S v Nomo (CA&R /200) [2006] ZANCHC 42 (18 August 2006)
- Citation
- [2006] ZANCHC 42
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- C C Williams, Van Zyl
- Case number
- CA&R /200
More details
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- C C Williams, Van Zyl
- Case number
- CA&R /200
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The appellate court found no merit in the appeal against conviction, holding that the circumstantial evidence overwhelmingly pointed to the appellant's knowledge and participation in the thefts. His possession of the stolen vehicle and cellphone so soon after their theft, his implausible explanation, and his attempt to flee when confronted by police, all supported the trial court's findings. The court further held that the sentences imposed were appropriate, given the seriousness of the offences, the prevalence of cross-border vehicle theft, and the limited prospects of recovery for victims. The appellant's personal circumstances did not outweigh the gravity of the crimes. Accordingly, both the convictions and sentences were upheld.
Court disposition
Appeal against convictions and sentences dismissed.
Orders
- The appeal against the convictions and sentences is dismissed.
02
Material facts
Parties
Albert Nomo
Appellant Counsel: Adv. CloeteThe State
Respondent Counsel: Adv. MashalaneAmounts and remedies
- Sentence for Attempted Theft (count 3): ZAR 3
- Sentence for Theft of Cellphone (count 4): ZAR 1
- Sentence for Theft of Vehicle (count 6): ZAR 6
- Effective Total Sentence: ZAR 9
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the appellant's convictions for attempted theft, theft, and unlawful possession of a firearm were justified on the evidence.
- 02
Whether the sentences imposed by the trial court were appropriate and within the bounds of judicial discretion.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that he was unaware the vehicle in his possession was stolen, claiming he was asked by a third party to drive it to Lesotho after being stranded in Bloemfontein. He denied any involvement in the thefts and challenged the reliability of the evidence linking him to the crimes, including the shoeprint comparison and the possession of the stolen cellphone.
- Respondent
- The respondent contended that the appellant's version was highly improbable and contradicted by the circumstantial evidence, including his possession of the stolen vehicle and cellphone shortly after the thefts, and his attempt to flee when confronted by police. The State argued that the trial court correctly rejected the appellant's explanation and that the sentences imposed were appropriate given the seriousness of the offences and the prevalence of vehicle theft syndicates.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Rabie 1975 (4) SA 855 (A)
Sentencing is within the discretion of the trial court and will not be interfered with on appeal unless the discretion was not exercised reasonably or the sentence is shockingly inappropriate.
- 02
S v Mavinini 2009 (1) SACR 523 (SCA)
Theft is a continuing offence and possession of stolen goods shortly after the theft, coupled with a false explanation, supports a conviction for theft.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The appellate court found no merit in the appeal against conviction, holding that the circumstantial evidence overwhelmingly pointed to the appellant's knowledge and participation in the thefts. His possession of the stolen vehicle and cellphone so soon after their theft, his implausible explanation, and his attempt to flee when confronted by police, all supported the trial court's findings. The court further held that the sentences imposed were appropriate, given the seriousness of the offences, the prevalence of cross-border vehicle theft, and the limited prospects of recovery for victims. The appellant's personal circumstances did not outweigh the gravity of the crimes. Accordingly, both the convictions and sentences were upheld.
Obiter and limits
- The court noted the increasing prevalence of vehicle theft syndicates operating across borders and the difficulty in recovering stolen property once it leaves the country.
- The appellant's personal circumstances, while favourable, were insufficient to mitigate the seriousness and impact of the offences committed.
Court disposition
Appeal against convictions and sentences dismissed.
- The appeal against the convictions and sentences is dismissed.
Source and reliance status
Northern Cape High Court, Kimberley
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Northern Cape High Court, Kimberley
Judgment
VERSLAGWAARDIG JA/NEE
SIRKULEER ONDER REGTERS JA/NEE
SIRKULEER ONDER LANDDROSTE JA/NEE
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK NO.: CA&R /200
DATUM GELEWER:18-08-2006
In die Appél van:
ALBERT
NOMO APPELLANT
teen
DIE
STAAT RESPONDENT
CORAM: C C WILLIAMS R et VAN ZYL R:
UITSPRAAK
WILLIAMS R:
1. Die appellant het in die Streekhof te Kimberley tereg gestaan op sewe aanklagte, te wete aanklagte 1, 3, 4, 6 en 7 â diefstal, aanklag 2 - poging tot roof en aanklag 5 â onwettige besit van ân vuurwapen. Ten spyte van sy pleit van onskuldig op al die aanklagte is hy op 25 Augustus 2003 skuldig bevind ten opsigte van aanklag 3 aan poging tot diefstal en aanklagte 4 en 6 soos aangekla.
2. Op dieselfde dag is die appellant gevonnis tot 3 jaar gevangenisstraf vir die poging tot diefstal van ŠToyota Hilux voertuig (aanklag 3), 1 jaar gevangenisstraf vir die diefstal van ŠNokia selfoon (aanklag 4) en 6 jaar gevangenisstraf vir die diefstal van ŠToyota Hilux Raider voertuig (aanklag 6). Die verhoorhof het gelas dat die vonnis op aanklag 4 samelopend uitgedien word met die vonnis op aanklag 3 en is die appellant dus effektiewelik 9 jaar gevangenisstraf opgelê.
3. Die appellant kom nou in hoër beroep teen die skuldigbevindings en vonnisse hom opgelê.
4. Die drie aanklagte waaraan die appellant skuldig bevind is, is nou verbind en word bes in samehang hanteer.
5. Gedurende die nag van 20 Julie 2002 het mnr. Jannie Coetzee wakker geword en gehoor dat daar ân voertuig op sy werf, in die Hopetown distrik, aangeskakel word. Toe hy gaan ondersoek instel het hy ontdek dat sy voertuig, ân Toyota Hilux bakkie ongeveer 100 meter van waar dit oorspronklik parkeer was gestaan en luier het. Sy vader se bakkie wat ook op die perseel geparkeer was, was besig om te luier en net-net aan die beweeg. Toe Coetzee nader hardloop het twee mense uit sy vader se voertuig gespring en weggehardloop. Sy eie voertuig, wat ook net daar gelaat is se deurslot en aanskakelaar was beskadig en sy Nokia selfoon wat hy vroeër binne sy voertuig gelaat het was weg.
6. Gedurende Saterdagnag, 21 Julie 2002, is mnr. Hermanus Nel se Toyota Hilux Raider bakkie vanuit sy erf in die Hopetown distrik gesteel. Hierdie voertuig is die volgende dag op die Maserubrug, by die Lesothogrens, deur die grenspolisie voorgekeer, waar dit op daardie stadium Å Lesotho nommerplaat en lisensieskyf opgehad het.
7. Inspekteur Tsolo, wat aan diens was by die grenspos, het onraad vermoed toe hy agterkom dat die aanskakelaar van die voertuig stukkend was en het toe die voertuig deursoek. Onder andere is gevind ân Nokia selfoon, wat later sou blyk Coetzee se selfoon te wees wat vanuit sy bakkie gesteel is. Die appellant, wat die bestuurder en enigste insittende van die voertuig was, het probeer weghardloop toe Tsolo die enjin en onderstelnommers van die voertuig wou toets om te sien of dit nie moontlik ân gesteelde voertuig was nie.
8. Toe dit wel so bevestig is, is daar benewens die voertuig en selfoon ook beslag gelê op die skoene van die appellant. Hierdie skoene is later vergelyk met voetspore wat gevind is in Nel se erf. Inspekteur Bekker, Šhondemeester wat opgelei is in reprodusering van spore met behulp van gips, het gevind dat die spore soortgelyk is in grootte en patroon asook Šsoortgelyke afloopatroon het as die skoene gevind by die appellant.
9. Die appellant, ân Lesotho burger, se weergawe is dat hy deur sy werkgewer, wat ân paneelklopperbesigheid het, gestuur is Bloemfontein toe om geld te kollekteer by ân kliënt. Die kliënt het egter nie op die afgespreekte tyd en plek, ân taxistaanplek opgedaag nie. Å Persoon met die naam van Thabiso Koo, Å taxieienaar, ook van Lesotho, het egter daar aangekom en iemand gesoek om teen vergoeding een van sy voertuie (Coetzee se bakkie) te bestuur na Maseru, aangesien sy bestuurder siek was. Die appellant het, aangesien die kliënt nie opgedaag het nie en hy daar in die steek gelaat is sonder geld, ingestem om die voertuig Maseru toe te bestuur.
10. Die appellant se getuienis is dat hy nie geweet het dat dit ân gesteelde voertuig was nie. Hy het wel opgemerk dat die voertuig se aanskakelaar stukkend was en dat dit met drade aangeskakel moes word. Hy was egter tevrede met Thabiso Koo se verduideliking dat die voertuig in daardie toestand was omdat daar ân poging was om die voertuig van hom te steel en dat hy dit in Lesotho sou laat herstel. Verder het die appellant ook ontken dat hy ooit op Hopetown was en dat dit sy skoene was waarop beslag gelê is en wat gebruik is om te vergelyk met die spore op Nel se erf. Hy het ook ontken, ten spyte van Inspekteur Tsolo se getuienis dat hy die selfoon in die appellant se teenwoordigheid in die voertuig gevind het, dat hy enige kennis het van waar die selfoon gevind is.
11. Die verhoorhof het die appellant se weergawe verwerp as hoogs onwaarskynlik en leuenagtig. As daar na die getuienis in die geheel gekyk word kan daar na my mening nie fout gevind word met hierdie bevinding nie. Nie net is dit hoogs toevallig dat die appellant, ân Lesotho burger, in die steek gelaat word deur ân kliënt op die Bloemfontein taxistaanplek en dan verskyn daar tot sy redding ook ân Lesotho burger wat hom die geleentheid gee om teen vergoeding ân voertuig Lesotho toe te neem nie. Daar is boonop getuienis dat die appellant op ân vorige geleentheid, op 12 Oktober 2001, op die Prieskapad in die nabyheid van ân gesteelde voertuig gevind is terwyl hy oningevulde Lesotho lisensieskywe in sy besit gehad het.
12. Die geleentheid waar die appellant gearresteer is op die Prieskapad het betrekking op aanklag 1, diefstal van ân Ford Courier bakkie, waarop hy onskuldig bevind is. Dit is egter insiggewend dat dieselfde persoon etlike maande later in besit gevind is van ân gesteelde voertuig met ân vervalste Lesotho lisensieskyf op.
13. Alhoewel daar nie direkte getuienis is teen die appellant wat die drie onderhawige aanklagte betref nie is hy slegs twintig uur na Nel se voertuig gesteel is in besit daarvan gevind sowel as Coetzee se selfoon wat kort voor dit gesteel is uit sy voertuig en is die appellant se verduideliking van sy besit van die goedere ooglopend vals. Diefstal is in elk geval ân voortdurende misdryf en duur voort solank as wat die goedere nog in besit is van die dief, ân persoon wat deelgeneem het aan die diefstal of iemand wat namens so ân persoon optree. Die appellant se reaksie toe Inspekteur Tsolo die voertuig se besonderhede wou nagaan en die feit dat die voertuig deur middel van drade aangeskakel moes word, kan geen twyfel laat dat die appellant deeglik bewus moes wees daarvan dat die voertuig gesteel was selfs al het hy nie self die diefstal gepleeg nie.
14. Daar is na my mening geen meriete in die appél teen die skuldigbevindings nie.
15. Wat die appèl teen vonnis aanbetref is dit geykte reg dat vonnisoplegging binne die diskresie van die verhoorhof lê en sal daar nie mee ingemeng word op appèl tensy dit blyk dat die diskresie nie redelikerwys uitgeoefen is nie, of die vonnis onvanpas of skokkend swaar is.
16. In casu is dit so dat die appellant gunstige persoonlike omstandighede toon deurdat hy op 39 jarige ouderdom ân eerste oortreder is, ân vaste werk by ân paneelklopperbesigheid gehad het, getroud is en drie kinders het om te onderhou. Aan die anderkant egter is die misdrywe waaraan hy skuldig bevind is ernstig van aard. Hierdie tipe misdrywe kom ook al hoe meer algemeen voor en moet daar ân stok voor gesit word. Die afleiding is onvermydelik dat die appellant deel is van ân sindikaat wat goedere, veral voertuie, hier kom steel en oor die grens neem Lesotho toe. Die kanse om gesteelde goedere wat oor die grens geneem is terug te vind is maar uiters gering en is die skade wat hierdeur veroorsaak word onomkeerbaar.
17. Hierdie is Å geval waar die aard en erns van die misdryf die gunstige persoonlike omstandighede van die appellant totaal oorskadu en is die opgelegde vonnis na my mening heeltemal vanpas.
In die omstandighede word die volgende bevel gemaak.
Die appèl teen die skuldigbevindings en vonnisse opgelê word van die hand gewys.
________
C
C WILLIAMS
REGTER
Ek stem saam.
VAN
ZYL
WAARNEMENDE REGTER
Nms. Appellant: Adv. Cloete
Regshulpraad
Nms. Respondent: Adv. Mashalane
Kantoor van die Direkteur van Openbare Vervolgings, Noord-Kaap
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.