektiewe vonnis nie ‘n appellant opgelê moes gewees het nie.

Sien hieraangaande S v R, 1993 (1) SA 476 (A) te 485 H tot I:

“Dit beteken nie dat dit hierdie Hof vrystaan om die bestaande vonnis te vervang deur een van korrektiewe toesig bloot omdat dit veroorloof is en geskikter geag word nie. Die geykte benadering tot ingryping met vonnis geld nadruklik steeds.:

Die volgende aanhaling uit S v W, 1995 (1) SASV 606 (A) is myns insiens ook in casu toepaslik:

“Namens die appellant is egter betoog dat die Hof a quo net sydelings verwys het na korrektiewe toesig sonder om behoorlik daarop in te gaan. Gevolglik, so is betoog, is inmenging geregverdig. Dit is gemene saak dat korrektiewe toesig as vonnisopsie in die Hof a quo geopper en gedebatteer is. Daar is geen rede om te glo dat dit nie behoorlike aandag en oorweging geniet het nie. Die Hof a quo het egter tot die slotsom geraak dat dit nie ‘n gepaste vonnis in al die omstandighede is nie. Ek is nie oortuig dat daar gefouteer is nie. Maar selfs al sou ons korrektiewe vonnis as ‘n geskikter vonnis beskou, sou dit ons nogtans nie vrystaan om die bestaande vonnis daarmee te vervang nie by onstentenis van een van die aanvaarde gronde vir inmenging.

(Te 609 e tot g).

Sien verder S v Dimpane, 1996 (2) SASV 165 (O) te 170 g tot h.

Ek meen die advokate is korrek naamlik dat nie gesê kan word dat die Landdros homself in enige opsig wanvoorgelig het nie.

Na my mening kan ook nie gesê word dat die opgelegde vonnis skokkend onvanpas is nie.

Teen die persoonlike omstandighede van die appellant, waaronder dat hy ‘n algehele eerste oortreder was, ‘n vaste betrekking beklee het, en ‘n gesin het wat van hom vir onderhoud afhanklik is, moet noodwendig, soos die Landdros gedoen het, die gemeenskapsbelang en die erns van die oortreding opgeweeg word.

Hieraangaande het die Landdros tereg die toename van hierdie tipe geweldsmisdade waaraan die gemeenskap uitgelewer is, in ag geneem, asook die toenemende blootstelling van vroue aan hierdie tipe geweld. Die Landdros was dus heeltemal geregverdig om die element van afskrikking in die vonnis te weerspieël.

Die misdaad self was uiters ernstig van aard. Die appellant het ‘n dodelik gevaarlike vuurwapen op die klaagster gerig en haar, terwyl sy totaal weerloos was en gepoog het om van sy aggressie te ontvlug, op ‘n kort afstand geskiet op ‘n deel van haar liggaam waar so ‘n skietwond normaalweg noodlottige gevolge sou hê. Dat die klaagster die aanval oorleef het, is merkwaardig. Na my mening verdien hierdie oortreding ‘n swaar vonnis.

Vervolgens word die volgende bevel hierin verleen:

Die appél word afgewys.

___

HJ Lacock

REGTER

Ek stem saam.

CC Williams

Namens appellant: Adv CF Van Heerden (i.o.v. Potgieter & Vennote)

Namens respondent: Adv DP Olivier

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Kgosimore, 1999 (2) SASV 238 (A)

Case cited

S v R, 1993 (1) SA 476 (A)

Case cited

S v W, 1995 (1) SASV 606 (A)

Case cited

S v Dimpane, 1996 (2) SASV 165 (O)

Case cited

Criminal Procedure Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.