S v Nqumashe (CA&R 35/01) [2001] ZANCHC 8; [2001] 4 All SA 471 (NC); 2001 (2) SACR 310 (NC) (11 May 2001)
- Citation
- [2001] ZANCHC 8
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- Majiedt R
- Case number
- CA&R 35/01
More details
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- Majiedt R
- Case number
- CA&R 35/01
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court held that an order revoking bail under section 68 of the Criminal Procedure Act is appealable and that the right of appeal is automatic. The revocation of bail, like the refusal of bail, results in the deprivation of liberty and should be subject to the same principles. The court found that the State had discharged its burden of proof on a balance of probabilities, presenting credible evidence through Captain Lourens, who acted promptly and seriously upon receiving information from an informer about a plot to murder a key witness. The appellant's denials and explanations were found to be unconvincing, and the magistrate was justified in rejecting his evidence. The urgency, credibility, and corroboration of the State's version outweighed the appellant's contentions. Accordingly, the appeal was dismissed, and the revocation of bail was upheld.
Court disposition
Appeal dismissed. The magistrate's order revoking the appellant's bail is confirmed.
Orders
- The appeal is dismissed.
- The order revoking the appellant's bail is confirmed.
02
Material facts
Parties
Peter Nqumashe
Appellant Counsel: M.H. RobertsonThe State
Respondent Counsel: E. Van DykAmounts and remedies
- Original Bail Amount: ZAR 10,000
- Alleged Reward for Hitman: ZAR 10,000
- Alleged Amount Stolen in Robbery: ZAR 370,000
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against the Revocation of Bail by the Regional Magistrate Under Section 68 of the Criminal Procedure Act.
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Is an order revoking bail under section 68 of the Criminal Procedure Act appealable?
- 02
Did the State discharge the burden of proof to justify revocation of the appellant's bail?
- 03
Was the magistrate correct in rejecting the appellant's evidence and accepting the State's version based on hearsay and informer evidence?
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that the magistrate erred in finding that the State had proved on a balance of probabilities that grounds existed for revoking bail, and further erred by rejecting the appellant's evidence. The appellant contended that the allegations against him were based on hearsay from an unidentified informer, making it extremely difficult to refute. He denied any involvement in a conspiracy to harm the key witness and challenged the credibility of the State's evidence.
- Respondent
- The respondent maintained that the revocation of bail is appealable and that the State had met the required burden of proof. The State relied on the testimony of Captain Lourens, who received credible information from an informer about a plot involving the appellant to murder a key witness. The respondent argued that the urgency and seriousness of the information, corroborated by the circumstances and the appellant's own admissions, justified the magistrate's decision to revoke bail.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Kyriacou 2000(2) SACR 704 (O); S v Ndjadayi 1995(2) SACR 583 (E)
Revocation of bail under section 68 of the Criminal Procedure Act is appealable, and the right of appeal is automatic.
- 02
Du Toit et al: Commentary on the Criminal Procedure Act, at 9-48
The State bears the burden to prove on a balance of probabilities that grounds exist for revocation of bail.
- 03
S v Tshabalala 1998(2) SACR 259 (W); S v Yanta 2000(1) SACR 237 (TkH)
Hearsay evidence is admissible in bail proceedings.
- 04
Els v Minister of Safety & Security 1998(2) SACR 93 (NC)
The identity of informers may be withheld for reasons of public policy.
- 05
S v Barber 1979(4) SA 218 (D); S v Kyriacou (SCA, unreported, 15 January 2001)
An appellate court may only overturn the lower court's decision if convinced it is wrong.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court held that an order revoking bail under section 68 of the Criminal Procedure Act is appealable and that the right of appeal is automatic. The revocation of bail, like the refusal of bail, results in the deprivation of liberty and should be subject to the same principles. The court found that the State had discharged its burden of proof on a balance of probabilities, presenting credible evidence through Captain Lourens, who acted promptly and seriously upon receiving information from an informer about a plot to murder a key witness. The appellant's denials and explanations were found to be unconvincing, and the magistrate was justified in rejecting his evidence. The urgency, credibility, and corroboration of the State's version outweighed the appellant's contentions. Accordingly, the appeal was dismissed, and the revocation of bail was upheld.
Obiter and limits
- The court noted the lack of reported decisions on section 68 in its current form and the evolving constitutional context since the enactment of the interim and current Constitutions.
- The court emphasized that the freedom of movement of an accused person is paramount in the constitutional era, and any deprivation thereof must be justified by the interests of justice.
- The court contrasted the facts of this case with Maqungu v Assistant Magistrate Whittlesea 1977(2) SA 359 (E), highlighting the credibility and urgency of the police action in the present matter.
Court disposition
Appeal dismissed. The magistrate's order revoking the appellant's bail is confirmed.
- The appeal is dismissed.
- The order revoking the appellant's bail is confirmed.
Source and reliance status
Northern Cape High Court, Kimberley
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Northern Cape High Court, Kimberley
Judgment
VERSLAGWAARDIG JA/NEE
SIRKULEER ONDER REGTERS JA/NEE
SIRKULEER ONDER LANDDROSTE JA/NEE
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE AFDELING)
KIMBERLEY
SAAKNO.:CA&R 35/01
DATUM: 11/05/2001
Uitspraak op Appèl:
PETERSON
NQUMASHE APPELLANT
teen
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM: Majiedt
R
U
I T S P R A A K
1. Die Appellant kom in hoër beroep teen die intrekking van sy borg ingevolge artikel 68 van die Strafproseswet, 51 van 1977 (âdie Wetâ).
2. Op 10 Oktober 2000 is die Appellant vrygelaat op borgtog van R10 000.00.
Hy is een van sewe beskuldigdes wat tereg staan op ân aanklag van roof met verswarende omstandighede waar ân bedrag van R370 000.00 kontant en twee vuurwapens na bewering buitgemaak is. Hierdie borgtog is toegestaan by ooreenkoms tussen die Appellant se prokureur en ân Staatsadvokaat verbonde aan die Kantoor van die Direkteur van Openbare Vervolgings, d.w.s. op ân onbestrede basis.
3. Behalwe die gewone voorwaardes is daar verder ân spesifieke voorwaarde toegevoeg by die toestaan van borg aan die Appellant, naamlik dat hy nie met enige Staatsgetuies, en meer bepaald ene Wilfred Zumani (ook bekend as âSaleâ) in kontak moet kom nie. Hierdie getuie, Zumani, is klaarblyklik ân sleutelgetuie in die komende verhoor en word in die vooruitsig gestel dat hy ingevolge die bepalings van artikel 204 van die Wet getuienis sal lewer in sodanige verhoor.
Die Appellant het op vrye voet verkeer tot en met 10 Januarie 2001 toe hy op ân lasbrief gearresteer is. Daarna het die Staat ân aansoek gebring in die Streekhof te Upington ingevolge artikel 68 van die Wet vir die intrekking van die Appellant se borg.
Na aanhoor van die getuienis van kaptein Lourens namens die Staat en die Appellant self, het die Streekslanddros die aansoek toegestaan en die Appellant se borg ingetrek op 19 Februarie 2001.
Die gronde van appél soos uiteengesit in die Kennisgewing van Appél is dat die landdros gefouteer het deur te bevind dat die Staat op ân oorwig van waarskynlikhede bewys het dat daar gronde bestaan vir die intrekking van Appellant se borgtog en dat die landdros verder ook gefouteer het deur nie die Appellant se getuienis te aanvaar nie.
Nadat ek die betoë hierin aangehoor het, het ek mnr. Robertson namens die Appellant en me. Van Dyk namens die Staat versoek om aanvullende betoogshoofde aan my voor te lê oor die vraag of ân bevel van intrekking van borgtog ingevolge artikel 68 van die Wet wel appellabel is en, indien wel, of sodanige appél outomaties lê en of verlof daartoe nodig is. Ek is die regsverteenwoordigers dank verskuldig vir hul behulpsame betoë in dié verband.
Dit het my opgeval toe ek aanvanklik die uitspraak begin voorberei het dat daar weinig gerapporteerde beslissings oor artikel 68 in sy huidige vorm bestaan en nog minder oor appélle teen ân bevel uitgevaardig ingevolge daardie artikel. Verder neem Kriegler R in sy gesaghebbende werk, Hiemstra: Suid Afrikaanse Strafproses, 5e uitgawe , die houding in dat intrekking van borgtog ingevolge artikel 68 nie appellabel is nie (sien bl. 160 en bl. 161 daarvan).
Ek haas my om daarop te wys dat hierdie standpunt uiteraard die geleerde outeur se benadering soos gedurende 1993 weerspieël â sedertdien is die betrokke artikel twee keer gewysig (deur artikel 10 van Wet 75 van 1995 en deur artikel 6 van Wet 85 van 1997). Belangriker nog â ons het sedertdien ân tussentydse grondwet in 1993 en die huidige grondwet in 1996 op die Wetboek bekom, wat die situasie ingrypend verander het, soos ek tegelegenertyd sal aantoon. Vir dié redes het ek verdere skriftelike betoë aangevra oor dié aspek.
Die beslissings wat die regsverteenwoordigers aangehaal het in hul aanvullende betoogshoofde handel sonder uitsondering met ander aspekte as dié onder bespreking, alhoewel hulle in ân meerdere of mindere mate indirek van nut kan wees in die beregting van die appél op sy meriete.
In S v Pienaar 1992(1) SASV 178(W) en
S v Maki en andere 1994(2) SASV 630(O),
aangehaal deur mnr. Robertson het dit gehandel oor die voorlegging van getuienis by wyse van eedsverklarings.
In S v Ndjadayi 1995(2) SASV 583 (OK) ook aangehaal deur mnr. Robertson, was die vraag of daar ân appél is teen die weiering van borgtog waar die Hooggeregshof die Hof van eerste instansie is â daar is bevind dat daar wel só ân appél bestaan, maar slegs met verlof van daardie Hof. Ek sal aanstons terugkeer na hierdie beslissing.
Mnr. Robertson het in sy aanvullende betoogshoofde aangedui dat hy nie voor die streekslanddros aansoek gedoen het om verlof om te appelleer teen die intrekking van die borgtog nie, omdat die streekslanddros by ân vorige geleentheid aangedui het dat verlof nie nodig was nie en dat daar gesag bestaan in hierdie Afdeling van die Hooggeregshof tot dien effekte.
Die voormelde submissie en mededeling is onjuis in soverre:
die vorige geleentheid waarna mnr. Robertson verwys, gegaan het oor die weiering van borgtog en
die gesag waarna die streekslanddros verwys, het gegaan oor verlof om te appelleer teen die weiering van borgtog â S v Nora Mazibuko; ongerapporteerd, Noord-Kaapse Afdeling, saaknr. CA&R 157/99.
In daardie saak het Steenkamp RP bevind dat ân beskuldigde ân outomatiese reg van appél het teen die weiering van borgtog en dat artikel 65(1) van die Wet nie onderworpe is aan die bepalings van artikel 309B van die Wet nie.
In S v Maseko & others 2000(1) SASV 251 (OK), aangehaal deur mnr. Robertson, is insgelyks tot dieselfde bevinding gekom.
Sien ook: S v Mohammed 1999(2) SASV 507(K) te 536f;
S v Potgieter 2000(1) SASV 578(W) te 585 c-d.
Artikel 65 van die Wet skep ân appél teen die weiering van borgtog of teen die oplegging van ân bepaalde borgvoorwaarde/s.
Opvallend egter is dat dit nie melding maak van die intrekking van borgtog nie. Hiemstra te 160 soos alreeds gesê, huldig die standpunt dat geen appél teen die intrekking van borg bestaan nie en dat die sake wat anders beslis het (met verwysing na artikel 68 se voorganger, artikel 104 van Wet 56 van 1955) verkeerd beslis is.
In S v Kyriacou, ongerapporteerde uitspraak van die Hoogste Hof van Appèl, saaknr. 535/2000 gelewer op 15 Januarie 2001, het die Hof in ân appèl teen intrekking van borgtog deur die Vrystaatse Afdeling van die Hooggeregshof â . . . veronderstel, sonder om te beslis dat die bevel van die Hof a quo wel appelleerbaar isâ (per Vivier AR te bl. 5.). Die beslissing van die Hof a quo is gerapporteer;
Sien: S v Kyriacou 2000(2) SASV 704(O).
Ek sal later meer breedvoerig verwys na laasvermelde beslissing.
In S v Mohammed 1977(2) SA 531 (A) te 541A, is beslis dat die weiering of intrekking van borgtog waar die Hooggeregshof die Hof van eerste instansie is, nie appelleerbaar is nie.
Lombaard R het in die Kyriacou-saak (a quo) beslis dat borgverrigtinge sivielregtelik van aard is en dat ân beslissing van die Hooggeregshof as Hof van eerste instansie wel appelleerbaar is, mits die nodige verlof toegestaan is. Vir hierdie beslissing steun die geleerde Regter op die Pienaar -, Maki â en
Ndjadayi sake hierbo aangehaal.
In S v Ramokhosi 1999(1) SASV 487 (HHA) te 500f-g is die vraag of borgverrigtinge wel ân siviele aangeleentheid is, oopgelaat.
Soos blyk uit die voorafgaande, kon ek geen gesag vind in die tyd tot my beskikking dat ân bevel ingevolge artikel 68 van die Wet waarvolgens ân laer Hof ân beskuldigde se borgtog intrek wel appelleerbaar is nie. Ek is dit egter eens met beide mnr. Robertson en me. Van Dyk dat dit wel, anders as die mening voorgehou in Hiemstra, appelleerbaar is en verder dat sodanige reg van appèl outomaties is. Ek kom tot hierdie bevinding omrede:-
Die intrekking van borgtog het, soos die weiering van borgtog, die effek dat ân individu se vryheid van hom/haar ontneem word. Só beskou, behoort dieselfde gevestigde beginsels tog te geld by die oorweging van die intrekking van borgtog as wat sou geld by die weiering van borgtog.
Sien: S v Kyriacou 2000(2) SASV 704(O) te 711b.
Daar is na my mening geen rede waarom ân beskuldigde wie se borgtog ingetrek is ingevolge die bepalings vervat in artikel 68, in ân swakker posisie moet wees as ân beskuldigde aan wie borgtog geweier is nie.
Ter illustrasie:- in hierdie strafsaak het een van die Appellant se medebeskuldigdes, ene Sago wat beskuldigde 1 tydens die verhoor sal wees, hom na hierdie Hof gewend op appèl (weliswaar onsuksesvol) teen die weiering van sy aansoek om borgtog deur die Streekhof. Die Appellant, aan die ander kant, is by ooreenkoms met die Staat, op sekere voorwaardes vrygelaat op borgtog.
Om welke rede behoort die daaropvolgende ontneming van sy vryheid anders behandel te word as dié van sy medebeskuldigde, Sago, wanneer dit kom by appèl prosedures?
Verder is ek ook die mening toegedaan dat in ons huidige grondwetlike bedeling die vryheid van beweging van ân individu (ook een wat beskuldig word van regsweë van die pleging van ân misdryf) vooropgestel word â tensy die belange van die regspleging anders vereis, is dit van deurslaggewende belang dat ân beskuldigde todat hy skuldig bevind is, sy vryheid geniet.
Sien Jennet R se opmerkings in S v Ndjadayi (supra) te 584g-i).
Na my mening dus is die siening voorgehou in Hiemstra verkeerd en is daar wel ân outomatiese reg van appèl teen die intrekking van borgtog deur die laer Hof.
Ek wend my nou na die meriete van die appèl. Kaptein Lourens, wat namens die Staat getuig het, se getuienis kom daarop neer dat hy informasie ontvang het vanaf ân beriggewer (wie se identiteit hy verkies het om nie te openbaar nie) dat die Appellant en een van sy medebeskuldigdes (Sago, na wie vroeër verwys is) besig was om saam te sweer om ân sleutelgetuie, Sale, te vermoor. Volgens dié inligting sou daar in die proses van ân middelman, ene Alfie, gebruik gemaak word. Volgens dié informasie was alle reëlings reeds in plek en het slegs die sluipmoordenaar se vergoeding te wete R10 000 kontant en ân minibus, kortgekom.
Die Appellant het hierdie bewerings heftig ontken, maar die landdros het sy getuienis verwerp â meer daaroor later.
Die Staat dra die bewyslas om op n oorwig van waarskynlikhede te bewys dat daar gronde bestaan vir die intrekking van die beskuldigde se borgtog ingevolge hierdie artikel;
Sien: Du Toit et al: Commentary on the Criminal Procedure Act, te 9-48.
Die kernvraag is of sodanige bewyslas gekwyt is deur aan te toon dat dit in die belang van geregtigheid is om die Appellant se borgtog in te trek. In S v Kyriacou (Hoogste Hof van Appèl) te bl. 10 sê Vivier AR:-
âIn die konteks waarin (âdie belang van geregtigheidâ) in art 68 gebruik word, behels dit ân waarde-oordeel van wat reg en billik is vir al die betrokkenes na ân opweging van alle relevante faktore ten gunste van en teen die intrekking van borgtog.â
Dit is nou reeds gevestigde reg dat hoorsê getuienis toelaatbaar is in borgverrigtinge;
Sien: S v Tshabalala 1998(2) SASV 259(K) te 265;
S v Yanta 2000(1) SASV 237(TkH) te 245i-246h.
Die beginsel dat die identiteit van beriggewers vir redes van openbare beleid nie geopenbaar word nie staan eweneens vas in ons reg:
Sien: Els v Minister of Safety & Security 1998(2) SASV 93 (NK) te 98d-101f, en sake daar aangehaal.
Die benadering wat ek moet volg as ân Hof van Appèl ten aansien van die bevel van die landdros waarkragtens die Appellant se borg ingetrek is, is myns insiens soortgelyk as dié vervat in artikel 65(4) van die Wet, naamlik dat ek slegs die landdros se beslissing tersyde kan stel indien ek oortuig is dat sodanige beslissing verkeerd is;
Sien: S v Barber 1979(4) SA 218(D) te 220E-H;
S v Kyriacou (Hoogste Hof van Appèl, supra) te bl. 11.
21. Mnr. Robertson het submitteer dat dit ontsettend moeilik was vir die Appellant om te handel met beweringe wat nie net op hoorsê gebaseer is nie, maar ook afkomstig is (tweedehands) vanaf ân ongeïdentifiseerde beriggewer. Hy is heeltemal korrek met daardie submissie. Feit van die saak is egter dat die Appellant op daardie aspekte waarmee hy wel kon handel, bv. of hy wel vir Alfie ken en die redes waarom die polisie hom sou uitkies in hul komplot om sy borgtog ingetrek te kry, droefgeestig gevaar het in sy getuienis. Ek is van mening dat die landdros heeltemal tereg sy getuienis verwerp het.
Die volgende aspekte in kaptein Lourens se getuienis
(wat die landdros heeltemal tereg na my mening aanvaar het) swaai die skaal net genoegsaam oor in die guns van die Staat op die waarskynlikhede:-
Lourens het nie bloot die mededelings van sy kollega van wie hy van die beriggewer se informasie te hore gekom het, aanvaar nie, maar het die moeite gedoen om self met die beriggewer ân onderhoud te voer ter bevestiging van die informasie.
Lourens is ân ervare polisie-offisier wat self ook deel was van die ondersoek na die saak.
Die inligting blyk geloofwaardig te wees, aangesien
Sale inderdaad ân sleutelgetuie sal wees â hy was ân mededader of medepligtige tot die gewapende roof en word in die vooruitsig gestel dat hy ingevolge artikel 204 van die Wet getuienis sal lewer;
In aansluiting by die voorafgaande â die Staat se saak, so wil dit voorkom, sal in wese berus op Sale se getuienis om die beskuldigdes, insluitend die Appellant, aan die pleging van die misdryf te verbind;
Die naam van die middelman (Alfie) is geopenbaar en, ná aansienlike ontwykendheid en weersprekinge, het die Appellant bevestig dat hy vir Alfie redelik goed ken.
Die bewering dat die polisie saamgesweer het ten einde die Appellant se borgtog ingetrek te kry, gaan net eenvoudig nie op nie â die vraag ontstaan onmiddellik: - waarom kies hulle juis vir hom uit en nie sy medebeskuldigde, Zwane wat beskuldigde 4 is nie? Waarom wag hulle vir drie maande voor hulle hierdie komplot in werking stel as die polisie wel beswaard was dat die Staatsadvokaat toegestem het tot borgtog vir die Appellant, soos wat beweer word?
Voortspruitend uit par 22.4 hierbo, is daar verder getuienis op rekord dat Lourens ook geraadpleeg was by die aanvanklike oorweging of borgtog aan die Appellant verleen moes word en het Lourens toegestem daartoe. Hierdie getuienis is nooit deur mnr. Robertson, wat ook a quo, namens die Appellant verskyn het, in geskil geplaas nie.
Laastens, maar nie die minste nie, is dit opvallend dat Lourens die inligting ontvang het op 9 Januarie hierdie jaar, dieselfde dag die beriggewer gespreek het en daardie selfde dag deurgereis het na Upington om die ondersoekbeampte, kaptein Smith in te lig. Die volgende dag, d.w.s. 10 Januarie het hy ân lasbrief bekom vir die Appellant se arrestasie, welke lasbrief na Kimberley deurgefaks is en is die Appellant dan op dieselfde dag (10 Januarie) gearresteer.
Hieruit blyk duidelik dat Lourens die beweringe as ernstig en geloofwaardig beskou het, vandaar sy vinnige optrede.
23. Ek het hierbo doelbewus verwys na Lourens se ervarendheid, die inhoud van sy inligting en sy flinke optrede omrede ek dit wil kontrasteer met die feite in Maqungu v Assistant Magistrate Whittlesea 1977(2) SA 359(OK) te 361E-H, waar Eksteen R die weiering van borgtog tersyde gestel het op appèl op grond van die karige inligting afkomstig van ân beriggewer voorgehou deur ân onervare polisie konstabel wat vier dae gewag het voordat hy stappe geneem het op grond van sy inligting.
24. Alles in ag genome is ek nie oortuig dat die landdros se beslissing verkeerd is nie en word die appèl gevolglik afgewys.
_____
S.A
MAJIEDT
REGTER
Datum van Appèl: 26-04-2001
Datum van uitspraak: 11-05-2001
Mnr. M.H. Robertson nms. Appellant
Adv. E. Van Dyk nms. Respondent
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.