Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

S v Ntuli (22/90) [1991] ZASCA 37; [1991] 2 All SA 219 (A) (27 March 1991)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The Supreme Court of Appeal found that the appellant's application for condonation should have been granted. The delay in filing the appeal was satisfactorily explained and not due to negligence. The court identified several criticisms of the trial proceedings, including possible failures in the application of the cautionary rule, gaps in the State's case, and concerns about the trial magistrate's handling of the unrepresented appellant. These criticisms were sufficient to establish reasonable prospects of success on appeal. The refusal of condonation by the lower court was therefore incorrect. However, the Supreme Court of Appeal held that it did not have jurisdiction to hear the substantive appeal against conviction and sentence at this stage, as such appeals must first be heard by the relevant provincial or local division in accordance with statutory requirements. The matter was remitted for hearing of the appeal in the appropriate court.

Court disposition

Appeal against refusal of condonation upheld; condonation granted; matter remitted for hearing of substantive appeal.

Orders

  • The appeal succeeds.
  • The order of the court a quo is set aside and replaced with an order granting condonation for the late filing of the appeal.
  • The matter is remitted to either the Transvaal Provincial Division or the Witwatersrand Local Division, at the discretion of the relevant Judge President, for hearing of the appellant's appeal against conviction and sentence.

02

Material facts

Parties

Benjamin Ntuli

Appellant

The State

Respondent

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Refusal of Condonation for Late Filing of Appeal

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that the delay in filing the appeal was due to circumstances beyond his control and not due to negligence by his legal representatives. He contended that there were reasonable prospects of success on appeal, raising concerns about the credibility of the complainant's evidence, procedural irregularities, and the severity of the sentence imposed. He also argued that the trial magistrate failed to properly assist him as an unrepresented and unsophisticated accused, and did not adequately apply the cautionary rule required in sexual offence cases.
Respondent
The State maintained that there were no reasonable prospects of success on appeal, asserting that the evidence against the appellant was sufficient to support the conviction and sentence. The State argued that the trial proceedings were conducted fairly and that the magistrate's findings were justified. The respondent further contended that the appellant's application for condonation should be refused as the requirements for granting condonation, particularly the existence of reasonable prospects of success, were not met.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    S v Absalom 1989 (3) SA 154 (A)

    Condonation for late filing of appeal requires demonstration of reasonable prospects of success and satisfactory explanation for the delay.

  2. 02

    S v Snyman 1968 (2) SA 582 (A)

    In sexual offence cases, the cautionary rule requires the court to treat the complainant's evidence with special caution.

  3. 03

    Sefatsa and Others v Attorney-General, Transvaal, and Another 1989 (1) SA 821 (A)

    Appellate jurisdiction over criminal appeals from lower courts is limited to statutory powers; there is no inherent jurisdiction.

  4. 04

    S v M 1989 (4) SA 421 (T)

    A trial court must provide appropriate assistance to unrepresented and unsophisticated accused persons.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The Supreme Court of Appeal found that the appellant's application for condonation should have been granted. The delay in filing the appeal was satisfactorily explained and not due to negligence. The court identified several criticisms of the trial proceedings, including possible failures in the application of the cautionary rule, gaps in the State's case, and concerns about the trial magistrate's handling of the unrepresented appellant. These criticisms were sufficient to establish reasonable prospects of success on appeal. The refusal of condonation by the lower court was therefore incorrect. However, the Supreme Court of Appeal held that it did not have jurisdiction to hear the substantive appeal against conviction and sentence at this stage, as such appeals must first be heard by the relevant provincial or local division in accordance with statutory requirements. The matter was remitted for hearing of the appeal in the appropriate court.

Obiter and limits

  • The statutory limitations on this court's jurisdiction create unnecessarily cumbersome procedures for criminal appeals from lower courts.
  • The trial magistrate should have been more proactive in assisting the unrepresented appellant, especially given his youth and lack of sophistication.
  • The cautionary rule in sexual offence cases is not a mere formality but a substantive safeguard against wrongful conviction.

Court disposition

Appeal against refusal of condonation upheld; condonation granted; matter remitted for hearing of substantive appeal.

  • The appeal succeeds.
  • The order of the court a quo is set aside and replaced with an order granting condonation for the late filing of the appeal.
  • The matter is remitted to either the Transvaal Provincial Division or the Witwatersrand Local Division, at the discretion of the relevant Judge President, for hearing of the appellant's appeal against conviction and sentence.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[1991] ZASCA 37

22/90 N v H

BENJAMIN NTULI en DIE STAAT SMALBERGER, AR-

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPèLAFDELING)

In die saak tussen:BENJAMIN NTULI AppellantenDIE STAAT Respondent

CORAM: SMALBERGER, NESTADT, et STEYN, ARR VERHOORDATUM: 22 MAART 1991 LEWERINGSDATUM: 27 Maart 1991

UITSPRAAK SMALBERGER, AR :-

Die appellant is in die streekhof te Springs

aan verkragting skuldig bevind, en tot tien jaargevangenisstraf gevonnis. Appél teen syskuldigbevinding en vonnis is laat aangeteken,hoofsaaklik as gevolg van omstandighede buite sy beheeren sonder enige oënskynlike nalatigheid aan die kant

/2

2

van sy regsverteenwoordigers. Gevolglik het die appellant aansoek gedoen om kondonasie vir die laat aantekening van sy appèl. Die aansoek is op 13 Desember 1989 deur DE KLERK, R, in die Transvaalse Provinsiale Afdeling aangehoor. Daar het terselfdertyd 'n aansoek voor die geleerde regter gedien om kondonasie vir die laat aantekening van 'n verdere appel teen die weiering van borgtog aan die appellant hangende sy appèl op die meriete. Die aansoeke is deur net een regter aangehoor omdat daar blykbaar nie beoog is, indien kondonasie toegestaan sou word, om onmiddellik met die aanhoor van die appèl teen die skuldigbevinding en vonnis voort te gaan,nie (ondanks die feit dat aangesien die hof in reses was die regter a quo streng gesproke by magte sou gewees het om die appèl alleen aan te hoor - kyk artikel 13(5) van die Wet op die Hooggeregshof 59 van 1959). Hoe dit ookal

/3

3

sy, is die aansoek om kondonasie deur DE KLERK, R, afgewys omrede daar na sy mening geen redelike vooruitsigte van sukses op appêl teen óf die skuldigbevinding òf die vonnis was nie. Dit bring toe mee dat die ander aansoek om kondonasie, en die appèl teen die weiering van borgtog, nie beslis hoef te geword het nie. Die appellant het daarna, soos hy daarop geregtig was, na hierdie hof appél aangeteken

teen die afwysing van sy aansoek om kondonasie (S vAbsalom 1989(3) SA 154 (A) ).Afgesien van die vraag oor die bestaan al dan nie van redelike vooruitsigte van sukses, was dit gemene saak tussen die appellant en die Staat tydens die aanhoor van die appèl dat daar aan al die ander vereistes vir die toestaan van kondonasie voldoen is. Onder meer is daar voldoende rede aangevoer waarom die betrokke reëls nie behoorlik nagekom is nie. Hierdie

/4

4 appèl wentel dus alleenlik om die vraag of redelike vooruitsigte van sukses aangetoon is - dit synde 'n geykte voorvereiste vir die toestaan van kondonasie. Dit is 'n mindere toets as dié wat toegepas word om te besluit of 'n appèl behoort te slaag of nie (vgl R v Ngubane and Others 1945 AD 185 op 187).Blykens die getuienis het die klaagster en haar man in 'n kamer in 'n huis te KwaThema tuisgegaan. Die huis het aan die appellant se moeder behoort. Die appellant en sy moeder het ook in die huis gewoon. Die klaagster se man en die appellant is verwant aan mekaar. Die aand van 17 Februarie 1989 was die klaagster se man op nagskof. Die appellant se moeder was ook by haar werk op diens. Die klaagster en 'n ou dame was aanvanklik alleen by die huis. Later het die appellant ook opgedaag. Die klaagster se weergawe van die daaropvolgende gebeure kan as volg saamgevat word.

/55 Sy was in haar kamer; die deur was van binne op knip gesit, Die appellant het aan die deur geklop, maar die klaagster het nie die deur oopgemaak nie. Sy het egter haar klere aangetrek en onder haar komberse gaan lê want, sê sy, "ek het iets verwag". Sy het nie gesê wat sy verwag het nie, en waarom. Die appellant het toe die deur op een of ander manier oopgemaak. Hy het aanvanklik met haar oor kos gepraat. Hy gaan toe uit en kom terug met 'n byl. Hy sê toe, volgens die klaagster, "Ja hy ken my nie, ek ken hom ook nie en hy is bereid om vyf jaar gevangenisstraf te gaan dien vir my". Hy gaan toe weer uit op pad na sy kamer. Die klaagster was bevrees dat iets met haar sou gebeur. Sy het met die ou vrou gaan praat en daarna uit die huis uit gevlug. Sy het uit die perseel en met die straat af gehardloop. Sy het twee keer geval. Die appellant, wat kort agter haar was, het haar gevang.

/6

6, Hy het haar teruggeneem na haar kamer. Sy is deur hom beveel om haar klere uit te trek. Toe sy weier, het die appellant die byl aan haar gewys en gedreig om haar stukkend te kap. Sy trek toe haar klere uit omdat sy bang was. Sy was op daardie tydstip agt maande swanger. Die appellant het haar gegryp en daar het 'n worsteling plaasgevind. Hy het daarin geslaag om haar op die bed te gooi, en hy het met haar gemeenskap gehad sonder haar toestemming. Sy het gehuil en "geluid gemaak" maar die appellant het gesê sy moenie raas nie. Die appellant het daarna langs haar op die bed gelê en aan die slaap geraak. Die klaagster het blykbaar op die bed langs die appellant bly lê. Eers vroeg die oggend het sy uit die kamer geglip om haar man vanaf die bure te gaan bel. Aanvanklik het sy gesê dat sy haar buurvrou net vertel het dat die appellant haar aangerand het; later het sy beweer dat sy aan haar

...../7

7 vertel het dat sy verkrag is. Aan haar man het sy net oor die telefoon gesê dat hy dadelik huistoe moet kom. Met sy aankoms het sy aan hom alles vertel wat met haar gebeur het. Aan die ou dame het sy geen rapport gemaak nie.Afgesien van die klaagster het haar man, haar buurvrou en die ou dame namens die Staat getuig. Haar buurvrou bevestig dat die klaagster gehuil het toe sy by haar aangekom het. Haar man sê ook dat sy tekens getoon het dat sy vroeër gehuil het. Die ou dame het die klaagster se getuienis in sekere opsigte bevestig, onder andere dat die appellant die betrokke aand by die huis was. In ander opsigte het sy haar weerspreek. Dit is nie nodig vir die doeleindes van hierdie uitspraak om hulle getuienis meer volledig te behandel nie.

/8

8

Die appellant was nie regsverteenwoordig nie. Hy het self getuig. Hy het ontken dat hy die klaagster verkrag het. Trouens, hy het beweer dat hy die betrokke nag nie by die huis was nie en eers die volgende oggend daar opgedaag het. Tydens ondervraging deur die verhoorlanddros was die enigste rede wat hy voorgestel het waarom die klaagster hom valslik van verkragting sou beskuldig dat sy voorheen teenoor sy moeder gekla het dat hy haar (die klaagster) se hoed gesteel het, en dat dit tot onmin tussen hulle gelei het.Die vraag of die appellant redelike vooruitsigte van sukses op appèl het, moet na aan= leiding van die volgende geskilpunte oorweeg word: (1) Is dit bo redelike twyfel bewys dat die klaagster verkrag is? (2) Indien wel, is daar bo redelike twyfel bewys dat die appellant haar verkrag het?

/9

9 (3) Die gepastheid al dan nie van die opgelegde vonnis. Met betrekking tot hierdie geskilpunte is daar hewige kritiek gerig teen die Staat se getuienis, die wyse waarop die verrigtinge gevoer is, . die benadering en bevindings van die verhoorlanddros en die opgelegde vonnis. Ek behandel voorts sodanige kritiek en vrae wat daaruit voortspruit onder verskillende hoofde.

1) Beweerde inherente onwaarskynlikhede in die klaagster se getuienisDaar ontstaan, onder andere, die volgende vrae. Hoekom het die klaagster haar klere gaan aantrek nadat die appellant aan haar kamerdeur geklop het? Hoekom het sy nie in die straat buitekant keel opgesit nie toe die appellant haar na die huis teruggeneem het? Hoekom het sy langs die appellant

/1010 bly lê nadat hy haar verkrag het en daarna aan die slaap geraak het? Waarom sou die appellant in die kamer gebly het na die verkragting? Waarom sou hy die klaagster verkrag het in omstandighede waar hy onmoontlik van die gevolge van sy daad kon vryspring? In iedere geval, gesien die verwantskap tussen die appellant en die klaagster se man, en die huislike reelings, waarom sou die appellant hom op hierdie brutale wyse teenoor die klaagster gedra het in die afwesigheid van enige suggestie dat hy onder die invloed van drank of verdowingsmiddels was?

2) Beweerde leemtes in die Staat se saakVolgens die klaagster was sy na die voorval deur 'n distriksgeneesheer ondersoek. Sy beweer dat sy geen beserings gehad het nie. Volgens haar man het sy gekla dat "haar privaatdele is ook bloeierig, dit bloei

/11

11

'n bietjie". Waarom is die distriksgeneesheer nie geroep om oor sy bevindings te getuig nie? Die klaagster is spesiaal as getuie teruggeroep om van haar te verneem wanneer sy laas omgang met haar man gehad het. Is daar ooit smere vir saadtoetse geneem? Indien wel, wat was die uitslag daarvan? Waarom was die ondersoekbeampte nie geroep om te getuig of daar merke aan die kamerdeur of deurkosyn was om aan te dui dat die deur oopgeforseer was nie? Die verhoorlanddros het bevind dat die klaagster se man sulke merke opgemerk het maar sy getuienis, op 'n behoorlike ontleding daarvan, is nie noodwendig vir so 'n afleiding vatbaar nie. Kan daar, in die afwesigheid van die distriksgeneesheer en ondersoekbeampte se getuienis, nogtans gesê word dat die Staat bo alle redelike twyfel bewys het dat die klaagster verkrag is?

/12

12

3) Die behoorlike toepassing van die

versigtigheidsreël

Hierdie is 'n geslagsmisdaad. . Die versigtigheidsreël was dus van toepassing (S v Snyman 1968(2) SA 582 (A) op 585 D - F). Die verhoorlanddros behoort hiervan bewus te gewees het. Dit val egter op dat hy nêrens in sy ex tempore uitspraak na die versigtigheidsreël verwys nie, of homself uitdruklik maan om die klaagster se getuienis met die vereiste omsigtigheid te bejeën. Die vraag ontstaan of sy beoordeling van die getuienis daarop dui dat hy deurgaans die versigtigheidsreel voor oë gehou het. Of het hy die saak genader soos 'n gewone strafsaak waar die versigtigheidsreël nie geld nie?

/13

13

4) Die ou dame se getuienisDie klaagster het getuig dat die ou dame geestelik siek en nie by haar volle verstand was nie. Dit is blykbaar as gevolg daarvan dat die klaagster haar nie tot die ou dame om bystand kon wend nie, of nie 'n rapport aan haar gemaak het nie. Die ou dame het wel getuig. Met verwysing na haar bevind die verhoorlanddros: "Alhoewel daarna verwys word dat sy nou geestelik versteurd is, is dit duidelik nie die geval nie. Seker maar 'n kwessie van seniliteit". Hy aanvaar haar getuienis dat die appellant die betrokke nag by die huis was. Het hy egter behoorlik ag geslaan op die weersprekings tussen haar getuienis en dié van die klaagster, asook sekere belangrike opsigte waarin sy die klaagster nie staaf nie?

/14

14

5) Die wyse waarop die verrigtinge gevoer isLuidens die oorkonde was die appellant ten tyde van sy verhoor 21 jaar oud. Daar is geen aanduiding van sy geleerdheidspeil nie. Die waarskynlikhede is dat hy betreklik onopgevoed en ongesofistikeerd is. In die omstandighede, omdat hy kwalik 'n behoorlike begrip van die reg en sy prosesse kon hê, was hy op 'n gepaste mate van bystand deur die verhoorlanddros met die hantering van sy saak en die voorlegging van sy verweer geregtig (vgl S v M 1989(4) SA 421 (T) ) . Die vraag onstaan of hy die nodige bystand en beskerming ontvang het, en of die verhoorlanddros nie onnodig krities was oor aspekte van sy verweer wat eerder op sy onvermoe om sy verdediging na behore te hanteer as sy ongeloofwaardigheid of leuenagtigheid dui. Byvoorbeeld, die appellant het

/15

15 dit pertinent aan die klaagster gestel dat hy nie die betrokke aand by die huis was nie. Sy verweer was dus duidelik. Tog word die aanklaer toegelaat om hom te kruisondervra oor waarom hy nie in sy hoofgetuienis (wat uit nege reëls bestaan en hoofsaaklik op argument neerkom) gesê het dat hy nie tuis was nie. Later, toe hy vir die eerste keer daarna gevra word, sê hy presies waar hy die aand was - by 'n diskoteek met die naam Club 45. Die verhoorlanddros verkwalik hom daarvoor dat hy dit nie vroeër genoem het nie. Maar niemand het hom daarna gevra nie, en die vraag ontstaan waarom hy uit sy eie moes besef het om hierdie detail eerder te verstrek. Die vraag ontstaan ook of die verhoorlanddros hom nie van groter hulp moes gewees het met die kruisondervraging van die staatsgetuies nie, en die voorlegging van moontlike getuienis om sy alibi te staaf.

/16

16

6) VonnisDie misdaad, indien bewys, is klaarblyklik 'n ernstige een. Die klaagster het egter geen ernstige beserings opgedoen nie. Sy dra blykbaar ook nie enige sielkundige letsels nie. Die appellant is 'n jong man en 'n eerste oortreder. Die vraag kan tereg gevra word of in al die omstandighede 'n vonnis van tien jaar gevangenisstraf nie treffend onvanpas is nie.Die geopperde vrae en punte van kritiek ten opsigte van die verrigtinge, skuldigbevinding en vonnis is nie noodwendig beperk tot dié wat vermeld is nie. Dit is egter nie nodig om verder hieroor uit te wy nie. Dit is ook nie nodig, vir die doeleindes van hierdie appèl, om uitsluitsel te gee oor sodanige vrae en punte van kritiek nie, en hulle moontlike uitwerking op die appellant se skuldigbevinding en vonnis. Daar kan

/17

17 volstaan word deur te sê dat die geopperde kritiek in vele opsigte wel meriete het. Soveel so dat hierdie 'n geval is waar tereg gesê kan word dat daar redelike vooruitsigte van sukses op appèl is. Na my mening het DE KLERK R, duidelik fouteer deur die teendeel te bevind. Gevolglik moes die appellant se aansoek om kondonasie nie afgewys gewees het nie, en moet die appèl teen die afwysing daarvan slaag. Dit kom daarop neer dat daar 'n behoorlike aangetekende appél is teen die appellant se skuldigbevinding en vonnis.Die verdere vraag ontstaan of hierdie Hof by magte is om voort te gaan om daardie appèl aan te hoor. Ek meen van nee. Hierdie Hof se bevoegdhede, onder andere om strafappèlle aan te hoor, is beperk tot sy statutêre magte. Dit beskik nie oor sogenaamde inherente bevoegdhede nie (Sefatsa and Others v Attorney-General, Transvaal, and Another 1989(1) SA 821

/18

18

(A) op 834 E; S v Absalom (supra) op 164 C-D). Kragtens artikel 309 (1) (a) van die Strafproseswet 51 van 1977 kan "iemand wat deur 'n'laer hof aan 'n misdryfskuldig bevind is teen so 'n skuldigbevinding

na die provinsiale of plaaslike afdelingappelleer wat regsbevoegdheid het". Indien sodanige appel misluk kan 'n beskuldigde, met die nodige verlof, verder na hierdie Hof appel aanteken. Hy ontleen dié reg aan artikel 21 van die Wet op die Hooggeregshof. Daar bestaan geen voorsiening vir'n regstreekse appèl na hierdie Hof teen 'n skuldigbevinding deur 'n landdros nie (Sweigers v S 1969(1) PH HllO (A); S v Tsedi 1984(1) SA 565 (A) op 570 B). Hierdie Hof is gevolglik nie by magte om die appellant se appèl op hierdie tydstip aan te hoor nie. Die aangeleentheid sal na die Transvaalse Provinsiale Afdeling of die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling terugverwys moet

/19 19

word vir die aanhoor van die appèl. Indien die appèlslaag, cadit quaestio. So nie sal die appellant^

indien hy die nodige verlof verkry, verder na hierdieHof kan appelleer. Hierdie omslagtige prosedure is ongelukkig deur die statutêre beperkings wat hierdieHof se magte aan bande lê, veroorsaak.

Die volgende bevel word gemaak: (a) Die appèl slaag.

(b) Die bevel van die Hof a quo word tersyde gestel en met die volgende bevel vervang:

"Die aansoek om kondonasie teen die laat aantekening van appèl word toegestaan."

(c) Die aangeleentheid word terugverwysna óf die Transvaalse ProvinsialeAfdeling óf die WitwatersrandsePlaaslike Afdeling (na goeddunkevan die betrokke Regter-President)vir die aanhoor vem die appellantse appèl teen sy skuldigbevindingen vonnis.

J W SMALBERGER APPèLREGTER

NETSTADT,) AR

STEYN, ) STEM SAAM

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Absalom 1989 (3) SA 154 (A)

Case cited

R v Ngubane and Others 1945 AD 185

Case cited

S v Snyman 1968 (2) SA 582 (A)

Case cited

S v M 1989 (4) SA 421 (T)

Case cited

Sefatsa and Others v Attorney-General, Transvaal, and Another 1989 (1) SA 821 (A)

Case cited

Sweigers v S 1969 (1) PH H110 (A)

Case cited

S v Tsedi 1984 (1) SA 565 (A)

Case cited

Criminal Procedure Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

High Court Act 59 of 1959

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.