S v Ntsane (CA&R 54\04) [2005] ZANCHC 108 (28 October 2005)
- Citation
- [2005] ZANCHC 108
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- Majiedt, Olivier
- Case number
- CA&R 54\04
More details
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- Majiedt, Olivier
- Case number
- CA&R 54\04
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the appellant's explanation for possession of 157.90 kg of dagga was not reasonably possibly true and that the only reasonable inference was that he was dealing in dagga as defined by section 5(b) of Act 140 of 1992. The appellant's conduct in failing to stop for police and the absence of any statutory defence or justification further supported the conviction. Regarding sentence, the court held that the appellant was a mere intermediary, did not possess the means to purchase such a large quantity, and had a clean record. Comparing the sentence to similar cases, particularly Legoa v S, the court found the original sentence of eight years imprisonment (one year suspended) to be shockingly inappropriate and substituted it with seven years imprisonment, three years suspended for five years, backdated to 28 August 2003.
Court disposition
Appeal against conviction dismissed; appeal against sentence upheld. Conviction confirmed. Sentence substituted with seven years imprisonment, three years suspended for five years, backdated to 28 August 2003.
Orders
- The appeal against conviction is dismissed and the conviction is confirmed.
- The appeal against sentence succeeds. The sentence imposed is set aside and replaced with seven years imprisonment, three years suspended for five years on condition that the accused is not convicted of contravening section 5(b) of Act 140 of 1992 during the period of suspension.
- The substituted sentence is backdated to 28 August 2003.
02
Material facts
Parties
David Tshepo Ntsane
Appellant Counsel: D Janse van VuurenThe State
Respondent Counsel: T MashalaneAmounts and remedies
- Quantity of Dagga Seized (kg): 157.9
- Appellant's Monthly Income (zar): ZAR 600
- Transport Fee Paid to Appellant (zar): ZAR 250
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the appellant was correctly convicted of dealing in dagga under section 5(b) of Act 140 of 1992.
- 02
Whether the sentence imposed was appropriate given the circumstances and comparable precedents.
- 03
Whether the appellant's explanation for possession of dagga was reasonably possibly true.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that he was hired by a third party, Sticks, to transport clothing and goods from Kimberley, and was unaware that the goods loaded into the vehicle included dagga. He claimed he was merely an intermediary, had no knowledge of the dagga, and did not participate in loading it. He also contended that the sentence imposed was disproportionate compared to similar cases, especially considering his clean record, personal circumstances, and intermediary role.
- Respondent
- The State argued that the appellant was found in possession of a substantial quantity of dagga (157.90 kg), failed to provide a reasonable explanation for such possession, and exhibited suspicious conduct by not stopping when requested by police. The State maintained that the conviction was justified and that the seriousness of the offence warranted a severe sentence, referencing comparable cases where lengthy imprisonment was imposed for similar quantities.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Mathe 1998(2) SACR 225 (O)
Where an accused is found in possession of a large quantity of dagga and fails to provide a reasonable explanation, the inference of dealing may be drawn.
- 02
S v Bhulwana; S v Gwadiso 1996(1) SA 388 (CC)
The State is not required to prove beyond reasonable doubt that actual dealing occurred; possession of a large quantity without explanation suffices for conviction under the Act.
- 03
S v Xaba and another 2005(1) SACR 435 (SCA)
Sentences must be individualized, taking into account the seriousness of the offence, the interests of the community, and the personal circumstances of the accused.
- 04
Legoa v S [2002] 4 All SA 373 (SCA)
An intermediary role and clean record may justify a reduction in sentence for dealing in dagga.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the appellant's explanation for possession of 157.90 kg of dagga was not reasonably possibly true and that the only reasonable inference was that he was dealing in dagga as defined by section 5(b) of Act 140 of 1992. The appellant's conduct in failing to stop for police and the absence of any statutory defence or justification further supported the conviction. Regarding sentence, the court held that the appellant was a mere intermediary, did not possess the means to purchase such a large quantity, and had a clean record. Comparing the sentence to similar cases, particularly Legoa v S, the court found the original sentence of eight years imprisonment (one year suspended) to be shockingly inappropriate and substituted it with seven years imprisonment, three years suspended for five years, backdated to 28 August 2003.
Obiter and limits
- The court emphasized that the community deserves protection from drug dealers, especially those involved in large-scale operations.
- The appellant's moral blameworthiness was reduced due to his intermediary role, but the seriousness of the offence remained significant.
- The court noted that sentences should not be rigidly fixed but must reflect the unique circumstances of each case.
Court disposition
Appeal against conviction dismissed; appeal against sentence upheld. Conviction confirmed. Sentence substituted with seven years imprisonment, three years suspended for five years, backdated to 28 August 2003.
- The appeal against conviction is dismissed and the conviction is confirmed.
- The appeal against sentence succeeds. The sentence imposed is set aside and replaced with seven years imprisonment, three years suspended for five years on condition that the accused is not convicted of contravening section 5(b) of Act 140 of 1992 during the period of suspension.
- The substituted sentence is backdated to 28 August 2003.
Source and reliance status
Northern Cape High Court, Kimberley
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Northern Cape High Court, Kimberley
Judgment
Verslagwaardig: Ja / Nee
Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saakno: CA&R 54\04
Datum verhoor: 2005-10-27
Datum gelewer: 2005-10-28
In die appél van:
DAVID
TSHEPO NTSANE APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram: MAJIEDT R et
OLIVIER
R
UITSPRAAK
MAJIEDT R:
Die appellant is in die plaaslike landdroshof skuldig bevind aan ân oortreding van artikel 5(b) gelees met artikels 1, 13(f), 17(e), 25 en 64 van die Wet op Dwelmmiddels en Dwelmsmokkelary, 140 van 1992 (âdie Wetâ), te wete handeldryf in dwelmmiddels. Die appellant is gevonnis tot agt jaar gevangenisstraf waarvan een jaar voorwaardelik opgeskort is. Hy kom nou in hoër beroep teen sy voormelde skuldigbevinding en vonnis.
Met die aanvang van die verhoor het die appellant onskuldig gepleit, maar hy het wel erken dat wat in sy besit gevind is wel dagga is, wat ân ongewenste afhanklikheidsvormende stof is en dat die massa daarvan inderdaad 157,90 kg was.
Die Staat het die getuienis van slegs een getuie gelei, te wete Inspekteur JC Zeelie, ân lid van die SAPD gestasioneer by die honde-eenheid. Aangesien daar geen ernstige kritiek teen sy getuienis voorgehou is deur Mnr. Van Vuuren namens die appellant nie, som ek sy getuienis bondig as volg op:
3.1 Mnr. Zeelie het getuig dat hy ongeveer 01:00 die oggend op die hoofpad tussen Kimberley en Barkly-Wes ân verdagte voertuig opgemerk het wat ondermeer sonder ân agterste nommerplaat gery het.
3.2 Hy het sy voertuig se blou lig en sirene aangeskakel en langsaan die bakkie gery terwyl hy beduie het aan die bestuurder (dit is gemene saak dat dit die appellant was), dat hy sy voertuig van die pad moes aftrek. Die appellant het egter aanhou ry en moes Zeelie by nog twee geleenthede so tot langsaan die verdagte bakkie ry en aan die bestuurder (appellant) beduie om af te trek. Die bakkie het eers 5 km verder tot stilstand gekom toe die appellant dit van die pad getrek het. Zeelie het verder getuig dat hy die appellant versoek het om die bakkie se kap agter oop te maak, wat die appellant toe gedoen het en Zeelie het toe 13 swart sakke agterin opgemerk. Sekere mededelings wat die appellant toe aan Zeelie gemaak het is later as ontoelaatbaar deur die landdros bevind in sy uitspraak. By verdere ondersoek het Zeelie ontdek dat die 13 swart sakke dagga bevat. Hy het toe hulp ontbied en die appellant en sy passasier (die destydse beskuldigde 2 wat onskuldig bevind en ontslaan is aan die einde van die verhoor) daar en dan gearresteer.
3.3 By die aanklagkantoor is die dagga geweeg en is daar gevind dat dit 157.90 kg weeg.
Die appellant het getuig en het aangevoer dat hy deur ene Sticks gehuur is om sekere klerasie en goedere vanaf Kimberley vir hom (Sticks) te vervoer. ân Bedrag van R250.00 is tussen hulle
ooreen-gekom as vergoeding vir dié taak, aldus die appellant. Volgens die appellant het die bakkie behoort aan ân persoon met die naam van Piece wat die bakkie vir twee weke by hom gelos het vir reparasies. In Kimberley het hulle by ân sinkhuis stilgehou. Sticks het
uitgeklim en met die eienaar van die sinkhuis gepraat en daarna is die appellant aangesê om sy voertuig in trurat terug te stoot tot by die deur van die sinkhuis. Hy is aangesê om in die voertuig te bly sit, omrede dit nie nodig was vir hom om te help met die inlaai van die goedere nie, aangesien daar genoeg mannekrag was. Sticks en die ander het toe die goed agter in die bakkie gelaai. Oppad uit vanaf Kimberley op die Barkly-Wes hoofpad het hulle by ân T-aansluiting ân ryloper (destydse beskuldigde 2) opgelaai en Sticks het agter in die bakkie gaan sit, omdat hy gesê het dat hy wil toesien dat die hoëtroustel en die glase agterin nie breek nie. Die appellant het toe verder gery met die ryloper langs hom voor in die bakkie toe hy later flitsende ligte agter hom opgemerk het. Toe hy die blou ligte van ân polisievoertuig sien het hy sy voertuig van die pad getrek. Hy bevestig verder dat dit inspekteur Zeelie was wat hom daar afgetrek het. Sy getuienis verskil egter van dié van Zeelie in die sin dat hy beweer dat Zeelie self die bakkie se kap agter oopgemaak het en dat Zeelie toe vir hom gesê het dat daar dagga in die sakke is. Toe hy dÃt hoor het die appellant geskrik. Op dié stadium het hy opgemerk dat Sticks ook nie meer agter in die bakkie is nie. Die appellant het verder in sy getuienis bevestig dat hulle na die aanklagkantoor toe is, waar die dagga geweeg is en daar gevind is dat dit 157.90 kg weeg.
Die landdros het na my mening tereg bevind dat die appellant se weergawe soos voormeld nie redelik moontlik waar is nie en Mnr. Van Vuuren het ook nie tot die teendeel aangevoer nie. Die Staat het na my mening bo redelike twyfel bewys dat die appellant in besit was van 157.90 kg dagga op sy voertuig. Die appellant kon geen bevredigende verduideliking vir die besit daarvan voorhou nie.
In S v Mathe 1998(2) SASV 225 (O) te 229 b-d het die Hof as volg beslis:
âWat in omstandighede soos die onderhawige nie uit die oog moet verloor word nie, is dat ten einde aan handeldryf in dagga skuldig bevind te kan word, daar nie van die Staat vereis word om te alle tye bo redelike twyfel te bewys dat daar inderdaad handel gedryf is soos deur die Wet vereis nie. Die feit dat sekere vermoedens hieromtrent weggeval het, beteken nie dat basiese regsbeginsels en gesonde verstand ook in die slag gebly het nie.
Waar 'n persoon in besit van 'n groot hoeveelheid dagga gevind word en daar word geen redelike aanvaarbare verduideliking vir sodanige besit deur hom of haar verskaf nie kan die afleiding redelikerwys gemaak word dat so 'n persoon daarin handel gedryf het soos deur die Wet omskryf.â
Sien in die verband ook: S v Bhulwana; S v Gwadiso 1996(1) SA 388 (CC) te 396 G-H.
In die omstandighede van hierdie saak is daar na my mening geen twyfel nie dat die enigste afleiding wat gemaak kan word uit die feite en omstandighede, naamlik waar die appellant in besit gevind is van so ân groot hoeveelheid dagga, is dat hy daarmee handel gedryf het. Verder moet ook in ag geneem word die appellant se hoogs suspisieuse gedrag, naamlik deur te versuim om stil te hou toe hy by drie geleenthede versoek is om so te doen deur ân polisiebeampte in ân polisievoertuig waarvan die blou lig en sirene aan was.
Mnr. Van Vuuren het verder in sy betoog aangevoer dat daar ân fatale gebrek in die Staatsaak is, deurdat die appellant nooit gevra is tydens sy verhoor of hy enige toestemming en/of kwalifikasie gehad het om in besit te wees van die betrokke dagga nie. Dit is weliswaar so dat artikel 5 van die Wet sekere regverdigingsgronde uiteensit wanneer dit kom by handeldryf in ongewenste afhanklikheidsvormende stowwe. Artikel 4 van die Wet sit eweneens regverdigingsgronde uiteen insoverre dit besit van ongewenste afhanklikheidsvormende stowwe betref. Alhoewel ân beskuldigde nie regverdigingsgronde wat wederregtelikheid sal uitsluit hoef te bewys nie, moes dit tog geopper gewees het tydens die verhoor.
Sien in dié verband: R v Ndhlovu 1945 AD 369;
Schmidt
BEWYSREG 4de uitgawe te 55.
Dié betrokke aspekte is nooit op enige stadium tydens die verhoor hoegenaamd te berde gebring deur die appellant en/of sy regsverteenwoordiger nie. Daar kan nie van die Staat verwag word om alle moontlike skuiwergate toe te stop, veral nie waar dit nie duidelik blyk tydens ân verhoor dat ân beskuldigde persoon op bepaalde statutêre regverdigingsgronde steun nie. Hierdie betoog van Mnr. Van Vuuren is gevolglik ontdaan van enige meriete. Bowendien en in elk geval sou die appellant na my mening beswaarlik suksesvol kon steun op enigeen van die statutêre regverdigingsgronde vervat in artikels 4 en 5, gegewe die enorme hoeveelheid dagga wat in sy besit gevind is.
Wat die vonnis aanbetref: Die appellant was 36 jaar oud tydens vonnisoplegging en het as ân motorwerktuigkundige gewerk vanaf sy huis waar hy tussen R500 en R600 per maand verdien het. Hy is die vader van 3 kinders en het ân skoon rekord gehad. Hy was verder tydens vonnisoplegging alreeds 5 maande verhoorafwagtend. Die verhoorlanddros het in sy uitspraak na verskeie beslissings verwys, ondermeer ongerapporteerde beslissings van hierdie Hof, waarin soortgelyke hoeveelhede dagga as in die onderhawige geval mee handelgedryf is. Hy het aangetoon dat in daardie beslissings min of meer 6 tot 8 jaar effektiewe gevangenisstraf opgelê is as vonnisse. Op sy beurt het Mnr. Olivier namens die Staat ook na ân beslissing in sy betoogshoofde verwys waar ân beskuldigde vir handeldryf in dagga van 145.89 kg op hersiening gevonnis is tot 6 jaar gevangenisstraf (Mnr. Mashalane het die argumentering van die appél voor ons behartig instede van Mnr. Olivier).
Geen enkele saak se feite is presies dieselfde nie. Vonnisse moet dan ook geïndividualiseer word om die bepaalde beskuldigde se unieke pesoonlike omstandighede in berekening te bring, met inagneming van die erns van die bepaalde misdryf en die belange van die gemeenskap. Dit spreek vanself dat handeldryf in so ân geweldige groot hoeveelheid dagga ân uiters ernstige misdryf is. Hierdie dagga was ongetwyfeld bestem om aan ân hele aantal verbruikers verkoop te word. Die potensieel rampspoedige gevolge spreek vanself en verdien die gemeenskap beskerming teen dwelmhandelaars soos die appellant. In S v Xaba and another 2005(1) SASV 435 (HHA) was die appellante betrokke in ân grootskaalse daggasmokkeloperasie. Die appellante is onderskeidelik 20 en 18 jaar gevangenisstraf opgelê. Op appél beklemtoon Conradie AR die erns van die misdrywe, maar bevind hy dat die opgelegde vonnisse té swaar is, aangesien dit grens aan die maksimum vonnisse wat neergelê word in die Wet. Die geleerde appélregter toon in sy uitspraak aan dat die hoogwatermerk vir handeldryf in dagga ongeveer 14 jaar gevangenisstraf is â sien S v Morebudi 1999(2) SASV 664 (HHA). Die appellante se vonnisse is gevolglik verminder tot onderskeidelik 14 en 12 jaar gevangenisstraf.
ân Aspek wat van belang is hierin is die feit dat die appellant in my oordeel klaarblyklik ân blote tussenganger was. Al die bewese feite en omstandighede hierin regverdig myns insiens slegs een afleiding, naamlik dat die appellant bloot as ân agent vir ân ander persoon of persone opgetree het. Ek is die mening toegedaan dat die appellant nie self oor die middele beskik het om so ân groot hoeveelheid dagga aan te koop om self mee handel te dryf nie. Mnr. Mashalane het dit dan ook heeltemal tereg aldus toegegee tydens sy betoog. Hierdie is ân aspek wat verseker die appellant se morele blaamwaardigheid aansienlik verminder.
In Legoa v S [2002] 4 All SA 373 (SCA) was die 21-jarige appellant skuldig bevind aan handeldryf in 261.3 kg dagga. Die appellant het in sy skriftelike pleitverduideliking ingevolge artikel 112(2) van die Strafproseswet aangevoer dat hy deur ân sekere dame gehuur is om die dagga te vervoer. Die Staat het dié verduideliking as basis vir die appellant se skuldig pleit aanvaar. Die appellant was ân eerste oortreder. Op appél is sy vonnis verander van 15 jaar gevangenisstraf (ingevolge die bepalings van artikel 51(2)(a)(i) van Wet 105 van 1997) na 5 jaar gevangenisstraf (onder die 1992 Wet se strafbepalings). In sy uitspraak verklaar Cameron AR as volg te 383 d-e (par. 29):
âGiven the amount of dagga, the appellantâs avowedly intermediary role in its transportation, his clean record, and the remorse indicated by his plea of guilty, I am of the view that a sentence of five yearsâ imprisonment would be adequate.â
Wanneer die vonnis in die onderhawige geval vergelyk word met dié in die Legoa-saak, supra, is daar ân treffende wanbalans, inaggenome dat die feite en omstandighede in die twee sake grootliks vergelykbaar is. Ek is gevolglik die mening toegedaan dat die opgelegde vonnis skokkend onvanpas is en inmenging op appél regverdig. Ek is van mening dat ân vonnis van sewe jaar gevangenisstraf waarvan drie jaar voorwaardelik opgeskort word, meer gepas sal wees.
Ek reik die volgende bevel uit:
13.1 Die appél teen skuldigbevinding word afgewys en die appellant se skuldigbevinding word bekragtig.
13.2 Die appél teen vonnis slaag. Die vonnis die appellant opgelê word tersyde gestel en vervang met die volgende:
âSewe jaar gevangenisstraf waarvan drie jaar opgeskort word vir ân tydperk van vyf jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldig bevind word aan ân oortreding van artikel 5(b) van Wet 140 van 1992 (handeldryf in ân ongewenste afhanklikheidsvormende stof) en wat gepleeg word tydens die voormelde opskortingstydperk nieâ.
13.3 Die bovermelde vonnis word teruggedateer tot 28 Augustus 2003.
_____
SA MAJIEDT
REGTER
Ek stem saam:
____
CJ OLIVIER
NAMENS APPELLANT : MNR.
D JANSE VAN VUUREN
NAMENS RESPONDENT : ADV
T MASHALANE
DATUM VAN VERHOOR : 2005-10-27
DATUM VAN UITSPRAAK : 2005-10-28
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.