Download PDF

South Africa Judgment

Free State High Court, Bloemfontein

S v Nyalambisa (136/2012) [2012] ZAFSHC 222 (29 November 2012)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the accused's guilty plea and admissions were sufficient for conviction on the main charge of dealing in dagga, given his background and apparent understanding of the proceedings. However, the forfeiture order regarding the vehicle was not supported by evidence that the vehicle was used in the commission of the offence, was in the accused's possession or control, or was seized in terms of the Act. The magistrate failed to place sufficient facts on record to justify forfeiture, and the accused was not informed of his rights regarding forfeiture. The conviction and sentence were confirmed, but the forfeiture order was set aside.

Court disposition

Conviction and sentence confirmed; forfeiture order set aside.

Orders

  • The conviction and sentence are confirmed.
  • The forfeiture order in respect of the GWM vehicle with registration number WVK132GP is set aside.

02

Material facts

Parties

The State

Applicant

Tandaso Nyalambisa

Respondent

Amounts and remedies

  • Quantity of Dagga: 127.5
  • Value Threshold for Minimum Sentence: ZAR 50,000
  • Sentence Imposed Years: 4
  • Sentence Suspended Years: 2

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Review / Automatic Review After Conviction and Sentence in Magistrate's Court

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The State relied on the accused's guilty plea and admissions to secure conviction for dealing in dagga and sought forfeiture of the vehicle allegedly used in the commission of the offence. The prosecutor addressed the court before sentencing, providing information about the vehicle's involvement, but this was not transcribed.
Respondent
The accused, unrepresented, pleaded guilty to both dealing and possession of dagga, admitting to possession of 127.5 kg. There was no objective evidence on record confirming the accused's personal knowledge of the quantity or the use of the vehicle. The accused did not contest the forfeiture order but was not informed of his rights regarding forfeiture.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    S v Adams en Tien Ander Soortgelyke Sake 1986 (3) SA 733 (K)

    A court must be satisfied that admissions made by an accused, especially an unrepresented one, are reliable and based on personal knowledge, particularly regarding facts outside the accused's direct experience.

  2. 02

    Drugs and Drug Trafficking Act 140 of 1992; S v Cetwayo 1996 (2) SACR 628 (E)

    Forfeiture of property under section 25 of the Drugs and Drug Trafficking Act requires evidence that the property was used in the commission of the offence and was in the possession or control of the accused, or seized under section 11(1)(g).

  3. 03

    Drugs and Drug Trafficking Act 140 of 1992

    The quantity of drugs involved is relevant to sentencing but not a jurisdictional requirement for conviction under section 5(b) of the Act.

  4. 04

    S v Modjela, unreported, Free State High Court, Review 704/2006; S v Ntombela 1973 (3) SA 89 (T)

    Forfeiture is a drastic measure and should not be ordered lightly; the accused and third parties must be afforded an opportunity to present evidence before such an order is made.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the accused's guilty plea and admissions were sufficient for conviction on the main charge of dealing in dagga, given his background and apparent understanding of the proceedings. However, the forfeiture order regarding the vehicle was not supported by evidence that the vehicle was used in the commission of the offence, was in the accused's possession or control, or was seized in terms of the Act. The magistrate failed to place sufficient facts on record to justify forfeiture, and the accused was not informed of his rights regarding forfeiture. The conviction and sentence were confirmed, but the forfeiture order was set aside.

Obiter and limits

  • Courts should exercise caution when accepting admissions from unrepresented, unsophisticated accused, especially regarding facts outside their personal knowledge.
  • Forfeiture orders must be supported by clear evidence and proper procedure, including informing the accused of their rights and allowing third parties to present evidence.

Court disposition

Conviction and sentence confirmed; forfeiture order set aside.

  • The conviction and sentence are confirmed.
  • The forfeiture order in respect of the GWM vehicle with registration number WVK132GP is set aside.

Source and reliance status

Free State High Court, Bloemfontein

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Free State High Court, Bloemfontein

Judgment

[2012] ZAFSHC 222

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

Hersiening Nr: 136/2012

In die hersiening tussen:-

DIE

STAAT

en

TANDASO

NYALAMBISA

_____________

CORAM: KRUGER et DAFFUE, RR

UITSPRAAK DEUR: DAFFUE, R

GELEWER OP: 29 NOVEMBER 2012

[1] In hierdie saak het beskuldigde in die Marquard Landdroshof tereggestaan op ‘n hoofaanklag van handel in dagga ter oortreding van artikel 5(b) van die Wet op Dwelmmiddels en Dwelmsmokkelary 140 van 1992 (“die Wet”) en ‘n alternatiewe aanklag van besit van dagga ter oortreding van artikel 4(b) van die Wet. Die beskuldigde wat onverteenwoordig was tydens sy verhoor het op 16 Maart 2012 skuldig gepleit op die hoofaanklag deurdat hy op of omtrent 27 Februarie 2012 en te na of naby die R708 in die distrik van Marquard wederregtelik in ‘n ongewenste afhanklikheidsvormende stof, te wete 127,5 kg dagga, handel gedryf het, sowel as die alternatiewe klagte van besit. Na ondervraging ooreenkomstig artikel 112(1)(b) van die Strafproseswet 51 van 1977 is hy skuldig bevind op die hoofaanklag en gevonnis tot 4 (vier) jaar gevangenisstraf waarvan 2 (twee) jaar opgeskort is vir 5 (vyf) jaar op voorwaarde dat hy nie weer skuldig bevind word aan oortreding van artikel 5(b) of artikel 4(b) van die Wet gepleeg gedurende die tydperk van opskorting nie. Ingevolge artikel 25 van die Wet is die dagga sowel as ‘n GWM voertuig met registrasienommer WVK132GP aan die Staat verbeurd verklaar.

[2] Die saak is na hierdie hof verwys as ‘n outomatiese hersiening en het ek as die hersieningsregter die aangeleentheid na die voorsittende landdros terugverwys met die volgende opmerkings:

“1) Die beskuldigde het bloot op ‘n leidende vraag bevestigend geantwoord dat hy in besit van 127,5 kg dagga was. Geen objektiewe feite is op rekord geplaas ter bevestiging van hierdie erkenning, soos byvoorbeeld dat die beskuldigde teenwoordig was toe die dagga geweeg is nie.

2) Dit is geensins duidelik of die beskuldigde eie kennis omtrent die massa gehad het of ‘n idee kon gehad het daarvan nie en is dit byvoorbeeld nie op rekord geplaas hoeveel sakke (en welke tipe sakke) dagga gevind is nie.

3) Op welke wyse kon die verhoorlanddros tevrede gewees het dat beskuldigde werklik bedoel het om ‘n erkenning te maak met

betrekking tot die massa.

4) Daar is geen getuienis op rekord geplaas of ‘n erkenning gemaak dat die dagga vervoer is en indien wel, waarmee nie.

5) Daar is niks op rekord om aan te dui dat ‘n GWM bakkie met registrasie WVK 132 GP gebruik is deur beskuldigde om die dagga te vervoer nie.

6) Daar is geen getuienis dat die betrokke voertuig deur die SAP in beslag geneem is in terme van artikel 11(1)(g) van Wet 140 van 1992 nie.

7) Daar is geen getuienis dat die voertuig onder die beheer van beskuldigde of in sy besit was nie.

8) In die lig van S v Cetwayo 1996 (2) SACR 628 (E) word die verhoorlanddros versoek om te bevestig dat hy steeds van mening is dat die voertuig verbeurd verklaar kon word.”

[3] Die landdros het my navraag beantwoord waarvoor hy bedank word. Sy antwoord word verbatim weergegee:

“Betreffende die eerste drie opmerkings. Met betrekking tot Handel in Dagga word hierdie manier van ondervraging deur my gebruik vir die afgelope 18 jaar. Geen skuldigbevinding op ‘n pleit van Handel in Dagga is gedurende bovermelde tydperk ter syde gestel op hersiening nie. Dit is een rede waarom ek van mening was dat hierdie manier van ondervraging in orde was.

Ook wanneer beskuldigdes regsverteenwoordig is, word bloot die gewig van die dagga erken in artikel 112(2) Wet 51/77 verrigtinge en nie ook dat die dagga in teenwoordigheid van die beskuldigde geweeg is nie. Ek is van mening wat wanneer die beskuldigde onskuldig pleit, die vraag of die dagga in die teenwoordigheid van die beskuldigde geweeg is en hoeveel sake (sic) dagga betrokke was, en die grote (sic) daarvan, dan relevant word.

Ek was werklik oortuig dat die beskuldigde bewus was van die gewig van die dagga en daarom nie ontken het dat die gewig van die dagga 127,5 kg was nie. Sy optrede in die hof het dit gestaaf.

Wat betref opmerkings vier tot agt. Die aanhangsel tot die klagstaat maak ongelukkig nie voorsiening vir die omstandighede wanneer ‘n voertuig gebruik word met betrekking tot die pleeg van die misdryf nie. Dit is algemene praktyk in die distrik dat beslag gelê word op voertuie wat gebruik word om dagga te vervoer.

Op die oorkonde self word slegs aangedui dat die aanklaer die hof toegespreek het voor vonnis. Om een of ander onverklaarbare rede is die betoog nie getranskribeer nie. Tydens die betoog van die staat is inligting aan die hof oorgedra met betrekking tot die voertuig wat betrokke was by die pleeg van die misdryf deur die beskuldigde. Hoewel die oorkonde dit nie reflekteer nie, kan ek bevestig dat die staatsaanklaer nie pertinent die hof ingelig het dat op die voertuig beslag gelê is in terme van artikel 11(1)(g) van Wet 140/1992, of dat dit onder die beheer of in besit van die beskuldigde was nie.

Met verwysing na S v Cetwayo 1996 (2) SASV 628 (E) is ek van mening dat die voertuig nie verbeurd verklaar kon word in terme van artikel 25 Wet 140/1992 nie. Die oorsig word betreur en sorg sal gedra word dat in die toekoms die nodige getuienis voor die hof geplaas moet word alvorens so ‘n bevel gemaak sal word.”

[4] Dit is duidelik uit die ondervraging van die landdros dat die beskuldigde bedoel het om skuldig te pleit op die aanklag van handel in dagga. Soos gebruiklik bevat die klagstaat ‘n bewering met betrekking tot die massa dagga betrokke, te wete 127,5

kg in hierdie geval. Die bedoeling met die navrae wat aan die landdros gerig was, was nie om uiteindelik tot ‘n bevinding te kom dat die beskuldigde foutiewelik skuldig bevind is aan handel in dagga nie. Tewens artikel 5 van die Wet en 5(b) in besonder bepaal nie dat ‘n beskuldigde slegs skuldig bevind kan word aan handel in dagga indien ‘n sekere hoeveelheid dagga verhandel is nie. ‘n Beskuldigde kan skuldig bevind word aan handel in dagga indien hy slegs 1 daggasigaret met ‘n massa van 10 gram verkoop. Die hoeveelheid dagga ter sprake by ‘n oortreding van artikel 5(b) van die Wet hou egter direk verband met die aard en omvang van die vonnis wat ‘n beskuldigde opgelê kan of behoort te word. Ek keer later hierna terug.

[5] Ek neem kennis van die landdros se houding dat hy tevrede was met die positiewe antwoord wat hy op sy leidende vraag ontvang het dat die beskuldigde in besit was van 127,5 kg dagga. Uit ervaring van hersieningsake ten opsigte van byvoorbeeld die Ficksburg, Ladybrand, Dewetsdorp en Bloemfontein landdroshowe is ek bewus daarvan dat voorsittende beamptes ‘n punt daarvan maak om by onverteenwoordigde beskuldigdes vas te stel op grond waarvan die erkenning gemaak word dat ‘n bepaalde massa van ‘n

ongewenste afhanklikheidsvormende stof in hul besit gevind is. Telkens word die vraag gevra of die beskuldigde teenwoordig was toe die betrokke stof – gewoonlik dagga – geweeg is en waargeneem het wat die massa daarvan is. Ek is van mening dat

alhoewel die hoeveelheid dagga ontersaaklik is by die beoordeling van die getuienis om te bevind of ‘n beskuldigde hom skuldig gemaak het aan oortreding van artikel 5(b) van die Wet, dit aan te bevole is dat ‘n onverteenwoordigde beskuldigde se blote erkennings van die bewerings soos vervat in die klagstaat nie bloot net aanvaar behoort te word nie, veral wanneer die erkennings gebaseer is op feite wat buite sy persoonlike kennis val. Dit geld veral vir ongeletterde en ongesofistikeerde beskuldigdes wat meestal nie veel kennis dra van mates en gewigte nie. ‘n Versigtige benadering behoort gevolg te word.

[6] Met inagneming van die feit dat daar ‘n wesenlike onderskeid is tussen die elemente van die misdaad in casu en misdrywe ter oortreding van artikel 65(2) van die Nasionale Padverkeerswet 93 van 1996, synde ‘n oormatige hoeveelheid

bloed in die beskuldigde se bloedmonster, is dit myns insiens gepas om kortliks na gesag in daardie verband en soortgelyke sake te verwys. Vergelyk Kruger, Hiemstra’s Criminal Procedure te 17-7 en veral te 17-9 vir ‘n volledige bespreking en die volgende gevolgtrekking: “Despite differences of opinion it is submitted that in all the decisions the following common thread can be seen: the court must ask itself and determine by its own investigation whether it is convinced that the admissions were correctly made. There is no fixed rule. Every case has its own circumstances. Where, for instance, the accused was hastily and without legal advice dragged before the court because of his illegal taxi operations and pleaded guilty without knowing that his vehicle would be confiscated, the conviction was set aside (Sigodolo v Attorney-General 1985 (20 SA 172 (EC).”

Du Toit et al Commentary on the Criminal Procedure Act, te p 17-10 lewer die volgende kommentaar:

“The weight of authority favours the view that an admission that does not have its factual foundation in the personal knowledge

of the accused can be accepted if the court is satisfied that the admission is a reliable one.”

In S v ADAMS EN TIEN ANDER SOORTGELYKE SAKE 1986 (3) SA 733 (K) te 740 G - H het die volbank die volgende kommentaar gelewer:

“Die geval van ‘n verteenwoordigde beskuldigde, wat skuldig pleit en tydens ondervraging bewerings in die aanklag erken,

ook met betrekking tot feite waarvan hy nie persoonlik kennis dra nie, behoort dus nie gewoonweg probleme op te lewer nie.

Dit is wanneer die hof te doen het met ‘n oningeligte beskuldigde wat nie verteenwoordig word nie, dat daar ‘n gevaar

bestaan dat hy verkeerdelik skuldig bevind kan word, of dit nou is weens ‘n formele erkenning wat hy maak kragtens artikel 220, of weens feite wat hy erken tydens ondervraging deur die landdros ingevolge artikel 112(1)(b) na ‘n pleit van skuldig. Dit is so ‘n beskuldigde wat beskerming nodig het en ten aansien van wie die hof op sy hoede moet wees dat hy nie uit onkunde skuld erken of formele erkennings maak sonder om te besef wat hy besig om te erken en wat die gevolge daarvan kan wees nie.”

Sien ook die dicta te 742 B – E en 744 I – J van die uitspraak.

Vergelyk ook die uitspraak van hierdie hof in S v NONGABE 1990 (2) SASV 522 (O) en die volgende dictum te 527 G – H:

“Wanneer die beskuldigde dan skuldig pleit, is dit na my mening verkieslik dat die Staatsaanklaer die verslag inhandig en

terselfdertyd die landdros meedeel dat die beskuldigde insae daarin gehad het. Die landdros behoort dan hierdie feit gedurende sy ondervraging van die beskuldigde op rekord te plaas om sodoende die bron van beskuldigde se kennis en die oortuigingskrag van sy erkennings duidelik te maak. So 'n werkswyse behoort beide die Staatsaanklaer en die landdros meer tevrede te stel met 'n skuldigbevinding wat volg op 'n pleit van skuldig as wanneer die blote erkenning deur die beskuldigde gemaak word. In 'n gepaste geval kan die beskuldigde natuurlik self die betrokke sertifikaat of verslag inhandig soos gebeur het in die Naidoo-saak supra.

Om op te som wat die sertifikaat betref: Dit is wenslik dat die sertifikaat in alle gevalle van 'n pleit van skuldig aan oortreding

van art 140(2)(a) van Ord 21 van 1966 of sy opvolger, aan beide die beskuldigde en die hof beskikbaar gemaak word.”

[7] In casu is dit nie op rekord geplaas in hoeveel sakke die dagga geberg is en wat die grootte van die sakke was nie. Indien die massa van die dagga slegs 12,75 kg beloop het, maar die klagstaat as gevolg van ‘n skryf- of tikfout 127,5 kg aandui, is dit baie moontlik dat ‘n onverteenwoordigde, ongeletterde en ongesofistikeerde beskuldigde, wat maar net die saak afgehandel wil kry in sy onkunde skuldig pleit, sonder die bewustheid van die gevolge van sy erkennings, aan handel in ‘n hoeveelheid dagga wat baie meer is as wat werklik die geval is. Dit is gebruiklik om, afgesien van verpligte gevangenisstraf wat gewoonlik opgeskort word, gevangenisstraf met die keuse van ‘n boete op te lê in die geval van handel in dagga selfs wanneer hoeveelhede dagga van soveel as 10 en 20 kg ter sprake is. Sien S v THORISO 2011 JDR 0924 (FB) en LWANA v S (A240/09) [2012] ZAFSHC 41 (15 Maart 2012).

[8] Ek is tevrede dat die beskuldigde, wat wel net standerd 3 op skool geslaag het, in ‘n groot dorp soos Rustenburg woonagtig en ‘n motorwerktuigkundige van beroep is en waarskynlik gesofistikeerd en geletterd is. Hy is reeds 44 jaar oud met ‘n groot gesin wat hy onderhou. Sy situasie is anders as diė van daardie ongesofistikeerde en ongeletterde beskuldigdes afkomstig vanuit die plattelandse en onherbergsame dele van Lesotho en elders wie se hersieningsake male sonder tal voor hierdie hof dien.

[9] Handel in dagga ter waarde van meer as R50 000,00 is onderhewig aan die Strafregwysigingswet 105 van 1997. Ingevolge artikel 51(2) daarvan saamgelees met Deel 2 van Skedule 2 is die voorgeskrewe minimum vonnis 15 jaar. Die Wetgewer is dus van mening dat ‘n oortreding van artikel 5(b) van die Wet in ‘n ernstige lig gesien moet word, veral in soverre in grootmaat handel gedryf word. Die bepalings van die minimum vonnis wetgewing is nie in casu van toepassing nie. Die opgelegde vonnis van 4 (vier) jaar gevangenisstraf waarvan 2 (twee) jaar opgeskort is onderworpe aan sekere voorwaardes, is op aanvaarding dat die massa van 127,5 kg korrek erken is, heeltemal in orde en selfs te lig. Vergelyk S v KHANJWAYO; S v MIHLALI 1999 (2) SASV 651 (O) in welke geval die vonnisse deur die Hooggeregshof gewysig is na 6 (ses) jaar gevangenisstraf waar handel gedryf is in 76,4 kg en 69 kg dagga onderskeidelik. Vergelyk ook S v XABA AND ANOTHER 2005 (1) SASV 435 (HHA) waar die vonnisse van appellante gewysig is na 14 en 12 jaar gevangenisstraf onderskeidelik deur die Hoogste Hof van Appèl. Die massa van die dagga was in beide gevalle heelwat meer was as in casu. Vergelyk ook S v SITHOLE 2005 (2) SASV 504 HHA in welke geval die massa van die dagga 160 kg was en welke vonnis verminder is na 4 (vier) jaar gevangenisstraf. Daar is nie enige rede om met die skuldigbevinding en vonnis in te meng nie en word dit bekragtig.

[10] Wat die ander navrae betref, het die landdros toegegee dat die oorkonde geensins aandui dat die betrokke voertuig wat verbeurd verklaar is, gebruik is deur die beskuldigde om die dagga te vervoer of dat die SAP daarop beslag gelê het ingevolge artikel 11(1)(g) van die Wet nie. Daar is ook geen getuienis dat die voertuig onder die beheer of in besit van die beskuldigde was nie. Die landdros stem dan ook saam dat CETWAYO loc cit, van toepassing is en dat die voertuig nie verbeurd verklaar kon word in terme van artikel 25 van die Wet nie. Die landdros wys daarop dat die staatsaanklaer in sy betoog die hof ingelig het dat op die voertuig beslag gelê is ingevolge die betrokke artikel, maar dat die betoog vir een of ander onverklaarbare rede nie getranskribeer is nie. Dit is eenvoudig nie genoeg nie.

Daar is in elk geval geen bewys dat die hoorsê getuienis wat die aanklaer op hierdie wyse voor die hof geplaas het, deur die beskuldigde erken is en is daar ook geen bewys dat die landdros die beskuldigde van sy regte met betrekking tot verbeurdverklaring van die voertuig verduidelik het nie.

[11] Artikel 25 wat met verbeurdverklarings handel, bepaal dat wanneer iemand aan ‘n misdryf ingevolge die Wet skuldig bevind word, die hof wat hom skuldig bevind, benewens enige ander straf en verbeurdverklaring van die gelyste stof, dwelmmiddel of eiendom, ook enige voertuig wat vir die vervoer daarvan gebruik is en wat kragtens artikel 11(1)(g) van die Wet in beslag geneem is of in die besit of bewaring of onder beheer van die beskuldigde is, aan die Staat verbeurd moet verklaar. Die verbeurdverklaring van ‘n persoon se eiendom is nie net ‘n drastiese stap nie, maar ook ‘n straf en dit behoort nie ligtelik gedoen te word en beslis nie tensy die jursidiksionele feite uiteengesit in artikel 25(1) aanwesig is nie. Vergelyk S v MODJELA, ‘n ongerapporteerde uitspraak van hierdie hof deur C.J. Musi, R waarmee Kruger, R saamgestem het, hersiening 704/2006 gedateer 19 Oktober 2006, en die beroep op S v NTOMBELA 1973 (3) SA 89 (T) te 91H. Die regte van derdes uiteengesit in artikel 26 en die verskaffing van ‘n geleentheid vir die aanbied van getuienis

ooreenkomstig artikel 27 alvorens ‘n verbeurdverklaringsbevel gemaak behoort te word, kan nie genoeg beklemtoon word nie.

[12] Artikel 11 van die Wet bepaal breedvoerig welke bevoegdhede aan polisiebeamptes verleen is met betrekking tot ondersoeke en word daar ook ‘n reg aan ‘n polisiebeampte verleen om beslag te lê op enigiets wat na sy oordeel betrokke is by of tot bewys kan strek van ‘n oortreding van ‘n bepaling van die Wet. Soos vermeld is daar geen getuienis gelewer of ‘n erkenning gemaak deur die beskuldigde dat ooreenkomstig artikel 11(1)(g) opgetree is nie.

[13] Anders as wat verwag kan word, bevat die aanhangsel tot die klagstaat geen aanduiding dat die dagga geberg of vervoer is in die betrokke voertuig en/of dat beskuldigde in beheer of in besit van die voertuig met die dagga daarop of daarin was op die stadium

toe die polisie die daggavonds ontdek het nie. Indien die aanhangsel tot die klagstaat hierdie besonderhede bevat het, sou die landdros waarskynlik verdere vrae ingevolge artikel 112(1)(b) aan die beskuldigde gerig het en moontlik inligting bekom het wat hom in staat sou stel om die voertuig verbeurd te verklaar. Onder die omstandighede is die verbeurdverklaringsbevel egter foutiewelik

verleen en behoort dit tersyde gestel te word.

[14] Bygevolg word die volgende bevele gemaak:

14.1 Die skuldigbevinding en vonnis word bekragtig.

14.2 Die verbeurdverklaringsbevel ten gunste van die Staat ten opsigte van ‘n GWM voertuig met registrasienommer WVK132GP word tersyde gestel.

_____

J.P. DAFFUE, R

Ek stem saam.

____

A. KRUGER, R

/spieterse

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Cetwayo 1996 (2) SACR 628 (E)

Case cited

Sigodolo v Attorney-General 1985 (20) SA 172 (EC)

Case cited

S v Adams en Tien Ander Soortgelyke Sake 1986 (3) SA 733 (K)

Case cited

S v Nongabe 1990 (2) SASV 522 (O)

Case cited

S v Thoriso 2011 JDR 0924 (FB)

Case cited

Lwana v S (A240/09) [2012] ZAFSHC 41 (15 March 2012)

Case cited

S v Khanjwayo; S v Mihlali 1999 (2) SASV 651 (O)

Case cited

S v Xaba and Another 2005 (1) SASV 435 (SCA)

Case cited

S v Sithole 2005 (2) SASV 504 (SCA)

Case cited

S v Modjela, unreported, Free State High Court, Review 704/2006

Case cited

S v Ntombela 1973 (3) SA 89 (T)

Case cited

Drugs and Drug Trafficking Act 140 of 1992

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Criminal Procedure Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Strafregwysigingswet 105 van 1997

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Nasionale Padverkeerswet 93 van 1996

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.